# Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2022 QP

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-afr/1095ba8d-9b4d-4073-8c05-d6df5d006394
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 NSC June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-afr/1095ba8d-9b4d-4073-8c05-d6df5d006394)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                                          2022

                                                                      PUNTE: 200

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       2                                 DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                             3                               DBE/2022
                                                 SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Die verlies van water wat gedurende die dag by grond en plante na
                      die atmosfeer plaasvind:

                      A   Fotosintese
                      B   Transpirasie
                      C   Evapotranspirasie
                      D   Verdamping

         1.1.2        'n Probleem wat met die gebruik van menslike arbeid op plase
                      ondervind word:

                      A   Te veel vaardige werkers in die boerderybedryf
                      B   Arbeidskoste is laag as gevolg van meganisasie
                      C   Alle take is by een punt op 'n plaas gesentraliseer
                      D   Migrasie van plaaswerkers na stede

         1.1.3        Die bron van kapitaal wat deur die verkoop van plaasprodukte
                      verkry word:

                      A   Persoonlike kapitaal
                      B   Produksiekapitaal
                      C   Krediet
                      D   Toelaes

         1.1.4        Die groeistadium van grasse gedurende die winter:

                      A   Aanvanklike groei
                      B   Aktiewe groei
                      C   Berging van reserwes
                      D   Dormant/Rustend

         1.1.5        Die tipe grondkaart wat die grondwaterinhoud van gronde aandui:

                      A   Infrarooi kaart
                      B   Ultraviolet kaart
                      C   GPS-kaart
                      D   NDVI-kaart

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                            4                             DBE/2022
                                                SS/NSS

         1.1.6        Die toestand wat NIE die groei van die meeste mikro-organismes
                      wat voedelbederf veroorsaak, sal bevoordeel NIE:

                      A   Suurstofloos
                      B   Genoeg bronne (produkte)
                      C   Geskikte pH
                      D   Geskikte temperatuur

         1.1.7        Die boer ontvang hierdie brondokument wanneer hy/sy goedere op
                      krediet koop:

                      A   Kredietnota
                      B   Kredietaankoopfaktuur
                      C   Kredietverkoopfaktuur
                      D   Kontantstrokie

         1.1.8        'n Strategiese beplanningsinstrument wat kan help om 'n boerdery
                      te evalueer, staan as 'n … bekend.

                      A   besigheidsplan
                      B   strategiese bestuursplan
                      C   SSGB('SWOT')-ontleding
                      D   toekomsplan

         1.1.9        Die hulpbron wat mense in bestuur, werkers en diensverskaffers
                      insluit:

                      A   Finansiële hulpbron
                      B   Menslike hulpbron
                      C   Tegniese hulpbron
                      D   Klimaatshulpbron

         1.10         Die bestuursbeginsel wat 'n boer moet toepas voordat daar met 'n
                      onderneming begin word:

                      A   Beplanning
                      B   Organisering
                      C   Motivering
                      D   Kontrole                                            (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         5                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                     KOLOM A                           KOLOM B
         1.2.1       Databasis           A analise en verfyning van 'n plan

         1.2.2       Preservering        B beheer samestelling en gehalte van
                                           geprosesseerde landbouprodukte
         1.2.3       Burosisteem
                                         C verseker dat skale gereeld
         1.2.4       Verbruikersmaak/      geïnspekteer en gekalibreer word
                     -voorkeur
                                         D om onaanvaarbare gedrag uit te
         1.2.5       Wet op Mate en        skakel en 'n gevoel van samehorigheid
                     Gewigte, 1958         in 'n besigheid te skep
                     (Wet 13 van 1958)
                                         E deel van die bemarkingsplan wat
         1.2.6       Dissipline            verkope sal laat toeneem

         1.2.7       Evaluering          F 'n georganiseerde versameling data
                                           wat op 'n rekenaarstelsel gestoor en
         1.2.8       Gronddegradasie       elektronies toeganklik is

         1.2.9       Kwarantyn           G die gevolg van grondbeskadiging wat
                                           deur klimaatsveranderinge veroorsaak
         1.2.10      Eienaarskap           word

                                         H die proses om voedsel te behandel en
                                           te hanteer wat bederf grootliks
                                           vertraag

                                         I   dui die bestuursproses van die
                                             besigheid aan

                                         J   deel van die besigheidsplan wat die
                                             ondernemingsvorm wat jy wil
                                             registreer, sal beskryf

                                         K dataprosessering vir 'n aantal kliënte
                                           vind sentraal plaas, weg van die plase
                                           af

                                         L   die beperking wat op die beweging
                                             van diere afgedwing word as gevolg
                                             van 'n aansteeklike siekte
                                                                           (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                           6                                  DBE/2022
                                               SS/NSS

1.3      Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.

         1.3.1        Die hoeveelheid werk wat per tydeenheid deur 'n plaaswerker
                      gedoen word

         1.3.2        Die metode wat die oppervlakke van voedsel, voedselhouers en
                      die lug steriliseer

         1.3.3        'n Strategie waar die boer die risiko versprei deur in verskeie
                      ondernemings te belê

         1.3.4        Die klimaatsfaktor wat in chemiese energie verander word sodat
                      plante kan groei

         1.3.5        'n Proses wat verandering in die ekonomiese stelsel veroorsaak as
                      gevolg van innovasie deur individue wat op geleenthede in die
                      mark reageer                                               (5 x 1)        (5)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die stellings KORREK te
         maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.

         1.4.1        Seisoenale skommeling is 'n probleem wat met die bemarking van
                      landbouprodukte verband hou, want dit is aan bederwing en
                      verrotting blootgestel.

         1.4.2        Koördinering is die groepering van aktiwiteite op 'n plaas in
                      bestuursaktiwiteite en boerdery-aktiwiteite.

         1.4.3        Arbeidsrekords hou boek van die reënval, temperatuur en
                      windspoed gedurende spesifieke tydperke.

         1.4.4        Markewewig is die aantal produkte wat verkoop moet word om die
                      totale produksiekoste te dek.

         1.4.5        Inkomende landboutoeriste is mense van Suid-Afrika wat in
                      Suid-Afrika reis om verskillende landbou-aktiwiteite te besoek.
                                                                                    (5 x 1)     (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         7                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING B
VRAAG 2:         FISIESE PLAASBEPLANNING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1      Veldbestuur is vir 'n veeboer baie belangrik. Die boer moet die
         plantgroeipatrone van die plaas bestudeer om die optimale groei vir die streek
         te verkry. Kennis van weidings sal tot verlaagde koste lei indien die boer in
         staat is om dit behoorlik te bestuur.
         2.1.1        Verduidelik kortliks die belangrikheid van kennis oor optimale
                      plantegroei.                                                            (2)
         2.1.2        Bespreek TWEE maniere waarop die beplanning en verdeling van
                      weivelde in kampe 'n boer sal help.                                     (4)
         2.1.3        Noem TWEE voordele van goeie weidingsbestuur vir die boer.              (2)
2.2      Beskryf hoe die volgende faktore beweiding sal beïnvloed:
         2.2.1        Smaaklikheid                                                            (2)
         2.2.2        Topografie                                                              (2)
         2.2.3        Erosie                                                                  (2)
2.3      Die diagram hieronder stel produkte en kapitaalitems in landbou voor.

         2.3.1        Identifiseer die kapitaalitem (A–G) in die diagram hierbo wat 'n
                      vastekapitaal-item voorstel.                                            (1)
         2.3.2        Identifiseer die kapitaalitem (A–G) in die diagram hierbo wat
                      beweeglike kapitaal voorstel.                                           (1)
         2.3.3        Gee TWEE redes waarom risiko moontlik verminder word deur
                      item B en items A of E op dieselfde plaas te produseer.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                              8                               DBE/2022
                                                  SS/NSS

2.4      Die grondstruktuur sal 'n invloed op die bewerking van gronde hê.

         2.4.1        Definieer grondstruktuur.                                                 (2)

         2.4.2        Beskryf hoe die bewerking van grond met struktuur en die
                      bewerking van grond sonder struktuur verskil.                             (2)

2.5      Noem TWEE voordele van organiese boerdery.                                             (2)

2.6      Die presisieboerdery-siklus:
                                                    resultaat

                                  pas toe                        ontleed

                                                    beplan

       Teken en voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK deur die aksie
       by die korrekte hoofelement in die presisieboerdery-siklus te pas.

                                                      HOOFELEMENTE
                AKSIE               BEPLAN         PAS TOE RESULTAAT          ONTLEED
        Bv. Grondinspeksie                            
        Besproeiing/Bespuiting
        Dataprosessering
        Presisiekartering
        Oes
        Bemesting                                                                                (5)

2.7      Die volgende is 'n lys insette, prosesse en uitsette wat by 'n boerderystelsel
         verkry is:
             Wins
             Grond
             Bemesting
             Neerslag
             Son
             Dierevoer
             Ligging
             Dreinering
             Besproeiing
             Grootmaak
         Identifiseer VYF fisiese insette in die lys hierbo wat 'n boerderystelsel bepaal.      (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                           9                             DBE/2022
                                               SS/NSS

2.8      Meganisasie het vir welvarende (voorspoedige) kommersiële boerdery
         noodsaaklik geword.

         2.8.1        Noem die invloed op arbeid indien 'n boer die vlak van
                      meganisasie op 'n plaas verhoog.                                     (2)

         2.8.2        Verduidelik kortliks die negatiewe sosiale impak van hoë vlakke
                      van meganisasie op 'n plaas.                                         (1)

2.9      Verduidelik die effek as daar minder vermorsing plaasvind wanneer
         plaagdoders in presisieboerdery toegedien word.                                   (4)

2.10     Beskryf kortliks die doel van die volgende tipes agritoerisme:

         2.10.1       Opvoedkundige toeriste                                               (2)

         2.10.2       Produkroete-toeriste                                                 (2)

2.11     Noem VYF nadele van agritoerisme.                                                 (5)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         10                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 3:         BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING,
                 PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die opstel van 'n besigheidsplan is vir 'n nuwe boer belangrik.

         3.1.1        Gee VYF redes vir die opstel van 'n besigheidsplan.                     (5)

         3.1.2        Noem VYF finansiële strategieë as deel van die bemarkingsplan.          (5)

3.2      Die diagram hieronder toon sommige van die eienskappe van 'n entrepreneur
         wat 'n suksesvolle boerderyonderneming wil hê.

                                              [A]
                                  Ken werkers se take volgens
                                     hulle vaardighede toe

                                                                           [C]
                  [B]
                                                                    Vermoë om nuwe
               Kennis van                  Entrepreneur             idees te ontwikkel
             gewasverbouing
                                                                      om te verbeter

                                              [D]
                                  Hou aan probeer selfs al word
                                     die oes deur 'n droogte
                                            verwoes

         3.2.1        Identifiseer die eienskappe van 'n entrepreneur soos deur A, B, C
                      en D aangedui.                                                          (4)

         3.2.2        Noem DRIE hulpbronne wat 'n entrepreneur benodig wanneer 'n
                      boerderyonderneming begin word.                                         (3)

3.3      Landboubesighede kan in drie sektore verdeel word, naamlik die primêre
         landbousektor, die sekondêre landbousektor en die tersiêre landbousektor.

         Onderskei primêre van sekondêre en tersiêre landbousektore.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                        11                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

3.4      Die volgende is bemarkingswette wat op die bemarking van landbouprodukte
         van toepassing is:

         A: Wet op die Bemarking van Landbouprodukte, 1996 (Wet 47 van 1996)
         B: Wet op Reëling van die Uitvoer van Bederfbare Produkte, 1983
            (Wet 9 van 1983)
         C: Wet op die Veiligheid van Vleis, 2000 (Wet 40 van 2000)
         D: Wet op Landbouprodukte-agente, 1992 (Wet 12 van 1992)
         E: Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 of 2008)

         Pas die bemarkingswette (A–E) by die beskrywings (3.4.1 tot 3.4.4)
         hieronder. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.4.1 tot
         3.4.4) neer. Elke letter kan slegs EEN keer gebruik word.

         3.4.1        Vestig en handhaaf nasionale standaarde by abattoirs (slagpale)
                      en slaghuise                                                            (1)

         3.4.2        Daarop gemik om marktoegang vir alle deelnemers te vergroot en
                      om die lewensvatbaarheid van die landbousektor te bevorder              (1)

         3.4.3        Beheer die bemarking van produkte wat in ander lande verkoop
                      word                                                                    (1)

         3.4.4        Daarop gemik om 'n regverdige, toeganklike en volhoubare mark
                      vir verbruikersprodukte en -dienste te bevorder                         (1)

3.5      Plaashekbemarking is een van die algemeenste bemarkingskanale wat deur
         boere gebruik word, veral kleinskaalse boere.

         3.5.1        Noem DRIE voordele van plaashekbemarking.                               (3)

         3.5.2        Noem DRIE nadele van plaashekbemarking.                                 (3)

3.6      Gebruik 'n tabel en onderskei tussen internetbemarking en kontrakbemarking.          (6)

3.7      Noem DRIE funksies van produsente-organisasies in die landboubedryf.                 (3)

3.8      Noem DRIE voordele            van    die     bemarking   van   produkte     op
         varsproduktemarkte.                                                                  (3)

3.9      Evaluering is 'n noodsaaklike deel van verskillende produksie-aspekte. Noem
         VIER voordele van evaluering.                                                        (4)

3.10     Maak 'n lys van VIER voordele van behoorlike bestuur ten opsigte van die
         aanwending van arbeid.                                                               (4)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          12                                DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 4:         FINANSIËLE  BEPLANNING,    REKORDHOUDING,                         OES,
                 WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Verduidelik die volgende stelling:

         'n Begroting het beide 'n beplanningsfunksie en 'n beheerfunksie.                    (4)

4.2      Die basiese elemente van 'n begroting vir 'n gewasproduksie-onderneming
         sluit, onder meer, insette, uitsette en hulpbronne in.

         4.2.1        Daar moet vir insette en uitsette begroot word.

                      (a)   Gee TWEE voorbeelde van insette waarvoor begroot moet
                            word.                                                             (2)

                      (b)   Gee 'n voorbeeld van 'n uitset waarvoor begroot moet word.        (1)

         4.2.2        Dui aan waarvoor begroot moet word ten opsigte van hulpbronne
                      vir 'n gewasproduksie-onderneming.                                      (3)

4.3       INKOMSTESTAAT
          Plaaskwitansies                           R942 700,00
          Plaasuitgawes                             R780 900,00
          BRUTO WINS:                                  4.3.1
          Koste van rente                            R21 700,00
          Waardevermindering                         R72 300,00
          Familielewenskoste en                      R52 300,00
          inkomstebelasting
          NETTO WINS:                                   4.3.2

         4.3.1        Bereken die BRUTO WINS. Toon die formule en AL die
                      berekeninge.                                                            (3)

         4.3.2        Bereken die NETTO WINS. Toon die formule en AL die
                      berekeninge.                                                            (3)

4.4      Onderskei tussen seisoenwerkers en geleentheidswerkers wat in die landbou
         gebruik word.                                                                        (2)

4.5      Noem DRIE vereistes van goeie rekordhouding.                                         (3)

4.6      'n Produk moet op die regte stadium van gereedheid geoes word sodat die
         produk die verbruiker in 'n goeie toestand bereik.

         Beskryf die toestand van 'n vars rou produk wat dit vir die verbruiker
         aanvaarbaar maak.                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                        13                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

4.7      Vergelyk meganiese oes met oes met die hand. Teken en voltooi die tabel
         hieronder in die ANTWOORDEBOEK.

                                        MEGANIESE OES               OES MET DIE HAND
          Invloed van
          weerstoestande
          Diefstal van die produkte                                                               (4)

4.8      Wanneer produkte hanteer word, moet bestuur verseker dat arbeiders die
         korrekte persoonlike gesondheids- en higiënepraktyke volg.

         Noem DRIE van hierdie praktyke wanneer arbeiders vars produkte hanteer.                  (3)

4.9      Noem TWEE hooffaktore wat die stoormetode van 'n rou landbouproduk
         bepaal.                                                                                  (2)

4.10     Die omskakeling van primêre landbouprodukte na eetbare produkte behels
         verskeie aksies en prosesse.

         Kies EEN woord uit die lys hieronder wat ELK van die volgende
         omskakelingsprosesse (4.10.1 tot 4.10.5) verduidelik.

                     onttrekking;   kombinering;    sterilisasie;    bevriesing;
                      filtrasie;  pasteurisasie;   fermentasie;      ekstrusie

         4.10.1       'n Proses waartydens voedsel met matige hitte behandel word om
                      patogene uit te skakel en rakleeftyd te verleng                             (1)

         4.10.2       'n Proses waartydens een of meer komponente van 'n vloeistof- of
                      soliede mengsel selektief deur middel van 'n vloeibare
                      onmengbare oplosmiddel geskei word                                          (1)

         4.10.3       Die proses om koolhidrate na alkohol of organiese sure om te
                      skakel deur mikro-organismes, soos gis of bakterieë, te gebruik             (1)

         4.10.4       'n Beheerde verhittingsproses wat gebruik word om alle lewende
                      mikro-organismes heeltemal uit te skakel                                    (1)

         4.10.5      Tydens hierdie proses word sagte gemengde bestanddele deur 'n
                     opening in 'n geperforeerde plaat geforseer om die verlangde vorm
                     teen 'n hoë temperatuur te verkry. Dit word dan met lemme in 'n
                     spesifieke grootte gesny.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         14                                DBE/2022
                                              SS/NSS

4.11     Gee EEN rede vir die gebruik van ELK van die volgende verpakkingsmetodes
         vir landbouprodukte:

         4.11.1       Vakuumverpakking                                                       (2)

         4.11.2       Nie-vakuumverpakking                                                   (2)

4.12     Boer:       Ek trek van 'n plaas in die Vrystaat na 'n plaas in Limpopo en ek
                     neem my diere saam met my. Ek beplan om 'n trok en 'n sleepwa te
                     gebruik om die klein- en grootvee te vervoer. Ek is baie bekommerd
                     oor die stresvlakke van die diere gedurende die lang rit.

         4.12.1      Gee die boer raad oor die vereistes met betrekking tot die trok en
                     die sleepwa wat gebruik gaan word om die diere te vervoer.              (3)

         4.12.2      Noem TWEE items wat die diere gedurende die rit gaan benodig,
                     wat ook voor en na die rit beskikbaar moet wees.                        (2)

         4.12.3      Verduidelik waarom die boer oor die stresvlakke van die diere
                     bekommerd is.                                                           (2)
                                                                                             [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            150
                                                                   GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-eng/b246d9f3-e12c-4eee-b5bc-5b00995e0b14) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices May June 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-mg-eng/3ead284b-ff8f-428e-aeeb-dd80cc8d6f76) — Agricultural Management Practices · Memo · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-mg-afr/ed17f506-6884-4398-8ce2-e73e6214b4cb) — Agricultural Management Practices · Memo · 2022 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-eng/eee601b6-6800-4882-b0eb-bf1b28026bcb) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-afr/a9cf52ae-71e8-488a-ad7a-4b9c73373447) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/ab0588a3-a8b7-464e-af39-46f0310de403) — Agricultural Management Practices · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
