# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov-2023-afrikaans-watermark/a62e73af-b1ee-4b33-8f97-23f2f4d26631
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov-2023-afrikaans-watermark/a62e73af-b1ee-4b33-8f97-23f2f4d26631)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2023

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2023)                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                             3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

     1.1.1     Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van organiese
               verbindings?                                                                .

               A       Koolstofdioksied
               B       Lipiede
               C       Ammoniak
               D       Water

     1.1.2     Die valenselektron van ŉ element met ŉ massagetal van 27 en ŉ
               atoomgetal van 13 sal … wees.

               A       2
               B       4
               C       1
               D       3

     1.1.3     Die volgende stellings is WAAR met betrekking tot metaan:

               (i)     Is die eenvoudigste alkaan en die hoofkomponent van aardgas
               (ii)    Dit produseer O2 en H2O wanneer dit meer CO2 verbrand
               (iii)   Dit word as ŉ bron van energie in landelike huise gebruik
               (iv)    Het een koolstof en vier waterstowwe

               Kies die korrekte kombinasie:

               A       (i), (iii) en (iv)
               B       (ii), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

     1.1.4     Die monomere van stysel en glikogeen word deur … bindings verbind.

               A       peptied
               B       ester
               C       datief
               D       glikosidiese

     1.1.5     Die volgende is NIE die faktor wat die ontwikkeling van grondstruktuur
               beïnvloed NIE.

               A       Teenwoordigheid van organiese materiaal
               B       Aktiwiteit van erdwurm
               C       Onveranderde grondvogtoestand
               D       Hoë klei-inhoud

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2023)

     1.1.6     Die gevlekte voorkoms in grond is ŉ aanduiding van die volgende:

               (i)     Die reduksie van rooi yster-ioon tot blougrys yster-ioon
               (ii)    Baie vlekke in die ondergrond
               (iii)   Plekke roes, geel en grys kleure
               (iv)    Versuiping vir die deel van die dag

               Kies die regte kombinasie:

               A       (i), (iii) en (iv)
               B       (ii), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

     1.1.7     ŉ Verlies aan water deur transpirasie kan beheer word deur ...

               A       oormatige gebruik van stikstof kunsmis te verminder.
               B       ammoniumfosfaat toe te pas.
               C       die keuse van ŉ kultivar met ŉ hoë transpirasieverhouding.
               D       onkruid toe te laat om die grond te bedek.

     1.1.8     Die skematiese voorstelling hieronder demonstreer die …

                                   Na + CaSO4                    Ca2+ + NaSO4

               A       herwinning van neutrale grond.
               B       herwinning van grondvrugbaarheid.
               C       herwinning van brak grond.
               D       herwinning van grondsuurheid.

     1.1.9     Die volgende is NIE die prosedure wat gevolg word wanneer die
               grond geklassifiseer word NIE.

               A       Identifisering van meesterhorisonne
               B       Verbetering van diagnostiese horisonne
               C       Bepaling van grondreekseienskappe
               D       Bepaling van grondfamilie

     1.1.10    Die grond mikro-organismes wat verantwoordelik is vir die ontbinding
               van plant- en dierereste.

               A       Bakterieë en erdwurms
               B       Aalwurms en aktinomisete
               C       Muise en molle
               D       Swamme en duisendpote                                       (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2023)                      LANDBOUWETENSKAPPE V1                                5

1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A. Skryf slegs
    A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
    in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld slegs 1.2.6 B.
                      KOLOM A                               KOLOM B
              A:       Anioon
     1.2.1                                  Positief gelaaide ioon
              B:       Katioon
              A:       Saamgestelde         ŉ Stof wat bestaan uit twee of meer
     1.2.2    B:       Mengsel              verskillende elemente gekombineer in ŉ
                                            vaste verhouding
              A:       Grondverdigting      Rangskikking van gronddeeltjies om
     1.2.3
              B:       Grondtekstuur        aggregate te vorm
              A:       Fyn tekstuur         Hoë mate van samehangende kragte en
     1.2.4
              B:       Growwe tekstuur      plastisiteit
              A:       Humiese A            Diagnostiese horison deur hoë organiese
     1.2.5
              B:       Melanistiese A       materiaalinhoud gekenmerk
                                                                               (5 x 2)      (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
    woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
    neer.
     1.3.1    Die kleinste deeltjie van ŉ stof wat onafhanklik kan bestaan en steeds
              die eienskappe van daardie stof behou
     1.3.2    Die struktuur waarin die buitenste elektron(e) van ŉ atoom deur kolletjies
              of kruisies voorgestel word
     1.3.3    ŉ Tekstuur wat ŉ deursnee van minder as 0,002 mm het
     1.3.4    Die graad van grootmate volume van grond wat nie soliede eenhede is
              nie
     1.3.5    Baie klein negatief gelaaide deeltjies wat in water gesuspendeer kan
              word                                                              (5 x 2)     (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings
    om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
    (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
     1.4.1    ŉ Komplekse proteïen lewer slegs aminosure wanneer dit gehidroliseer
              word.
     1.4.2    Verwelkingpunt is die maksimum voghouvermoë van grond waar alle
              porieë met water gevul is.
     1.4.3    Katioonuitruilvermoë is die binding van katione op die oppervlak van die
              kolloïede grond.
     1.4.4    Stikstofmineralisasie is die absorpsie en binding van beskikbare
              stikstofverbindings deur grondmikro-organismes.
     1.4.5    Eluviasie is die proses waardeur materiaal vanaf A-horison na ŉ
              B-horison neergelê word.                                        (5 x 1)        (5)
                                                              TOTAAL AFDELING A:             45

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 2: BASIESE LANDBOU CHEMIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1   Die tabel hieronder toon die binding wat in landbou gebruik word.

      2.1.1    Klassifiseer die verbinding in die tabel hierbo.                              (1)

      2.1.2    Noem die elemente gemerk A en B.                                              (2)

      2.1.3    Beskryf die tipe binding wat in die tabel hierbo betrokke is.                 (2)

      2.1.4    Dui die lading van die elemente hieronder na binding aan:

               (a)   Element B                                                               (1)

               (b)   Element A                                                               (1)

      2.1.5    Noem EEN belangrikheid van die verbinding in die tabel hierbo.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2023)                      LANDBOUWETENSKAPPE V1                              7

2.2   In ŉ eksperiment het die onderwyser gelyke hoeveelhede HCℓ en NaOH met
      dieselfde konsentrasie gemeng.

      2.2.1    Voorspel die pH van die mengsel.                                           (1)

      2.2.2    Dui die stof in die mengsel aan wat ŉ … is.

               (a)    basis                                                               (1)

               (b)    suur                                                                (1)

      2.2.3    Tabuleer TWEE verskille tussen die stowwe in die mengsel.                  (4)

2.3   Ontleed die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
      gebaseer is.

      2.3.1     Noem die verbinding gemerk A.                                             (1)

      2.3.2     Identifiseer etiket B en C.                                               (2)

      2.3.3     Dui die letter van ŉ bio-molekule aan wat by elk van die eienskappe
                hieronder pas:

                (a)   Dit is van dierlike oorsprong                                       (1)

                (b)   Vloeistof by kamertemperatuur                                       (1)

      2.3.4     Gee TWEE funksies van die verbinding in VRAAG 2.3.1 genoem.               (2)

      2.3.5     Skryf die chemiese formule van die verbindings gemerk D neer.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

2.4   Suikerriet en mielies word gekweek en verwerk vir hul alkohol-inhoud wat
      deur middel van fermentasie geproduseer word soos in die vergelyking
      hieronder getoon:

               C6H12O6                         2C2H5OH          +     2 CO2
      2.4.1    Noem die alkohol in die vergelyking hierbo.                                 (1)

      2.4.2    Teken die struktuurformule van die alkohol in VRAAG 2.4.1.                  (3)

      2.4.3    Noem EEN verskil tussen alkohole en alkane gebaseer op hul
               struktuurformule.                                                           (2)

2.5   Die struktuur hieronder verteenwoordig ŉ struktuurformule van ŉ organiese
      verbinding.

      2.5.1   Identifiseer die struktuur hierbo geïllustreer.                              (1)

      2.5.2   Verskaf die byskrifte vir A en B in die struktuur hierbo.                    (2)

      2.5.3   Noem die polimeer wat gevorm word wanneer die strukture hierbo in
              ŉ ketting verbind word.                                                      (1)

      2.5.4   Gee TWEE funksies van die polimeer wat in VRAAG 2.5.3 gestel
              word.                                                                        (2)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2023)                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                           9

VRAAG 3: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die illustrasie hieronder verteenwoordig grondmonsters met verskillende
    deeltjiegroottes.

     3.1.1    Dui die monster aan wat by elk van die eienskappe hieronder pas:

              (a)    Groter oppervlakte vir chemiese reaksies                            (1)

              (b)    Lae vermoë om vog en voedingstowwe te behou                         (1)

              (c)    Hoë hittegeleiding                                                  (1)

     3.1.2    GRONDMONSTER B, het ŉ massa van 480 g en beslaan ŉ volume
              van 460 cm3.
              Bereken die massadigtheid van GRONDMONSTER B.                              (3)

     3.1.3    Noem EEN rede waarom boere die tekstuurklas van die plaasgrond
              moet ken.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2023)

3.2 Die diagramme hieronder toon verskillende grondstrukture op hul vorm
    gebaseer.
                   A                           B                        C

     3.2.1   Identifiseer die strukture gemerk A, B en C.                                 (3)
     3.2.2   Dui die letter aan wat die struktuur voorstel wat:
             (a)       Algemeen in kleipangrond aangetref word                            (1)
             (b)       Geskik vir gewasproduksie is                                       (1)
     3.2.3   Noem TWEE faktore wat tot die ontwikkeling van die grondstruktuur
             gemerk C bygedra het.                                                        (2)

3.3 Die diagram hieronder illustreer waterbeweging deur die grond.

     3.3.1   Dui die waterbeweging aan wat hierbo gedemonstreer is.                       (1)
     3.3.2   Noem TWEE kragte wat ŉ effek op die waterbeweging in Grond C het.            (2)
     3.3.3   Identifiseer die grond wat deur elk van die volgende voorgestel word:        (1)
             (a)       Grond C                                                            (1)
             (b)       Grond A                                                            (1)
     3.3.4   Stel ŉ rede vir elk van die volgende voor:
             (a)       Hoogste watervlak in grond C                                       (1)
             (b)       Laagste watervlak in grond A                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2023)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                              11

3.4 Die kleur van die grond gee die inligting oor grondeienskappe en die toestand
    as dit korrek geïnterpreteer word.
     Dui die toestand van die grond met betrekking tot vog en lug aan wanneer die
     volgende kleure oorheers:

     (a)      Rooi                                                                      (2)

     (b)      Grys                                                                      (2)

3.5 ŉ Grondkundige het ŉ eksperiment gedoen om die invloed van grondlug in
    plante te toets.

     EKSPERIMENT NR.            EKSPERIMENT 1               EKSPERIMENT 2
                             Saad geplant in grond     Saad    in    verkrummelde
                             wat versuip is            grond geplant en nat-
     GRONDTOESTAND
                                                       gemaak wanneer daar ŉ
                                                       behoefte is
     RESULTATE               Geen groei het            Groei het plaasgevind
                             plaasgevind nie

     3.5.1    Noem die gas wat in EKSPERIMENT 1 tekort is.                              (1)

     3.5.2    Dui die rol aan wat die gas genoem in VRAAG 3.5.1 kon gespeel het as
              daar nie ŉ tekort was nie.                                                (1)

     3.5.3    Vergelyk die atmosferiese gasse en grondgasse in:

              (a)    Eksperiment 2                                                      (2)

              (b)    Eksperiment 1                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2023)

3.6   Die grafiek hieronder toon ŉ faktor wat ŉ invloed op grondtemperatuur het.

      3.6.1   Identifiseer die faktor wat die grondtemperatuur beïnvloed soos in die
              grafiek hierbo geïllustreer.                                                (1)

      3.6.2   Verduidelik hoe die faktor wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer was ŉ
              invloed op grondtemperatuur het.                                            (2)

      3.6.3   Noem EEN effek van grondtemperatuur op die chemiese prosesse
              wat in die grond plaasvind.                                                 (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2023)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 13

VRAAG 4: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1   Die skematiese voorstelling hieronder toon horisontale lae grond.

      4.1.1    Kies ŉ letter (A tot I) wat ŉ horison verteenwoordig wat by elk van die
               beskrywings hieronder pas:

               (a)   Gedeeltelik verweerde materiaal                                         (1)

               (b)   Gekonsolideerde rots                                                    (1)

               (c)   Gedeeltelik ontbinde organiese materiaal                                (1)

      4.1.2    Identifiseer die deel gemerk J uit die skematiese voorstelling hierbo.        (1)

      4.1.3    Skets die profiel van die grond met die horisontale lae wat in die
               skematiese voorstelling in VRAAG 4.1 geïllustreer word.                       (2)

      4.1.4    Noem TWEE diagnostiese horisonne wat sigbaar kan wees in die
               horison gemerk F in die skematiese voorstelling hierbo.                       (2)

4.2   Grondklassifikasie is die metode wat grondkundiges gebruik om die grond in
      verskillende klasse volgens spesifieke eienskappe te groepeer.

      4.2.1    Noem TWEE redes waarom klassifikasie van grond belangrik is in die
               landbou.                                                                      (2)

      4.2.2    Noem die grondklassifikasiestelsel wat in Suid-Afrika gebruik word.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2023)

4.3   Die tabel hieronder toon die grond pH-waardes en fosforbeskikbaarheid.

                          GROND PH               BESKIKBAARHEID
                                                  VAN FOSFOR (g)
                                2                       0
                                4                       1
                                6                       3
                                8                       4
                               10                       8
                               12                       14

      4.3.1    Bied die inligting in die tabel, hierbo in die vorm van ŉ lyngrafiek aan.      (6)

      4.3.2    Lei die invloed van suurheid en alkaliniteit op die beskikbaarheid van
               fosfor af.                                                                     (2)

      4.3.3    Dui die chemiese stof aan wat ŉ boer kan toepas om die volgende
               toestande op te los:

               (a)   Verminderde beskikbaarheid van fosfor in gronde met ŉ pH van
                     tussen 2 en 4                                                            (1)

               (b)   Giftige hoeveelhede fosfor in grond met pH van 14                        (1)

4.4   Die skematiese voorstelling hieronder toon katioon in grondoplossing en
      grondkolloïed.

      4.4.1    Lei die term af wat van toepassing op die proses in B is.                      (1)

      4.4.2    Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 4.4.1.                                    (1)

      4.4.3    Dui die tipe suurheid in A en B aan.                                           (2)

      4.4.4    Identifiseer die katioon wat deur die kolloïed hierbo geïllustreer word
               wat sodisiteit in grond kan veroorsaak as dit in oormaat is.                   (1)

      4.4.5    Noem TWEE effekte van die teenwoordigheid van die katioon in
               VRAAG 4.4.4 op plantegroei.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2023)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                               15

4.5   Die diagram hieronder stel grondorganismes voor wat in grond voorkom.

      4.5.1    Klassifiseer die grondorganismes in die diagram hierbo.                  (1)

      4.5.2    Noem TWEE belangrikhede van grondorganismes in VRAAG 4.5.1.              (2)

      4.5.3    Noem TWEE vereistes vir die effektiewe funksionering van die
               grondorganismes in die diagram hierbo.                                   (2)

4.6   Plante en diere speel ŉ belangrike rol in die ontwikkeling van grond deur die
      byvoeging van organiese materiaal.

      Dui TWEE faktore aan wat die organiese materiaalinhoud in grond verlaag.          (2)
                                                                                       [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 OP NOV2023 Afrikaans D watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-d-watermark/1cbfc058-6f9e-4d20-9381-988b194a7eea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 OP NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-d/fc29d97e-872d-4cef-b1f6-131870f1e57e) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 OP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-watermark/a08d1c77-40e1-42df-aa8b-bbfc3afdfe7a) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/0e6474e9-0803-4920-9968-db2054a3f46e) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Agricultural Sciences · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/bdd8ac33-295d-4be9-b283-81c87daf67de) — Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/68039810-2891-43d1-ba5d-cdc65482410d) — Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
