# Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-afrikaans-june-2025-question-paper/0c13abe4-7462-4c6d-8192-519e22757376
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-afrikaans-june-2025-question-paper/0c13abe4-7462-4c6d-8192-519e22757376)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
  GRAAD 12

      2025

LANDBOUWETENSKAPPE

                     TYD:       2½ uur

                     PUNTE:     150

                     15 bladsye

                       Blaai om asseblief

### Page 2

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                GR12 0625               2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

3.   Lees die vrae aandagtig deur.

4.   Beantwoord SLEGS wat gevra word.

5.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

7.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

8.   Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0625                  3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 A.

      1.1.1   Meganiese vertering van voedsel in 'n hoender vind plaas in die:

               A      Krop
               B      Cloaca
               C      Proventrikulus
               D      Ventrikulus

      1.1.2   ’n Koste-effektiewe proteïenaanvulling vir ’n herkouerdier is:

              A       Vismeel
              B       Katoensaadoliekoekmeel
              C       Ureum
              D       Karkasmeel

      1.1.3   Die verhouding van mieliemeel tot sonneblommeel is 22 : 7. Die
              persentasie mieliemeel in hierdie mengsel is:
               A      24,1%
               B      67,8%
               C      75,9%
               D      7,59%

      1.1.4   Dit is belangrik om ruvoer aan 'n volgroeide herkouer te voer omdat dit:

              (i)     Die ophoping van gasse voorkom wanneer op lusern gewei word
              (ii)    Die ontwikkeling van die rumen stimuleer
              (iii)   Volume aan die rantsoen verleen
              (iv)    Verseker dat vertering behoorlik plaasvind.

              Kies die KORREKTE kombinasie:

              A       (i), (iii) en (iv)
              B       (i), (ii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iii)
              D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.5   Die vlugsone van 'n bul verwys na die ruimte:

              A       Nader aan die drukgang
              B       Tussen twee hekke
              C       Langs die sy van die bul
              D       Voor die bul se kop

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                               GR12 0625                4

1.1.6   Die volgende moet in ag geneem word wanneer behuising vir ŉ
        melkplaas ontwerp word:

        (i)     Die gebruik van duursame materiale in die konstruksie van die
                gebou
        (ii)    Die belangrikheid van behoorlike ventilasie
        (iii)   Die ras van die melkbees
        (iv)    Die beskikbaarheid van geld

        Kies die regte kombinasie:

        A       (i), (ii) en (iii)
        B       (i), (ii) en (iv)
        C       (i), (iii) en (iv)
        D       (ii), (iii) en (iv)
1.1.7   Die prent hieronder illustreer ... as 'n rede vir die hantering van
        plaasdiere.

        [Bron: https://www.agriculture.com/
        family/living-the-country-life/docking-
        lamb-tails]
        A       weeg
        B       kastrasie
        C       snoei
        D       stert afsit

1.1.8   Die uitwerking van uitwendige parasiete kan verminder word deur:

        A       Minder gekonsentreerde plaagbeheermiddels gereeld toe te dien
        B       Gereelde dosering van diere deur kleiner dosisse te gebruik
        C       Die diere aan die parasiet bloot te stel om weerstand te ontwikkel
        D       Die sterkte van die plaagdoder te verminder om geld te bespaar

1.1.9   Die volgende is voorbeelde van protosoë siektes, behalwe:

        A       Miltsiekte
        B       Anaplasmose
        C       Rooiwater
        D       Koksidiose

                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0625                 5

      1.1.10   ŉ Tweeling wat uit twee verskillende eierselle ontwikkel en deur
               twee verskillende spermatozoa bevrug word, word genoem:
               A    Monosigoties
               B    Disigoties
               C    Maserasie
               D    Kween
                                                                                  (10 x 2)   (20)

1.2    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
       slegs A, slegs B, beide A en B of GEENEEN langs die vraagnommers
       (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 Slegs B.

                    KOLOM A                                  KOLOM B

        1.2.1. A:     Hawerstrooi            Hoë ruveselinhoud
               B:     Tefhooi
        1.2.2. A:     VV van 1 : 6           Die voerverhouding geskik vir die groei van
               B:     VV van 1 : 10          plaasdiere
        1.2.3 A       Ken-en-bal-merker      Die metode wat melkboere kan gebruik om
               B:     Podometer              te help met die identifisering van koeie op
                                             hitte
        1.2.4. A:     Onderhuids             Die inspuit van diere tussen die lae van die
               B:     Intradermaal           vel
        1.2.5. A:     FSH                    Die hormoon wat deur die corpus luteum
               B:     Progesteroon           vrygestel word om die serviks ryp te maak
                                             en die bekkenligamente vir geboorte te
                                             verslap
                                                                                   (5 x 2)   (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
       neer.

       1.3.1   Die ritmiese sametrekking en ontspanning van die spiere in die
               spysverteringskanaal vir die beweging van voedsel

       1.3.2   ŉ Plan waar ŉ boer verseker dat daar regdeur die produksiesiklus aan die
               veevoervereistes voldoen word

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0625                 6

      1.3.3   ŉ Neiging by diere om op warm dae nader aan mekaar te beweeg in ŉ
              poging om skadu te soek

      1.3.4   Die toestand waar die testes van manlike diere binne die buikholte bly

      1.3.5   Die ophoping van vloeistof in en om die brein van ŉ fetus wat ŉ moeilike
              geboorte veroorsaak                                                (5 x 2)     (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings
      om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
      (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.4.1   Pepsien is ŉ ensiem in die speeksel van varke wat stysel in maltose
              verander.

      1.4.2   ŉ Minerale lek is die metode om minerale aan te vul waar ŉ dier soveel
              minerale inneem as wat nodig is.

      1.4.3   Slenkdalkoors is ŉ virussiekte wat blaasagtige letsels op die tong en lippe
              veroorsaak.

      1.4.4   Maserasie is die verharding en uitdroging van ŉ dooie fetus nadat die skelet
              gevorm is.

      1.4.5   ŉ Verdunningsmiddel is ŉ gelerige, souterige, romerige vloeistof wat tydens
              bevalling uit die melkkliere afgeskei word en teenliggaampies verskaf.
                                                                                   (5 x 1)       (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                       GR12 0625                   7

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1   Die diagram hieronder toon die pad in die maag van ŉ plaasdier.

                              Slukderm

                                  C

                                          B

                                      A

                                                               Dunderm

              [Bron: GDE Agricultural Sciences 2017, Animal Nutrition worksheets]

      2.1.1    Noem die plaasdier wat die maag het wat aangedui word in die bostaande
                                                                                                         (1)
               diagram.
      2.1.2    Dui die prosesse aan wat onderskeidelik deur pyle A, B en C geïllustreer
               word.                                                                                     (3)

      2.1.3    Die proses wat deur pyl B geïllustreer word, hou voordele in vir hierdie
               plaasdier. Motiveer hierdie stelling deur TWEE voordele te noem.                          (2)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                         GR12 0625         8

2.2   Die skematiese voorstelling hieronder toon die komponente van voer.

                                        Voer

                       Water                             A

                                   Organiese materiaal              B

                     Koolhidrate         Proteïene       Lipiede        C

      2.2.1   Identifiseer die stowwe wat deur A, B en C voorgestel word.                        (3)

      2.2.2   Onderskei tussen ŉ olie en ŉ vet.                                                  (2)

      2.2.3   Noem die eindproduk van die vertering van die volgende voedingstowwe
              by varke:

              (a)   Koolhidrate                                                                  (1)

              (b)   Proteïene                                                                    (1)

      2.2.4   Noem TWEE funksies van water tydens die vertering van voer.                        (2)

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0625               9

2.3   Die tabel hieronder toon minerale en vitamiene en hul tekortsimptome.

          MINERAAL/VITAMIEN                        TEKORTSIMPTOOM
                    A                     growwe, dik vel en haarverlies, veral by varke
                Selenium                        B (tekort by dragtige koeie)
                Vitamien E                         C (tekort by lammers)

      2.3.1   Verwys na die tabel hierbo en skryf die ontbrekende inligting neer by A, B
              en C.                                                                             (3)

      2.3.2   Dui die metode aan om elk van die volgende aan te vul:

              (a)    Vitamien A                                                                 (1)

              (b)    Oplosbare minerale                                                         (1)

2.4   Die voginhoud van hooi vir beeste in ŉ voerkraal is 8%. ŉ Trop beesspeenkalwers
      verbruik gemiddeld 30 kg hooi en skei elke dag 12 kg droë mis uit.

      2.4.1   Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer.                              (5)

      2.4.2   Verduidelik die implikasie van die berekende voer in VRAAG 2.4.1.                  (2)

2.5   ŉ Koei is ŉ voer gegee met ŉ totale verteerbare voedingswaarde (TVV) van 75%
      en ŉ verteerbare proteïenwaarde (VP) van 20%. Bereken die volgende:

      2.5.1   Die persentasie verteerbare nie-stikstofhoudende stowwe van hierdie voer           (2)

      2.5.2   Die voedingsverhouding (VV) van hierdie voer                                       (3)

2.6   Plaasdiere het sekere voerbehoeftes in verskeie fisiologiese en produksiestadiums.
      Die tabel hieronder verteenwoordig voerbehoeftes en hulpbronne beskikbaar oor ŉ
      twaalf maande tydperk.

                                                                LAASTE 6
                                             EERSTE 6
                                                                MAANDE
                    ITEM                     MAANDE                            TOTAAL
                                                                 (DROË
                                          (REËNSEISOEN)
                                                                SEISOEN)
      Behoefte per koei per dag                12 kg              15 kg
      Voervereistes oor 6 maande             108 000 kg            …               …
                                                                                415 800
      Hulpbronne beskikbaar per maand         1,5 ton/ha       0,15 ton/ha
                                                                               kg per jaar
      Totale oppervlakte vir kampe (ha)           42                  42           42
      Aantal diere                                50                  30

      Bereken die totale voer wat die diere vir ŉ jaar benodig. Toon ALLE berekeninge.           (3)
                                                                                                [35]

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                    GR12 0625                 10

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1   Die prent hieronder toon ŉ produksiestelsel.

                           [Bron: Agricultural Sciences Answer series. Pg 51]
      3.1.1   Identifiseer die tipe pluimveeproduksiestelsel hierbo wat normaalweg deur
              landelike gemeenskappe gebruik word.                                                   (1)

      3.1.2   Noem TWEE voordele van die produksiestelsel in VRAAG 3.1.1.                            (2)

      3.1.3   Noem TWEE probleme wat met hierdie tipe produksiestelsel geassosieer
              kan word.                                                                              (2)

3.2   ŉ Boer het ŉ braaikuikeneenheid opgerig wat toegerus is met die volgende
      gespesialiseerde toerusting vir omgewingsbeheer:

       A   Voetbaddens by al die ingange
       B   Opvoubare symure
       C   Elektriese verwarmers
       D   Waaiers in die dak en mure
       E   Isolasiemateriaal op die dak
      Pas die bogenoemde toerusting by die mees geskikte stelling hieronder. Skryf
      SLEGS die letter (A – E) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.4) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      3.2.1   Om die temperatuur binne die braaikuikeneenheid dag en nag konstant
              te hou                                                                                 (1)

      3.2.2   Om die temperatuur binne die braaikuikeneenheid te verhoog tydens ŉ
              skielike daling in die omgewingstemperatuur                                            (1)

      3.2.3   Om die temperatuur in die braaikuikeneenheid op ŉ baie warm dag te
              verlaag                                                                                (1)

      3.2.4   Om die moontlikheid te verminder om patogene in die braaikuikeneenheid
              in te bring                                                                            (1)
                                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                    GR12 0625                  11

3.3   Die diagramme hieronder illustreer die hantering van groot plaasdiere.

                       DIAGRAM A                                  DIAGRAM B
                                          [Bron: https:/agricultural.vikaspedia.in/view content]

      3.3.1   Identifiseer die hanteringstoerusting wat in DIAGRAM A en DIAGRAM B
              gebruik word.                                                                          (2)

      3.3.2   Noem die doel van die hantering van die dier soos geïllustreer in
              DIAGRAM A.                                                                             (1)

      3.3.3   Noem die deel van die kop wat gebruik word om die dier vas te gryp
              geïllustreer in DIAGRAM B.                                                             (1)

3.4   Die tabel hieronder verteenwoordig die temperatuurverskille in plaasdiere en hulle
      verwagte groeikoerse uitgedruk as gemiddeldes vir hulle bevolking.

                      GROEITEMPO                          TEMPERATUUR
          (% soos vergelyk met die gemiddeld)                 (°C)
              Koeie                 Varke
                110                      130                       35
                100                       90                       25
                 90                       50                       15
                 80                       25                       5
                 70                       5                        0

      3.4.1   Gebruik die data in die tabel hierbo hierbo en teken ŉ lyngrafiek om die
              groeitempo van koeie en varke volgens die temperatuurverskille te
              vergelyk.                                                                              (6)

      3.4.2   Kies die tipe plaasdier, uit die tabel hierbo, wat meer
              omgewingsbeheermaatreëls in koue klimaatstoestande sal vereis. Motiveer
              jou antwoord.                                                                          (2)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                      GR12 0625                 12

3.5   Voltooi die tabel hieronder deur SLEGS die ontbrekende inligting neer te skryf vir
      A, B, C, D en E.

                               PATOGENIESE                  HOOF
              SIEKTE                                                              VEKTOR
                                ORGANISME                SIMPTOME
              Mastitis                A              ontsteking van uier             vlieë
                                                                                lug, water en
        Bek-en-klouseer             virus                      B              gekontamineerde
                                                                                  voorwerpe
                                                     senuweeagtigheid,
              Hartwater               C            skuim uit die mond en              D
                                                           neus
                                                    haarverlies, jeukende
                 E                 swam                                              vlieë
                                                    grys-wit skurwe kolle
                                                                                                       (5)

3.6   Die diagram hieronder dui verskeie stadiums van die lewensiklus van ŉ parasiet aan.

                                            F

                                                                         A
                     E

                                                                         B

                                                                         C

                                            D
                                    [Aangepas uit https://www.researchgate.net]

      3.6.1     Identifiseer en dui die tipe parasiet aan wat hierbo voorgestel word.                  (2)

      3.6.2     Klassifiseer die parasiet volgens sy lewensiklus soos in die diagram hierbo
                aangedui.                                                                              (1)

      3.6.3     Noem TWEE ekonomiese implikasies van hierdie parasiet vir die boer.                    (2)

3.7   Sout is ŉ noodsaaklike mineraal vir diere, maar die verbruik van groot hoeveelhede
      kan dodelik wees vir vee.

      3.7.1     Dui TWEE simptome van soutvergiftiging aan.                                            (2)

      3.7.2     Stel TWEE maatreëls voor wat ŉ boer kan tref om diere met
                soutvergiftiging te behandel.                                                      (2)
                                                                                                  [35]
                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                     GR12 0625                  13

VRAAG 4: DIEREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1   Die diagram hieronder illustreer die voortplantingstelsel van ŉ koei.

                                              J
                                                                    A
                                                                    B

                                                                    C
                                                                    D

                                                                    E
                             I
                                                                    F

                                                                    G
                                                                    H

                                              [Bron: https://link.springer.com]

      4.1.1   Identifiseer die dele van die voortplantingstelsel gemerk A, C, E en F.                  (4)

      4.1.2   Skryf die letter (A – J) van die deel in die diagram hierbo neer wat met ELK
              van die volgende funksies geassosieer word:

              (a)   Dien as die geboortekanaal                                                         (1)
              (b)   Plek van bevrugting                                                                (1)
              (c)   Orgaan wat nie direk by voortplanting betrokke is nie                              (1)
              (d)   Afsetting van semen tydens kunsmatige inseminasie                                  (1)
4.2 In dierereproduksie is die bul nodig om spermselle te produseer om ŉ koei te bevrug.
      As die bul nie in staat is om ŉ koei te bevrug nie, kan dit óf steriel óf onvrugbaar
      wees.

      4.2.1   Onderskei tussen steriliteit en onvrugbaarheid.                                          (2)

      4.2.2   Noem TWEE aangebore defekte wat tot steriliteit by bulle kan lei.                        (2)

      4.2.3   Noem TWEE toestande wat kan verhoed dat ŉ bul kopuleer.                                  (2)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                    GR12 0625                14

4.3   Die diagram hieronder toon ŉ proses wat algemeen gebruik word in die
      reproduksie van plaasdiere.

               Somatiese sel
                                  B
                                                D                   E

                   A                                                            F

                           C
                                             [Aangepas uit https://en.m.wikipedia.org]

      4.3.1   Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word.                  (1)

      4.3.2   Identifiseer A, B en D in die diagram hierbo.                                         (3)

      4.3.3   Noem die TWEE verskillende tipes prosesse wat in die diagram hierbo
              getoon word.                                                                          (2)

4.4   Moeilike geboortes verg meer arbeid en aandag. Dit kan lei tot plasenta-retensie
      en die dood van beide die koei en die kalf. Dit is ŉ oorerflike eienskap wat meer
      gereeld by verse met bulkalwers voorkom. Behoorlike bestuur kan help om hierdie
      probleem te voorkom en reg te stel.

      4.4.1   Gee ŉ gepaste term wat algemeen gebruik word vir moeilike geboortes.                  (1)

      4.4.2   Verduidelik DRIE redes vir moeilike geboortes by verse.                               (3)

      4.4.3   Dui TWEE bestuursmaatreëls aan om die waarskynlikheid van moeilike
              geboortes te verminder.                                                               (2)

      4.4.4   Definieer die term plasenta-retensie.                                                 (2)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                                        GR12 0625                   15

4.5   Die grafiek hieronder toon ŉ normale laktasiekurwe van ŉ melkkoei.

                Hoeveelheid melk per dag
                                                               Hoë vlakke van
                                                               melkproduksie

                                                                                             Persentasie
                                               Bottervet                                     bottervet (%)

                                                                       Melk

                                           0         8                                  42
                                                           Weke na kalf

                                                              [Bron: https://studyx.ai/quenstions/4lo0ict/4-5-1]

      4.5.1   Identifiseer die week wanneer die koei haar maksimum melkproduksie
              bereik het vanaf die laktasiekurwe hierbo.                                                                 (1)

      4.5.2   Dui TWEE voordele aan van die melk wat binne die eerste 3 dae van
              geboorte vir die kalf geproduseer word.                                                                    (2)

      4.5.3   Verduidelik die verwantskap tussen die persentasie bottervetinhoud en die
              hoeveelheid melk geproduseer, soos in die kurwe getoon.                                                    (2)

      4.5.4   Noem die tydperk by lakterende koeie wat na 42 weke volg.                                                  (1)

      4.5.5   Noem die belangrikheid van hierdie tydperk vir die koei.                                                (1)
                                                                                                                     [35]

                                                                                       TOTAAL AFDELING B:            105

                                                                                                       TOTAAL:       150

                                                                                                                   EINDE

## Related documents

- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agric Sciences QP June 2021 Afrikaans.Docx](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
