# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/68039810-2891-43d1-ba5d-cdc65482410d) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1   Wortelhaarselle absorbeer water deur ...

               A      osmose.
               B      diffusie.
               C      aktiewe opname.
               D      guttasie.

       1.1.2   … is die eweredige verspreiding van kunsmis oor die oppervlak van ŉ
               land.

               A      Band-plasing
               B      Uitsaai
               C      Bevrugting
               D      Lugtoediening

       1.1.3   ŉ Boer koop kunsmis met die inskripsie 3 : 2 : 1 (28) daarop. Dit beteken
               die kunsmis bevat ...

               A      28% N.
               B      14% N.
               C      50% N.
               D      9,3% N.

       1.1.4   … is NIE ŉ voorbeeld van ŉ gestoorde graanplaag NIE.

               A      ŉ Ryskalander
               B      ’n Meelmot
               C      ŉ Graankewer
               D      ’n Mieliestronkboorder

       1.1.5   … is ŉ voorbeeld van meganiese onkruidbeheer.

               A      Wisselbou
               B      Bekendstelling van natuurlike vyande
               C      Gebruik van vuur
               D      Gebruik van onkruiddoders

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2022)

      1.1.6   Die staat speel die volgende rolle in plantbeskerming.

              (i)     Trek wetgewing op
              (ii)    Verskaf kwarantyndienste
              (iii)   Dien plaagdoders namens boere toe
              (iv)    Doen navorsing

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iv)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i) en (ii)
              D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.7    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ nadeel van monokultuur NIE?

               A      Bied ŉ ideale omgewing vir die verspreiding van siektes
               B      Groot hoeveelhede plaagdoders word benodig
               C      Hoë kanse op totale oesmislukking
               D      Slegs een tipe masjinerie, kennis en insette word vereis

      1.1.8    Die … is die mees geskikte dreineringstelsel op ŉ stuk grond wat ŉ
               duidelike depressie in die middel het.

               A      natuurlike stelsel
               B      visgraat
               C      roosterstelsel
               D      parallelle stelsel

      1.1.9    Data van ŉ grondopname word vir die volgende gebruik, behalwe vir ...

               A      plaasbeplanning.
               B      streekbeplanning.
               C      huishoudelike beplanning.
               D      eiendomswaardasies.

      1.1.10 Watter EEN van die volgende stelsels is die meeste waterdoeltreffend?

               A      Vloedbesproeiing
               B      Drupbesproeiing
               C      Sprinkelbesproeiing
               D      Mikro-spuitstelsel                                          (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      5

1.2    Kies ŉ woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    Aantrekkingskrag tussen verskillende        A    Turgied
                molekules

       1.2.2    Sagte, swak, slap selle wat deur die verlies B   Afspening
                van water veroorsaak word

       1.2.3    ŉ Proses waartydens ŉ vrugteboom baie C          Hidroponika
                jong blomme en vrugte afgooi om die
                hoeveelheid vrugset te verminder

       1.2.4    Die produksie van         vrugte   sonder D      Adhesie
                bevrugting van ovules

       1.2.5    Groei van plante sonder grond, deur E            Partenokarpie
                minerale voedingsoplossings te gebruik

                                                            F    Kohesie

                                                            G    Slap

                                                            H    Binding
                                                                                 (5 x 2)   (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
       woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDE-
       BOEK neer.

       1.3.1    Stowwe wat by grond gevoeg word om die voedingstatus van grond te
                verbeter.

       1.3.2    ŉ Wit of grys materiaal wat uit gehidreerde kalsiumsulfaat
                (CaSO4.2H2O) bestaan.

       1.3.3    Die samesmelting van manlike en vroulike gamete.

       1.3.4    Die manipulasie van lewende dinge om nuttige produkte te maak.

       1.3.5    Die beheerde proses om waterorganismes te kweek, veral vir menslike
                gebruik.                                                    (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
      om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
      (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Nekrose is die vergeling van plantblare as gevolg van die nie-produksie
               van chlorofil in plante.

      1.4.2    Chemikalieë wat gebruik word om swamme te beheer, word
               onkruiddoders genoem.

      1.4.3    ŉ Verdampingspan word gebruik om grondvogspanning in die grond te
               meet.

      1.4.4    Konvensionele bewerking is ŉ landboutegniek om gewasse of weiding
               te verbou sonder om die grond deur bewerking te versteur.

      1.4.5    Die bedekking van bewerkte grond met verskillende stowwe soos gras
               of saagstof word na as lae verwys.                          (5 x 1)         (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      7

AFDELING B

VRAAG 2: PLANTSTUDIES (VOEDING)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Daar word na plante verwys as outotrofiese organismes vanweë hul vermoë
       om voedsel vir hulself te vervaardig.

       2.1.1    Gee TWEE organe waar die produkte van fotosintese gestoor word.              (2)

       2.1.2    Beskryf kortliks hoe klimaatsverandering fotosintetiese tempo’s in
                plante kan beïnvloed.                                                        (2)

2.2    Graad 11-leerders het ŉ eksperiment uitgevoer om die effek van temperatuur
       op die tempo van fotosintese te bepaal. Die effek van temperatuur op die tempo
       van fotosintese word bepaal deur die aantal suurstofborrels wat ontwikkel is.
       Die leerders het hul resultate in die tabel hieronder opgesom.

               TEMPERATUUR (°C)                         AANTAL BORRELS
                     15                                       21
                     20                                       25
                     25                                       30
                     30                                       33
                     35                                       35
                     40                                       40

       2.2.1    Omskep die inligting in die tabel hierbo in ŉ lyngrafiek.                    (6)

       2.2.2    Beskryf die neiging in die grafiek wat jy in VRAAG 2.2.1 geteken het.        (2)

       2.2.3    Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die faktor wat op
                die grafiek gewys word vir maksimum fotosintese te manipuleer.               (2)

2.3    Die selmembraan bestaan uit ŉ fosfolipied dubbellaag met verskeie proteïene
       daarin ingebed. Hierdie struktuur stel verskillende stowwe in staat om deur die
       membraan te beweeg deur óf eenvoudige diffusie, gefasiliteerde diffusie of
       aktiewe vervoer.

       2.3.1    Noem die metode in die uittreksel hierbo wat geskik is vir elk van die
                omstandighede wat hieronder gegee word.

                (a)   Vereis energie in die vorm van ATP om te voorkom.                      (1)

                (b)   Beweeg voedingstowwe af van hul konsentrasiegradiënt.                  (1)

                (c)   Vind met behulp van transmembraanproteïene plaas.                      (1)

       2.3.2    Onderskei tussen osmose en diffusie.                                         (2)

       2.3.3    Beskryf TWEE belangrike funksies van water in plante.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

 2.4 Die tabel hieronder toon sommige plantminerale.

           MINERAAL                 TEKORTSIMPTOOM                  MIKRO/MAKRO
               A              Ouer blare lyk pers van kleur             Makro
                              Blaarrande en -punte word bruin
                  B           en nekroties                                 Makro
              Molibdeen       Vertraagde groei                              C
               Stikstof                       D                            Makro

      2.4.1     Verskaf die byskrifte A–D om die tabel volledig te maak.                     (4)

      2.4.2     Stel TWEE metodes voor wat boere kan gebruik om die
                voedingstofstatus van hul gronde te bepaal.                                  (2)

      2.4.3     Noem TWEE faktore wat die beskikbaarheid van die voedingstowwe in
                die tabel hierbo, vir plante kan beïnvloed.                                  (2)

 2.5 Dieremis is ŉ waardevolle grondbemesting vir tuistuine. Dit verskaf primêre
     voedingstowwe en mikrovoedingstowwe vir plantgroei en dien ook as ŉ bron
     van organiese materiaal. Die verhoging van grond-organiese materiaal
     verbeter grondstruktuur, verhoog waterhouvermoë van sanderige gronde en
     verbeter dreinering van kleigrond.

      2.5.1     Klassifiseer die kunsmis wat in die leesstuk hierbo beskryf word.            (1)

      2.5.2     Identifiseer TWEE fisiese voordele van dieremis wat in die leesstuk
                hierbo genoem word.                                                          (2)

      2.5.3     Beklemtoon TWEE potensiële gevare verbonde aan die gebruik van
                dieremis.                                                                    (2)

      2.5.4     Noem die ander soort mis wat nie in die leesstuk voorkom nie.               (1)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         9

VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE EN BESKERMING
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1    Ontleed die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           D

                                                                     C
                          E
                                                                         B
                                                        A

       3.1.1    Identifiseer die tipe bestuiwing wat hierbo uitgebeeld word.                    (1)

       3.1.2    Noem die bestuiwingsmiddel in die diagram hierbo.                               (1)

       3.1.3    Identifiseer TWEE nie-geslagtelike dele van die blomme wat hierbo
                getoon word.                                                                    (2)

       3.1.4    Gee die versamelnaam van die strukture C en B.                                  (1)

       3.1.5    Benoem struktuur E in die diagram hierbo en noem die funksie
                daarvan.                                                                        (2)

       3.1.6    Beskryf TWEE aanpassings van die blomme in die diagram hierbo vir
                die tipe bestuiwing wat in VRAAG 3.1.1 genoem word.                             (2)

3.2    Die diagram hieronder toon ŉ belangrike stadium in plantreproduksie.

       3.2.1    Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo getoon word.                  (1)

       3.2.2    Noem TWEE basiese vereistes vir die proses wat hierbo getoon word
                om suksesvol te wees.                                                           (2)

       3.2.3    Stel TWEE metodes voor wat deur boere aangewend kan word om die
                proses wat hierbo getoon word, te bespoedig.                                    (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

 3.3 Hieronder is voorbeelde van plante wat deur ongeslagtelike voortplanting
     voortgeplant kan word.

                                 uie, aartappels, aarbeie, rose

      3.3.1    Identifiseer ŉ voorbeeld van ŉ plant uit die boks hierbo wat
               gepropageer word deur elk van die metodes hieronder te gebruik.
               (a)    Steggies                                                             (1)
               (b)    Bolle                                                                (1)
               (c)    Knolle                                                               (1)
               (d)    Lopers                                                               (1)
      3.3.2    Definieer ongeslagtelike voortplanting.                                     (2)
      3.3.3    Gee TWEE nadele van ongeslagtelike voortplantingsmetodes van
               plantvoortplanting.                                                         (2)
 3.4 Die diagram hieronder toon organismes wat gewasse op plase aanval.

                                               Bakterieë

                         Fungi
                                                             Virus

                                   Plantluis           Aalwurms

      3.4.1    Identifiseer TWEE mikro-organismes uit die diagram hierbo.                  (2)
      3.4.2    Identifiseer EEN patogeen en sy vektor in die diagram hierbo.               (2)
      3.4.3    Gee TWEE wyse van oordrag van die mikro-organismes in VRAAG
               3.4.1 genoem.                                                               (2)
      3.4.4    Beveel TWEE maatreëls aan wat boere tref om die verspreiding van
               siektes op hul plase te voorkom.                                            (2)
 3.5 Die vloeidiagram hieronder toon die stappe wat ŉ boer neem om gewasse op
     die plaas te beskerm.
      Voorkomende maatreëls    Monitering     Meganiese beheer
      Biologiese beheer   Verantwoordelike gebruik van plaagdoders
      3.5.1    Noem die plaagbeheermetode wat hierbo gewys word.                           (1)
      3.5.2    Beskryf TWEE voordele van die gebruik van die metode hierbo
               genoem.                                                                     (2)
      3.5.3    Stel TWEE uitdagings voor wat landelike boere in die gesig staar met
               die implementering van die strategie in VRAAG 3.4.1 genoem.                (2)
                                                                                         [35]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    11

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1 Die diagram hieronder illustreer ŉ gewas(oes)stelsel wat gewild onder Suid-
     Afrikaanse boere is.

                                        Jaar 1

                     Jaar 4

                                                                   Jaar 2

                                                 Jaar 3

       4.1.1    Identifiseer die gewas(oes)stelsel wat hierbo getoon word.                    (1)

       4.1.2    Gee TWEE redes waarom boere aangemoedig word om die
                gewas(oes)stelsel hierbo getoon te gebruik.                                   (2)

       4.1.3    Beskryf DRIE beginsels wat toegepas is tydens die ontwerp van die
                gewas(oes)stelsel hierbo getoon.                                              (3)

       4.1.4    Die gewasse in JAAR 3 sluit bone en ertjies in. Verskaf die algemene
                naam wat aan hierdie gewasse gegee word.                                      (1)

       4.1.5    Verduidelik die rol van die gewasse wat in JAAR 3 geplant is in die
                wisselbouprogram.                                                             (2)

 4.2 Grondbewerking is die landbouvoorbereiding van grond deur meganiese
     roering van verskeie tipes, soos grawe, roer en omslaan. Dit kan
     mensgedrewe, trekdiergedrewe of gemeganiseerd wees.

       4.2.1    Identifiseer die TWEE metodes uit die leesstuk wat hulpbron-arm boere
                meer geneig is om te gebruik om bewerking op hul plase aan te dryf.           (2)

       4.2.2    Gee TWEE voorbeelde van werktuie wat tydens mensaangedrewe
                grondbewerking gebruik kan word.                                              (2)

       4.2.3    Noem DRIE funksies van grondbewerking.                                        (3)

       4.2.4    Onderskei tussen primêre bewerking en sekondêre bewerking.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

 4.3 Die struktuur hieronder is algemeen op Suid-Afrikaanse plase.

      4.3.1    Identifiseer die struktuur in die prent hierbo.                             (1)

      4.3.2    Skets TWEE voordele van die gebruik van sulke strukture in landbou.         (2)

      4.3.3    Noem DRIE omgewingstoestande wat in ag geneem moet word
               wanneer die ligging van die struktuur in VRAAG 4.3.1 genoem, gekies
               word.                                                                       (3)

 4.4 Die prent hieronder toon ŉ aktiwiteit wat op plase plaasvind.

      4.4.1    Noem die proses wat in die prent hierbo getoon word.                        (1)

      4.4.2    Noem TWEE bronne van water wat gebruik word vir die proses hierbo
               getoon.                                                                     (2)

      4.4.3    Beskryf TWEE voordele van die proses in VRAAG 4.4.1 genoem.                 (2)

      4.4.4    Identifiseer TWEE tekens van swak-kwaliteit water.                          (2)

      4.4.5    Noem TWEE gevolge van die gebruik van swak-kwaliteit water in die
               proses hierbo getoon.                                                      (2)
                                                                                         [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:      105
                                                                     GROOTTOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/4312e17a-9e01-4eff-b53a-3b655c2440fe) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/bdd8ac33-295d-4be9-b283-81c87daf67de) — Agricultural Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [AGRIC SC P2 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/a2f3f5eb-8fc5-4ca9-8223-483d88405b34) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SC P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/27fdc685-d8fc-42a3-a4f1-ff4853368997) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-afrikaans/669f7e40-688f-4bb5-9752-1bce43ef724f) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans-watermark/94c17983-eb26-4603-a12b-5c6f7b313f35) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
