# Agricultural Sciences Grade 12 EC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the EC June 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: EC June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 EC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · EC June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                           JUNIE 2021

                  LANDBOUWETENSKAPPE
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

2                                LANDBOUWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
    AFDELING B.

 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3. Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
    vraestel gebruik word.

 5. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6. Toon ALLE bewerkings, insluitende eenhede en formules, waar van
    toepassing.

 7. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                                 LANDBOUWETENSKAPPE                             3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
     die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 A.

        1.1.1     ŉ Dier met ŉ tekort aan kobalt sal simptome van die siekte … toon.

                  A       osteomalasie
                  B       parakeratose
                  C       lamsiek
                  D       verkwyning

        1.1.2     Gedurende … beweeg voedselmolekules teen die konsentrasie-
                  gradiënt.

                  A       aktiewe vervoer
                  B       osmose
                  C       passiewe vervoer
                  D       diffusie

        1.1.3     Die volgende vlugtige vetsure is die eindproduk van fermentasie wat
                  deur die wand van die rumen geabsorbeer word:

                  A       Koolsuur, butanoësuur en propanoësuur
                  B       Butanoësuur, asetielsuur en propanoësuur
                  C       Propanoësuur, soutsuur en asetielsuur
                  D       Ammoniak, asetielsuur en propanoësuur

        1.1.4     Die volgende vind in die abomasum plaas:

                  (i)  Afskeiding van maagsappe, soutsuur en verteringsensieme
                  (ii) Maal van kos deur spierwande om chiem te vorm
                  (iii)Mikrobiale fermentasie van hooi lei tot die produksie van vlugtige
                       vetsure
                  (iv) Pepsien en rennien word in die abomasum afgeskei om
                       onderskeidelik proteïene te verteer en melk te verdik

                  Kies die korrekte kombinasie hieronder:

                  A       (i), (ii) en (iv)
                  B       (ii), (iii) en (iv)
                  C       (i), (ii) en (iii)
                  D       (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    LANDBOUWETENSKAPPE                         (EC/JUNIE 2021)

      1.1.5    Die instrument of toerusting wat in die onderstaande prent getoon word,
               word deur boere gebruik om siektes by plaasdiere te bestuur en staan
               as ŉ … bekend.

               A       inspuitingsgeweer
               B       spreigeweer
               C       doseringsgeweer
               D       pilgeweer

      1.1.6    Die moontlike voordele van ŉ voerkraal by diereproduksie word
               onderaan gelys:

               (i)     Veedigtheid word verhoog
               (ii)    Speningstres by vroulike diere word verhoog
               (iii)   Geenbeweiding word toegepas
               (iv)    Die produksie uitset word verhoog

               Kies die korrekte kombinasie hieronder:

               A       (i), (ii) en (iv)
               B       (i), (ii) en (iii)
               C       (ii), (iii) en (iv)
               D       (i), (iii) en (iv)

      1.1.7    Die mees effektiewe manier om virale sektes by plaasdiere te voorkom
               is om … te gebruik.

               A       dosering
               B       inenting
               C       dippe
               D       antibiotika

      1.1.8    ŉ Proses waar beter gehalte koeie met hormone behandel word om die
               produksie van meer volwasse ova tydens ŉ enkele ovariale siklus te
               verseker:

               A       Sinchronisasie van bronstigheid
               B       Kernoordrag
               C       Embrio-spoeling
               D       Superovulasie

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                       LANDBOUWETENSKAPPE                                        5

        1.1.9     Die hoofrede vir die opdroging van ’n hoë produserende melkkoei voor
                  sy haar volgende laktasieperiode begin, is om …

                  A    te verseker dat die koei vroeg dragtig raak.
                  B    die dragtigheidsperiode te verkort.
                  C    die herstel van weefsel en klierryke materiaal toe te laat.
                  D    probleme tydens geboorte te verminder.

        1.1.10    EEN van die faktore hieronder gelys kan onvrugbaarheid van bulle
                  veroorsaak:

                  A    Kriptorkidisme
                  B    ‘Freemartinism’
                  C    Teruggehoue plasenta
                  D    Metritis                                                      (10 x 2)   (20)

 1.2 Dui aan of elk van die volgende beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
     SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A.
     Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
     (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.2.6 Slegs B.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
        1.2.1     A: Ureum                     Aanbeveel as ŉ aanvulling vir proteïene in
                  B: Biuret                    die rantsoen van herkouers
        1.2.2     A: Pankreassap               Die sap in die spysverteringstelsel wat die
                  B: Galsap                    suurtoestande neutraliseer
        1.2.3     A: Protosoë                  Hartswatersiekte is ŉ voorbeeld hiervan
                  B: Fungi
        1.2.4     A: Jonghok                   Nou stalle wat in intensiewe boerdery
                  B: Gestasiekratte            gebruik word om dragtige sôe gedurende
                                               die 16 week tydperk te huisves
        1.2.5     A: Maserasie                 Teken van geboorte by koeie en verse
                  B: Mummifikasie
                                                                                      (5 x 2)   (10)

 1.3 Gee EEN term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1     Die gebreksimptoom by plaasdiere as gevolg van ŉ tekort aan yster wat
                  tot bleekheid lei

        1.3.2     Proteïenstowwe wat deur witbloedselle geproduseer word in reaksie op
                  ŉ spesifieke vreemde antigeen

        1.3.3     ŉ Versamelnaam om myte, neuswurms en luise te klassifiseer

        1.3.4     Die toestand waar die bul in ŉ koei belangstel, maar die koei nie kan dek
                  nie

        1.3.5     Die tipe kernoordrag waar embrioniese stamselle vir mediese redes
                  geproduseer word                                           (5 x 2)            (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                             LANDBOUWETENSKAPPE                              (EC/JUNIE 2021)

 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in ELK van die volgende stellings
     om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1    Die Punnett-vierkant is ŉ metode om die verhouding tussen twee voere
               vir ŉ bepaalde voedingswaarde te kry.

      1.4.2    Onderhouds-voer is ŉ proteïenryke voer wat aan varkies gegee word
               om ŉ hoër speenmassa te verkry.

      1.4.3    Onvrugbaarheid is die totale verlies aan vrugbaarheid wat nie
               reggestel kan word nadat dit gediagnoseer is.

      1.4.4    Gestasie beskryf abnormale toestande wat met normale geboorte
               inmeng.

      1.4.5    ŉ Toestel wat vir die verkryging van bevrugte eierselle gedurende
               embrio-oordrag gebruik word, staan as ŉ pistolet bekend.
                                                                           (5 x 1)       (5)

                                                           TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                         LANDBOUWETENSKAPPE                                     7

 AFDELING B
 VRAAG 2: DIEREVOEDING
 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
 2.1 Die onderstaande diagramme stel die spysverteringskanale van plaasdiere
     voor.

        2.1.1     Identifiseer die dele wat deur letters B, C en G vanaf bostaande
                  DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2 voorgestel word.                                   (3)
        2.1.2     Klassifiseer die dier met die spysverteringskanaal soos die een in
                  DIAGRAM 2 getoon.                                                         (1)
        2.1.3     Regverdig die antwoord op VRAAG 2.1.2 met ŉ sigbare rede.                 (1)
        2.1.4     Identifiseer die letter van die deel in DIAGRAM 2 wat dieselfde funksie
                  as deel A in DIAGRAM 1 verrig.                                            (1)
        2.1.5     Identifiseer die letter (A–H) wat die deel voorstel waar elk van die
                  volgende plaasvind:
                  (a)   Maksimum absorpsie van verteerde voedingstowwe                      (1)
                  (b)   Hoofarea vir die aborpsie van vlugtige vetsure                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                              LANDBOUWETENSKAPPE                            (EC/JUNIE 2021)

 2.2 Stel die naam van die vitamien voor wat die volgende gebreksimptome
     veroorsaak:

      2.2.1    Ragitis wat poreuse bene by jong diere veroorsaak                        (1)

      2.2.2    Krultoon-verlamming by hoenders                                          (1)

 2.3 Die onderstaande foto’s toon verskillende dierevoer.

      Identifiseer die voer vanuit die bostaande prente wat met elk van die volgende
      doelwitte geassosieer kan word:

      2.3.1    Verbeter vrugbaarheid in ramme                                           (1)

      2.3.2    Stel mineraaltekorte reg                                                 (1)

      2.3.3    Om beeste vir die slagpale af te rond                                    (1)

      2.3.4    Voorsien lywigheid aan rantsoene vir herkouers                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                        LANDBOUWETENSKAPPE                                      9

 2.4 Die onderstaande voere is beskikbaar om ŉ rantsoen vir plaasdiere saam te
     stel.

                  VOERE              SAMESTELLINGSAANWYSER                  VOEDINGS-
                                    Droë        Vog      TVV       VP      VERHOUDING
                                   materiaal                                   (VV)
                                                 (%)     (%)       (%)
                                       (%)
        Mieliemeel                     85        15       75       10           1:7
        Sonneblom-oliekoek-            89        11       85       17
        meel
        Kuilvoer                       80        20       65        7           1:8

        2.4.1     Identifiseer vanuit die bostaande tabel ŉ voorbeeld van elk van die
                  volgende:

                  (a)   Kragvoer                                                              (1)

                  (b)   Ruvoer                                                                (1)

        2.4.2     ŉ Vers was 25 kg kuilvoer vanuit die bostaande tabel gevoer en dit het
                  8 kg droë materiaal uitgeskei. Bereken die verteerbaarheidskoëfisiënt
                  van die kuilvoer. Toon ALLE bewerkings.                                     (5)

        2.4.3     Bereken die voedingsverhouding (VV) van die sonneblom-oliekoekmeel.
                  Toon ALLE bewerkings.                                                       (3)

        2.4.4     Kategoriseer die VV-waarde van die sonneblom-oliekoekmeel en die
                  mieliemeel.                                                                 (2)

        2.4.5     Regverdig, met ŉ rede, die geskiktheid van sonneblom-oliekoekmeel vir
                  die vetmaak van volwasse diere.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                             LANDBOUWETENSKAPPE                                (EC/JUNIE 2021)

 2.5 Die onderstaande sirkeldiagram illustreer ŉ voervloeiprogram vir ŉ plaas in Suid-
     Afrika.

      2.5.1    Identifiseer die maand waartydens die boer slegs natuurlike weiding
               gebruik het om die diere te voer.                                              (1)

      2.5.2    Regverdig jou antwoord op VRAAG 2.5.1 deur na die sirkeldiagram te
               verwys.                                                                        (1)

      2.5.3    Die boer het verklaar dat die plaas 4,3 ton natuurlike weiding in
               Desember voorsien het.

               (a)   Bepaal die hoeveelheid natuurlike weiding, in kilogram, wat in
                     Desember benodig sal word om 45 skape te voer as elke skaap
                     2,5 kg voer per dag vreet.                                               (2)

               (b)   Die skaapboer het ŉ oorskot ervaar. Regverdig hierdie stelling deur
                     die hoeveelheid oorskot te bereken. Toon ALLE bewerkings.               (3)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2021)                        LANDBOUWETENSKAPPE                                   11

 VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Die onderstaande prent stel twee diereproduksiestelsels voor.

        3.1.1     Identifiseer die diereproduksiestelsels wat in PRENT A en PRENT B
                  hierbo voorgestel word.                                                   (2)

        3.1.2     Regverdig die antwoord op VRAAG 3.1.1 gebaseer op die volgende:

                  (a)   Volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne                        (2)

                  (b)   Kapitaalbelegging                                                   (2)

        3.1.3     Dui die boerderysisteem aan wat met elk van die diere-
                  produksiestelsels in VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer, geassosieer word.        (2)
 3.2 Die onderstaande prente toon behuisingsfasiliteite vir plaasdiere.

        3.2.1     Identifiseer FASILITEIT 1 en FASILITEIT 2 vanuit die bostaande prent.     (2)
        3.2.2     Dui die hoofdoel van deel A in FASILITEIT 1 en deel B in
                  FASILITEIT 2 aan.                                                         (2)
        3.2.3     Noem EEN toestel wat in FASILITEIT 1 gevind kan word.                     (1)

        3.2.4     Dui TWEE maniere aan hoe diere liggaamshitte kan verloor indien
                  FASILITEIT 1 nie voorsien word nie.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                               LANDBOUWETENSKAPPE                                     (EC/JUNIE 2021)

 3.3 Die onderstaande tabel verteenwoordig verskillende dieresiektes wat algemeen
     in Suid-Afrika gevind word.

        SIEKTE         TIPE DIER       PATOGEEN            HOOF-            VOORSORG
                                                        SIMPTOME           MAATREËLS
                     Varke            Virus           Braking en bloei   Slag en
                                                      vanuit neus en     vernietiging van
           A                                          rektum             geïnfekteerde
                                                                         diere en hul
                                                                         produkte.

      Miltsiekte     Beeste,                          Swelling van
                     skape,                           nek en keel wat
                     bokke,                           lei tot
                     perde en                         asemnood,
                     varke                            spierbewing met               C
                                                      steiering en
                                                      stuiptrekkings
                                              B
      Hartswater     Beeste, skape                    Dun diarree met Goeie sanitasie.
                     en bokke                         ingewands-
                                              D       mukus en bloed Voorkom
                                                                       oorbevolking.
                     Beeste, skape,                   Haarverlies      Isolering van
                     bokke en varke                   Rooi jeukerige   geïnfekteerde diere
                                                      letsels
            E                                 F       Korsagtige grys-
                                                      wit rowe

      3.3.1     Voltooi die tabel deur byskrifte vir die letters A–F te voorsien.                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2021)                       LANDBOUWETENSKAPPE                                    13

 3.4 Die volgende tabel dui die aantal aangemelde hondsdolheid gevalle per
     provinsie in Suid-Afrika aan.

             Provinsie             Aantal           Aangemelde            Aantal
                                 aangemelde          gevalle van        aangemelde
                                 gevalle van      hondsdolheid as       gevalle van
                               hondsdolheid in    ŉ persentasie (%)   hondsdolheid in
                                    2017               in 2017             2018
        Oos-Kaap                     12                   14                 6
        Vrystaat                      9                   10                 3
        Gauteng                       5                    6                 2
        KwaZulu-Natal                20                   23                10
        Wes-Kaap                      3                    3                 2
        Noord-Kaap                    6                    7                 3
        Limpopo                      17                   20                 8
        Mpumalanga                   10                   12                 5
        Noordwes                      4                    5                 2

        3.4.1     Teken ŉ staafgrafiek om die persentasie aangemelde hondsdolheid-
                  gevalle per provinsie in Suid-Afrika voor te stel.                         (5)

        3.4.2     Verduidelik die neiging van die aangemelde hondsdolheid-gevalle vanaf
                  die tabel.                                                                 (2)

        3.4.3     Dui die moontlike rede vir die neiging soos in VRAAG 3.4.2
                  waargeneem, aan.                                                           (1)

 3.5 Parasiete leef op die dier as ŉ gasheer en kan skade wat produksie laat afneem,
     veroorsaak.

        3.5.1     Gee ŉ voorbeeld van elk van die volgende kategorieë van bosluise:

                  (a) Enkelgasheer bosluis

                  (b) Driegasheer bosluis                                                    (2)

        3.5.2     Dui TWEE aanwendingsmetodes vir die chemiese beheer van
                  ektoparasiete aan.                                                         (2)

 3.6 Noem TWEE dienste wat deur die staat aangebied word om diere teen
     besmetting van siektes te beskerm.                                                      (2)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                             LANDBOUWETENSKAPPE                                (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1 Die onderstaande diagram illustreer die voortplantingstelsel van ŉ bul.

      4.1.1    Identifiseer die dele gemerk B, C en E in die bostaande DIAGRAM.             (3)

      4.1.2    Dui die proses aan wat in deel F plaasvind.                                  (1)

      4.1.3    Gee TWEE funksies van die hormoon afgeskei in deel F.                        (2)

      4.1.4    Pas die funksies onderaan gelys met die letters (A–H) in die bostaande
               diagram:

               (a)   Berg en laat die spermatosoë toe om volwasse te raak                   (1)

               (b)   Skei ŉ stof af wat die uretra smeer en skoonmaak voor
                     ejakulasie.                                                            (1)

               (c)   Voorsien die spermselle van voedsel                                    (1)

      4.1.5    Verduidelik die belangrikheid van deel H in die beheer van temperatuur
               vir die effektiewe funksionering van dele F en G.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/JUNIE 2021)                         LANDBOUWETENSKAPPE                                15

 4.2 Die onderstaande diagram illustreer ŉ voortplantingsproses wat by plaasdiere
     plaasvind.

        4.2.1     Identifiseer die voortplantingsproses wat in die bostaande diagram
                  geïllustreer word.                                                            (1)

        4.2.2     Dui die naam van ŉ orgaan aan waar die voortplantingsproses wat in
                  VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, plaasvind.                                     (1)

        4.2.3     Noem die verdelingsproses wat by A en B in die bostaande diagram
                  plaassvind.                                                                   (2)

 4.3 Estrogeen hormoon help die koei om die tekens van bronstigheid aan te bring.

        4.3.1     Definieer die term bronstigheid.                                              (2)

        4.3.2     Gee TWEE sigbare tekens van bronstigheid in koeie.                            (2)

        4.3.3     Dui TWEE praktiese metodes aan wat ŉ boer kan gebruik om bronstigheid
                  by koeie te identifiseer.                                                     (2)

 4.4 Die onderstaande lys verteenwoordig die fases gedurende die kernoordrag-
     proses:

         Oorgedra na die uterus van die ontvanger koei om te groei tot volwassenheid
         Verwyder kern uit onbevrugte eiersel
         Gemanipuleerde sel word kunsmatig geaktiveer om tot ŉ blastosist te begin
          verdeel
         Eiersel word behandel en in die laboratorium gekultiveer vir samesmelting om
          plaas te vind
         Nukleus wat DNA bevat van die skenker word na die sitoplasma van die
          ontkernde eiersel oorgedra

        Herrangskik die fases van die kernoordragproses in die bostaande lys gegee in
        chronologiese volgorde.                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                            LANDBOUWETENSKAPPE                              (EC/JUNIE 2021)

 4.5 Gee die naam van ŉ orgaan/struktuur waar elk van die volgende vroulike
     hormone geproduseer word:

      4.5.1    Estrogeen                                                                 (1)

      4.5.2    Gonadotropien vrystellende hormoon (GnRH)                                 (1)

      4.5.3    Progesteroon                                                              (1)

      4.5.4    Follikelstimulerende hormoon (FSH)                                        (1)

      4.5.5    Oksitosien                                                                (1)

 4.6 Meervoudige geboortes is ŉ verskynsel wat by plaasdiere plaasvind.

      4.6.1    Identifiseer die tipe meervoudige geboortes wat deur DIAGRAM 1 en
               DIAGRAM 2 voorgestel word.                                                (2)

      4.6.2    Regverdig die antwoord op VRAAG 4.6.1.                                    (2)
                                                                                        [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           105
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO JUNE2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-june2021-afrikaans/f4f03339-dad4-4db8-be39-0b8b321e2c58) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
