# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT
                              SENIOR CERTIFICATE

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        … is nodig vir die herstel van beskadigde weefsel en help met die
                      genesing van wonde by varke.

                      A   Selenium
                      B   Jodium
                      C   Yster
                      D   Sink

         1.1.2        Die struktuur in die maag van 'n jong kalf wat vir die vervoer van
                      melk direk na die abomasum verantwoordelik is:

                      A   Tragea
                      B   Krop
                      C   Omasum
                      D   Slukdermgroef

         1.1.3        Verteerbare energie kan gedefinieer word as die …

                      A   energie wat vrygestel word wanneer 'n voer volledig tot sy
                          finale oksidasieproduk verbrand word.
                      B   totale hoeveelheid energie wat as hitte vrygestel word.
                      C   verskil tussen die bruto energiewaarde en die energie wat in
                          mis verlore gaan.
                      D   energie beskikbaar vir instandhouding en produksie.

         1.1.4        Een van die volgende is NIE korrek NIE met betrekking tot faktore
                      wat die verteerbaarheid van voere beïnvloed:

                      A   Samestelling van die voer
                      B   Mineraalinhoud van die voer
                      C   Ruveselinhoud van die voer
                      D   Tipe dier

         1.1.5        Die produksiestelsel waar diere in hoë digthede aangehou word en
                      hoogs gespesialiseerde geformuleerde voere gevoer word:

                      A   Semi-intensief
                      B   Ekstensief
                      C   Battery
                      D   Agterplaas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               4                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                   NSS

         1.1.6        Die volgende moet oorweeg word om spanning en aggressiewe
                      konflik by manlike skape te voorkom:

                      A      Groepeer en huisves alle manlike skape in een hok.
                      B      Plaas diere van dieselfde geslag bymekaar ongeag
                             liggaamsmassa en grootte.
                      C      Groepeer diere wat mekaar ken en van dieselfde geslag en
                             ouderdom is.
                      D      Plaas 'n aantal manlike skape by vroulike skape tydens die
                             teelseisoen.

         1.1.7        Die volgende is op voerverskaffing in 'n goed ontwerpte
                      voervloeiplan van toepassing:

                      (i)   Die aankoop van voere in klein hoeveelhede is onekonomies.
                      (ii)  Maak voorsiening vir stoorfasiliteite vir voere aangesien nie
                            alle voere wat benodig word, geredelik op plase beskikbaar
                            is nie.
                      (iii) Voerbehoeftes van diere kan bevredig word deur die voer
                            enige tyd wanneer dit benodig word, aan te koop.
                      (iv) Voere moet teen reën, bederf, insekte en knaagdiere
                            beskerm word.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i), (ii) en (iv)
                      B      (i), (iii) en (iv)
                      C      (ii), (iii) en (iv)
                      D      (i), (ii) en (iii)

         1.1.8        'n Metode om medikasie op die vel of direk op die wond toe
                      te dien:

                      A      Lokaal
                      B      Mondelings
                      C      Inspuiting
                      D      Dosering

         1.1.9        Die hormoon verantwoordelik vir die rypwording van die follikels:

                      A      Progesteroon
                      B      Luteïniserende hormoon
                      C      Follikelstimulerende hormoon
                      D      Prolaktien

         1.1.10       Die gesamentlike uitskeidingskanaal vir urien en mis by pluimvee:

                      A      Uretra
                      B      Kloaak
                      C      Vagina
                      D      Vas deferens                                          (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 slegs B.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
                     A: Duodenum                     die struktuur waar maksimum
         1.2.1                                       absorpsie van voedingstowwe
                     B: Jejunum                      hoofsaaklik plaasvind
                     A: Kalsium en fosfor            voedingstowwe verantwoordelik vir
         1.2.2
                     B: Vitamien D en magnesium      die vorming van bene

                     A: Optimale produksie           die vlak van diereproduksie wat op
         1.2.3                                       die lange duur vir die boer die
                     B: Maksimum produksie           grootste inkomste sal verdien
                     A: Testisdegradasie             die verskynsel waar die testes in die
         1.2.4
                     B: Gebrek aan libido            buikholte agterbly

                     A: Corpus luteum                die struktuur wat na ovulasie op die
         1.2.5
                     B: Plasenta                     ovarium ontwikkel
                                                                                     (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1         Die ensiem in die speeksel van varke wat vir die afbreek van stysel
                       na eenvoudige suikers verantwoordelik is

         1.3.2         'n Organisme wat die meeste of 'n gedeelte van sy lewe op die
                       gasheerdier bestee

         1.3.3         Materiaal, soos saagsels en strooi, wat op die vloere van
                       varkhokke geplaas word om koue sementvloere te isoleer en vog
                       te absorbeer

         1.3.4         Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone
                       behandel word om baie ova te produseer

         1.3.5         Die organel in die middelstuk van die spermsel wat energie vir
                       beweging verskaf                                       (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Ureum is 'n wit wateroplosbare stof wat gebruik word om
                      koolhidrate in die rantsoene en lekke van herkouers aan te vul.

         1.4.2        Die bestuurslisensie is 'n dokument in die bestuurder se besit met
                      'n duidelike identifikasie van die diere wat op 'n openbare pad
                      vervoer word.

         1.4.3        Die metode wat gebruik word om die aantal identiese nageslag
                      vanaf 'n enkele embrio te verhoog, is embrio-spoeling.

         1.4.4        Die endoderm is die laag waaruit die hart, skelet, spiere,
                      urogenitale en vaskulêre stelsels ontwikkel.

         1.4.5        Adrenalien is die hormoon by bulle wat geslagsdrang verhoog.
                                                                                (5 x 1)         (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder illustreer die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

                                                           A A

                                                           B B

                                                           C C

                                                           D D

         2.1.1        Skryf die letter (A–D) neer van die gedeelte waar sellulosevertering
                      plaasvind.                                                                  (1)

         2.1.2        Benoem die ensiem wat sellulose verteer wat deur die organismes
                      in deel A afgeskei word.                                                    (1)

         2.1.3        Noem TWEE vereistes van die organismes wat in deel A
                      aangetref word.                                                             (2)

         2.1.4        Dui die tipe vertering aan wat in deel D plaasvind.                         (1)

         2.1.5        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.4.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

2.2      Die prentjies hieronder toon verskillende dierevoere wat beskikbaar is.

                         VOER A                                  VOER B

                          VOER C                                  VOER D

         2.2.1        Klassifiseer die tipe voer getoon by VOER A en VOER C.                     (2)

         2.2.2        Skryf die letter (A–D) van die voer in die prentjies hierbo neer wat
                      onder ELK van die volgende toestande vir plaasdiere aanbeveel
                      word:

                      (a) Afronding van beeste vir die slagpale                                  (1)
                      (b) Om mineraaltekorte te korrigeer                                        (1)
                      (c) Om vrugbaarheid by ramme te verbeter                                   (1)
                      (d) Om lywigheid aan die rantsoene van herkouers te verskaf                (1)

         2.2.3        Nie-herkouers verteer VOER B beter indien dit gemaal is.
                      Regverdig hierdie stelling.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

2.3      In 'n voedingsproefneming is 'n dier 24 kg droë hooi gevoer en dit het 12,5 kg
         droë mis uitgeskei. Van hierdie hooi is 11,5 kg verteer en geabsorbeer.

         2.3.1        Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie hooi.                  (3)

         2.3.2        Stel voor op watter stadium die hooi gesny is wat aan die diere
                      hierbo gevoer is.                                                          (1)

         2.3.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2 wat op die
                      berekende waarde hierbo gebaseer is.                                       (2)

         2.3.4        Noem TWEE aanvullende stowwe wat gebruik kan word om die
                      verteerbaarheid van hierdie hooi te verbeter.                              (2)

2.4      Die tabel hieronder toon 'n voervloeiplan vir 50 vleisbeeste oor 'n tydperk van
         6 maande.

                                               JAN.   FEB.    MRT.   APR.    MEI     JUN.
         Natuurlike weiding (ton)               160   160     140     120     80       60
         Aanvullende voer (kg/dier/dag)                                 1     2         4
         Koste van aanvullende voer (R/kg)                             30     38       50
         Voer benodig (ton)                140         140    140     140    140      140
         Prys van beesvleis (R/kg)          40         35      30      30     35       60

         2.4.1        Identifiseer enige TWEE maande in die tabel hierbo toe die voer
                      onvoldoende was.                                                           (2)

         2.4.2        Uit die data hierbo, gee TWEE redes vir jou antwoord op
                      VRAAG 2.4.1.                                                               (2)

         2.4.3        Bereken die totale hoeveelheid aanvullende voer (in ton) vir AL die
                      diere in Mei.                                                              (3)

2.5      Die tabel hieronder toon die ruproteïen- en ruveselinhoud van die verskillende
         voere.

                                        RUPROTEÏEN (RP)              RUVESEL (RV)
                     VOER
                                             (%)                         (%)
         Natuurlike lusernweiding             23                          26
         Lusernhooi                           14                          30
         Oliekoekmeel                         37                          16
         Mieliemeel                            9                           2
         Sorghumreste                          4                          40

         Gebruik die data in die tabel hierbo om 'n staafgrafiek van die ruproteïen- en
         ruveselinhoud van die verskillende voere te teken.                                      (6)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          10                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1      Die prentjies hieronder dui TWEE verskillende varkproduksiestelsels aan.

                                   PRENTJIE A                                PRENTJIE B

         3.1.1         Identifiseer die TWEE produksiestelsels wat in PRENTJIE A en
                       PRENTJIE B getoon word.                                                    (2)
         3.1.2         Vergelyk die TWEE produksiestelsels op grond van die volgende:
                       (a) Metode van voeding                                                     (2)
                       (b) Ruimte per produksie-uitset                                            (2)
3.2      Die tabel hieronder toon die voedings- en temperatuursvereistes vir
         braaikuikens tydens verskillende groeistadia.
           OUDERDOM                                                     TEMPERATUUR-
                               VOER          VOEDINGSWAARDE
             (weke)                                                       VEREISTES
               0–1           Aanvangs-      23% proteïen versterk met   32,2 °C tot 35 °C
                              meelvoer     vitamiene en mineraalsoute
                 1–2         Aanvangs-      23% proteïen versterk met   29,4 °C tot 32,2 °C
                              meelvoer     vitamiene en mineraalsoute
                 3–4            Groei-      20% proteïen versterk met   26,7 °C tot 29,4 °C
                              meelvoer     vitamiene en mineraalsoute
              5–slag         Afrondings-      18% proteïen versterk       Normale kamer-
                              meelvoer           met koolhidrate        temperatuur (25 °C)

         3.2.1         Identifiseer die hoofvoedingstof vir braaikuikens       van ALLE
                       ouderdomsgroepe.                                                           (1)
         3.2.2         Dui die belangrikheid van die voedingstof in VRAAG 3.2.1 vir
                       braaikuikens aan.                                                          (1)
         3.2.3         Gee die hoofrede vir die insluiting van koolhidrate by 'n
                       afrondingsmengsel.                                                         (1)
         3.2.4         Lei die verwantskap tussen die proteïenvlak van die voer, die
                       temperatuurvereistes en die ouderdom van die braaikuikens af.              (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             11                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

3.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings van gereedskap
         wat vir identifikasiedoeleindes van plaasdiere gebruik word deur 'n
         woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
         vraagnommer (3.3.1–3.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     oorplaatjie;   brandyster;      slim nekband;   tattoeëertang

         3.3.1        Word gebruik om 'n spesifieke permanente merk op die dier te laat,
                      veral by beeste                                                                  (1)

         3.3.2        Word gebruik om diere te identifiseer met spesifiek gekodeerde
                      inligting oor familielyne en generasies                                          (1)

         3.3.3        Toegerus met 'n gevorderde elektroniese toestel om 'n dier op te
                      spoor en terugvoering te gee oor die aksies wat deur die dier
                      uitgevoer word                                                                   (1)

         3.3.4        Gebruik vir die identifikasie van diere, veral stoetperde                        (1)

3.4      Die fasiliteit hieronder word in 'n diereproduksie-onderneming gebruik.

         3.4.1        Identifiseer die fasiliteit hierbo.                                              (1)

         3.4.2        Waarvoor word die fasiliteit wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is,
                      gebruik?                                                                         (1)

         3.4.3        Noem TWEE ontwerpkenmerke van hierdie fasiliteit wat dit geskik
                      vir sy gebruik sal maak.                                                         (2)

         3.4.4        Stel TWEE vorme van leed voor wat diere kan opdoen wanneer die
                      fasiliteit hierbo gebruik word.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

3.5      Die diagramme hieronder stel twee parasiete by plaasdiere voor.

         Larwes heg hulself aan die vel             Ingeslukte wurms boor deur die derms na die lewer

                 PARASIET A                                         PARASIET B

         3.5.1        Klassifiseer die TWEE tipes parasiete wat in A en B geïllustreer
                      word.                                                                             (2)

         3.5.2        Gebruik die diagramme om ELKE antwoord op VRAAG 3.5.1 te
                      motiveer.                                                                         (2)

         3.5.3        Noem EEN voorkomingsmaatreël teen die parasiet wat in B
                      geïllustreer word.                                                                (1)

3.6      Dieresiektes word deur patogene veroorsaak. Sommige siektes kan tydens
         kontak oorgedra word; ander het 'n siektedraende organisme nodig.
         Alle siektes het 'n negatiewe invloed op boere, arbeiders en die ekonomie van
         die land.

         3.6.1        Gee 'n wetenskaplike term wat in dieregesondheid gebruik word
                      om ELK van die volgende toestande te beskryf:

                      (a)    Siektes wat van dier na dier oorgedra kan word                             (1)

                      (b)    Siektedraende organisme                                                    (1)

         3.6.2        Noem EEN bakteriese siekte wat van een dier na die volgende
                      oorgedra kan word.                                                                (1)

         3.6.3        Noem EEN rol van die boer om die voorkoms van die siektes in
                      VRAAG 3.6.2 te beheer.                                                            (1)

         3.6.4        Stel TWEE maniere voor waarop plaaswerkers aan dieresiektes
                      blootgestel kan word.                                                             (2)

         3.6.5        Dui TWEE rolle van die staat aan om die verspreiding van
                      aansteeklike siektes te beheer.                                                   (2)
                                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           13                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n spermsel.

                                                              A

                                                                  B

                                                                  C

                                                                  D

         4.1.1         Identifiseer deel A.                                                 (1)

         4.1.2         Gee 'n funksie van die gedeeltes gemerk:

                       (a) A                                                                (1)
                       (b) B                                                                (1)
                       (c) D                                                                (1)

         4.1.3       Onderskei tussen 'n spermsel en semen.                                 (2)

         4.1.4       Benoem die vroulike voortplantingsel.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          14                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

4.2      Die diagram hieronder illustreer fetusontwikkeling by beeste.

                 A            B          C

                 B

                 C                                              D
                                                                D
                 C
                                                                EE

                                                                FF

         4.2.1        Identifiseer deel B en F.                                                  (2)
         4.2.2        Noem die funksie van deel D.                                               (1)
         4.2.3        Noem die toestand wat deur ELK van die volgende stellings
                      beskryf word:
                      (a)   Die fetus gaan dood en alle vloeistowwe word herabsorbeer
                            terwyl die harde en droë dele in die baarmoeder agterbly.            (1)
                      (b)   Die fetus gaan dood en die sagte weefsel ontbind en alles bly
                            in die baarmoeder agter.                                             (1)
                      (c)   Dragtigheid word beëindig voor die normale tyd van geboorte
                            en die dooie fetus word uitgewerp.                                   (1)
                      (d)   Die plasenta bly na geboorte vir sewe dae in die baarmoeder
                            agter.                                                               (1)

4.3      'n Kommersiële melkboer het 100 vrugbare koeie en een bul. Al die diere is
         goed gevoer, 'n siektebeheerprogram is ingestel en die onderneming word
         goed bestuur. Die kalfpersentasie oor die afgelope drie jaar was egter
         slegs 55%.

         4.3.1        In die scenario hierbo, identifiseer die grootste probleem in
                      die onderneming.                                                           (1)
         4.3.2        Gee die boer raad oor EEN wetenskaplike tegniek om by koeie te
                      gebruik wat 'n aansienlik hoër besettingskoers tot gevolg sal hê.          (1)
         4.3.3        Indien die boer nie die tegniek in VRAAG 4.3.2 gebruik nie, hoe
                      kan die besettingspersentasie van die koeie verbeter word?                 (1)
         4.3.4        Verduidelik die invloed van voeding op die vrugbaarheid van bulle.         (2)
         4.3.5        Gee TWEE ander redes waarom die bul in die scenario hierbo
                      swak presteer.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                            15                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                NSS

4.4      Die grafiek hieronder illustreer die melkproduksie van 'n melkkoei oor
         'n periode van een jaar.

                                           A
                                               B
                                                      C

            Produksie (kg per dag)
                                                            D
                                                                 E
                                                                                 F
                                                                                     G
                                                                                            H

                                                          Weke na kalwing

         4.4.1                        Gee die term wat die grafiek hierbo beskryf.                              (1)

         4.4.2                        Skryf die letter (A–H) op die grafiek neer wat aandui waar ELK van
                                      die volgende plaasvind:

                                     (a) Opdroog van die koei                                                   (1)

                                     (b) Kalwing                                                                (1)

                                     (c) Piek melkproduksie                                                     (1)

                                     (d) Tyd van besetting indien die koei agt weke na sy opgedroog
                                         het, weer moet kalf                                                    (1)

         4.4.3                        Gee TWEE redes om die abnormale afname in die melkproduksie
                                      tussen punt F en punt G te verduidelik.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          16                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

4.5      Die prent hieronder wys melkkoeie in estrus.

                                                     B
                                          A

         4.5.1        Definieer die konsep estrus by melkkoeie.                               (2)

         4.5.2        Noem TWEE sigbare tekens van estrus in melkkoeie, behalwe die
                      een in die prent hierbo.                                                (2)

         4.5.3        Noem die koei (A of B) wat beslis in estrus is.                         (1)

         4.5.4        Noem die:

                     (a) Hormoon verantwoordelik vir die tekens van estrus                    (1)

                     (b) Tydsduur van die estrussiklus (in dae)                               (1)
                                                                                              [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                      GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-eng/557b84d6-f26b-4d84-bdc8-0dc724e77299) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-memo-eng/14142fe2-155d-434e-b8d5-34b25ef2f428) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-afr/b60fd853-0e19-4159-b790-13647b415a99) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-eng/1724b701-1e5b-4836-8fbd-0e695a045aab) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
