# Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-afr-d/e887cac0-cc86-4191-aee9-f177ae0bf58a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-afr-d/e887cac0-cc86-4191-aee9-f177ae0bf58a)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                *AGRSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

 2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Lees AL die vrae korrek en beantwoord wat gevra word.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik word.

 5.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

 6.   Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

 7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

       1.1.1    Wanneer die prys van sjokolade toeneem, neem die vraag daarna af.
                Dit toon dat sjokolade ... is.

                A       pryselasties
                B       prysonelasties
                C       neutraal
                D       buigbaar

       1.1.2    ŉ Koper wat nie nuwe produkte sal koop nie en ander verbruikers
                probeer oortuig om dit ook nie te koop nie:

                A       Innoverende koper
                B       Tradisionalis
                C       Aannemer
                D       Vroeë meerderheid

       1.1.3    Bemarkingskostes in die bemarkingsketting sluit … in.

                A       produksie-, bergings- en ontspanningsgeriewe-kostes
                B       vervoerkostes, produksiekostes, vermaakkostes
                C       fooie, belasting en kommissie, bergingskostes en produksiekostes
                D       aansporings, verwerkingskostes en opleidingskostes

       1.1.4    Watter een van die volgende is NIE ŉ kenmerk van beheerde
                bemarking NIE?

                A       Beter kompetisie
                B       Subsidies
                C       Beperkings op invoere
                D       Pryswaarborge

       1.1.5    Die faktore wat ŉ skuif in die vraagkurwe veroorsaak is …

                (i)     verbruikersinkomste.
                (ii)    veranderinge in die prys van verwante goedere.
                (iii)   verbruikers se smake en voorkeure.
                (iv)    industriegroei en -krimping.

                A       (i), (ii) en (iv)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (ii), (iii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.6     Watter EEN van die volgende items is ŉ voorbeeld van drywende
                kapitaal?

                A      Voertuie
                B      Geboue
                C      Saad
                D      Besproeiingstelsel

      1.1.7     … is ŉ voorbeeld van eksterne kragte wat besighede affekteer.

                A      Bevoegdheid van arbeidsmag
                B      Beskikbaarheid van krediet
                C      Swak kontantvloei
                D      Verouderde masjinerie

      1.1.8     ŉ Enkelkam-haan met ŉ genetipe voorgestel deur Dd word gekruis
                met ŉ ertjie-kam hen met ŉ genotipe van dd. Die nageslag sal die
                volgende fenotipe verhouding hê:

                A      50% enkelkam en 50% ertjie-kam
                B      Almal enkelkam
                C      Almal ertjie-kam
                D      75% enkelkam

      1.1.9     ŉ Plant het 12 pare chromosome in die nukleus. Die getal
                chromosome in die vroulike gametofiet sal ... wees.

                A      18
                B      6
                C      48
                D      24

      1.1.10    Een van die volgende is ŉ voorbeeld van verwante teelstelsels:

                A      Opgradering
                B      Lynteling
                C      Spesiekruising
                D      Kruisteling                                             (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   5

 1.2 Kies ŉ woord/term uit KOLOM B wat die beste by ŉ beskrywing in KOLOM A
     pas. Skryf SLEGS die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    ŉ Som geld wat vir ŉ spesifieke doel deur   A    logistiek
                die regering of openbare fondse
                toegestaan word en nie terugbetaal hoef
                te word nie
       1.2.2    ŉ Element van die bemarkingsmengsel         B    oorkruising

       1.2.3    Die uitruiling van dele van chromatiede C        meiose
                van homoloë chromosome wat aanleiding
                tot nuwe geenkombinasies gee

       1.2.4    Chromosoomgetalle verander van              D    mitose
                diploïed na haploïed

       1.2.5    Kombineer klein aangrensende velde om       E    lening
                een groot veld te maak

                                                            F    konsolidasie

                                                            G    mutasie

                                                            H    toelaag

                                                            I    dubbelverbouing

                                                            J    promosie
                                                                                   (5 x 2)    (10)
 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.
       1.3.1    Die verlies of afname in waarde van roerende bates soos voertuie en
                masjinerie as gevolg van slytasie
       1.3.2    Die tipe arbeiders wat geen formele opleiding of vaardighede het nie en
                ondervinding opbou soos hul oor baie jare hul werk doen
       1.3.3    Die spontane veranderinge in die DNA/DNS-struktuur wat afgedwing
                kan word deur blootstelling aan sekere chemikalieë en aanleiding kan
                gee tot unieke nuwe individue
       1.3.4    ŉ Patroon van oorerwing waar beide allelle voluit in die heterosigotiese
                individue uitgedruk word
       1.3.5    ŉ Diagram van ŉ organisasie wat die verskillende posisies en
                verhoudings tussen hulle toon
                                                                                   (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
     om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Inversie is die verdubbeling van hele stelle chromosome.

      1.4.2    Beplanning behels die meting van plaasverrigtinge teenoor standaarde
               en om die nodige korrektiewe aksies te neem.

      1.4.3    Grond wat geskik is vir gewasproduksie word na as droë grond verwys.

      1.4.4    ŉ Monopolie is ŉ mark met baie verkopers maar slegs een koper.

      1.4.5    Verwerkte produkte is produkte wat gesien word as produkte wat nie
               skade aan die omgewing veroorsaak nie.
                                                                           (5 x 1)         (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  7

 AFDELING B

 VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

 Begin hierdie vraag op ŉ nuwe bladsy.

 2.1 Die prent hieronder toon vroue wat landbouprodukte gradeer en verpak.

       2.1.1    Produkte word gegradeer volgens voorafbepaalde spesifikasies. Gee
                die naam van hierdie proses waardeur spesifikasies voorgestel word.           (1)

       2.1.2    Stel enige DRIE spesifikasies voor waaraan die verpakkingsmateriaal,
                wat deur die werkers in die prent hierbo gebruik word, moet voldoen.          (3)

       2.1.3    Lys enige TWEE faktore wat dalk die bemarking van appels kan                  (2)
                bemoeilik.

 2.2 Bemarking voer heelwat belangrike funksies uit. Identifiseer die bemarkings-
     funksie wat die beste deur elk van die volgende stellings beskryf word.

       2.2.1    Produkte word beskerm, verpak en vertoon op ŉ manier wat vir die
                verbruiker aanloklik is.                                                      (1)

       2.2.2    Die aflewering van goedere deur voertuie, treine, vliegtuie of skepe.         (1)

       2.2.3    Die verandering van produkte om die gebruikswaarde, rakkwaliteit en
                raklewe te verhoog.                                                           (1)

       2.2.4    Produkte word gehou om die tyd tussen produksie en aankope te
                oorbrug.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.3 Advertering is ŉ aktiwiteit wat uitgevoer word om ŉ produk te bevorder sodra dit
     reg is vir die mark. Die aard van die produk bepaal die benadering en
     bemarkingstelsel wat gebruik moet word om dit te bemark. Verskillende
     benaderings tot bemarking, insluitende volhoubare bemarking, word gebruik om
     landbouprodukte te bemark, aangesien verbruikers al hoe meer bewus raak van
     die toenemende besorgdheid oor die omgewing. Die bemarkingstelsel wat die
     boer gebruik is ook ŉ sleutel in die sukses van die bemarking van
     landbouprodukte. Sommige boere verkies om die beheerde bemarkingstelsel
     eerder as die vrye bemarkingstelsel te gebruik.

      2.3.1    Stel TWEE maniere voor vir die bemarking van landbouprodukte.                  (2)

      2.3.2    Onderskei tussen die volgende volhoubare bemarkingsbenaderings:

               (a)    Groen bemarking                                                         (1)

               (b)    Eko-etikettering                                                        (1)

      2.3.3    Lei TWEE voordele van die bemarkingstelsel af wat deur boere in die
               scenario hierbo verkies word.                                                  (2)

      2.3.4    Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer die prys van ŉ produk                 (1)
               bepaal word.

 2.4 Boer A wou ŉ landboukoöperasie gemeenskap stig. Die boer het kopieë gemaak
     van die identiteitsdokumente van vriende en het die landboukoöperasie as
     Siyazama geregistreer. Hierdie gemeenskap sou op die produksie en verwerking
     van braaikuikens konsentreer. Die boer het geld geleen namens die koöperasie
     om die koöperasie se aktiwiteite te finansier en het nie die ander lede betrek nie.
     Gevolglik het die besigheid misluk.

      2.4.1    Stel EEN rede voor vir die mislukking van Siyazama Koöperasie
               Gemeenskap.                                                                    (1)
      2.4.2    Identifiseer TWEE beginsels wat vir die funksionering van ŉ
               koöperatiewe gemeenskap toegepas moet word.                                    (2)
      2.4.3    Verduidelik hoe direkteure van ŉ koöperatiewe gemeenskap gekies                (2)
               word.
 2.5 Die sukses van ŉ plaasbesigheid hang op baie wyses van die entrepreneur af.
     Om ŉ suksesvolle entrepreneur te wees, moet boere fokus op die SWOT-
     analise met deeglike beplanning.

      2.5.1    Stel TWEE entrepreneurs-suksesfaktore voor wat belangrik is vir ŉ
               besigheid om te floreer.                                                       (2)

      2.5.2    Noem die dokument waarna in die paragraaf hierbo verwys word.                  (1)

      2.5.3    Ondersteun, met TWEE redes, die relevansie van die dokument
               genoem in VRAAG 2.5.2 wanneer jy daaraan dink om ŉ nuwe
               sakeonderneming te begin.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   9

 2.6 Die tabel hieronder toon die vraag en aanbod van tamaties.

       Prys van tamaties         Hoeveelheid vraag (kg)           Hoeveelheid voorsien
             (R/kg)                                                       (kg)
               10                           180                             0
               20                           160                            25
               30                           140                            50
               40                           120                            75
               50                           100                           100
               60                            80                           125
               70                            60                           150
               80                            40                           175

       2.6.1    Stel die inligting in die tabel hierbo voor in die vorm van ŉ lyngrafiek op
                dieselfde assestelsel.                                                          (6)

       2.6.2    Noem die situasie wat by ŉ prys van R7 plaasvind.                               (1)

       2.6.3    Bepaal die prys waarteen al die tamaties by die mark uitverkoop sal
                wees.                                                                           (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

 3.1 ŉ Boer wou bepaal of dit meer winsgewend is om onkruiddoder eerder as
     skoffelarbeid te gebruik. Hy het die keuse gemaak met behulp van die begroting
     hieronder.

         Ekstra inkomste as gevolg van            Ekstra koste weens verandering
                  verandering
      Nul                                       Spreier                           3 000
                                                Aankoop van onkruiddoder          2 000
                                                Beskermende klere                 1 000

      Verminderde koste as gevolg van Verminderde inkomste as gevolg
      verandering:                       van verandering:
      Skoffelarbeid                6 000 Nul
      Waardevermindering van harke 2 000

      Subtotaal                         ---     Subtotaal                      ---
      Netto verandering

      3.1.1    Identifiseer die plaasbegroting hierbo getoon.                               (1)

      3.1.2    Regverdig jou antwoord op VRAAG 3.1.1 hierbo.                                (2)

      3.1.3    Bereken die netto verandering van hierdie plaasbedryf.                       (3)

      3.1.4    Lei die nodige aksie van die boer af, na aanleiding van die berekening
               hierbo. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                         (2)

      3.1.5    Stel enige DRIE redes voor waarom dit belangrik is om finansiële
               rekords op die plaas te hou.                                                 (3)

      3.1.6.   Noem EEN voorbeeld van ŉ finansiële rekord wat deur ŉ boer gehou
               word.                                                                        (1)

 3.2 ŉ Nie-regeringsorganisasie wat fokus op HIV/Vigs, nader ŉ boer en bied aan om
     HIV/Vigs bewusmakingsveldtogte op sy plaas te doen.

      3.2.1    Dui TWEE gevolge aan indien die boer nie sou toelaat dat hierdie nie-
               regeringsorganisasie die veldtogte aanbied nie.                              (2)

      3.2.2    Benewens veldtogte, stel TWEE maniere voor waarop die boer die
               verspreiding van HIV/Vigs op die plaas kan verminder.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  11

 3.3 ŉ Onlangs gevestigde boer maak varke groot, hou lêhenne aan en groei mielies
     sowel as sojabone. Laasjaar, as gevolg van die kommandowurm-uitbraak (‘army
     worm outbreak’), is die hele mielieveld vernietig en dit het tot ŉ 100% mielieoes-
     verlies gelei. Die boer het ongeag die epidemie nie bankrot gegaan nie,
     aangesien sy ander ondernemings die plaas aan die gang gehou het.

       3.3.1    Lei die tipe risiko af wat die boer in die scenario in die gesig gestaar        (1)
                het.

       3.3.2    Identifiseer die risikobestuur-strategie wat deur die boer gebruik is.          (1)

       3.3.3    Verduidelik hoe hierdie strategie die boer gehelp het.                          (2)

       3.3.4    Stel enige ander TWEE strategieë voor wat die boer kan gebruik om
                die tipe risiko genoem in VRAAG 3.3.1 te bestuur.                               (2)

 3.4 Die wêreld se bevolking groei teen ŉ eksponensiële / onrusbarende koers. Dit
     lei tot ŉ verhoogde vraag na grond. Boere moet nou meer as ooit seker maak
     dat hul opbrengs per hektaar baie hoog is, aangesien grond beskikbaar vir
     landbou minimaal is weens die gesamentlike effek van verstedeliking en
     klimaatsverandering.

       3.4.1    Identifiseer die TWEE ekonomiese eienskappe van grond in die                    (2)
                bostaande scenario.

       3.4.2    Stel DRIE maniere voor waarop boere die opbrengste per hektaar kan              (3)
                verhoog.

       3.4.3    Noem TWEE funksies van grond as ŉ produksiefaktor.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.5 Die foto hieronder toon ŉ plaaswerker wat ŉ plaagdoder aanwend.

      3.5.1    Noem die arbeidswetgewing wat boere dwing om te verseker dat die
               werkers veiligheidstoerusting het.                                         (1)

      3.5.2    Gee die wetgewing wat die plaaswerker hierbo kan gebruik indien die
               plaaswerker 'n siekte opdoen weens die versuim van die boer om
               veiligheidsklere te verskaf.                                               (1)

      3.5.3    Watter wetgewing moedig boere aan om met die opleiding van
               plaaswerkers te help?                                                      (1)

      3.5.4    Benewens veiligheid moet boere ook verseker dat hul werkers
               gemotiveer word. Beveel DRIE maniere aan wat boere kan gebruik om
               hul werkers te motiveer, om produktiwiteit te verbeter.                    (3)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

 4.1 ŉ Opreggeteelde kort wit bul het met ŉ lang swart koei gepaar. Lank (T) en
     swart (B) is dominante eienskappe.

       4.1.1    Lys die genotipe van elk van die ouers.                                         (2)

       4.1.2    Gebruik ŉ Punnett-vierkant om die genotipe van die F2-generasie                 (6)
                nageslag te bepaal.

       4.1.3    Lei die tipe kruising in die scenario af.                                       (1)

       4.1.4    Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                    (1)

       4.1.5    Klassifiseer die eienskappe in die scenario as óf kwalitatief óf                (1)
                kwantitatief.

 4.2 Daar is meganismes van oorerwing wat Mendeliaanse verhoudings verander.
     Soms affekteer twee verskillende gene dieselfde geen. Dit impliseer dat die
     uitdrukking van een geen deur ŉ ander geen beheer word. Dit word meestal in
     die kleur van vere by hoenders gesien, byvoorbeeld die kleurgeen met die allele
     B = swart en b = wit. Die geen wat die uitdrukking van die kleurgeen beheer, is
     die allele: I = geen kleur en i = kleur. As ŉ voël ŉ kopie van geen I het, sal dit wit
     vere hê, ongeag die swart alleel as die kleurgeen.

       4.2.1    Dui die fenotipes van die vere aan met die volgende genotipes:

                (a)    BBII
                (b)    BbIi
                (c)    Bbii                                                                     (3)

       4.2.2    Identifiseer die tipe oorerwing wat in die paragraaf hierbo beskryf word.       (1)

 4.3 Die tabel hieronder toon die oorerflikheid van sommige produksie-eienskappe
     by varke.

                  EIENSKAP                                  OORERFLIKHEID %
       Gemiddelde speenmassa                                      36
       Maer vleis                                                 68
       Werpselgrootte by geboorte                                 49
       Gemiddelde daaglikse toename                               65
       Voeromset                                                  58

       4.3.1    Bepaal die eienskap wat die boer nie moet selekteer nie.                        (1)

       4.3.2    Regverdig jou keuse vir VRAAG 4.3.1.                                            (2)

       4.3.3    Gee ŉ naam vir die gebruik van statistiek in biologie om die genetiese
                data van individue te analiseer ten einde ware genetika en hul
                teelwaarde te skat.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.4 Die DNA/DNS van organismes, veral plante, kan in die laboratorium gemanipuleer
     word. ŉ Geen van een organisme word in die DNA/DNS van ŉ ander organisme
     ingevoeg om dit 'n nuwe en voordelige eienskap te gee.

      4.4.1    Identifiseer die proses hierbo genoem.                                            (1)

      4.4.2    Noem TWEE tegnieke wat gebruik kan word om gene in die DNA/DNS                    (2)
               van ŉ organisme te plaas.

      4.4.3    Gee DRIE redes waarom planttelers gebruik maak van die bogenoemde                 (3)
               metode eerder as tradisionele metodes van plantverbetering.

      4.4.4    Sommige Afrika-lande het GGO’s (‘GMOs’) verbied. Stel DRIE redes                  (3)
               voor om die verbod op GGO’s te ondersteun.

 4.5 Variasie kan veroorsaak word deur genetiese faktore binne die organisme soos
     mutasie. Verbind die volgende stellings met oorsake van variasie in diere:

      4.5.1    (a)    Die homoloë chromosome breek by een of twee plekke langs hul
                      string en herenig tot twee homoloë dele                                    (1)

               (b)    Die ouers se gene herkombineer slegs en sluit ŉ reeds bestaande
                      genetiese variasie in, maar maak nie ŉ nuwe een nie                        (1)

      4.5.2    Chromosomale herrangskikking beïnvloed die uitdrukking van gene en
               veroorsaak veranderinge in die fenotipe. Die diagramme hieronder toon
               die nuwe patrone van chromosomale strukture.

                       A                          B                        C

               (a)    Identifiseer die tipes mutasies A, B, en C hierbo.                         (3)

               (b)    Bespreek kortliks die belangrikheid van mutasies by die teel van
                      plante en diere.                                                       (2)
                                                                                            [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-eng-d/7ef3197c-6be9-4c5d-b95a-becce815ab56) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-english/4b1f5182-48f3-415e-98d7-c1c95a574c5d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-afr/86e5e52c-05c1-4d99-9c8a-35c164e9087b) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2018-eng/347a4344-eadd-4c26-ba20-1ab48ee0faec) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-afr/b60fd853-0e19-4159-b790-13647b415a99) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
