# Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/70ae2f35-7775-420a-b24e-dbfa9e1473ed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/70ae2f35-7775-420a-b24e-dbfa9e1473ed)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2023

                  LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
       AFDELING B.

2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                        LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.11 A.

       1.1.1     Die chemiese vertering by hoenders vind in die ... plaas.

                 A       krop
                 B       proventrikulus
                 C       spiermaag
                 D       ventrikulus

       1.1.2     Die vingervormige uitsteeksels wat as verhittingstawe in die rumen
                 optree.

                 A       Papille
                 B       Mikro-vingers
                 C       Villi
                 D       Makro-villi

       1.1.3     Die vetoplosbare vitamiene wat nodig is vir lewensbelangrike funksies
                 in die dier se liggaam.

                 A       Kobalamien en vitamien K
                 B       Tiamien en vitamien E
                 C       Riboflavin en piridoksien
                 D       Retinol en vitamien D

       1.1.4     Die volgende is die funksies van ŉ sap wat deur die lewer afgeskei
                 word.

                 (i)     Stimuleer die omskakeling van pepsinogeen na pepsien.
                 (ii)    Verander die pH van suur na alkalies.
                 (iii)   Bevorder die absorpsie van vetsure.
                 (iv)    Verhoog die oplosbaarheid van vette.

                 Kies die KORREKTE kombinasie:

                 A       (i), (iii) en (iv)
                 B       (ii), (iii) en (iv)
                 C       (i), (ii) en (iv)
                 D       (i), (ii) en (iii)

       1.1.5     Beeste raak ongemaklik wanneer hulle …

                 A       in ŉ groep geskuif word.
                 B       ŉ leier volg.
                 C       van ander geskei word.
                 D       op ŉ bekende wyse behandel word.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.6     Die volgende is basiese riglyne wanneer plaasdiere vervoer word:

                (i)     Verskillende diere moet saam vervoer word.
                (ii)    Dragtige en beseerde diere moet nie vervoer word nie.
                (iii)   Diere van verskillende ouderdomme en geslag moet geskei
                        word.
                (iv)    Gefluit en gekraak van swepe tydens vervoer op ŉ pad.

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (iii) en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (ii) en (iii)

      1.1.7     Die volgende is VERKEERD met betrekking tot die lewensiklus van
                ŉ een-gasheer-bosluis:

                A       Eiers broei in larwes uit
                B       Larwes ontwikkel in nimfe
                C       Larwes en nimfe leef op 'n tussengasheer
                D       Nimfe ontwikkel tot volwassenes

      1.1.8     Bakteriese siektes wat aansteeklik is.

                A       Miltsiekte en mastitis
                B       Klontwol en polineuritis
                C       Voëlgriep en tuberkulose
                D       Ringwurm en anaplasmose

      1.1.9     Die stadium van hofmakery tydens paring word deur die ...
                gekenmerk.

                A       vrystelling van semen in die voorste deel van die vagina
                B       intromissie in die vagina
                C       oprigting van die penis gestimuleer deur feromone
                D       vroulike dier op te klim om penetrasie moontlik te maak

      1.1.10    Die hoofrede vir die afdroog van ŉ koei voor die volgende laktasie is
                om …

                A       vroeë bevrugting te verseker.
                B       swangerskapprobleme te verminder.
                C       die dragtigheidsperiode te verkort.
                D       die herstel van klierweefsel moontlik te maak.       (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     5

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                           KOLOM A                              KOLOM B
         1.2.1        A:   Ureum                       ŉ Proteïenaanvulling in die
                      B:   Biuret                      rantsoen van herkouerdiere
                                                       gedurende droë wintermaande
         1.2.2        A:    Herkoutjie                 Herkoude bolus wat terug na
                      B:    Spysbry                    die mond vervoer word
         1.2.3        A:    Onbehoorlike hantering     Styfheid van die vleis na
                      B:    Behoorlike hantering       slagting
         1.2.4        A:    Lewerslak en
                            hoenderluise               Inwendige      parasiete       by
                      B:    Bontbosluis en             hoenders
                            draadwurm
         1.2.5        A:    Endoderm                   Verantwoordelik vir die
                      B:    Ektoderm                   ontwikkeling van die
                                                       respiratoriese en
                                                       spysverteringstelsel
                                                                                  (5 x 2)    (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        ŉ Indeks wat gebruik word om die kwaliteit van proteïen in ŉ voer
                      te bepaal

         1.3.2        Die stelsel waarin die produksie van diere en gewasse hoofsaaklik
                      die gesin moet voed

         1.3.3        Die toestand waarin vroulike diere probleme tydens parturisie
                      ondervind

         1.3.4        Die sisteem wat afvalprodukte van die weefsels van die uier na
                      uitskeidingsorgane wegvoer

         1.3.5        Die toestand by bulle gekenmerk deur afwesigheid van
                      seksdrang                                                   (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4     Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
        stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
        vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1   ŉ Voedingprogram is ŉ strategiese plan vir ŉ veeboer om
                beskikbaarheid van voer te verseker om deur die jaar aan die diere
                se behoefte te voldoen.

        1.4.2   Akute siektes is langdurig en kom herhaaldelik by dieselfde dier
                voor.

        1.4.3   Voorvel is ŉ beskermende tweelobbige sak wat die testis omsluit en
                beskerm.

        1.4.4   Die naelstring is ŉ vaskulêre membraniese orgaan wat die bloed van
                die moeder en die fetus in noue kontak bring.

        1.4.5   Embrio splitsing is die proses wanneer blastosist aan die wande van
                die baarmoeder heg.                                          (5 x 1)          (5)

                                                           TOTAAL AFDELING A:                 45

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                 7

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1     Die diagram hieronder toon ŉ gedeelte van die spysverteringskanaal van ŉ
        plaasdier.

        2.1.1    Noem die deel van die spysverteringskanaal gemerk A.                        (1)

        2.1.2    Gee TWEE aanpassingskenmerke wat in die illustrasie hierbo
                 sigbaar is wat deel B in staat stel om sy funksie te verrig.                (2)

        2.1.3    Dui die voedingstof aan wat deur elk van die volgende geabsorbeer
                 word:

                 (a)   Limfvate                                                              (1)

                 (b)   Bloedkapillêre                                                        (1)

        2.1.4    Die binnevoering van die deel genoem in VRAAG 2.1.1 is gevou.
                 Verduidelik hoe hierdie voue die absorpsie van voedsel verbeter.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

8                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

2.2     Die tabel hieronder toon die voerkomponente van ŉ rantsoen.

               VOERKOMPONENTE                            HOEVEELHEID (kg)
        Mieliemeel                                             50
        Ureum                                                  5
        Lusern hooi                                            70
        Hawer hooi                                             40
        Melasse                                                30

        2.2.1   Identifiseer die volgende uit die rantsoen in die tabel hierbo:

                (a)    Energie-ryk konsentraat                                                   (1)

                (b)    Proteïen-ryk ruvoer                                                       (1)

        2.2.2   Noem die tipe dier wat die bogenoemde rantsoen suksesvol kan
                benut.                                                                           (1)

        2.2.3   Verduidelik die antwoord in VRAAG 2.2.2 gebaseer op die
                samestelling van die rantsoen en aanpassingskenmerk van ŉ dier.                  (2)

        2.2.4   Dui die komponent van die rantsoen hierbo aan wat die smaaklikheid
                en verteerbaarheid van hawerhooi kan verbeter.                                   (1)

        2.2.5   Gebruik die data in die tabel hierbo om ŉ staafgrafiek te teken.                 (6)

2.3     Die diagram hieronder toon ŉ sog en haar varkies.

        2.3.1   Noem die mineraalelement wat waarskynlik ŉ tekort aan die sog en
                haar varkies sal hê wanneer hulle in ŉ voerpen met sementvloer
                gehuisves word.                                                                  (1)

        2.3.2   Dui EEN tekortsimptoom van die mineraal genoem in VRAAG 2.3.1
                aan.                                                                             (1)

        2.3.3   Dui die metode aan waarop hierdie mineraal tekort by die sog
                aangevul kan word.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     9

2.4    Mieliemeel en sonneblomoliekoekmeel word teen ŉ rantsoen van 8 : 20
       gemeng, om die voermengsel met 17% verteerbare proteïen te kry.

       2.4.1    Dui die deel van die verhouding aan wat sonneblomoliekoekmeel
                verteenwoordig.                                                                 (1)

       2.4.2    Verduidelik die antwoord in VRAAG 2.4.1.                                        (2)

       2.4.3    Bereken die persentasie van ŉ koolhidraatryke voer in die mengsel.
                Toon ALLE berekeninge.                                                          (3)

2.5    Die vloeidiagram hieronder illustreer die energiewaardes van ŉ voer.

       2.5.1    Identifiseer die energieverlies in B.                                           (1)

       2.5.2    Die energie in C is vir plaasdiere belangrik. Motiveer hierdie stelling
                met TWEE redes.                                                                 (2)

       2.5.3    Bereken die energiewaarde wat deur A voorgestel word.                           (2)

       2.5.4    Noem TWEE doelwitte met die berekening van energiewaarde van die
                voer.                                                                       (2)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1     Die prent hieronder illustreer die fasiliteite wat gebruik word wanneer
        plaasdiere hanteer word.

        3.1.1   Identifiseer die fasiliteit gemerk B.                                     (1)

        3.1.2   Dui die doel van die gebruik van die fasiliteit gemerk A aan.             (1)

        3.1.3   Die fasiliteit gemerk A voldoen aan die veiligheidskriteria vir die
                hantering van groot diere. Verwys na die ontwerpkenmerke van
                hierdie fasiliteit om die antwoord te regverdig.                          (2)

        3.1.4   Noem TWEE redes vir die hantering van plaasdiere deur die fasiliteit
                gemerk A te gebruik.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     11

3.2.    Die diagram hieronder illustreer verskillende areas vir die hanteerder om te
        oorweeg wanneer hy met plaasdiere werk.

        3.2.1    Dui die letter aan wat op elk van die volgende posisies van
                 toepassing is:

                 (a)   Die voorkeurafstand van die diere tot gevaarbedreiging             (1)

                 (b)   ŉ Punt van balans                                                  (1)

                 (c)   Vir die hanteerder om beweging te laat begin                       (1)

        3.2.2    Voorspel die gedrag van die dier wanneer die hanteerder dit by
                 punt gemerk B nader.                                                     (1)

        3.2.3    Noem TWEE ander algemene gedrag wat deur beeste getoon kan
                 word wanneer hulle onder stres is.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

3.3     Veeboere gebruik verskillende strukture om plaasdiere te skuil en te huisves.

        3.3.1      Dui die doel aan waarvoor elk van die volgende strukture gebruik
                   word:

                   (a)    Vangkraal                                                              (1)

                   (b)    Jongingstal                                                            (1)

                   (c)    Skuur                                                                  (1)

        3.3.2      Noem DRIE redes om plaasdiere te huisves.                                     (3)

3.4     Die tabel hieronder toon siektes wat plaasdiere affekteer.

         SIEKTE          PATOGEEN        SLEUTEL-        OORDRAG-       VOORKOMINGS
                                         SIMPTOME         METODE          -METODE
                                         Oormatige        Byt van       Immunisering
                                          speeksel-     besmette dier
            A              Virus
                                        afskeiding en
                                          aggressie
                                                                            Goeie
        Mastitis            B                C              Vlieë         higiëniese
                                                                           praktyke
                                                         Inname van
                                        Dun waterige
            D            Protosoë                       voer wat met           E
                                          diarree
                                                        mis besmet is

        3.4.1      Benoem A, B, C, D en E.                                                       (5)

        3.4.2      Dui die rol van die volgende in die beheer van dieresiektes aan:

                   (a)    Die plaasboer                                                          (1)

                   (b)    Die staat                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  13

3.5     Die vloeidiagram hieronder illustreer verskillende metodes om medisyne aan
        plaasdiere toe te dien.

        3.5.1    Noem die metode om medikasie aan diere toe te dien soos in A, B en
                 D geïllustreer.                                                              (3)

        3.5.2    Dui die letter aan wat die metode verteenwoordig wat gebruik word
                 om die volgende te behandel:

                 (a)   Rondewurm                                                              (1)

                 (b)   Blou bosluise                                                          (1)

        3.5.3    Noem TWEE maniere waarop medikasie volhoubaar gebruik kan
                 word.                                                                        (2)

3.6     Giftige plante hou ŉ bedreiging vir vee in omdat hulle tot die dood van diere
        kan lei, as hulle dit verteer.

        3.6.1    Noem EEN giftige plant wat normaalweg in weivelde voorkom.                   (1)

        3.6.2    Noem TWEE maatreëls wat ŉ boer kan instel om plantgif in weiding
                 te beheer.                                                               (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1     Die diagram hieronder toon die voortplantingstelsel van ŉ plaasdier.

        4.1.1   Identifiseer die letter wat die deel verteenwoordig waar elk van die
                volgende voorkom:

                (a)   Voeding van spermselle         deur   SERTOLI-selle      tydens
                      spermatogenese.                                                         (1)

                (b)   Vervoer van spermselle na die uretra.                                   (1)

                (c)   Afskeiding van ŉ taai vloeistof wat energie vir die spermselle
                      verskaf.                                                                (1)

        4.1.2   Noem TWEE aangebore defekte van deel B wat ŉ volledige verlies
                aan vrugbaarheid by bulle kan veroorsaak.                                     (2)

        4.1.3   Dui die rol aan wat deel C in reproduksie speel.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        15

4.2     Die diagram hieronder illustreer die effek van die hormone wat tydens die
        estrussiklus vrygestel word.

        4.2.1    Dui die duur aan van die estrussiklus soos hierbo geïllustreer.             (1)

        4.2.2    Identifiseer die hormone wat in A en B geïllustreer word.                   (2)

        4.2.3    Dui die volgende aan tydens die follikulêre fase:

                 (a)   Stadium van estrussiklus                                              (1)

                 (b)   Die hormoon wat verantwoordelik is                                    (1)

        4.2.4    Stel TWEE funksies van die hormoon gemerk B voor wanneer die
                 koei in die estrussiklus hierbo dragtig word.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2023)

4.3     Die toerusting hieronder word tydens kunsmatige inseminasie gebruik.

        4.3.1   Dui die doel van die gebruik van toerusting gemerk C aan.                       (1)

        4.3.2   Noem TWEE basiese vereistes wanneer toerusting gemerk B
                gebruik word.                                                                   (2)

        4.3.3   Identifiseer die letter van die toerusting wat die volgende verseker:

                (a)   Semen word nie deur insemineerders met patogene besmet
                      nie                                                                       (1)

                (b)   Semen is gereed vir gebruik nadat dit gevries gehou is                    (1)

        4.3.4   Noem EEN nadeel van die gebruik van die toerusting in VRAAG 4.3
                vir die boer.                                                                   (1)

        4.3.5   Dui TWEE voordele van kunsmatige inseminasie aan.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   17

4.4     Die diagram hieronder illustreer ŉ prosedure wat gevolg word wanneer
        embrio-oordrag gedoen word.

        4.4.1    Identifiseer die prosedure hierbo geïllustreer.                               (1)

        4.4.2    Dui die tipe koei aan waar die prosedure hierbo uitgevoer word.               (1)

        4.4.3    Noem ŉ rede vir die gebruik van die tipe koei genoem in VRAAG 4.4.2.          (1)

        4.4.4    Noem EEN doel van die tegniek wat in die prosedure wat hierbo
                 geïllustreer word.                                                            (1)

        4.4.5    Noem TWEE nadele van die tegniek vir die boer.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

18                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

4.5   Die vloeidiagram hieronder toon die pad waardeur melk vloei van waar dit
      geproduseer word totdat dit tydens soog of melk vrygestel word.

      Speenbak        Melkkanale       Alveolus      Speenkanaal       Klierbak

      4.5.1    Herrangskik in ŉ opeenvolgende volgorde, die stappe waarmee die
               melk sal vloei vanaf die punt van produksie tot melk of soog.                (5)

      4.5.2    Dui die volgende met betrekking tot die melkafsakkings-proses aan:

               (a)   TWEE stimuli wat die proses begin                                      (2)

               (b)   Die hormoon betrokke                                               (1)
                                                                                       [35]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            105
                                                              GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans/87738a5d-7089-4dd9-a420-a2b9a5b62859) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-memo-sept2019-afrikaans/3d81c855-5109-4dea-9330-d12214e46cb8) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
