# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-watermark/a08d1c77-40e1-42df-aa8b-bbfc3afdfe7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-watermark/a08d1c77-40e1-42df-aa8b-bbfc3afdfe7a)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/0e6474e9-0803-4920-9968-db2054a3f46e) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2023

                  LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2023)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
    die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

     1.1.1    Die eweredige verspreiding van kunsmis oor die hele oppervlak van die
              veld.

              A      Band plasing
              B      Blaartoediening
              C      Uitstrooing
              D      Bevrugting

     1.1.2    Watter EEN van die onderstaande stellings is korrek met betrekking tot
              osmose?

              A      Watermolekules beweeg van ŉ verdunde na ŉ gekonsentreerde
                     oplossing.
              B      Watermolekules beweeg van ŉ gekonsentreerde na ŉ verdunde
                     oplossing.
              C      Watermolekules beweeg van ŉ gebied met laer konsentrasie van
                     molekules na ŉ gebied met hoër konsentrasie van molekules.
              D      Molekules van enige stof beweeg van ŉ gebied met hoër
                     konsentrasie van molekules na ŉ gebied met ŉ laer konsentrasie
                     van molekules.

     1.1.3    Bereken die persentasie fosfor in die kunsmissak hieronder.

              A      9,3%
              B      14,0%
              C      4,7%
              D      28%

     1.1.4    … is vrugte wat uit blomme met baie eierstokke ontwikkel.

              A      Eenvoudige vrugte
              B      Veelvuldige vrugte
              C      Saamgestelde vrugte
              D      Bykomstige vrugte

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                        LANDBOUWETENSKAPPE V2             (EC/NOVEMBER 2023)

     1.1.5     … is ŉ voorbeeld van kouende plae.

               A       Blaarmynwerkers
               B       Rupes
               C       Plantluise
               D       Rooispinmyte

     1.1.6     Die volgende is nadele van ongeslagtelike voortplanting.

               (i)  Verminderde genepoel
               (ii) ŉ Bestuiwingsmiddel word benodig
               (iii)Negatiewe mutasies word na die nageslag oorgedra en kan nie
                    die geslagslyn verlaat nie
               (iv) Meiose vind nie plaas nie

               Kies die regte kombinasie:

               A       (i), (ii) en (iv)
               B       (i), (ii) en (iii)
               C       (i), (iii) en (iv)
               D       (ii), (iii) en (iv)

     1.1.7     Die middel vlesige deel van die vrugte wat gewoonlik eetbaar is.

               A       Perikarp
               B       Mesokarp
               C       Endokarp
               D       Eksokarp

     1.1.8     … is NIE ŉ voorbeeld van ŉ varswaterspesie NIE.

               A       Karp
               B       Goudvis
               C       Afrikaanse katvis
               D       Perlemoen

     1.1.9     Watter EEN van die volgende is NIE ŉ belangrike oorweging wanneer
               ŉ perseel vir ŉ kweekhuis gekies word NIE?

               A       Lig
               B       Temperatuur
               C       Humiditeit
               D       Kultivar

     1.1.10    … is ŉ inheemse metode waarin alle plantreste op die grondoppervlak
               gedurende die hele proses van bewerking gelaat word.

               A       Verwydering van die hele plant
               B       Deklaagbewerking
               C       Verskuiwing van verbouing
               D       Kaalbewerking
                                                                             (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2023)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    5

1.2 Kies ŉ term uit KOLOM B by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A–J) langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
     1.2.1    Chemikalieë wat gebruik word om onkruid te A       Xileem
              beheer

     1.2.2    Verdikte ondergrondse stamme met nodusse B         Phloem
              en internodes

     1.2.3    Plantweefsel wat water van die wortels na die C    GIS
              ander dele van die plant vervoer

     1.2.4    Die produksie van proteïen vir menslike D          Risome
              gebruik in water onder beheerde produksie-
              omstandighede

     1.2.5    ŉ Rekenaarstelsel vir die vaslegging, E            Agronomie
              berging, kontrolering en vertoon van data wat
              met posisies op die aarde se oppervlak
              verband hou

                                                            F    Onkruiddoders

                                                            G    Bolle

                                                            H    Mitdoders

                                                            I    GPS

                                                            J    Akwakultuur
                                                                                (5 x 2)   (10)

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die term langs
    die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.3.1    Die opwaartse trekkrag wat op die waterkolom in plante uitgeoefen word
              wanneer water tydens transpirasie verlore gaan

     1.3.2    ŉ Stof wat op die grond toegedien word om suurheid reg te stel

     1.3.3    ŉ Breë-gebaseerde benadering wat beide chemiese en nie-chemiese
              praktyke kombineer vir optimale plaagbeheer

     1.3.4    Die gebruik van biologiese prosesse om produkte te vervaardig wat die
              kwaliteit van menslike lewe verbeter

     1.3.5    ŉ Sistematiese studie van die grond van ŉ gebied, insluitend
              klassifikasie en kartering van die eienskappe en die verspreiding van
              verskeie grondeenhede
                                                                              (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2023)

1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
    om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
    (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.4.1   Okkulasie is die samesmelting van die kern van ŉ manlike gameet met
             die kern van ŉ vroulike gameet.

     1.4.2   Koolstofdioksied is ŉ neweproduk van fotosintese.

     1.4.3   Tussengewasverbouing is die verbouing van ŉ enkele gewas in ŉ
             gegewe gebied.

     1.4.4   Gewasse wat stikstof deur middel van bakterieë in hul wortels bind, word
             graan genoem.

     1.4.5   Wanneer ŉ veld rus van die werk om gewasse te kweek, word gesê dat
             dit dormant is.
                                                                         (5 x 1)           (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2023)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  7

AFDELING B

VRAAG 2: PLANTSTUDIES (VOEDING)

2.1 Die vergelyking hieronder toon ŉ proses wat in plante plaasvind.

     2.1.1    Identifiseer die proses hierbo getoon.                                       (1)

     2.1.2    Identifiseer die produk van die proses.                                      (1)

     2.1.3    Noem TWEE organe in plante waar die produkte van die proses gestoor
              word.                                                                        (2)

     2.1.4    Gee TWEE faktore wat die spoed van die proses beïnvloed.                     (2)

     2.1.5    Stel TWEE maatreëls voor wat boere kan neem om die proses te
              optimaliseer.                                                                (2)

     2.1.6    Beskryf TWEE gevolge van die afwesigheid van die bogenoemde
              proses.                                                                      (2)

2.2 Die vloeidiagramdiagram hieronder wys hoe water in plante beweeg.

                           A                            B
             Grond                       Plant                  Atmosfeer

     2.2.1    Identifiseer die prosesse A en B.                                            (2)

     2.2.2    Die beweging van water hierbo getoon is krities vir plantegroei.
              Regverdig hierdie stelling met TWEE redes.                                   (2)

     2.2.3    Beskryf TWEE maniere waarop plante waterbeweging in rigting B
              verminder.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2023)

2.3 Die tabel hieronder toon verskeie minerale wat benodig word vir plantegroei.

       Mineraal      Simbool   Makro/mikro     Vorm deur plante       Tekort-
                                                 geabsorbeer        simptoom
      Yster          A         B               Fe2+-ione        Nekrotiese jong
                                                                blare
      C              K         Makro           D                Verskroeide
                                                                blaarpunte
      Stikstof       N         Makro           E                F
      Kalsium        Ca        G                 2+
                                               Ca -ione         Swak blaar- en
                                                                wortelontwikkeling

     2.3.1    Verskaf byskrifte vir B–G om die tabel volledig te maak.                     (6)

     2.3.2    Stel TWEE metodes voor wat deur boere gebruik kan word om die
              voedingstofstatus van plante en grond te bepaal.                             (2)

2.4 Plante kry hul water en minerale voedingstowwe uit die grond. Die opname van
    minerale kan aktief of passief wees.

     2.4.1    Tabuleer TWEE verskille tussen passiewe en aktiewe mineraalopname.           (4)

     2.4.2    Gee TWEE faktore wat die beskikbaarheid van voedingstowwe soos
              stikstof vir plante kan beïnvloed.                                           (2)

2.5 Die tabel hieronder toon die benaderings wat deur verskillende boere gebruik
    word om die vrugbaarheid van hul gronde te verbeter.

                Boer A                                     Boer B
     Gebruik kompos, groenmis en          Gebruik saamgestelde kunsmis wanneer
     plaasmis.                            daar geplant word en dien fosfatiese of
                                          stikstofhoudende kunsmis toe as bo-
                                          bemesting.

     2.5.1    Klassifiseer die kunsmisstowwe wat deur elk van die boere hierbo gebruik
              word.                                                                        (2)

     2.5.2    Gee TWEE omgewingsimpakte van die kunsmis wat deur boer B gebruik
              word.                                                                        (2)

     2.5.3    Gee EEN voorbeeld van ŉ stikstofbemesting.                                   (1)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2023)                        LANDBOUWETENSKAPPE V2                            9

VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE EN BESKERMING

3.1 Die diagramme hieronder toon dele van ŉ blom.

                     Diagram 1                               Diagram 2
                                                                   B
              A
                                                                   Styl

                               filament                            C

                                                                   D

      3.1.1   Verskaf byskrifte vir diagramme 1 en 2 hierbo.                              (2)

      3.1.2   Beskryf die funksie van deel C in diagram 2.                                (1)

      3.1.3   Identifiseer blomdele B en D.                                               (2)

      3.1.4   Noem die proses waartydens stuifmeelkorrels vanaf deel A van
              diagram 1 na deel B van diagram 2 oorgedra word.                            (1)

      3.1.5   Gee TWEE voorbeelde van middels vir die proses wat in VRAAG 3.1.4
              beskryf word.                                                               (2)

      3.1.6   Gee die letter van die dele wat sal verander in:

              (a)     Vrugte                                                              (1)

              (b)     Saad                                                                (1)

3.2                Proses A                                    Proses B
      Die produksie van vrugte sonder die       Wanneer vrugtebome baie jong blomme
      bevrugting van ovules, wat tot die        en vrugte afwerp om die hoeveelheid
      produksie van pitlose vrugte lei.         vrugset te verminder.

      3.2.1   Identifiseer prosesse A en B wat hierbo beskryf word.                       (2)

      3.2.2   Noem die TWEE tipes van proses A.                                           (2)

      3.2.3   Gee TWEE faktore wat proses B beïnvloed.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2023)

3.3

      3.3.1   Identifiseer die proses wat in die prent hierbo getoon word.                     (1)

      3.3.2   Wat is die naam wat gegee word aan die mislukking van die proses wat
              hierbo plaasvind al is die omgewingstoestande bevorderlik?                       (1)

      3.3.3   Stel TWEE strategieë voor wat deur boere gebruik kan word om die
              uitdaging in VRAAG 3.3.2 te oorkom.                                              (2)

      3.3.4   Gee EEN omgewingsvereiste vir die proses in VRAAG 3.3.1 genoem.                  (1)

3.4 Die prent hieronder toon ŉ voorbeeld van ŉ kunsmatige voortplantingsmetode.

                                A

                                B

      3.4.1   Noem dele A en B.                                                                (2)

      3.4.2   Bepaal of die voortplantingstipe hierbo geslagtelik of ongeslagtelik is.         (1)

      3.4.3   Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.2. hierbo.                                    (1)

      3.4.4   Gee TWEE voordele van die reproduksietipe wat in VRAAG 3.4.2 hierbo
              getoon word.                                                                     (2)

3.5 So lank as wat mense plante kweek, was onkruid ŉ probleem. Onkruid
    kompeteer met gewasse vir vog, lig, voedingstowwe en ruimte. Hulle dien as
    gasheer vir insekplae en patogene.

      3.5.1   Identifiseer die rol van onkruide in plantsiekte-uitbrekings in die leesstuk
              hierbo.                                                                          (1)

      3.5.2   Stel TWEE meganiese onkruidbeheermetodes voor wat deur boere
              gebruik kan word.                                                                (2)

      3.5.3   Beskryf DRIE bydraes van die staat tot plantbeskerming.                          (3)

      3.5.4   Noem TWEE voorbeelde van gestoorde graanplae.                                   (2)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2023)                     LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  11

VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

4.1 Die diagram hieronder toon ŉ moderne boerderybenadering.

     4.1.1    Identifiseer die boerderybenadering wat hierbo uitgebeeld word.                 (1)

     4.1.2    Identifiseer TWEE sleuteltegnologieë wat in die diagram sigbaar is wat
              in die boerderybenadering gebruik word.                                         (2)

     4.1.3    Gee TWEE doelwitte van hierdie boerderybenadering.                              (2)

4.2 Die tabel hieronder toon ŉ vergelyking tussen die blaargrootte van spinasie wat
    in ŉ kweekhuis en dit wat in ŉ oop veld gekweek word.

             Tyd (weke)                         Blaaroppervlakte (cm2)
                                          Oop veld              Kweekhuis
                     1                       4                      16
                     2                       7                      24
                     3                       9                      28
                     4                      12                      31

     4.2.1    Bied die inligting in die tabel hierbo in die vorm van ŉ grafiek aan.           (6)

     4.2.2    Lei die neiging in die grafiek af.                                              (2)

     4.2.3    Verduidelik kortliks die moontlike oorsaak van die verskille in
              blaargroottes wat hierbo aangeteken is.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2023)

4.3 Grondbewerking is die meganiese manipulasie van die grond wat in twee fases
    plaasvind; die eerste een is primêre bewerking, wat gevolg sal word deur
    sekondêre bewerking.

     4.3.1   Gee TWEE doelwitte van grondbewerking.                                        (2)

     4.3.2   Onderskei sekondêre van primêre bewerking.                                    (2)

     4.3.3   Gee vir elke bewerkingstipe in VRAAG 4.3.2 ŉ voorbeeld van ŉ
             implement wat gebruik kan word.                                               (2)

     4.3.4   Beveel TWEE bewerkingstelsels aan wat omgewingsvriendelik is.                 (2)

4.4 Die tabel hieronder wys hoe boere verskillende gewasse op verskillende persele
    op hul plaas kan plant.

                  Plot 1       Plot 2             Plot 3    Plot 4          Plot 5
     Siklus 1 Blaargewasse  Peul-               Brassicas Wortel-        Solanaceae
                            gewasse                       gewasse
     Siklus 2 Solanaceae    Blaar-              Peul-     Brassicas      Wortel-
                            gewasse             gewasse                  gewasse
     Siklus 3 Wortelgewasse Solanaceae          Blaar-    Peul-          Brassicas
                                                gewasse gewasse

     4.4.1   Identifiseer die gewasstelsel wat in die tabel hierbo getoon word.            (1)

     4.4.2   Lei TWEE beginsels af van die gewasstelsel wat in die tabel getoon
             word.                                                                         (2)

     4.4.3   Gee TWEE redes waarom jy die stelsel hierbo aan boere sal aanbeveel.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2023)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                13

4.5 Die prent hieronder toon ŉ produksiestelsel wat besig is om onder boere gewild
    te raak.

     4.5.1    Identifiseer die bewerkingstelsel hierbo getoon.                            (1)

     4.5.2    Onderskei tussen die stelsel hierbo en ŉ oopveldstelsel.                    (2)

     4.5.3    Gee TWEE voorbeelde van groeimedia wat in die stelsel hierbo gebruik
              kan word.                                                                   (2)

     4.5.4    Die produksiestelsel hierbo getoon kan deur ŉ oop of ŉ geslote stelsel
              uitgevoer word. Gee TWEE nadele van ŉ geslote sisteem.                      (2)
                                                                                         [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 OP NOV2023 Afrikaans D watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-d-watermark/1cbfc058-6f9e-4d20-9381-988b194a7eea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 OP NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-op-nov2023-afrikaans-d/fc29d97e-872d-4cef-b1f6-131870f1e57e) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/6d4ed462-1468-45e2-bf3f-d4187dcb3289) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/bdd8ac33-295d-4be9-b283-81c87daf67de) — Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/68039810-2891-43d1-ba5d-cdc65482410d) — Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
