# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                          2019

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                                      DBE/2019
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                    3                         DBE/2019
                                                       SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 A.

         1.1.1       Die proses waartydens 'n plaasdier voedsel deur sy mond inneem:

                     A       Egestie
                     B       Vertering
                     C       Ingestie
                     D       Absorpsie

         1.1.2       Stowwe wat aan plaasdiere gegee word om hulle voedingstofinname
                     te balanseer, word … genoem.

                     A       antibiotika
                     B       aanvullings
                     C       ensieme
                     D       neutraliseerders

         1.1.3       'n …-rantsoen word aan 'n onproduktiewe plaasdier gegee.

                     A       Voedings
                     B       Onderhouds
                     C       Voer
                     D       Produksie

         1.1.4       Die volgende stellings verwys na die aanpassingskenmerke van die
                     struktuur hieronder:

                                                                A

                                                   B
                                                   C

                                               C
                     (i)        Deel B verteenwoordig kapillêre bloedvate waar aminosure
                                geabsorbeer word.
                     (ii)       Verteerde vet word in deel C geabsorbeer.
                     (iii)      Deel A verklein die buite-oppervlakte vir absorpsie.
                     (iv)       Absorpsie van glukose vind in deel B plaas.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                4                                 DBE/2019
                                                   SS/NSS

         1.1.5       Die produksiestelsel waar kuikens bedags vrylik kan rondloop en
                     snags tot 'n skuur beperk word, word 'n ...-stelsel genoem.

                     A       skrop
                     B       diepskrop
                     C       oop
                     D       hok

         1.1.6       Die volgende is NIE 'n gevolg van verkeerde hantering van plaasdiere
                     NIE:

                     Diere …

                     A       sal bang raak indien hulle genader word.
                     B       raak onrustig.
                     C       sal baie moeiliker wees om te hanteer.
                     D       raak mak wanneer hulle hanteer word.

         1.1.7       Dieresiektes wat van diere na mense oorgedra kan word:

                     A       Bloedarmoede en polineuritis
                     B       Miltsiekte en hondsdolheid
                     C       Tuberkulose en hartwater
                     D       Omlope en lamkruissiekte

         1.1.8       'n Giftige plant met 'n slegte reuk en smaak:

                     A       Slangkop
                     B       Mieliefungus
                     C       Olieboom
                     D       Ammoniakgif

         1.1.9       Die volgende gebeur tydens laktasie by koeie:

                     (i)      Wanneer melkproduksie sy piek bereik, is die bottervetinhoud
                              op sy laagste.
                     (ii)     Indien 'n koei voer met meer vesel gevoer word, sal die melk 'n
                              laer vetinhoud hê.
                     (iii)    Hoe meer konsentrate in 'n voer, hoe laer die vetinhoud van
                              die melk.
                     (iv)     Wanneer melkproduksie afneem, bereik die bottervetinhoud sy
                              piek.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         5                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

         1.1.10      Die toerusting wat gebruik word om embrio's by 'n skenkerkoei te
                     oes, word 'n ... genoem.

                     A    pistolette
                     B    kunsvagina
                     C    inspuiting
                     D    Foley-kateter                                             (10 x 2)        (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
         op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
         in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
         die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Slegs B.

                            KOLOM A                                   KOLOM B
          1.2.1      A:   Osmose                          Beweging van verteerde
                                                          voedingstowwe van 'n lae na 'n
                     B:   Aktiewe opname
                                                          hoë konsentrasiegebied
          1.2.2      A:   Bruto energie                   Die energie wat vir produksie
                     B:   Metaboliese energie             en instandhouding beskikbaar
                                                          is
          1.2.3      A:   Batterystelsel                  Diere word teen hoë digthede
                     B:   Intensiewe produksie-eenheid    aangehou
          1.2.4      A:   Bontbosluis                     Die larwe-, nimf- en volwasse
                     B:   Bloubosluis                     stadiums kom op drie
                                                          verskillende diere voor
          1.2.5      A:   Spoeling                        Die verwydering van die kern
                     B:   Ontkerning                      uit 'n eiersel tydens kloning
                                                                                      (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die ritmiese sametrekking en verslapping van die spiere in die
                     spysverteringskanaal vir die beweging van voedsel

         1.3.2       'n Struktuur op 'n plaas waar dierevoer gestoor word

         1.3.3       Gevorderde biotegnologie wat gebruik word om identiese nageslag
                     vanaf 'n organisme met meerderwaardige kenmerke te produseer

         1.3.4       Die verandering van die estrussiklus van alle vroulike diere in 'n
                     kudde sodat hulle op ongeveer dieselfde tyd op hitte kom

         1.3.5       'n Steriele vroulike kalf wat as 'n nie-identiese tweeling van 'n
                     manlike kalf gebore word                                   (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Stikstofvrye ekstrak is die maatstaf van die proteïenkwaliteit van 'n
                     voer.

         1.4.2       Akute siekte is langdurig en kom herhaaldelik by 'n plaasdier met
                     minder ernstige simptome voor.

         1.4.3       Kriptorgidisme is 'n toestand waar die testes onderontwikkel is.

         1.4.4       Maserasie is die verharding en uitdroog van 'n dooie fetus nadat die
                     skelet gevorm is.

         1.4.5       Bevrugting is die proses waartydens die blastosist aan die wand van
                     die baarmoeder heg.                                          (5 x 1)           (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                                   DBE/2019
                                               SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

                              A                             C
                              B

                                                        D
                                                        E

         2.1.1       Noem die plaasdier wat in die diagram hierbo voorgestel word.                 (1)

         2.1.2       Skryf die letter (A–E) van die deel in die spysverteringskanaal neer
                     waar ELK van die volgende plaasvind:

                     (a)   Fisiese vertering                                                       (1)

                     (b)   Egestie van onverteerde voedsel                                         (1)

                     (c)   Chemiese vertering                                                      (1)

         2.1.3       Noem die rol wat deel B in die vertering van voedsel speel.                   (2)

         2.1.4       Skryf die letter neer van die deel wat met die maag van 'n vark
                     ooreenstem.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            8                                         DBE/2019
                                               SS/NSS

2.2      Bestudeer die skematiese voorstelling hieronder wat die vertering van
         voedingstowwe in die maag en dunderm illustreer.

                          MAAG                                    DUNDERM

            Kaseïnogeen           Proteïen                C            Vet           Peptied

                                                        Amilase        E            Erepsien
                 A                Pepsien

             Kaseїen                 B                   D         Gliserol             F

             n

         2.2.1       Noem die ensieme wat deur A en E voorgestel word.                                  (2)

         2.2.2       Identifiseer B, C en F.                                                            (3)

         2.2.3       Noem die deel van die dunderm waar die vertering wat hierbo
                     geïllustreer word, plaasvind.                                                      (1)

         2.2.4       Verduidelik die belangrikheid van vet-emulsifisering deur gal tydens
                     vertering.                                                                         (2)

2.3      Kies EEN mineraal of vitamien uit die lys hieronder wat by die
         volgende beskrywings pas. Skryf slegs die mineraal of vitamien langs die
         vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 yster;   sink;   fosfaat;     vitamien B1;   vitamien A;     vitamien K

         2.3.1       'n Tekort hieraan veroorsaak parakeratose by varke                                 (1)

         2.3.2       Verbeter sig, veral snags                                                          (1)

         2.3.3       'n Tekort hieraan veroorsaak dat diere droë bene kou                               (1)

         2.3.4       Noodsaaklik vir bloedstolling by kuikens                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           9                                 DBE/2019
                                              SS/NSS

2.4      Die volgende is die voedingsverhoudings van verskillende voere:

         Voer A – 1 : 4

         Voer B – 1 : 10

         Voer C – 1 : 8

         2.4.1       Beveel die voer (A, B of C) aan wat 'n boer in ELK van die volgende
                     situasies kan gebruik:

                     (a)   Diere wat vetgemaak word                                              (1)

                     (b)   Lakterende diere                                                      (1)

                     (c)   Diere wat onderhou word                                               (1)

         2.4.2       Dui die deel van die verhouding in Voer C aan wat nie-stikstof-
                     verteerbare voedingstowwe verteenwoordig.                                   (1)

         2.4.3       Voer A word aanbeveel vir die voer van 'n een-maand-oue kalf.
                     Regverdig hierdie stelling.                                                 (2)

2.5      'n Boer gebruik mieliemeel en sonneblom-oliekoekmeel om 'n rantsoen wat
         16% VP bevat, te berei. Die VP van mieliemeel is 14% en die DP van
         sonneblom-oliekoekmeel is 45%.

         2.5.1       Noem 'n voerformuleringsmetode wat gebruik word om 'n rantsoen
                     met 'n VP van 16% te berei deur mieliemeel en sonneblom-
                     oliekoekmeel te meng.                                                       (1)

         2.5.2       Gebruik die metode in VRAAG 2.5.1 om die verhouding van
                     mieliemeel teenoor sonneblom-oliekoekmeel te bereken.                       (4)

         2.5.3       Bereken die persentasie van sonneblom-oliekoekmeel in die
                     mengsel.                                                                    (3)

2.6      Noem TWEE rolle van 'n goeie voervloeiprogram.                                          (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             10                              DBE/2019
                                                SS/NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die foto's hieronder toon TWEE veeboerderystelsels.

           BOERDERYSTELSEL A                             BOERDERYSTELSEL B

         3.1.1       Identifiseer boerderystelsel A en boerderystelsel B in die foto's
                     hierbo.                                                                    (2)

         3.1.2       Vergelyk die TWEE boerderystelsels ten opsigte van die volgende:
                     (a)       Doel van die uitset                                              (2)

                     (b)       Invloed op die omgewing                                          (2)
         3.1.3       Noem EEN nadeel van boerderystelsel B wanneer die higiëniese
                     maatreëls nie nagekom word nie.                                            (1)
         3.1.4       Noem EEN ekonomiese voordeel van boerderystelsel B bo
                     boerderystelsel A vir die boer.                                            (1)

3.2      Bestudeer die DRIE fasiliteite hieronder wat in 'n diereproduksie-onderneming
         gebruik word.

                           A                             B

                                           C

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             11                                     DBE/2019
                                                SS/NSS

         3.2.1       Identifiseer fasiliteit A en B.                                                   (2)

         3.2.2       Dui die doel aan waarvoor fasiliteit C op plase gebruik word.                     (1)

3.3      Die skematiese voorstelling hieronder toon die lewensiklus van 'n parasiet.

                           Metaserkarie

                                                                           Eier

                                                              Eier wat
                                   Serkarie
                                                              mirasidium
                                                              bevat

                                              Stadia in
                                              die slak

                           Redie
                                                               Dring die
                                                               slakskulp
                                                               binne

         3.3.1       Klassifiseer die tipe parasiet hierbo.                                            (1)

         3.3.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.3.1.                                      (1)

         3.3.3       Identifiseer die intermediêre gasheer van die parasiet in die diagram
                     hierbo.                                                                           (1)

         3.3.4       Dui die omgewingstoestand aan wat vir die oorlewing van die
                     intermediêre gasheer noodsaaklik is.                                              (1)

         3.3.5       Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref kan word om 'n
                     infestasie van hierdie parasiet te voorkom.                                       (2)

3.4      Plaasdiere behoort altyd met sorg hanteer te word om ongelukke en spanning
         te voorkom.

         3.4.1       Gee TWEE redes vir die hantering van plaasdiere.                                  (2)

         3.4.2       Dui die invloed van die volgende VERKEERDE hanteringspraktyke
                     aan:

                     (a)   Benader 'n dier vanuit sy blinde kol                                        (1)

                     (b)   Vang skape aan hulle wol                                                    (1)

                     (c)   Plaas onbekende diere by mekaar                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            12                                  DBE/2019
                                               SS/NSS

3.5      Beskryf kortliks TWEE basiese vereistes van behuising vir 'n intensiewe
         produksiestelsel.                                                                         (2)

3.6      Die tabel hieronder toon siektes wat deur mikroörganismes by plaasdiere
         veroorsaak word.

              SIEKTES            ORGANISMES               SIMPTOME            DIERE
                 (a)               Bakterieë             Geswelde uier        Koeie
                                                     Blaasagtige letsels op
           Bek-en-klouseer              (b)                                   Beeste
                                                       die mond en tong
                 Rooiwater          Protozoa                  (c)              Beeste
                 Klontwol           Fungus           Korse groei op die wol      (d)
                                                                               Varke,
              Koksidiose                (e)           Dun, waterige diarree
                                                                              pluimvee

         3.6.1       Identifiseer (a), (b), (c), (d) en (e) hierbo.                                (5)

         3.6.2       Noem TWEE rolle van die regering in die beheer van siektes by
                     plaasdiere.                                                                   (2)

3.7      Sout is een van die noodsaaklike mineraalvoedingstowwe wat deur
         plaasdiere benodig word, maar inname in groot hoeveelhede kan vir lewende
         hawe dodelik wees.

         3.7.1       Noem TWEE simptome van soutvergiftiging.                                      (2)

         3.7.2       Noem TWEE maniere waarop plaasdiere met soutvergiftiging
                     behandel kan word.                                                            (2)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         13                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder illustreer 'n spermsel.

                                      B              C
                                      A
                                                     D

                                                     E

         4.1.1       Identifiseer deel A in die diagram hierbo.                                   (1)

         4.1.2       Skryf die letter van die deel neer wat die akrosoom verteenwoordig.          (1)

         4.1.3       Noem EEN funksie van:

                     (a)   Deel D                                                                 (1)

                     (b)   Deel E                                                                 (1)

4.2      Dui die manlike voortplantingsorgaan aan wat vir ELK van die volgende
         verantwoordelik is:

         4.2.1       Vervoer van semen vanaf die epididimis na die uretra                         (1)

         4.2.2       Afskeiding van 'n taai alkaliese mukus wat semen 'n kenmerkende
                     reuk gee                                                                     (1)

         4.2.2       Afskeiding van 'n buffer wat die spermselle teen pH-veranderinge
                     beskerm                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         14                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

4.3      Die skematiese voorstelling hieronder dui die volgorde aan van
         hormoonvlakke wat lei tot veranderinge wat tydens die estrussiklus plaasvind
         asook sekere strukture betrokke.

         4.3.1       Definieer die term estrussiklus.                                             (2)

         4.3.2       Benoem die proses by B.                                                      (1)

         4.3.3       Noem EEN funksie van die luteïniserende hormoon.                             (1)

         4.3.4       Noem DRIE tekens van estrus by koeie.                                        (3)

4.4      Die tabel hieronder toon die tydperk (in dae) van die verskillende stadia in die
         estrussiklus by verskillende vroulike plaasdiere.

          STADIA VAN DIE ESTRUSSIKLUS                   KOEI   OOI    SOG      MERRIE
         Pro-estrus                                      4      2      3         4
         Metestrus                                       4      3      4         3
         Di-estrus                                       14    10      13        12

         Teken 'n staafgrafiek van die tydperk (in dae) van die verskillende stadia in
         die estrussiklus by verskillende vroulike plaasdiere.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           15                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

4.5      Die diagram hieronder illustreer 'n tegniek wat deur boere gebruik word om
         hul beeskuddes te verbeter.

                                          B

                                A

                                                 semenplasing

         4.5.1       Identifiseer die tegniek in die diagram hierbo.                               (1)

         4.5.2       Noem TWEE kenmerke van hoë gehalte semen.                                     (2)

         4.5.3       Noem die apparaat wat deur hand A in die diagram hierbo vasgehou
                     word.                                                                         (1)

         4.5.4       Skryf die beste tyd van die dag neer vir die inseminering van 'n koei
                     wat in die aand die eerste tekens van estrus toon.                            (1)

         4.5.5       Noem EEN negatiewe effek indien 'n onervare persoon die tegniek
                     in VRAAG 4.5.1 uitvoer.                                                       (1)

4.6      Die stellings hieronder dui die hoofstadia aan van 'n reproduktiewe tegniek
         wat by koeie gebruik word:

         A.      Spoel die embrio uit die skenkerkoei

         B.      Kunsmatige inseminasie van die skenkerkoei

         C.      Superovulasie van die skenkerkoei

         D.      Plaas die embrio in die ontvangerkoei

         E.      Sinchronisering van beide die skenker- en ontvangerkoeie

         4.6.1       Noem die reproduktiewe tegniek hierbo.                                        (1)

         4.6.2       Skryf die letters (A–E) neer wat die EERSTE TWEE stadia, in
                     volgorde, van die reproduktiewe tegniek hierbo verteenwoordig.                (2)

         4.6.3       Noem TWEE voordele van hierdie reproduktiewe tegniek vir boere.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         16                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

4.7      'n Bevrugte diploïede sel verdeel deur mitose om 'n soliede bal te vorm wat
         16 selle bevat, wat later sal verdeel om 'n blastosist te vorm.

         4.7.1       Skryf die term neer wat 'n bevrugte diploïede sel beskryf.                (1)

         4.7.2       Benoem die soliede bal wat 16 selle in die stadium hierbo bevat.          (1)

         4.7.3       Noem TWEE oorsake van aborsie wat nie deur infeksies veroorsaak
                     word nie.                                                                 (2)
                                                                                               [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                      GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-afr/6635808b-3d01-48ca-a122-3cffc5188602) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2019 ENG R](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2019-eng-r/f22147e3-e7cb-4eb1-9d79-c38cb853eb82) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
