# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d2b9241c-0459-4529-894b-3311b2275b59
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d2b9241c-0459-4529-894b-3311b2275b59)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-memo-nov2020-afrikaans/79d52bf8-a885-4e19-a1ce-123ca2ca92aa) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2020

                 LANDBOUWETENSKAPPE V1
                      (EKSEMPLAAR)

PUNT:   150

TYD:    2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 2.    Begin elke vraag op ‘n NUWE bladsy.

 3.    Lees ALLE vrae korrek en antwoord net wat gevra word.

 4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

 5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.    Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                           3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae voorsien.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Die sub-atomiese deeltjie van ŉ atoom wat nie positief of negatief is nie,
                is ŉ ...

                A       elektron.
                B       isotoop.
                C       neutron.
                D       proton.

       1.1.2    ŉ Propaan is ŉ alkaan wat bestaan uit … -atome.

                A       2 koolstof en 5 waterstof
                B       4 koolstof en 10 waterstof
                C       1 koolstof en 4 waterstof
                D       3 koolstof en 8 waterstof

       1.1.3    Die volgende is eienskappe van ŉ koolstofatoom.

                (i)     Is algemeen in die kos en vesel wat ons produseer.
                (ii)    Kan met dit self bind om lang kettings te vorm.
                (iii)   Het ses valens elektrone.
                (iv)    Gevind in meeste insekdoders wat in boerdery gebruik word.

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (iii), en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

       1.1.4    Grondtekstuur met ŉ deursnit van 10,00 – 2,00 mm het …

                A       hoë deurlaatbaarheid en lae plastisiteit.
                B       lae dreinering en belugting.
                C       lae deurlaatbaarheid en hoë plastisiteit.
                D       hoë graad van platisiteit en hoë kohesie.

       1.1.5    Die volgende is NIE ŉ faktor wat die ontwikkeling van grondstruktuur
                beïnvloed NIE.

                A       Teenwoordigheid van organiese materiaal
                B       Aktiwiteit van erdwurms
                C       Onveranderde grondvogtoestande.
                D       Hoë klei-inhoud.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.6    Die gevlekte voorkoms in grond is ŉ aanduiding van die volgende:

                (i)     Die reduksie van rooi ferriese yster na blou-grys ferriese yster.
                (ii)    Baie vlekke in die ondergrond.
                (iii)   Kolle roes, geel en grys kleure.
                (iv)    Versuiping vir ŉ deel van die dag.

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (iii), en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

       1.1.7    Die beweging van ŉ vloeistof in klein spasies teen gravitasie word
                veroorsaak deur … -kragte.

                A       kohesie en adhesie
                B       kohesie en gravitasie
                C       versadigheid en perkolasie
                D       infiltrasie en adhesie

       1.1.8    ŉ Gat in die grond gegrawe om die horisonne te toon is ŉ ...

                A       horizongat.
                B       profielgat.
                C       putgat.
                D       horisonput.

       1.1.9    ŉ Unieke vertikale suksessie van diagnostiese horisonne.

                A       Grondreeks
                B       Grondklassifikasie
                C       Grondprofiel
                D       Grondvorm

       1.1.10 Die omsetting van voedingstowwe vanaf ŉ organiese vorm na ŉ
              anorganiese vorm tydens ontbinding.

                A       Ammonifikasie
                B       Mineralisasie
                C       Immobilisasie
                D       Oplosbaarheid                                            (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     5

 1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
     A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
     slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
     (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                     KOLOM A                               KOLOM B
       1.2.1 A:      Komplekse proteïene    ŉ Proteïen wat na dit gehidroliseer is
             B:      Eenvoudige proteïene   slegs na aminosure opbreek
       1.2.2 A:      Etanol                 Alkohol wat vorm as gevolg van
             B:      Metanol                fermentasie deur mikro-organismes
       1.2.3 A:      Swart kleur            Teenwoordigheid van limoliet
             B:      Ligte kleur
       1.2.4 A:      Evapokappilariteit     Verlies van water deur die huidmondjies
             B:      Evapotranspirasie      van plante.
       1.2.5 A:      Gley-toestande         G-horison
             B:      Tekens van reduksie
                                                                                  (5 x 2)   (10)

 1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.

       1.3.1 Die algemene naam van elemente op die periodieke-tabel wat slegs een
             elektron kort om ŉ vol buite-orbitaal te vul

       1.3.2 Die struktuur waar die buitenste elektron(e) van ŉ atoom met kolle en
             kruise voorgestel word

       1.3.3 ŉ Tekstuur waar sand, klei en slik in gunstige hoeveelhede voorkom

       1.3.4 Die gas wat oksidasie verminder deur suurstof te verdun

       1.3.5 ŉ Baie klein negatief gelaaide deeltjie wat in water kan oplos       (5 x 2)   (10)

 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in ELK van die volgende stellings
     om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.4.1 ŉ Anioon vorm waneer ŉ atoom een of meer elektrone verloor.

       1.4.2 Kapillêre vog word as ŉ dun lagie deur adhesiekragte styf teenaan
             gronddeeltjies gehou.

       1.4.3 Neutrale grond word deur aluminium en waterstof oorheers.

       1.4.4 Rhizobium is die fungi wat in simbiose met plantwortels is en dit help om
             meer fosfor te absorbeer.

       1.4.5 Eluviasie is die proses waar materiaal van ŉ A-horison na ŉ B-horison
             verplaas word.                                                   (5 x 1)         (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE

 Begin hierdie vraag op ’n NUWE bladsy.

 2.1 Die diagram hieronder toon die struktuurformule van verskeie verbindings.

           STRUKTUUR A                              STRUKTUUR B

                   H      H     H      H                    H

          H        C     C      C     C      H       H      N

                   H     H      H     H                     H

         STRUKTUUR C                                     STRUKTUUR D

              H         O
                                                    O           C           O
                        H

          STRUKTUUR E

      2.1.1       Klassifiseer die verbindings voorgestel deur struktuur A en B in twee
                  kategorieë.                                                                (2)

      2.1.2       Gee ŉ rede vir jou antwoord by VRAAG 2.1.1 gebaseer op hul strukture.      (2)

      2.1.3       Die strukture genommer A en E het dieselfde molekulêre formule, maar
                  verskillende strukture. Gee die naam van sulke verbindings.                (1)

      2.1.4       Skryf die chemiese formule van die verbinding voorgestel deur
                  struktuur A.                                                               (2)

      2.1.5       Identifiseer die letter van die verbinding verantwoordelik vir die
                  volgende:

                  (a)   Katalisator in baie chemiese reaksies
                  (b)   Word as ŉ skoonmaakmiddel gebruik                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                          7

 2.2 Analiseer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae daaroor.

                                            MMaterie

               Elemente                           A                        Mengsels

    Waterstof             Suurstof       Water        Tafelsout          B                  C
                                                                      Bv. sout en         Bv. sout
                                                                      water               en slik

       2.2.1    Identifiseer die stowwe genommer A, B en C.                                         (3)

       2.2.2    Verduidelik die verskil tussen ŉ element en ŉ stof in A.                            (2)

       2.2.3    Onderskei tussen mengsels B en C.                                                   (2)

 2.3 Die strukture onderaan toon die binding van koolstofatome in vetsure:

                VETSUUR A                                  VETSUUR B

           C    C     C     C   C    C     C               C      C    C    C        C

       2.3.1    Identifiseer die tipe vetsuur genommer A en B.                                      (2)

       2.3.2    Dui die letter van die vetsuur aan wat by elk van die beskrywings
                onderaan pas:

                (a)   Kom van plante af                                                             (1)
                (b)   Vastestof by kamertemperatuur                                                 (1)
                (c)   Het ŉ hoë smeltpunt                                                           (1)
                (d)   Vloeistof by kamertemperatuur                                                 (1)

       2.3.3    Noem TWEE redes waarom vette belangrik in lewende organismes is.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

8                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4 Hieronder is stowwe met verskillende pH-waardes:

          Bakpoeier
          Lemoensap
          Melk
          Batterysuur

      2.4.1 Dui aan of elk van die stowwe hierbo neutraal, suur, sterk suur, basies of
            sterk basies is. Skryf die stof en die pH-aanwyser.                            (4)

      2.4.2 Dui die stof in VRAAG 2.4 aan wat ŉ hoë konsentrasie van die volgende
            het:

              (a)    Hidroksiedioon                                                        (1)
              (b)    Waterstofioon                                                         (1)

 2.5 Die struktuurformule hieronder verteenwoordig monosakkariedes.

                STRUKTUUR A                             STRUKTUUR B

      2.5.1 Benoem struktuur A en struktuur B.                                             (2)

      2.5.2 Dui die verbinding aan wat vorm wanneer struktuur A en B bind.                 (1)

      2.5.3 Gee TWEE elemente wat die basiese samestelling van alle koolhidrate
            is.                                                                            (2)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   9

 VRAAG 3: GRONDKUNDE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Die illustrasies onderaan stel grondmonsters voor met verskillende groottes
     grondpartikels en massadigtheid.

        GRONDMONSTER A                           GRONDMONSTER B
       Massadigtheid: 1,4 g/cm3                 Massadigtheid: 3,2 g/cm3     Sleutel
                                                                           0,001 mm
                                                                           1,0 mm

       3.1.1    Identifiseer die grondmonster wat by elk van die eienskappe hieronder
                pas:

                (a)      Moeilik om te bewerk
                (b)      Lae vermoë om vog en voedingstowwe te behou
                (c)      Hoë katioon uitruilkapasiteit
                (d)      Verweer maklik                                                         (4)

       3.1.2    Gee kommentaar oor die porieruimtes van grondmonster B deur na die
                massadigtheid te verwys.                                                        (2)

 3.2 Die illustrasie onderaan toon verskillende grondstrukture gebaseer op hul vorm.

                     A                      B                              C

       3.2.1    Identifiseer die grondstrukture genommer A, B en C.                             (3)

       3.2.2    Dui die letter aan wat die struktuur toon wat:

                (a) Algemeen in kleipanne voorkom                                               (1)
                (b) Geskik vir gewasproduksie is                                                (1)

       3.2.3    Noem TWEE wanpraktyke deur boere wat tot die vernietiging van die
                grondstruktuur kan lei.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 3.3 Analiseer die illustrasie van grondwater hieronder en beantwoord die vrae wat
     volg.

      3.3.1    Noem die toepaslike term wat na die illustrasie genommer A en B
               verwys.                                                                     (2)

      3.3.2    Regverdig met ŉ rede jou antwoord tot VRAAG 3.3.1.                          (2)

      3.3.3    Verduidelik die plantrespons wanneer dit in grond gegroei word soos in
               illustrasie B en C.                                                         (2)

      3.3.4    Onderskei tussen tydelike- en permanente-verwelkingspunt.                   (2)

 3.4 ŉ Grondkleur is belangrik in landbou want dit dui die spesifieke eienskappe en
     toestande van die grond aan.

      3.4.1    Onderskei tussen homogene en nie-homogene grondkleur.                       (2)

      3.4.2    Noem TWEE faktore wat die kleur van grond bepaal.                           (2)

 3.5 ŉ Grondkundige het ŉ ondersoek gedoen om die invloed van grondgas op plante
     te toets.

      EKSPERIMENT Nr.                 Nr. 1                         Nr. 2
      Toestande waar-        Geplante sade in grond     Sade geplant in grond met
      onder sade in grond    en grond word versuip      goed    verrotte   organiese
      geplant word           gehou                      materiaal en net nat gemaak
                                                        wanneer nodig
      UITSLAE                Geen groei plaasgevind           Weelderige groei

      3.5.1    Dui die gas aan wat afwesig in eksperiment Nr.1 is.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  11

       3.5.2    Verduidelik die rol wat die gas genoem in VRAAG 3.5.1 kon gespeel het
                indien dit nie gebrekkig was nie.                                            (1)

       3.5.3    Noem die gas wat volop is in grond as gevolg van die aktiwiteit soos in
                eksperiment Nr. 2.                                                           (1)

       3.5.4    Verduidelik die rede vir die hoë hoeveelheid gas genoem in
                VRAAG 3.5.3.                                                                 (2)

 3.6 Die diagram hieronder toon die oriëntasie van die land as ŉ faktor wat
     grondtemperatuur beïnvloed.

       3.6.1    Dui die letter aan wat die grond voorstel waar die volgende plaasvind:

                (a)   Verhoogde saadontkieming en ontkiemingspersentasie                     (1)
                (b)   Vertraag mikrobiese aktiwiteit                                         (1)
                (c)   Vinniger chemiese reaksies                                             (1)

       3..6.2   Gee TWEE metodes wat die boer kan toepas om grondtemperatuur te
                manipuleer.                                                                 (2)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: GRONDKUNDE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1 Die diagram hieronder toon horisontale lae van ŉ grond.

      4.1.1    Skets die profiel van die grond met die horisontale lae soos in die
               diagram hierbo.                                                               (2)

      4.1.2    Dui die horison aan wat sigbaar sal wees indien die grond hierbo aan
               die volgende blootgestel word:

               (a)   Hoë graad van loging                                                    (1)
               (b)   Baie nat toestande                                                      (1)

      4.1.3    Noem TWEE diagnostiese horisonne van die horison gemerk D.                    (2)

 4.2 Grondklassifikasie is die metode wat deur grondkundiges gebruik word om
     grond in verskillende klasse te verdeel volgens hul besonderse eienskappe.

      4.2.1    Stel DRIE redes waarom klassifiksaie van grond belangrik vir landbou
               is.                                                                           (3)

      4.2.2    Noem die stelsel wat in Suid-Afrika gebruik word om grond te
               klassifiseer.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                      LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  13

 4.3 Die tabel hieronder toon die pH-waardes en molibdeen-beskikbaarheid van
     grond.

                              GROND pH             BESKIKBAARHEID
                                                  VAN MOLIBDEEN (g)
                                    2                     0
                                    4                     1
                                    6                     3
                                    8                     4
                                   10                     8
                                   12                    14

       4.3.1    Gee die inligting hierbo in die tabel in die vorm van ŉ lyngrafiek.             (6)

       4.3.2    Lei die invloed van suurheid en alkaliniteit op die beskikbaarheid van
                molibdeen af.                                                                   (2)

       4.3.3    Dui die maatreëls aan wat ŉ boer kan volg om die volgende probleme
                op te los:

                (a)    Verminderde beskikbaarheid van molibdeen in grond met ŉ
                       pH tussen 2 en 4                                                         (1)
                (b)    Giftige hoeveelhede molibdeen in grond met ŉ pH van 14                   (1)

 4.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon katione in grondoplossing en
     grondkolloïede.

                                                    A

                                                                      B

       4.4.1    Lei die term af wat van toepassing is op die proses wat A en B
                genommer is.                                                                    (2)

       4.4.2    Noem ŉ rede vir die proses in VRAAG 4.4.1 B.                                    (1)

       4.4.3    Dui die waterstofkatioon aan vanuit die voorstelling hierbo, wat ŉ
                invloed op plante kan hê.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

      4.4.4    Noem TWEE tipes kolloïede waarin die prosesse genoem in
               VRAAG 4.4.1 plaasvind.                                                     (2)

      4.4.5    Onderskei tussen natriumgrond en soutgrond met verwysing na die
               oorheersende soute.                                                        (2)

 4.5 ŉ Groep jong boere wat in organiese boerdery belangstel het ŉ skenking wurms
     ontvang om te gebruik wanneer hulle bemestingstowwe maak.

      4.5.1    Klassifiseer die wurms in groepe van grondorganismes.                      (1)

      4.5.2    Stel TWEE toestande wat die groep moet skep vir die oorlewing van
               hierdie wurms.                                                             (2)

      4.5.3    Verduidelik hoe hierdie wurms die boere kan help.                          (2)

 4.6 Noem die voedingstofsiklus wat die volgende in plante sal verhoog:

      (a)     Proteïen-inhoud                                                            (1)
      (b)     Koolhidraat-inhoud                                                         (1)
                                                                                        [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/6d4ed462-1468-45e2-bf3f-d4187dcb3289) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/10c36ada-93d2-4204-92ee-2ba7816c1eff) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/264dc1eb-7c35-4f73-91ef-7086aaa88ec6) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov2020-afr-d/48921857-9f79-4281-92b1-0cbd1f74a1d4) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov2020-eng-d/335028e9-3c0f-4100-8ca5-040d0c776af6) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
