# Agricultural Sciences Grade 10 P1 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/3b99ba39-6f8f-4fe0-9719-9833285bb118
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P1 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/3b99ba39-6f8f-4fe0-9719-9833285bb118)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/81632768-b2d0-4bcd-a1ed-2d06bcc3e125) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 10

                       NOVEMBER 2018

                  LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                 (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
        AFDELING B.

 2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
        die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    Die betrokke boerdery behels die kommersialisering van wilde
                 diere deur privaat grondeienaars:

                 A     Pluimvee-boerdery
                 B     Wild-boerdery
                 C     Vee-boerdery
                 D     Bewaringsboerdery

        1.1.2    Die aantal diere wat aan ŉ spesifieke area vir ŉ spesifieke tyd
                 toegestaan kan word:

                 A     Diereverhouding
                 B     Tropgrootte
                 C     Weidingstempo
                 D     Selektiewe beweiding

        1.1.3    Wanneer waterdamp terug na ŉ vloeistof verander:

                 A     Kondensasie
                 B     Transpirasie
                 C     Verdamping
                 D     Sublimasie

        1.1.4    Deel van die aarde waar lewende organismes voorkom,
                 insluitende die boonste deel van die grond, die waterliggame en
                 die onderste deel van die atmosfeer:

                 A     Bioom
                 B     Ekosisteem
                 C     Gemeenskap
                 D     Biosfeer

        1.1.5    Hierdie trofiese vlak bevat die meeste energie:

                 A     Eerste
                 B     Tweede
                 C     Derde
                 D     Vierde

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  LANDBOUWETENSKAPPE V1             (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.6     Die proses waardeur plaaslike ekonomieë, gemeenskappe en
                kulture deur kommunikasie, vervoer en handel geïntegreerd
                geraak het:

                A       Globale vraag
                B       Globale verwarming
                C       Globalisering
                D       Verstedeliking

      1.1.7     Die weerstoestande wat oorheersed in ŉ area, in die algemeen
                of oor ŉ lang tyd:

                A       Klimaat
                B       Weer
                C       Reën
                D       Sonlig

      1.1.8     Die wette van ŉ land, soos bepaal deur die wetmaak-sektor
                van die regering, soos die parlement:

                A       Groenskrif
                B       Witskrif
                C       Wetgewing
                D       Wetlike raamwerk

      1.1.9     Dié kombinasie is ŉ voorbeeld van inheemse beesrasse:

                (i)     Afrikaner
                (ii)    Drakensberger
                (iii)   Brahmaan
                (iv)    Bonsmara

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (iii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iv)

      1.1.10    Hierdie is voorbeelde van vleisbokrasse, behalwe …

                A       Boerbok.
                B       Saanen.
                C       Savanna.
                D       Kalahari.                                    (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       5

 1.2    Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing is
        op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
        KOLOM A. Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs
        die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                   KOLOM A                              KOLOM B
                 A: Grondhervorming       Om grond terug te gee aan mense wat
        1.2.1
                 B: Grondrestitusie       daarvan verwyder is
                 A: Staatsgrond           Privaat grondeienaarskap
        1.2.2    B: Gemeenskaplike
                     grond
                 A: El Niño               See-oppervlaktemperature in die
        1.2.3    B: La Niña               ekwatoriale Stille Oseaan raak koeler
                                          as gewoonlik
                 A:   Groot wit           Voorbeelde van spekrasse
        1.2.4
                 B:   Landras
                 A:   Vee                 Biotiese faktore
        1.2.5
                 B:   Plantegroei
                                                                           (5 x 2)    (10)

 1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK.

        1.3.1    Die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ŉ jaar deur
                 ŉ land vervaardig word

 .      1.3.2    Die proses wat die opbring van kos vanaf die maag terug na die
                 mond behels, sodat dit herkou en weer gesluk kan word

        1.3.3    Maatstaf van ŉ dier se doeltreffendheid om voedselmassa na
                 liggaamsmassa om te skakel

        1.3.4    Rasse wat hoofsaaklik vir wol, vleis of beide aangehou word

        1.3.5    ŉ Diagram wat die trofiese vlakke in ŉ ekosisteem toon    (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
        stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
        vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1   Die verskeidenheid lewe op aarde of in ŉ spesifieke habitat of
                ekosisteem word die biosfeer genoem.

        1.4.2   Inkomste is die rykdom en hulpbronne van ŉ land of streek,
                veral in terme van produksie en verbruik van goedere en
                dienste.

        1.4.3   Die vorm van grondeienaarskap waar mense, groepe of privaat
                maatskappye ŉ stuk grond besit staan as ŉ huurkontrak bekend.

        1.4.4   Die nasionale Waterwet, Wet nr. 36 van 1998, is ŉ voorbeeld
                van grondwet.

        1.4.5   Blaarvreters is diere wat gras en ander lae plantegroei vreet.
                                                                           (5 x 1)     (5)

                                                         TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        7

 AFDELING B

 VRAAG 2: LANDBOU-EKOLOGIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1 Bestudeer die diagram onderaan en beantwoord die vrae wat volg.

       2.1.1    Voorsien ŉ geskikte opskrif vir die diagram in VRAAG 2.1.                  (1)

       2.1.2    Dui ŉ LETTER aan wat die volgende voorstel:

                (a)   Primêre verbruikers                                                  (1)

                (b)   Roofdiere                                                            (1)

       2.1.3    Beskryf kortliks wat die veranderinge in die ekosisteem sal wees
                indien organisme C verwyder word.                                          (2)

       2.1.4    Noem enige TWEE biotiese faktore vanuit die diagram in
                VRAAG 2.1.                                                                 (2)

 2.2 Bosbiome is die kleinste bioom in Suid-Afrika en dek slegs 0,37% van die
     land. Suid-Afrika het slegs gematigde bos. Hulle is die Knysna-bos, die
     Tsitsikama-bos en dié in Kwazulu-Natal. Die oorblywende woudoppervlakte
     in Suid-Afrika staan voor ŉ reeks algemene bedreigings soos boerdery
     (skoonmaak van bosse) en verspreiding van indringerspesies.

       2.2.1    Identifiseer EEN bedreiging vir die woudbioom vanuit die scenario in
                VRAAG 2.2.                                                                 (1)

       2.2.2    Stel TWEE ander bedreigings voor wat nie in die scenario in
                VRAAG 2.2 genoem word nie.                                                 (2)

       2.2.3    Gee TWEE redes waarom die woudbioom in landbou belangrik is.               (2)

       2.2.4    Gee DRIE ander biome in Suid-Afrika.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

2.3   Die skematiese voorstelling hieronder illustreer ŉ voedingstofsiklus.

      2.3.1     Identifiseer die tipe voedingstofsiklus in die diagram in VRAAG 2.3.         (1)

      2.3.2     Noem die hoofbron van koolstof.                                              (1)

      2.3.3     Voorsien byskrifte vir die prosesse genommer 1 en 6.                         (2)

      2.3.4     Lei DRIE maniere af hoe koolstofdioksied terugkeer na die
                atmosfeer.                                                                   (3)

2.4   Bestudeer die illustrasies van twee boere se veldbestuurpraktyke en
      beantwoord die vrae wat volg.

                       BOER A                                BOER B

      2.4.1   Identifiseer die weidingstelsel deur BOER A en BOER B voorgestel.              (2)

      2.4.2   Dui die plaas aan met die minimum bestuursinsette.                             (1)

      2.4.3   Lei af watter plaas die laagste dierelading het. Motiveer jou
              antwoord.                                                                      (2)

      2.4.4   Gee DRIE praktyke wat tot swak veldtoestande lei.                              (3)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                          9

 2.5 Die aarde se gemiddelde temperatuur het reeds sedert 1906 met
     ongeveer 0,74 °C gestyg. Wetenskaplikes voorspel dat dit vir die
     volgende twee dekades met 0,2 °C elke dekade sal bly styg. Daarna sal
     aardverwarming afhang van die hoeveelheid kweekhuisgasse wat ons
     voortgaan om vry te stel. Toenemende temperature word voorspel wat
     stygings in seevlakke, meer uiterste weersomstandighede en
     veranderinge in ekosisteme kan veroorsaak.

       2.5.1    Verduidelik die onderstreepte term in die leesstuk hierbo.                  (2)

       2.5.2    Identifiseer TWEE nadele van klimaatsveranderinge uit die
                bostaande leesstuk.                                                         (2)

       2.5.3    Gee enige landbou-voorsorgmaatreëls wat boere moet neem om
                die impak van klimaatsverandering te verminder.                            (1)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 3: LANDBOUBEDRYF

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die onderstaande diagram illustreer die klassifikasie en benuttingspatrone
    van voedselprodukte in Suid-Afrika.

                   A                        B                        C

     3.1.1   Klassifiseer die voedsel in die diagram A, B, en C, volgens
             benuttingspatrone.                                                       (3)

     3.1.2   Gee DRIE voordele van die tipe voedsel genommer C.                       (3)

     3.1.3   Dui die letter aan wat die beste pas by die volgende beskrywings:

             (a)       Gewoonlik nie te duur nie                                      (1)

             (b)       Rou vars produkte word verwerk na ŉ vorm wat deur mens
                       en dier verbruik kan word                                      (1)

             (c)       Voedsel wat boere oes en dan net so verkoop                    (1)

             (d)       Voorsien aan die meeste energie-vereistes                      (1)

3.2 Suid-Afrika is ryk aan inheemse plante. Baie van hierdie plante het
    tradisionele medisinale waarde en kan ook gebruik word om vee te
    behandel. Volhoubare boere maak gebruik van hierdie plante as middels
    om diere te behandel, omdat hulle goedkoop en maklik is om te versamel.
    Ongelukkig kan baie van hierdie plante uitsterf as hulle nie op ŉ
    volhoubare wyse gebruik word nie. Met ŉ toename in die vraag na hierdie
    inheemse plante, moet beskermende maatreëls ingestel word.

     Die peulvormende kruie genaamd Sutherlandia frutescens (kankerbos)
     word ook welbekend as die ‘Vigsbos’. Hierdie bos is histories deur die
     Nama en Khoi gebruik om room van poeiersmere te maak om infeksies te
     genees. Dit word reeds honderde jare gebruik om kanker te behandel, en
     word toegedien deur ŉ tee-aftreksel uit die blare te maak. Met onlangse
     tegnologiese vooruitgang word die poeierblare nou in apteke in pilvorm
     verkoop.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       11

       3.2.1     Identifiseer DRIE verskillende vorme waarin die kankerbos
                 gebruik kan word.                                                      (3)

       3.2.2     Benoem die streek waar die plant natuurlik voorkom volgens
                 die inligting wat in die scenario in VRAAG 3.2 gegee is.               (2)

       3.2.3     Lei die gemeenskaplike groente af wat familie is van die plant.        (1)

       3.2.4     Gee TWEE kenmerke van inheemse kennis.                                 (2)

       3.2.5     Dink jy die bos het ŉ ekonomiese waarde? Gee ŉ rede vir jou
                 antwoord.                                                              (2)

 3.3 Die WNNR is in 1945 gestig. Dit is een van die voorste wetenskaplike en
     tegnologienavorsings-, ontwikkelings- en implementerings-organisasies
     in Afrika en word in die parlement verteenwoordig deur die Minister van
     Wetenskap en Tegnologie. Dit streef daarna om wetenskaplike
     oplossings te bied aan die uitdagende omgewings- en natuurlike
     hulpbronkwessies wat tans en in die toekoms die bevolking in die gesig
     staar. Dit verbeter ook mededinging in die globale mark.

       3.3.1     Gee die volle naam van die onderstreepte afkorting.                    (1)

       3.3.2     Identifiseer TWEE doelwitte van die WNNR uit die bostaande
                 leesstuk.                                                              (2)

       3.3.3     Verskaf DRIE voordele van nasionaal erkende landbou-
                 organisasies vir individuele boere.                                    (3)

 3.4 Gemeenskaplik is grond in die voorheen genoemde ‘inheemse
     reserwes’ en beslaan sowat 17% van die totale boerderygebied in
     Afrika. Die grond is nie in besit van enige individu nie, maar word eerder
     deur ŉ uitgebreide familie- of dorpsgemeenskap besit.

       3.4.1     Stel TWEE gebruike voor vir gemeenskaplike grond.                      (2)

       3.4.2     Gee DRIE probleme wat met gemeenskaplike grond
                 geassosieer kan word.                                                  (3)

       3.4.3     Onderskei tussen staatsgrond en privaat grondeienaarskap.              (4)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4: DIERESTUDIES

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1    Die onderstaande diagram toon iets aan van die ekonomiese
        belangrikheid van mak diere.

        4.1.1   Dui DRIE voorbeelde aan van die ekonomiese belangrikheid van
                diere vanuit die skets in VRAAG 4.1.                                  (3)

        4.1.2   Meld TWEE voorbeelde van die tradisionele belangrikheid van
                beeste in Suid-Afrika wat NIE in die skets getoon word NIE.           (2)

 4.2    Skaaprasse kan geklassifiseer word volgens hulle benutting of gebruike
        deur die boer of verbruiker.

        4.2.1   Klassifiseer die volgende skaaprasse volgens vleis-, pels- en
                wolrasse:

                (a)    Karakoel                                                       (1)

                (b)    Merino                                                         (1)

                (c)    Dorper                                                         (1)

        4.2.2   Tabuleer DRIE verskille tussen wol en bokhaar.                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       13

4.3   Verskaf die korrekte term vir die dierspesies in die onderstaande tabel.
      Skryf die vraagnommer en antwoord in jou ANTWOORDEBOEK neer.

      Spesie         Volwasse Gekastreerde       Volwasse          Jong      Jonk
                      manlik    manlik            vroulik         vroulik
      Bees                       4.3.1                             4.3.2
      Skaap                                           4.3.3
      Hoeder                         4.3.4
      Vark                                                                   4.3.5
      Bok              4.3.6
                                                                             (6 x 1)      (6)

4.4   ŉ Muil is die nageslag van ŉ kruising van twee spesies.

      4.4.1     Gee die TWEE ouers van ŉ muil.                                            (2)

      4.4.2     Gee DRIE hoofeienskappe van ŉ muil.                                       (3)

4.5   Die volgende tabel wys die gemiddelde melkproduksie van melkrasse.

                                 Melk (𝓵)                       Bottervet (%)
      Melkras
                        2000      2004       2008        2000       2004      2008
      Friesland         9 200     8 700      12 400      7,16       6,80     5,90
      Jersey            7 800     7 500      7 900       9,45       9,10     8,75
      Bruin Swiss       8 100     8 100      9 800       8,85       6,29     6,29
      Simmentaler       8 400     8 400      8 888       7,38       6,51     8,55

      4.5.1     Teken ŉ kolomgrafiek wat die gemiddelde melkproduksie van
                melkrasse in 2008 toon.                                                   (6)

      4.5.2     Identifiseer die melkras wat die tweede hoogste volume melk
                produseer oor die drie produksieseisoene.                                 (1)

      4.5.3     Dui die melkras wat die hoogste produksie melk, maar die
                laagste persentasie bottervet het, aan.                                   (1)

      4.5.4     Noem die ras wat jy sou voorstel om room vir ŉ botterfabriek te
                vervaardig. Motiveer jou antwoord.                                        (2)
                                                                                         [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                  GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/ce5c1034-4dce-4caa-b868-3d33b7d0028d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/86b68103-6499-4630-b236-a8ab6eef4789) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/b3b13864-5357-4a16-852d-8dd81b0e6ddf) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/f781edfd-29fc-411e-aec4-880948617232) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/9bbc8217-088f-4bad-be3a-060a0d69aa7b) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — QP · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
