# Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2020

                  LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                (EC/SEPTEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
       AFDELING B.

2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                          3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D langs die vraagnommers
      (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1 Hierdie Wet poog om die mark meer toeganklik vir alle deelnemers
            te maak:

              A       Wet op Vleisveiligheid
              B       Wet op Verbruikersbeskerming
              C       Wet op die Bemarking van Landbouprodukte
              D       Wet op Voedsel, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels

      1.1.2 ... word aan die vraagkant van die landboubesigheidsketting gevind.

              A       Diens
              B       Vervaardiging
              C       Verwerking
              D       Navorsing vir nuwe kultivars

      1.1.3 Die volgende is redes waarom landbouprodukte onelasties is in terme
            van aanbod:

              (i)     Lang produksietydperk
              (ii)    Meeste landbouprodukte is bederfbaar
              (iii)   Beskikbaarheid van plaasvervangers
              (iv)    Oes en bemarking van landbouprodukte is seisoenaal

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.4 Prysvasstelling vind plaas in ŉ …

              (i)     monopolie.
              (ii)    vrye mark.
              (iii)   monopsonie.
              (iv)    beheerde mark.

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om aseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

      1.1.5    ŉ Boer se totale inkomste na hy tamaties verkoop het is
               R20 000. Die boer het R34 500 aan produksie en bemarkings-
               kostes bestee. Die boer het dus …

               A      ŉ wins van R14 500 gemaak.
               B      ŉ wins van R54 500 gemaak.
               C      ŉ verlies van R14 500 gemaak.
               D      ŉ verlies van R14 500 gemaak.

      1.1.6    Watter een van die volgende is NIE ŉ voorbeeld van ŉ
               produksierisiko NIE?

               A      Beskikbaarheid van kapitaal
               B      Tegnologie
               C      Peste en siektes
               D      Effektiwiteit van masjienerie

      1.1.7    Die volgende is ekonomiese funksies van grond, behalwe
               dat …

               A      grond as versekering gebruik kan word.
               B      grond gekoop en verkoop kan word.
               C      grond ŉ bron van minerale is.
               D      grond ruimte vir landbou-aktiwiteite voorsien.

      1.1.8    … is ŉ metode vir gewasverbetering waar individuele plante
               vanuit ŉ gemengde bevolking gekies word op grond van
               fenotipe, hul saad word dan in grootmaat gestoor en gebruik om
               die volgende generasie te kweek.

               A      Familieseleksie
               B      Stamboomseleksie
               C      Massaseleksie
               D      Nageslagseleksie

      1.1.9    Watter EEN van die volgende is SLEGS van toepassing op ŉ
               dihibriede kruising?

               A      Wet op skeiding
               B      Wet van onafhanklike sortering
               C      Dominansie
               D      Bevrugting

      1.1.10 EEN van die volgende is NIE ŉ voordeel van genetiese
             ingenieurswese in vergelyking met tradisionele metodes NIE:

               A      Presisie
               B      Nie beperk tot individue van dieselfde spesie nie
               C      Resultate word binne ŉ relatiewe kort tydperk verkry
               D      Benodig minder vaardighede en ondervinding. (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    5

1.2    Kies ŉ term/frase uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                          KOLOM A                               KOLOM B
       1.2.1 Merk produkte met ŉ kenmerkende etiket A          oorerflikheid
             sodat verbruikers weet dat die vervaardiger
             aan erkende omgewingstandaarde voldoen

       1.2.2 ŉ Bestuurstrategie waar die koste van die    B    begroting
             gevolge van ŉ risiko onder vele
             aandeelhouers verdeel word

       1.2.3 ŉ Volledige lys van bates op ŉ plaas         C    inventaris

       1.2.4 Die oordra van eienskappe van een geslag D        groenbemarking
             na die volgende

       1.2.5 Die studie van oorerflikheid en die variasie E    eko-etikettering
             van oorgeërfde eienskappe

                                                          F    risikoverdeling

                                                          G    diversifisering

                                                          H    genetika
                                                                            (5 x 2)    (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
       die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1   Wanneer die vraag na ŉ produk teen ŉ sekere prys gelyk is aan die
               aanbod van daardie produk teen dieselfde prys

       1.3.2   Mense wat besigheidsgeleenthede raaksien en bereid is om die
               risiko te neem om hulle eie onderneming te begin

       1.3.3   Die proses om onsekerhede en scenarios te identifiseer, te
               assesseer en te bestuur wat ŉ invloed het op ŉ organisasie se
               vermoë om hul langtermyndoelwitte te bereik

       1.3.4   Uitset per eenheidsarbeid-inset

       1.3.5   ŉ Eienskap wat met ŉ geen gekoppel word wat slegs deur die
               manlike of vroulike ouer gedra word                (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om aseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
      stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
      vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1 Aanbod is die hoeveelheid goedere wat verbruikers bereid is om teen
            ŉ gegewe prys te koop.

      1.4.2 ŉ Volle-plaas begroting voorsien ŉ oorsig van die kontantvloei
            gedurende ŉ spesifieke tydperk.

      1.4.3 ŉ Lokus verwys na een van die alternatiewe vorme van ŉ geen.

      1.4.4 Heterose is die verminderde biologiese krag wat binne ŉ gegewe
            bevolking weens inteling plaasvind.

      1.4.5 ŉ Vektor is ŉ agent, soos bestraling of ŉ chemiese stof, wat genetiese
            mutasies veroorsaak.                                           (5 x 1)       (5)

                                                         TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                 7

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Die grafiek hieronder toon een van die prysbepalingsfaktore.

                        PRYS   P1

                                    H1         H2
                                         HOEVEELHEID

       2.1.1    Identifiseer die prysbepalingsfaktor wat deur die kurwe voorgestel
                word.                                                                      (1)

       2.1.2    Beskryf kortliks hoe elk van die volgende faktore hieronder die kurwe
                in die rigting van die pyltjies sal laat beweeg:

                (a) Tegnologie                                                             (2)

                (b) Omgewingstoestande                                                     (2)

       2.1.3    Gee TWEE faktore, anders as dié genoem in VRAAG 2.1.2, wat die
                vorm van die kurwe hierbo sal verander.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om aseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      LANDBOUWETENSKAPPE V2             (EC/SEPTEMBER 2020)

2.2

              B            Makelaars/agente

            Verspreiders
                                                    Winkels             Verbruikers
                           Groothandelaars

            PLAAS                                    A

      2.2.1       Noem die proses wat deur die vloeidiagram hierbo voorgestel word.      (1)
      2.2.2    Identifiseer die bemarkingskanale wat deur pyle A en B voorgestel
               word.                                                             (2)
      2.2.3       Gee EEN voordeel van bemarkingskanaal A vir die verbruiker.            (1)
      2.2.4    Stel metodes voor hoe om die uitdagings te hanteer, wat die proses in
               VRAAG 2.2.1 kan belemmer:
               (a) Afstand na markte                                                     (1)
               (b) Bederfbaarheid van produkte                                           (1)
      2.2.5    Beskryf hoe elk van die volgende faktore die proses hierbo beïnvloed:
               (a) Lae volume in vergelyking tot grootte                                 (1)
               (b) Seisoenaliteit van produksie                                          (2)
2.3   Die stellings hieronder beskryf verskeie benaderings wat deur boere gebruik
      kan word om hul produkte te bemark.

       A.     Die praktyk om ŉ produk of diens te bemark en aan ŉ gespesialiseerde
              marksegment te verkoop.
       B.     ŉ Bemarkingstrategie waar ‘n boer besluit om marksegment-verskille te
              ignoreer en aan die hele mark met een aanbod of strategie te bemark.
       C.     ŉ Bemarkingsstrategie waar ŉ maatskappy poog om kliënte vanuit
              meer as een tipe mark vir dieselfde produk en gebruik te verkry.

      2.3.1    Identifiseer die bemarkingsbenaderings A–C.                               (3)

      2.3.2    Identifiseer die bemarkingsbenadering waar pryse heel moontlik hoog
               sal wees.                                                                 (1)

      2.3.3    Gee TWEE redes om jou antwoord te staaf.                                  (2)

      2.3.4    Gee TWEE metodes wat geskik is om produkte te bemark deur
               bemarkingsbenadering B te volg.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   9

2.4    Die foto hieronder toon twee van ‘n groep boere wat hul produkte saam
       bemark.

                                                                   [Verkry uit google.com]

       2.4.1    Noem die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo voorgestel word.            (1)

       2.4.2    Stel TWEE beginsels voor wat die vereniging van die boere hierbo
                beheer.                                                                       (2)

       2.4.3    Noem TWEE voordele vir die boere as gevolg van die bemarkingstelsel
                wat hulle gekies het.                                                         (2)

       2.4.4    Gee die naam van ŉ sleuteldokument wat die boere hierbo sal moet
                voorberei sodat hul befondsing kan verkry om hul besigheid uit te brei.       (1)

       2.4.5    Noem TWEE komponente van hierdie dokument.                                    (2)

2.5    ŉ Organisasie het die volgende eienskappe.

       A. ŉ Buurman wat soortgelyke produkte produseer het bankrot geraak.
       B. Die plaas het ŉ hoogs gekwalifiseerde en ervare bestuurder.
       C. Die plaas het ŉ negatiewe netto groei.

       2.5.1    Lei af of elk van die eienskappe A–C hierbo ŉ sterk punt, swak punt,
                geleentheid of bedreiging vir die besigheid is.                               (3)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om aseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Grond is ŉ stuk land, veral wanneer dit gebruik word vir ŉ spesifieke doel soos
    boerdery of behuising.

     3.1.1    Verduidelik die betekenis van elkeen van die volgende ekonomiese
              eienskappe van grond:

              (a)    Stedelike ontwikkeling                                                  (1)

              (b)    Grond is beperk                                                         (1)

              (c)    Grond is onderworpe aan die wet van dalende meeropbrengs
                     (afnemende meeropbrengs)                                                (2)

     3.1.2    ŉ Boer het waargeneem dat die opbrengste op sy plaas oor die afgelope
              drie jaar afgeneem het. Stel DRIE metodes voor wat die boer kan
              gebruik om die produktiwiteit van die grond te verbeter.                       (3)

3.2 Die prente hieronder toon twee tipes arbeid op plase.

         A                                      B

     3.2.1    Lei af watter tipe plaaswerkers voorgestel word deur prent A en B hierbo.      (2)

     3.2.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.1 hierbo.                                   (2)

     3.2.3    (a)    Identifiseer die plaaswerker    wat   heelwaarskynlik     deur    ŉ
                     werkgewer uitgebuit kan word.                                           (1)

              (b)    Regverdig jou antwoord op VRAAG 3.2.3 (a) hierbo.                       (1)

     3.2.4    Noem ‘n tipe wetgewing wat plaaswerker A teen uitbuiting beskerm.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                              11

3.3 Hieronder is aspekte van óf ŉ projekbegroting óf ŉ hele/volle plaasbegroting.

               oorhoofse kostes; veranderlike kostes; netto wins; bruto grens

     3.3.1 Gebruik die terme in die tabel hierbo om te onderskei tussen ŉ
           projekbegroting en ŉ volle plaasbegroting. Skryf slegs die korrekte term
           langs die letters A–D.

                               PROJEKBEGROTING             PLAASBEGROTING
      Tipe koste                      A                          B
      Tipe opbrengs                   C                          D                       (4)

     3.3.2 Regverdig die gebruik van projekbegrotings in plaasbestuur.                   (2)

3.4 Die diagramme hieronder toon verskeie tipes kapitaal.

         A                                       B

           C

     3.4.1 Lei die tipe kapitaal af wat deur prente A–C hierbo voorgestel word.          (3)

     3.4.2 Gee die letter van die kapitaalitem wat met mediumtermyn
           krediet befonds word.                                                         (1)

     3.4.3 Beskryf TWEE probleme wat met kapitaal geassossieer word.                     (2)

     3.4.4 Stel TWEE metodes voor wat boere gebruik om kapitaal te genereer.             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om aseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       ŉ Plaasbestuurder trek begrotings op en berei produksieplanne voor. Die
       bestuurder besluit dan watter aktiwiteite wanneer, hoe en deur wie gedoen
       gaan word. Gedurende die verskeie produksie-aktiwiteite monitor die
       bestuurder die vordering en verseker dat alles volgens plan verloop. Die
       bestuurder neem dan tyd om sy/haar besluitneming te evalueer.

     3.5.1 Lei DRIE hoofbestuursbeginsels wat in die leesstuk hierbo genoem
           word af.                                                                    (3)

     3.5.2 Identifiseer TWEE bestuursvaardighede wat die bestuurder hierbo
           besit.                                                                      (2)

     3.5.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.5.2.                                      (2)
                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   13

 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1 By bokke is die bruin pelskleur (AA), dominant oor swart pelskleur (aa).
     ŉ Aparte geen (C) is egter nodig vir pigmentproduksie. ŉ Bok met ŉ
     ressesiewe alleel c by hierdie lokus is nie in staat om hierdie pigment te
     produseer nie en is albino, ongeag die allele wat by lokus A teenwoordig is.

       4.1.1    Identifiseer die meganisme van oorerwing wat in die leesstuk hierbo
                beskryf word.                                                                 (1)

       4.1.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1.2.                                         (1)

       4.1.3    Bepaal die fenotipes van diere met die volgende genotipes:

                (a)    Aacc

                (b)    AaCc                                                                   (2)

       4.1.4    Bepaal die volgende indien ŉ ram met genotipe AaCc met ŉ ooi met
                genotipe AaCc gekruis word:

                (a)    Lei TWEE genotipes van die ram se gamete af                            (2)

                (b)    Lei die fenotipe-verhouding van die kruising hierbo af                 (1)

 4.2 ŉ Boer het ŉ swart bul (Rr) met ŉ wit koei (rr) gekruis.

       4.2.1    Gebruik ŉ Punnet-vierkant om die kruising hierbo te toon.                     (4)

       4.2.2    Bepaal die fenotipe-verhouding van die nageslag as ŉ persentasie.             (2)

 4.3 Jare gelede het beesboere waargeneem dat Hereford-beeste ŉ beter
     vleisbees as die inheemse Afrikanerbees was. Die Hereford was egter nie
     aangepas vir Suid-Afrikaanse toestande nie en was minder bestand teen
     bosluise en siektes soos hartswater. Die beestelers het toe Afrikanerbeeste
     met Herefords gekruis om ŉ nuwe ras te produseer.

       4.3.1    Lei ŉ voordeel af, vanuit die leesstuk hierbo, wat inheemse rasse bo
                uitheemse rasse het.                                                          (1)

       4.3.2    Identifiseer die teelmetode wat deur telers in die leesstuk hierbo
                gebruik is.                                                                   (1)

       4.3.3    Geen die naam wat aan die nageslag gegee word wat vanuit hierdie
                teelstelsel verkry word.                                                      (1)

       4.3.4    Gee TWEE nadele van die teelstelsel wat in die leesstuk hierbo
                beskryf word.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om aseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

4.4        EIENSKAP                     BTW (kg)               ERFLIKHEID (%)
      Geboortegewig                        2                         40
      Speengewig                          10                         65
      Karkasgewig                         15                         70
      Volwassekoei-gewig                  24                         85

      4.4.1    Waarvoor staan die afkorting BTW?                                          (1)

      4.4.2    Verduidelik die betekenis van die BTW-syfer vir speengewig.                (2)

      4.4.3    Watter afleiding kan gemaak word van ŉ eienskap met ŉ oorerflikheid
               van 85%?                                                                   (2)

      4.4.4    Noem die tipe variasie wat deur die eienskappe in die bostaande tabel
               getoon word.                                                               (1)

      4.4.5    Trek ŉ staafgrafiek op dieselfde assestelsel wat die verhouding tussen
               BTW en erflikheid toon.                                                    (6)

4.5   Genetiese ingenieurswese is nie noodsaaklik vir alle gewasverbetering nie. In
      sommige gevalle help dit egter wel met die verbetering van opbrengs en
      voedingswaarde en verminder die risiko’s en kostes wat met die oorgebruik
      van bemestingstowwe en gifstowwe geassossieer word.

      4.5.1    Lei ŉ omgewingsvoordeel van genetiese ingenieurswese af vanuit die
               leesstuk hierbo.                                                           (1)

      4.5.2    Verduidelik hoe genetiese ingenieurswese tot die voordeel genoem in
               VRAAG 4.5.1 lei.                                                           (2)

      4.5.3    Noem TWEE sosiale risiko’s wat met die gebruik van geneties-
               gemodifiseerde saad geassossieer word.                                    (2)
                                                                                        [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans/87738a5d-7089-4dd9-a420-a2b9a5b62859) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-eng-d/7ef3197c-6be9-4c5d-b95a-becce815ab56) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
