# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2016-afr/231d0c56-c888-4c31-b40d-ba2862984991
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2016-afr/231d0c56-c888-4c31-b40d-ba2862984991)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                         2016

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                                        DBE/2016
                                         SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, wat die formules insluit, waar toepaslik.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                       3                                     DBE/2016
                                           SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        'n Plaasdier met 'n spysverteringskanaal wat uit 'n enkelvoudige
                      maagstelsel bestaan, word as 'n … geklassifiseer.

                      A   herkouer
                      B   nie-herkouer
                      C   dikdermfermenteerder
                      D   herbivoor

         1.1.2        Die … is 'n meting van die proteïeninhoud van 'n voer wat gebruik
                      word om die geskiktheid daarvan vir produksie te bepaal.

                      A   voedingsverhouding
                      B   voginhoud
                      C   koëffisiënt van verteerbaarheid
                      D   totale verteerbare voedingstowwe

         1.1.3        'n Rantsoen bestaan uit twee voere (Voer A en Voer B) gemeng
                      om 'n totale verteerbareproteïen(VP)-inhoud van 15% te kry. Indien
                      40 kg van Voer A, met 'n VP-waarde van 9%, deel van hierdie
                      mengsel vorm, is die verteerbareproteïen(VP)-inhoud vir Voer B …

                      A   5%.
                      B   15%.
                      C   25%.
                      D   6%.

         1.1.4        Die verteringseindproduk wat opblaas by herkouers veroorsaak:

                      A   Asynsuur
                      B   Aminosuur
                      C   Glukose
                      D   Metaan

         1.1.5        Tydens hantering sal 'n skaap die beste reageer wanneer …

                      A   dit van ander skape in die kudde geskei word.
                      B   die skape bymekaar gehou word.
                      C   dit van donker na verligte areas verskuif word.
                      D   dit van warm omheinde areas na koue buitelugkampe verskuif
                          word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 4                                DBE/2016
                                                     SSE

         1.1.6        Die volgende sal tydens              koue    omgewingstoestande        in
                      diereproduksie plaasvind:

                      (i)      Voer word doeltreffend benut.
                      (ii)     Diere eet meer om liggaamstemperatuur in stand te hou.
                      (iii)    Skuiling word benodig om onnodige hitteverlies te voorkom.
                      (iv)     Hitteproduksie neem toe.

                      Kies die korrekte kombinasie:

                      A        (i), (ii) en (iv)
                      B        (ii), (iii) en (iv)
                      C        (i), (ii) en (iii)
                      D        (i), (iii) en (iv)

         1.1.7        Die toepaslikste voedingsmaatreël vir bere en droë sôe:

                      A       Beperk voer na gelang van behoefte.
                      B       Ad lib.
                      C       Voer een keer op 'n dag soveel as wat hulle wil hê.
                      D       Voer slegs wanneer voer beskikbaar is.

         1.1.8        'n Voorbeeld van 'n siekte wat slegs deur inenting beheer kan
                      word:

                      A       Mastitis
                      B       Melkkoors
                      C       Hondsdolheid
                      D       Omlope

         1.1.9        Die skrotum reguleer die temperatuur gedurende spermatogenese
                      deur …

                      A       saam te trek wanneer dit koud is en te verslap wanneer dit
                              warm is.
                      B       die testes af te trek wanneer dit koud is.
                      C       die testes te verslap wanneer die temperatuur laag is.
                      D       saam te trek wanneer die temperatuur hoog is.

         1.1.10       Vroulike diere skei … af wat help om manlike diere aan te trek.

                      A       kolostrum
                      B       hormone
                      C       semen
                      D       feromone                                               (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            5                                      DBE/2016
                                                SSE

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Slegs B.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
                     A:     Mineraallek               Verskaf minerale by 'n voerstasie wat
         1.2.1
                     B:     Kafeteriastyl             deur 'n rekenaarstelsel beheer word
                     A:     Drinkkleppe
                                                      Watertoevoer vir varke in 'n intensiewe
         1.2.2              Gerekenariseerde
                     B:                               produksiestelsel
                            trôe (voerbakke)
                     A:     Neusring met tou          Toerusting gebruik om 'n groot dier te
         1.2.3                                        laat stilstaan wanneer medisyne
                     B:     Halter met 'n tou
                                                      toegedien word
                     A:     Grondsooie                Gebruik in hokke om vog te absorbeer
         1.2.4
                     B:     Hooi en strooi            en koue sementvloere te isoleer
                     A:     FSH                       Hormoon deur die Graafse follikel
         1.2.5
                     B:     Oksitosien                geproduseer
                                                                                        (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1            Die bestanddeel in ureum wat tot vergiftiging kan lei as gevolg van
                          die hoë konsentrasievlakke

         1.3.2            'n Produksiestelsel waar varke op tradisionele wyse buite
                          aangehou word, hulle vrylik kan rondbeweeg, min aandag aan hul
                          gegee word en hulle afvalkos gevoer word

         1.3.3            Die onvermoë van 'n koei om die plasenta binne 12–24 uur na
                          kalwing uit te werp

         1.3.4            Die proses waarvolgens die manlike voortplantingselle gevorm
                          word

         1.3.5            Die proses om bevrugte ova van 'n meerderwaardige skenkerkoei
                          te verwyder                                            (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                       6                                    DBE/2016
                                           SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Wurmmiddels is voedingsaanvullings wat in 'n veld geplaas word
                      om bykomende voedingstowwe aan diere wat wei, te verskaf.

         1.4.2        Die chemiese stowwe wat deur 'n dier geproduseer word om
                      beskerming teen siekte te bied, word antibiotika genoem.

         1.4.3        Prolaktien is verantwoordelik vir die instandhouding          van
                      dragtigheid en die vlak daarvan daal gou na geboorte.

         1.4.4        Maserasie veroorsaak dat die fetus- en plasentavloeistowwe
                      geherabsorbeer word en dat geen sekondêre infeksie voorkom
                      nie.

         1.4.5        Die kunsvagina is die apparaat wat gebruik word om vroulike diere
                      fisies te insemineer.                                     (5 x 1)        (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        7                                    DBE/2016
                                            SSE

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van pluimvee.

                          B

                                            C
            A                                            D

                                                         E

         2.1.1        Identifiseer deel A, B en C in die diagram hierbo.                        (3)

         2.1.2        Skryf die letter (A–E) neer van die deel van                    die
                      spysverteringskanaal wat normaalweg klein klippies bevat.                 (1)

         2.1.3        Gee 'n rede vir die teenwoordigheid van die klein klippies in die
                      deel wat in VRAAG 2.1.2 aangedui is.                                      (1)

         2.1.4        Noem TWEE dele van die spysverteringskanaal van pluimvee wat
                      nie by skape aangetref sal word nie.                                      (2)

2.2      Die tabel hieronder toon die voersamestelling, voer ingeneem en voer
         uitgeskei deur 'n kalf wat 5 kg voer met 'n voginhoud van 15% gevreet het.

           VOERSAMESTELLING              VOERINNAME (%)          VOER UITGESKEI (%)
          Vog                                  7,7                       3,8
          Ruproteïen                           5,0                       3,0
          Ruvesel                              78                        72
          Minerale                             4,0                       2,2

         2.2.1        Identifiseer die voerkomponent met die laagste absorpsiekoers in
                      die liggaam van die kalf.                                                 (1)

         2.2.2        Motiveer die antwoord op VRAAG 2.2.1 deur TWEE redes te gee.              (2)

         2.2.3        Gee EEN rede, uit die tabel, waarom die voer hierbo nie vir
                      melkproduserende koeie aanbeveel kan word nie.                            (1)

         2.2.4        Bereken die droë materiaal van die voer in kg.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        8                                     DBE/2016
                                            SSE

2.3            PRODUK                    RUPROTEÏEN (%)            PRYS PER TON (R)
          Mieliemeel                          11                        3 210
          Sojaboonmeel                        44                        4 576

         'n Rantsoen met 'n ruproteïeninhoud van 13% word in 'n produksie-
         onderneming benodig. Die Pearson-vierkantmetode is gebruik om hierdie
         rantsoen te balanseer, soos hieronder geïllustreer.

         Mieliemeel 11%                              Mieliemeel 31 dele

                                         13%

         Sojaboonmeel 44%                            Sojaboonmeel 2 dele

         2.3.1        Bereken die persentasie:

                      (a)   Mieliemeel in die rantsoen hierbo                                    (2)

                      (b)   Sojaboonmeel in die rantsoen hierbo                                  (2)

         2.3.2        Bereken die koste van sojaboonmeel indien 285 kg rantsoen
                      gemeng word.                                                               (3)

2.4      Die tabel hieronder toon die biologiese waarde (BW) van verskillende voere
         wat groeiende varkies gevoer word.

                       TIPES VOER                BIOLOGIESE WAARDE (BW)
                          Vismeel                          90
                       Sojaboonmeel                        70
                           Koring                          60
                     Grondboontjiemeel                     75
                        Mieliemeel                         55
                         Beenmeel                          78

         2.4.1        Verduidelik die konsep biologiese waarde.                                  (2)

         2.4.2        Dui die verwantskap tussen die biologiese waarde en die kwaliteit
                      van 'n voer aan.                                                           (2)

         2.4.3        Identifiseer die voer met die laagste biologiese waarde in die tabel
                      hierbo.                                                                    (1)

         2.4.4        Bepaal die geskiktheid van die voer wat in VRAAG 2.4.3
                      geïdentifiseer is vir diereproduksie.                                      (1)

         2.4.5        Verduidelik waarom dit belangrik is om varke 'n voer met 'n hoë
                      biologiese waarde te gee.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         9                                       DBE/2016
                                             SSE

2.5         Die tabel hieronder toon die voergewasse wat deel van 'n boer se
            voervloeibeplanning vorm.

       NR.           VOER           Ha      DM      TOTALE           KOSTE         TOTALE
                                          (t/Ha)   PRODUKSIE         (R/Ha)        KOSTE
                                                     (t/jaar)                        (R)
       1.      Kikoejoe (weiding)    25    10           …                680          17 000
       2.      Raaigras (hooi)       20    15          300                …           31 160
       3.      Swenkgras (hooi)      15    …           210             1 130          16 950
       4.      Mielie (kuilvoer)     …     10          100             1 055          10 550
                         TOTAAL      68                860                            75 660

            2.5.1    Gebruik die data hierbo om die volgende te bereken:

                     (a)   Hoeveelheid Swenkgras (DM t/Ha)                                          (2)

                     (b)   Getal hektaar mielies (vir kuilvoer) aangeplant                          (2)

            2.5.2    Identifiseer die voergewas, in die data hierbo, wat benut kan
                     word as:

                     (a)   Somerweiding                                                             (1)

                     (b)   'n Sappige voer in die winter                                            (1)

                     (c)   Die mees ekonomiese hooi                                                 (1)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         10                                      DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die skematiese voorstelling hieronder stel die gedrag van 'n plaasdier voor.

         3.1.1        Noem die areas wat deur C en D aangedui word.                                 (2)

         3.1.2        Waar moet die hanteerder van 'n dier staan om veilig te wees?
                      Gee EEN rede vir die antwoord.                                                (2)

         3.1.3        Maak 'n lys van DRIE riglyne wat belangrik is wanneer beeste
                      hanteer word.                                                                 (3)

3.2      Boer A bedryf 'n hoogs intensiewe melkeenheid met 400 koeie en
         2 melkstalle met 6 masjiene elk. Die koeie lewer 10 000 ℓ melk per dag wat
         aan 'n groot prosesseringsfabriek in die stad gestuur word. Die koeie
         produseer ook 1 440 ton mis per jaar.
         Boer B het 4 koeie wat saam 20 ℓ melk per dag lewer. Die boer het 'n gesin
         van 15 lede en 7 honde. Die 4 koeie wei bedags langs die pad. Die mis wat in
         die kraal waar hul oornag versamel word, word as bemesting in die tuin
         gebruik.

         3.2.1        Identifiseer, in die scenario hierbo, die boerderystelsel bedryf deur:

                      (a)    Boer A                                                                 (1)

                      (b)    Boer B                                                                 (1)

         3.2.2        Motiveer die antwoord op VRAAG 3.2.1.                                         (2)

         3.2.3        Watter boer dra die meeste tot omgewingsagteruitgang by?                      (1)

         3.2.4        Motiveer die antwoord op VRAAG 3.2.3 deur TWEE van die
                      gevolge vir die omgewing te noem.                                             (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            11                                        DBE/2016
                                                SSE

3.3      Die foto hieronder toon 'n apparaat wat in die produksieproses van skape as
         'n bestuurspraktyk gebruik word.

         3.3.1           Identifiseer die apparaat in die foto hierbo.                                   (1)

         3.3.2           Noem die funksie van hierdie apparaat in skaapproduksie.                        (1)

         3.3.3           Gee TWEE redes waarom skaapboere hierdie apparaat bo ander
                         apparate verkies.                                                               (2)

         3.3.4           Op watter ouderdom moet hierdie proses onder intensiewe
                         produksietoestande op lammers uitgevoer word? Gee 'n rede om
                         die antwoord te motiveer.                                                       (2)

         3.3.5           Noem EEN ander apparaat wat vir dieselfde doel gebruik kan word
                         as die een wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is.                                (1)

 3.4          SIEKTE                ORGANISME:                  SIMPTOME               TIPE DIER
                                  BAKTERIE, VIRUS,
                                    PROTOSOÖN
                                    OF FUNGUS
             Mastitis                    A                 Ontsteking in die uier      Plaasdiere
          Slenkdalkoors                Virus                Hoë aborsiekoers               B
            Rooiwater                    C                 Koors, bloedarmoede           Beeste
                                                                 en dood
                     D                   Fungus                Vorm 'n kors             Wolskape
                                                                op die vel

         3.4.1           Voltooi die tabel hierbo deur die ontbrekende inligting vir A, B, C
                         en D neer te skryf.                                                             (4)

         3.4.2           Identifiseer 'n siekte in die tabel wat slegs melkkoeie affekteer.              (1)

         3.4.3           Stel 'n bestuurspraktyk voor wat gebruik kan word om rooiwater te
                         voorkom.                                                                        (1)

         3.4.4           Noem die plaasdier wat die vatbaarste vir mastitis is.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        12                                    DBE/2016
                                            SSE

3.5      Lantana camara en Dichepetalum cymosum of gifblaar is twee van die
         algemeenste en belangrikste hepatotoksiese plante vir plaasdiere.

         3.5.1        Gee 'n algemene naam/frase wat gebruik word om plante in die
                      scenario hierbo te beskryf.                                               (1)

         3.5.2        Noem die plaasdier wat hoofsaaklik deur gifblaar geaffekteer word.        (1)

         3.5.3        Gee TWEE voorbeelde van ander plante in hierdie kategorie.                (2)

         3.5.4        Gee voorbeelde van TWEE tipes skape wat die meeste vir hierdie
                      tipes plante vatbaar is.                                                  (2)

         3.5.5        Noem die wit korrelagtige anorganiese stof wat as 'n
                      proteïenaanvulling aan herkouers gevoer word, wat dieselfde effek
                      as die plante hierbo genoem het indien dit in oormaat gevoer word.        (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         13                                     DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder stel die reproduksieorgane van 'n bul voor.

         4.1.1        Skryf die letter (A–E) neer wat die deel voorstel waar die volgende
                      plaasvind:

                      (a)    'n Algemene uitskeidingskanaal vir urine en semen                     (1)

                      (b)    Produseer die manlike geslagshormoon                                  (1)

                      (c)    Skei die vloeistof af wat as 'n energiebron vir spermselle
                             dien                                                                  (1)

         4.1.2        Die bul kan steriel wees as gevolg van aangebore defekte in
                      deel D. Noem TWEE van hierdie defekte.                                       (2)

         4.1.3        Noem TWEE funksies van die hormoon wat deur deel D afgeskei
                      word.                                                                        (2)

4.2      'n Boer kan tyd en arbeidskoste bespaar deur al sy koeie op ongeveer
         dieselfde tyd op hitte te bring.

         4.2.1        Identifiseer die proses in die scenario hierbo.                              (1)

         4.2.2        Noem EEN hormoon wat              die   proses    in   VRAAG     4.2.1
                      geïdentifiseer, sal veroorsaak.                                              (1)

         4.2.3        Noem TWEE finansiële implikasies van die proses wat in
                      VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            14                                DBE/2016
                                                SSE

4.3      Herrangskik, in volgorde, die volgende stellings (A–E) wat verband hou met
         die stadia van paring. Skryf slegs die letter van die stelling neer.

         A            Penetrasie van die vagina.                                                 (1)

         B            Manlike dier spring af.                                                    (1)

         C            Bul toon belangstelling in koeie as gevolg van verhoogde
                      feromoonvlak.                                                              (1)

         D            Manlike dier staan op sy agterpote met sy bors op die vroulike dier
                      se kruis.                                                                  (1)

         E            Bul stel sperms vry.                                                       (1)

4.4      Plaasdiere sukkel dikwels om geboorte te gee.

         4.4.1        Skryf die toepaslike wetenskaplike term neer wat moeite om
                      geboorte te gee, beskryf.                                                  (1)

         4.4.2        Noem DRIE toestande wat met normale geboorte kan inmeng.                   (3)

         4.4.3        Noem die inheemse smeermiddel wat telers gebruik om koeie met
                      die geboorte van kalwers te help.                                          (1)

4.5      Die tabel hieronder toon die persentasie (%) vet, proteïen en laktose in die
         melk van melkkoeie gedurende sekere weke van die jaar.

                      WEKE         VET (%)        PROTEÏEN (%)   LAKTOSE (%)
                        5            4,0              3,0            5,0
                       10            4,1              3,2            4,9
                       15            4,2              3,5            4,8
                       20            4,3              3,6            4,8
                       25            4,4              3,7            4,6
                       30            4,5              3,8            4,4
                       35            4,1              4,0            4,3
                       40            4,5              4,1            4,2
                       45            4,6              4,2            4,1

         4.5.1        Teken 'n lyngrafiek om die persentasie vet en laktose in sekere
                      weke van die jaar voor te stel.                                            (6)

         4.5.2        Wat is die tendens wat deur die proteïeninhoud van melk getoon
                      word?                                                                      (2)

         4.5.3        Noem TWEE ander bestanddele van die eerste melk wat direk na
                      geboorte geproduseer word, behalwe dié in die tabel genoem.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                  15                                 DBE/2016
                                      SSE

         Sodra semen versamel is, moet dit so gou as moontlik verwerk word.
         Gedurende hierdie verwerkingsproses word semen met verskillende
         bestanddele verdun om dit vir kunsmatige inseminasie later te bewaar.

        4.6.1    Noem TWEE bestanddele wat normaalweg as verdunningsmiddels
                 van semen gebruik word.                                             (2)

        4.6.2    Noem TWEE funksies van       die   verdunningsmiddels   wat   in
                 VRAAG 4.6.1 genoem word.                                            (2)
                                                                                     [35]

                                                         TOTAAL AFDELING B:          105
                                                             GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2016-memo-afr/fdc72901-caec-4a01-9d4d-e2f1f5991b2d) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [AGRS P1 S12 2016 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-eng/b786fba1-80ec-468a-9151-c135e2046c84) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Eng
- [AGRS P1 S12 2016 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-afr/57e303a6-87eb-439f-bd05-26288047bee1) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
