# Agricultural Management Practices Grade 12 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-afr/4a1fb963-89fc-4a18-b6e5-af1177b7a758
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-afr/4a1fb963-89fc-4a18-b6e5-af1177b7a758)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                     LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                    2                         DBE/November 2023
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word.

4.       Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE stappe in die berekeninge.

7.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       3                           DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Hierdie metode sal nie gronderosie voorkom nie, maar sal dit
                     aanmoedig:

                     A    Plant bome op kaal grond
                     B    Deklaagbewerking
                     C    Plaas klippe waar plantegroei gevestig gaan word
                     D    Herlei stormwater direk teen 'n helling af

         1.1.2       Afloopwater veroorsaak die minste erosie in …-grond.

                     A    sand
                     B    slik
                     C    klei
                     D    leem

         1.1.3       Wanneer insekdoders gespuit word, kan wegdrywing verminder
                     word deur …

                     A    hoë temperature.
                     B    klein druppels.
                     C    hoë windspoed.
                     D    lae druk.

         1.1.4       In landbouondernemings is die produksiefaktore ...

                     A    grond, land, arbeid en entrepreneur.
                     B    land, arbeid, kapitaal en bestuur.
                     C    land, entrepreneur en bestuur.
                     D    insette en uitsette.

         1.1.5       'n Bestuursbeginsel wat gebruik word om te verseker dat daar
                     geen oorvleueling van take op 'n plaas is nie:

                     A    Kontrole
                     B    Motivering
                     C    Koördinering
                     D    Leierskap

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                      4                         DBE/November 2023
                                            NSS

         1.1.6       Deel van 'n plaasarbeider se kontrak:

                     A    Plek om vakansie te gaan hou
                     B    Werksbeskrywing
                     C    Metode van vervoer na die werk
                     D    Gesondheidstatus van die arbeider

         1.1.7       EEN van die volgende is NIE 'n eienskap van 'n entrepreneur NIE:

                     A    Verantwoordbaar
                     B    Kan self begin
                     C    Introvert
                     D    Motiveerder

         1.1.8       Skootrekenaars     ('laptop    computers'),   notaboekrekenaars
                     ('notebook computers') of palmrekenaars ('palm computers') is
                     voorbeelde van toerusting wat in … gebruik word.

                     A    presisieboerdery
                     B    bestaansboerdery
                     C    die instelling van ploeë
                     D    die toediening van medisyne aan diere

         1.1.9       Die gebruik van 'n handelsmerk, produkbeskrywing en 'n diagram
                     wat die inhoud voorstel, is deel van …

                     A    bemarkingswetgewing.
                     B    standaardiseringswetgewing.
                     C    etiketteringswetgewing.
                     D    landbouproduk-standaardiseringswetgewing.

         1.1.10      Die hoofrede om landbouprodukte tydens die verspreiding na
                     verskeie markte te verkoel, is om …

                     A    produkgewig te verminder.
                     B    produkvolume te verminder.
                     C    smaak te verbeter.
                     D    bederf van die produk te voorkom.                    (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       5                          DBE/November 2023
                                             NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                        KOLOM A                             KOLOM B
         1.2.1       Gradering                A    die mees ekonomiese bron van
                                                   dierevoedsel
         1.2.2       Besoedeling
                                              B    voorsien maatreëls om standaarde
         1.2.3       Kontantvloeibegroting         te behou wanneer geoeste produkte
                                                   geëvalueer word
         1.2.4       Kunsmis
                                              C    volume grond wat die plant kan
         1.2.5       Waardetoevoeging              gebruik en wat vir waterkapasiteit
                                                   beskikbaar is
         1.2.6       Natuurlike weiding
                                              D    chemiese stof wat die produksie-
         1.2.7       Gronddiepte                   uitset van die grond verhoog

         1.2.8       Delegering               E    uiterste verlies van water as gevolg
                                                   van droë weersomstandighede
         1.2.9       Plaasbestuurder
                                              F    hou toesig oor alle plaasaktiwiteite
         1.2.10 Inventaris
                                              G    kontaminasie van grond, water of
                                                   lug as gevolg van oormatige
                                                   toediening van chemiese stowwe

                                              H    gee meer verantwoordelikheid aan
                                                   'n plaaswerker

                                              I    die afkamp van veld met dieselfde
                                                   voedingswaarde

                                              J    word gebruik om die beraamde
                                                   beweging van fondse in 'n
                                                   onderneming te bepaal

                                              K    'n rekord wat al die bates op 'n
                                                   spesifieke tyd aandui, hulle huidige
                                                   waardes ingesluit

                                              L    na-oes-aktiwiteit wat die
                                                   verandering en/of verpakking van 'n
                                                   produk behels
                                                                               (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       6                           DBE/November 2023
                                             NSS

1.3      Gee die KORREKTE landboukundige term vir elk van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5)
         in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.

         1.3.1       Die tipe grondstruktuur wat deur die meeste gewasboere verkies
                     word

         1.3.2       Lyne op 'n kaart wat dwars oor 'n helling loop op so 'n manier dat
                     die lyne op dieselfde hoogte bly en nie opdraand of afdraand gaan
                     nie

         1.3.3       Die tipe produksiemetode wat die gebruik van chemiese insette
                     verbied en 'n minder skadelike effek op die omgewing het

         1.3.4       'n Voedselprosesseringsmetode wat enige stowwe verwyder wat
                     suspensies in vloeistowwe veroorsaak

         1.3.5       Toestelle wat gebruik word om toevoer, prosessering en afvoer van
                     data maklik aan te teken en na relevante instellings te stuur (5 x 1)       (5)

1.4      Verander die onderstreepte woord(e) om die volgende stellings WAAR te
         maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal

         1.4.1       Die wet van dalende meeropbrengste stel dat 'n addisionele
                     produksiefaktor tot 'n groter toename in uitset lei.

         1.4.2       Een van die hoofredes vir motivering in bemarking is om mense
                     oor nuwe produkte of dienste in te lig.

         1.4.3       Stoor is die bemarkingsfunksie wat vir die verspreiding van
                     produkte van die plaas na die verbruiker verantwoordelik is.

         1.4.4       'n Boer moet 'n kontantstrokie voltooi wanneer geld in die boer se
                     bankrekening gedeponeer word.

         1.4.5       Die totale-koste-komponente (vaste koste en veranderlike koste)
                     wat nie toegewys kan word aan enige vertakking in boerdery nie, is
                     verpakkingskoste.                                         (5 x 1)           (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                      7                         DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Noem die funksies van grond in die produksieproses.                                   (4)

2.2      Bestudeer die illustrasie hieronder.

         Verduidelik die verskil tussen die grondeienskappe ten opsigte van die
         suidelike en noordelike helling (in die Suidelike Halfrond) onder die volgende
         opskrifte:

         2.2.1       Temperatuur van die grond                                                 (2)

         2.2.2       Organismes in die grond (grondfauna)                                      (2)

2.3      Onderskei tussen die verskillende grondtekstuurklasse deur die tabel
         hieronder in die ANTWOORDEBOEK te kopieer en te voltooi.

                EIENSKAPPE                        SAND                  KLEI
          Waterhouvermoë
          Grondvrugbaarheid                                                                    (4)

2.4      Bespreek die belangrikheid van bodemopnames vir boere.                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       8                           DBE/November 2023
                                             NSS

2.5      Die illustrasies hieronder toon weidingstelsels.

                           PLAAS A                              PLAAS B

         2.5.1       Bespreek kortliks die weidingstelsels soos hierbo geïllustreer.

                     (a)   PLAAS A                                                               (2)

                     (b)   PLAAS B                                                               (2)

         2.5.2       Noem die nadele van die weidingstelsel wat op PLAAS B gebruik
                     word.                                                                       (2)

         2.5.3       Beskryf die voordele daarvan om 'n kamp vir 'n lang periode (een
                     jaar) te laat rus.                                                          (3)

2.6      Kies die arbeidswette uit die lys hieronder wat by die beskrywings pas. Skryf
         slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         A       Wet op Diensbillikheid, 1998 (Wet 55 van 1998)
         B       Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en -siektes, 1993 (Wet 130
                 van 1993)
         C       Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
         D       Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
         E       Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)

         2.6.1       Maak voorsiening vir werkers wat in 'n ongeluk by die werk beseer
                     word of siek word                                                           (1)

         2.6.2       Beskerm werkers wat as gevolg van meganisasie hulle werk
                     verloor en stipuleer die voordele wat hulle in daardie geval ontvang        (1)

         2.6.3       Maak voorsiening vir werkers en werksoekers               om      teen
                     onregverdige diskriminasie beskerm te word                                  (1)

         2.6.4       Reguleer werksure, verlof, beëindiging van diens en alle ander
                     sake wat met indiensneming te doen het                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       9                          DBE/November 2023
                                             NSS

2.7      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         BOER A:
         Boer A het 'n voerkraal met 15 473 beeste. Die beeste se voerrantsoen word
         met 'n rekenaar bereken. Die boer voer die beeste vir 'n spesifieke tyd en
         verkoop hulle dan aan 'n nabygeleë slagpale. Die boer het 'n ooreenkoms met
         die slagpale om al die velle na die plaas terug te stuur. In die boer se
         leervertakking word daar skoene, belde en handsakke van die velle gemaak.

         BOER B:
         Boer B besit vier beeste wat gedurende die dag in die dorpie wei en wat elke
         oggend deur die boer gemelk word. Die melk wat die boer nie gebruik nie,
         word aan die mense in die dorpie verkoop. Die boer plant ook groente en
         mielies vir huishoudelike gebruik. Hierdie boer woon baie ver van die mark af,
         wat dit baie moeilik maak om die oormaat van produkte teen 'n wins by die
         mark te verkoop.

         2.7.1       Identifiseer die boerderystelsel wat gebruik word deur:

                     (a)   BOER A                                                                   (1)

                     (b)   BOER B                                                                   (1)

         2.7.2       Beskryf die vlak of intensiteit waarmee BOER A die grond gebruik.              (2)

         2.7.3       Lei af of BOER A se leervertakking as 'n nismark geklassifiseer
                     kan word. Motiveer jou antwoord.                                               (3)

         2.7.4       Lewer kommentaar op moontlike redes waarom BOER B dit
                     moeilik vind om die oormaat van produkte teen 'n wins by die mark
                     te verkoop.                                                                    (3)

2.8      Beskryf die belangrikheid van presisieboerdery.                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       10                           DBE/November 2023
                                             NSS

2.9      'n Vrugteboer begin 'n agritoerisme-vertakking op die plaas om die plaas se
         bron van inkomste te diversifiseer en om risiko's te verminder.

         Die boer plaas die volgende advertensie in die plaaslike koerant:

         2.9.1       Noem die aktiwiteite wat besoekers na die plaas kan lok.                     (3)

         2.9.2       Identifiseer ander belangrike inligting wat in die advertensie
                     ontbreek.                                                                    (2)

         2.9.3       Dui aan hoe jy verder die advertensie sou verbeter.                          (3)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         11                        DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP,                            BEMARKING,
         PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon die uitvoer van vleis van 2019 tot 2022 in ton.

                      UITVOER VAN VLEIS VAN 2019 TOT 2022
                           2019        2020        2021                         2022
           SOORT VLEIS
                           (ton)       (ton)       (ton)                        (ton)
          Bees             2 916      2 222       4 250                         3 250
          Skaap             438         247         250                          320
          Vark             1 800      1 100       1 500                         3 800
          Hoender                                 1 850                         6 900
          Volstruis                               1 600                         1 535

         3.1.1       Teken 'n staafgrafiek om die uitvoer van varkvleis van 2019 tot
                     2022 te toon.                                                                (5)

         3.1.2       Gee 'n rede waarom daar in 2020 'n afname in uitvoere was.                   (2)

3.2      Noem en beskryf faktore wat 'n boer in ag moet neem wanneer 'n produk-
         bemarkingstrategie ontwikkel word.                                                       (4)

3.3      ABC Koöperasie voer plaastoerusting en besproeiingstoerusting in. Hulle
         koop plaas-insette soos bemestingstowwe en insekdoders by verskaffers en
         verkoop dit om 'n wins te maak.

         3.3.1       Identifiseer die tipe landbousektor wat in die scenario hierbo
                     beskryf word. Motiveer jou antwoord.                                         (2)

         3.3.2       Gee redes waarom die sektor wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer
                     is, belangrik is.                                                            (3)

3.4      Kies die beginsel van bestuur uit die lys hieronder wat toegepas moet word
         op elk van die gegewe take in VRAAG 3.4.1 tot 3.4.3. Skryf slegs die woord
         langs die vraagnommers (3.4.1 tot 3.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 beplanning;   organisering;    motivering;   beheer;   koördinering

         3.4.1       Werkers word in werksgroepe verdeel volgens die take wat op die
                     plaas gedoen moet word.                                                      (1)

         3.4.2       Werkers teken elke dag in en uit wanneer hulle werk toe kom.                 (1)

         3.4.3       Werkers word gereeld opgelei om hulle produktiwiteit en
                     werkstevredenheid te verbeter.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                      12                    DBE/November 2023
                                            NSS

3.5      Noem die finansiële impak op 'n onderneming wanneer:

         3.5.1       Verkope laer as die gelykbreekpunt is                                 (1)

         3.5.2       Verkope hoër as die gelykbreekpunt is                                 (1)

3.6      PLAAS A:
         Plaas A verkoop 500 hoenders deur plaashekbemarking te gebruik. Die plaas
         verkoop die hoenders teen R80/hoender. Die boer het die volgende koste:
             Voer = R20/hoender
             Inenting = R5/hoender
             Elektrisiteit = R5/hoender
             Arbeid = R20/hoender

         PLAAS B:
         Plaas B verkoop 500 hoenders deur kontrakbemarking te gebruik. Die plaas
         verkoop die hoenders teen R90/hoender. Die boer het die volgende koste:
             Voer = R20/hoender
             Inenting = R5/hoender
             Elektrisiteit = R8/hoender
             Arbeid = R15/hoender
             Prosessering = R5/hoender
             Vervoer = R10/hoender

         3.6.1       Bereken die koste verbonde aan die produksie van EEN hoender
                     by:

                     (a)   PLAAS A                                                         (2)

                     (b)   PLAAS B                                                         (2)

         3.6.2       Noem moontlike metodes wat PLAAS A en PLAAS B kan gebruik
                     om hulle pryse te bepaal.                                             (3)

         3.6.3       Identifiseer TWEE bemarkingsfunksies van PLAAS B in die
                     scenario hierbo.                                                      (2)

3.7      Noem maniere waarop produsente-organisasies boere in Suid-Afrika bystaan.         (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                     13                        DBE/November 2023
                                           NSS

3.8      Kies die rolle en verantwoordelikhede uit die lys hieronder wat by die
         verskillende personeel op die plaas pas.

         Voltooi die tabel wat volg deur slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
         (3.8.1 tot 3.8.6) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf, bv. 3.8.7 G.

         A     Help om werknemerkwessies op te los op die land waar daar geoes
               word
         B     Evalueer finansiële state en maak begrotingsvoorstelle
         C     Doen kunsmatige inseminasie
         D     Ontsmet produksie-areas om siektes te voorkom
         E     Moniteer en help met die herstel van masjiene
         F     Spuit onkruid op die land

                                                           WERKER
             BESTUURDER      TOESIGHOUER           GEWAS-         DIERE-
                                                  PRODUKSIE     PRODUKSIE
                 3.8.1             3.8.2             3.8.4         3.8.5
                                   3.8.3                           3.8.6
                                                                         (6 x 1)              (6)

3.9      Noem probleme met betrekking tot arbeid wat deur boere ondervind word.               (4)

3.10     Beskryf die belangrikheid van marknavorsing as deel van die besigheidsplan
         (sakeplan).                                                                          (2)

3.11     Noem die nadele van ondernemingspesialisasie.                                        (2)

3.12     'n Boer beplan om 'n addisionele vertakking in te stel wat die winsgewendheid
         van die plaas sal laat toeneem.

         Formuleer DRIE vrae oor aspekte wat die boer moet oorweeg om te bepaal
         wat die mees geskikte vertakking is.                                                 (3)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                     14                         DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES,
         WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Noem die aspekte wat oorweeg moet word wanneer 'n begroting vir
         gewasproduksie opgestel word.                                                        (4)

4.2      Die lys hieronder dui eienskappe van verskillende tipes begrotings aan.

         A       Meet slegs moontlike inkomste en uitgawes wat voortspruit uit 'n
                 aanpassing in die boerderyplan
         B       Gebruik die vorige jaar se finansiële state
         C       Ontwikkel op die grondslag van per hektaar of per kop om vergelykings
                 tussen alternatiewe produksielyne moontlik te maak
         D       Is 'n opsomming van verwagte inkomste, uitgawes en wins vir die hele
                 plaas
         E       Help die boer om te besluit om masjinerie vir oes te huur of te koop
         F       Word gebruik in die vergelyking van die winsgewendheid van verskeie
                 plaasplanne, die bepaling van inkomstepotensiaal en datum-
                 terugbetalingsvermoë
         G       Verskaf basisinligting om die geheelplaasbegroting op te stel

         4.2.1       Vanuit die lys hierbo, kies TWEE eienskappe van 'n geheelplaas-
                     begroting. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer
                     neer.                                                                    (2)

         4.2.2       Vanuit die lys hierbo, kies TWEE eienskappe van 'n
                     vertakkingsbegroting. Skryf slegs die letters (A–G) langs die
                     vraagnommer neer.                                                        (2)

4.3      Onderskei tussen die volgende finansiële dokumente:

         4.3.1       Faktuur                                                                  (2)

         4.3.2       Inkomstestaat                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                     15                         DBE/November 2023
                                           NSS

4.4      Die Balansstaat is 'n maatstaaf van 'n onderneming se netto waarde. 'n Boer
         het die volgende saldo's op 30 November 2022 gehad:

                          Kontant                               R2 000
                          Eienaarsbelang                    R1 115 000
                          Grond en geboue                   R1 150 000
                          Oortrokke bankrekening              R15 000
                          Voorraad                            R20 000
                          Debiteure                           R13 000
                          Verbandlening                      R120 000
                          Implemente                          R25 000
                          Tweedehandse trekker                R50 000
                          Krediteure                          R10 000

         Gebruik die data in die finansiële rekord hierbo om die ontbrekende inligting,
         (a)–(f), in die Balansstaat hieronder te voltooi. Skryf slegs die antwoorde
         langs die letters (a) tot (f) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                   RAND
                                  BALANSSTAAT
                                                                    (R)
                     BATES
                      Vaste bates:
                           (a)                                       (a)
                      Beweeglike bates:
                           Implemente                                25 000
                           (b)                                       (b)
                      Bedryfsbates:
                           Voorraad                                  20 000
                           (c)                                       (c)
                           (d)                                       (d)
                                            TOTALE BATES:         1 260 000
                     LASTE
                      Langtermynlaste:
                           Verbandlening                            120 000
                      Bedryfslaste:
                           (e)                                       (e)
                           Oortrokke bankrekening                    15 000
                                          TOTALE LASTE:             145 000
                     EIENAARSBELANG                               1 150 000
                             TOTALE EKWITEIT EN LASTE:               (f)
                                                                                  (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                       16                         DBE/November 2023
                                             NSS

4.5      Die meeste kleinboere gee nie aandag aan die belangrikheid van
         rekordhouding in hulle plaasbedrywighede nie. Dit word in die meeste gevalle
         deur 'n gebrek aan kennis oor rekordhouding veroorsaak. Die boere beweer
         dat hulle te veel werk en nie genoeg tyd vir hierdie belangrike taak het nie.

         Wat die boere nie besef nie, is dat die meeste besluite nie beter is as dit
         nie gebaseer is op rekords wat gehou is nie. Hulle praat van wins en verlies,
         nie gebaseer op feite verkry uit rekordhouding nie, maar uit raaiskote of
         intuïsie. Hierdie situasie word deur swak rekordhouding en onvoldoende
         bestuursinligtingstelsels gekenmerk.

         4.5.1       Noem die      belangrikheid   van   akkurate   rekordhouding   deur
                     kleinboere.                                                                (4)

         4.5.2       Identifiseer die grootste uitdagings wat swak rekordhouding in
                     boerdery tot gevolg het.                                                   (3)

         4.5.3       Noem 'n inligtingbestuurstelsel wat boere kan aanneem om bestuur
                     te verbeter.                                                               (1)

4.6      Kies die voorbeeld van 'n brondokument uit die lys hieronder om by 'n
         beskrywing in VRAAG 4.6.1 tot 4.6.4 te pas. Skryf slegs die woord/term langs
         die vraagnommers (4.6.1 tot 4.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          salarisstrokie; kwitansie; faktuur; bankstaat;
                          depositostrokie; verkoopbelastingterugbetaling

         4.6.1       Bewys dat die plaas iemand geld skuld of nog moet betaal                   (1)

         4.6.2       Skriftelike bewys dat die boer 'n werker of bestuurder se loon of
                     salaris betaal het                                                         (1)

         4.6.3       Bewys dat die produsent die geld ontvang het toe die koper in
                     kontant vir die produkte betaal het                                        (1)

         4.6.4       'n Dokument wat die geld aandui wat gedurende 'n spesifieke
                     periode by 'n bankrekening in- en uitbeweeg het                            (1)

4.7      Noem die faktore wat gebruik word om die kwaliteit van vars produkte te
         bepaal wanneer dit geoes word.                                                         (4)

4.8      Stoorfasiliteite skakel die behoefte uit om produkte dadelik te bemark nadat
         dit geoes is. Sulke fasiliteite wissel van eenvoudige strukture tot geboue met
         spesiale toerusting vir verkoeling.

         Beveel riglyne aan wat 'n boer moet oorweeg wanneer 'n stoorfasiliteit vir
         landbouprodukte gebou word.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landboubestuurspraktyke                         17                         DBE/November 2023
                                               NSS

4.9      Prosessering is die verandering van 'n rou produk na 'n meer bruikbare
         produk.

         4.9.1       Noem die voordele van die droging van landbouprodukte.                    (3)

         4.9.2       Regverdig die stelling:

                     Prosessering in landbou is waardevol vir werkskepping.                    (2)

4.10     Die verpakking van voedsel beteken om dit in een of ander vorm van 'n
         materiaal toe te maak of bymekaar te behou, wat dit gedurende storing,
         vervoer en verspreiding sal beskerm.

         4.10.1      Bespreek die voordele van die gebruik van glasbottels en -flesse vir
                     die verpakking van landbouprodukte.                                       (4)

         4.10.2      Noem die nadele van die gebruik                 van     plastiek   as
                     verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte.                                 (3)
                                                                                               [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             150
                                                                    GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2023-eng/d4df61bf-10a1-4670-a4f9-997b06c5716b) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-eng/119d56e8-7510-4206-9271-c8c40494e3ff) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-afr/d358d87e-ec83-4671-9368-c4f86259c2f5) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-eng/eee601b6-6800-4882-b0eb-bf1b28026bcb) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2022-afr/a9cf52ae-71e8-488a-ad7a-4b9c73373447) — Agricultural Management Practices · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2021-eng/9a536048-c133-4be0-afab-1147d8ddd09a) — Agricultural Management Practices · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
