# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/bdd8ac33-295d-4be9-b283-81c87daf67de) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon AL jou berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.

        1.1.1    … is ŉ voorbeeld van ŉ anorganiese verbinding.                                .

                 A       Glukose
                 B       Ammoniak
                 C       Vette
                 D       Alkane

        1.1.2    Die tipe binding wat gevorm word wanneer twee aminosure verbind
                 word, wat tot die verlies van water lei.

                 A       Kovalent
                 B       Ionies
                 C       Peptied
                 D       Waterstof

        1.1.3    Die volgende is eienskappe van sure.

                 (i)     Hulle stel waterstofione in water vry om ŉ hidronium te vorm.
                 (ii)    Hulle korrodeer aktiewe metale.
                 (iii)   Hulle is proton ontvangers.
                 (iv)    Hulle het ŉ hoë konsentrasie van waterstofione

                 Kies die korrekte kombinasie:

                 A       (i), (iii) en (iv)
                 B       (ii), (iii) en (iv)
                 C       (i), (ii) en (iv)
                 D       (i), (ii) en (iii)

        1.1.4    ŉ Voordeel van ŉ goeie grondstruktuur vir ŉ boer is ...

                 A       verbeterde opkoms van saailing as gevolg van verhoogde
                         grondkorsvorming.
                 B       verhoogde versuiping vir wortelpenetrasie.
                 C       verhoog grondkorsvorming met verbeterde biologiese aktiwiteit.
                 D       verminderde soutwanbalanse as gevolg van verbeterde
                         buffervermoë van grond.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2022)

     1.1.5     Die volgende stelling is WAAR oor die verskil tussen grondlug en
               atmosferiese lug.

               A       Grondlug bevat tien keer minder koolstofdioksied as atmosferiese
                       lug.
               B       Grondlug bevat minder suurstof en ŉ groter hoeveelheid water in
                       vergelyking met atmosferiese lug.
               C       Atmosferiese lug is baie meer gekonsentreer met koolstofdioksied
                       en stikstof as grondlug.
               D       Atmosferiese lug is hoër gekonsentreer met vog teenoor grondlug.

     1.1.6     Die gevlekte voorkoms in grond is ŉ aanduiding van die volgende:

               (i)     Die reduksie van rooi ferri-ioon tot blougrys ferri-ioon.
               (ii)    Baie vlekke in die ondergrond.
               (iii)   Vlekke van roes, geel en grys kleure.
               (iv)    Versuiping vir ŉ gedeelte van die dag.

               Kies die regte kombinasie:

               A       (i), (iii), en (iv)
               B       (ii), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

     1.1.7     Die massadigtheid van grond word deur die volgende faktore, behalwe,
               ... beïnvloed.

               A       hittekapasiteit van grond
               B       minerale samestelling
               C       mate van verdigting
               D       grootte van gronddeeltjies

     1.1.8     Die blootgestelde deursnee van al die lae, van bo na onder, wat ŉ
               bepaalde grond uitmaak, staan as ŉ grond- ... bekend.

               A       vorm
               B       familie
               C       horison
               D       profiel

     1.1.9     Die … is die punt waar plante verdor en doodgaan.

               A       permanente verwelking
               B       tydelike verwelking
               C       veldkapasiteit
               D       waterversadiging

     1.1.10    Die volgende is die fisiese invloed van organiese materiaal op grond.

               A       Verhoogde KAV-waarde
               B       Verbeterde deurlugting
               C       Verhoogde mikrobe-aktiwiteit
               D       Verhoogde beskikbaarheid van voedingstowwe                     (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      5

1.2    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
       SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A.
       Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
       (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                   KOLOM A                                  KOLOM B
                 A: Periode                Elemente met dieselfde aantal elektrone in
       1.2.1
                 B: Groep                  hul buitenste orbitaal
                 A: Ioniese bindings       Die binding waar atome wat gebind is,
       1.2.2     B: Elektrovalente         elektrone deel
                     bindings
                 A: Prismaties             Die strukturele eenhede is vertikaal langer
       1.2.3     B: Kolomvormig            as wat hulle breed is met ŉ afgeronde of plat
                                           bokant
                 A:   Natriumkarbonaat     Organiese materiaal word versprei en op
       1.2.4
                 B:   Kalsiumkarbonaat     die boonste lae grond neergelê
                 A:   Assimilasie          Die proses waardeur ŉ stof oplosbaar
       1.2.5
                 B:   Ammonifikasie        gemaak word
                                                                                (5 x 2)     (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.3.1     Die disakkaried word gevorm wanneer glukosemolekule met fruktose
                 bind

       1.3.2     ŉ Eienskap van ŉ koolstofatoom wat dit in staat stel om met hulself te
                 bind om ŉ lang ketting te vorm

       1.3.3     Die gas wat die oksidasieproses wat deur suurstof veroorsaak word,
                 verminder

       1.3.4     Die horison gekenmerk deur anaerobiese grondtoestande

       1.3.5     Omskakeling van ammoniumverbindings na nitriete en nitrate
                                                                                 (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2022)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
      beskrywings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die
      vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Propanol is die produk van fermentasie van suiker in alkoholiese
               drankies.

      1.4.2    Grondverdigting is die rangskikking van gronddeeltjies in eenhede om ŉ
               kenmerkende patroon te gee.

      1.4.3    Katioonuitruiling is die versameling van die stof op die oppervlak van die
               kolloïed.

      1.4.4    Die vog wat styf deur die gronddeeltjies vasgehou word en nie deur
               plante gebruik kan word nie, is kapillêr.

      1.4.5    Stikstof-assimilasie is die proses waarin nitrate onder lae
               suurstoftoestande in gasvormige vorms omgeskakel word.             (5 x 1)     (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       7

AFDELING B

VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Die tabel hieronder toon stowwe wat in landbou gebruik word.

             STOF A                       STOF B                        STOF C
           Water en NaCl                Sand en Sout                     NH3

       2.1.1    Identifiseer die STOF A, B en C uit die tabel hierbo wat by elk van die
                beskrywings hieronder pas:

                (a)   Komponente kan op fisiese wyse geskei word

                (b)   Word as ŉ huishoudelike skoonmaakproduk gebruik

                (c)   Kan ŉ homogene mengsel vorm                                             (3)

       2.1.2    Dui die rol van water in STOF A aan.                                          (1)

       2.1.3    Skryf die struktuurformule van STOF C.                                        (2)

       2.1.4    Komponente in STOF A word as verbindings beskou. Regverdig hierdie
                stelling.                                                                     (2)

2.2    Die struktuur hieronder toon ŉ koolhidraat.

       2.2.1    Klassifiseer die koolhidrate wat deur die struktuur hierbo geïllustreer
                word.                                                                         (1)

       2.2.2    Skryf die chemiese formule van ŉ koolhidraat in die struktuur hierbo.         (2)

       2.2.3    Noem TWEE belangrike funksies van die koolhidraat wat in
                bogenoemde struktuur hierbo geïllustreer word.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2022)

2.3   Hieronder is voedseltipe wat verskillende vette bevat.

               VOEDSELTIPE A                             VOEDSELTIPE B
                                                                     VLEIS

      2.3.1    Klassifiseer die tipes vet in die voedseltipe hierbo as versadig en
               onversadig.                                                               (2)

      2.3.2    Identifiseer die vet, van die voedseltipes hierbo, wat aanbeveel word
               om in ŉ dieet ingesluit te word.                                          (1)

      2.3.3    Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 2.3.2.                           (2)

      2.3.4    Onderskei tussen die vet wat in voedseltipe A en in voedseltipe B
               met betrekking tot die volgende voorkom:

               (a)    Reaksie by kamertemperatuur                                        (2)

               (b)    Binding tussen die koolstofatome                                   (2)

2.4   Proteïene is komplekse organiese verbindings en het verskillende funksies
      afhangende van hul vorm.

      2.4.1    Noem die bousteen van ŉ proteïenmolekule.                                 (1)

      2.4.2    Wat is die verskil tussen eenvoudige en komplekse proteïene?              (2)

      2.4.3    Dui die rede aan waarom diere in elk van die volgende situasies
               proteïen gegee word:

               (a)    Beseerde dier                                                      (1)

               (b)    Pasgebore dier                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      9

2.5    Die tabel hieronder toon basiese groepe van organiese verbindings,
       struktuurformule sowel as molekulêre formule.

        NAAM VAN ŉ            FUNKSIONEL          STRUKTUUR             MOLEKULÊRE
        VERBINDING              E GROEP            FORMULE               FORMULE
                                                  H H H

                 A            Koolwaterstof    H C C        C    H          B

                        (1)                       H    H    H                       (1)

               Etanol              C                    D                 C2H5OH
                                         (1)                     (2)
                                                  H    O

                                               H C     C    OH
                 E             Karboksiel                                CH3 COOH
                                                  H
                        (1)

       2.5.1     Voltooi die tabel deur byskrifte A tot E te verskaf.                           (6)

       2.5.2     Identifiseer die verbinding wat in alkoholiese drank gebruik kan word.         (1)

       2.5.3     Dui EEN belangrikheid aan van die verbinding gemerk A vir landelike
                 gemeenskappe.                                                                  (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die tekstuurdiagram hieronder word deur grondontleders gebruik om die grond
    in verskillende tekstuurklasse, gebaseer op die relatiewe proporsie deeltjies te
    klassifiseer.

     3.1.1   Gebruik die tekstuurdiagram hierbo om die tekstuurklas van die
             volgende monsters te bepaal:

             (a)      60% klei, 20% sand en 20% slik                                      (1)

             (b)      30% klei, 40% sand en 30% slik                                      (1)

     3.1.2   Vergelyk die tekstuurklas genoem in VRAAG 3.1.1(a) met ŉ tekstuurklas
             op die tekstuurdiagram hierbo wat 90% sanddeeltjies bevat met
             betrekking tot die volgende:

             (a)      Bewerkbaarheid van grond                                            (2)

             (b)      Mate van plastisiteit                                               (2)

     3.1.3   Gee TWEE redes waarom dit vir die boer belangrik is om die
             tekstuurklas van die grond op die plaas te ken.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     11

3.2 ŉ Eksperiment is uitgevoer om die beweging van water in die grond te bepaal.
    Drie grondmonsters wat sand, slik en klei bevat, is opgestel en in ŉ pan met water
    geplaas. Die volgende waarnemings is gemaak:

            MONSTER A                 MONSTER B                     MONSTER C
      Water het 5 uur geneem    Water het 30 minute           Water het ŉ uur geneem
      om te styg en die hoogste geneem om te styg en          om die helfte van die
      vlak van die houer bereik die laagste vlak van die      houer te bereik
                                houer te bereik

      3.2.1    Dui die waterbeweging aan wat in die eksperiment gedemonstreer is.            (1)

      3.2.2    Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 3.2.1.                                   (1)

      3.2.3    Identifiseer GRONDMONSTERS A en C op grond van die waarneming.                (2)

      3.2.4    Noem die manier waarop die water in MONSTER B verlore kan gaan.               (1)

      3.2.5    Adviseer die boer oor ŉ metode om in te stel, om die waterverlies wat in
               VRAAG 3.2.4 gestel word, te verminder.                                        (1)

3.3    ŉ Grondkundige het ŉ eksperiment gedoen om die invloed van grondgas op
       saadontkieming en -groei te toets. Dieselfde sade is in twee houers gemerk A
       en B geplant. In houer A, is sade in ŉ goed, deurlugte grond, ryk aan vars
       organiese materiaal geplant en water wanneer nodig gegee. In houer B, is sade
       in versuipte grondtoestande geplant.

       3.3.1    Voorspel die resultate van die eksperiment in houer A en B.                  (2)

       3.3.2    Verduidelik ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 3.3.1 vir houer B deur na
                die gas te verwys.                                                           (2)

       3.3.3    Aktiwiteite in houer A kan tot die ophoping van ŉ gas lei. Gee die naam
                van hierdie gas.                                                             (1)

       3.3.4    Gee TWEE redes vir die hoë hoeveelheid gas in VRAAG 3.3.3 genoem.            (2)

3.4    Die data hieronder toon die grondtemperatuurlesings vanaf 06:00 tot 18:00.

                                TEMPERATUURLESING             TEMPERATUURLESING
                TYD
                                   5 cm DIEP (°C)                30 cm DIEP (°C)
               06:00                     08                            04
               08:00                     10                            04
               10:00                     14                            05
               12:00                     21                            12
               14:00                     27                            16
               16:00                     24                            18
               18:00                     19                            16

       3.4.1    Lei die faktor af wat grondtemperatuur uit die tabel hierbo beïnvloed.       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

      3.4.2   Teken ŉ staafgrafiek wat grondtemperatuurlesings op verskillende
              dieptes gedurende verskillende tye van die dag toon.                       (6)

      3.4.3   Verduidelik die tendens van temperatuur in die grond op 5 cm diep.         (2)

3.5   ŉ 80 cm3 grondmonster is versamel en gedroog waarna ŉ massa van 680 g
      aangeteken is.

      3.5.1   Bereken die massadigtheid van die monster hierbo.                          (3)

      3.5.2   Lewer kommentaar met ŉ rede oor die geskiktheid van die grond vir
              diepgewortelde gewasse gebaseer op die massadigtheid daarvan.             (2)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 13

VRAAG 4: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1 Die tabel hieronder toon grondprofiele met verskillende kombinasies van
    grondhorisonne:

      GRONDPROFIEL            GRONDPROFIEL           GRONDPROFIEL       GRONDPROFIEL
           A                       B                      C                  D
              A                      A                     A                B
              C                      E                     G                C
                                     B                     C
     4.1.1    Identifiseer die grondprofiel (A, B, C of D) wat die beste by elk van die
              beskrywings hieronder pas:

              (a)      Moet voor verbouing van gewasse gedreineer word                          (1)

              (b)      Toon teken van erosie                                                    (1)

              (c)      Dui die mate van loging aan                                              (1)

     4.1.2    Noem die horison wat met elk van die volgende stellings geassosieer word:

              (a)      Ontvang eluviasie materiaal                                              (1)

              (b)      Mengsel van anorganiese materiaal en volledig ontbindende
                       organiese materiaal                                                      (1)

              (c)      Grond word direk deur fisiese verwering gevorm                           (1)

     4.1.3    Dui TWEE moontlike diagnostiese horisonne aan wat in grondprofiel C kan
              voorkom.                                                                          (2)

4.2 Grondklassifikasie is ŉ sistematiese manier om grond volgens sekere eienskappe in
    klasse te groepeer. Prosedure word gevolg wanneer klassifikasie gedoen word.

     4.2.1    Herrangskik die stappe hieronder in die korrekte volgorde wat gevolg word
              wanneer grond geklassifiseer word:

              •      Vestig grondvorm
              •      Bepaal grondreekse
              •      Reekskenmerke word geïdentifiseer
              •      Identifiseer diagnostiese horisonne
              •      Afbaken meesterhorisonne                                                   (5)

     4.2.2    Noem TWEE vlakke van klasse wat in Suid-Afrika gebruik word om die grond
              te klassifiseer.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

4.3   Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die katioonadsorpsie op die
      oppervlak van die kolloïede.

      4.3.1    Identifiseer die tipe kolloïed wat in die skematiese voorstelling hierbo
               voorgestel word.                                                            (1)

      4.3.2    Onderskei tussen die kolloïed genoem in VRAAG 4.3.1 en die ander
               kolloïed met betrekking tot die vorm.                                       (2)

      4.3.3    Dui die toestand van die kolloïedetiket A en B aan gebaseer op die
               geadsorbeerde katioon.                                                      (2)

      4.3.4    Noem TWEE faktore wat die oorsaak kan wees van die kolloïdale
               toestand genoem in VRAAG 4.3.3 vir die kolloïed gemerk A.                   (2)

      4.3.5    Noem die nadelige effek van die katioon wat dominant is op die kolloïed
               gemerk C op die grondstruktuur.                                             (1)

      4.3.6    Stel TWEE maniere voor om die kolloïdale toestand gemerk C fisies reg
               te stel.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      15

4.4    Die prent hieronder toon voedingstofsiklusse.

       4.4.1    Identifiseer die letter wat die prosesse toon waarin koolstofverbinding in
                lewende organismes geïnkorporeer word.                                         (1)

       4.4.2    Noem TWEE prosesse wat in die diagram sigbaar is wat die terugkeer
                van koolstofdioksied in die atmosfeer aantoon.                                 (2)

       4.4.3    Ontbindingsproses in die prente hierbo word deur mikro-organismes wat
                sekere toestande benodig om te oorleef gedoen. Regverdig hierdie
                stelling deur DRIE van hierdie voorwaardes te noem.                            (3)

4.5    Simbiotiese verhoudings vind plaas tussen sekere plante en mikro-organismes
       tot voordeel van beide.

       4.5.1    Gee die naam van ŉ mikro-organisme wat by die volgende
                verwantskappe betrokke is:

                (a)   Bevestig stikstof vir die peulgewasse                                    (1)

                (b)   Help plantwortels om fosfor uit die grond te absorbeer                   (1)

       4.5.2    Verduidelik die simbiotiese verwantskap tussen peulgewasse en die
                mikro-organisme in VRAAG 4.5.1(a) genoem.                                      (2)
                                                                                              [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/27fdc685-d8fc-42a3-a4f1-ff4853368997) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-afrikaans/669f7e40-688f-4bb5-9752-1bce43ef724f) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/68039810-2891-43d1-ba5d-cdc65482410d) — Agricultural Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2011 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr11-memo-nov2011-afrikaans/795be76f-72b3-4f16-8634-4b24b49b6d83) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/4312e17a-9e01-4eff-b53a-3b655c2440fe) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
