# Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                          *AGRSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/SEPTEMBER 2016)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS naamlik AFDELING A en
        AFDELING B

  2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

  3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

  4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in die vraestel
        gebruik.

  5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

  6.    Wys al jou berekeninge waar van toepassing.

  7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      3

  AFDELING A

  VRAAG 1

  1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae.
         Kies die antwoord (A–D) en skryf dit langs die korrekte nommer (1.1.1–
         1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        ŉ Teler het ŉ goeie bul op ŉ plaas geteel met ŉ laer standaard
                      vroulike dier om die gehalte van ŉ swak kudde te verbeter. Die
                      teelsisteem gebruik deur die boer is …

                      A       spesiekruising.
                      B       inteling.
                      C       opgradering.
                      D       uitkruising.

         1.1.2        ... verwys na geen verander in vraag wanneer prys verander.
                      Byvoorbeeld brood sal altyd in aanvraag wees selfs al styg die
                      prys.

                      A       Prys-onelastisiteit
                      B       Prys-elastisiteit
                      C       Elastisiteit van aanbod
                      D       Elastisiteit

         1.1.3        Om ŉ suksesvolle besigheidsonderneming te begin het jy die
                      volgende nodig:

                      (i)     Deursettingsvermoë
                      (ii)    Bestuursvaardighede
                      (iii)   Leierskap
                      (iv)    Akademiese graad
                      Kies die korrekte kombinasie
                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (i), (ii), en (iii)
                      C       (i), (ii) en (iv)
                      D       (i), (iii) en (iv)

         1.1.4        Een van die volgende vervat die SWOT-analise vir die ontwikkeling
                      van ŉ besigheidstrategie:

                      A       Sterkpunte, rykdom, geleenthede en tyd
                      B       Ernstigheid, swakhede, geleenthede en bedreigings
                      C       Sterkpunte, swakpunte, geleenthede en vertroue
                      D       Sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

        1.1.5        Deur middel van risiko vermindering en verspreiding van risiko het
                     graad 12 leerders, skape en hoenders aangehou, asook groente
                     gekweek op een plaas. Dit is ŉ voorbeeld van …

                     A    nis (niche)-bemarking.
                     B    diversifisering.
                     C    ko-operatiewe bemarking.
                     D    spesialisering.

         1.1.6       Die tipe krediet benodig om die volgende te koop is ... -krediet.

                     A     mediumtermyn
                     B     langtermyn
                     C     korttermyn
                     D     minimumtermyn

         1.1.7       Die wetgewing wat werkersunies gebruik om te veg teen onbillike
                     werksure, verlof, oortyd en hoe lone betaal in die werkplek moet
                     word.

                     A    Wet op Gelyke Indiensneming
                     B    Wet op Arbeidsverhoudinge
                     C    Wet op Basiese Diensvoorwaardes
                     D    Wet op Vaardigheidsontwikkeling

         1.1.8       Die illustrasie hieronder wys een manier waarop chromosome kan
                     verander.

                                         A         A
                                         B         C
                                         C         B
                                         D         D
                                         E         E

                     A    Inversie
                     B    Duplikasie
                     C    Translokasie
                     D    Verwydering

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         5

          1.1.9       Een van die volgende in NIE ŉ rede om ŉ besigheidsplan op te
                      stel NIE:

                      A        Beleggers te lok of moontlike vennote te kry
                      B        Finansiering te kry
                      C        Die toekoms van jou besigheid uit te lê
                      D        ŉ Goeie entrepeneur in diens te stel

          1.1.10      ŉ … verwys na ŉ groepering plante wat vir hul gewenste
                      eienskappe gekies word.

                      A        Hibried
                      B        Kultivar
                      C        Mutageen
                      D        Spesie                                            (10 x 2)    (20)

 1.2      Kies ŉ term/frase in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                       KOLOM A                                 KOLOM B
          1.2.1       Kontrak                       A    twee ekwivalente gene

          1.2.2       Besigheidsplan                B    DNA/DNS

          1.2.3       Allele                        C    begroting

          1.2.4       Entrepreneur                  D    beskryf die terme van
                                                         indiensneming

          1.2.5       Produktiwiteit                E    bruto inkomste

                                                    F    arbeidswetgewing

                                                    G    maatstaf van uitsette per
                                                         eenheid insette

                                                    H    beskryf hoe besigheid sal
                                                         funksioneer

                                                    I    plaasassistent

                                                    J    herken geleenthede en neem
                                                         risiko’s om ŉ besigheid te
                                                         begin
                                                                                   (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.3     Skryf die landboukundige term/frase vir elk van die volgende beskrywings
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.3.1       ŉ Apparaat wat gene in stukkies plantweefsel inskiet

         1.3.2       ŉ Geldsom verskaf deur die regering vir ŉ spesifieke doel wat nie
                     terugbetaal hoef te word nie

         1.3.3       Finansiële verpligtinge soos debiete en lenings wat ŉ maatskappy
                     skuld

         1.3.4       Werkers wat slegs tydens spitstye in diens geneem word, dikwels
                     vir ŉ spesifieke taak soos oestyd

         1.3.5       Die teelsisteem waar die nageslag altyd steriel is en glad nie kan
                     voortplant nie                                               (5 x 2)   (10)

 1.4     Verander die onderstreepte woorde om die volgende stellings WAAR te
         maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die korrekte nommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4.1   Selle is eenhede van oorerwing.

         1.4.2   Daar is ŉ likiditeit van produkte wanneer die vraag meer as die
                 aanbod is.

         1.4.3   Kapitaal is die produksiefaktor wat nie onderhewig is aan
                 waardevermindering, bederfbaarheid, oud raak of opgebruik kan
                 word nie.

         1.4.4   Die benadering wat ŉ maatskappy neem tot die bemarking van sy
                 produkte, word die ek-verbruiker genoem.

         1.4.5   Negatiewe eksterne elemente wat die sukses van ŉ besigheid kan
                 benadeel, is kreatiwiteit.                              (5 x 1)             (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                       7

  AFDELING B

  VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

  Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

  2.1    Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord VRAE 2.1.1–2.1.3 wat
         op die illustrasie gebaseer is.

                                B                             M
                                          XX
                                         …………

                 PRYS                         K

                                                              B
                            M

                                            HOEVEELHEID

         2.1.1    Identifiseer die beskrywing gemerk XX in VRAAG 2.1.                    (1)

         2.1.2    Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 2.1.1.                              (2)

         2.1.3    Identifiseer die letter K en die lyne MM en BB in VRAAG 2.1.           (3)

  2.2    Jy het ŉ seminaar bygewoon waar een groep deelnemers die verskil tussen
         verkope en bemarking van geprosesseerde produkte gedebatteer het. ŉ
         Ander groep het eko-etikettering bespreek en hoe dit verbruiker gedrag
         beïnvloed. Jy was gevra om TWEE duidelike verskille tussen verkope en
         bemarking op te stel.

         2.2.1    Tabuleer die verskille tussen bemarking en verkope. Gee TWEE
                  beskrywings ELK vir bemarking en verkope.                              (4)

         2.2.2    Gee TWEE hooffunksies van landboubemarking.                            (2)

         2.2.3    Stel TWEE maniere voor hoe eko-etikettering verbruikersgedrag
                  beïnvloed.                                                             (2)

         2.2.4    Lys TWEE redes hoekom vleis geprosesseer word.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2016)

 2.3    Die illustrasie hieronder is ŉ voorbeeld van ŉ bemarkingsketting wat die
        verskillende komponente van die aanbodketting en vraagketting wys.

                              BEMARKINGSKETTING
                  AANBODKETTING               VRAAGKETTING
        Aankope       Vervaardiging     Verspreiding   Bemarking   Verkope       Diens

        2.3.1   Definieer die onderstreepte begrip in VRAAG 2.3.                            (2)

        2.3.2   Lys TWEE funksies van na-oes bestuur in die bemarkingsketting.              (2)

        2.3.3   Klassifiseer die volgende as óf aanbodketting, óf vraagketting.

                (a)     Waardetoevoeging
                (b)     Verpakking
                (c)     Kontantvloei en winsgewendheid                                      (3)

 2.4    Jy het ŉ potensiële boer ontmoet wat langs die kennisgewingbord hieronder
        getoon gestaan het. Die boer het jou ŉ paar vrae gevra oor die
        kennisgewingbord want hy wil by die ko-operatiewe gemeenskap aansluit.

        2.4.1   Verduidelik kortliks aan die boer wat ŉ landbou ko-operatiewe
                gemeenskap (ko-operasie) is.                                               (2)

        2.4.2   Gee TWEE voordele wat ŉ landbou ko-operatiewe gemeenskap (ko-
                operasie) ŉ boer bied.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)           LANDBOUWETENSKAPPE V2                                        9

 2.5 Wanneer produkte aan verbruikers bemark word is dit belangrik om die
     verskillende tipes kopers en hul eienskappe te ken. ŉ Koper kan ŉ
     innoveerder, ŉ aanpasser of ŉ tradisionele koper wees. Verbruikers het
     verskillende redes hoekom hulle produkte koop. Verkopers moet hul produkte
     bemark en verskillende bemarkingstrategieë volg om sodoende maksimum
     wins op verkope te maak.

       2.5.1      Voorspel TWEE karaktereienskappe van ŉ koper wat ŉ
                  tradisionele koper is.                                                (2)

       2.5.2      Identifiseer TWEE maniere hoe verkopers ŉ wins uit die scenario
                  kan maak.                                                             (2)

       2.5.3      Gee TWEE maniere waarop verkopers hul produkte kan bemark.            (2)

 2.6 Differensieer tussen nis-(niche) bemarking en veeveilings.                         (2)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

  VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

  Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
  3.1    Verskillende tipes plaasarbeid word in die illustrasies A, B, C en D gewys.

                             A                                      B

                             C                                      D

         3.1.1       Identifiseer die tipe plaasarbeid uit die illustrasie A, B, C, D
                     hierbo wat baie skaars vir kommersiële gewasboere kan wees.             (1)

         3.1.2       Regverdig jou antwoord in VRAAG 3.1.1 met TWEE redes.                   (2)

         3.1.3       Stel TWEE maniere voor hoe om die ekonomiese kondisies van
                     die werkers in die illustrasies (3.1) te verbeter.                      (2)

         3.1.4       Gee ŉ arbeidswet wat in die volgende gevalle toegepas word:

                     (a) Die trekkerbestuurder kan van die bewegende trekker afval           (1)

                     (b) Die werkers in D word nie meer in diens geneem nie                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               LANDBOUWETENSKAPPE V2                                            11

  3.2    Die plaasbestuurder beoog om ŉ struktuur op die plaas te vergroot. Die
         bestuurder leen R15 000,00 van ŉ vriend. Die bestuurder neem ŉ
         banklening uit van R28 000,00 en verkoop 5 000 voëls om nog ŉ
         addisionele R20 000,00 in te kry. Die bruto inkomste van die plaas na
         twee jaar was R73 000,00.

         3.2.1        Bepaal die netto wins of verlies van die boer na twee jaar.                (3)

         3.2.2        Identifiseer TWEE maniere waarop die boer kapitaal uit die
                      scenario bekom het.                                                        (2)

         3.2.3        Noem EEN ander manier waarop die boer kapitaal kan kry
                      behalwe dié in VRAAG 3.2.2 genoem.                                         (2)

         3.2.4        Stel voor die beste rekord/dokument wat al die verwagte
                      inkomste en uitgawes oor die tydperk sal aandui.                           (1)

  3.3    ŉ Potensiële boer wil groente op ŉ kommersiële basis kultiveer. ŉ Stuk
         grond is aan die boer verkoop. Toe die boer na die grond gaan kyk het
         dit soos die prentjie hieronder gelyk.

         3.3.1        Stel EEN ekonomiese eienskap van grond as ŉ produksiefaktor
                      voor wat die prentjie in 3.3 die beste beskryf.                            (1)

         3.3.2        Regverdig jou antwoord in VRAAG 3.3.1 met TWEE redes.                      (2)

         3.3.3        Gee DRIE funksies van grond as ŉ produksiefaktor in landbou.               (3)

         3.3.4        Stel voor TWEE wetenskaplike maniere om die produktiwiteit
                      van grond vir landboudoeleindes te verhoog.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 3.4    Wat plaasbestuur anders maak as besigheidsbestuur is die soort en
        hoeveelheid daaglikse take wat betrokke is sowel as die verskillende lae van
        bestuur by boerdery betrokke. Selfs onder boere sal die prosesse verskil
        afhangende van die tipe boerdery en die algemene grootte van die
        besigheid. Spesifieke vaardighede is dus vir verskillende tipes boerderye
        nodig.

        3.4.1    Identifiseer TWEE redes uit die scenario om te regverdig hoekom
                 die bestuur van ŉ pluimvee-boerdery anders as die bestuur van ŉ
                 winkel is.                                                              (2)

        3.4.2    Noem die spesifieke bestuursvaardigheid benodig vir elk van die
                 volgende:

                 (a)   Vermoë om die plaas winsgewend en suksesvol te hou                (1)

                 (b)   Vermoë om plaasarbeid probleme op te los                          (1)

                 (c)   Vermoë om onvoorsiene sake of probleme te kan hanteer             (1)

        3.4.3    Gee TWEE produksie-risiko’s wat ŉ plaasbestuurder in
                 gewasboerdery mag ondervind.                                            (2)

 3.5    Die tabel hieronder wys rys (in ton maat) wat deur ŉ kommersiële boer oor
        sewe jaar uitgevoer was.

                        JAAR                       HOEVEELHEID UITGEVOER
                        2009                                40
                        2010                                25
                        2011                                50
                        2012                                55
                        2013                                35
                        2014                                60
                        2015                                60

        Transleer die inligting na ŉ lyngrafiek.                                        (5)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         13

 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1     ŉ Teler wil die speengewig van sy diere verhoog. Die gemiddelde
         speengewig van die diere op die plaas is 22,5. Die teller kies ŉ manlike dier
         met ŉ speengewig van 24,6 en ŉ vroulike dier met ŉ speengewig van 23,7.
         Die oorerflikheid van speengewig vir die diere is 50%.

         4.1.1        Bereken die BTW (EBV) van die ouers.                                    (4)

         4.1.2        Bereken die verwagte genetiese verbetering van die nageslag.            (2)

 4.2
         P1                Suiwer witgesig bull            Suiwer swartgesig koei

                                                       X
                                    QQ                                    qq

         4.2.1        Teken ŉ Punnett-vierkant om die kruising geïllustreer in 4.2 te
                      voltooi.                                                                (4)

         4.2.2        Gee die moontlike persentasie van witgesig nageslag in die F2
                      generasie.                                                              (3)

         4.2.3        Gee EEN korrekte genetiese term om die verskil in die voorkoms
                      van die twee diere te verduidelik.                                      (1)

         4.2.4        Differensieer tussen fenotipe en genotipe.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 4.3     Vir meeste organismes word geslag deur chromosoom verskille bepaal.
         Tydens die vorming van gamete deur die proses van meiose en
         gametogenese, verdeel die twee chromosome op die homoloë pare.
         Aanvaar dat die manlike gamete (29 +X chromosome) saamsmelt met ŉ
         vroulike gamete (29 + X chromosome).

         4.3.1       Gee die chromosome van die sigoot.                                     (2)

         4.3.2       Voorspel die geslag van die kleintjie.                                 (1)

 4.4     Definieer die volgende terme:

         (a)     Mutasie                                                                    (2)

         (b)     Uitkruising                                                                (2)

 4.5     Ons voorgeslagte het hul tradisionele plant- en dierverbeterings
         teelmetodes gehad soos massa-seleksie en inteling. ŉ Nuwe metode van
         plant- en dierverbetering is ontwikkel, genaamd genetiese modifisering. Dit
         behels die neem van gene van een organisme, naamlik die skenker
         (donor), en die insit daarvan in ŉ ander organisme, naamlik die ontvanger.

         4.5.1       Lei af TWEE doelwitte van genetiese modifisering in plante.            (2)

         4.5.2       Gee TWEE voordele van genetiese modifisering bo tradisionele
                     metodes.                                                               (2)

         4.5.3       Lys TWEE nadele van inteling.                                          (2)

         4.5.4       Onderskei tussen stamboomseleksie en afstammelingseleksie.             (4)

 4.6     Gee TWEE omgewingsoorsake vir variasie in plante.                                  (2)

                                                              TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-memo-eng/dc6c7551-bdff-472d-ab8b-8fa5f0c9fb92) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT2016 MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept2016-memo-afr/89f7eb5a-76a1-4b9b-b50b-732de81fc231) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [AGRS P1 S12 2016 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-eng/b786fba1-80ec-468a-9151-c135e2046c84) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Eng
- [AGRS P1 S12 2016 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-afr/57e303a6-87eb-439f-bd05-26288047bee1) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-afr/b4a82b78-d842-43dc-91b9-9f649ad70d0f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
