# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov2020-afr-d/48921857-9f79-4281-92b1-0cbd1f74a1d4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov2020-afr-d/48921857-9f79-4281-92b1-0cbd1f74a1d4)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 11

                   NOVEMBER 2020

               LANDBOUWETENSKAPPE V2
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                          *IAGRSA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    … is ŉ voorbeeld van ŉ mikro-element.

                 A    Molibdeen
                 B    Stikstof
                 C    Kalium
                 D    Swael

        1.1.2    Die volgende vind plaas tydens die ligfase van fotosintese,
                 behalwe …

                 A    fotolise.
                 B    vorming van ATP.
                 C    vorming van koolhidrate.
                 D    vorming van gereduseerde ko-ensieme.

        1.1.3    Wanneer plaasmis gestoor word, is die voorkoming van
                 vervlugtiging belangrik, omdat …

                 A    vervlugtiging die uitloging van voedingstowwe veroorsaak.
                 B    vervlugtiging die verlies van stikstof in die vorm van gas
                      veroorsaak.
                 C    vervlugtiging kan lei tot grondbesoedeling.
                 D    vervlugtiging die besmetting van mis deur patogene kan
                      veroorsaak.

        1.1.4    Die … is ŉ nie-seksuele deel van ŉ blom.

                 A    meeldraad
                 B    stamper
                 C    kelkblare
                 D    stempel

        1.1.5    Meervoudige vrugte is vrugte wat …

                 A    ontwikkel vanuit menigte vrugbeginsels in ŉ enkele blom.
                 B    ontwikkel vanuit menigte vrugbeginsels van ŉ bloeisel.
                 C    ontwikkel vanuit ŉ enkele vrugbeginsel wat een of meer
                      stempels het.
                 D    ontwikkel vanuit ŉ ryp vrug en ander dele van die blom.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

        1.1.6        Die volgende is eienskappe van windbestuifde plante:

                     (i)      Produseer groot hoeveelhede taai stuifmeel
                     (ii)     Hulle het gewoonlik nie reuke wat insekte lok nie
                     (iii)    Hulle het klein, versteekte stempels
                     (iv)     Die blomme is klein en styf teenmekaar gepak

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A        (i) en (ii)
                     B        (i), (iii) en (iv)
                     C        (i), (ii) en (iv)
                     D        (ii), (iii) en (iv)

        1.1.7        Watter EEN van die volgende is NIE ŉ voordeel van wisselbou
                     NIE?

                     A        Verminder die aantal skadelike insekspesies
                     B        Verbeter grondstruktuur
                     C        Benodig ŉ werksmag met ŉ verskeidenheid vaardighede
                     D        Voorkom voedingstof wanbalanse

        1.1.8        Die prent hieronder toon die … -besproeiingstelsel.

                     A       spilpunt
                     B       drup
                     C       vloed
                     D       mikrosproei

        1.1.9        … is ŉ voorbeeld van ŉ seewaterspesie.

                     A       Afrika-katvis
                     B       Tilapia
                     C       Bruin forel
                     D       Perlemoen

        1.1.10       … is NIE ŉ tipe bewaringsbewerking NIE.

                     A       Strookbewerking
                     B       Geen bewerking
                     C       Grondbedekking
                     D       Kaalbewerking                                                    (20)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    5

 1.2    Kies ŉ term/frase uit KOLOM B wat die beste by ŉ beskrywing in KOLOM A
        pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 J.

                     KOLOM A                                KOLOM B
        1.2.1 Die beweging van stowwe           A    braak lê
              vanaf blare na ander dele van
              die plant

        1.2.2 Kalsiumsulfaat                    B    biotegnologie

        1.2.3 Besmet met ŉ patogeniese          C    genetiese ingenieurswese
              mikro-organisme of agent

        1.2.4 ŉ Tak/studieveld van biologie     D    transpirasie
              wat lewende prosesse,
              organismes of stelsels gebruik
              om produkte te vervaardig

        1.2.5 Land geploeg, maar nie geplant E       gips
              nie

                                                F    besmet

                                                G    kalsitiese kalk

                                                H    translokasie
                                                                              (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3    Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
        die woord/frase langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK.

        1.3.1        Die suigkrag wat help om water vanaf die wortels opwaarts na die
                     blare te trek

        1.3.2        Materiaal van natuurlike of kunsmatige oorsprong wat op grond of
                     plantweefsel aangewend word om een of meer plantvoeding-
                     stowwe te voorsien

        1.3.3        Oordrag van ryp stuifmeel van meeldrade na stempels

        1.3.4        ŉ Breëbasis benadering wat praktyke vir ekonomiese pesbeheer
                     integreer

        1.3.5        ŉ Struktuur met mure en ŉ dak wat van deursigtige materiaal
                     gemaak is waar plante wat ŉ gereguleerde klimaat benodig,
                     verbou kan word                                                      (10)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende
        stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
        vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK.

        1.4.1    Osmose is die beweging van ŉ stof van ŉ area met ŉ hoë
                 konsentrasie na ŉ area met ŉ lae konsentrasie

        1.4.2    Vrugsetting is die proses waar ŉ organisme vanuit ŉ saad groei

        1.4.3    Die praktyk waar slegs een gewas jaar na jaar op dieselfde plek
                 geplant word, word na verwys as wisselbou

        1.4.4    Hidroponika is om met seewater- en varswaterorganismes te boer

        1.4.5    Grondklassifikasie poog om ŉ grondkaart te produseer wat die
                 verskillende soorte grondtipes in ŉ boerdery-area toon    (5 x 1)          (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    7

 AFDELING B
 VRAAG 2: PLANTSTUDIES (VOEDING)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1     Analiseer die chemiese reaksie hieronder en beantwoord die volgende vrae.

                        CO2 + H2O                       C6H12O6 + O2
                                                         B

         2.1.1   Identifiseer die proses wat deur die chemiese vergelyking hierbo
                 voorgestel word.                                                      (1)

         2.1.2   Noem die samestelling B in die vergelyking hierbo.                    (1)

         2.1.3   Gee TWEE organe van plante waar die verbinding B kan voorkom.         (2)

         2.1.4   Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die proses hierbo
                 voorgestel, te versnel.                                               (2)

 2.2     Hieronder is ŉ foto van ŉ woestynplant.

         2.2.1   Gee TWEE belangrike funksies van water in die plant hierbo.           (2)

         2.2.2   Identifiseer DRIE aanpassings sigbaar in die plant hierbo wat
                 waterverlies verhoed.                                                 (3)

         2.2.3   Lei TWEE gevolge af van ŉ verlies aan sulke aanpassing by plante.     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 2.3    Hieronder is ŉ foto van ŉ bemestingstof.

        2.3.1   Klassifiseer die bemestingstof hierbo.                                    (1)

        2.3.2   Gee TWEE voorbeelde van swaelbemestingstowwe.                             (2)

        2.3.3   Bereken die persentasie wat uit die element stikstof bestaan, in die
                sak hierbo.                                                               (2)

        2.3.4   Vanuit die prent hierbo, identifiseer kenmerke wat toon dat die staat
                ŉ rol speel in bemestingproduksie.                                        (2)

 2.4    Die diagram hieronder toon vervoermeganismes in selle.

        2.4.1   Identifiseer struktuur C in die diagram hierbo.                           (1)

        2.4.2   Identifiseer die vervoermeganismes A en B in die diagram hierbo.          (2)

        2.4.3   Gee die rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1 hierbo.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    9

 2.5    Gebruik die woorde in die lys hieronder om ELKEEN van die volgende
        definisies te beskryf.

           bevrugting; basale toediening; bo-aanwending; wydsaai; bandplasing;
                                      blaaraanwending

        2.5.1    Toediening van bemesting tydens planting                                  (1)

        2.5.2    Die gelyke verspreiding van bemesting oor die hele area van die veld      (1)

        2.5.3    Plantvoedingstowwe word in water opgelos en op die blare gespuit          (1)

        2.5.4    Die aanwending van bemestingstowwe aan een of beide kante van
                 ŉ ry plante of aan die onderkant van plante                               (1)

        2.5.5    Bemestingstowwe word in besproeiingswater opgelos en deur die
                 besproeiingstelsel aangewend                                              (1)

 2.6    Groenbemesting is waar groenbemestinggewasse in die grond ingeploeg
        word terwyl hul nog groen is of kort nadat hul blom. Groen bemestinggewasse
        is weiding of peulgewasse wat verbou word vir hul blaarmateriaal wat vir
        grondbewaring benodig word.

        2.6.1    Lei ŉ voordeel van groenbemesting vanuit die leesstuk hierbo af.          (1)

        2.6.2    Verduidelik ŉ voordeel daarvan om peulgewasse te gebruik.                 (2)

        2.6.3    Gee TWEE voordele van groenbemesting wat nie in die leesstuk
                 genoem word nie.                                                         (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE EN -BESKERMING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1     Die diagram hieronder toon ŉ metode om plante kunsmatig te vermeerder.

         3.1.1       Identifiseer die tipe plantvermeerdering hierbo getoon.                 (1)

         3.1.2       Voorsien byskrifte vir A en B op die diagram hierbo.                    (2)

         3.1.3       Gee TWEE voordele van die plantvermeerderingsmetode in
                     VRAAG 3.1.1 hierbo.                                                     (2)

         3.1.4       Lys TWEE voorbeelde van vrugtebome in Suid-Afrika wat volgens
                     hierdie metode vermeerder is.                                           (2)

 3.2     In sommige gevalle is bloeiselval in plante normaal. Byvoorbeeld, manlike
         blomme val natuurlik af by groenteplante na ŉ paar dae. By baie groente,
         soos skorsies, begin die vervaardiging van manlike blomme soveel as twee
         weke voor die eerste vroulike blom begin blom. Bygesê, gesonde bloeisels
         kan skielik van plante afval as gevolg van onvoldoende bestuiwing,
         omgewingsfaktore, lae grondvrugbaarheid en blaaspootjies (‘thrips’).

         3.2.1       Noem die verskynsel wat hierbo beskryf word.                            (1)

         3.2.2       Vanuit die leesstuk hierbo, lei ŉ biologiese oorsaak van hierdie
                     verskynsel af.                                                          (1)

         3.2.3       Gee TWEE klimaatsfaktore wat tot die verskynsel in
                     VRAAG 3.2.1 kan lei.                                                    (2)

         3.2.4       Gee ŉ gepaste metode wat boere kan gebruik om hul gewasse
                     teen elk van die klimaatsfaktore in VRAAG 3.2.3 genoem, te
                     beskerm.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   11

 3.3   Pas die plantvermeerderingsmetode in die blok hieronder met die toepaslike
       plant in VRAAG 3.3.1–3.3.5.

                      bolle; knolle; steggies; stolons en risome; kruipers

       3.3.1    Rose                                                                       (1)

       3.3.2    Uie                                                                        (1)

       3.3.3    Aartappels                                                                 (1)

       3.3.4    Gemmer                                                                     (1)

       3.3.5    Patats                                                                     (1)

 3.4 Lees die leesstuk hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       Ongeveer 99% van die soja en 84% van die mielies wat in hierdie land verbou
       word, is GMO. Dit beteken dat hierdie voedselgewasse se natuurlike DNS of
       gene met DNS-molekules van ŉ ander bron verander is. Hierdie kombinasie
       van DNA-stelle lei tot die skepping van ŉ nuwe verskeidenheid van plante of
       organismes, wat ontwerp is om onkruiddoders wat die aktiewe bestanddeel
       egfosaat bevat, te weerstaan – ŉ produk wat alle plante wat nie geneties
       gemodifiseer is nie, doodmaak.

       3.4.1    Skryf die woorde neer wat deur die afkorting GMO voorgestel word.          (1)

       3.4.2    Gee EEN voordeel van GMO-tegnologie wat in die leesstuk hierbo
                genoem is.                                                                 (1)

       3.4.3    Gee TWEE ander metodes van plantverbetering wat nie in die
                leesstuk genoem is nie.                                                    (2)

 3.5 Lees die stuk hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       ŉ Plantsiekte is ŉ aantasting van die normale toestand van ŉ plant wat sy
       belangrike funksies onderbreek of verander. Alle plant-, wild- en gekultiveerde
       spesies is onderhewig aan siektes.

       3.5.1    Noem TWEE omgewingstoestande wat die vinnige vermeerdering
                van plantpatogene veroorsaak.                                              (2)

       3.5.2    Noem TWEE mikro-organismes wat plantsiektes veroorsaak.                    (2)

       3.5.3    Beskryf TWEE maatreëls wat boere kan neem om die verspreiding
                van plantsiektes te voorkom.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 3.6    Die prente A, B en C is van algemene insekte wat op plase gevind word.

                      A                       B                        C

        3.6.1   Pas die insekte A, B en C hierbo met die stellings hieronder:

                (a)       Suig sap                                                       (1)

                (b)       Kou                                                            (1)

                (c)       Biologiese beheer                                              (1)

        3.6.2   Gee TWEE voordele van die gebruik van die plaagbeheermetode in
                VRAAG 3.6.1 (c).                                                         (2)

        3.6.3   Stel TWEE nie-chemiese metodes voor wat boere kan gebruik om
                insekplae te beheer.                                                     (2)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1

                               A                            B

                               D                                C

        4.1.1    Identifiseer die dreineringsuitlegte A en B.                              (2)

        4.1.2    Gee ŉ letter uit die diagram in VRAAG 4.1 vir die dreineringsuitleg
                 wat in elk van die volgende gevalle gebruik kan word:

                 (a)   Waar ŉ stuk land ŉ duidelike insinking in die middel het            (1)

                 (b)   Waar daar nat kolle op die land is                                  (1)

                 (c)   Op gelyke grond waar die land ŉ geringe helling na die een
                       kant het                                                            (1)

        4.1.3    Noem TWEE faktore wat boere in ag moet neem wanneer hulle
                 pypdreineringstelsels installeer.                                         (2)

 4.2    Bewerking is om ŉ bestaande grondbed op te breek om dit beter vir planting
        voor te berei.

        4.2.1    Gee EEN voorbeeld van ŉ primêre bewerkingsimplement.                      (1)

        4.2.2    Gee die hoofdoel van sekondêre grondbewerking.                            (1)

        4.2.3    Onderskei tussen primêre en sekondêre grondbewerking.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

 4.3    Die instrumente hieronder word deur boere gebruik om besproeiing te
        skeduleer.

           A                        B

        4.3.1   Identifiseer instrumente A en B hierbo.                                     (2)

        4.3.2   Gee TWEE voordele van skedulering van besproeiing.                          (2)

        4.3.3   Stel TWEE waterbronne voor wat boere vir besproeiing gebruik.               (2)

 4.4    Lees die stuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        ŉ Boer gebruik tegnologie wat hom in staat stel om van kombersbemesting
        te beweeg na die toediening van slegs die kunsmis wat vir ŉ spesifieke
        gebied benodig word. Dit stel boere ook in staat om oesinligting te vergelyk
        en swak plekke in lande te identifiseer. Die boer gebruik GPS, wat selfstuur
        van trekkers en stropers, differensiële bemesting en die monitering van
        produksie in staat stel terwyl gewasse geoes word. Dit stel die boer in staat
        om te sien presies hoeveel uit spesifieke gebiede in die land geoes is.

        4.4.1   Identifiseer die boerderysisteem wat in die scenario hierbo beskryf
                word.                                                                       (1)

        4.4.2   Identifiseer ŉ stuk toerusting wat ŉ belangrike rol in die
                boerderysisteem in die scenario hierbo, speel.                              (1)

        4.4.3   Vanuit die scenario, lei TWEE voordele van die sisteem af.                  (2)

        4.4.4   Stel TWEE ander stukke toerusting voor wat nie in die scenario
                genoem word nie, wat ook vir die suksesvolle implementering van
                die boerderysisteem gebruik kan word.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                 15

 4.5    Die grafiek hieronder toon die reaksie van ŉ boer se gewasse op twee
        waterstelsels: sommige lande was onder besproeiing en ander het slegs
        reënval ontvang.

        4.5.1    Verwerk die inligting in die grafiek na ŉ tabel.                          (6)

        4.5.2    Noem die waterleweringstelsel wat die grootste opbrengs lewer.            (1)

        4.5.3    Regverdig jou antwoord op VRAAG 4.5.2 hierbo.                             (1)

        4.5.4    Voorspel wat die resultaat gekry in 2012, kon veroorsaak het.             (2)

        4.5.5    Stel TWEE uitdagings voor wat die wydverspreide gebruik van
                 besproeiing, eerder as reënval, beperk.                                   (2)
                                                                                          [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                   GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov2020-eng-d/335028e9-3c0f-4100-8ca5-040d0c776af6) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/6d4ed462-1468-45e2-bf3f-d4187dcb3289) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SC P2 MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-memo-gr11-nov2020-afr-d/f0474d0c-1f61-497c-bc0f-1c22266c2303) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SC P2 QP MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-memo-gr11-nov2020-afr-d/09159f67-bcfa-4e7a-992c-a85b09160aaf) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SC P2 MEMO GR11 NOV 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-memo-gr11-nov-2020-english/c5679e70-255a-4479-8b01-4d70151940ab) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d2b9241c-0459-4529-894b-3311b2275b59) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
