# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                          2021

                                                                        PUNTE: 150

                                                                       TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                                  DBE/2021
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 3                                     DBE/2021
                                                   SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
         die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Die ... in pluimvee is vir fisiese vertering verantwoordelik.

                     A       proventrikel
                     B       ventrikel
                     C       krop
                     D       sekum

         1.1.2       Lipase is 'n ensiem wat help om vet na … af te breek.

                     A       glukose en vetsure
                     B       glukose en gliserol
                     C       gliserol en versure
                     D       glukose en galaktose

         1.1.3       Dit is belangrik om ruvoer aan 'n volgroeide herkouer te voer omdat
                     dit:

                     (i)     Die opbou van gasse voorkom wanneer op lusern gewei word
                     (ii)    Die ontwikkeling van die rumen stimuleer
                     (iii)   Massa aan die rantsoen verskaf
                     (iv)    Verseker dat vertering behoorlik plaasvind

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (ii), (iii) en (iv)

         1.1.4       In 'n kafeteriastyl word plaasdiere toegelaat om …

                     A       minder minerale te eet as wat hulle benodig.
                     B       minerale deur drinkwater te kry.
                     C       meer minerale te eet as wat hulle benodig.
                     D       minerale volgens hulle individuele behoeftes in te neem.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 4                              DBE/2021
                                                   SS/NSS

         1.1.5       Die prent hieronder illustreer … as 'n rede om plaasdiere te hanteer.

                     A       weging
                     B       kastrasie
                     C       skoonmaak
                     D       ontsterting

         1.1.6       Die doel van inenting is hoofsaaklik om siektes by plaasdiere te …

                     A       beheer.
                     B       voorkom.
                     C       verleng.
                     D       behandel.

         1.1.7       Die volgende stellings is WAAR met betrekking tot die gebruik van
                     opvoubare gordyne in 'n braaikuikenhok:

                     (i)     Die uitwerking van omgewingstemperatuur word beheer.
                     (ii)    Doeltreffende voerbenutting kan bewerkstellig word.
                     (iii)   Dit verdonker die braaikuikenhok om voerverbruik te verbeter.
                     (iv)    Dit is 'n noodsaaklike eienskap om die uitwerking van
                             hittespanning ('heat stress') te verminder.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (iii) en (iv)

         1.1.8       Watter EEN van die volgende kombinasies siektes word as
                     aanmeldbare virussiektes geklassifiseer?

                     A       Hondsdolheid en antraks/miltsiekte
                     B       Varkpes en tuberkulose
                     C       Hondsdolheid en bek-en-klouseer
                     D       Slenkdalkoors en antraks/miltsiekte

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              5                                   DBE/2021
                                                SS/NSS

         1.1.9       … is die aangebore defekte by bulle wat aanleiding gee tot steriliteit.

                     A    Prolaps en dubbele servikale kanaal
                     B    Kriptorkidisme en 'n beseerde penis
                     C    Hipoplasie en hermafroditisme
                     D    Geslagtelike onvolwassenheid en geslagsiektes

         1.1.10 Die versameling van serebrospinale vloeistof in die brein van 'n fetus
                wat moeilike geboorte tot gevolg het:

                     A    Hidrosefalie
                     B    Metritis
                     C    Fleksie
                     D    Hidro-fetus                                                 (10 x 2)       (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Slegs B.

                       KOLOM A                                     KOLOM B
         1.2.1       A: Ureum                    'n Nieproteïen-stikstofbestanddeel wat
                     B: Biuret                   veiliger is om te gebruik omdat dit minder
                                                 oplosbaar is
         1.2.2       A:   VV 1 : 4               Voer wat baie proteïen met 'n hoë
                     B:   VV 1 : 7               biologiese waarde bevat
         1.2.3       A:   Dip
                                                 Chemiese metode om parasiete te beheer
                     B:   Doseer
         1.2.4       A:   Agterplaas             'n Stelsel waar elke lêhen vir die hele
                     B:   Diepskrop              produktiewe siklus in haar eie klein
                                                 draadhokkie aangehou word
         1.2.5       A: Follikelstimulerings-
                                                 Hormoon wat die groei en rypwording van
                        hormoon (FSH)
                                                 die Graafse follikel verhoed
                     B: Progesteroon
                                                                                       (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die tipe dierevoer wat 'n klein volume per eenheid massa bevat

         1.3.2       'n Permanente hanteringsfasiliteit wat gebruik word om die beweging
                     van 'n bul te beperk en hom na 'n laaibank te lei

         1.3.3       Die proses by lakterende koeie wat deur hormone gestimuleer word
                     en tot die vloei van melk aanleiding gee

         1.3.4       Die sel wat tydens die bevrugtingsproses met die ovum versmelt

         1.3.5       Die oordrag van 'n bevrugte ovum van een koei na 'n ander         (5 x 2)       (10)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           6                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Kalmeermiddels stimuleer die groei van plaasdiere deur die
                     afskeiding van die tiroksienhormoon.

         1.4.2       Skoonmaak is die toediening van chemikalieë om 'n omgewing vry
                     van siekteveroorsakende mikroörganismes te skep.

         1.4.3       Die ovum-fase word gekenmerk deur die differensiasie van selle na
                     weefsel, organe en stelsels.

         1.4.4       Bevrugting is die proses waar vroulike diere in 'n kudde gelyktydig in
                     estrus gebring word.

         1.4.5       Die epididimis is verantwoordelik vir die produksie van die manlike
                     geslagshormoon by bulle.                                     (5 x 1)          (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                                    DBE/2021
                                              SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

                                              Ileum    Sekum         Rektum

         2.1.1       Noem die plaasdier wie se spysverteringskanaal in die diagram hierbo
                     voorgestel word.                                                               (1)

         2.1.2       Verwys na die diagram om die antwoord op VRAAG 2.1.1 te motiveer.              (1)

         2.1.3       Fisiese en chemiese vertering in die spysverteringskanaal van die
                     plaasdier genoem in VRAAG 2.1.1, vind in die mond plaas. Regverdig
                     hierdie stelling.                                                              (2)

         2.1.4       Identifiseer, in die diagram hierbo, die deel waar ELK van die
                     volgende plaasvind (skryf slegs die letter):

                     (a)   Oplosbare voedseldeeltjies beweeg in die bloed in                        (1)

                     (b)   Oplosbare kaseïnogeen in melk verander in onoplosbare kaseïen            (1)

                     (c)   Gal word geproduseer                                                     (1)

         2.1.5       Identifiseer die deel in die spysverteringskanaal van herkouer-
                     plaasdiere wat ooreenstem met D in die diagram hierbo ten opsigte
                     van funksionering.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              8                                  DBE/2021
                                                SS/NSS

2.2      Die vloeidiagram hieronder toon voerkomponente wat vir doeltreffende
         funksionering deur plaasdiere benodig word.

                                         VOER

                                 A                          Droë materiaal

                                               Anorganies                Organies

                             Fosfor          Yster       Sink        Vit. K     Vit. B1

         2.2.1       Noem TWEE rolle van komponent A in vertering by plaasdiere.                    (2)

         2.2.2       Identifiseer die komponent in die vloeidiagram hierbo wat tot die
                     volgende gebreksimptome aanleiding sal gee:

                     (a)   Stadige genesing van wonde by plaasdiere                                 (1)

                     (b)   Oormatige bloeding by kuikens                                            (1)

                     (c)   Die kou van droë bene deur plaasdiere                                    (1)

         2.2.3       Dui die organiese komponent in die vloeidiagram hierbo aan wat:

                     (a)   Vetoplosbaar is                                                          (1)

                     (b)   Wateroplosbaar is                                                        (1)

2.3      Tydens 'n voerverteringsproefneming is 12 kg droë voer elk aan twee
         herkouerdiere gegee. Die droë massa van die mis is bepaal. Die resultate
         word hieronder getoon.

                                                            DIER A             DIER B
          Droë massa van mis (kg)                              2                  7
          Verteerbaarheidskoëffisiënt (%)                     83                  ?

         2.3.1       Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer by DIER B. Sluit
                     die formule in.                                                                (4)

         2.3.2       Lei TWEE diereverwante faktore af wat die verteerbaarheid van die
                     voer wat aan DIER A en DIER B gegee is, kon beïnvloed het.                     (2)

         2.3.3       Noem TWEE metodes waarop die verteerbaarheid van die voer in
                     DIER B verhoog kan word.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            9                                    DBE/2021
                                              SS/NSS

2.4      'n Voer wat 50% totale verteerbare voedingstowwe en 5% verteerbare
         proteïen bevat, is aan 'n lam gegee.

         2.4.1       Bereken die voedingsverhouding (VV) van hierdie voer.                          (3)

         2.4.2       Gebaseer op die berekende voedingsverhouding in VRAAG 2.4.1,
                     toon die geskiktheid van hierdie voer vir die voorgenome doel.                 (1)

         2.4.3       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2.                                   (1)

         2.4.4       Klassifiseer die voer wat aan die lam gegee is.                                (1)

         2.4.5       Noem EEN voordeel daarvan om die lam met die voer in
                     VRAAG 2.4.4 te voer.                                                           (1)

2.5      Die tabel hieronder toon 'n voervloeiprogram van 'n skaapproduksie-eenheid
         oor 'n tydperk van 6 maande.

                    MAANDE                     1        2      3        4      5        6
          Voer beskikbaar (ton)               36       24     20        16     12       4
          Aantal diere                        50       50     50        50     50      50
          Behoefte (kg/dier/dag)               5        5      5        7      9       9,5
          Totale behoefte (ton)               7,5      7,5    7,5      10,5   13,5      ?

         2.5.1       Bereken die totale hoeveelheid voer (in ton) wat in maand 6 deur die
                     diere benodig word.                                                            (3)

         2.5.2       Lei die probleem in die vloervloeiprogram hierbo af.                           (1)

         2.5.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.2 gebaseer op die tabel.             (1)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           10                                    DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die prent hieronder toon 'n diereproduksiestelsel vir beeste.

         3.1.1       Identifiseer die produksiestelsel wat in die prent hierbo getoon word.         (1)

         3.1.2       Gee TWEE redes, op die prent hierbo gebaseer, om die antwoord op
                     VRAAG 3.1.1 te regverdig.                                                      (2)

         3.1.3       Vergelyk die TWEE produksiestelsels wat in lewendehawe-
                     ondernemings gebruik word, gebaseer op die volgende:

                     (a)   Produksie-uitset per eenheidsoppervlakte                                 (2)

                     (b)   Die oordrag van siektes                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           11                                     DBE/2021
                                              SS/NSS

3.2      Die toerusting hieronder word vir verskillende hanteringstegnieke by
         plaasdiere gebruik.

                              A                                        B

                              C                                    D

                                                   E

         3.2.1       Pas die toerusting (A–E) hierbo by die hanteringstegnieke ((a)–(e))
                     hieronder, bv. (a) F:

                     (a)   Mikskeer die wol in die nat areas rondom die stert                        (1)

                     (b)   Brandmerk van beeste                                                      (1)

                     (c)   Kastrasie van ouer kalwers                                                (1)

                     (d)   Mondelikse toediening van wurmmiddels                                     (1)

                     (e)   Binneaarse toediening van medisyne                                        (1)

         3.2.2       Gee TWEE redes vir die hantering van beeste, buiten dié wat in
                     VRAAG 3.2.1 aangedui word.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                                        12                             DBE/2021
                                                                           SS/NSS

3.3      Die prent hieronder toon 'n sekere gedrag by plaasdiere.

         3.3.1                             Identifiseer die gedrag getoon deur die plaasdiere hierbo.                     (1)

         3.3.2                             Dui die oorsaak van die volgende gedrag deur plaasdiere aan:
                                           (a)     Beeste wat weier om in die dompeldip in te gaan                        (1)
                                           (b)     Kuikens wat weg van mekaar beweeg met oop snawels en
                                                   vinnige asemhaling                                                     (1)
                                           (c)     Skape wat wanordelik ronddraai en moeilik is om individueel te
                                                   hanteer                                                                (1)

3.4      Parasiete is 'n algemene probleem vir lewendehaweboere en dit hou ernstige
         finansiële gevolge in.

                                                         Brommers besmet ooie en lammers
                                                             in verskillende maande
                                                  Ooie    Lammers

          Aantal besmettings/1 000 diere
                                                          Ooie

                                            Mei          Jun.       Jul.     Aug.   Sept.   Okt.
                                                                           Maande

         3.4.1                             Klassifiseer die tipe parasiet wat in die grafiek hierbo geïllustreer
                                           word.                                                                          (1)

         3.4.2                             Dui die maand met die hoogste brommerbesmetting aan.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            13                                      DBE/2021
                                               SS/NSS

         3.4.3       Lei die tempo van besmetting deur die brommer vir beide ooie en
                     lammers gedurende die volgende maande af:

                     (a)       Mei                                                                     (1)

                     (b)       Augustus                                                                (1)

         3.4.4       Noem 'n finansiële implikasie vir die boer indien die brommer-
                     besmetting toegelaat word om te verhoog.                                          (1)

         3.4.5       Noem EEN voorsorgmaatreël deur wolskaapboere om die impak van
                     hierdie parasiet te verminder.                                                    (1)

3.5      Die vloeidiagram hieronder toon die verskillende plaasdiersiektes.

                           A                                                  B

                               ?                 Virus                Deur bosluise
                                                                        oorgedra

                                               Aggressiwiteit,
            Aanmeldbare siekte
                    C                       oormatige speeksel-             Bloedbevlekte
             wat aanhoudende
                                            afskeiding en kan na            neusafskeiding
             hoes veroorsaak
                                            mense oorgedra word

                           C                             D                        E

         3.5.1       Identifiseer die patogeen verantwoordelik vir siektes A en B.                     (2)

         3.5.2       Dui die wyse van oordrag van die virus vir siekte D aan.                          (1)

         3.5.3       Noem die vektor wat virussiekte E gedurende warm, nat seisoene dra.               (1)

         3.5.4       Gee die boer raad oor 'n voorsorgmaatreël vir die voorkoms van
                     siekte E.                                                                         (1)

         3.5.5       Stel TWEE maatreëls voor wat die staat kan tref om die verspreiding
                     van siekte C, wanneer dit waargeneem word, te beheer.                             (2)

3.6      Vergiftiging is algemeen by plaasdiere wat van skoon, vars water ontneem
         word, terwyl hulle aan diëte hoog in natriumchloried blootgestel word.

         3.6.1       Noem die tipe vergiftiging waarna in die stelling hierbo verwys word.             (1)

         3.6.2       Identifiseer die mineraalbron van die vergiftiging in die stelling hierbo.        (1)

         3.6.3       Noem EEN behandelingsmaatreël indien diere hierdie vorm van
                     vergiftiging opdoen.                                                              (1)

         3.6.4       Stel 'n voorsorgmaatreël vir hierdie vorm van vergiftiging voor.                  (1)
                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           14                                    DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagramme hieronder illustreer die voortplantingstelsels van beeste.

                           DIAGRAM A                             DIAGRAM B

         4.1.1       Identifiseer die diagram (A of B) hierbo wat die voortplantingstelsel
                     van 'n koei voorstel.                                                        (1)

         4.1.2       Gee EEN sigbare rede in die diagram vir die antwoord op
                     VRAAG 4.1.1.                                                                 (1)

         4.1.3       Benoem dele C en G.                                                          (2)

         4.1.4       Gee 'n funksie van ELK van die volgende:

                     (a)    Deel B                                                                (1)

                     (b)    Die vloeistof wat deur deel F afgeskei word                           (1)

         4.1.5       Identifiseer die letter wat die deel verteenwoordig waar gamete in
                     DIAGRAM B gevorm word.                                                       (1)

4.2      Paring is 'n natuurlike proses wat in fases voorkom. Hieronder is 'n lys van
         sommige van hierdie fases wat betrokke is.

             Semen word in die vagina gedeponeer.
             'n Bul slaag met penetrasie van die koei se vagina.
             'n Bul toon belangstelling in die koei.
             'n Bul staan op sy agterpote en rus op die agterkant van die koei.

         4.2.1       Herrangskik die paringsfases hierbo in chronologiese volgorde.               (4)

         4.2.2       Noem die fase wat NIE hierbo aangedui word NIE.                              (1)

         4.2.3       Noem die hormoon wat die paringsgedrag by bulle reguleer.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                                                   15                                        DBE/2021
                                                                                      SS/NSS

4.3      Die grafiek hieronder toon die vlakke van ovariumhormone by 'n koei.

                                                                       Ovariumhormoonvlakke by 'n koei

                           0 5 10 15 20 25 30 35 40 45
           Hormoonvlakke

                                                          2    4   6    8   10   12    14   16   18   20   22   24   26   28 30

                                                                                            Dae

         4.3.1                                           Identifiseer die letter (A of B) wat die volgende hormone
                                                         verteenwoordig:

                                                         (a)   Estrogeen                                                                       (1)

                                                         (b)   Progesteroon                                                                    (1)

         4.3.2                                           Noem die fase in die estrussiklus:

                                                         (a)   Tussen dag 2 en dag 6                                                           (1)

                                                         (b)   Op dag 14                                                                       (1)

         4.3.3                                           Die koei het op dag 16 dragtig geraak. Verwys na die hormoonvlakke
                                                         om hierdie stelling te regverdig.                                                     (2)

         4.3.4                                           Noem die fase in 'n normale voortplantingsiklus van 'n koei 282 dae
                                                         na inseminasie.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         16                                DBE/2021
                                            SS/NSS

4.4      Die tabel hieronder toon die melkopbrengs van twee groepe lakterende koeie
         oor 'n tydperk van 25 weke.

                                                MELKPRODUKSIE (liter)
                      WEEK                   GROEP 1           GROEP 2
                       5                       10                  13
                       10                      25                  16
                       15                      15                  18
                       20                      13                  20
                       25                      10                  20

         4.4.1       Teken 'n staafgrafiek wat die melkopbrengs van die twee groepe
                     lakterende koeie toon.                                                (6)

         4.4.2       Vergelyk die melkopbrengs van beide groepe oor die weke.              (2)

4.5      Die toerusting/apparaat wat tydens kunsmatige inseminasie (KI) gebruik
         word, word hieronder getoon.

                              PRENT A                     PRENT B

         4.5.1       Noem die funksie van die apparaat in PRENT A en die toerusting in
                     PRENT B tydens KI.                                                    (2)

         4.5.2       Noem die reproduktiewe deel waar die apparaat in PRENT A tydens
                     KI geplaas word.                                                      (1)

         4.5.3       Noem TWEE basiese vereistes wanneer die toerusting in PRENT B
                     gebruik word.                                                         (2)

         4.5.4       Noem TWEE uitdagings van die gebruik van die toerusting in
                     PRENT B.                                                              (2)
                                                                                           [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                    GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr12-sept-2021-english/f682a161-62a4-4f40-8a91-d9fe76df0585) — Agricultural Sciences · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-memo-afr/7ff3e6c6-ba16-466c-9150-55c84a56c366) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
