# Agricultural Management Practices Grade 12 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Management Practices question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-afr/649dc784-5b13-4ce7-8e43-095a176422ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Management Practices
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Management Practices](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-management-practices) › [Agricultural Management Practices Grade 12 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-afr/649dc784-5b13-4ce7-8e43-095a176422ba)

## About this document

Agricultural Management Practices · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                      LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landboubestuurspraktyke                    2                         DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word.

4.       Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE stappe in die berekeninge.

7.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Landboubestuurspraktyke                       3                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.     Nov

         1.1.1       'n Probleem wat met vlak gronde geassosieer word, is …

                     A    erosie.
                     B    loging.
                     C    versuiping.
                     D    voedingstoftekort.

         1.1.2       Die foto hieronder toon 'n voorbeeld van … beweiding.

                     A    selektiewe
                     B    geen
                     C    wissel-
                     D    aanhoudende

         1.1.3       'n Fisiese eienskap van grond wat nie deur                     grond-
                     verbeteringsmaatreëls verander kan word nie, is grond-…

                     A    dreinering.
                     B    tekstuur.
                     C    voedingstofinhoud.
                     D    struktuur.

         1.1.4       Die groepering van landbouprodukte volgens kwaliteitspesifikasies:

                     A    Sortering
                     B    Standaardisering
                     C    Prosessering
                     D    Preservering

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Landboubestuurspraktyke                       4                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

         1.1.5       Kies die bemarkingsketting hieronder getoon wat op die meeste
                     landbouprodukte van toepassing is:

                     A

                     B

                     C

                     D

         1.1.6       'n Permanente werker …

                     A    word in diens geneem om gedurende die jaarlikse skaapskeer
                          skeer- en wolklassifikasietake te verrig.
                     B    word in diens geneem om 'n nuwe skuur te bou en verlaat dan
                          die plaas.
                     C    is verantwoordelik vir die daaglikse voer van beeste en skape.
                     D    help met instandhouding van plaastoerusting by 'n besigheid in
                          die dorp.

         1.1.7       EEN van die volgende is NIE 'n funksie van landboubemarking
                     NIE:

                     A    Bemesting
                     B    Advertering
                     C    Vervoer
                     D    Prosessering

         1.1.8       Dié begroting dui die moontlike uitgawes vir die herstel van
                     trekkers en masjinerie vir die volgende seisoen aan:

                     A     Arbeidsbegroting
                     B     Onderhoudsbegroting
                     C     Vastekapitaal-uitbreidingsbegroting
                     D     Gelykbreekbegroting (Winsdrempelbegroting)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Landboubestuurspraktyke                      5                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

         1.1.9       Debiteure word beskryf as …

                     A    mense wat deur die besigheid betaal moet word.
                     B    al die geld wat deur die besigheid ontvang word.
                     C    mense wat geld aan die besigheid moet betaal.
                     D    al die geld wat die besigheid betaal om insette te bekom.

         1.1.10      Die weeg van diere voor bemarking sal deel van die …-rekords
                     wees.

                     A    produksie
                     B    instandhoudings
                     C    arbeids
                     D    klimaat                                               (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Landboubestuurspraktyke                         6                            DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in
         KOLOM B slegs EEN keer.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1       Surplus/Oorskot             A      die mees ekonomiese bron van
                                                        dierevoer
         1.2.2       Natuurlike weiding
                                                 B      die gesprek wat 'n boer met 'n
         1.2.3       Beweeglike kapitaal                arbeider het wat toerusting
                                                        beskadig het
         1.2.4       Veranderlike koste
                                                 C      sluit die geld in wat op
         1.2.5       Promosie                           geleentheidswerkers, dierevoer,
                                                        bemesting en saad spandeer word
         1.2.6       Dissiplinêre aksie
                                                 D      die verkryging van grond is 'n
         1.2.7       Sekondêre prosessering             voorbeeld

         1.2.8       Bestanddele                 E      'n buitensporige aantal produkte of
                                                        goedere op die mark beskikbaar
         1.2.9       Wet op die
                     Suiwelnywerheid, 1961       F      reguleer die proses om jogurt te
                     (Wet 30 van 1961)                  maak

         1.2.10 Kombinering                      G      moedig verbruikers aan om 'n
                                                        produk te koop

                                                 H      moet in die volgorde van die meeste
                                                        gebruik tot die minste gebruik wees

                                                 I      bak van brood by die bakkery is 'n
                                                        voorbeeld

                                                 J      lewende hawe is 'n voorbeeld

                                                 K      die maal van 'n rou produk

                                                 L      proses om produkte soos blatjang
                                                        en slaaie te maak
                                                                                   (10 x 2)           (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Landboubestuurspraktyke                      7                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.3      Gee die KORREKTE landboukundige term vir elk van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5)
         in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding.

         1.3.1       Die primêre bron van vars water in Suid-Afrika

         1.3.2       Die proses om die geskiktheid van grond vir landboukundige en
                     nie-landboukundige doeleindes te bepaal

         1.3.3       Die tipe bemarking wat die boer doen by die plek waar die produk
                     geproduseer word

         1.3.4       Konsep gebruik om die produk ná oes en voordat dit mark toe
                     geneem word, op die plaas te hou

         1.3.5       Die finansiële staat wat gebruik word om die wins van 'n
                     onderneming aan te dui                            (5 x 1)                  (5)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD om die volgende stellings
         KORREK te maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal.

         1.4.1       Lae is die bedekking van bewerkte grond met verskillende
                     materiale soos gras of blare.

         1.4.2       Kwaliteit-bepaling is die proses wat gebruik word om die koste van
                     'n produk of diens te bepaal wat verbruikers gewillig is om te
                     betaal.

         1.4.3       Botsende take tussen verskillende boerderyvertakkings word deur
                     motivering uitgeskakel.

         1.4.4       Droging word tydens prosessering van melk en gars gebruik om
                     produkte soos kaas en bier te vorm.

         1.4.5       Die waarde is 'n belangrik deel van 'n brondokument om die
                     ouderdom van 'n implement aan te dui.                (5 x 1)               (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Landboubestuurspraktyke                      8                                DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      'n Plaas het 'n area vir gewasproduksie met 'n helling, soos in die diagram
         hieronder aangedui.

                          PROJEKSIE VAN HELLING VIR DIE AREA

         2.1.1       Beskryf die helling van die area en die bruikbaarheid daarvan vir
                     gewasproduksie.                                                                   (2)

         2.1.2       Noem TWEE maatreëls wat die boer kan gebruik om die
                     bruikbaarheid van die area vir gewasproduksie te verbeter.                        (2)

2.2      Grondeienskappe het 'n invloed op die grondkwaliteit.

         2.2.1       Noem TWEE boerderypraktyke wat boere kan toepas om
                     grondgesondheid en bewaring te verbeter.                                          (2)

         2.2.2       Beskryf die eienskappe van 'n enkelkorrel-struktuurgrond.                         (2)

         2.2.3       Verduidelik die effek van           'n   blokagtige   struktuur   op   die
                     bewerkbaarheid van gronde.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Landboubestuurspraktyke                        9                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

2.3      Die tabel hieronder toon die grondtemperatuurlesings by twee verskillende
         dieptes wat van 06:00 tot en met 18:00 gemeet is.

                                                 TEMPERATUURLESINGS
                     TYD                 OP DIE OPPERVLAK     20 cm DIEP
                                                (°C)              (°C)
                     06:00                        8                 4
                     08:00                       10                 4
                     10:00                       14                 5
                     12:00                       21                12
                     14:00                       27                16
                     16:00                       24                18
                     18:00                       19                16

         2.3.1       Gebruik die assestelsel hieronder en teken 'n volledige
                     dubbelstaafgrafiek wat die grondtemperatuurlesings op die
                     oppervlak en op 20 cm diep toon.

                                 06:00    08:00
                                                   Tyd van die dag (ure)
                                                                                                   (4)

         2.3.2       Beskryf kortliks jou waarnemings oor die tendens van die
                     temperatuur op die grondoppervlak.                                            (1)

         2.3.3       Noem TWEE maniere om die tendens wat in VRAAG 2.3.2 beskryf
                     is, te verminder.                                                             (2)

         2.3.4       Lei die optimale tydgleuf vir plantgroei af.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Landboubestuurspraktyke                      10                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

2.4      'n Boer het opgemerk dat een van die werkers in die voedsel-
         prosesseringsaanleg baie begin hoes het. As 'n voorsorgmaatreël het die boer
         die werker geskuif om instandhoudingswerk buite die prosesseringsaanleg te
         doen. Die boer het bevestiging van 'n professionele gesondheidspraktisyn
         nodig oor die gesondheidstoestand van hierdie werker.

         2.4.1       Evalueer die aksie wat deur die boer geneem is rakende hierdie
                     werker. Regverdig jou antwoord.                                           (2)

         2.4.2       Noem 'n aansteeklike siekte wat met hoes geassosieer word en
                     deur rou voedselprodukte oorgedra kan word.                               (1)

         2.4.3       Na 'n herstelperiode verklaar die gesondheidspraktisyn die werker
                     gesond, maar met 'n positiewe MIV-status. Moet hierdie werker by
                     die voedselprosesseringsaanleg uitgesluit word? Gee 'n rede vir
                     jou antwoord.                                                             (2)

2.5      Noem belangrike faktore wat 'n bank in ag sal neem voordat 'n
         kredietaansoek deur 'n boer goedgekeur sal word.                                      (2)

2.6      'n Veld produseer 4 200 kg voer per dag met 'n weidingsverliesfaktor
         (vertrappingsfaktor) van 0,4. Die boer weet dat een bees 10,55 kg voer per
         dag benodig.

         2.6.1       Bereken die beskikbare voer vir die beeste.                               (3)

         2.6.2       Bereken die getal beeste wat die boer op hierdie veld kan aanhou
                     sonder om die toestand van die veld negatief te affekteer.                (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Landboubestuurspraktyke                       11                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.7      Die diagram hieronder toon drie tipes gronddegradasie.

                                                 B
                       A                     CHEMIES                       C
                     FISIES                bv. verbrakking           BIOLOGIES
                 bv. versuiping                                    bv. indringerplante

                                              GROND-
                                            DEGRADASIE

         2.7.1        Gee ander voorbeelde van gronddegradasie wat deur die letters
                      A, B en C in die diagram hierbo verteenwoordig word.                          (3)

         2.7.2        Noem TWEE landboukundige praktyke wat gronddegradasie
                      veroorsaak.                                                                   (2)

         2.7.3        Stel TWEE beheermaatreëls voor wat geïmplementeer kan word
                      om oppervlakwaterafloop in bewerkbare lande te verminder.                     (2)

2.8      Die tegnologies gevorderde boer gebruik die globale posisioneringstelsel
         (GPS) wat op 'n trekker geïnstalleer is, om die presiese posisie van
         aanplanting aan te dui. Die plaasmasjinerie is toegerus met 'n geografiese
         inligtingstelsel (GIS), wat die areas in die veld aandui waar die grond klam is
         en waar daar faktore is wat groei beperk.

         2.8.1        Identifiseer die intensiewe produksiemetode in die scenario hierbo.           (1)

         2.8.2        Identifiseer in die scenario die tegnologiese toerusting wat gebruik
                      word wanneer gewasse aangeplant word.                                         (2)

         2.8.3        Bespreek TWEE faktore wat sal bepaal watter tipe tegnologie 'n
                      boerderyonderneming sal benodig om meer doeltreffend te wees.                 (4)

2.9      Agritoerisme het op plase noodsaaklik geword om in tye van onsekerheid
         te oorleef.

         2.9.1        Noem TWEE maniere waarop boere 'n agritoerisme-onderneming
                      kan bemark.                                                                   (2)

         2.9.2        Dui aan hoe agritoerisme tot die algehele waarde van die
                      boerderyonderneming kan bydra.                                                (2)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Landboubestuurspraktyke                      12                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP,                         BEMARKING,
         PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      'n Besigheidsplan is 'n formele geskrewe dokument waarin die langtermyn- en
         korttermyndoelwitte van 'n besigheid, die metodes om hierdie doelwitte te
         bereik, en die tydraamwerk vir die bereiking van die doelwitte vervat is.

         3.1.1       Noem die deel van die stelling hierbo wat na die missiestelling van
                     die boerderyonderneming verwys.                                             (1)

         3.1.2       Noem die deel van die stelling hierbo wat na die visiestelling van
                     die boerderyonderneming verwys.                                             (1)

         3.1.3       Bespreek die redes waarom 'n boer 'n besigheidsplan moet
                     ontwikkel.                                                                  (4)

3.2      Noem die aspekte wat oorweeg moet word wanneer data as deel van
         marknavorsing versamel word om die lewensvatbaarheid van 'n nuwe
         boerderyonderneming te bepaal.                                                          (3)

3.3      'n Graanboer lees die volgende insetsel op die internet:

         Moringa is 'n meerjarige, droogtebestande en geharde gewas wat 'n wye
         verskeidenheid omgewings- en klimaatstoestande kan oorleef. Met
         inagneming van die voorspelde klimaatsveranderinge wat waarskynlik
         nadelige gevolge vir boerdery sal inhou, kan Moringa as 'n moontlike
         alternatiewe gewas dien.

         Die boer besluit om die lewensvatbaarheid van die aanplant van Moringa-
         bome te ondersoek. Die boer vind dat Moringa-blare 'n hoë voedingswaarde
         het en daagliks ingeneem kan word, wat uiters voordelig is vir mense wat 'n
         gebrek aan noodsaaklike voedingstowwe het. Moringa-blare kan vars, gekook
         of fyngedruk geëet word, en dit kan vir etlike maande as 'n droë poeier,
         sonder 'n verlies aan voedingswaarde, gestoor word. Navorsers ondersoek
         Moringa as 'n behandeling vir kanker, asma, kardiovaskulêre siektes,
         diabetes en ander siektes.

         3.3.1       Identifiseer die eienskappe van 'n entrepreneur wat duidelik in die
                     scenario hierbo is.                                                         (3)

         3.3.2       Motiveer vanuit die scenario waarom die produksie van Moringa-
                     blare tot 'n uitstekende waardetoevoegingsgeleentheid vir die boer
                     kan lei.                                                                    (1)

         3.3.3       Dui aan of die risikovermydingstrategie, diversifikasie of
                     spesialisasie sal wees indien die boer sou besluit om Moringa-
                     bome te plant. Motiveer jou antwoord.                                       (2)

3.4      Noem DRIE voordele van produkspesialisasie op die plaas.                                (3)

3.5      Noem VIER bestuursbeginsels.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Landboubestuurspraktyke                                   13                          DBE/November 2024
                                                     NSS Vertroulik

3.6      Noem die voordele vir 'n boer om aan 'n produkte-organisasie te behoort.                             (3)

3.7      Bestudeer die tabel en die grafiek hieronder wat die vraag en aanbod illustreer vir
         'n produk wat op 'n plaas geproduseer word.

                                           HOEVEELHEID HOEVEELHEID
                 PRYS                        VRAAG       AANBOD    OORSKOT                 TEKORTE
                                            PER WEEK    PER WEEK
                 (R/kg)                        (kg)        (kg)       (kg)                    (kg)
                   20                         3 000          0                               3 000
                   40                         2 500        500                               2 000
                   60                         2 000       1 000                              1 000
                   80                         1 500       1 500                                 0
                  100                         1 000       2 000      1 000

                                              Vraag en aanbod van 'n produk
                                                                      Hoeveelheid aanbod per week
                                                                      Hoeveelheid vraag per week
                                120

                                100

                  Prys (R/kg)
                                 80

                                 60

                                 40

                                 20

                                  0
                                      00      500
                                              500   1 000
                                                     1000    1500
                                                              500     2 000
                                                                      2000    22500   3000
                                                                                       000 3 500
                                                                                            3500
                                                             Hoeveelheid (kg)

         3.7.1                  Identifiseer die ewewigsprys vir die produk vanaf die grafiek.                (2)

         3.7.2                  Verduidelik die belangrikheid van die ewewigsprys.                            (2)

         3.7.3                  Verduidelik kortliks die moontlike redes vir die tekorte aan die
                                produk in die mark op spesifieke tye.                                         (2)

         3.7.4                  Stel oplossings voor wat die boer kan gebruik om die probleem te
                                hanteer van tekorte op spesifieke tye soos in VRAAG 3.7.3
                                verduidelik is.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Landboubestuurspraktyke                        14                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.8      Voltooi die volgende paragraaf oor die bemarkingsketting deur die woorde in
         die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
         (3.8.1 tot 3.8.5) neer. Elke woord mag slegs EEN keer gebruik word.

                     verlies; kompetisie; laer; produk; hoër; wins; verbruiker

         Die bemarkingsketting is die proses wat die boer volg om die (3.8.1) ... van
         die plaas na die (3.8.2) …. te neem. Hoe korter die bemarkingsketting, hoe
         (3.8.3) … is die wins, op voorwaarde dat jy 'n hoëgehalteproduk het.
         Verbruikers het 'n wye verskeidenheid produkte om van te kies, dit is daarom
         belangrik om 'n beter produk te hê as dié van die (3.8.4) … Waarde kan tot
         produkte toegevoeg word om (3.8.5) … te verhoog en raklewe te verleng.                   (5)

3.9      Die prentjie hieronder dui 'n dier aan wat by 'n veeveiling bemark word.

         3.9.1         Verduidelik waarom 'n boer sal verkies om vee by 'n veiling te
                       koop, eerder as om van internetbemarking gebruik te maak.                  (4)

         3.9.2         Die boer het die dier in die prentjie hierbo vir R50 000,00 by die
                       veiling gekoop. Die koste vir die verkoop van 'n dier by hierdie
                       veiling is 5% van die verkoopprys. Bereken die hoeveelheid geld
                       wat die verkoper vir die dier sal ontvang (ignoreer BTW).                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Landboubestuurspraktyke                     15                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

3.10     Die prent hieronder toon 'n werker wat slegs in die voor-oes-periode werk om
         plaagdoders te spuit.

         3.10.1      Noem die Wet wat vereis dat die boer die werker in beskermende
                     klere moet klee wanneer plaagdoders gespuit word.                        (1)

         3.10.2      Noem of die werker 'n seisoenale werker of 'n geleentheidswerker
                     is. Motiveer jou antwoord.                                               (2)

         3.10.3      Noem EEN manier waarop die beskermende klere van die werker
                     in die prentjie hierbo verbeter kan word.                                (1)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Landboubestuurspraktyke                      16                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 4:         FINANSIËLE  BEPLANNING,   REKORDHOUDING,                             OES,
                 WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Insette vorm deel van 'n geheelplaasbegroting.

         4.1.1       Beskryf die term geheelplaasbegroting.                                        (2)

         4.1.2       Noem belangrike aspekte van insette wat die boer in ag moet
                     neem om 'n begroting saam te stel.                                            (3)

4.2      Verduidelik die volgende konsepte soos dit gebruik word in finansiële
         evaluering van 'n plaas:

         4.2.1       Bruto wins                                                                    (2)

         4.2.2       Netto wins                                                                    (2)

4.3      Bestudeer die volgende finansiële staat en beantwoord die vrae wat volg.

                BATES        WAARDE (R)                    LASTE        WAARDE (R)
          Geoeste gewasse      292 000,00          NPK Kunsmis           156 000,00
          Diereprodukte        300 000,00          ABC Chemikalieë       675 000,00
          Gewasprosessering-                       Instandhouding en
                             1 450 000,00                                      25 000,00
          masjien                                  herstel
          Balans in bank       218 000,00          Koöperasierekening         800 000,00
          Lewende hawe         802 000,00          Veeartsrekening             56 000,00
                                                   Vervoermaatskappy          500 000,00
                                                   Huur                       500 000,00

                                                        SUBTOTAAL:              (b)
                                                     NETTO WAARDE:              (c)
                      TOTAAL:           (a)                TOTAAL:              (d)

         4.3.1       Noem die tipe finansiële staat wat hierbo getoon word.                        (1)

         4.3.2       Bereken die waardes (a) tot (d).                                              (4)

         4.3.3       Evalueer die groeipotensiaal van hierdie boerderyonderneming.
                     Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                 (3)

         4.3.4       Gee redes waarom die waarde van die plaas nie as 'n bate
                     genoem is nie.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Landboubestuurspraktyke                     17                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

4.4      Beskryf die tipe meganiese rekords wat 'n boer sal hou vir 'n vragmotor wat
         produkte na die mark vervoer.                                                    (4)

4.5      Noem die brondokumente wat deur 'n veeboer gebruik word om 'n finansiële
         staat saam te stel.                                                              (4)

4.6      Dui veiligheidsmaatreëls aan wat 'n boer moet instel wanneer elektroniese
         betalings gedoen word.                                                           (4)

4.7      Gradering van diereprodukte is belangrik om beter pryse te verkry. Noem die
         aspekte wat belangrik is wanneer rou diereprodukte gegradeer word.               (4)

4.8      Bespreek die nadele van die prosessering van landbouprodukte.                    (4)

4.9      Vormingswyses van verpakkingsmateriaal verskil tussen houers. Noem
         aspekte wat die vorm van verpakkingsmateriaal vir landbouprodukte
         beïnvloed.                                                                       (3)

4.10     Gee redes vir die etikettering van 'n landbouproduk.                             (4)

4.11     Beskryf die voordele van goeie landboukundige praktyke tydens die
         prosessering van produkte.                                                       (4)
                                                                                          [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:        150
                                                                    GROOTTOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr/c28fccf2-0ed3-42e3-8e66-7ce48a7428a7) — Agricultural Management Practices · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices Nov 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-nov-2024-mg-afr-docx/2f2ddcf2-90e4-47ab-8e12-d45a72cd8ae2) — Agricultural Management Practices · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/31b55cf9-0a33-4da2-a4c4-5e0b218df29d) — Agricultural Management Practices · QP · 2024 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024 Xhosa Memo watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr12-sept-2024-xhosa-memo-watermark/638f7682-2c45-4624-9d2b-2ccad8944274) — Agricultural Management Practices · Memo · 2024
- [Agricultural Management Practices May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/1b9dfe84-54c1-45e3-8b14-e329e7f68696) — Agricultural Management Practices · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-eng/119d56e8-7510-4206-9271-c8c40494e3ff) — Agricultural Management Practices · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Management Practices

- [Gr 12 Agric Man Prac ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-man-prac-atp-2023-24/b96dab7f-991b-40eb-b6f0-e901bdd21702) — ATP
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/74102e71-ec6e-4447-8259-eda0b83c4e8b) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Management Practices Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-management-practices-2025-nsc-november-exam-memorandum/dbeab8f7-5e75-43b7-88c7-7375fb89b1f9) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-mg-eng/1e8b5b37-a456-42f8-8a2e-3d36709196d3) — Memo · 2023 · Eng
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-mg-afr/4b9f5d63-8250-4f68-b23b-fe7868c0dfb0) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Management Practices May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-management-practices-may-june-2023-afr/d358d87e-ec83-4671-9368-c4f86259c2f5) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
