# Agricultural Management Practices Grade 12 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-afr/a9cf52ae-71e8-488a-ad7a-4b9c73373447
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-afr/a9cf52ae-71e8-488a-ad7a-4b9c73373447)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                          LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                                    NOVEMBER 2022

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       2                       DBE/November 2022
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word.

4.       Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                           3                        DBE/November 2022
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende landbouhulpbronne is 'n voorbeeld
                      van 'n natuurlike hulpbron?

                      A   Arbeid
                      B   Plaasgeboue
                      C   Geld
                      D   Grond

         1.1.2        Doeltreffende meganisering in boerdery is die oplossing vir die …

                      A   toenemende tekort aan plaasarbeid.
                      B   koste om arbeiders op te lei.
                      C   produksie van verskillende produkte.
                      D   tekort aan onderrig/skoolopleiding onder arbeiders.

         1.1.3        Die tipe arbeider wat op dieselfde tyd elke jaar 'n herhalende taak
                      verrig, en wat slegs vir 'n bepaalde tydperk op 'n plaas werk:

                      A   Permanente arbeider
                      B   Seisoenale arbeider
                      C   Geleentheidsarbeider
                      D   Voltydse arbeider

         1.1.4        Hierdie begroting maak voorsiening vir die instandhouding van alle
                      infrastruktuur, implemente en toerusting:

                      A   Gelykbreekbegroting
                      B   Gedeeltelike begroting
                      C   Instandhoudingsbegroting
                      D   Geheelplaasbegroting

         1.1.5        Die basiese rekeningkundige vergelyking is:

                      L – laste; B – bates; E – eienaarsbelang

                      A   L=E+B
                      B   L=B+E
                      C   B=E+L
                      D   E=B+L

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                            4                           DBE/November 2022
                                                  NSS

         1.1.6        'n Primêre omskakeling van voedsel:

                      A   Berei botter uit room
                      B   Onttrek olie uit oliesade
                      C   Bak brood met koringmeel
                      D   Maak graanvlokkies van mieliemeel

         1.1.7        Die likiditeit van 'n plaas word deur die opstel van 'n ... bepaal.

                      A   kontantvloeistaat
                      B   inkomstestaat
                      C   begroting
                      D   balansstaat

         1.1.8        'n Plaasimplement depresieer teen 5,2% per jaar. Die waarde van
                      die implement na EEN jaar indien die huidige waarde R8 872,00 is:

                      A   R461,34
                      B   R9 333,34
                      C   R8 872,00
                      D   R8 410,66

         1.1.9        Die dokument wat aan 'n debiteur uitgereik word om te bevestig
                      dat die maatskappy die teruggestuurde goedere terugbetaal het:

                      A   Kredietnota
                      B   Kasregisterstrokie
                      C   Kleinkasbewys
                      D   Kontantstrokie

         1.10         Die beste metode om hoogs bederfbare produkte, soos blomme,
                      oor lang afstande te vervoer:

                      A   Pad
                      B   Spoor
                      C   Lug
                      D   See                                                         (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         5                           DBE/November 2022
                                               NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                           KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1        Grondgeskiktheid     A         oorspronklike dokument wat die
                                                     besonderhede van 'n
         1.2.2        Wet op                         saketransaksie bevat
                      Voedingsmiddels,
                      Skoonheidsmiddels en B         'n rekord met aparte inskrywings,
                      Ontsmettingsmiddels,           volgens datum gerangskik, wat
                      1972 (Wet 54 van               verslag doen van wat deur die loop
                      1972)                          van 'n dag of 'n ander tydperk
                                                     gebeur het
         1.2.3        Dagboek
                                           C         bevat die regulasies wat produk-
         1.2.4        Wins                           etikettering beheer

         1.2.5        Motivering           D         word gebruik om te voorspel
                                                     hoeveel geld aan die sink van 'n
         1.2.6        Gradering                      boorgat gespandeer sal word

         1.2.7        Produksierekords     E         die innerlike dryfkrag waaroor 'n
                                                     persoon beskik
         1.2.8        Brondokumente
                                           F         dokumente wat die hoeveelheid
         1.2.9        Produkorganisasies             produkte toon wat in 'n seisoen
                                                     geproduseer word
         1.2.10       Kapitaalbegroting
                                           G         die standaard gestel vir die
                                                     eenvormigheid van 'n groep
                                                     produkte

                                           H         evalueer die grondkwaliteite teenoor
                                                     die spesifieke gebruiksvereistes

                                           I         dui die hektaar aan wat vir
                                                     diereproduksie benodig word

                                           J         wanneer inkomste uitgawes oorskry

                                           K         staan beide die boer en die
                                                     verbruiker in spesifieke areas van
                                                     kennis oor 'n produk by

                                           L         geld wat vir die salarisverhogings
                                                     van werknemers gebruik word
                                                                                   (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         6                         DBE/November 2022
                                               NSS

1.3      Gee die KORREKTE landbouterm vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.

         1.3.1        Waardetoevoeging van 'n landbouproduk waardeur die produk in 'n
                      meer gebruikersvriendelike produk vir die verbruiker verander word

         1.3.2        'n Strategie wat deur 'n boer gebruik word om finansiële
                      beskerming teen gebeurlikhede soos brand, haelstorms, vloede en
                      ander risiko's te verskaf

         1.3.3        Die bestuursbeginsel wat 'n boer gebruik om te verseker dat die
                      hoeveelheid toerusting wat uitgereik is, dieselfde is as die
                      hoeveelheid wat aan die einde van die week terugontvang word

         1.3.4        Die produksiefaktor wat toerusting, heinings, sade, kunsmis en
                      chemikalieë verteenwoordig wat by die kweek van gewasse
                      gebruik word

         1.3.5        Die bemarkingskanaal wat gebruik word wanneer verbruikers na 'n
                      plaas reis en produkte op die plaas koop                (5 x 1)            (5)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die stellings KORREK te
         maak. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.

         1.4.1        Dokumente op 'n plaas is belangrik en nodig om ingeligte
                      bestuursbesluite te neem.

         1.4.2        Bemarking verwys na die fisiese en menslike pogings wat met die
                      verwagting van vergoeding uitgevoer word.

         1.4.3        Êe word gebruik om sade op groot skaal volgens voorafbepaalde
                      afstande in die grond te plaas.

         1.4.4        Veerekords    word    uit   alle      transaksies    binne      die
                      boerderyonderneming opgestel.

         1.4.5        Kompetisie is die deel van die bemarkingsplan wat die soort klante
                      wat 'n mens wil trek, beskryf.                             (5 x 1)         (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                           7                         DBE/November 2022
                                                 NSS

AFDELING B

VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Dui die uitwerking van Covid-19 op die produktiwiteit van plaaswerkers aan.                (3)

2.2      'n Boer wil sy/haar huidige produksievertakking uitbrei deur 'n
         prosesseringsaanleg by te voeg. Die boer sal dit as 'n klein onderneming
         begin en indien dit suksesvol is, wil hy/sy graag die projek tot 'n groot
         besigheid laat groei.

         2.2.1        Stel voor wat die boer kan doen om praktiese ervaring op te doen
                      om die projek 'n groter kans te gee om suksesvol te wees.                     (1)

         2.2.2        Noem TWEE bronne van finansiering wat 'n boer kan oorweeg om
                      'n projek te begin en tot 'n groot besigheid te laat groei. Gee ook
                      EEN nadeel van ELKE bron.

                      Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en
                      voltooi dit.

                          BRON VAN FINANSIERING                      NADEEL

                                                                                                    (4)

         2.2.3        Noem DRIE voordele daarvan om die bemarking van 'n
                      waardetoegevoegde produk met agritoerisme te kombineer.                       (3)

2.3      Noem en beskryf DRIE elemente wat op 'n grondkaart gevind kan word.                        (6)

2.4      Beveel die korrekte gronderosie-voorkomingsmaatreëls uit die lys hieronder
         aan vir die situasies wat volg. Elke maatreël kan net EEN keer gebruik word.

                      nulbewerking; terrasse; vloeddamme; windbrekers;
                           kontoerwalle; dekgewasse; stabiele uitlate

         2.4.1        Vertraag die afvloei van water teen 'n middelmatige helling                   (1)

         2.4.2        Verminder windspoed                                                           (1)

         2.4.3        Bind die grond teen 'n helling                                                (1)

         2.4.4        Verhoog waterinfiltrasie deur die organiese materiaal van die
                      vorige oes te benut                                                           (1)

         2.4.5        Voorkom die vinnige afvloei van water teen 'n steil helling                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                                                          8                         DBE/November 2022
                                                                                NSS

2.5     Die grafiek hieronder dui grondreaksie (pH) en beskikbare plantvoedingstowwe
        aan.

                                                      Grondreaksie (pH) en plantvoedingstofbeskikbaarheid
                                                100

           Plantvoedingstofbeskikbaarheid (%)
                                                90
                                                80
                                                70
                                                60
                                                50
                                                40
                                                30
                                                20
                                                10
                                                 0
                                                           2            4             6             8            10
                                                                             Grondreaksie (pH)

         2.5.1                                         Noem die grondtoestand soos deur pH 10 aangedui.                           (1)

         2.5.2                                         Identifiseer die pH-waarde in die grafiek hierbo waarby die meeste
                                                       voedingstowwe vir die plante beskikbaar is.                                (1)

         2.5.3                                         Verduidelik die effek van 'n lae pH en 'n hoë pH op die
                                                       beskikbaarheid van plantvoedingstowwe in die grond.                        (2)

         2.5.4                                         Noem die stof wat by grond gevoeg moet word om 'n hoë pH reg te
                                                       stel.                                                                      (1)

         2.5.5                                         Noem die stof wat by grond gevoeg moet word om 'n lae pH reg te
                                                       stel.                                                                      (1)

2.6      Bereken die daaglikse voerinname van 'n lakterende dier van 650 kg. Gebruik
         die formule hieronder en rond die antwoord tot die naaste heelgetal (kg) af.

                                                           Daaglikse voerinname = massa van dier x 2,3%                           (2)

2.7      'n Boer gebruik sekondêre bewerkingsimplemente om 'n baie fyn en
         onbedekte saadbed vir gewasproduksie voor te berei.

         Voorspel die gevolge van so 'n aksie op die produksievermoë van die grond.
         Gee TWEE redes vir jou voorspelling.                                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          9                              DBE/November 2022
                                                NSS

2.8      Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om
         tussen bestaansboerdery en kommersiële boerdery te onderskei.

                                    BESTAANSBOERDERY                    KOMMERSIËLE
                                                                         BOERDERY
          Risiko
          Kapitale belegging
          Bestuursvaardigheid                                                                           (6)

2.9      'n Boer gebruik tegnologie wat hom/haar in staat stel om vanaf breedwerpige
         toediening van bemestingstowwe te beweeg na toediening daarvan slegs op
         'n spesifieke area waar dit benodig word. Die boer gebruik die globale
         posisioneringstelsel (GPS), wat akkurate stuur van trekkers moontlik maak,
         veranderliketempo-tegnologie (VTT) en monitering van produksie terwyl
         gewasse geoes word. Dit stel die boer in staat om presies te sien hoeveel van
         spesifieke areas op 'n land geoes is.

         2.9.1        Identifiseer die boerderytegniek wat in die scenario hierbo beskryf
                      word.                                                                             (1)

         2.9.2        Identifiseer 'n toestel wat 'n kernrol in die boerderytegniek in die
                      scenario hierbo speel.                                                            (1)

         2.9.3        Noem VIER voordele van die boerderytegniek wat in VRAAG 2.9.1
                      geïdentifiseer is.                                                                (4)

         2.9.4        Beveel TWEE ander toestelle aan, wat NIE in die scenario hierbo
                      genoem is NIE, wat die boer vir suksesvolle implementering van
                      die boerderytegniek kan gebruik.                                                  (2)

2.10     Gelukkige klante is die belangrikste sleutel tot sukses. Mense kom nie net om
         te jag of te hengel, perd te ry of met trekkers te ry nie. Hulle kom ook om pret
         te hê en te ontspan. Indien jy na jou klante omsien, sal jy suksesvol wees. Vra
         altyd jou klante waarvan hulle tydens hulle verblyf gehou het en wat verbeter
         kan word.
                                         [Bron: Mike Wetter (konsultant), Mike Wetter en Vennote]

         2.10.1       Dui die produksievertakking aan wat in die scenario hierbo
                      bespreek word.                                                                    (1)

         2.10.2       Noem TWEE metodes wat 'n boer kan gebruik om inligting by
                      klante te kry oor die vlak van tevredenheid van hulle verblyf op die
                      plaas.                                                                            (2)
                                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         10                      DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP,                       BEMARKING,
         PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Noem DRIE voordele van goeie beplanning.                                              (3)

3.2      Noem TWEE menseverhoudingsvaardighede wat van toepassing is op 'n
         boer as 'n entrepreneur wat 'n nuwe landbou-onderneming wil begin.                    (2)

3.3      'n Boer wil 'n gewasboerdery-onderneming uitbrei om veeproduksie in te sluit.
         Die boer vra jou om met die opstel van 'n sakeplan te help om die nuwe
         vee-onderneming in te sluit.

         3.3.1         Maak 'n lys van VIER komponente van die bestaande sakeplan
                       wat verander moet word om vir die nuwe vee-onderneming
                       voorsiening te maak.                                                    (4)

         3.3.2         Bespreek DRIE faktore wat die boer in ag moet neem wanneer met
                       die nuwe onderneming begin word.                                        (3)

3.4      Die volgende vloeidiagram verteenwoordig die volgorde in die bemarking van
         'n landbouproduk:

                      [A]                       [B]                        [C]
                     Plaas                   Produk-                  Prosesserings-
                                           voorbereiding                  aanleg

                                                  [D]
                                             Supermark/
                                            Kleinhandelaar

         3.4.1         Identifiseer die bemarkingskonsep wat deur die vloeidiagram
                       hierbo geïllustreer word.                                               (1)

         3.4.2         Noem TWEE faktore wat die bemarking van die produk by D kan
                       verhinder.                                                              (2)

         3.4.3         Dui TWEE aksies aan wat die bemarking tussen A en D sal
                       verbeter.                                                               (2)

3.5      Noem VIER bemarkingsfunksies.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          11                        DBE/November 2022
                                                NSS

3.6      Die tabel hieronder toon die aanbod en vraag van 'n landbouproduk teen
         verskillende pryse.
                     PRYS             AANBOD PER WEEK             VRAAG PER WEEK
                     (R/kg)                 (kg)                        (kg)
                       8                    300                        1 000
                       10                   400                         900
                       12                   580                         800
                       14                   750                         750
                       16                   800                         600
                       18                   950                         550
                       20                  1 000                        500

         3.6.1        Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken TWEE lyngrafieke
                      op dieselfde assestelsel, een vir aanbod en een vir vraag.                   (6)

         3.6.2        Bepaal die ewewigsprys vir die produkte in die tabel hierbo.                 (1)

         3.6.3        Bereken wat sal gebeur indien die vraag verdubbel en die aanbod
                      met slegs 20% teen die prys van R18,00 verhoog. Toon AL die
                      stappe. Maak 'n gevolgtrekking oor die beskikbaarheid en prys van
                      die produk.                                                                  (5)

3.7      Die prent hieronder verteenwoordig 'n bemarkingstelsel wat in landbou
         gebruik word.

                                             TE
                                            KOOP

         3.7.1        Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo getoon
                      word.                                                                        (1)

         3.7.2        Vergelyk die prysstabiliteit van die bemarkingstelsel geïdentifiseer
                      in VRAAG 3.7.1 met koöperatiewe bemarking.                                   (2)

         3.7.3        Analiseer    krities   die     invloed    van    die  Wet         op
                      Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) op                  die
                      bemarkingstelsel wat in die prent hierbo getoon word.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          12                    DBE/November 2022
                                                NSS

3.8      Daar is VYF bestuurstake waaraan 'n boer moet voldoen ten opsigte van
         bestuursaktiwiteite.

         3.8.1        Definieer die term plaasbestuur.                                         (2)

         3.8.2        Noem TWEE moontlike stappe wat 'n boer moet implementeer vir
                      effektiewe beheer van werkers op 'n plaas.                               (2)

3.9      Wanneer 'n boer 'n nuwe werker aanstel, moet 'n indiensnemingskontrak
         opgestel word. Die bepalings en voorwaardes van die kontrak moet aan
         arbeidswetgewing voldoen.

         Sommige van die items wat by die indiensnemingskontrak ingesluit moet
         word, is die volgende:

             Werksure
             Ontwikkel werksvooruitsigte en lewensgehalte
             Maak voorsiening vir regsproses waardeur 'n grondeienaar 'n
              uitsettingsbevel teen 'n werknemer kan uitreik
             Vergoeding vir besering aan diens
             Lone/Salarisse
             'n Boer kan vervolg word indien 'n werknemer onwettig van 'n plaas
              afgesit word
             Voorwaardes vir beëindiging van diens
             Affiliasie by vakbonde en die reg om te staak
             Voorsiening van beskermende klere
             Bevorder vrede en demokrasie in die werkplek
             Bevorder ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid
             Van voorneme om die vaardighede van die arbeidsmag te ontwikkel
             Sekuriteit van plaaswerkers wat inwoon

         Kies EEN item uit die lys hierbo wat deur ELK van die volgende Wette
         hanteer word:

         3.9.1        Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)                  (1)

         3.9.2        Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)                        (1)

         3.9.3        Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)                  (1)

         3.9.4        Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997
                      (Wet 62 van 1997)                                                        (1)

3.10     Verduidelik hoe 'n boer plaaswerkers deur effektiewe kommunikasie kan
         motiveer.                                                                             (2)

3.11     Noem die hoofdoel van plaasproduk-advertering.                                        (2)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                            13                     DBE/November 2022
                                                  NSS

VRAAG 4: FINANSIËLE  BEPLANNING,     REKORDHOUDING,                                 OES,
         WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Identifiseer die tipe begroting wat vir ELK van die volgende scenario's gebruik
         word:

         4.1.1        'n Boer wil 'n nuwe prosesseringseenheid by die plaas voeg.                 (1)

         4.1.2        'n Boer benodig seisoenale werkers gedurende die oesseisoen.                (1)

         4.1.3        Verwagte vloei van geld as inkomste en uitgawe deur 'n
                      onderneming                                                                 (1)

         4.1.4        'n Boer wil die totale van die moontlike inkomste en die moontlike
                      uitgawes van die verskillende produksieondernemings as een
                      gekombineerde dokument hê.                                                  (1)

4.2      Noem DRIE hoofkenmerke van 'n kontantvloeibegroting.                                     (3)

4.3      Die dokument hieronder toon die betaalstrokie van 'n plaaswerker.

                                       PLAASNAAM
                                      Adres van die plaas
                                     Betaalstrokie
                                 Werknemer:        xxxxxxxxx
                                  ID-nommer:       xxxxxxxxx
                            Belastingnommer:       xxxxxxxxx
                               WVF-nommer:         xxxxxxxxx
                           Bankbesonderhede:       xxxxxxxxx
                             Datum aangestel:      2015-08-01

                              Betalingsperiode:         2022/10/01– 2022/10/31

           VERDIENSTE             BEDRAG       AFTREKKINGS             BEDRAG
          Basiese salaris          R10 750,00 Belasting                  xxxxxxxxx
          Oortyd                    xxxxxxxxx WVF                        xxxxxxxxx

                 BRUTO                                   TOTAAL
                                     xxxxxxxxx                            xxxxxxxxx
            VERDIENSTE:                            AFTREKKINGS:
                                                  NETTO SALARIS:          xxxxxxxxx

         4.3.1        Bepaal of die werker, wie se betaalstrokie hierbo getoon word,
                      permanent aangestel of 'n los werker is. Gee TWEE redes vir jou
                      antwoord.                                                                   (3)

         4.3.2        Verduidelik hoe die plaaswerker deur WVF-aftrekkings bevoordeel
                      word.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          14                         DBE/November 2022
                                                NSS

         4.3.3        16 Junie is Jeugdag, 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika, en 'n
                      plaaswerker is gevra om voldag (8 uur) te werk. Indien die
                      plaaswerker R61,08 per uur verdien, bereken hoeveel oortyd die
                      plaaswerker vir 16 Junie sal verdien (voor belasting).                        (3)

         4.3.4        Bereken die bruto inkomste van die plaaswerker vir Junie.                     (3)

4.4      Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om te
         onderskei tussen handgeskrewe notas en 'n rekenaar om rekord te hou.
                                           HANDGESKREWE
                                                                      REKENAAR
                                               NOTAS
          Hoeveelheid data
          Presisieboerdery
          Toegang tot inligting
                                                                                                    (6)

4.5      Noem DRIE nadele van die meganiese oesproses.                                              (3)

4.6      Bestudeer die etiket op die produk hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.
         Die etiket op die voorkant van die bottel:

                                                                         Vegetariese
                                                                         Vereniging

                                                                      GOEDGEKEUR

         Die etiket aan die agterkant van die bottel:

                   Heerlik as dit dun op
           roosterbrood gesmeer word.
                     Gemaak van gis 
            – die rykste natuurlike bron                     Bestanddele: Gisekstrak,
                       van B-vitamiene.                      Sout, Groente-ekstrak,
                                                             Niasien, Tiamien,
         MARMITE is 'n geregistreerde                        Spesery-ekstrakte,
                       handelsmerk van                       Riboflavien, Foliensuur,
              CPC International Geïnk.                       Vitamien B12.
         Vervaardig vir CPC (VK) Bpk.,                       Hierdie bottel bevat ong.
                 Posbus 237, ESHER,                          125 porsies.
                     Surrey KT10 9XQ.
             Gelisensieerde gebruiker.

         Bêre op 'n koel, donker plek.
                                             BESTE VOOR
                                              2022-03-08

                                                                [Bron: CPC International Inc.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                          15                       DBE/November 2022
                                                NSS

         4.6.1        Noem DRIE aspekte wat bewys dat hierdie produk aan wetgewing
                      vir etikettering voldoen.                                                   (3)

         4.6.2        Noem EEN belangrike aspek wat NIE op die etiket voorkom NIE.                (1)

         4.6.3        Verduidelik die betekenis van die BESTE VOOR-datum op die
                      etiket.                                                                     (2)

         4.6.4        Verduidelik waarom dit vir die produsent voordelig sal wees om
                      hierdie logo of enige ander vereniging se logo op die etiket van 'n
                      produk te voeg:

                                                                                                  (2)

4.7      Houers vir die verpakking van vars produkte kan 'n skadelike effek op die
         omgewing hê omdat sommige nie maklik ontbind nie.

                 houtkrat                plastiekbakkie             kartonhouer

                                           kartonbakkie

                      houtskinkbord
                                                      geweefde nylonsak

         4.7.1        Kies TWEE houers uit die prentjies hierbo wat NIE maklik ontbind
                      NIE.                                                                        (2)

         4.7.2        Beskryf wat 'n boer kan doen om die negatiewe omgewingsimpak
                      van verpakkingsmateriaal te verklein.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       16                        DBE/November 2022
                                             NSS

4.8      Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit om
         die verskil tussen pasteurisasie en sterilisasie aan te dui.

                                           PASTEURISASIE           STERILISASIE
          Uitskakeling van mikrobes
          Impak op voedingswaarde
          Berging                                                                           (6)

4.9      Dui die doel van droging van voedsel as 'n prosesseringsmetode aan.                (2)

4.10     Blansjering is 'n metode wat gebruik word om mikrobes uit te skakel.

         Noem TWEE ander voordele van blansjering by voedselprosessering.                   (2)
                                                                                            [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            150
                                                                  GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-eng/eee601b6-6800-4882-b0eb-bf1b28026bcb) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-mg-eng/fbd4805b-2f6a-4b69-a89d-e287ba4769a7) — Agricultural Management Practices · Memo · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-mg-afr/0036c1e0-f658-4ca7-93cf-b88877a79735) — Agricultural Management Practices · Memo · 2022 · Afr
- [Agricultural Management Practices May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-afr/1095ba8d-9b4d-4073-8c05-d6df5d006394) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Management Practices May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2022-eng/b246d9f3-e12c-4eee-b5bc-5b00995e0b14) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-afr/4a1fb963-89fc-4a18-b6e5-af1177b7a758) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
