# Agricultural Sciences Grade 10 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/b3b13864-5357-4a16-852d-8dd81b0e6ddf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/b3b13864-5357-4a16-852d-8dd81b0e6ddf)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-afrikaans/9f8a6dac-d002-4d46-b17f-56176718e3ca) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 10

                       NOVEMBER 2017

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *XAGSA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
        AFDELING B.

 2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
        die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    ... voorsien vir die beheer oor die gebruik van natuurlike
                 landbouhulpbronne.

                 A     Die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond Nr. 70
                       van 1970
                 B     Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne Nr. 43
                       van 1983
                 C     Die Wet op Omheining van 1993
                 D     Die Wet op die Standaarde van Landbouprodukte Nr. 119
                       van 1970

        1.1.2    Die hoeveelheid sonbestraling wat ŉ produsent bereik is
                 onafhanklik van die …

                 A     hoogte bo seespieël.
                 B     temperatuur.
                 C     aspek van die helling.
                 D     tyd van die jaar.

        1.1.3    Kleinskaalse boerdery, wat gewoonlik deur familielede uitgevoer
                 word en gedoen word om voedsel te produseer vir slegs die
                 gesin is …

                 A     tradisionele boerdery.
                 B     kommersiële boerdery.
                 C     familieboerdery
                 D     bestaansboerdery.

        1.1.4    ŉ Groep lewende organismes wat uit soortgelyke individue
                 bestaan wat in staat is om gene uit te ruil of in te teel:

                 A     Families
                 B     Rasse
                 C     Spesie
                 D     Herkouers

        1.1.5    Styselryke voedsel wat in groot hoeveelhede geëet word is …

                 A     verwerkte voedsel.
                 B     gekookte voedsel.
                 C     vars voedsel.
                 D     stapelvoedsel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LANDBOUWETENSKAPPE V1            (EC/NOVEMBER 2017)

      1.1.6   Die toenemende vraag na voedselproduksie moet aangespreek
              word deur …

              A        verhoogde tropgrootte.
              B        die vermenigvuldigingseffek.
              C        wetenskaplike boerderymetodes.
              D        jag.

      1.1.7   ŉ Verskynsel waar die aarde se temperatuur styg as gevolg van
              die kweekhuiseffek, hoofsaaklik veroorsaak deur besoedeling,
              is …

              A        klimaat.
              B        weer.
              C        hitte.
              D        aardverwarming.

      1.1.8   Die diagram hieronder toon ŉ weidingstelsel genoem …

              A        deurlopende beweiding.
              B        wisselweiding.
              C        gemeenskaplike weiding.
              D        voorafbeweiding.

      1.1.9   Wetenskaplike kennis is baie waardevol want …

              (i)      dit is geskrewe.
              (ii)     dit is plaaslik.
              (iii)    dit is gebaseer op bewyse.
              (iv)     dit is internasionaal.

              Kies die korrekte kombinasie:

              A        (i), (ii) en (iii)
              B        (ii), (iii) en (iv)
              C        (i), (iii) en (iv)
              D        (i), (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      5

        1.1.10       Basters is deur … ontwikkel.

                     A    inteling
                     B    kruisteling
                     C    spesiekruising
                     D    uitteling                                      (10 x 2)       (20)

 1.2    Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing is
        op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
        KOLOM A. Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs
        die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.

                      KOLOM A                           KOLOM B
                     A: Inheemse ras        Kom van ander dele van die wêreld
        1.2.1
                     B: Uitheemse ras
                     A: Voedselketting      Beskikbaarheid van genoeg voedsame
        1.2.2
                     B: Voedselweb          kos en mense se toegang daartoe
                     A: Individue           Lede van ŉ bevolking
        1.2.3
                     B: Gemeenskap
                     A: Bioom               ŉ Groot streeks-ekologiese
                     B: Biosfeer            gemeenskap van plante en diere wat
        1.2.4
                                            deur die plantegroei en klimaat
                                            uitgeken word
                     A:   Herkouer          Monogastriese maag
        1.2.5
                     B:   Nie-herkouer
                                                                              (5 x 2)   (10)

 1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK.

        1.3.1        Eienskap van weiding wat dit meer aanvaarbaar maak vir vee
                     om te vreet

 .      1.3.2        Wanneer organismes binne dieselfde ekosisteem dieselfde
                     hulpbronne benut

        1.3.3        ŉ Tydperk bekend vir ŉ toename in meganisasie en nywerhede

        1.3.4        Hoenders wat spesifiek vir eierproduksie aangehou word

        1.3.5        Die proses waar wilde diere onwettig gejag word       (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
        stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
        vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1   Sekondêre landbou is die eerste vlak van landbou betrokke by
                die plant en verbouing van gewasse.

        1.4.2   Die Afrikaner is gehard, kan hitte verdra en is goed aangepas
                om gunstige veldtoestande te verdra.

        1.4.3   Begroting is geld of ware wat nodig is as ŉ inset vir intensiewe
                landbou.

        1.4.4   Water verander na die gasfase, of waterdamp, deur transpirasie.

        1.4.5   Inkomste is geld wat ŉ land van buite die land verdien.
                                                                             (5 x 1)     (5)

                                                         TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       7

 AFDELING B

 VRAAG 2: AGRO-EKOLOGIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1 Die diagram hieronder toon ŉ stikstofsiklus in ŉ ekosisteem aan.

       2.1.1    Identifiseer vanaf die grafiek die bakterieë wat die volgende omskep:

                (a)   Nitraat-ione na stikstofgas                                         (1)

                (b)   Ammonium-ione na nitriete en dan na nitrate                         (1)

                (c)   Stikstofgas na organiese verbindings wat deur lewende
                      organismes opgeneem kan word                                        (1)

       2.1.2    Stel TWEE maniere voor hoe ŉ boer die stikstofinhoud van sy grond
                kan verhoog.                                                              (2)

       2.1.3    Klassifiseer die plante wat knoppies in hul wortels het.                  (2)

 2.2 Suid-Afrikaanse organiese boere produseer ŉ wye verskeidenheid produkte.
     Hierdie sluit verskeie graankosse, groente, wortels en knolle, kruie en
     speserye, vrugte, neute en Rooibostee in. Organiese produkte wat in Suid-
     Afrika verbou word, word beide plaaslik en op die uitvoermark verkoop.

       2.2.1    Identifiseer TWEE gewasse uit die leesstuk wat deur organiese
                boere verbou word.                                                        (2)

       2.2.2    Gee DRIE boerderymetodes wat deur organiese boere gebruik
                word.                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

      2.2.3       Verduidelik, deur TWEE redes te gee, waarom organiese boerdery
                  die afgelope paar dekades so gewild geraak het.                             (2)

2.3   Die diagramme hieronder dui simbiotiese verhoudings aan wat in
      ekosisteme gevind word.

           DIAGRAM A                     DIAGRAM B                  DIAGRAM C

      2.3.1       Identifiseer die simbiotiese verhoudings geïllustreer in
                  DIAGRAMME A–C.                                                                (3)

      2.3.2       Gee TWEE ander tipes simbiotiese verhoudings wat nie deur die
                  diagramme in VRAAG 2.3 voorgestel word nie.                                   (2)

2.4   Noem DRIE voorbeelde van edafiese faktore.                                                (3)

2.5   Die volgende tabel verteenwoordig inligting rakende die fauna, flora en die
      ligging van sommige biome in Suid Afrika.

      BIOOM               FAUNA                FLORA                LIGGING
                          Bosbok, bosvark,                          Limpopo,
                          aap, voëls ens.                           KwaZulu-Natal,
              A                                        B
                                                                    Oos-Kaap, Knysna
                                                                    en Mpumalanga
      Grasveld                                 Gras en skaars
                                  C                                          D
                                               houtagtige plante
                                               Leeus, buffels,      Noord-Kaap,
                                               sebras, olifante,    Noord-Wes,
              E                   F            koedoes en           Limpopo,
                                               kameelperde          KwaZulu-Natal en
                                                                    Oos-Kaap

      2.5.1       Voltooi die tabel hierbo. Skryf slegs die antwoord langs die
                  korrekte letter (A–F) in die ANTWOORDEBOEK neer.                              (6)

      2.5.2       Noem die bioom wat blomme in groot maat produseer.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)           LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      9

 2.6 Klimaatsverandering word deur ŉ aantal faktore veroorsaak. Een van die
     faktore is veranderinge in die vlakke van kweekhuisgasse in die
     atmosfeer. Kweekhuisgasse kom natuurlik in die atmosfeer voor. Tog het
     menslike aktiwiteite, in die afgelope 250 jaar, tot ŉ toename in die vlakke
     van kweekhuisgasse in die atmosfeer gelei.

       2.6.1    Noem VIER belangrike kweekhuisgasse.                                   (4)

       2.6.2    Gee TWEE menslike aktiwiteite wat tot ŉ toename in
                kweekhuisgasse lei.                                                   (2)
                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: AGRI-INDUSTRIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Die tabel hieronder toon afgeronde syfers van die bevolking van
     Suid-Afrika vanaf 2006 tot 2016.

                      JARE                      BEVOLKING IN MILJOENE
                      2006                               49
                      2008                               50
                      2010                               51
                      2012                               52
                      2014                               54
                      2016                               56

      3.1.1    Gebruik die inligting in die tabel om ŉ staafgrafiek te teken.          (6)

      3.1.2    Wat is die uitwerking van bevolkingsgroei op die landbousektor?
               Noem DRIE faktore.                                                      (3)

 3.2 Grondhervormingsprogramme poog om grondregte te herstel.
     Grondhervorming is verdeel in grondrestitusie, grondherverdeling en
     hervorming van eiendomsreg. Gedurende die apartheidsregime is swart
     mense van hul grond onteien. Swart families kan hul grond terugeis
     indien hulle kan bewys dat die grond voorheen aan hulle behoort het.

      3.2.1    Onderskei tussen grondherverdeling en grondrestitusie.                  (4)

      3.2.2    Lei EEN funksie af van grondhervormings-programme vanuit die
               scenario.                                                               (1)

      3.2.3    Noem DRIE modelle van grondeienaarskap in Suid-Afrika.                  (3)

 3.3 Nasionale landbou-organisasies in Suid-Afrika sluit die Landbou
     Navorsingsraad (LNR), Nasionale Landbou Bemarkingsraad (NLBR) en
     die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing (RWIN) in.

      3.3.1    Definieer die onderstreepte konsep in VRAAG 3.3.                        (2)

      3.3.2    Gee DRIE doelwitte van die Landbou Navorsingsraad (LNR).                (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  11

 3.4 DIAGRAMME A en B hieronder toon inheemse plante.

                     DIAGRAM A                           DIAGRAM B
                      (PLANT A)                           (PLANT B)

       3.4.1    Identifiseer die name van die TWEE tipes inheemse plante in
                DIAGRAM A en B hierbo.                                               (2)

       3.4.2    Dui aan watter van die plante in die DIAGRAMME in
                VRAAG 3.4 die mees geskikste sal wees vir elk van die volgende
                situasies:

                (a) Skoonmaak en behandeling van wonde                               (1)

                (b) Eetlusonderdrukker                                               (1)

                (c)    Tradisionele behandeling van interne parasiete                (1)

       3.4.3    Gee DRIE voordele van inheemse boerderypraktyke.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2017)

 3.5 Verskeie wette beïnvloed landbou direk of indirek. Hulle beheer
     verskillende aspekte van die landbou-industrie en is as volg gegroepeer:

          Arbeidswette
          Grond- en grondhervormingswette
          Bemarkingswette
          Hulpbron beskermingswette
          Siektes en chemikalieë wette

      3.5.1    Kies ŉ wet uit die scenario hierbo wat by elk van die volgende
               wette onderaan pas:

               (a)    Die Nasionale Waterwet, Nr. 36 van 1998                       (1)

               (b)    Die Wet op Vleis-veiligheid, Nr. 40 van 2000                  (1)

               (c)    Die Wet op Gelyke Indiensneming, Nr. 55 van 1998              (1)

               (d)    Die Nasionale Veld-en Woudvuur Wet, Nr. 84 van 1998           (1)

               (e)    Die Gemeenskapseiendom Vereniging Wet, Nr. 28 van
                      1996                                                          (1)
                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         13

 VRAAG 4: DIERESTUDIES

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1    Die Nguni was oorspronklik ŉ suiwel- en trekras. Die liggaamsvorm van
        die Nguni toon meer ooreenkomste met suiwelrasse as met vleisrasse.
        Die koeie het lae heupe en nou hoewe soos wilde bokke. Hierdie ras is
        baie belangrik in die lewens van Afrika-mense. Die Nguni het dik
        gepigmenteerde velle, is uitstekende kossoekers en is goed aangepas
        vir die Suid-Afrikaanse omgewing. Die Nguni produseer hoë kwaliteit
        vleis met goeie marmering.

        4.1.1    Noem TWEE voordele van hierdie ras se dik gepigmenteerde
                 vel.                                                                     (2)

        4.1.2    Verduidelik die term marmering.                                          (2)

        4.1.3    Gee TWEE redes waarom hierdie ras belangrik is in die
                 kulturele lewens van die Afrika-mense.                                   (2)

        4.1.4    Identifiseer ŉ eienskap vanuit die scenario wat die Nguni in staat
                 stel om teen styl hellings en in digte bos te wei.                       (1)

 4.2    Asenathi wil intensiewe boerdery begin met braaikuikens.

        4.2.1    Noem TWEE rasse wat vir intensiewe produksie geskik sal
                 wees.                                                                    (2)

        4.2.2    Stel VIER basiese vereistes vir suksesvolle pluimvee-produksie
                 voor.                                                                    (4)

 4.3    Die bok is een van die eerste diere wat deur die mens mak gemaak is.
        Bokke is intelligent, baie nuuskierig en akrobaties. Hulle is herkouers
        wat blare en gras vreet. Bokke word gebruik vir vleis, melk, sybokhaar
        en ander byprodukte. Daar word ekstensief in die droër dele van die
        land met hulle geboer.

        4.3.1    Onderskei tussen blaarvreters en grasvreters.                            (4)

        4.3.2    Gee TWEE bok-byprodukte en hul gebruike.                                 (4)

        4.3.3    Definieer die onderstreepte term uit die leesstuk hierbo.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2017)

4.4   Wild is die naam wat aan diere gegee word wat natuurlik in die wildernis
      bly. Hulle is gewoonlik nie mak gemaak nie. Op ŉ wildsplaas word wilde
      diere beheer in ŉ omheinde area soos plase en wildplase vir toerisme,
      vleis, velle en trofeejag.

      4.4.1    Noem TWEE voorbeelde van die groot vyf diere.                            (2)

      4.4.2    Gee DRIE redes waarom wildboerdery belangrik is.                         (3)

      4.4.3    Lei EEN gebruik van wilde diere vanuit die scenario af.                  (1)

4.5   Verskillende tipes diere word hieronder geïllustreer.

                      DIER A                                  DIER B

                                        DIER C

      4.5.1    Dui met ŉ gepaste rede aan watter van die diere jy sou
               aanbeveel vir elk van die jong boere hieronder genoem.

               (a)    Amanda het ŉ plaas naby die stad en wil melk produseer
                      om kommersieel te verkoop.                                        (3)

               (b)    Sinesipho het gehoor dat daar ŉ groot behoefte aan
                      laktose-vrye melk by die kinderhospitaal naby hul plaas is,
                      en hy wil graag aan hierdie behoefte voorsien.                    (3)
                                                                                       [35]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            105
                                                             GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-grade-10-2017-afrikaans/5e537047-6b1d-46d1-aace-cecc78e7302e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/64f9d520-2ea8-43a7-996d-40c7ce83a659) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/3b99ba39-6f8f-4fe0-9719-9833285bb118) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2017-afrikaans/92765419-6241-4801-a6b0-96e6862991ba) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2017-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0d25deef-b549-439b-a0b2-be371299f111) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — QP · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
