# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2014 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr11-nov2014-qp-afr/9c265925-bf20-4e59-b2cf-9d52a7a1a25d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr11-nov2014-qp-afr/9c265925-bf20-4e59-b2cf-9d52a7a1a25d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2014

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *IAGRSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (NOVEMBER 2014)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings naamlik AFDELING A en
       AFDELING B.

2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde presies soos die vrae genommer word.

5.     Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.     Wys al jou berekeninge.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                           3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as antwoorde gegee op die volgende vrae. Kies die
        korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1     ŉ Eenvoudige klaseksperiment het die spontane beweging van
                  molekules van ŉ hoë konsentrasiegebied na ŉ lae konsentrasie-
                  gebied gewys. Dit word … genoem.

                  A    osmose
                  B    plasmolise
                  C    diffusie
                  D    infusie                                                                 (2)

        1.1.2     Die gebruik van tegnologie soos rekenaars, satelliete en
                  afstandsensors om te monitor of gewasse teen maksimum
                  effektiwiteit groei is ...

                  A    presisie-boerdery.
                  B    rotasie-boerdery.
                  C    kweekhuisboerdery.
                  D    lugboerdery.                                                            (2)

        1.1.3     ... is die vergeling (geel wording) van blare as gevolg van nie-
                  produksie of die afbreek van chlorofil in die plant.

                  A    Fotolise
                  B    Chlorose
                  C    Toksisiteit
                  D    Chloroplas                                                              (2)

        1.1.4     … verwys na die vervoer van opgeloste minerale en suikers binne
                  die plant se floëemweefsel.

                  A    Translokasie
                  B    Transpirasie
                  C    Transportasie
                  D    Transverse beweging                                                     (2)

        1.1.5     Fisies uittrek, skoffel, sny en deklaagbewerking is almal voorbeelde
                  van ... onkruidbeheermaatreëls.

                  A    chemiese
                  B    voorkomende
                  C    biologiese
                  D    meganiese                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2014)

        1.1.6    Die beste voortplantingsmetode soos gewys in die diagram is ...

                 A      oorplanting.
                 B      verdeling.
                 C      steggies.
                 D      afdeling.                                                             (2)

        1.1.7    Een van die volgende is nie ŉ voordeel van ŉ hidroponika
                 produksiesisteem nie:

                 A     ŉ Voordelige klimaat vir plante kan geskep word.
                 B     Dit is baie nodig vir wisselbou.
                 C     Die korrekte en optimale voeding word aan plante ten alle tye
                       verskaf.
                 D     Sekere eienskappe kan gemanipuleer word om aan die
                       verbruikers se behoeftes te voldoen.                                   (2)

        1.1.8    Graad 11 leerders in ŉ skool was geleer om organiese stowwe soos
                 saagsels, boombas of hooi oor die bewerkte grond te strooi om wind
                 erosie en waterverlies te beperk. Hulle het … beoefen.

                 A     skoon bewerking
                 B     groenbemesting
                 C     deklaagbewerking
                 D     hark                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         5

        1.1.9        Die diagram van die plant hieronder is ŉ voorbeeld van ŉ ...

                     A       bol.
                     B       risoom.
                     C       gerokte knol.
                     D       uitloper.                                                          (2)

        1.1.10       Belangrike vereistes vir hoë produksie in akwa-kultuurboerdery is:

                     (i)     Beskerming teen predatore.
                     (ii)    Om slegs kouer areas te gebruik wat voordelig vir alle tipes
                             vis is.
                     (iii)   ŉ Sisteem wat effektiewe oeste sal verseker.
                     (iv)    ŉ Sisteem wat effektiewe voeromsetting sal verseker.

                             Heer as een van die stellings hierbo is korrek. Kies die
                             regte kombinasie.

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (i), (ii), en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)                                                 (2)
                                                                                               (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                              (NOVEMBER 2014)

 1.2    Kies ŉ woord/term/konsep/frase in KOLOM B wat die beste pas by ŉ
        beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer
        (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, voorbeeld 1.2.6 K.

                     KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1        Respirasie             A   Bul/os ploeg

        1.2.2        Bepaling van           B   Lokule en septum
                     wanneer en
                     hoeveel om te
                     besproei

        1.2.3        Eensaadlobbige         C   Septum en helmknop
                     blomme

        1.2.4        Ovarium/saadknop       D   DC6H1206+602            6CO2+6h2O+Energie

        1.2.5        Inheemse kennis        E   Besproeiingsskedule

                                            F   Egploeg

                                            G   Lemma en palea

                                            H   Grondbesproeiing

                                            I   Blomkelk en lemma

                                            J               Sonerergie
                                                6CO2+6H20           C6H1206+602
                                                            Chlorofil
                                                                                       (5 x 2)       (10)

 1.3    Skryf die landboukundige term/frase vir elkeen van die volgende beskrywings
        langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

        1.3.1        Organismes wat hul eie voedsel produseer en nutriënte verkry

        1.3.2        Die produksie van vrugte sonder die bevrugting van die saadknop,
                     wat saadlose vrugte tot gevolg het

        1.3.3        Die deel van die nuwe plant wat later die stam en takke word
                     wanneer enting gedoen is

        1.3.4        ŉ Spesiale plat houer, gevul met ŉ vaste hoeveelheid water, wat
                     gebruik word om die tempo van waterverlies te meet

        1.3.5        ŉ Besproeiingstelsel waar ŉ groot hoeveelheid water na die land
                     gebring word wat grondlangs deur die gewasse vloei
                                                                                  (5 x 2)            (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                           7

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
        stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs
        die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

        1.4.1     Koolhidrate, veral glukose (C6H12O6), word deur plante gebruik vir
                  voortplanting of word gestoor in verskillende dele van die plant vir
                  gebruik deur ander organismes.

        1.4.2     Agrestalisasie is die situasie in plante waar die botsels lewendig is
                  maar nie aktief groei nie.

        1.4.3     In die toets vir suurstof in plante word ŉ deurskynende plastiek- of
                  sellofaan-sakkie oor die potplant geplaas en om die stam. Dit word
                  in die son geplaas vir observasie. verseël

        1.4.4     Hydroponika is boerdery met see- of varswater-organismes.

        1.4.5     Vanaf die wortels bereik die meeste ione die blare van plante deur
                  die floëemweefsel.
                                                                                (5 x 1)       (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING B

 VRAAG 2: PLANTVOEDING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1   Vir plante om te oorleef is dit essensieel dat hulle konstante water voorsiening
       het en dat waterverlies as gevolg van transpirasie verminder word. Plante in
       droër areas het spesiale aanpassings gemaak om waterverlies te beperk en
       oorlewing vir ŉ lang tyd te verseker.

       2.1.1    Gee DRIE redes wat die onderstreepte stelling in die bostaande
                scenario in 2.1 te regverdig.                                                 (3)

       2.1.2    Gee TWEE spesiale aanpassings van plante om oormatige
                waterverlies te verminder.                                                    (2)

       2.1.3    Noem die deel van die plant waar aktiewe water en nutriënt absorpsie
                plaasvind.                                                                    (1)

       2.1.4    Onderskei tussen trekkrag van transpirasie en osmotiese vloei in
                plante.                                                                       (4)

 2.2   Die illustrasie hieronder wys die chemiese proses waardeur plante voedsel
       produseer vir gebruik en om te stoor. Die proses sluit in ŉ ligfase en ŉ
       donkerfase.

       2.2.1    Beskryf kortliks DRIE prosesse van die donkerfase van fotosintese.            (3)

       2.2.2    Noem DRIE belangrike aspekte van fotosintese vir die mens.                    (3)

       2.2.3    Stel TWEE maniere voor hoe om die tempo van fotosintese te
                verhoog.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                          9

 2.3    Die verskil tussen mikro-element en makro-elemente is slegs die hoeveelhede
        benodig deur plante. Die nutriënt behoeftes verskil tussen die elemente sowel
        as tussen plantspesies.

        2.3.1     Tabuleer die volgende plant-nutriënte in mikro- en makro-elemente:

                                                   Boor
                                                  Kalium
                                                   Zink
                                                  Stikstof                                     (4)

        2.3.2     Gee EEN funksie van boor in plante.                                          (1)

        2.3.3     Noem TWEE maniere waarop nutriënt minerale deur plante
                  opgeneem word.                                                               (2)

 2.4    Organiese bemestingstowwe bestaan uit afgebreekte organiese materiaal
        soos plante wat verrot of wat reeds deur diere verteer is. ŉ Debat oor
        organiese bemestingstowwe is in jou klas georganiseer, en jy geïdentifiseer
        om ten gunste van die gebruik van organiese bemestingstowwe in jou skool
        se tuin te argumenteer.

        2.4.1     Gee DRIE positiewe redes vir die gebruik van organiese
                  bemestingstowwe in jul skooltuin soos jy dit in jou argument sal
                  gebruik.                                                                     (3)

        2.4.2     Stel DRIE eienskappe voor van gewasse wat in groenbemesting
                  gebruik kan word.                                                            (3)

 2.5    ŉ Sak kunsmatige bemestingstowwe bevat drie elemente in die volgende
        verhouding: 3; 2 ; 5 (45).

        2.5.1     Bereken die persentasie fosfor in die mengsel van die bemestingstof.         (3)

        2.6       Gee EEN gebruik van gypsum vir graanboere.                                   (1)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 3: PLANTVOORTPLANTING.

 3.1    Bye is vlieënde, steekinsekte wat nektar en stuifmeel versamel en heuning en
        was produseer. Hulle bly gewoonlik in groot kolonies en vlieg tussen blomme
        waar hulle gewoonlik in die lente en somer gevind kan word.

        3.1.1   Lei die proses af wat in die beskrywing in 3.1 hierbo genoem word.           (1)

        3.1.2   Noem TWEE ander agente wat die proses in VRAAG 3.1.1 laat
                geskied.                                                                     (2)

        3.1.3   Definieer die proses in VRAAG 3.1.1.                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         11

 3.2    Die illustrasie hieronder wys die lewenssiklus van ŉ insekpes. Dit neem twee
        maande om te voltooi afhangende van temperatuur. Die ontwikkeling vanaf
        eier na volwassene vereis ongeveer 25 dae onder ideale temperatuur en
        vogtige omstandighede.

        3.2.1     Identifiseer die pes in 3.2.                                                 (1)

        3.2.2     Gee DRIE insek-bestuurmetodes om die infestasie van insekte in
                  gestoorde graan te voorkom.                                                  (3)

        3.2.3     Stel ŉ ideale temperatuur voor vir die lewensiklus van die insek in 3.2.     (1)

        3.2.4     Beskryf DRIE implikasies van erge infestasie van die insek in 3.2 in
                  gestoorde graan in Suid-Afrika.                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (NOVEMBER 2014)

 3.3    Nie-seksuele of vegetatiewe voortplanting is baie belangrik vir
        gewasproduksie, veral in tuinbou gewasproduksie. Ons kan tussen natuurlike
        en kunsmatige vegetatiewe voortplantingmetodes onderskei.

        3.3.1    Kategoriseer die volgende in natuurlike en kunsmatige vegetatiewe
                 voortplantingmetodes:

                                             Uitlopers
                                            Lae-vorming
                                              Enting
                                           Gerokte knolle                                   (4)

        3.3.2    Gee TWEE voordele van vegetatiewe voortplanting.                           (2)

 3.4    Die hoofeienskap van GMO’s (Geneties gemodifiseerde organismes) is die
        van hul genetiese samestelling. Die GMO’s het sekere ander eienskappe
        wanneer hul met konvensionele gewasse vergelyk word.

        3.4.1   Gee DRIE belangrike eienskappe van GMO-gewasse.                             (3)

 3.5    Die prentjie hieronder wys ŉ groep organismes.

        3.5.1   Gee EEN naam vir die groep organismes in 3.5.                               (1)

        3.5.2   Stel DRIE maniere voor om die verspreiding van die organismes in
                plante te verhoed.                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                       13

 3.6    Onkruid word algemeen beskryf as enige plant wat in ŉ ongewensde plek
        groei. In landbou beteken dit dat onkruidplante is wat nie deur die boer
        geplant is nie en wat kompetisie bied vir die aangeplante gewas. Dit
        kompeteer vir sonlig, grondnutriënte en spasie. Onkruid kan beheer word
        deur baie metodes, naamlik chemiese, meganiese en biologiese asook deur
        geïntegreerde beheermetodes.

        3.6.1     Gee DRIE maniere waarop aangeplante gewasse met onkruid
                  kompeteer op ŉ plaas, soos in die scenario genoem.                        (3)

        3.6.2     Stel EEN ander manier voor (nie in die scenario genoem nie) waarop
                  onkruid met gewasse op ŉ plaas kompeteer.                                 (1)

        3.6.3     Differensieer tussen chemiese en meganiese onkruidbeheer.                 (4)
                                                                                           [35]

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBESTUUR.

 4.1    ŉ Opkomende boer nader jou vir raad oor die stappe en metodes wat hy moet
        neem om die korrekte grond vir besproeiing te identifiseer. Jy het ŉ
        grondopname (soil survey) voorgestel. Die opkomende boer het glad nie
        geweet wat dit is nie.

        4.1.1     Verduidelik die konsep “grondopname” aan die opkomende boer.              (2)

        4.1.2     Gee TWEE doelwitte van ŉ grondopname om die belangrikheid
                  daarvan te regverdig.                                                     (2)

        4.1.3     Gee DRIE stappe wat gevolg word in die fisiese analise van die
                  grond.                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (NOVEMBER 2014)

 4.2    Die diagram hieronder stel van die toerusting voor wat ŉ kommersiële
        plaasboer op sy plaas benodig.

        4.2.1   Bepaal die tipe boerdery in 4.2.                                             (1)

        4.2.2   Stel DRIE doelwitte van die boer voor, vir die aanneem van die
                boerderymetode in VRAAG 4.2.1.                                               (3)

 4.3    In die droër dele van Suid-Afrika, gebruik boere een of ander vorm van
        besproeiing om die reënval aan te vul wanneer gewasse verbou word. In die
        natter (moerasagtige) dele doen boere eerder dreinering om landbougrond te
        herwin sodat gewasse verbou kan word.

        4.3.1   Differensieer tussen dreinering en besproeiing.                              (4)

        4.3.2   Wys op DRIE kriteria wat gebruik word om die kwaliteit van water vir
                besproeiing te evalueer.                                                     (3)

        4.3.3   Wys op TWEE faktore om te oorweeg wanneer ŉ besproeiingsmetode
                beplan en aangewend word.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      15

 4.4    Die illustrasie hieronder wys na ŉ verbouingsisteem wat vir vier groeiseisoene
        gevolg is.

                     PEULGEWASSE                   ALLIUMS
                     Boerbone                      Knoffel
                     Franse bone                   Preie
                     Ertjies                       Uie
                     Rankboontjies                 Salotte
                                                   Sprietuie

                     BRASSICAS                     WORTELS EN KNOLLE
                     Brusselse spruite             Eiervrug
                     Kool                          Beet
                     Blomkool                      Wortels
                                                   Seldery
                     Radyse
                                                   Aartappels
                     Rape                          Soetrissie
                                                   Patats
                                                   Tamaties

        4.4.1     Lei die verbouingsisteem af uit die illustrasie 4.4.                      (1)

        4.4.2     Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.4.1 deur te verwys na die data
                  wat verskaf is.                                                           (1)

        4.4.3     Stel TWEE faktore voor wat ŉ fundamentele rol speel wanneer ŉ boer
                  hierdie gewasverbouingsisteem beplan.                                     (2)

        4.4.4     Gee TWEE voordele van die verbouingsisteem in 4.4.                        (2)

 4.5    Moderne tegnologie het dit vir boere moontlik gemaak om ander benaderings
        tot gewasverbouing te gebruik. Sommige van hierdie innoverings sluit
        hidroponika-sisteme, akwakultuur, tonnels en kweekhuise in, vir beide plant-
        en visproduksie.

        4.5.1     Gee DRIE voordele om ŉ kweekhuis te gebruik vir die produksie van
                  hoë waarde kontantgewasse.                                                (3)

        4.5.2     Definieer die onderstreepte konsep in 4.5.                                (2)

        4.5.3     Noem TWEE groeimediums wat plante ondersteun wat in ŉ
                  hidroponika-sisteem gebruik kan word.                                     (2)

        4.5.4     Gee TWEE faktore wat boere kan verhoed om sekere spesies vis vir
                  akwakultuurboerdery te kies.                                              (2)
                                                                                           [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:       105
                                                                      GROOTTOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SC P2 GR11 NOV 2014 QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr11-nov-2014-qp-eng/76a31e7a-2e13-46ed-bc23-d52850eca5b1) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR11 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr11-memo-nov2014-afr/68737b02-20c1-4fbd-a584-e216d3bad179) — Agricultural Sciences · Memo · 2014 · Afr
- [AGRSC P1 GR11 QP NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p1-gr11-qp-nov2014-afr/cd06899f-5e45-41ec-bb3e-1215490ff742) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-english/d1fde2f8-de36-45f8-b078-44db36531c0a) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov-2020-english/982a8aaf-898a-40cf-a2ae-5c5aac575c46) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
