# Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                *AGRSA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

 2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik is.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

 7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.11 A.

       1.1.1      Die komponent van verteringsap wat bakterieë vernietig wat ingesluk
                  word saam met kos is …

                  A     pankreassap.
                  B     gal.
                  C     soutsuur.
                  D     succus entericus.

       1.1.2      Die wateroplosbare vitamien wat ongekoördineerde bewegings van
                  varke se agterbene as gevolg van ŉ gebrek veroorsaak is …

                  A     riboflavien.
                  B     kobalamien.
                  C     piridoksien.
                  D     tiamien.

       1.1.3      Die addisionele hoeveelheid voer wat aan hoenders gegee word om
                  meer eiers te produseer is ŉ … rantsoen.

                  A     aanvullings
                  B     verteerbare
                  C     onderhoud
                  D     produksie

       1.1.4      Bruto energie is die hoeveelheid energie vrygestel as hitte na voer
                  heeltemal verbrand is tot ...

                  A     koolstofdioksied, mis en water.
                  B     koolstofdioksied, metaan en water.
                  C     water, uriensuur en uriene.
                  D     koolstofdioksied, water en hitte.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.5     Die volgende gebeur in ŉ ekstensiewe produksiestelsel.

                (i)     Meer diere word op ŉ klein area land aangehou.
                (ii)    Klem is op oorlewing eerder as produktiwiteit.
                (iii)   Lae insette en menslike inmenging.
                (iv)    Min diere en hulle wei vry op groot area.

                A       (i), (iii) en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iii)
                D       (i), (ii) en (iv)

      1.1.6     Die volgende stelling is NIE die effek van verkeerde hantering van
                plaasdiere NIE.

                A       Diere sal bang wees om genader te word.
                B       Diere raak geïrriteerd gedurende hantering.
                C       Diere sal baie moeiliker wees om te hanteer.
                D       Hulle raak mak wanneer hanteer word.

      1.1.7     Soönotiese siektes wat van diere na mense oorgedra kan word.

                A       Miltsiekte en hondsdolheid
                B       Hipokalsemie en polineuritis
                C       Tuberkulose en hartswater
                D       Omlope en lamsiek

      1.1.8     Die parasiet in die spysverteringskanaal van ŉ dier wat verantwoordelik
                is vir anemie is …

                A       myt.
                B       brommers.
                C       rondewurm.
                D       neuswurm.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    5

       1.1.9      Die volgende vind plaas gedurende die laktasie van koeie.

                  (i)      Wanneer melk produksie ŉ piek bereik, is die bottervetinhoud op
                           sy laagste.
                  (ii)    Indien ŉ koei meer veselagtige voer inkry, sal die melk ŉ laer
                          vetinhoud hê.
                  (iii)   Hoe meer konsentrate in ŉ voer, hoe laer is die vetinhoud van die
                          melk.
                  (iv)    Wanneer melkproduksie afneem, bereik die bottervetinhoud sy
                          piek.

                  Kies die korrekte kombinasie:

                  A       (i), (iii) en (iv)
                  B       (ii), (iii) en (iv)
                  C       (i), (ii) en (iii)
                  D       (i), (ii) en (iv)

       1.1.10     Die stadium van paring wat hieronder geillustreer word, vertoon ...

                  A       flehmen reaksie.
                  B       paringsgedrag.
                  C       afklimgedrag.
                  D       ejakulasie-proses.                                        (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
     SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
     KOLOM A. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs
     die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.2.6 SLEGS B.

                 KOLOM A                                  KOLOM B
               A  Eruktasie                Die vrylaat van gasse wat gedurende
      1.2.1    B  Windopbreking            mikrobiale fermentasie in die rumen
                                           gevorm het
               A      Passiewe vervoer     Die beweging van glukose molekules en
      1.2.2    B      Aktiewe vervoer      aminosure oor ŉ membraan teen die
                                           konsentrasiegradient
               A      Houkraal             Area waar diere vir ŉ kort tyd aangehou
      1.2.3
               B      Houskuur             word voor hantering
               A      Rooiwater
      1.2.4                                Oorgedra deur ŉ enkelgasheer bosluis
               B      Koksidiose
      1.2.5    A      Embrio-oordrag       Oordrag van die nukleus van ŉ
               B      Kloning              liggaamsel na ŉ eiersel sonder ŉ
                                           nukleus wat lei tot ŉ embrio
                                                                               (5 x 2)     (10)

 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDE-
     BOEK.

      1.3.1    ŉ Maatstaf van meer oplosbare koolhidrate soos stysel en suiker in
               ŉ droë materiaal voer

      1.3.2    Voorsorgmaatreëls waar diere in isolasie gehou word voor hul met
               ander diere gemeng word, om die voorkoms van siektes te bespeur

      1.3.3    Hitte waarnemingstoestel wat onder die onderkaak van die koeie
               wat dek vasgemaak word en ŉ streep op die rug van die koei
               waarby opgeklim is los

      1.3.4    Die periode by koeie vanaf bevrugting tot geboorte waartydens die
               fetus ontwikkel

      1.3.5    Steriele verskalf wat as ŉ nie-identiese tweeling van ŉ bulkalf gebore
               word
                                                                               (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         7

1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
       om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
       (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.4.1      Volledige proteïene voorsien ŉ perfekte mengsel van al die aminosure
                  in die korrekte hoeveelhede en verhoudings.

       1.4.2      Vryloopstelsel is ŉ stelsel waar voëls in klein draadhokke gehou word
                  om eiers te lê vir die hele produksie-tydperk.

       1.4.3      Vas deferens is ŉ spierbuis wat as ŉ gemeenskaplike kanaal dien vir
                  die ekskresie van beide semen en urine.

       1.4.4      Embrio oordrag is die verwydering van ŉ lewensvatbare embrio vanaf
                  die uterus van die skenker.

       1.4.5      Posterior aanbieding is wanneer die fetus op sy maag lê met sy
                  voorpote en neus uitgestrek na die heupbeen en kop wat op sy
                  voorpote rus.
                                                                                   (5 x 1)     (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1   Die diagram onderaan toon die spysverteringskanaal van ŉ plaasdier.

      2.1.1     Identifiseer die tipe plaasdier wat ŉ spysverteringskanaal het wat in die
                diagram hierbo getoon word.                                                       (1)

      2.1.2     Gee TWEE redes wat sigbaar is vanuit die diagram om jou antwoord
                by VRAAG 2.1.1 te staaf.                                                          (2)

      2.1.3     Identifiseer die letter van die deel waar die volgende plaasvind:

                (a)    Afskeiding van dermsap                                                     (1)

                (b)    Afskeiding van succus entericus                                            (1)

                (c)    Maal van kos                                                               (1)

      2.1.4     Noem TWEE aanpassingsfunksies van die deel wat D genommer is
                wat dit help om sy funksie te verrig.                                             (2)

      2.1.5     Toon die tipe voer wat die mees geskikste vir die spysverteringstelsel
                van die dier hierbo is.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                           9

2.2    Die tabel onderaan toon die voedingstof inligting van verskeie voere aan.

       Nr.                Voer                 Verteerbare        Ru-vesel          ME
                                                proteïene         (RV) (%)        (MJ/kg)
                                                 (VP) (%)

       A       Lusernhooi                           14               30               8
       B       Sojaboon olie-koekmeel               38               8                17
       C       Mieliemeel                            9               2                12
       D       Sorghum stingels                      4               40               6

       2.2.1      Klassifiseer voere A, B, C en D uit die tabel boaan as proteïen-/
                  koolhidraatryke kragvoere en ruvoer.                                                (4)

       2.2.2      Gebruik die Pearson-vierkant metode om ŉ rantsoen saam te stel vir
                  skape wat 17% VP benodig deur voer B en C uit die tabel te gebruik.                 (4)

       2.2.3      Bereken die persentasie van voer B in die rantsoen in VRAAG 2.2.2.                  (3)

2.3    Die skematiese voorstelling onderaan toon die energievloei in voer.

       2.3.1      Gee die letter wat die volgende tipes energie voorstel:

                  (a)   Energie beskikbaar vir onderhoud en produksie.                                (1)

                  (b)   Energie wat oorbly na mikrobiale vertering deur herkouer diere.               (1)

       2.3.2      Bereken die hoeveelheid energie in A wat die dier van hierdie voer sal
                  kry.                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

2.4   Aanvullings word gevoeg by die dieet van plaasdiere om te verseker vir
      gebalanseerde voedingstowwe wat noodsaaklik is vir groei en produksie om
      wins te maksimeer.

      2.4.1    Verduidelik hoe die stowwe onderaan groei en produksie van diere
               bevorder:

               (a)    Kalmeermiddels                                                             (1)

               (b)    Antibiotika                                                                (1)

               (c)    Somatotropien hormoon                                                      (1)

2.5   Tipe       Aantal    Inname per Vereiste per      Aantal    Area       Produksie
                 diere     dier (kg)  dag (kg)          benodig 40(ha)       (kg/ha)
                                                        vir 120
                                                        dae (ton)
      Koeie           60        10           600            72                  3 200
      Bulle            3        15          -------        5,4
      Kalwers         50         4           200          -------
      Totaal         113                                                       ---------

      2.5.1    Bereken die totale droë materiaal in ton wat deur die veld voorsien
               word.                                                                             (3)

      2.5.2    Bereken die totale DM benodig deur al die diere vir 120 dae in ton.               (3)

      2.5.3    Stel met ŉ rede voor, die seisoen waartydens hierdie voervloei-program
               van toepassing sal wees.                                                         (2)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       11

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1    Die grafiek onderaan toon die produksievlakke van verskillende varke wat onder
       verskillende toestande grootgemaak is.

                                         Produksie uitslae vir Vark A, Vark B en Vark C
                            90
                                       Aanvanklike massa        Finale massa
                            80
                            70

           Produksie (kg)
                            60
                            50
                            40
                            30
                            20
                            10
                             0
                                          Vark A             Vark B              Vark C
                                                             Varke

       3.1.1                     Identifiseer die vark wat onder die volgende toestande grootgemaak is:

                                 (a)     Altyd onder intensiewe produksiestelsel gehou                              (1)

                                 (b)     Ekstensiewe produksiestelsel.                                              (1)

                                 (c)     Mees bevorderde omgewingstoestande.                                        (1)

       3.1.2                     Gee ŉ rede vir jou antwoord by VRAAG 3.1.1 (c).                                    (1)

       3.1.3                     Stel DRIE faktore voor wat moontlik tot die hoogste verbeterde
                                 produksie by vark B kon bydra.                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2018)

3.2   Die prente onderaan toon die verskillende fasiliteite wat in ŉ intensiewe
      produksiestelsel gebruik word.

                      FASILITEIT 1                             FASILITEIT 2
                             B

         A

                                         FASILITEIT 3

      3.2.1     Identifiseer die fasiliteit genommer 2 en 3.                                        (2)

      3.2.2     Toon die rede vir die gebruik van strukture genommer A en B by
                fasiliteit 1.                                                                       (2)

3.3   Die hantering van plaasdiere is ŉ belangrike aspek in die bestuur van enige
      kudde. Verskeie diere word verskillend hanteer en reageer volgens die manier
      waarop hul hanteer word.

      3.3.1     Dui aan tot watter dier die volgende riglyne vir hantering van
                toepassing is:

                (a)     Dra aan beide bene                                                          (1)

                (b)     Vang bo die gewrig van die agterbeen                                        (1)

                (c)     Maak gebruik van ŉ laaghout bord om dit te verskuif                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        13

3.4    Lys DRIE tipes abnormale gedrag wat algemeen getoon word deur varke wat
       onder stres verkeer.                                                                   (3)

3.5    Die illustrasie onderaan toon die lewensiklus van ŉ parasiet wat plaasdiere
       beïnvloed.

       3.5.1      Klassifiseer die parasiet bo-aan gebaseer op die lewensiklus en gee
                  die naam.                                                                        (2)

       3.5.2      Gee ŉ rede vir die klassifikasie by VRAAG 3.5.1.                                 (1)

       3.5.3      Noem ŉ protosoë siekte wat deur die parasiet boaan oorgedra kan
                  word.                                                                            (1)

       3.5.4      Dui TWEE bestuurspraktyke aan wat ŉ boer kan gebruik om die
                  besmetting met hierdie parasiet te voorkom.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

3.6   Varkgriep is ŉ aansteeklike, pandemiese en soönotiese siekte wat boere ernstig
      affekteer. Dit is ŉ aanmeldbare siekte en versprei vinnig wat lei tot groot getalle
      diere wat geaffekteer word. Die uitbraak voldoen aan die kriteria om as ŉ
      epidemie geklassifiseer te word. Die patogeen kan lewensvatbaar bly, selfs in
      verwerkte vleis. Vatbare diere word doodgemaak en hul produkte vernietig sodra
      die siekte opgemerk word.

      3.6.1    Noem die patogeen wat varkgriep veroorsaak en die diere wat die
               meeste daardeur geaffekteer word.                                                   (2)

      3.6.2    Varkgriep word as ŉ epidemiese siekte geklassifiseer. Regverdig
               hierdie stelling met TWEE redes.                                                    (2)

      3.6.3    Identifiseer die term uit die scenario wat beteken dat ŉ siekte vanaf ŉ
               dier na die mens oorgedra kan word.                                                 (1)

      3.6.4    Identifiseer die rol van die staat vanuit die scenario wat die verdere
               verspreiding van die siekte verhoed.                                                (1)

      3.6.5    Stel die plig van eienaars van diere met die beheer van varkgriep indien
               dit opgemerk word.                                                                  (1)

3.7   Die volhoubare gebruik van medikasie is ŉ nuwe benadering wat die voordele van
      moderne, tradisionele en komplementêre behandelingstelsels kombineer om
      beter mediese sorg aan diere te bied. Die hoof voordeel van die benadering is dat
      dit omgewingsvriendelik is.

      3.7.1    Noem TWEE metodes wat die boer kan gebruik om die gesondheid van
               diere te toets.                                                                     (2)

      3.7.2    Stel DRIE voorsorgmaatreëls voor wat in ag geneem moet word voor
               diere behandel word om die volhoubare gebruik van medikasie te
               verseker.                                                                          (3)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                           15

VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1    Die diagram onderaan toon die voortplantingstelsel van ŉ bul.

                          H
                      H

                                                                                   A
                          G

                                                                              B
                F

                                                                               C
                                                                               D

                                                                              E

       4.1.1        Identifiseer die letter vanuit die diagram bo-aan wat die deel voorstel
                    waar die volgende plaasvind:

                    (a)   Skei ŉ klewerige vloeistof af wat energie aan die sperms voorsien              (1)

                    (b)   Vervoer spermselle na die uretra deur peristaltiese bewegings                  (1)

                    (c)   Produseer testosteroon                                                         (1)

                    (d)   Afskeiding van ŉ melkerige alkaliese mukus wat die reuk aan
                          semen gee.                                                                     (1)

       4.1.2        Deel genommer E reguleer die temperatuur van die sperm. Regverdig
                    hierdie stelling deur te verduidelik hoe dit onder uiterste temperatuur
                    toestande plaasvind.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2018)

4.2   Die tabel onderaan toon die vlakke van estrogeen en progesteroon in ŉ koei oor
      ŉ periode van 28 dae.

                 DAE                   PROGESTEROON                   ESTROGEEN
                                          (mlU/mℓ)                      (mlU/mℓ)
                      2                      5                             4
                      4                      5                             4
                      6                      5                             4
                      8                      5                             10
                     10                      5                             15
                     12                      5                             33
                     14                      5                             30
                     16                      5                             10
                     18                      10                            5
                     20                      20                            5
                     22                      30                            4
                     24                      42                            3
                     26                      42                            3
                     28                      42                            2

      4.2.1    Stel die inligting in die tabel boaan voor in die vorm van ŉ lyngrafiek vanaf
               dag 6 tot 28.                                                                        (6)

      4.2.2    Identifiseer die dag wat die koei bronstig was.                                      (1)

      4.2.3    Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 4.2.2.                                          (1)

      4.2.4    Stel met ŉ rede voor die fase van estrus in die koei op dag 28.                      (2)

4.3   Boere of telers kan die kudde vinnig vermeerder deur ŉ groep koeie op dieselfde
      tyd op estrus te bring sodat die kalwers gelyktydig gebore word.

      4.3.1    Gee die term wat na die proses boaan verwys.                                         (1)

      4.3.2    Verskillende tegnieke word gebruik om die proses genoem in
               VRAAG 4.3.1 uit te voer. Noem enige TWEE van hierdie tegnieke.                       (2)

      4.3.3    Stel TWEE nadele van die proses in VRAAG 4.3.1 vir die teler.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         17

4.4   Die prent onderaan toon ŉ voortplantingsproses wat op ŉ koei uitgevoer word.

      4.4.1     Identifiseer die proses wat op die dier boaan uitgevoer word.                    (1)

      4.4.2     Noem TWEE vereistes vir die sukses van die proses in VRAAG 4.4.1
                wat sigbaar uit die prent is.                                                    (2)

      4.4.3     Dui TWEE ekonomiese voordele van die proses vir die boer aan.                    (2)

4.5   Dragtigheid in koeie neem ongeveer 280 dae en is verdeel in stadiums wat
      volgens groot ontwikkelings gekategoriseer word.

      Dui die stadium van dragtigheid aan waartydens die volgende ontwikkeling
      plaasvind:

      (a)     Uro-genitale en vaskulêre stelsels ontwikkel.                                      (1)

      (b)     Verkalking van been en orgaan funksionering begin.                                 (1)

      (c)     Blastosist heg aan die endometrium vas.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

4.6   Die grafiek onderaan toon melkproduksie, droë materiaal inname en
      liggaamsgewig oor ŉ periode van 42 weke.

      4.6.1     Dui die tyd in weke aan wanneer die volgende plaasgevind het:

                (a)    Hoogtepunt van melkproduksie                                         (1)

                (b)    Opdroog van ŉ koei                                                   (1)

      4.6.2     Die melk geproduseer gedurende week 1 speel ŉ belangrike rol by die
                kalf. Regverdig hierdie stelling met TWEE redes.                            (2)

      4.6.3     Verduidelik die verhouding tussen melkproduksie, liggaamsgewig en
                droë materiaal inname vanaf die grafiek.                                     (2)
                                                                                            [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-eng-d/7ef3197c-6be9-4c5d-b95a-becce815ab56) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-english/4b1f5182-48f3-415e-98d7-c1c95a574c5d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-eng/557b84d6-f26b-4d84-bdc8-0dc724e77299) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
