# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2017-afr/a8b64e32-eda6-43e5-b1aa-1d45bb444c83
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2017-afr/a8b64e32-eda6-43e5-b1aa-1d45bb444c83)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                           2017

                                                                    TOTAAL: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                                    DBE/2017
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules insluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              3                                DBE/2017
                                                  SSE

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
         VOORBEELD:
          1.1.11         A               B         C              D

         1.1.1       Die afbreek van voedsel in kleiner dele deur die kouproses:
                     A    Chemiese vertering
                     B    Biologiese vertering
                     C    Fisiese vertering
                     D    Metaboliese vertering
         1.1.2       Oplosbare koolhidrate, soos stysel en suiker, is 'n aanduiding van …
                     A    stikstofvrye ekstrak.
                     B    ruproteїen.
                     C    eterekstrak.
                     D    ruvesel.
         1.1.3       Die diagram hieronder verteenwoordig die proses wat help met die
                     vertering van voedsel. Tydens hierdie proses gebeur die volgende:

                                                        Voedsel
                                 Spiere
                               trek saam

                               Spiere
                               verslap

                     (i) Die spier bokant die bolus trek saam om die voedsel afwaarts
                           te druk.
                     (ii) Die spier onder die bolus ontspan om die voedsel opwaarts
                           te druk.
                     (iii) Indien die tempo van die proses afneem, sal die voedsel stadig
                           beweeg en hardlywigheid veroorsaak.
                     (iv) Die spier onder die bolus ontspan om die voedsel afwaarts
                           te laat beweeg.
                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                   A      (ii), (iii), en (iv)
                   B      (i), (iii) en (iv)
                   C      (i), (ii) en (iv)
                   D      (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                4                             DBE/2017
                                                    SSE

         1.1.4        Die hoeveelheid voer (kg) wat deur EEN dier per dag benodig
                      word, word as die … beskou.

                      A       voervloei-eenheid
                      B       voeromsettingsverhouding
                      C       voerformuleringstempo
                      D       voereenheid

         1.1.5        Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
                      die hantering van groot diere, soos beeste?

                      A       Skree op diere sodat hul vorentoe kan beweeg.
                      B       Gebruik flappende voorwerpe om plaasdiere te laat beweeg.
                      C       Laat diere in die rigting van 'n staande hanteerder aan die
                              einde van die drukgang beweeg.
                      D       Moet nie diere van agter nader nie.

         1.1.6        'n …-inspuiting word in die uierkanaal toegedien om mastitis
                      te behandel.

                      A       Intrauterien
                      B       Tussenuier
                      C       Onderhuidse
                      D       Binneaarse

         1.1.7        Die volgende moet oorweeg word wanneer behuising vir varke
                      ontwerp word:

                      (i)     Maklike toegang tot watersproeiers vir afkoeling
                      (ii)    Behuising van geskikte grootte om oorbevolking te vermy
                      (iii)   Gebou moet teen 'n effense helling opgerig word om
                              voorsiening te maak vir dreinering en die wegdoen van mis
                      (iv)    Gebou moet op 'n plat oppervlak opgerig word

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iii)
                      D       (i), (ii) en (iv)

          1.1.8       Inenting van plaasdiere help om siektes …

                      A       uit te roei.
                      B       te behandel.
                      C       te voorkom.
                      D       te verleng.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              5                                    DBE/2017
                                                  SSE

         1.1.9            EEN van die volgende stellings is NIE 'n nadeel van kunsmatige
                          inseminasie NIE:
                          A     Semen van meerderwaardige bulle word gebruik.
                          B     Ongewenste eienskappe word na die nageslag oorgedra.
                          C     Toets, stoor van semen en inseminasie is duur.
                          D     Hitteopsporing is moeilik onder ekstensiewe boerdery-
                                toestande.
         1.1.10       'n Sigbare teken dat 'n koei op die punt staan om geboorte te skenk:
                          A     Spring op ander koeie.
                          B     Vreet konsentrate.
                          C     Bly by die ander koeie.
                          D     Urineer en mis gereeld.                                (10 x 2)       (20)
1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassings is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Slegs B.
                          KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       A:    Saamgestelde            Hierdie tipe maag by plaasdiere is geskik
                     B:    Enkel                   vir aanvulling met nie-proteïenstikstof
         1.2.2       A:    Selenium                Verantwoordelik vir die vergroting van
                     B:    Kobalt                  die skildklier
         1.2.3       A:    Endemiese siekte        'n Siekte wat volgens wet gerapporteer
                     B:    Aanmeldbare siekte      moet word indien dit waargeneem word
         1.2.4       A:    Hooi en strooi          Gebruik in hokke om vog te absorbeer en
                     B:    Gras en saagsels        koue sementvloere te isoleer
         1.2.5       A: Pedometer                  'n Hitteopspoorder wat om 'n koei se been
                                                   geplaas word om haar beweging waar te
                     B: Kamarwaarnemer             neem en te registreer
                                                                                       (5 x 2)        (10)
1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.
         1.3.1            Die verwydering van gasse uit die rumen deur die slukderm om
                          opgeblaasheid te voorkom
         1.3.2            'n Fasiliteit wat spesiaal ontwerp is om 'n moedersog te huisves
                          sodat sy op haar sy kan lȇ en haar varkies voed
         1.3.3            Die periode van melkproduksie in melkkoeie vanaf kalwing tot en
                          met opdroog
         1.3.4            Uitspoel van bevrugte ova met gebruik van gespesialiseerde
                          toerusting
         1.3.5            Die volume spermselle in een milliliter ejakulaat             (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                                   DBE/2017
                                             SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        'n Kruipvoer is 'n rantsoen met 'n hoë energiewaarde wat aan
                      plaasdiere gegee word vir vinnige groei en gewigstoename ter
                      voorbereiding vir die mark.

         1.4.2        Die laagste kritieke temperatuur is die geskikste temperatuur vir
                      plaasdiere om te produseer.

         1.4.3        Die hormoon verantwoordelik vir die vrystelling van melk uit die
                      uier, word insulien genoem.

         1.4.4        Enkel geboortes kom voor wanneer meer as een nakomeling uit
                      'n enkele dragtigheid gebore word.

         1.4.5        Retensie is die proses waartydens die blastosist aan die wand van
                      die baarmoeder vasheg.                                     (5 x 1)        (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         7                                    DBE/2017
                                             SSE

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringkanaal van
         pluimvee.

                     A

                     B
                                                                             D
                     C

                                                                            E

         2.1.1        Identifiseer die letters (A–E) van TWEE dele wat bykliere in die
                      diagram hierbo voorstel.                                                   (2)

         2.1.2        Noem die funksies van deel B en C.                                         (2)

         2.1.3        Gebruik die diagram hierbo en bepaal die strukturele verskil tussen
                      die dikderm van pluimvee en dié van beeste.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            8                               DBE/2017
                                                SSE

2.2      Die diagram hieronder is 'n skematiese voorstelling van die energie-
         verspreiding in 'n diereliggaam.

                 BE                   VE                 A               NE

                     Energieverlies        Energieverlies deur    C
                        deur B                  urine en
                                             gistingsgasse

         2.2.1        Identifiseer A, B en C.                                                  (3)

         2.2.2        Waarvoor staan VE?                                                       (1)

         2.2.3        Noem DRIE belangrike gebruike van netto energie deur plaasdiere.         (3)

2.3      Die tabel hieronder gee inligting oor 'n rantsoen vir skape.

                 VOERKOMPONENT                    SAMESTELLING
                                                      (%)
            Mieliemeel                                 35
            Lusernhooi                                 45
            Kalsiumfosfaat                             5
            Sout                                       2
            Ureum                                      13

         2.3.1        Identifiseer die voerkomponent wat die volgende aan skape
                      verskaf:

                      (a)   Natuurlike proteїen

                      (b)   Energie

                      (c)   'n Goedkoop proteїenaanvulling                                     (3)

         2.3.2        Bereken die totale hoeveelheid minerale (in persentasie) wat die
                      rantsoen hierbo aan 'n plaasdier kan verskaf.                            (3)

         2.3.3        Gee 'n rede waarom sout by lekke ingesluit word.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                         9                                       DBE/2017
                                                             SSE

2.4      Die tabel hieronder toon die samestelling van twee voere.

               KOMPONENT                                       VOER A                     VOER B
         Verteerbare proteїen (VP)                               8%                        12%
         Koolhidrate                                            50%                        40%
         Vette                                                  22%                         5%
         TVV                                                      –                        57%
         VV                                                       –                        1:4

         2.4.1                      Gebruik 'n formule om die voedingsverhouding (VV) van VOER A
                                    te bereken.                                                                     (3)

         2.4.2                      Identifiseer die VOER (A of B) wat die geskikste is vir die vetmaak
                                    van beeste.                                                                     (1)

         2.4.3                      Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2.                                    (1)

         2.4.4                      Onderskei tussen 'n nou en 'n wye voedingsverhouding.                           (2)

2.5      Die grafiek hieronder verteenwoordig die produksie van lusern in kg DM/Ha
         vir 'n tydperk van een jaar.

                                                       Die produksie van lusern
                                                       vir 'n tydperk van een jaar

          Hoeveelheid (kg DM/Ha)

                                     Jan   Feb Maart April   Mei Junie Julie Aug   Sep   Okt    Nov Des

                                                             Maande van die jaar

         2.5.1                      Identifiseer die maande met die laagste               lusernproduksie
                                    gedurende die jaar in die grafiek hierbo.                                       (2)

         2.5.2                      Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.1.                                    (1)

         2.5.3                      Stel TWEE maatreëls voor wat 'n boer kan tref om die lae
                                    produksie wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, te oorbrug.                     (2)

         2.5.4                      Bereken die lusernproduksie vanaf Augustus tot Desember in ton.                 (3)
                                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         10                                  DBE/2017
                                             SSE

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      'n Boer moet speenkalwers en koeie na die mark vervoer. Die bakkie is te
         klein om almal gelyk te vervoer. Die boer kan 'n kontrakteur huur of die diere
         kan padlangs tot by die mark aangejaag word.

         3.1.1        Maak 'n lys van DRIE basiese riglyne vir voertuie wat plaasdiere
                      vervoer.                                                                  (3)
         3.1.2        Noem TWEE belangrike aspekte om in gedagte te hou wanneer
                      plaasdiere op openbare paaie aangejaag word.                              (2)
         3.1.3        Dui TWEE riglyne aan om in gedagte te hou wanneer koeie met
                      kalwers van een kamp na 'n volgende op die plaas verskuif word.           (2)
 3.2     Die diagram hieronder illustreer 'n fasiliteit wat in 'n diereproduksiestelsel
         gebruik word.

                                                   B

                         A

         3.2.1        Gee die rede waarom die fasiliteit in struktuur A en B hierbo,
                      gebruik word om plaasdiere te hanteer.                                    (2)
         3.2.2        Dui TWEE basiese ontwerpkenmerke van hanteringsfasiliteit A
                      hierbo aan.                                                               (2)
         3.2.3        Dui DRIE gevolge van die verkeerde hantering van skape aan.               (3)
3.3      Die tabel hieronder verteenwoordig besoeke deur varke aan voer- en
         waterbakke teen verskillende temperature.
             BESOEKE AAN             BESOEKE AAN            TEMPERATUUR
             WATERBAKKE               VOERBAKKE                 (°C)
                  1                       10                      5
                  2                        8                     10
                  4                        7                     15
                  5                        6                     20
                  7                        4                     25
                 10                        3                     30
                 12                        2                     35
                 15                        1                     40

         3.3.1        Teken 'n staafgrafiek wat die getal besoeke aan voer- en
                      waterbakke teen verskillende temperature toon.                            (6)
         3.3.2        Dui die tendens aan in die grafiek in VRAAG 3.3.1.                        (2)
         3.3.3        Stel 'n maatreël voor wat die boer kan tref om die gevolge van
                      wisselende temperature te verminder.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          11                                   DBE/2017
                                              SSE

3.4      Die prentjie hieronder verteenwoordig die lewensiklus van 'n inwendige
         parasiet in plaasdiere. Die parasiet benodig 'n sekondêre gasheer om sy
         lewensiklus te voltooi.

         3.4.1        Klassifiseer die parasiet hierbo voorgestel volgens die lewensiklus
                      daarvan.                                                                    (1)

         3.4.2        Identifiseer die TWEE gashere wat hierdie parasiet benodig om sy
                      lewensiklus te voltooi.                                                     (2)

         3.4.3        Noem DRIE simptome wat deur 'n besmetting van hierdie parasiet
                      veroorsaak word.                                                            (3)

3.5      Vee-eienaars moet weet watter uitwendige parasiete algemeen in hulle eie
         streke voorkom. Hulle moet kennis dra van die bestuurspraktyke om die
         verspreiding van hierdie parasiete te beheer asook die ernstige gevolge
         daarvan. Party van die bestuurspraktyke wat deur hierdie vee-eienaars
         gebruik word, is:

         (a)     Die aanhou van voëls en pluimvee om die krale en waterpunte
         (b)     Los 'n paar bosluise op diere tussen dipsessies
         (c)     Verander die aanteelvee van uitheems na inheems

         3.5.1        Identifiseer die bestuurspraktyke wat deur vee-eienaars in (a), (b)
                      en (c) hierbo gebruik word.                                                 (3)

         3.5.2        Dui DRIE ekonomiese gevolge van hierdie parasiete aan.                      (3)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                                    DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die reproduksiekanaal van 'n bul.

              A

                                                                                         G
              B

              C

              D

              E

              F

         4.1.1        Identifiseer deel A en B.                                                 (2)

         4.1.2        Noem EEN funksie van deel G.                                              (1)

         4.1.3        Dui die rol van die hormoon aan wat in deel E afgeskei word.              (1)

         4.1.4        Gee 'n rede waarom deel F buite die liggaam van die bul geleë is.         (1)

         4.1.5        Noem die proses waartydens deel E by jong bulletjies verwyder
                      word.                                                                     (1)

4.2      Alhoewel bulle semen produseer en gesond en normaal voorkom, kan die
         koei nie 'n nageslag voortbring nie.

         4.2.1        Gee 'n term wat na die toestand hierbo verwys.                            (1)

         4.2.2        Dui DRIE oorsake van die toestand aan waarna in VRAAG 4.2.1
                      verwys word.                                                              (3)

         4.2.3        Noem DRIE eienskappe van goeie gehalte semen wat onder
                      'n mikroskoop waargeneem kan word.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          13                                    DBE/2017
                                              SSE

4.3      Die sukses van enige inseminasieproses hang, onder meer, van die gebruik
         van skoon semen af. Vee-eienaars moet proaktief optree en die nodige
         stappe doen om die oordra van siektes by bulle en ramme te voorkom.
         Hierdie siektes kan ernstige gevolge inhou, soos die verlies van die hele
         kudde, indien dit nie beheer word nie.

         4.3.1        Noem EEN metode wat deur vee-eienaars gebruik kan word om
                      die teenwoordigheid van siektes in semen op te spoor.                       (1)
         4.3.2        Noem TWEE vereistes van suksesvolle kunsmatige inseminasie.                 (2)
         4.3.3        Toerusting wat tydens die proses van kunsmatige inseminasie
                      gebruik word, is hieronder beskryf. Gee die naam van ELKEEN:
                      (a)   'n Rektumstif met 'n aantal lineêr gestreepte elektrodes wat
                            aan 'n reëlbare stroom en spanningsbron gekoppel is                   (1)
                      (b)   'n Houer om semen vir etlike jare teen -196 °C te bêre                (1)
                      (c)   Polivinieltoerusting wat semen bevat en waarin dit geberg
                            word                                                                  (1)
         4.3.4        Stel TWEE nadele van kunsmatige inseminasie in teenstelling met
                      natuurlike paring voor.                                                     (2)

 4.4     Die skematiese voorstelling hieronder stel 'n reproduksieproses voor.

                            Sigoot            B                Fetus              Lam

                 A

         4.4.1       Identifiseer A en B.                                                         (2)
         4.4.2       Noem die gedeelte in die reproduksiekanaal van 'n vroulike dier
                     waar die volgende aangetref word:
                      (a)   Fetus                                                                 (1)
                      (b)   Sigoot                                                                (1)
                      (c)   Corpus luteum                                                         (1)
         4.4.3       Dragtigheid kan tydens stadium B beëindig word, voor die einde
                     van die normale dragtigheidstydperk.
                      (a)   Gee 'n term wat gebruik word om die beëindiging van
                            dragtigheid in plaasdiere aan te dui.                                 (1)
                      (b)   Noem EEN oorsaak van            die   probleem    waarna      in
                            VRAAG 4.4.3(a) verwys is.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                       14                                   DBE/2017
                                           SSE

4.5      Die diagram hieronder verteenwoordig embrio-oorplanting (EO).

                                                            Foley-kateter in
                                      Epidurale              baarmoeder
                                      verdowing

          Spoel-
          middel

                                             Serviks

                      Lug-
                     toevoer

         4.5.1 Identifiseer die tipe koei waar die prosedure hierbo gevolg sal word.   (1)

         4.5.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 4.5.1.                                   (1)

         4.5.3 Definieer die term ontvangerkoei.                                       (2)

         4.5.4 Noem TWEE nadele van embrio-oorplanting.                                (2)

         4.5.5 Gee die hoofrede vir embrio-oorplanting.                                (1)
                                                                                       [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          105
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2017-afr/0646fbde-1a69-42a2-9a2a-97025d79b2d7) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2017-memo-afr/583168f6-26d9-4ad4-a1fd-cdcd69b20035) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
