# Agricultural Sciences Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/bef7725c-6e39-4ea2-a70e-eb20a0ec8a39
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/bef7725c-6e39-4ea2-a70e-eb20a0ec8a39)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

                  Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Strukture in die wand van die dunderm wat die absorpsie-oppervlak
                verhoog.

                A       Papille
                B       Karonkels
                C       Villi
                D       Lieberkühn-klier

       1.1.2    Die … van die maag van ŉ koei word soms na verwys as die
                ‘ruitjiespens’, omdat dit is waar vreemde voorwerpe soos draad vas
                sal steek.

                A       abomasum
                B       omasum
                C       rumen
                D       retikulum

       1.1.3    Ideale toestande vir mikrobiese aktiwiteit.

                (i)     Anaërobiese toestande
                (ii)    Verwydering van afvalprodukte
                (iii)   Lae temperature
                (iv)    Effens suur medium

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (ii), (iii) en (iv)

       1.1.4    Die volgende is produkte van sellulosevertering, behalwe ...

                A       suurstof.
                B       vitamien B-kompleks.
                C       metaan.
                D       vlugtige vetsure.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

      1.1.5     Faktore wat diereproduksie onder intensiewe boerdery verhoog.

                (i)     Kultivar
                (ii)    Voeding
                (iii)   Reproduksie
                (iv)    Bestuur

                Kies die KORREKTE kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (i), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.6     Die fasiliteit wat gebruik word om bosluise in die illustrasie hieronder
                te beheer, word ŉ ... genoem.

                A       spuitdip
                B       duikdip
                C       opgietdip
                D       voetdip

      1.1.7     Teken dat ŉ bul NIE in nood is NIE.

                A       Poot kap
                B       Snork
                C       Vinnige stertbewegings
                D       Wei saam met ander beeste

      1.1.8     ŉ Vlugsone van ŉ koei is ŉ ruimte …

                A       rondom dit.
                B       voor sy kop.
                C       naby sy stert.
                D       tussen die horings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             LANDBOUWETENSKAPPE V1                                           5

      1.1.9      Lakterende melkkoeie moet ŉ … rantsoen gevoer word.

                 A    onderhoud
                 B    produksie
                 C    onderhoud en produksie
                 D    onderhoud en voeding

      1.1.10     Die korrekte volgorde van ontwikkeling van spermatosoȅ:

                 A    Spermatogonium → primêre spermatosiet → sekondêre
                      spermatosiet → spermatiede
                 B    Spermatogonium → primêre spermatosiet → spermatiede →
                      sekondêre spermatosiet
                 C    Spermatogonium → sekondêre spermatosiet → spermatiede
                      → primêre spermatosiet
                 D    Primêre spermatosiet → sekondêre spermatosiet →
                      spermatogonium → spermatiede                     (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2   Dui aan of die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A. Skryf Slegs
      A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
      in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1    A:    Protosoë en bakterieë      Voordelige mikro-organismes in die
               B:    Swamme en virus            rumen van beeste
      1.2.2    A:    1 : 7,25                   Die voedingsverhouding van ŉ voer
               B:    1 : 6,25                   met totale verteerbare
                                                voedingstowwe (TVV) van 75% en
                                                ŉ VP van 12%
      1.2.3    A:    Houtskaafsels              Materiaal wat gebruik word vir
               B:    Grasstrooi                 beddegoed in hoenderhuise
      1.2.4    A:    Binnespiers                Inspuiting wat direk in die aar gespuit
               B:    Binneaarse                 word
      1.2.5    A:    Lewensvatbaar
                                                Kenmerk van goeie semen
               B:    pH moet 5,4–5,9 wees
                                                                                (5 x 2)   (10)

1.3   Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
      woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.3.1    ŉ Eienskap van vitamiene wat gebruik word om hulle in twee
               hoofgroepe te klassifiseer

      1.3.2    Nie-aansteeklike siektes wat deur voedingstekorte veroorsaak word

      1.3.3    Vloeistof wat die embrio teen skok beskerm

      1.3.4    Uitsteking van die vagina deur die vulva

      1.3.5    Melk wat vir die eerste drie dae na parturisie (geboorte) afgeskei
               word                                                            (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                          7

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
      stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
      vraagnommers (1.4.1 to 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1     Voedingsverhouding is ŉ maatstaf van die kwaliteit van ŉ proteïen in ŉ
                voer.

      1.4.2     Muskiete val oop wonde en insekbyte in die stertarea van skaaprasse
                aan.

      1.4.3     Hipoplasie beskryf ŉ toestand wanneer die testikels nie in die skrotum
                afsak nie.

      1.4.4     Monosigotiese tweeling ontwikkel uit twee verskillende eierselle wat
                tydens ovulasie vrygestel, word, en wat deur twee verskillende
                spermatosoë bevrug word.

      1.4.5     Droog periode is ŉ tydperk van melkproduksie wat na parturisie begin
                en ongeveer 305 dae by koeie duur.                           (5 x 1)       (5)

                                                                TOTAL SECTION A:               45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1     Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        2.1.1   Klassifiseer die plaasdier in die diagram hierbo gebaseer op sy
                spysverteringskanaal.                                                     (1)

        2.1.2   Identifiseer die LETTER van die deel in die diagram hierbo waar die
                volgende voorkom:

                (a)   Bevat ŉ stof wat help in die absorpsie van vetsure en gliserol      (1)

                (b)   Algemene opening vir die spysvertering- en
                      uitskeidingstelsels                                                 (1)

                (c)   Kom ooreen met die ware maag van ŉ skaap                            (1)

                (d)   Gekenmerk deur gespierde wande vir meganiese vertering              (1)

2.2     Diere kry hul voedingstowwe uit proteïene, koolhidrate, lipiede en vitamiene
        wat hulle inneem. Minerale vorm ook deel van die dieet en word in
        verskillende hoeveelhede benodig. Diere benodig rantsoene met al hierdie
        komponente in die regte verhoudings.

        2.2.1   Identifiseer die voerkomponent wat as anorganies in die leesstuk
                hierbo geklassifiseer word.                                               (1)

        2.2.2   Identifiseer die voerkomponent met die funksie hieronder:

                (a)   Geberg in die vorm van glikogeen in die lewer                       (1)

                (b)   Benodig vir groei, voortplanting en produksie                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                            9

        2.2.3    Noem die tipe voedingstofopname wat draermolekules gebruik.                        (1)

        2.2.4    Dui die vitamien / mineraal of tekortsimptoom aan wat deur die
                 letters in die tabel hieronder voorgestel word. MOENIE die tabel
                 oorteken NIE. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die letter
                 neer.

         VITAMIEN/MINERAAL                    FUNKSIE               TEKORTSIMPTOME
                                                                    Swak bloedstolling by
                        A                    Bloedstolling
                                                                         hoenders
                      Fosfor            Gesonde bene en tande                B
                                             Vorming van
                        C                                              Bloedarmoede
                                             hemoglobien                                            (3)

 2.3    Die waarde van die voer word bepaal deur die verteerbaarheidskoëffisiënt
        daarvan te bereken. In ŉ voerproef het ŉ koei 15 kg droë hooi ingeneem en
        6 kg ontlasting met ŉ voginhoud van 50% uitgeskei.

        2.3.1    Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi. Toon ALLE
                 berekeninge.                                                                       (5)

        2.3.2    Interpreteer kortliks die verteerbaarheidskoëffisiënt wat hierbo
                 verkry is.                                                                         (1)

        2.3.3    Stel TWEE faktore voor wat die verteerbaarheid van hooi kon
                 beïnvloed het.                                                                     (2)

 2.4    ŉ Skaap verbruik daagliks 1 kg droëmateriaal uit ŉ geformuleerde voer met
        ŉ bruto energiewaarde van 15,648 MJ/kg DM. Die vloeidiagram hieronder
        toon die energieverliese (MJ/kg DM).

            Bruto                  Verteerbare                  B                 Netto
           energie                   energie                                     energie

                      Energie verloor       Energie verloor deur       Energie verloor
                        deur mis              urine en gasse            deur hitte
                         5,167                       1,479                0,968

        2.4.1    Dui die energie aan wat deur B voorgestel word.                                    (1)

        2.4.2    Bereken die netto energie wat die skape uit die daaglikse rantsoen
                 sal verkry.                                                                        (3)

        2.4.3    Interpreteer die berekening in VRAAG 2.4.2 hierbo.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2024)

2.5    Die data hieronder hou verband met die voervloeiplan vir ŉ tydperk van ses maande.

                         Opbrengs      Opper-      Julie   Aug.   Sept.   Okt.   Nov.   Des.     DM
       VOERSOORT          (ton/ha)   vlakte (ha)                                                Som
                                                                                                (ton)
       Veld                2,19          40                               10     10     20       40
       Forage               12           25                                      43     30       73
       sorghum
       Lusern               15           15         40     35      52     46     15     30
       Totale voere                                 40     35      52     56     68     80
       (t)
       Tekort (t)                                   11     14       -      -      -      -       25
       Surplus (t)                                   -      -       -     7      15     30       52
       Veevereiste (t)                              51     49      52     49     53     50

       2.5.1   Teken ŉ staafgrafiek om die totale voere en veevereistes vir Julie tot
               Desember te vergelyk.                                                                  (6)

       2.5.2   Bereken die surplus in Desember-maand in kg.                                           (2)

       2.5.3   Stel TWEE kostedoeltreffende maatreëls voor wat ŉ boer kan instel om
               die surplus in Desember-maand te hanteer.                                          (2)
                                                                                                 [35]

  Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      11

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1     Die prente hieronder toon boerderystelsels in landbou.

                            PRENT A                             PRENT B

        3.1.1         Identifiseer die boerderystelsel wat in PRENT B uitgebeeld word.            (1)

        3.1.2         Dui die doel van die boerderystelsel genoem in VRAAG 3.1.1
                      hierbo aan.                                                                 (1)

        3.1.3         Maak ŉ hipotese oor die produktiwiteit van die boerderystelsel in
                      PRENT A.                                                                    (1)

        3.1.4         Beskryf hoe die faktore hieronder gebruik word om produksie in
                      ekstensiewe boerderyproduksie te verhoog.

                      (a)    Reproduksie                                                          (1)

                      (b)    Voeding                                                              (1)

3.2     Beveel ŉ fasiliteit aan wat vir die volgende doeleindes gebruik kan word:

        3.2.1         Om temperatuur in die kraamhok te verhoog                                   (1)

        3.2.2         Die temperatuur binne ŉ behuisingstruktuur te beheer                        (1)

        3.2.3         Vir pluimveevoeding                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.3   Alle plaasdiere is homeotermies. ŉ Gedeelte van die voer wat deur ŉ dier
      ingeneem word, word gebruik om die dier warm te hou terwyl die res vir
      noodsaaklike lewensprosesse gebruik word. Uiterste temperature kan ŉ
      negatiewe impak hê op die energie wat vir hierdie prosesse beskikbaar is.

      3.3.1    Definieer die onderstreepte woord in die leesstuk.                             (2)

      3.3.2    Stel EEN manier voor waarop ŉ boer plaasdiere in ŉ ekstensiewe
               produksiestelsel teen uiters hoë temperature kan beskerm.                      (1)

      3.3.3    Verduidelik die verband tussen voerinname, waterinname en
               plaasdierproduktiwiteit onder uiters hoë temperature.                          (3)

3.4   Die prent hieronder toon ŉ deel van ŉ dierehanteringsfasiliteit.

      3.4.1    Noem die kraal in die prent hierbo.                                            (1)

      3.4.2    Beveel TWEE ontwerpkenmerke aan wat ŉ boer in ag moet neem
               wanneer die fasiliteit ontwerp word.                                           (2)

      3.4.3    Noem EEN gebruik van die fasiliteit hierbo.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                            13

3.5    Die prent hieronder toon ŉ besmette uier.

       3.5.1    Identifiseer die siekte wat die uier van ŉ koei affekteer soos in die prent
                hierbo getoon.                                                                     (1)

       3.5.2    Klassifiseer die siekte genoem in VRAAG 3.5.1 hierbo gebaseer op ŉ
                veroorsakende patogeen.                                                            (1)

       3.5.3    Gee TWEE simptome wat ŉ dier toon wanneer hy deur die siekte
                besmet is.                                                                         (2)

       3.5.4    Beskryf TWEE ekonomiese implikasies van die siekte vir ŉ boer.                     (2)

3.6    Die prente hieronder toon parasiete wat vee aanval.

                      PRENT A                                   PRENT B

       3.6.1    Klassifiseer die parasiete in PRENTE A en B.                                       (2)

       3.6.2    Noem die siekte wat deur die mikroskopiese parasiet in PRENT A
                veroorsaak word.                                                                   (1)

       3.6.3    Noem TWEE simptome van die siekte wat in VRAAG 3.6.2 genoem
                word.                                                                              (2)

       3.6.4    Lys TWEE beheermaatreëls vir die parasiet in PRENT B.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.7     Sout is een van die noodsaaklike minerale wat deur alle diere benodig word
        wat gewoonlik in die dieet van weidende plaasdiere ontbreek. Sout word
        dikwels met kragvoer gemeng om ŉ mineraallek vir weidende beeste te
        maak. Onder sekere omstandighede is die verbruik van groot hoeveelhede
        soute dalk dodelik vir vee. Oormatige speekselafskeiding, hardlywigheid en
        verhoogde dors is duidelik sigbaar. Sterftes kan voorkom waar daar ŉ hoë
        konsentrasie sout in die drinkwater is, of daar ŉ tekort aan drinkwater is.

        3.7.1   Identifiseer TWEE gewone soutvergiftigingsimptome uit die gedeelte
                wat by plaasdiere opgemerk kan word.                                      (2)

        3.7.2   Verskaf EEN voorkomende maatreël vir soutvergiftiging.                    (1)

        3.7.3   Gee EEN rol van die staat in dierebeskerming.                            (1)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                           15

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1     Die diagram hieronder toon die voortplantingsorgane van beeste.

                                    B                       BC        D
                A

                                                      F

                                                            E

        4.1.1       Identifiseer die plaasdier met die voortplantingstelsel hierbo.             (1)

        4.1.2       Noem die dele gemerk B en E.                                                (2)

        4.1.3       Dui aan deur slegs die LETTER te skryf wat ooreenstem met die
                    gedeelte waar die volgende voorkom:

                    (a)   Produseer oösiete                                                     (1)

                    (b)   Beskerm die uterus teen die eksterne omgewing                         (1)

4.2     Die estrussiklus is ŉ hormonaal beheerde siklus van seksuele aktiwiteit by
        koeie. Dit word gekenmerk deur vier stadiums, naamlik pro-estrus, estrus,
        met-estrus en di-estrus.

        4.2.1       Dui die tydperk van die siklus aan wat deur die vorming van die
                    corpus luteum gekenmerk word.                                               (1)

        4.2.2       Noem die hormoon wat verantwoordelik is vir ovulasie gedurende
                    die periode in VRAAG 4.2.1 hierbo genoem.                                   (1)

        4.2.3       Definieer die onderstreepte woord in die gedeelte hierbo.                   (2)

        4.2.4       Gee TWEE metodes om koeie wat bronstig is (op hitte) te
                    identifiseer.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

 4.3    Die prent hieronder toon een van die stadiums van paring by beeste.

        4.3.1   Dui die paringstadium aan wat in die prent hierbo vertoon word.         (1)

        4.3.2   Identifiseer TWEE faktore wat paringsgedrag by bulle reguleer.          (2)

 4.4    Die toerusting hieronder word deur veeboere in diereproduksie gebruik.

                     PRENT A                               PRENT B

        4.4.1   Noem die toerusting in PRENT A.                                         (1)

        4.4.2   Dui die gebruik van die toerusting genoem in VRAAG 4.4.1 aan.           (1)

        4.4.3   Noem die temperatuur waarteen semen gestoor word in die
                toerusting wat in PRENT B getoon word.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     17

        4.4.4    Beskryf die funksies van die semenverdunningsmiddels hieronder:

                 (a)   Buffers                                                              (1)

                 (b)   Eiergeel                                                             (1)

                 (c)   Antibiotika                                                          (1)

        4.4.5    Verduidelik kortliks die korrekte tydsberekening van kunsmatige
                 inseminasie.                                                               (2)

 4.5    Die diagram hieronder toon ŉ moderne diereproduksietegniek.

        4.5.1    Identifiseer die prosedure in die diagram hierbo.                          (1)

        4.5.2    Noem dier C in die genoemde prosedure in VRAAG 4.5.1.                      (1)

        4.5.3    Evalueer die geskiktheid van die voortplantingstegniek genoem in
                 VRAAG 4.5.1 vir gebruik deur bestaansboere.                                (1)

        4.5.4    Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.5.3 hierbo.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2024)

4.6   Hieronder is ŉ prent wat ŉ belangrike stadium in diereproduksie toon.

      4.6.1    Identifiseer die proses wat in die prent uitgebeeld word.                  (1)

      4.6.2    Dui die toestand aan wat met die proses hierbo kan inmeng.                 (1)

      4.6.3    Noem TWEE oorsake van die toestand in VRAAG 4.6.2 genoem.                  (2)

      4.6.4    Hieronder is fases van reproduksie by koeie. Rangskik die fases
               chronologies in orde. Skryf SLEGS die letter neer.

               A     Parturisie (Geboorte)
               B     Besetting
               C     Dragtigheid
               D     Bevrugting
               E     Ejakulasie                                               (5 x 1)    (5)
                                                                                        [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            105
                                                               GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans/87738a5d-7089-4dd9-a420-a2b9a5b62859) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-memo-sept2019-afrikaans/3d81c855-5109-4dea-9330-d12214e46cb8) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO JUNE2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-june2021-afrikaans/f4f03339-dad4-4db8-be39-0b8b321e2c58) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
