# Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                       LANDBOUWETENSKAPPE V1                              3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

       1.1.1    Die proses van uitstuwing vind slegs in ... plaas.

                A       pluimvee
                B       beeste
                C       hoenders
                D       varke

       1.1.2    Die teenwoordigheid van … is ŉ aanpassingskenmerk van die
                ventrikulus om sy spysverteringsfunksie te verrig.

                A       papille
                B       ensieme
                C       villi
                D       klein klippies

       1.1.3    Die volgende is die vereistes van mikro-organismes in die retikulo-
                rumen:

                (i)  Voldoende minerale voedingstowwe vir groei en voortplanting.
                (ii) Voldoende voorsiening van maklik verteerbare koolhidrate.
                (iii)Warm, droë en aërobiese omgewing met ŉ temperatuur van
                     38 °C.
                (iv) Deurlopende uitskeiding van afvalprodukte.

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (iii) en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

       1.1.4    ŉ Metode om die verteerbaarheid van graan te verbeter deur droë
                verhitting wat dit laat uitsit, is ...

                A       om te knal.
                B       verpilling
                C       weking.
                D       droë rolling.

       1.1.5    Korrekte hantering van diere kan tot ... lei.

                A       verhoogde liggaamsmassa
                B       hoër gradering van karkasse
                C       vertraagde rigor mortis
                D       kneusplekke by diere
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.1.6     Wanneer omgewingstemperatuur daal, geld die volgende vir
                plaasdiere:

                (i)     Eet minder voer, drink meer water en produseer meer.
                (ii)    Eet meer voer en produseer minder.
                (iii)   Eet baie voer om die liggaamstemperatuur konstant te hou.
                (iv)    Eet meer voer, drink minder water en produseer minder.

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (iii) en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

      1.1.7     Die volgende siektes word deur bakterieë veroorsaak.

                A       Mastitis en tuberkulose
                B       Miltsiekte en Slenkdalkoors
                C       Rooiwater en mastitis
                D       Varkgriep en hondsdolheid

      1.1.8     ... is die maatreël wat die boer kan toepas om plantvergiftiging te
                voorkom.

                A       Laat giftige plante vir ŉ kort tydperk in die weiding toe
                B       Om diere onvoldoende voer te gee voordat hulle toegelaat
                        word om te wei
                C       Laat meer beeste en min skape op ŉ kamp toe
                D       Gereelde inspeksie van hooi wat in stalle gehou word

      1.1.9     Die volgende stelling is VERKEERD oor melkproduksie.

                A       Hoe hoër die melkopbrengs, hoe laer is die bottervetinhoud.
                B       Hoe laer die ruvesel in ŉ voer is, hoe hoër is die
                        bottervetinhoud.
                C       ŉ Hoë ruveselinhoud produseer hoë bottervetinhoud.
                D       Daar is ŉ omgekeerde verband tussen melkopbrengs en
                        bottervetinhoud.

      1.1.10    Die verwydering van die kern uit die eiersel tydens kernoordrag.

                A       Enukleasie
                B       Kern-uitsetting
                C       Kernvorming
                D       Oorplanting                                          (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      5

 1.2       Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
           SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
           KOLOM A. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
           vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
           1.2.6 slegs B.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
           1.2.1      A:   Keratomalacie               Gebreksiekte veroorsaak deur ŉ
                      B:   Osteomalacie                gebrek aan vitamien D en kalsium
           1.2.2      A:    Kliere van Lieberkühn      Kliere tussen die villi wat succus
                      B:    Kliere van Langerhans      entericus afskei
           1.2.3      A:    Aggressiwiteit             Gevolg van die korrekte
                      B:    Onrustige gedrag           hantering van diere
           1.2.4      A:    Dosering                   Chemiese metode wat gebruik
                      B:    Dip                        word om parasiete in plaasdiere
                                                       te beheer
           1.2.5      A:    Oorerflik                  Ingebore kenmerke wat by
                      B:    Onvrugbaarheid             geboorte teenwoordig is
                                                                                    (5 x 2)   (10)

 1.3       Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
           die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           1.3.1      ŉ Alkaliese vloeistof wat in die duodenum vrygestel word om met
                      die vertering van vet te help

           1.3.2      Die neiging van skape om nader aan mekaar te staan op ŉ warm
                      dag om blootstelling aan die son te verminder

           1.3.3      ŉ Toestand by koeie waar die follikel nie bars nie, om ŉ eiersel
                      tydens ŉ normale siklus vry te stel

           1.3.4      Die deel van die manlike voortplantingsorgaan wat verantwoordelik
                      is vir die regulering van die temperatuur van die testikels

           1.3.5      Die ophoping van vloeistof in die weefsels of tussen die fetus-
                      membraan                                                     (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
        stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs
        die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die aangehegte ANTWOORDEBOEK
        neer.

        1.4.1   Stikstofvrye uittreksel is die hoeveelheid vet- en vetoplosbare
                komponente in ŉ voer.

        1.4.2   Inspuiting is ŉ metode om medikasie by varke met parakeratose toe
                te dien.

        1.4.3   Stertkryt is ŉ toestel wat onder die ken van ŉ dier geplaas word om
                op koeie, wat op hitte is, te klim.

        1.4.4   Elektro-ejakulator is ŉ lang, smal instrument wat gebruik word om
                semen in die baarmoeder in te spuit.

        1.4.5   Embrio splitsing is die verwydering van lewensvatbare embrio’s
                van ŉ voortreflike/uitnemende koei                         (5 x 1)      (5)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                          7

 AFDELING B

 VRAAG 2: DIEREVOEDING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van ŉ plaasdier.

          2.1.1       Noem die plaasdier wie se spysverteringskanaal in die diagram
                      hierbo voorgestel word.                                                      (1)

          2.1.2       Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 2.1.1 deur na die diagram
                      hierbo te verwys.                                                            (1)

          2.1.3       Dui aan hoe die deel gemerk A van dié van pluimvee verskil.                  (2)

          2.1.4       Identifiseer die letter wat die deel verteenwoordig waar elk van die
                      volgende voorkom:

                      (a)   Afskeiding van rennien                                                 (1)

                      (b)   Berging van vetoplosbare vitamiene A, D, E en K                        (1)

          2.1.5       Verwys na die deel gemerk B om ŉ rede te verduidelik waarom die
                      dier in die diagram hierbo nie mieliestronke kan verteer nie.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2022)

2.2      Die vloeidiagram hieronder illustreer die prosesse betrokke by die vertering in
         die spysverteringskanaal.

               A                                  B                               C
      Voedsel word in                   Onverteerde kos                 Voedsel beweeg van
      kleiner deeltjies                 word uit die liggaam            die bloed na die
      afgebreek                         verwyder                        weefsels

                                             E                                  D
                                   Voedsel beweeg van                   Kos word deur die
                                   die mure van                         mond ingeneem om
                                   ingewande/derms na                   afgebreek te word
                                   die bloed

         2.2.1    Herrangskik die prosesse (A–E) in die vloeidiagram hierbo in ŉ
                  opeenvolgende volgorde. (Skryf SLEGS die letter van die proses.)             (5)

         2.2.2    Noem die struktuur wat die proses gemerk E in staat stel om plaas te
                  vind.                                                                        (1)

2.3      Die tabel hieronder toon die tipes voere wat gebruik word om in die daaglikse
         behoeftes van plaasdiere te voorsien.

                                                 VOER A                   VOER B
         Verteerbare proteïen                      6%                      12%
         Totale verteerbare
         voedingstowwe                             56%                      75%

         2.3.1    Klassifiseer VOER A en VOER B uit die tabel hierbo.                          (2)

         2.3.2    Identifiseer die voer wat geskik is vir elk van die beskrywings hieronder:

                  (a)     Hoofbron van voedsel vir nie-herkouers                               (1)

                  (b)     Verbeter die funksionering van die spysverteringstelsel              (1)

                  (c)     Kan vir die produksie van melk gebruik word                          (1)

         2.3.3    Bereken die voedingsverhouding van VOER A.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         9

 2.4    Tydens ŉ verteerbaarheidsproef het die boer ŉ dier 12 kg hooi gegee en die
        dier het 5 kg droë mis uitgeskei.

        2.4.1    Bereken die verteerbaarheidskoefisiënt van die hooi wat in hierdie
                 proeflopie gebruik word. (Toon ALLE berekeninge.)                             (4)

        2.4.2    Stel EEN aanvulling voor wat die boer kan gebruik om die
                 smaaklikheid en verteerbaarheid van hierdie hooi te verhoog.                  (1)

 2.5    Die foto’s hieronder wys diere met tekortsimptome van voedingstowwe.

                        DIER A                                 DIER B

        2.5.1    Identifiseer die tekortsimptoom wat in DIER A en DIER B voorkom.              (2)

        2.5.2    Dui die voedingstoftekort in DIER A en DIER B aan.                            (2)

        2.5.3    Gee die voerbron wat gebruik kan word om die tekort in DIER A reg
                 te stel.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.6      Die sirkeldiagram hieronder dui die voer aan wat beskikbaar is en die
          aanvullende vereistes vir lakterende koeie.

          2.6.1      Identifiseer die aantal maande waarin die veld geen voer
                     beskikbaar gehad het nie.                                                  (1)

          2.6.2      Neem aan dat die aanvraag op die veld, in Mei, 5 kg per dag vir
                     elke lakterende koei was, bereken dan die totale voer benodig vir
                     100 lakterende koeie in Mei.                                           (2)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                           11

 VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1    Die tabel hieronder toon verskillende maniere om produksie in twee
        produksie-eenhede te verhoog.

                               PRODUKSIE-EENHEID A               PRODUKSIE-EENHEID B
        VOEDING              Diere wat slegs op goeie            Diere wat die hoogste vlak
                             kwaliteit weiding gevoer word       van kragvoer gevoer word
        TELING               Teel vind plaas in die dier se      Diere word uit hoë kwaliteit
                             natuurlike omgewing                 bulle geteel om produksie
                             gedurende die toepaslike            te maksimeer en wins te
                             seisoen                             verhoog
        OMGEWING             Diere maak staat op bome vir        Behuising/skuilings      en
                             beskerming      teen     uiterste   toerusting word gebruik om
                             temperatuurtoestande                omgewingstoestande       vir
                                                                 diere optimaal te hou

        3.1.1     Identifiseer die produksie-eenheid wat die diere vir wins sal verkoop.              (1)

        3.1.2     Gee TWEE redes uit die tabel hierbo om die antwoord in
                  VRAAG 3.1.1 te regverdig.                                                           (2)

        3.1.3     Noem TWEE basiese behuisingstrukture wat waarskynlik in
                  PRODUKSIE-EENHEID B gevind sal word.                                                (2)

        3.1.4     PRODUKSIE-EENHEID A het ŉ lae insetkoste. Motiveer hierdie
                  stelling met TWEE redes uit die tabel hierbo.                                       (2)

 3.2.   Diere reageer verskillend op stres en vrees. Noem die dier wat elk van die
        volgende gedrag toon, wanneer onder stres is:

        (a)     Poot krap                                                                             (1)

        (b)     Snuit vryf                                                                            (1)

        (c)     Geveinsde stormbewegings                                                              (1)

 3.3    Noem EEN vereiste wanneer plaasdiere langs/oor ŉ pad beweeg.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.4    Die toerusting hieronder word deur boere tydens die hantering van
        plaasdiere gebruik.

                         A                                    B

                         C

        3.4.1   Dui die doel aan waarvoor toerusting gemerk A en C in ŉ boerdery-
                onderneming gebruik word.                                              (2)

        3.4.2   Skaapboere verkies om die toerusting gemerk C te gebruik om diere
                te kastreer/dok. Verskaf TWEE redes vir hierdie keuse.                 (2)

        3.4.3   Noem die toerusting gemerk B.                                          (1)

        3.4.4   Noem TWEE riglyne wat belangrik is wanneer beeste hanteer word.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                         13

 3.5    Die tabel hieronder toon die gemiddelde pols- en respiratoriese tempo van
        verskillende plaasdiere.

          PLAAS-        TEMPERATUUR            POLSSLAG           RESPIRATORIESE
          DIERE             (°C)             (HARTKLOPPE           TEMPO (ASEM-
                                              PER MINUUT)           HALING PER
                                                                     MINUUT)
        Beeste               38,5                  65                   20
        Skape                39,5                  80                   15
        Bokke                39,5                  75                   15
        Varke                39,0                  60                   10
        Pluimvee             41,5                  312                  25

        3.5.1 Teken ŉ staafgrafiek wat die gemiddelde polsslag en respiratoriese
              tempo van plaasdiere in die tabel toon, behalwe pluimvee.                      (6)

        3.5.2 Verduidelik die neiging van die polsslag en respiratoriese tempo by
              verskillende plaasdiere.                                                       (2)

 3.6    Die illustrasie hieronder toon die lewensiklus van ŉ parasiet.

        3.6.1    Klassifiseer die parasiet in die illustrasie hierbo en verskaf sy naam.     (2)

        3.6.2    Identifiseer die simptoom van hierdie parasietbesmetting wat uit die
                 illustrasie hierbo sigbaar is.                                              (1)

        3.6.3    Dui die behandelingsmaatreël aan wat die boer kan toepas wanneer
                 diere met die parasiet in die illustrasie besmet is.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

3.7   Hieronder is die lys van sleutelsimptome van die siektes wat algemene
      plaasdiere affekteer:

      A       Urine word donkerrooi of bruin
      B       Melk van die uier word dik, skilfererig met klonte
      C       Vag bevat knoppe, rowe of kors
      D       Bloedbevlekte neusafskeiding

      3.7.1     Noem die patogeen wat verantwoordelik is vir die siekte in B en C.        (2)

      3.7.2     Gee die naam van die siekte in A en D.                                    (2)

      3.7.3     Identifiseer die letter van die simptome van die siekte wat deur ŉ
                bloubosluis oorgedra word.                                                (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        15

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1    Die diagram hieronder toon die proses wat in die voortplantingstelsel van ŉ
       plaasdier plaasvind.

       4.1.1    Dui die voortplantingsorgaan aan waar die proses hierbo geïllustreer
                plaasvind.                                                                 (1)

       4.1.2    Identifiseer die selle gemerk A en C.                                      (2)

       4.1.3    Noem die tipe seldeling wat tussen B en C plaasvind.                       (1)

       4.1.4    Gee die naam van die deel in die sel gemerk D wat dit in staat stel om
                die volgende te doen:

                (a)    Penetreer zona pellucida                                            (1)

                (b)    Verskaf energie vir mobiliteit                                      (1)

       4.1.5    Dui TWEE ooreenkomste aan tussen die proses wat hierbo
                geïllustreer word en die een wat by vroulike diere voorkom.                (2)

4.2    Verskillende faktore reguleer die paringsgedrag onder bulle.

       4.2.1    Noem die hormoon wat die paringsgedrag by bulle reguleer.                  (1)

       4.2.2    Noem TWEE sintuie wat die paringsreaksie van bulle stimuleer.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.3    Die stadiums hieronder verteenwoordig die voortplantingsproses wat by
        diere plaasvind.

                STADIUM A                  STADIUM B                    STADIUM C
          Fetus membraan skei         Serviks, vagina en die      Fetus gaan die
          van die                     vulva sit uit. Hormone      serviks binne met
          baarmoederkarunkel          begin kontraksies wat       voorpote en neus
          en word uiteindelik         met tussenpouses van        wat eerste uitsteek
          uitgeskei                   ongeveer 15 minute
                                      plaasvind

        4.3.1     Identifiseer die proses wat deur die stadiums hierbo voorgestel
                  word.                                                                  (1)

        4.3.2     Verskaf die naam van die stadiums gemerk A, B en C.                    (3)

        4.3.3     Noem die hormoon wat veroorsaak dat die corpus luteum
                  regresseer op die stadium gemerk B.                                    (1)

        4.3.4     Dui TWEE tekens aan wat sigbaar is wanneer die dier die proses in
                  VRAAG 4.3.1 nader.                                                     (2)

 4.4    Die volgende is stappe wat betrokke is om suksesvolle kunsmatige
        inseminasie te verseker:

       • Semenverdunning
       • Semenversameling
       • Semenberging
       • Semen-evaluering

        4.4.1     Herrangskik die stappe hierbo in ŉ opeenvolgende volgorde.             (4)

        4.4.2     Dui die komponent van ŉ verdunningsmiddel aan wat vir elk van die
                  volgende funksies verantwoordelik is:

                  (a)   Verskaf voedingstowwe vir semen                                  (1)

                  (b)   Voorkom bakteriese groei                                         (1)

                  (c)   Bied beskerming teen pH veranderinge                             (1)

        4.4.3     Dui die aanbevele temperatuur aan vir die berging van semen oor
                  jare in vloeibare stikstof.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      17

 4.5    Die skematiese voorstelling hieronder dui die hormonale veranderinge aan
        wat tydens die bronstigheidsiklus plaasvind.

        4.5.1    Identifiseer die hormone gemerk A, C en D.                                  (3)

        4.5.2    Verduidelik TWEE belangrike funksies van die hormoon gemerk A
                 tydens die bronstigheidsiklus.                                              (2)

        4.5.3    Noem die proses in B.                                                       (1)

        4.5.4    Luteïniserende hormone speel ŉ belangrike rol in die proses
                 gemerk B. Motiveer hierdie stelling.                                        (2)

        4.5.5    Dui die stadium van bronstigheid aan wanneer hormoon gemerk C
                 op sy hoogtepunt is.                                                    (1)
                                                                                        [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            105
                                                               GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans/87738a5d-7089-4dd9-a420-a2b9a5b62859) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-memo-sept2019-afrikaans/3d81c855-5109-4dea-9330-d12214e46cb8) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2019 ENG R](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2019-eng-r/f22147e3-e7cb-4eb1-9d79-c38cb853eb82) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
