# Agricultural Management Practices Grade 12 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-afr/aafb1c33-ebeb-4302-8199-6d0ee2d11d5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-afr/aafb1c33-ebeb-4302-8199-6d0ee2d11d5c)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                         LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       2                      DBE/November 2021
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nie programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          3                     DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Die verwydering van vog uit 'n produk om die groei van mikro-
                      organismes te vertraag:

                      A   Verkoeling
                      B   Verhitting
                      C   Droging
                      D   Insouting

         1.1.2        Die hoeveelheid geld wat in een             seisoen     deur     'n
                      boerderyonderneming gegenereer word:

                      A   Inkomste
                      B   Omset
                      C   Uitgawe
                      D   Krediet

         1.1.3        Toerusting wat benodig word vir die akkurate aanteken van water
                      wat met 'n sprinkelbesproeiingstelsel toegedien word:

                      A   Reënmeter
                      B   Tensiometer
                      C   Barometer
                      D   Verdampingspan

         1.1.4        Kapitaal wat 'n boer leen en dan gebruik om vee en gereedskap
                      aan te koop:

                      A   Beweeglike kapitaal
                      B   Mediumtermynkrediet
                      C   Vaste kapitaal
                      D   Langtermynkrediet

         1.1.5        Die vloeidiagram hieronder verteenwoordig die stappe wanneer
                      'n … gedoen word.

                          Verkry         Beskryf        Interpreteer       Bepaal
                          grond-          grond-            data           grond-
                           data        eienskappe                        geskiktheid

                      A   grondmonsterneming
                      B   bodemopname
                      C   grondanalise
                      D   grondgebruik

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                             4                    DBE/November 2021
                                                   NSS

         1.1.6        Kies die demografiese faktore wat die teikenmark vir 'n
                      landbouproduk identifiseer:

                     (i)      Getal verbruikers
                     (ii)     Ouderdom van die verbruikers
                     (iii)    Inkomstevlak van die verbruikers
                     (iv)     Verbruikers se kommer oor gesondheid

                      A      (i), (ii) en (iii)
                      B      (i), (ii) en (iv)
                      C      (i), (iii) en (iv)
                      D      (ii), (iii) en (iv)

         1.1.7        'n Voorvereiste van 'n goed gemotiveerde arbeidsmag:

                      A      Dissiplinêre optrede
                      B      Beter as voldoende werksomstandighede
                      C      Ekstra pligte
                      D      'n Tydregister

         1.1.8        'n Arbeider wat opgelei is en ondervinding van 'n spesifieke taak
                      het:

                      A      Nuwe seisoenale arbeider
                      B      Ongeskoolde arbeider
                      C      Los arbeider in opleiding
                      D      Geskoolde arbeider

         1.1.9        Die finansiële staat wat die beweging van geld in en uit die
                      besigheid binne 'n kort tydjie aandui:

                      A      Kontantvloeistaat
                      B      Inkomstestaat
                      C      Balansstaat
                      D      Proefbalans

         1.1.10       Die vervanging van handearbeid op plase om moegheid en swak
                      arbeidsdoeltreffendheid uit te skakel:

                      A      Daaglikse beplanning
                      B      Meganisasie
                      C      Toesighouding
                      D      Ekonomiese plaasbeplanning                          (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         5                         DBE/November 2021
                                               NSS

1.2      Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A-L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                           KOLOM A                            KOLOM B
         1.2.1       Markinligting         A     hanteer die waardetoevoeging,
                                                 prosessering en aanbieding van
         1.2.2       Arbeidkontrak               landbouprodukte

         1.2.3       Bestuur               B     aangedui op die etiket van 'n
                                                 geprosesseerde landbouproduk
         1.2.4       Sekondêre landbou-
                     onderneming           C     moet aanpas by die verandering van
                                                 omstandighede van lewendige dinge
         1.2.5       Besigheidstrategieë
                                           D     het 'n direkte invloed op die getal
         1.2.6       Prysvasstelling             produkte wat op 'n spesifieke tyd
                                                 verkoop is
         1.2.7       Verspreidingskanaal
                                           E     volledige lys van items wat die
         1.2.8       Suikerfermentasie           besigheid besit

         1.2.9       Voorvereiste van      F     plaasrekening wat aan die einde van
                     plaasarbeiders              maand betaal moet word

         1.2.10 Voedingsinligting          G     primêr die werk van die persoon wat
                                                 vir besluitneming, beplanning,
                                                 organisering en beheer
                                                 verantwoordelik is

                                           H     dui die volume en prys van produkte
                                                 op verskillende tye by die
                                                 verkooppunt aan

                                           I     moet deur 'n besigheid in ag geneem
                                                 word om in 'n kompeterende mark te
                                                 oorleef

                                           J     sal deur bederfbaarheid en
                                                 omvang/grootte van die produk
                                                 beïnvloed word

                                           K     'n proses wat vir die produksie van
                                                 wyn, bier en uitrys van brood gebruik
                                                 word

                                           L     wettige ooreenkoms wat die pligte
                                                 van 'n arbeider uiteensit
                                                                              (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          6                         DBE/November 2021
                                                NSS

1.3      Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Presisieboerdery.

         1.3.1        Uitbreiding van die aantal aktiwiteite of vertakkings wat deur die
                      boer bestuur word om die risiko in die boerderyonderneming te
                      verminder

         1.3.2        Voorkoming van gronddegradasie, grondbesoedeling, gronderosie
                      en verlies aan grondvoedingstowwe

         1.3.3        Die bestuursaspek waar 'n plaasbestuurder instruksies aan die
                      arbeiders gee en luister na werksverwante probleme van die
                      arbeiders

         1.3.4        Uitstaande skuld, lenings en rekeninge vervat in die Balansstaat

         1.3.5        Die brondokument wat benodig word vir inskrywings in die
                      Kontantvloeistaat wat die geld ontvang, aandui    (5 x 1)                   (5)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD om die stellings KORREK te
         maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.

         1.4.1        'n Onttrekkingstrokie word by 'n finansiële instansie voltooi as 'n
                      persoon kontant in die plaas se besigheidsrekening inbetaal.

         1.4.2        Die etiketvereistes van verpakkingsmateriaal moet, onder meer,
                      die produk beskerm, maklik wees om op te druk en vir die
                      spesifieke produk geskik wees.

         1.4.3        Vervaardiging is die verandering van rou voedselprodukte in nuwe
                      produkte wat minder bederfbaar is.

         1.4.4        Aanvraag is die hoeveelheid produkte wat produsente na die mark
                      toe stuur.

         1.4.5        Chemikalieë is 'n preserveermetode wat in 'n roker gebruik word en
                      die smaak van die produk verander.                          (5 x 1)         (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                                               7                            DBE/November 2021
                                                                     NSS

AFDELING B

VRAAG 2: FISIESE EN FINANSIËLE PLAASBEPLANNING

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Water is die enkel belangrikste bestanddeel vir enige lewende organisme.

         2.1.1                            Noem die hoofwaterbron vir 'n boer.                                             (1)

         2.1.2                            Noem VIER faktore wat die effektiwiteit van reënval bepaal.                     (4)

2.2      'n Boer moet die natuurlike veld beplan en bestuur om maksimale produksie
         sonder veldagteruitgang te kry.

         2.2.1                            Verduidelik die effek van vertrapping van die beskikbare weiding
                                          en die drakrag van 'n kamp.                                                     (4)

         2.2.2                            Noem TWEE metodes wat 'n boer kan gebruik om die vereiste
                                          voerfaktor vir lakterende diere gedurende die kalfseisoen te
                                          oorkom.                                                                         (2)

2.3      Die grafiek hieronder dui die verwantskap tussen kunsmis toegedien en die
         opbrengs van 'n gewas aan.

                                           VERWANTSKAP TUSSEN KUNSMIS TOEGEDIEN EN
                                                         OPBRENGS
                                50
                                45                           A
                                40

            Opbrengs (ton/ha)
                                35
                                30
                                25
                                20
                                15                                                                  Marginale
                                                                                                    opbrengs
                                10
                                                                                                    Totale opbrengs
                                 5
                                 0
                                     50       100    150     200    250      300   350   400
                                                           Kunsmis (kg/ha)

         2.3.1                            Gee die landboukundige term vir die verwantskap wat in die grafiek
                                          hierbo getoon word.                                                             (1)

         2.3.2                            Bespreek die term marginale opbrengs.                                           (3)

         2.3.3                            Verduidelik die implikasies van punt A op die grafiek.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          8                          DBE/November 2021
                                                NSS

2.4      Die beplanning van die gebruik van verskillende veldtipes kan in die volgende
         stappe gedoen word:

         A       Bepaal die veldtoestand
         B       Groepeer veldtipes in eenhede na gelang van die veldtoestand
         C       Beskikbaarheid van water
         D       Bepaal primêre kampe
         E       Bereken die weidingskapasiteit
         F       Ken primêre kampe toe volgens die behoeftes van die kudde
         G       Beplan die voervloeiprogram

         Pas die beskrywings in VRAAG 2.4.1 tot 2.4.4 by die toepaslike stappe
         hierbo. Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (2.4.1 tot 2.4.4) neer.
         Elke stap kan slegs EEN keer gebruik word.

         2.4.1        Maak seker daar is genoeg kos vir elke seisoen beskikbaar deur
                      aangeplante weiding of spaarkampe                                            (1)

         2.4.2        Maak seker daar is 'n waterkrip in elke kamp                                 (1)

         2.4.3        Skei lakterende en droë koeie in verskillende kampe                          (1)

         2.4.4        Dui die tipes en aantal grasse in die verskillende stadiums van die
                      opeenvolgingsvordering in die veld aan                                       (1)

2.5      Kapitaal word deur menslike ywer en is slegs produktief wanneer dit vir die
         vergroting van bestaande welvaart gebruik word.

         2.5.1        Noem en verduidelik TWEE hoofbronne van kapitaal vir 'n
                      boerderyonderneming.                                                         (6)

         2.5.2        Gee DRIE probleme wat met kapitaal as 'n produksiefaktor
                      verband hou.                                                                 (3)

2.6      Vergelyk, in tabelvorm, 'n konvensionele planter met 'n geen-bewerking-
         planter ten opsigte van die volgende aspekte:

                Koste van die planter
                Bewerkingskoste
                Trekkrag benodig                                                                  (6)

2.7      Noem DRIE faktore wat die wegdrywing van sproei tydens die toediening van
         'n plaagdoder beïnvloed.                                                                  (3)

2.8      Bespreek DRIE uitdagings van landboutoerisme in landelike gebiede.                        (3)

2.9      Noem DRIE eienskappe van 'n nismark.                                                      (3)

2.10     Noem DRIE aspekte wat 'n boer in ag moet neem wanneer hy gebruikte
         (tweedehandse) implemente aankoop.                                                        (3)
                                                                                                   [50]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         9                         DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 3:         BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING,
                 PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Noem en bespreek die DRIE hooftipes bronne wat in aanmerking geneem
         moet word wanneer 'n besigheidsplan saamgestel word.                                    (6)

3.2      Noem die boerderysisteem waar entrepreneurseienskappe noodsaaklik vir die
         ontwikkeling van 'n suksesvolle besigheid is. Bespreek TWEE redes vir jou
         antwoord.                                                                               (5)

3.3      'n Boer produseer 'n produk en het die volgende produksiekoste:

                                             KOSTE
                             Vaste koste (per ha)             R6 500
                             Veranderlike koste (per ha)      R1 000
                             Prys (per ton)                   R3 500

         3.3.1       Bereken die gelykbreekpunt (GBP) deur die inligting in die tabel
                     hierbo en die volgende formule te gebruik:

                                                          e o e
                                                pr   – er nder e o e                             (2)

         3.3.2       Verduidelik die gelykbreekpunt vir 'n boerderyonderneming.                  (4)

         3.3.3       Bereken die wins wat die boer sal maak as sy opbrengs 4 ton/ha is.          (3)

3.4      Noem die faktore wat die aantal produkte bepaal wat die verbruiker bereid is
         om te koop.                                                                             (4)

3.5      Bespreek DRIE redes vir die advertering van 'n landbouproduk.                           (3)

3.6      Verduidelik die volgende konsepte wat binne die bemarkingstrategie van 'n
         sakeplan aandag moet geniet:

         3.6.1       Teikenmark                                                                  (2)

         3.6.2       Kompetisie                                                                  (2)

         3.6.3       Verspreiding                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         10                       DBE/November 2021
                                               NSS

3.7      Voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK.

         Gebruik die tabel om tussen diversifikasie en spesialisasie met verwysing na
         implemente en bestuur te onderskei.

                                 DIVERSIFIKASIE                SPESIALISASIE
          Implemente
          Bestuur                                                                               (4)

3.8      'n Boer gee aan 'n arbeider die opdrag om aangeplante gewasse met 'n
         onkruiddoder te bespuit. Die boer maak seker dat die arbeider die nodige
         veiligheidstoerusting het. Ten spyte van al die voorsorgmaatreëls wat getref
         is, word die arbeider siek van die spuitstof.

         3.8.1        Watter Wet bemagtig die arbeider om te eis vir ongesteldheid
                      nadat daar met chemikalieë gewerk is?                                     (1)

         3.8.2        Dui die aksie aan wat die boer kan neem indien die arbeider weier
                      om beskermde kleredrag te dra wanneer daar met chemikalieë
                      gewerk word.                                                              (1)

         3.8.3        Bespreek DRIE vereistes van die stappe wat die boer moet volg
                      om die arbeider se aksies in VRAAG 3.8.2 te korrigeer.                    (3)

3.9      Noem DRIE doelwitte wat die plaasbestuurder bereik wanneer hy die
         plaasarbeiders motiveer.                                                               (3)

3.10     Gee DRIE redes waarom dit belangrik is om plaasarbeiders op te lei.                    (3)

3.11     Noem TWEE sielkundige/psigologiese behoeftes van plaasarbeiders.                       (2)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                           11                       DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 4:             FINANSIËLE BEPLANNING,    REKORDHOUDING,                        OES,
                     WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

Begin die vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      'n Begroting is 'n plan van toekomstige inkomste en uitgawes van 'n besigheid
         soos hieronder getoon.

         Inligting oor verwagte inkomste en uitgawes:

              2 kg saad @ R400,00 per kg
              850 kg kunsmis @ R80,00 per 50 kg sak
              Vervoer vir 17 sakke kunsmis @ R5,00 per 50 kg sak (slegs een rit)
              Lone vir 2 arbeiders @ R400,00 per persoon per week vir aanplanting
              1 500 produkverpakkingsmateriaal @ R1,50 elk
              Vervoer na mark @ R300,00 per rit (6 ritte)
              Verkope van 1 500 bokse van die produk @ R15,00 'n boks

         Voltooi die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK.

         Gebruik die data hierbo om 'n begroting vir jou gewasvertakking op te stel.

                                     VERWAGTE UITGAWES
                     ITEM           HOEVEELHEID    PRYS PER                 TOTALE
                                                  EENHEID (R)               PRYS (R)

             Totale uitgawes

                                     VERWAGTE INKOMSTE
                     ITEM           HOEVEELHEID   PRYS PER                  TOTALE
                                                 EENHEID (R)                PRYS (R)

             Totale uitgawes

                                          VERWAGTE WINS
             Wins                                                                                  (10)

4.2      Die Balansstaat lig die boer in oor hoe kapitaal verkry is en hoe dit geallokeer
         is.

         4.2.1        Verduidelik die volgende terme wat in die Balansstaat gebruik word:

                      (a)   Vaste bates                                                            (2)

                      (b)   Depresiasie                                                            (2)

                      (c)   Krediteur                                                              (2)

         4.2.2        Beskryf waarom dit belangrik is om die Inkomstestaat as finansiële
                      rekord te analiseer.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          12                           DBE/November 2021
                                                NSS

4.3      Gee DRIE redes hoekom verbruikers daarin belangstel om verwerkte
         produkte te koop.                                                                           (3)

4.4      Noem DRIE belangrike redes vir die gradering van landbouprodukte.                           (3)

4.5      Die bestuurspan van 'n vrugteplaas het die ontwikkeling van 'n
         versappingsaanleg op die plaas ondersoek as 'n strategie om risiko's te
         verminder. Die plaas voer tans al die produkte na die Verenigde State van
         Amerika en Europa uit.

         Die grafiek hieronder toon die wisselkoers oor 'n tydperk.

                          WISSELKOERS VAN DIE RAND(R) VIR 2019

                                                           ($)          (€)

         4.5.1       Verduidelik waarom die prosessering van 'n vrugtesapkonsentraat 'n
                     goeie strategie sal wees om die risiko's betrokke by die uitvoer van
                     vars produkte te verminder.                                                     (3)

         4.5.2       'n Bottel vrugtesapkonsentraat verkoop teen R116,00 in Suid-Afrika
                     met 'n gelykbreekpunt van R82,00. Bereken die wins wat per bottel
                     gemaak word.                                                                    (2)

         4.5.3       'n Bottel vrugtesapkonsentraat word in Desember een €12 in
                     Europa verkoop. Bepaal die waarde in Suid-Afrikaanse rand (ZAR).                (3)

         4.5.4       Voorspel die invloed wat die wisselkoers op die wins sal hê.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         13                     DBE/November 2021
                                               NSS

4.6      Alle landbouprodukte moet geoes word.

         4.6.1        Definieer oes van 'n landbougewas.                                   (2)

         4.6.2        Noem DRIE voordele van die oes van landbougewasse met die
                      hand.                                                                (3)

         4.6.3        Die stadium van rypheid wanneer landbouprodukte geoes word,
                      hang van die gebruik daarvan af. Noem VIER doeleindes waarvoor
                      gewasse geoes word.                                                  (4)

4.7      Beskryf DRIE aspekte om in aanmerking te                  neem     wanneer
         verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte ontwerp word.                            (3)

4.8      Beskryf VIER hoofoorsake van voedselbederf.                                       (4)
                                                                                           [50]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            150
                                                                 GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-eng/9a536048-c133-4be0-afab-1147d8ddd09a) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-mg-eng/7938b7c1-fac7-4860-a063-938e6c3dbc23) — Agricultural Management Practices · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-mg-afr/6af0b85d-a26c-4787-9c07-ee9b3af38821) — Agricultural Management Practices · Memo · 2021 · Afr
- [Agricultural Management Practices May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-afr/1136dda6-adb9-414f-9cc1-2c4ce76b6c7f) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Management Practices May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2021-eng/790f58ba-d40e-482c-b3c2-0df67d7bbdb9) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-afr/4a1fb963-89fc-4a18-b6e5-af1177b7a758) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
