# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2017-afr/0646fbde-1a69-42a2-9a2a-97025d79b2d7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2017-afr/0646fbde-1a69-42a2-9a2a-97025d79b2d7)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONAL E
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            3                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.11          A            B          C          D

         1.1.1        Die gedeelte in die maag van herkouers wat ooreenstem met die
                      enkelvoudige maag van die vark:

                      A       Abomasum
                      B       Omasum
                      C       Rumen
                      D       Retikulum

         1.1.2        Meganiese vertering van voedsel by pluimvee vind plaas in die …

                      A       krop.
                      B       proventrikel.
                      C       ventrikel.
                      D       kloaak.

         1.1.3        … het 'n alkaliese afskeiding met baie mukus in die duodenum wat
                      dit teen suur chym beskerm.

                      A       Duodenale kliere
                      B       Die Brunner-klier
                      C       Die parotisklier
                      D       Die klier van Lieberkühn

         1.1.4        Gal word in die ... vervaardig en in die galblaas gestoor.

                      A       galbuisies
                      B       lewer
                      C       pankreas
                      D       dunderm

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               4                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

         1.1.5        Die beste beskrywing van eksterne parasiete op beeste:

                     (i)     Leef op die vel van beeste
                     (ii)    Kan die vel beskadig
                     (iii)   Kan toksiese stowwe produseer
                     (iv)    Aangetref in die lewer

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i), (ii) en (iv)
                      B      (i), (ii) en (iii)
                      C      (ii), (iii) en (iv)
                      D      (i), (iii) en (iv)

         1.1.6        Die liggaamstemperatuur van plaasdiere is gewoonlik … as die
                      omgewingstemperatuur.

                      A      dieselfde
                      B      in dieselfde verhouding
                      C      hoër
                      D      laer

         1.1.7        Watter van die stellings hieronder oor 'n voerkraal-produksie-
                      onderneming is WAAR?

                      (i)   Skaduwee en beskutting word aan diere gegee.
                      (ii)  Alle weidings en voere word geoes en dan aan die diere
                            gevoer.
                      (iii) Rotasieweiding word toegepas.
                      (iv) Hierdie onderneming is arbeids- en kapitaalintensief.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i), (iii) en (iv)
                      B      (ii), (iii) en (iv)
                      C      (i), (ii) en (iii)
                      D      (i), (ii) en (iv)

         1.1.8        Die doel van inenting is hoofsaaklik om siektes onder plaasdiere
                      te ...

                      A      beheer.
                      B      behandel.
                      C      verleng.
                      D      voorkom.

         1.1.9        'n Bakteriese geslagsiekte wat aanleiding gee tot die ergste graad
                      van aborsie en tot onvrugbaarheid by koeie lei:

                      A      Antraks/Miltsiekte
                      B      Trigomoniase
                      C      Brusellose
                      D      Besmetlike rinotrageïtis by beeste

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

         1.1.10       Die aangebore defek waar die testes onderontwikkel is:

                      A    Hipoplasie
                      B    Impotensie
                      C    Kriptorkidisme
                      D    Hermafroditisme                                         (10 x 2)       (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Slegs B.

                          KOLOM A                                KOLOM B
                  A: Hoë RP-inhoud                   Voerkonsentraat geskik vir groei,
         1.2.1
                  B: Lae veselinhoud                 melkproduksie en reproduksie

                  A: VV van 1 : 6                    Voerverhouding geskik vir die
         1.2.2
                  B: VV van 1 : 10                   vetmesting van plaasdiere

                  A: Lewerslak en hoenderluis        Voorbeelde van eksterne parasiete
         1.2.3
                  B: Bloubosluis en haarwurm         in braaikuikens

                  A: Onderhuids                      Spuit diere tussen die lae van die
         1.2.4
                  B: Intradermaal                    vel in

         1.2.5 A: Natriumsitraat en penisillien      Verdunningsmiddels gemeng met
               B: Eiergeel en water                  semen
                                                                                     (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1    Die ensiem in die speeksel van varke wat vir die chemiese
                  verandering van stysel na eenvoudige suikers verantwoordelik is

         1.3.2    'n Boer wat op groot skaal produseer en winsgedrewe is

         1.3.3    Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone behandel
                  word om baie ova af te skei

         1.3.4    'n Kragtige sametrekking van die uretra wat semen in die vagina van 'n
                  koei deponeer

         1.3.5    Die stadium van paring waartydens manlike en vroulike diere tot
                  mekaar aangetrokke is                                   (5 x 2)                (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1   Fundiese spiere voorkom dat voedsel vanaf die slukderm by die maag
                 van 'n vark ingaan.

         1.4.2   Vrylopend is 'n sisteem waar hoenders op die grond van 'n gebou
                 aangehou word totdat hul ophou eiers lȇ.

         1.4.3   Die dragtigheidstydperk in melkkoeie verwys na die tydperk tussen
                 twee laktasies.

         1.4.4   Dolly, die beroemde skaap, het sewe identiese lammers deur die
                 proses van genetiese modifikasie voortgebring.

         1.4.5   'n Spermatosoon is die eindproduk van die oögenese-proses.   (5 x 1)       (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                       7                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1    Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

                                          B      C                D          E

           A

         2.1.1   Noem die plaasdier wat deur die spysverteringskanaal in die diagram
                 hierbo voorgestel word.                                                     (1)

         2.1.2   Dui die belangrikheid van deel A en C aan in die vertering van voer
                 van die plaasdier wat in VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is.                     (2)

         2.1.3   Verduidelik meganiese vertering soos dit in die spysverteringskanaal
                 van die plaasdier hierbo geïdentifiseer, plaasvind.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 8                                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                     NSS

2.2      Die diagram hieronder toon die absorpsie van voedingstowwe vanaf die
         dunderm na die bloedstroom.

                                                                                ●
                         Voedingstowwe
                                                      ●                    ●
                                        A
                                  ●

                                                                                                C

                                                                      ●          ●
                             ●              ●                     B
                                                 ●                ●            ● ● ●    ●
                                  ●                                       ●
                             ●        ● ●    ●
                                                          ●
                                                                          ●         ●
                         ●                                    ●           ●             ●
                                  ●                   ●
                             ●                                            Voedingstowwe

         2.2.1   Identifiseer die tipes voedingstofooordrag in A en B.                                            (2)

         2.2.2   Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1.                                                     (2)

         2.2.3   Identifiseer struktuur C.                                                                        (1)

         2.2.4   Noem die voedingstof wat deur elk van die volgende geabsorbeer
                 word:

                 (a)    Bloedhaarvate                                                                             (1)

                 (b)    Kylvaat                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                                 9                                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                     NSS

2.3       Die grafiek hieronder toon die voerkomponente van 'n rantsoen.

                                                      Die samestelling van 'n rantsoen
                                 80
                                 70

              Hoeveelheid (kg)
                                 60
                                 50
                                 40
                                 30
                                 20
                                 10
                                  0
                                       MiMieliemeel
                                          el iemeel   Ureum
                                                         Ureum   LusLusernhooi
                                                                     ernhooi Ha werhooi
                                                                                HawerhooiKa l siumsout
                                                                                                 Kalsium    MelMelasse
                                                                                                               a sse

                                                                    Voerkomponente

          2.3.1                  Identifiseer EEN voorbeeld van 'n energieryke konsentraat in die
                                 grafiek hierbo.                                                                                 (1)

          2.3.2                  Identifiseer die voeraanvulling in die grafiek hierbo wat hoofsaaklik by
                                 lekke as 'n bron van energie gevoeg word.                                                       (1)

          2.3.3                  Lewer kommentaar, met 'n rede, oor die geskiktheid van ureum as 'n
                                 aanvulling vir varke.                                                                           (2)

          2.3.4                  Tabuleer, met gebruik van die rantsoene in die grafiek hierbo:

                                 (a)       'n Bron van natuurlike proteïen

                                 (b)       'n Bron van NPN-proteïen                                                              (3)

2.4       Die tabel hieronder is 'n voervloeiprogram van 'n plaas vir 'n tydperk van
          120 dae in die winter.
      TIPES         GETAL                    LEWENDE INNAME                 BEHOEFTE           BEHOEFTE             KOSTE
      DIERE                                   MASSA PER DIER                 PER DAG           VIR 120 DAE          R1 127
                                               (kg)    (kg)                    (kg)                (ton)           (per ton)
  Koeie                           60           500      10                     600                   A            R81 144,00
  Bulle                            3           750      15                      45                  5,4            R6 085,80
  Kalwers                         50           200       4                     200                   B            R27 048,00
  TOTAAL                         113                                                                              R114 277,80

          2.4.1                  Gebruik die data hierbo en bereken A en B.                                                      (4)

          2.4.2                  Gebruik die data hierbo en bepaal die gemiddelde koste om EEN dier
                                 vir EEN dag te voer.                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

2.5      Die tabel hieronder toon die samestelling van twee dierevoere.

                        VOER A                                VOER B
                        80% TVV                               70% TVV
                         10% VP                                12% VP
                        VV = 1 : 7                               …

         2.5.1   Gebruik 'n formule om die voedingsverhouding (VV) van VOER B te
                 bereken.                                                                       (3)

         2.5.2   VOER A kan nie vir melkproduserende koeie aanbeveel word nie.
                 Verwys na die voedingsverhouding hierbo om hierdie stelling te
                 regverdig.                                                                     (2)

2.6      Die tabel hieronder toon inligting oor dierevoere.

                        PRODUK                     RUPROTEÏENPERSENTASIE (% )
          Hawermeel                                           9
          Sonneblom-oliekoekmeel                              38
          Finale rantsoen                                     14

         Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die verhouding van die twee voere
         wat hierbo genoem is, te bereken.                                                      (4)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          11                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Diereproduksie-ondernemings behoort al die natuurlike hulpbronne wat
         beskikbaar is, optimaal te gebruik om produksie te maksimaliseer.

         In die meeste ekstensiewe diereproduksie-ondernemings eet herkouers
         natuurlike veld as hul hoofbron van voedingstowwe. Ongelukkig kan hierdie
         praktyk tot uitbuiting lei wat nie vir diere en die omgewing voordelig is nie.

         Verduidelik hoe ELK van die volgende op 'n ekstensiewe produksiestelsel
         inwerk:

         3.1.1        Natuurlike hulpbronne                                                       (2)

         3.1.2        Voeding                                                                     (2)

         3.1.3        Uitbuitende praktyke                                                        (2)

3.2      Die prente hieronder toon bestuurspraktyke wat op varkies toegepas word.

                             A                                        B

         3.2.1        Identifiseer bestuurspraktyk A en B in die prente hierbo.                   (2)

         3.2.2        Gee 'n rede vir bestuurspraktyk A en B.                                     (2)

         3.2.3        Verwys na A en noem die mineraal wat gewoonlik aan klein
                      varkies gegee word.                                                         (1)

         3.2.4        Gee TWEE redes om die antwoord op VRAAG 3.2.3 te motiveer.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

3.3      Skuiling is belangrik vir diereproduksie aangesien dit die effek van uiterste
         omgewingstoestande verminder. Dit voorkom dat die liggaamstemperatuur tot
         onder die laagste kritieke temperatuur daal.
         Die tabel hieronder toon die laagste kritieke liggaamstemperature van
         verskillende plaasdiere.
                           PLAASDIER                            LAAGSTE KRITIEKE
                                                                TEMPERATUUR (°C)
           Melkkoeie                                                   5
           Klein varkies                                              30
           Sôe                                                        10
           Dagoudkuikens                                              20
           Lêhenne                                                    10
           Spekvarke                                                  15
         3.3.1       Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n staafgrafiek om die
                     laagste kritieke temperatuur van die verskillende plaasdiere aan te
                     dui.                                                                            (6)
         3.3.2       Watter plaasdier in die tabel hierbo sal die voer NIE doeltreffend by 'n
                     omgewingstemperatuur van 24 °C kan benut NIE?                                   (1)
         3.3.3       Melkkoeie kan melk produseer selfs al is die omgewingstemperatuur
                     6 °C. Motiveer hierdie stelling.                                                (1)
3.4      Die illustrasie hieronder stel die lewensiklus voor van 'n parasiet wat
         plaasdiere affekteer.

                                             F

                                                            A

                                                                            B

                                                                       C
                                                 E
                                                            D

         3.4.1       Klassifiseer en noem die parasiet wat hierbo voorgestel word.                   (2)
         3.4.2       Identifiseer die letter (A–F) wat ELK van die volgende voorstel:

                     (a)    Tussengasheer                                                            (1)
                     (b)    Larwes wat uit eiers uitbroei                                            (1)
         3.4.3       Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat 'n boer kan tref om te verseker
                     dat diere nie met hierdie parasiet besmet word nie.                             (1)
         3.4.4       Noem DRIE ekonomiese implikasies van hierdie parasiet vir boere.                (3)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        13                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

3.5      Behuising vir kuikens word hoofsaaklik gebruik om hulle teen predatore te
         beskerm en om 'n omgewing vir groei en ontwikkeling te skep. Aspekte soos
         oriëntasie, die tipe muur en dakmateriaal, behoort oorweeg te word.
         Toerusting en gereedskap is ook belangrik.

         3.5.1        Identifiseer TWEE doelwitte van behuising vir kuikens in die
                      uittreksel hierbo.                                                     (2)

         3.5.2        Noem TWEE faktore om in gedagte te hou wanneer behuising vir
                      kuikens gebou word.                                                    (2)

         3.5.3        Noem TWEE voorbeelde van toerusting in pluimveebehuising.              (2)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           14                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1   Die diagram hieronder toon die embrio en fetusontwikkeling in plaasdiere.

                                     A         B          C

                                                                              D

                                                                              E

                                                                              F

         4.1.1        Identifiseer struktuur B, E en F.                                        (3)

         4.1.2        Noem die volgende oor struktuur D:

                      (a)   EEN funksie                                                        (1)

                      (b)   EEN bestanddeel                                                    (1)

                      (c)   Plek waar dit aangetref word                                       (1)

         4.1.3        Dui die tyd (in maande) aan waartydens die melkboer met 'n
                      rektale swangerskapondersoektoets die teenwoordigheid van 'n
                      fetus sal kan bepaal.                                                    (1)

4.2      Hormone speel 'n belangrike rol in die reproduksiesiklus van plaasdiere.

         4.2.1        Verduidelik die term hormoon.                                            (2)

         4.2.2        Gee die hooffunksie vir ELK van die volgende hormone:

                      (a)   Testosteroon                                                       (1)

                      (b)   Luteïniserende hormoon (LH)                                        (1)

                      (c)   Estrogeen                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                        15                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                            NSS

         4.2.3                   Noem die hormoon verantwoordelik vir:

                                 (a)      Onderhoud van die corpus luteum                                          (1)

                                 (b)      Groei en ontwikkeling van die Graafse follikel                           (1)

4.3      Die grafiek hieronder toon inligting oor die estrussiklus van melkkoeie.

                                            Getal koeie in estrus op verskillende tye
                           50
                           45
                           40
                           35

             Getal koeie
                           30
                           25
                           20
                           15
                           10
                            5
                            0
                                       06:00-12:00     12:00-18:00         18:00-00:00     00:00-06:00
                                                                     Tyd

         4.3.1                   Bepaal die getal koeie wat van 12:00 tot 18:00 in estrus is.                      (1)

         4.3.2                   Dui die tyd aan wanneer 20 koeie in estrus sal wees.                              (1)

         4.3.3                   Verwys na die grafiek en voorspel die tendens van die aantal koeie
                                 wat van 12:00 tot 06:00 in estrus is.                                             (1)

         4.3.4                   Bereken die getal koeie wat van 18:00 tot 06:00 in estrus is.                     (2)

         4.3.5                   Verwys na die grafiek hierbo en stel die beste tyd voor om die
                                 koeie te insemineer.                                                              (1)

         4.3.6                   Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.5.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          16                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

4.4       Die diagram hieronder stel die uier van 'n melkkoei voor.

                           A

                                                       BB

                                                                                Uier

                                                            C

          4.4.1       Identifiseer deel A, B en C.                                                 (3)

          4.4.2       Definieer die term laktasie in melkkoeie.                                    (2)

          4.4.3       Vergelyk die verandering in melkproduksie en bottervetproduksie
                      gedurende EEN laktasietydperk.                                               (2)

4.5       Moeilike geboortes vereis meer arbeid en aandag. Dit kan daartoe lei dat die
          plasenta in die koei vassit/agterbly en die dood van beide die kalf en die koei
          tot gevolg hê. Dit is 'n oorerflike eienskap en kom meer dikwels by verse en
          bulkalwers voor. Dit kan deur goeie bestuur reggestel word.

          4.5.1       Gee 'n toepaslike term wat algemeen vir moeilike geboortes
                      gebruik word.                                                                (1)

          4.5.2       Verduidelik die rede vir moeilike geboortes by verse.                        (2)

          4.5.3       Dui TWEE bestuursmaatreëls aan om die moontlikheid van
                      moeilike geboortes te verminder.                                             (2)

          4.5.4       Definieer die term vassit/agterbly van die plasenta.                         (2)
                                                                                                   [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               105
                                                                      GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7ab4b716-4de0-4433-bf09-762cbf175b7e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-eng/557b84d6-f26b-4d84-bdc8-0dc724e77299) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2017-memo-afr/1e42f93f-5b05-4e7d-ad2b-90da83efe5d2) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-memo-eng/2b139224-da84-4f08-9960-60fa6b740409) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-memo-afr/514609d7-bd88-4197-a5c5-e87b7224f3fd) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
