# Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-qp-june2022-afrikaans/23b4eec5-96cb-415a-8656-91a6ec26394b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-qp-june2022-afrikaans/23b4eec5-96cb-415a-8656-91a6ec26394b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                            JUNIE 2022

                  LANDBOUWETENSKAPPE

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LANDBOUWETENSKAPPE                      (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

 2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik word.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Toon ALLE berekeninge, insluitende eenhede en formules, waar van
      toepassing.

 7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                            LANDBOUWETENSKAPPE                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, neer byvoorbeeld 1.1.11 D .

         1.1.1    ŉ Dik gryserige suur vloeistof wat in die maag geproduseer word deur
                  die bolus en maagsappe te meng.                                                 .

                  A       Gal
                  B       Succus entericus
                  C       Spysbry
                  D       Herkoutjie

         1.1.2    … is ŉ aanduiding van die proteïeninhoud van ŉ voer.

                  A       Verteerbaarheid
                  B       Voedingsverhouding
                  C       Energiewaarde
                  D       Biologiese waarde

         1.1.3    Die fundamentele prosesse in die spysverteringstelsel van mond tot
                  anus, vind in die volgende volgorde plaas:

                  A       Inname, absorpsie, assimilasie, vertering en egestie
                  B       Egestie, vertering, absorpsie, assimilasie en inname
                  C       Egestie, assimilasie, vertering, absorpsie en inname
                  D       Inname, vertering, absorpsie, assimilasie en egestie

         1.1.4    Die vereistes hieronder is korrek met betrekking tot die normale
                  funksionering van rumenmikrobes:

                  (i)     Aërobiese toestande
                  (ii)    pH van 5,5 tot 6,5
                  (iii)   Teenwoordigheid van vlugtige vetsure vir groei
                  (iv)    ŉ Temperatuur van 38 °C tot 42 °C

                  Kies die korrekte kombinasie hieronder:

                  A       (i), (ii) en (iv)
                  B       (ii), (iii) en (iv)
                  C       (i), (ii) en (iii)
                  D       (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LANDBOUWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE 2022)

      1.1.5    EEN van die volgende is NIE ŉ faktor om produksie in ekstensiewe
               boerdery te verhoog NIE:                                                         .

               A       Voeding
               B       Omgewing
               C       Algemene gedrag
               D       Reproduksie

      1.1.6    Die toerusting hieronder word deur veeboere gebruik vir …

               A       dip.
               B       inenting.
               C       inspuiting.
               D       dosering.

      1.1.7    Gedurende uiterse warm dae, sal herkouer diere …

               A       minder eet en meer water drink.
               B       meer eet en minder water drink.
               C       minder eet en minder water drink.
               D       meer eet en meer water drink.

      1.1.8    Die volgende is van toepassing op die batteryhok-stelsel:

               (i)     Hoenders word in hokke aangehou om hul beweging te beperk
               (ii)    Hoenders het geen direkte kontak met hul ontlasting nie
               (iii)   Verminderde risiko’s en daar is minder besteding aan entstowwe
               (iv)    Groep voëls word toegelaat om vrylik gedurende die dag rond te
                       loop

               Kies die korrekte kombinasie hieronder:

               A       (i), (ii) en (iv)
               B       (i), (ii) en (iii)
               C       (ii), (iii) en (iv)
               D       (i), (iii) en (iv)

      1.1.9    Een van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ primêre vroulike
               voortplantingsorgaan:

               A       Eierstokke
               B       Uterus
               C       Testis
               D       Vagina
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      LANDBOUWETENSKAPPE                                      5

        1.1.10    Die laag van die blastosist wat verantwoordelik is vir die voeding van
                  die embrio is die ...

                  A    embrioblas.
                  B    mesoderm.
                  C    ektoderm.
                  D    trofoblast.                                               (10 x 2)   (20)

 1.2 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM B op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE
     A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A van toepassing is. Skryf slegs
     A, slegs B, BEIDE A en B of geeneen langs die vraagnommers
     (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.2.6 slegs B.

        Voorbeeld:

        KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.6 A:       Swamsiekte
                                              ŉ Voorbeeld van coccidiosis
                  B:   Bakteriese siekte

        Antwoord: 1.2.6 Geeneen

                    KOLOM A                                 KOLOM B
        1.2.1     A: Passiewe absorpsie       Beweging van molekules teen
                  B: Aktiewe absorpsie        konsentrasiegradiënt
        1.2.2     A: Abomasum                 Spysverteringsensieme hidroliseer
                  B: Duodenum                 proteïene om aminosure te vorm
        1.2.3     A:   Intraveneus            Die inspuit van diere tussen lae van die
                  B:   Onderhuids             vel
        1.2.4     A:   Ureumvergiftiging      Oormatige speekselafskeiding deur die
                  B:   Plantvergiftiging      plaasdier
        1.2.5     A    Kernoordrag            Duur en vereis ŉ spesifieke stel
                  B:   Embrio-oordrag         vaardighede
                                                                                  (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LANDBOUWETENSKAPPE                                 (EC/JUNIE 2022)

 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.3.1    Voer wat minder lywig is, duurder gedroog is met klein volume per
               massa, maklik verteerbaar en met ŉ hoë voedingswaarde

      1.3.2    ŉ Versamelterm wat verwys na ŉ aansteeklike siekte wat tussen mense
               en plaasdiere oorgedra word

      1.3.3    Seldeling wat die aantal chromosome halveer om vier haploïede
               dogterselle te vorm wat geneties van ouers verskil

      1.3.4    ŉ Toestand wanneer die plaasdier beide manlike en vroulike
               voortplantingsorgane besit

      1.3.5    ŉ Toestand by plaasdiere waar die testes in die buikholte bly en nie na
               die skrotum afsak nie                                           (5 x 2)     (10)

 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende stellings
     om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord(e) langs die
     vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    ŉ Aanvullingsprogram is ŉ strategiese plan deur veeboere om te
               verseker dat daar genoeg voer is om aan die behoeftes van die kudde
               deur die jaar te voldoen.

      1.4.2    Pandemie is wanneer ŉ siekte gereeld in ŉ bevolking in ŉ bepaalde
               streek voorkom en voorspel kan word.

      1.4.3    Die kop bevat sentriole wat die spermsel help om deur die eiersel se
               beskermende laag te kom sodat bevrugting kan plaasvind.

      1.4.4    Dragtigheid is moeilike bevalling wanneer ŉ vroulike dier nie die
               kleintjie kan lewer nie.

      1.4.5    Steriliteit is die tydelike onvermoë van ŉ dier om suksesvol voort te
               plant.                                                           (5 x 1)     (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      LANDBOUWETENSKAPPE                                        7

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1     Die diagramme hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van
        plaasdiere.

        2.1.1     Klassifiseer die plaasdiere met die spysverteringskanale wat deur
                  DIAGRAM A en DIAGRAM B hierbo voorgestel word.                               (2)

        2.1.2     Identifiseer dele E en J uit die diagramme hierbo.                           (2)

        2.1.3     Identifiseer die spysverteringskanaal van ŉ jong herkouerdier uit dié wat
                  hierbo getoon is.                                                            (1)

        2.1.4     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.3.                                        (1)

        2.1.5     Identifiseer die letters (A–K) wat ŉ orgaan verteenwoordig waar elk van
                  die volgende funksie voorkom:

                  (a)   Absorpsie van oplosbare eindprodukte van vertering in die
                        bloedstroom                                                            (1)

                  (b)   Ensiematiese vertering in DIAGRAM B                                    (1)

                  (c)   Mikrobiese fermentasie van ingeneemde voer in DIAGRAM A                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LANDBOUWETENSKAPPE                                 (EC/JUNIE 2022)

 2.2    Voltooi die skematiese voorstelling hieronder deur die antwoorde langs die
        vraagnommers 2.2.1 tot 2.2.4 neer te skryf.

                                                                                                   (4)

 2.3    Noem die siekte/toestand wat veroorsaak word deur ŉ tekort aan die volgende
        vitamien/mineraal:

        2.3.1    Jodium in kalwers                                                                 (1)

        2.3.2    Vitamien K in pluimvee                                                            (1)

        2.3.3    Sink                                                                              (1)

 2.4    Die grootste gedeelte van ŉ voer wat gebruik word in die produksie van energie
        vir die plaasdier.

        2.4.1    Dui die eenhede aan wat gebruik word om energie in voeding uit te druk.           (1)

        2.4.2    Gee TWEE belangrike gebruike van Netto Energie.                                   (2)

        2.4.3    Noem TWEE doeleindes van die berekening van energiewaarde van
                 voer.                                                                             (2)

 2.5    Die voere hieronder is beskikbaar vir die boer om ŉ rantsoen vir melkkoeie in
        vroeë laktasie te formuleer:

                VOER            VERTEERBARE               VEREISTE VERTEERBARE
                             PROTEÏENWAARDE (%)            PROTEÏENWAARDE (%)
        Garsmeel                     9
        Soja-oliekoek-                                                 16
        meel                              39

        2.5.1    Bereken die verhouding waarin die twee voere hierbo gemeng moet
                 word vir die melkkoeie om die verlangde verteerbare proteïen te kry.              (4)

        2.5.2    Bereken die persentasie soja-oliekoekmeel in die mengsel. Toon ALLE
                 berekeninge.                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                  LANDBOUWETENSKAPPE                                    9

 2.6     ŉ Koei het 15 kg hooi met ŉ voginhoud van 10% ingeneem en 3 kg droë mis
         uitgeskei. Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi.             (5)

 2.7     Dui TWEE belangrike redes van voervloeibeplanning aan.                      (2)
                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE                                  (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Die tabel hieronder verteenwoordig twee boere (BOER A en BOER B) wat
     verskillende produksiestelsels beoefen:

                    BOER A                               BOER B
      ŉ Beesboer wat vee grootmaak in ŉ ŉ Melkboer met:
      gebied met:                          • Hoë bevolkingsdigtheid
      • Lae voorraadverhouding             • Hoë insette en,
      • Lae kapitaalbelegging en,          • Hoë uitset per oppervlakte-eenheid
      • Lae uitset per oppervlakte-eenheid

      3.1.1    Identifiseer uit die tabel hierbo die diereproduksiestelsel wat deur
               BOER A en BOER B verteenwoordig word.                                              (2)

      3.1.2    Motiveer die antwoord op VRAAG 3.1.1 gebaseer op die inligting wat in
               die tabel verskaf word.                                                            (2)

      3.1.3    Onderskei tussen bestaans- en kommersiële boerderystelsels.                        (2)

 3.2 Stel DRIE maatreëls voor wat ŉ boer moet tref om hittestres by beeste onder
     intensiewe produksie te verminder.                                                           (3)

 3.3 Plaasdiere het hul eie spasie rondom hulle. Hoe en wanneer ŉ hanteerder in hul
     spasie instap, beïnvloed ŉ dier se beweging.

      Identifiseer uit die diagram hieronder die deel wat elk van die volgende
      verteenwoordig:

      3.3.1   Vlugsone                                                                            (1)
      3.3.2   Blindekol                                                                           (1)
      3.3.3   Balanspunt                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       LANDBOUWETENSKAPPE                                      11

 3.4 Die foto hieronder wys ŉ vark wat met behulp van die hanteringstoerusting
     beweeg word.

        3.4.1     Identifiseer die toerusting gemerk A in die prent hierbo.                        (1)

        3.4.2     Noem DRIE redes vir die hantering van varke deur boere.                          (3)

 3.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig die bestuursinstrumente wat op ŉ
     plaas gebruik word.

        3.5.1     Noem die bestuurspraktyk waarvoor die gereedskap in DIAGRAM A en
                  DIAGRAM B gebruik word.                                                          (1)

        3.5.2     Kies ŉ instrument tussen DIAGRAM A en DIAGRAM B wat die geskikste
                  is vir die volgende:

                  (a)    Volwasse plaasdiere                                                       (1)

                  (b)    Jonger plaasdiere                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LANDBOUWETENSKAPPE                                (EC/JUNIE 2022)

 3.6 Beantwoord die volgende vrae wat op die scenario hieronder gebaseer is.

      ’n Virussiekte wat deur muskiete na skape, beeste en bokke versprei en aborsie
      en die dood van die plaasdiere veroorsaak. Mense kan ook die siekte kry as
      hulle bloed, weefsels of ander liggaamsvloeistowwe van besmette diere hanteer,
      maar dit versprei nie van persoon tot persoon nie. Dit word deur die wet vereis
      dat ŉ boer by owerhede moet aanmeld, as hy vermoed dat hy met hierdie siekte
      besmet is.

      3.6.1    Noem die siekte wat in die scenario hierbo beskryf word.                          (1)

      3.6.2    Identifiseer die volgende uit die scenario hierbo:

               (a)    Vektor                                                                     (1)

               (b)    Patogeen                                                                   (1)

      3.6.3    Onttrek uit die scenario hierbo ŉ sin wat sê dat die siekte ŉ aanmeldbare
               siekte is.                                                                        (1)

      3.6.4    Stel TWEE ekonomiese implikasies van dieresiektes vir die boer voor.              (2)

 3.7 Die skematiese voorstelling hieronder toon die lewensiklus van ŉ parasiet.

      3.7.1    Identifiseer die parasiet in die lewensiklus hierbo.                              (1)

      3.7.2    Dui die skadelikste stadium in die lewensiklus van die parasiet hierbo
               aan.                                                                              (1)

      3.7.3    Identifiseer die toestand wat wonde op die vel van wolskape veroorsaak
               as gevolg van byt deur die parasiet in VRAAG 3.7.1.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                          LANDBOUWETENSKAPPE                                  13

        3.7.4      Gee die term wat gebruik word vir die verwydering van wol rondom die
                   stert- en agterbeenareas.                                                 (1)

        3.7.5      Stel DRIE nie-chemiese bestuurspraktyke voor wat gebruik word om
                   besmetting deur die parasiet in VRAAG 3.7.1 te beheer.                    (3)

 3.8 Dui aan of elk van die volgende rolle in dieregesondheid hoofsaaklik deur die
     boer of die staat vervul word.

        (a)       In- en uitvoerverbod                                                       (1)

        (b)       Navorsing                                                                  (1)

        (c)       Sanitasie                                                                  (1)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LANDBOUWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1   Die diagramme hieronder verteenwoordig die voortplantingstelsels van ŉ koei en
      bul.

      4.1.1    Identifiseer die dele gemerk F, G en K uit DIAGRAM A en DIAGRAM B
               hierbo.                                                                  (3)

      4.1.2    Pas die funksies hieronder gelys met ŉ letter (A–K) uit DIAGRAM A en
               DIAGRAM B hierbo.

               (a)    Fisiese versperring na die baarmoeder wat slymprop tydens
                      swangerskap afskei                                                (1)

               (b)    Dien as ŉ area vir bevrugting                                     (1)

               (c)    Produseer vroulike gamete en hormone                              (1)

               (d)    Orgaan van paring by koeie                                        (1)

               (e)    Stoor spermatosoë tot volwassenheid                               (1)

               (f)    Skei ŉ melkerige, effens alkaliese slym af wat aan semen sy
                      kenmerkende reuk gee                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       LANDBOUWETENSKAPPE                                         15

 4.2 Die prent hieronder stel ŉ manlike gameet voor.

        Dui die letter van ŉ deel aan wat elk van die volgende funksies verteenwoordig:

        (a)       Dryf die spermsel vorentoe                                                     (1)

        (b)       Produksie van energie                                                          (1)

        (c)       Sentrum van alle aktiwiteite van ŉ sel                                         (1)

 4.3 Die tabel hieronder dui die eienskappe van die semen van verskillende spesies
     aan.

          Spesie         Volume (mℓ)         Spermsel               %                 %
                                            konsentrasie       beweeglikheid       Normaal
                                             (x 109/mℓ)
        Bul                   8,0                1,5                  75               95
        Ram                   1,0                3,0                  95               95
        Beer                  200               0,25                  70               90
        Hings                  80               0,15                  80               90

        4.3.1      Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ŉ gekombineerde
                   staafgrafiek te teken wat die beweeglikheid en normale persentasies van
                   verskillende spesies toon.                                                    (6)

        4.3.2      Identifiseer die spesie met die hoogste konsentrasie uit die tabel hierbo.    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            LANDBOUWETENSKAPPE                                 (EC/JUNIE 2022)

 4.4 Die lys hieronder toon stadiums van paring.

      4.4.1    Rangskik die stellings met betrekking tot stadiums van paring wat
               hieronder geïllustreer word in opeenvolgende volgorde. Skryf SLEGS
               die letters (A–D) neer.

               A      Verkry intromissie in die vagina

               B      Bul spring van die koei se kruis af en beweeg weg

               C      Bul staan op sy agterpote met bors op koei se kruis

               D      Ejakulasie van semen in die vagina                         (4 x 1)    (4)

      4.4.2    Noem die stadium van paring wat nie in VRAAG 4.4.1 hierbo gelys is
               nie.                                                                         (1)

      4.4.3    Dui die stadium tydens bronstigheidskringloop/estruskringloop aan
               wanneer ŉ koei die aksie by stadium A sal toelaat.                           (1)

      4.4.4    Noem EEN teken van ŉ koei tydens die stadium in VRAAG 4.4.3
               genoem.                                                                      (1)

 4.5 Die illustrasie hieronder verteenwoordig ŉ prosedure wat deur boere vir
     diereproduksie gebruik word.

      4.5.1    Identifiseer die diereproduksie prosedure wat hierbo geïllustreer is.        (1)

      4.5.2    Noem die plaasdier A en plaasdier B uit die illustrasie hierbo.              (2)

      4.5.3    Stel die naam van die prosesse voor wat deur C en D aangedui word.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                     LANDBOUWETENSKAPPE                                      17

4.6 Die kurwe hieronder toon produksie op ŉ melkplaas.

           Melk-opbrengs (kg)

      4.6.1                     Noem die kurwe wat deur die illustrasie hierbo voorgestel word.                  (1)

      4.6.2                     Stel die naam wat aan A op die grafiek gegee word voor.                          (1)

      4.6.3                     Noem die hormoon wat vir die volgende funksies verantwoordelik is:

                                (a)    Ontwikkeling van melkkliere en stimulering van melkproduksie              (1)

                                (b)    Stimuleer die vrystelling van melk tydens die melkproses              (1)
                                                                                                            [35]

                                                                                TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Agric Sciences QP June 2021 Afrikaans.Docx](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
