# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afr-d/a613e6f3-0210-4464-932d-206dda9d70ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afr-d/a613e6f3-0210-4464-932d-206dda9d70ff)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 2.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.     Lees AL die vrae korrek en beantwoord slegs wat gevra word.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Toon AL jou bewerkings, insluitende eenhede en formules, waar van
        toepassing.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.

        1.1.1        Elemente wat gelyke aantal protone bevat, maar verskillende
                     getalle neutrone in die kerne van hul atome het.

                     A       Verbindings
                     B       Isotope
                     C       Aktiniede
                     D       Isomere

        1.1.2        ŉ Atoom met een of meer ekstra elektrone word ŉ … genoem.

                     A       katioon
                     B       proton
                     C       valensie
                     D       anioon

        1.1.3        Wanneer soutsuur in water oplos, vind die volgende chemiese
                     reaksie plaas:

                     (i)     Soutsuur skenk ŉ proton aan die watermolekule.
                     (ii)    Watermolekule gee ŉ proton af en die suur ontvang dit.
                     (iii)   n Hidronium-ioon word gevorm.
                     (iv)    Die soutsuur sal waterstof afgee.

                     Kies die korrekte kombinasie
                     A    (i), (iii) en (iv)
                     B    (ii), (iii) en (iv)
                     C    (i), (ii) en (iv)
                     D    (i), (ii) en (iii)

        1.1.4        ŉ Voordeel van goeie grondstruktuur vir die boer is ...

                     A       verbeterde opkoms van saailinge as gevolg van verhoogde
                             grondkorsting.
                     B       verhoogde versuiping vir wortelpenetrasie.
                     C       verhoogde grondkorsting met verbeterde biologiese aktiwiteite.
                     D       laer sout wanbalanse as gevolg van verhoogde
                             bufferkapasiteit van grond.

        1.1.5        … is NIE ŉ agent verantwoordelik vir die aggregasie van grond
                     partikels NIE.

                     A       Klei
                     B       Mikrobiese gom
                     C       Koolstofdioksied
                     D       Ysteroksied

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

       1.1.6     Die prosedures onderaan kan gevolg word om brakgrond te herwin.

                 (i)     Voeg CaSO4 by
                 (ii)    Groei aspersies en gars
                 (iii)   Voeg CaCO3 by
                 (iv)    Pas swaar besproeiing toe

                 Kies die korrekte kombinasie:

                 A       (i), (iii) en (iv)
                 B       (ii), (iii) en (iv)
                 C       (i), (ii) en (iv)
                 D       (i), (ii) en (iii)

       1.1.7     ŉ Toestand wat die teenwoordigheid van water in vrylik gedreineerde
                 grond beskryf.

                 A       Versadigingspunt
                 B       Veldkapasiteit
                 C       Verwelkingspunt
                 D       Dreineringspunt

       1.1.8     Die volgende kenmerk ŉ G-horison.

                 A       Teken van reduksie onder anaerobiese toestande.
                 B       Teenwoordigheid van ysteroksiede en aluminium.
                 C       Minerale partikels gemeng met ontbinde organiese materiaal.
                 D       Aerobiese toestande ryk aan yster.

       1.1.9     Die … is die faktor verantwoordelik vir die ligte kleur in grond.

                 A       teenwoordigheid van organiese materiaal
                 B       vergleyings-toestande
                 C       karbonate
                 D       teenwoordigheid van water

       1.1.10    Die proses waardeur stikstof in mikrobiale selle opgeneem word.

                 A       Mineralisasie
                 B       Immobilisasie
                 C       Ammonifikasie
                 D       Oplosbaarmaking                                         (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   5

 1.2    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM
        A. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
        vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6
        slegs B.

                   KOLOM A                                  KOLOM B
                 A Periode                 Elemente wat dieselfde aantal elektrone in
        1.2.1
                 B Groepe                  hul buitenste orbitaal het
                 A Ketinasie               Koolstof kan met homself bind om lang
        1.2.2
                 B Koalisie                kettings te vorm
                 A Growwe sand
                                           Groter totale oppervlak area vir chemiese
        1.2.3       Groot grond
                 B                         reaktiwiteit
                    partikels
                 A Gleykutanies            Diagnostiese ondergrond horison gevind
        1.2.4
                 B Hard plinties           onder versuipte grondtoestande
                    Katioon uitruil        ŉ Kwantitatiewe maatstaf van die vermoë
                 A
        1.2.5       kapasiteit             van grond om katione met die
                 B Katioon adsorpsie       grondoplossing uit te ruil
                                                                              (5 x 2)     (10)

 1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

        1.3.1    ŉ Groep van twee of meer atome wat saamgebind is om ŉ verbinding
                 te vorm wat anders optree as die verskillende oorspronklike atome

        1.3.2    Die omsetting van vet na olie waartydens die dubbelbinding tussen
                 koolstofatome wat deur die aksie van waterstof afgebreek word

        1.3.3    Die deel van die grootmaat volume van grond wat nie soliede eenhede
                 is nie

        1.3.4    ŉ Vertikale snit in die grond wat die rangskikking van horisontale lae
                 van grond blootstel

        1.3.5    Die kleur van grond met ŉ aantal verskillende vlekke           (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
        stellings. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer
        (1.4.1–1.4.5) in die aangehegte ANTWOORDEBOEK.

        1.4.1   ŉ Molekule is wanneer twee of meer stowwe kombineer sodat elke
                stof sy eie chemiese identiteit behou.

        1.4.2   Perkolasie is die beweging van water deur ŉ smal buis teen
                gravitasiekrag.

        1.4.3   Grondseries is ŉ unieke vertikale suksessie van diagnostiese
                horisonne.

        1.4.4   ŉ Grond ped is ŉ baie klein partikel wat as gevolg van sy grootte vir
                lang tye in water gesuspendeer kan bly.

        1.4.5   Oplosbaarheid is die omsetting van voedingstowwe vanaf die
                organiese vorm na die anorganiese vorm gedurende ontbinding.
                                                                          (5 x 1)         (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   7

 AFDELING B

 VRAAG 2: BASIESE LANDBOU-CHEMIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1    Die diagram onderaan is die periodieke tabel wat die rangskikking van
        elemente volgens atoomgetal toon.

        2.1.1    Verwys na die periodieke tabel hierbo en voltooi die tabel hieronder:
                 MOENIE DIE TABEL OORTEKEN NIE.

                 ELEMENTE          VALENSE           ATOOMGETAL            MASSA
                                  ELEKTRONE                                GETAL
                 Koper                (a)                   29               (b)
                 Magnesium             2                    (c)              (d)
                 Kalsium              (e)                   (f)              40            (6)

        2.1.2    Elemente in die periodieke tabel word gerangskik volgens periodes
                 en groepe. Dui die algemene eienskappe van elemente aan in
                 dieselfde:

                 (a)   Periode                                                             (1)

                 (b)   Groep                                                               (1)

        2.1.3    Elemente in groep 17 en groep 18 verskil. Verduidelik hoe die
                 elemente in hierdie groepe verskil met betrekking tot hul chemiese
                 reaktiwiteit.                                                             (2)

        2.1.4    Gee ŉ rede vir jou antwoord by VRAAG 2.1.2.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

 2.2   Ontleed die struktuurformule van verbindings wat hieronder gegee word, en
       beantwoord dan die vrae wat volg.

                               A                                   B

                           H       H                           H       H

               H       C           C    OH           H         C       C       H

                       H           H                           H       H
                               C                                   D

                               O                                   H

                   H           C       OH                  H       N

                                                                   H

       2.2.1   Dui die funksionele groep van elk van die volgende verbindings aan:

               (a)     A                                                                   (1)

               (b)     C                                                                   (1)

       2.2.2   Skryf die chemiese formule van die verbinding genommer C neer.              (2)

       2.2.3   Die verbinding genommer B speel ŉ beskermende rol in plante.
               Regverdig hierdie stelling deur DRIE rolle te verduidelik.                  (3)

       2.2.4   Teken die Lewis-struktuur van die verbinding genommer D, wat ŉ
               kovalente binding tussen die atome toon.                                    (4)

       2.2.5   Vergelyk verbinding A en B, op gronde van hul strukturele formules.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    9

 2.3    Die piramiede hieronder toon die voerkomponente en hul hoeveelhede wat
        ingesluit is in ̓n rantsoen wat vir diere voorberei is.

        2.3.1    Noem die organiese verbinding in A en C.                                    (2)

        2.3.2    Dui die boustene van die verbindings in C en D aan.                         (2)

        2.3.3    Die verbinding in C kan eenvoudig of kompleks wees. Tref
                 onderskeid tussen die twee.                                                 (2)

        2.3.4    Gee TWEE redes waarom die verbinding genommer B belangrik is.               (2)

        2.3.5    Dui aan of die verbinding in D versadig of onversadig is.                   (1)

        2.3.6    Ondersteun met ŉ rede jou antwoord by VRAAG 2.3.5.                          (1)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3: GRONDKUNDE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1    Die diagramme onderaan toon verskillende strukture gebaseer op hul vorm.

        3.1.1   Identifiseer die struktuur genommer A.                                   (1)

        3.1.2   Die struktuur genommer B kan deur wanpraktyke deur die boer
                vernietig word.
                Regverdig hierdie stelling deur DRIE wanpraktyke te verduidelik wat
                tot die vernietiging van die grondstruktuur kan lei.                     (3)

        3.1.3   Stel TWEE maniere voor hoe kompaksie in struktuur genommer C
                verhoed kan word.                                                        (2)

        3.1.4   Vergelyk, met ŉ rede, strukture genommer B en D met betrekking tot
                geskiktheid vir bewerking.                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   11

 3.2    Verskillende tekstuurklasse kan bekend wees deur die hoeveelheid klei, slik
        en sand in ŉ gegewe grondmonster te bepaal. Dui die metode van tekstuur
        bepaling deur die volgende aan:

        3.2.1    Diagram wat die persentasie klei, slik en sand in ŉ gegewe monster
                 toon.                                                                       (1)

        3.2.2    Laat lig toe om deur ŉ verspreiding partikels te beweeg.                    (1)

        3.2.3    Grondmonster is in water vrygestel en die grootte van die partikels
                 wat die bodem bereik is bepaal.                                             (1)

 3.3    Verduidelik die invloed van klei en sand op die volgende grond-eienskappe:

        3.3.1    Chemiese reaktiwiteit                                                       (2)

        3.3.2    Vrugbaarheid                                                                (2)

        3.3.3    Verweerbaarheid                                                             (2)

 3.4    Die grafiek onderaan toon ŉ temperatuur reeks oor 60 ure.

        3.4.1    Verduidelik die tendens van grondtemperature soos in die grafiek
                 boaan gereflekteer word.                                                    (2)

        3.4.2    Gee die inligting in die grafiek boaan in die vorm van ŉ tabel.             (6)

        3.4.3    Noem TWEE maniere hoe die boer die temperatuur van die grond
                 kan manipuleer, anders as die metode op die grafiek.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 3.5    Grondlug maak die volume van grond op wat nie deur vloeistof beset word nie.
        Die hoeveelheid gasse in die grond word bepaal deur die toestand van die
        grond. Die suurstofinhoud in laer horisonne is minder as gevolg van swak
        diffusie en koolstofdioksied kan maklik ontsnap in gronde met ŉ lae totale
        poreusheid.

       3.5.1    Lei TWEE faktore vanuit die scenario af wat die berging en beweging
                van grondlug beïnvloed.                                                  (2)

       3.5.2    Vergelyk die vlakke van gasse genoem in die scenario boaan met die
                in die atmosfeer.                                                        (2)

       3.5.3    Verduidelik die verwantskap tussen poreusheid en massadigtheid.          (2)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   13

 VRAAG 4: GRONDKUNDE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1   Die diagram hieronder toon horisontale lae.

       4.1.1    Identifiseer die letter van die horison waarop die volgende inligting van
                toepassing is:

                (a)   Grond word direk gevorm.                                                (1)

                (b)   Fisiese verwering vind plaas.                                           (1)

                (c)   Dui die verlies van organiese material aan.                             (1)

                (d)   Ontbinde organiese materiaal gemeng met mineraalpartikels.              (1)

       4.1.2    Skets die profiel van die volgende grond:

                (a)   Nat grond                                                               (2)

                (b)   Geërodeerde grond                                                       (2)

 4.2   Grondklassifikasie is ŉ belangrike aspek in landbou.

       4.2.1    Lig DRIE redes uit waarom grondklassifikasie in landbou belangrik is.         (3)

       4.2.2    In Suid-Afrika behels die grondklassifikasie stelsel twee kategorieë of
                vlakke. Noem hierdie kategorieë.                                              (2)

       4.2.3    Gedurende grondklassifikasie word diagnostiese horisonne
                geïdentifiseer. Noem TWEE sigbare eienskappe wat ŉ Vertiese A
                horison toon.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

 4.3    Die skematiese voorstelling onderaan illustreer die katioon-adsorpsie op die
        oppervlak van kolloïede.

        4.3.1   Dui die tipe suurheid wat in kolloïed A aangetoon word.                  (1)

        4.3.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord by VRAAG 4.3.1.                              (2)

        4.3.3   Noem TWEE faktore wat die rede kan wees vir die kolloïdale
                toestand genommer A.                                                     (2)

        4.3.4   Die kolloïdale toestand genommer C veroorsaak dat grond brak raak.
                Regverdig hierdie stelling.                                              (2)

        4.3.5   Noem die chemiese stof wat gebruik kan word om brakgrond te
                herwin.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    15

 4.4    Voedingstofsirkulering is belangrik in die landbou aangesien dit verseker dat
        voedingstowwe oor en oor beskikbaar is vir die volgende produksie-seisoen.
        Bestudeer die onderstaande illustrasie wat ŉ nutriëntsiklus toon.

        4.4.1    Identifiseer die voedingstofsiklus wat hierbo geïllustreer word.            (1)

        4.4.2    Die prosesse genommer A en C verseker dat die voedingstof in
                 VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer die lewende organismes bereik. Noem
                 die prosesse in A en C.                                                     (2)

        4.4.3    Dui die prosesse aan waardeur die gas hierbo na die atmosfeer
                 terugkeer, soos geïllustreer deur D.                                        (1)

        4.4.4    Verduidelik die rol van grondorganismes wat in die siklus hierbo
                 geïllustreer word.                                                          (2)

 4.5    Die tabel onderaan toon TWEE boere wat in gewasproduksie spesialiseer
        deur van verskillende metodes gebruik te maak.

                   BOER A                                 BOER B
        x Grond word elke jaar             x Gebruik ŉ geen-bewerkingmetode
          bewerk
        x Verbou slegs mielies elke        x Mielies word roteer met peulgewasse en
          jaar                               ŉ dekgewas
        x Verryk die grond met             x Verryk die grond met kompos, plaasmis
          superfosfaat en LAN                en groen bemesting

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

        4.5.1   Identifiseer die boer wat heel moontlik grond met die volgende
                eienskappe sal hê:

                (a) Hoë organiese materiaal inhoud                                       (1)

                (b) Lae organiese materiaal inhoud                                       (1)

        4.5.2   Verduidelik hoe grondbewerking ŉ impak kan hê op die vlakke van
                organiese inhoud.                                                        (2)

        4.5.3   Dui TWEE fisiese effekte van hoë organiese inhoud in grond aan.           (2)
                                                                                         [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B: 105
                                                                 GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SC P1 QP GR11 NOV 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-qp-gr11-nov-2018-eng-d/6e9de8fd-82d4-4022-bc59-929800152b7d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SC P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/27fdc685-d8fc-42a3-a4f1-ff4853368997) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SC P1 QP GR11 NOV 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-qp-gr11-nov-2018-english/b3647a2d-3de3-492b-a4b1-197c7e771644) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SC P1 MEMO GR11 NOV2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-memo-gr11-nov2018-eng/ce6c4e07-c8d7-4124-b690-b31545d1f2ee) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/9ca8a261-3516-47f6-8615-205af0810750) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/6fabd7cd-5571-447c-8f88-087ca07b6e28) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
