# Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2021 QP

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-afr/1136dda6-adb9-414f-9cc1-2c4ce76b6c7f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-afr/1136dda6-adb9-414f-9cc1-2c4ce76b6c7f)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                                          2021

                                                                        PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                     2                                DBE/2021
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                              3                            DBE/2021
                                                  SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        … is 'n funksie van landboubemarking.

                      A      Evaluering
                      B      Storing/Berging
                      C      Beplanning
                      D      Besluitneming

         1.1.2        Die volgende is faktore wat die aanvraag van die produk beïnvloed:

                     (i)      Bruikbaarheid van die produk
                     (ii)     Winsgrens van die produk
                     (iii)    Kennis van die verbruiker
                     (iv)     Aantal verbruikers

                      A      (i) en (ii)
                      B      (i), (ii) en (iv)
                      C      (i) en (iv)
                      D      (i), (ii) en (iii)

         1.1.3        Die … is regspreeklik verantwoordelik en aanspreeklik vir enige
                      foutiewe beskrywing wat op die etiket van die produk voorkom.

                      A      prosesseringsmaatskappy
                      B      plaaswerker
                      C      vervoermaatskappy
                      D      handelaar

         1.1.4        Die term wat gebruik word wanneer die aantal eenhede wat teen 'n
                      gegewe prys verkoop is, die totale produksiekoste dek:

                      A      Markewewig
                      B      Gelykbreekpunt
                      C      Koste plus persentasie van wins
                      D      Mededingende bemarking

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                               4                              DBE/2021
                                                   SS/NSS

         1.1.5        Bestuursfunksies word aan die volgende eienskappe uitgeken.
                      Kies die korrekte kombinasie:

                     (i)      Beplanning
                     (ii)     Uitpak
                     (iii)    Organisering
                     (iv)     Kontrolering

                      A      (i), (ii) en (iii)
                      B      (ii), (iii) en (iv)
                      C      (i), (ii) en (iv)
                      D      (i), (iii) en (iv)

         1.1.6        Die …-stelsel laat rotasiebeweiding in natuurlike weidings toe.

                      A      masjinerie
                      B      produksie
                      C      meerkamp
                      D      vuurstrook

         1.1.7        Die volgorde van stappe betrokke by die oordra van produkte vanaf
                      die plaas na verbruikers:

                      A      Bemarkingsmengsel/-resep
                      B      Bemarkingsketting
                      C      Marksegmentasie
                      D      Massabemarking

         1.1.8        Die koste wat met die vlak van produksie verskil:

                      A      Veranderlike koste
                      B      Oorhoofse koste
                      C      Finansieringskoste
                      D      Vaste koste

         1.1.9        Om die kwaliteit van produkte te bewaar, moet die vervoer van die
                      geoeste produkte vanaf die land na die pakstoor ...

                      A      uitgestel word.
                      B      'n spoggerige tipe vervoer wees.
                      C      vir diere en groente verskillend wees.
                      D      uit dieselfde houer bestaan sonder dat dit skoongemaak is.

         1.1.10       Permanente arbeiders staan as … plaasarbeiders bekend.

                      A      voltydse
                      B      deeltydse
                      C      seisoenale
                      D      los                                                    (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                        5                                  DBE/2021
                                            SS/NSS

1.2      Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                       KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Agritoerisme              A     een of meer boere bemark hulle
                                                     produkte in 'n gebou langs
         1.2.2       Kompetisie                      'n besige pad

         1.2.3       Vrugte en groente         B     wetgewing wat billike pryse van
                                                     noodsaaklikhede of
         1.2.4       Chemiese gronddata              landbouprodukte beheer

         1.2.5       Plaasstalletjie           C     uitstappies wat besoekers nader
                                                     aan boerderyaktiwiteite bring
         1.2.6       Produktiwiteit
                                               D     kombineer alle vertakkings en
         1.2.7       Spesialisering                  oorhoofse koste om die moontlike
                                                     netto inkomste van boerdery-
         1.2.8       Wet op Handelspraktyke,         besigheid te toon
                     1976 (Wet 76 van 1976)
                                               E     hou verband met die grondtekstuur
         1.2.9       Geheelplaasbegroting            en grondstruktuur

         1.2.10      Kommersiële boerdery      F     boere moet soortgelyke produkte
                                                     wat alreeds op die mark is,
                                                     assesseer

                                               G     winsgedrewe produksie van
                                                     landbouprodukte

                                               H     verwys na uitset per eenheid inset

                                               I     verkoop produkte by 'n munisipale
                                                     mark

                                               J     tipe en vlak van voedingstowwe in
                                                     die grond

                                               K     koel stoorplek onder 10 °C

                                               L     fokus op een onderneming op die
                                                     plaas
                                                                              (10 x 2)          (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                        6                                  DBE/2021
                                            SS/NSS

1.3      Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Presisieboerdery.

         1.3.1        Te veel produkte aan die mark verskaf in verhouding tot die
                      aanvraag op die mark

         1.3.2        Geld wat 'n boer aan die eienaar van die plaas moet betaal om
                      grond of veld te gebruik

         1.3.3        Toeriste wat opwindende dinge wil doen terwyl hulle op 'n
                      plaasvakansie is

         1.3.4        Die vermoë van grond om van oortollige water na reënval of
                      besproeing ontslae te raak om versuiptoestande te voorkom

         1.3.5        'n Persoon wat 'n behoefte raaksien en begin om 'n produk of diens
                      te lewer om die behoefte te bevredig                       (5 x 1)        (5)

1.4      Die volgende stellings is VERKEERD. Verander die ONDERSTREEPTE
         WOORD(E) om die stellings KORREK te maak. Skryf die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6
         Vaste kapitaal.

         1.4.1        Suurveld is gewoonlik regdeur die jaar vreetbaar.

         1.4.2        Grond met 'n pH van 7,0 is effens suur.

         1.4.3        'n Hoë vlak van masjinerie wat in produksie gebruik word, is 'n
                      voorbeeld van 'n ekstensiewe produksiemetode.

         1.4.4        Die totale inkomste is 'n aanduiding van die winsgewendheid van
                      die onderneming.

         1.4.5        Beheerde bemarking behels die verskaffing van produkte aan groot
                      kettingwinkels volgens 'n geskrewe ooreenkoms.           (5 x 1)          (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         7                                       DBE/2021
                                             SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE BEPLANNING

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Grondtemperatuur beïnvloed die produktiwiteit van enige gewasproduksie-
         onderneming.

         2.1.1        Maak 'n lys van DRIE plantgroeiprosesse                     wat     deur
                      grondtemperatuur beïnvloed word.                                               (3)

         2.1.2        Vergelyk donkerkleurige grond met ligkleurige grond ten opsigte
                      van hitte-absorbering.                                                         (2)

         2.1.3        Die   grafiek  hieronder     toon    die     verwantskap          tussen
                      grondtemperature op verskillende dieptes.

                      Analiseer die grafiek en lei die effek van gronddiepte op
                      grondtemperatuur af.                                                           (4)

                      Temperatuur

                                       dag            nag         dag             nag
                                          oppervlak                     diepte onder grond-
                                           te                                  oppervlak

2.2      Grondkaarte word in presisieboerdery gebruik om produksie te verhoog.
         Noem en bespreek enige TWEE aspekte wat 'n aanduiding van die grond se
         potensiaal sal gee.                                                                         (4)

2.3      Natuurlike weiding(veld) vorm die basis van ekstensiewe diereproduksie in
         Suid-Afrika.

         2.3.1        Noem VIER faktore wat die produktiwiteit van die veld vir
                      lewendehaweproduksie bepaal.                                                   (4)

         2.3.2        Beveel VIER riglyne aan wat die veeboer moet volg ten einde
                      genoeg weiding regdeur die seisoen te verseker.                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                              8                                            DBE/2021
                                                  SS/NSS

2.4      Die volgende          is   die   verskillende      hoofbronne       van    inligting   vir   die
         landbousektor:

             Landbounavorsingsinstitute
             Bemarkingsorganisasies
             Tradisionele landboupraktyke
             Departement van Landbou
             Nuusmedia

         Pas die beskrywings in VRAAG 2.4.1 tot 2.4.5 by die verskillende hoofbronne
         van inligting hierbo genoem. Elke hoofbron kan slegs EEN keer gebruik word.

         2.4.1         'n Boer meng 'n sproei vir plaagbeheer gemaak uit verskillende
                       kruie in die omgewing                                                                   (1)

         2.4.2         Die regering kondig beperkings op die beweging van diere en die
                       sluiting van veilings aan                                                               (1)

         2.4.3         'n Artikel oor organiese boerdery wat in 'n tydskrif en op Facebook
                       verskyn                                                                                 (1)

         2.4.4         Vergelykings,     ten   opsigte van gemiddelde   daaglikse
                       massatoename en verskillende voerverhoudings, word tussen
                       verskillende diererasse gemaak                                                          (1)

         2.4.5         Help boere om na markte te soek en ondersteun die regering in die
                       stel van standaarde van landbouprodukte                                                 (1)

2.5               DIE UITDAGINGS VAN PLAASARBEIDERS IN SUID-AFRIKA

         Die effekte van armoede het langtermyngevolge op 'n gemeenskap se
         leefstyl. Oorbevolking, ongeletterdheid en 'n hoë vlak van hoërskoolverlating
         gaan hand aan hand met alkoholmisbruik en huishoudelike geweld,
         tienerswangerskappe, onbeskermde seks wat tot SOS's en MIV/Vigs lei, 'n
         hoë voorkoms van TB en fetale alkoholsindroom.

                 [Uittreksel uit Tracy Derrick, (2019), South Africa Online (Pty) Ltd, South Africa.co.za]

         2.5.1         Identifiseer, in die scenario, DRIE                   groot uitdagings vir
                       plaasarbeiders wat landbouproduksie                   in Suid-Afrika direk              (3)
                       beïnvloed.

         2.5.2         Noem VIER maatreëls wat die boer kan implementeer om die
                       toestande wat in die scenario hierbo beskryf word, te verbeter.                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       9                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

2.6      Die toepassing van afstandswaarnemingstegnologie is belangrik in
         presisieboerdery/landbou. Boere gebruik verskillende tegnologieë om inligting
         te verkry om meer effektief te word, soos hieronder getoon.

         2.6.1        Identifiseer die presisieboerderyinstrument/-toerusting wat in die
                      prentjie getoon word.                                                     (1)

         2.6.2        Noem VYF areas waar afstandswaarnemingstegnologie met die
                      produksieprosesse op 'n plaas kan help.                                   (5)

         2.6.3        Noem DRIE voordele            van   die   gebruik   van     afstands-
                      waarnemingstegnologie.                                                    (3)

2.7      Die tabel hieronder het beskrywings van die basiese komponente van 'n
         begroting. Teken die tabel oor en lei die komponent van die begroting van die
         beskrywing af en gee 'n gepaste voorbeeld.

                BESKRYWING VAN               KOMPONENT VAN            VOORBEELD
                   KOMPONENT                   BEGROTING
          Die beskikbare inventaris
          Die uitgawes van die boerdery-
          onderneming en hulle
          toepassings in eenhede per
          begroting
          Al die onbekendes van die
          produksieproses                                                                       (6)

2.8      Noem TWEE voorbeelde van watergebaseerde intensiewe boerderymetodes
         in gewasproduksie.                                                                     (2)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       10                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 3:         ENTREPRENEURSKAP,       REKORDERING,     BEMARKING,
                 BESIGHEIDSBEPLANNING EN GEORGANISEERDE LANDBOU

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Bestudeer die Kontantvloeistaat van hierdie boerdery-onderneming.

                                  Julie 2019                             Julie 2019
              ITEM                                       ITEM
                              Begroot     Werklik                    Begroot    Werklike
                           Uitgawes (R)                           Inkomste (R)
                                                   Kontant-
           Elektrisiteit      5 140,00    5 632,00                    37 000,00   31 978,00
                                                   verkope
                                                   Lenings-
           Vervoer            3 960,00    5 461,00                     3 600,00     3 600,00
                                                   betaling
                                                   Huur-
           Herstel            2 700,00    1 547,00                     5 000,00     5 000,00
                                                   betalings
           Aankope           15 000,00   19 000,00
           TOTAAL                                    TOTAAL
                         26 800,00          (a)                       45 600,00       (b)
           BETAAL:                                   ONTVANG:
           Netto kontantvloei:                                                        (c)
           Banksaldo (R)
           Openingsbanksaldo:                                                     52 000,00
           Afsluitingsbanksaldo:                                                     (d)

         3.1.1        Bereken die waardes van (a), (b), (c) en (d).                              (4)

         3.1.2        Bespreek moontlike redes waarom die werklike en begrote waardes
                      van vervoer verskil.                                                       (3)

         3.1.3        Noem TWEE gebruike van 'n Kontantvloeistaat.                               (2)

3.2      'n Kommersiële boer moet sy boerderybesigheid uitbrei deur 'n
         prosesseringsaanleg te bou. Die boer moet vir 'n lening aansoek doen om die
         ekstra kapitaal vir hierdie projek te kry. Om vir die lening aansoek te doen,
         vereis die bank dat die boer 'n besigheidsplan moet saamstel.

         3.2.1        Watter tipe kapitaal word vir die bou van die prosesseringsaanleg
                      benodig?                                                                   (1)

         3.2.2        Gee EEN instansie waar die boer vir kapitaal kan aansoek doen.             (1)

         3.2.3        Noem die beginsels/eienskappe van die doelstellings wat die
                      besigheidsplan moet bevat en waaraan voldoen moet word.                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          11                                          DBE/2021
                                               SS/NSS

3.3        Bestudeer die organogram hieronder.

                                   a PLAASBESTUURDER

       b       Vertakkings-            c Vertakkings-                 Vertakkings-       d
                bestuurder                 bestuurder                  bestuurder
             GRAANGEWASSE                  GROENTE                       BOKKE

       e          Werker A             f   Groep van 5                   Werker X        g
              Bestuurslisensies              werkers                    Opgelei in
               vir alle voertuie            Werk saam                  dierevoeding
                                             aan alle
                                           aspekte t.o.v.
                                             groente-
       h         Werker B                   produksie                   Werker Y         i
              Opgelei in plaag-                                         Opgelei in
              en siektebeheer                                          reproduksie

       j           Werker C                                             Werker Z         k
                   Vakleerling                                         Opgelei in
                                                                       hoefkrip en
                                                                        dosering

           Pas die verskillende take hieronder by die korrekte vlak op die organogram.
           Skryf slegs die letter (a–k) langs die vraagnommers (3.3.1 tot 3.3.5) neer.

           3.3.1        Plant die graangewasse met 'n geenbewerkingsplanter volgens
                        GPS-koördinate.                                                                    (1)

           3.3.2        Los probleme oor die                gebruik   van   toerusting       tussen
                        vertakkingsbestuurders op.                                                         (1)

           3.3.3        Ken take toe wat in die bokskuiling gedoen moet word.                              (1)

           3.3.4        Doen aansoek vir 'n lening by die bank vir die aankoop van 'n
                        trekker wat in al die vertakkings gebruik gaan word.                               (1)

           3.3.5        Doen 'n EFO-betaling vir onkruidbeheermiddels wat aangekoop is
                        om in die groentetuin te gebruik.                                                  (1)

3.4        Boer A bestel 300 bale voer by Boer B. Boer A betaal vir die voer nadat hy die
           nodige dokumentasie ontvang het.

           3.4.1        Bespreek die brondokumente wat tussen hierdie boere uitgeruil
                        moet word.                                                                         (3)

           3.4.2        Verduidelik hoekom rekordhouding van die transaksie vir beide
                        boere belangrik is.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       12                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

3.5      Nisbemarking is belangrik in die landbousektor.

         3.5.1        Bespreek die konsep nisbemarking.                                           (3)

         3.5.2        Gee DRIE redes hoekom 'n entrepreneur sou kies om 'n produk vir
                      die nismark te produseer.                                                   (3)

3.6      'n Boer voeg waarde toe by die produk wat op die plaas geproduseer word.
         Dui aan wat die invloed van die volgende op die prys van die produk sal
         wees:

         3.6.1        Die prys van die kompeterende produk is besig om te daal                    (1)

         3.6.2        Die vaste koste verhoog as gevolg van duurder elektrisiteit                 (1)

         3.6.3        Die boer kry 30% afslag op die bottels wat gebruik word                     (1)

         3.6.4        Die aanvraag na die produk neem toe terwyl die aanbod konstant
                      bly                                                                         (1)

3.7      Gee VIER voordele van koöperatiewe bemarking.                                            (4)

3.8      Landbouprodukte is gewoonlik bederfbaar.

         3.8.1        Verduidelik die bederfbaarheid van 'n landbouproduk.                        (2)

         3.8.2        Bespreek DRIE ander bemarkingsfunksies, buiten vervoer, wat die
                      bederf/sleg word van produkte kan verminder.                                (3)

3.9      Kommersiële plase gebruik groot hoeveelhede data vir prosessering en 'n
         gerekenariseerde databasisstelsel.

         3.9.1        Noem DRIE voordele van die gebruik van 'n rekenaardatabasis.                (3)

         3.9.2        Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n rekenaardatabasis.                  (2)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                             13                                       DBE/2021
                                                  SS/NSS

VRAAG 4: OES, BEWERKING, BESTUUR EN AGRITOERISME

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Besluitneming is deel van bestuursproses op 'n plaas. Voltooi die
         vloeidiagram oor die besluitnemingsproses deur die ontbrekende woorde neer
         te skryf. Skryf slegs die ontbrekende woord langs die vraagnommers
         (4.1.1 tot 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                (4.1.1)
                                    (4.1.6) ... en
                                                            Definieer en ...
                                      evalueer
                                                            die probleem

                              (4.1.5) ...                         (4.1.2) Ontwikkel
                              die besluit                          alternatiewe ...

                                         (4.1.4)
                                                           (4.1.3) ... die
                                      Selekteer die
                                                           alternatiewe
                                        beste ...
                                                                                                           (6)

4.2      Die prentjie hieronder toon daaglikse bestuurstake. Skryf die bestuurstake in
         die prentjie langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
                                                                          4.2.1
                          4.2.2                    Ek moet 'n e-pos stuur, die koöperasie bel en
               Ek moet elke arbeider se            'n brief stuur om te registreer.
               verlof aanteken volgens
               getal dae geneem en tipe
               verlof

                                                                                   4.2.5
                    4.2.3                                                          Ek sal my
                   4.2.3 my
               Ek waardeer                                                         produkte by die
                arbeiders se                                                       varsprodukte-
                    werk.                                                          mark bemark
                                                                                   en nie by die
                                                                                   groente-
                                                                                   handelaar nie.
                               4.2.4
                     Wat is my doelwit?
                     Waar sal ek inligting kry?
                     Hoe sal ek dit sorteer?

                                                                                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                        14                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

4.3      Die kode van beste landboupraktyk by diereproduksie en die hantering van
         diere is belangrik wanneer diere bemark word.

         4.3.1        Noem DRIE riglyne vir die hantering of behandeling van diere by
                      die slagpale/abattoir.                                                     (3)

         4.3.2        Noem VIER riglyne oor reiniging en higiëne waaraan die slagpale
                      moet voldoen.                                                              (4)

         4.3.3        Beskryf DRIE metodes wat gebruik kan word om waarde by vleis in
                      'n agribesigheid toe te voeg.                                              (3)

4.4      Prosessering/Bewerking is die omskakeling van 'n landbouproduk na 'n meer
         aanvaarbare produk.

         4.4.1        Verduidelik ekstrusie-omskakeling as 'n metode om plaasprodukte
                      te prosesseer/bewerk.                                                      (2)

         4.4.2        Prosessering/Bewerking van landbouprodukte kan in primêre
                      omskakeling     (prosessering)   en     sekondêre     omskakeling
                      (prosessering) verdeel word. Teken die tabel oor en klassifiseer die
                      voorbeelde hieronder onder die korrekte opskrifte.

                           Brood
                           Botter
                           Vars uitgedrukte vrugtesap
                           Sonneblomolie
                           Los teeblare
                           Vrugtekoek

                          PRIMÊRE OMSKAKELING            SEKONDÊRE OMSKAKELING

                                                                                                 (6)

4.5      Verskillende metodes word gebruik om landbouprodukte te verpak.

         4.5.1        Noem VIER voordele van die verpakking van voedselprodukte.                 (4)

         4.5.2        Noem VIER eienskappe van plastiek wat dit ideaal vir verpakking
                      maak.                                                                      (4)

         4.5.3        Verduidelik waarom plastiek so 'n negatiewe effek op die
                      omgewing het.                                                              (2)

         4.5.4        Stel 'n oplossing vir die probleem van plastiekbesoedeling voor.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                      15                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

4.6      Agritoerisme sluit enige aktiwiteit, produk, diens en ondervinding in wat vir
         'n besoeker op 'n plaas aangebied word, of betaling ontvang word, of nie.

         4.6.1        Noem TWEE tipes toerisme wat 'n mark vir die plaas kan skep.         (2)

         4.6.2        Noem VIER items van kapitaalinvestering wat noodsaaklik is
                      wanneer 'n wildsplaas gevestig/ontwikkel word.                       (4)

         4.6.3        Maak 'n lys van VIER bemarkingsvaardighede wat vir agritoerisme
                      belangrik is.                                                        (4)
                                                                                           [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           150
                                                                  GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-eng/790f58ba-d40e-482c-b3c2-0df67d7bbdb9) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices May June 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-mg-afr/6b3f7f9e-80ff-44f7-a0a9-25e7299812d1) — Agricultural Management Practices · Memo · 2021 · Afr
- [Agricultural Management Practices May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-mg-eng/a076169d-e242-42da-b940-02f9aa763cf2) — Agricultural Management Practices · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-eng/9a536048-c133-4be0-afab-1147d8ddd09a) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-afr/aafb1c33-ebeb-4302-8199-6d0ee2d11d5c) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/ab0588a3-a8b7-464e-af39-46f0310de403) — Agricultural Management Practices · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
