# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                        2018

                                                                   PUNTE: 150

                                                                   TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                                  DBE/2018
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           3                                   DBE/2018
                                               SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         1.1.1        'n Voedingsbenadering waar plaasdiere onbeperkte toegang tot
                      rantsoene, ruvoer en lekke het:

                      A     Vitamienverskaffing
                      B     Ad lib
                      C     Natuurlike weiding
                      D     Aanvulling

         1.1.2        Die eindprodukte van koolhidraatvertering deur mikro-organismes
                      in die rumen:

                      A     Aminosure
                      B     Vlugtige vetsure
                      C     Ammoniak
                      D     Peptiede

         1.1.3        Die term wat die hoeveelheid voer wat vir onderhoud en groei
                      geabsorbeer word, beskryf:

                      A     Droë materiaal
                      B     Voedingsverhouding
                      C     Voerverteerbaarheid
                      D     Voersmaaklikheid

         1.1.4        Die energiewaarde van 'n voer wat bereken word deur die energie
                      wat deur mis, urine en gasse verlore gaan, van die bruto energie
                      af te trek:

                      A     Netto energie
                      B     Verteerbare energie
                      C     Metaboliese energie
                      D     Kinetiese energie

         1.1.5        Die volgende stel die lewensiklus van die bontbosluis voor:

                      A     Larwe, nimf en volwassene word op verskillende gashere
                            aangetref.
                      B     Larwe en nimf word op een gasheer aangetref.
                      C     Larwe word op een gasheer aangetref en nimf op 'n ander
                            gasheer.
                      D     Larwe en nimf word op een gasheer aangetref en die
                            volwassene op 'n ander gasheer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                4                              DBE/2018
                                                    SSE

         1.1.6        Kies EEN beskrywing van oor die vlugsone van 'n dier wat
                      KORREK is:

                      A       'n Punt waar die hanteerder beweging sal inisieer
                      B       'n Area wat 'n dier nie kan sien sonder om sy kop te draai
                              nie
                      C       Die ruimte rondom die dier waar hy veilig voel
                      D       'n Area waar die dier bedreig voel

         1.1.7        Varke toon die volgende gedrag wanneer hulle gestres is:

                      A       Eet gulsig
                      B       Lê kalm
                      C       Rol in water rond
                      D       Byt hulle sterte

         1.1.8        Skape se sterte word afgesit om …

                      A       diere vir landbouskoue gereed te kry.
                      B       wol- en vleiskwaliteit direk te verbeter.
                      C       hulle voeromsettingskoers te verbeter.
                      D       brommerbesmetting te voorkom.

         1.1.9        Die volgende gebeur tydens die proses van spermatogenese:

                      (i)     Spermatogonia verdeel tydens mitose en vorm primêre
                              spermatosiete.
                      (ii)    Sekondêre spermatosiete verdeel tydens meiose 1 om
                              spermatosoë te vorm.
                      (iii)   Primêre spermatosiete verdeel tydens meiose 1 om twee
                              sekondêre spermatosiete te vorm.
                      (iv)    Spermatiede ondergaan morfologiese veranderinge om
                              spermatosoë te vorm.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iii)
                      D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.10       Die estrusstadium by koeie waartydens daar vinnige ontwikkeling
                      van die follikels is:

                      A       Met-estrus
                      B       Pro-estrus
                      C       Estrus
                      D       Di-estrus                                          (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          5                                     DBE/2018
                                              SSE

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
         op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
         in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
         die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Slegs B.

         KOLOM A                                    KOLOM B
               A: Abomasum
         1.2.1                                      Afskeiding van maagsappe
               B: Proventrikulus
               A: VV van 1 : 7
         1.2.2                                      Voer geskik vir produserende ooie
               B: VV van 1 : 10
               A: Dosering                          Geskikte metode om uitwendige
         1.2.3
               B: Dip                               parasiete te beheer
               A: Marmering                         Die verstywing van spiere in die
         1.2.4                                      liggaam van 'n dier onmiddellik na
               B: Rigor mortis                      slagting
                 A: Herhaalkoeisindroom             'n Koei wat drie of meer keer moet
         1.2.5
                 B: Kween                           paar voordat sy bevrug is
                                                                                     (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Plan vir veeboere om te verseker dat daar deurlopend genoeg
                      voer op die plaas is om in die behoeftes van diere te voorsien

         1.3.2        'n Bakteriese siekte wat die melkkliere aantas

         1.3.3        Die toestand waar die testes van manlike diere in die abdominale
                      holte agterbly

         1.3.4        Die primêre kiemlaag rondom die embrio waaruit die hart, skelet en
                      urogenitale sisteem ontwikkel

         1.3.5        Die geel liggaam wat in die leë spasie van die follikel na ovulasie
                      gevorm word, wat progesteroon afskei                        (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                                    DBE/2018
                                             SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Die hoeveelheid vet en vetoplosbare bestanddele in 'n voer staan
                      as die stikstofekstrak bekend.

         1.4.2        Slenkdalkoors is 'n virussiekte wat blaasagtige letsels op die tong
                      en lippe van diere veroorsaak.

         1.4.3        Die binneste laag van die uterus word die myometrium genoem.

         1.4.4        Dragtigheid verwys na 'n verlengde en moeilike kalwing waar hulp
                      dikwels benodig word.

         1.4.5        Die chorion vervoer suurstof en voedingstowwe vanaf die moeder
                      se bloed na die fetus.                                  (5 x 1)            (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         7                                    DBE/2018
                                             SSE

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n
         plaasdier.

                                 A           B                   C

            F

                                                                     D

           Pankreas
                                                                     E

         2.1.1        Benoem deel A, D en F.                                                     (3)

         2.1.2        Gee die belangrikheid van deel B en E in die vertering van voer.           (2)

         2.1.3        Definieer die konsep chemiese vertering.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              8                                    DBE/2018
                                                  SSE

2.2      Die vloeidiagram hieronder toon verskillende prosesse wat by die beweging
         van voedsel deur die spysverteringskanaal van plaasdiere betrokke is.

                     A                            B                            C
                Voer word                   Voermolekules            Oplosbare voerdeeltjies
              deur die mond                 word afgebreek              beweeg deur die
                ingeneem                                           dundermwand in die bloed in

                          E                                               D
                 Onverteerde voer                                 Opgeloste voedseldeeltjies
                    word deur die                                 word deur die liggaamselle
                 liggaam uitgeskei                                       opgeneem

         2.2.1           Noem prosesse C, D en E.                                                     (3)

         2.2.2           Pas die beskrywings hieronder by die prosesse in die vloeidiagram
                         hierbo. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
                         (2.2.1(a) en 2.2.1(b)) neer.
                         (a)   Vingeragtige uitsteeksels     vergroot   die   oppervlakte      vir
                               voedingstofinname                                                      (1)

                         (b)   Ensiemvertering plaasvind                                              (1)
         2.2.3           Noem die ensiem in nie-herkouers verantwoordelik vir die vertering
                         van voer in A.                                                               (1)
2.3      Twee voere word in die volgende verhoudings gemeng om 'n gebalanseerde
         rantsoen te verkry om in die proteïenbehoeftes van produserende ooie
         te voorsien:
                                  11%                        31 dele

                                                 13%

                                  44%                        2 dele

         2.3.1           Dui die dele aan wat die volgende verteenwoordig:
                         (a)   Mieliemeel                                                             (1)
                         (b)   Sojabone                                                               (1)
         2.3.2           Regverdig die antwoorde op VRAAG 2.3.1(a) en 2.3.1(b).                       (2)
         2.3.3           Bereken die hoeveelheid mieliemeel (in kg) wat nodig is om 285 kg
                         van die mengsel te maak.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                     9                                        DBE/2018
                                                         SSE

2.4      'n Melkboer hou 100 koeie op weiding aan wat 'n totaal van 450 000 kg voer
         gedurende die reënseisoen en 216 000 kg in die droë seisoen lewer.
         Die koeie moet in die droë seisoen kalf om parasietbesmetting te voorkom.
         Die gemiddelde dier se behoefte is 360 000 kg gedurende die reënseisoen en
         dit verhoog na 390 000 kg in die droë seisoen as gevolg van dragtigheid en
         laktasie. Aanvullende voeding tydens die droë seisoen beloop 'n totaal van
         R756 000.

         2.4.1                 Bereken die totale voervoorsiening vir die jaar (in ton).                        (3)
         2.4.2                 Identifiseer TWEE probleme van hierdie voervloeiprogram.                         (2)
         2.4.3                 Stel EEN toepaslike voorkomingsmaatreël voor wat die boer sal
                               moet tref om die probleem in VRAAG 2.4.2 te voorkom.                             (1)
2.5      Noem die mineraal                      of   vitamien   verantwoordelik   vir   die    volgende
         gebreksimptome:
         2.5.1                 Parakeratose in varke                                                            (1)
         2.5.2                 Pika in beeste                                                                   (1)
         2.5.3                 Swak stolling van bloed by hoenders                                              (1)
         2.5.4                 Nagblindheid by plaasdiere                                                       (1)
2.6       Die grafiek hieronder toon die voerkomponente van 'n rantsoen vir 'n plaasdier.

                                     Die samestelling van 'n rantsoen

           Hoeveelheid (kg)

                               Mieliemeel Ureum       Lusernhooi   Hawerhooi   Ca/P      Molasse
                                                       Voerkomponente

         2.6.1                 Dui die tipe plaasdier aan wat met hierdie rantsoen gevoer
                               kan word.                                                                        (1)
         2.6.2                 Ondersteun die antwoord op VRAAG 2.6.1 deur TWEE redes te
                               gee wat op die bewyse in die grafiek gebaseer is.                                (2)
         2.6.3                 Identifiseer 'n konsentraatvoer in die rantsoen hierbo.                          (1)
         2.6.4                 Gee TWEE redes vir die insluiting van molasse by die rantsoen.                   (2)
                                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           10                               DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die data hieronder toon die produksievlakke vir sekere maande van die jaar
         vir 'n pluimveeplaas.

           MAAND VAN          PRODUKSIE (EIERS)                 PRODUKSIE
            DIE JAAR           (duisend eenhede)              (BRAAIKUIKENS)
                                                             (duisend eenhede)
          Januarie                      35                          20
          Februarie                     25                          20
          Maart                         40                          30
          April                         30                          40
          Mei                           45                          50
          Junie                         50                          60
          Julie                         35                          60
          Augustus                      40                          60

         3.1.1        Teken 'n gekombineerde staafgrafiek van die eier- en braaikuiken-
                      produksievlakke op 'n pluimveeplaas van Februarie tot Julie.             (6)

         3.1.2        Dui die tendens in braaikuikenproduksie van Februarie tot
                      Augustus aan.                                                            (2)

3.2      Die prente hieronder illustreer diereproduksiestelsels.

                     PRODUKSIESTELSEL A                    PRODUKSIESTELSEL B

         3.2.1        Identifiseer die TWEE diereproduksiestelsels wat in die prentjies
                      hierbo geïllustreer is.                                                  (2)

         3.3.2        Vergelyk PRODUKSIESTELSEL A en B aan die hand van die
                      volgende:

                     (a) Kapitaalinvestering                                                   (2)

                     (b) Grondoppervlakte met betrekking tot produksie-uitset                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           11                                       DBE/2018
                                               SSE

3.3      Noem die struktuur wat in ELK van die situasies hieronder van toepassing is.

         3.3.1        Pluimvee word vir die hele produksiesiklus aangehou om eiers te
                      lê.                                                                              (1)

         3.3.2        Sôe word in huise aangehou tydens die laat dragtigheidsperiode
                      tot na geboorte om te voorkom dat hulle op die varkies lê.                       (1)

         3.3.3        Diere word vir 'n kort tydjie by 'n veilingterrein of net voor oplaai
                      aangehou.                                                                        (1)

3.4      Die diagram hieronder dui die verskillende stadia in die lewensiklus van 'n
         parasiet aan.

                                                  F

                                                                             A
                         E

                                                                             B

                                                                              C

                                                 D

         3.4.1        Identifiseer die tipe parasiet in die diagram hierbo geïllustreer.               (1)

         3.4.2        Klassifiseer die parasiet volgens die lewensiklus soos aangedui in
                      die diagram hierbo.                                                              (1)

         3.4.3        Skryf die letter (A–F) neer wat elk van die volgende stadia in die
                      lewensiklus van die parasiet in die diagram hierbo verteenwoordig:

                     (a) Die larwes wat uit die eiers broei                                            (1)

                     (b) Die nimf wat op die tweede gasheer sal voed                                   (1)

                     (c) Die bosluis wat op die derde gasheer sal voed                                 (1)

         3.4.4        Noem TWEE nadelige gevolge wat hierdie parasiet op vee kan hê.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                                      DBE/2018
                                              SSE

 3.5     Voltooi die tabel hieronder deur slegs die ontbrekende inligting langs die
         letters (A–E) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf. (Moet NIE die tabel
         oorteken NIE.)

            SIEKTE        VEROORSAKENDE                  SIMPTOME             TIPE DIER
                            ORGANISME
                                                           Swelling van
            Voëlgriep               A                     die kamme en        Pluimvee
                                                       'n neusuitskeiding
                                                     Bloederige uitskeiding
                 B              Bakterieë              uit die neus, mond          C
                                                            en rektum
                                                       Skuim rondom die
                 D              Protosoë                                       Beeste
                                                          mond en hart
            Klontwol                E               'n Kors vorm op die vel   Wolskape             (5)

3.6      Die prent hieronder toon 'n plaasdier wat 'n soutlek benut. Mortaliteite kan
         voorkom wanneer daar 'n hoë soutkonsentrasie en 'n gebrek aan skoon
         drinkwater is.

         3.6.1        Noem die tipe vergiftiging wat die plaasdier hierbo moontlik kan
                      opdoen.                                                                      (1)

         3.6.2        Noem TWEE voorsorgmaatreëls om te tref in geval van die
                      vergiftiging wat in VRAAG 3.6.1 genoem is.                                   (2)

         3.6.3        Dui 'n simptoom van hierdie tipe vergiftiging in plaasdiere aan.             (1)

         3.6.4        Beskryf kortliks TWEE moontlike maatreëls om die vergiftiging
                      hierbo genoem, te behandel.                                                  (2)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         13                                  DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder illustreer die geslagstelsel van 'n koei.

                                                             A
                                                             B

                                                             C

                                                             D

         Skryf slegs die letter (A–D) van die gedeelte neer waar ELK van die volgende
         plaasvind:

         4.1.1        Bevrugting                                                                (1)

         4.1.2        Implantasie van die bevrugte ovum                                         (1)

         4.1.3        Deponering van semen deur 'n manlike geslagsorgaan                        (1)

4.2      Die diagram hieronder illustreer die rol van hormone in die ontwikkeling en
         funksionering van organe in die vroulike dier.

                                                 A

                                         B

                                             D       C

         4.2.1        Benoem deel A en C.                                                       (2)

         4.2.2        Dui die hormoon aan wat:

                     (a) Die groei en ontwikkeling van deel A stimuleer                         (1)

                     (b) Deur deel B geproduseer word                                           (1)

         4.2.3        Noem die funksie van deel D.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          14                                  DBE/2018
                                              SSE

4.3      'n Vroulike dier word met hormone behandel om haar te laat super-ovuleer.
         Die ova word bevrug en die embrio's word verwyder en in 'n ander vroulike
         dier oorgeplaas.

         4.3.1        Identifiseer die reproduktiewe proses hierbo.                              (1)

         4.3.2        Noem TWEE voordele van die reproduktiewe proses, wat in
                      VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is, vir boere                                   (2)

         4.3.3        Gee die term vir 'n koei waar die volgende toegepas is:

                      (a)   Behandel met hormone om te super-ovuleer                             (1)

                      (b)   Plasing van 'n embrio                                                (1)

4.4      Kunsmatige inseminasie (KI) is 'n tegniek wat deur boere gebruik word om die
         kwaliteit van hul vee te verbeter.

         4.4.1        Dui TWEE eienskappe van hoë gehalte semen vir suksesvolle
                      inseminasie aan.                                                           (2)

         4.4.2        Gee die funksie van ELK van die volgende verdunningsmiddels
                      van semen:

                      (a)   Fruktose                                                             (1)

                      (b)   Gliserol                                                             (1)

                      (c)   Antibiotika                                                          (1)

         4.4.3        Noem TWEE nadele van KI.                                                   (2)

         4.4.4        Noem TWEE aangebore defekte by bulle wat tot onsuksesvolle
                      bevrugting kan lei.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         15                               DBE/2018
                                             SSE

4.5      Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende embrio.

                                                                    A

                                                                    B
                                                                    C

                                                                    D

         4.5.1        Identifiseer membraan A en D.                                          (2)

         4.5.2        Noem TWEE funksies van vloeistof B.                                    (2)

         4.5.3        Wat is die rol van membraan D?                                         (1)

         4.5.4        Dui die laaste stadium van dragtigheid aan.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                     16                                     DBE/2018
                                                         SSE

4.6                   Die grafiek hieronder illustreer die melkproduksie van 'n melkkoei.

                                  Piekproduksie

      Liter per dag
                                                                           Einde van produksie

                                                 Weke na kalwing

                      4.6.1     Identifiseer die proses hierbo geïllustreer.                                (1)

                      4.6.2     Gebruik die grafiek en gee die tyd (in weke) wanneer die volgende
                                plaasgevind het:

                                 (a)   Die opdroog van die koei                                             (1)

                                 (b)   Kalwing                                                              (1)

                                 (c)   Piek van melkproduksie                                               (1)

                      4.6.3     Noem DRIE faktore wat die kwaliteit van melk, geproduseer tydens
                                die piekproduksietydperk, van die koei sal beïnvloed.                       (3)
                                                                                                            [35]

                                                                               TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-memo-afr/7ff3e6c6-ba16-466c-9150-55c84a56c366) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-afr/86e5e52c-05c1-4d99-9c8a-35c164e9087b) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-eng/557b84d6-f26b-4d84-bdc8-0dc724e77299) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
