# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2023-afr/d36e11ef-9370-40f9-aabf-ee3ad09dff6d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2023-afr/d36e11ef-9370-40f9-aabf-ee3ad09dff6d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                         2023

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                                  DBE/2023
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               3                                 DBE/2023
                                                 SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
         die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
         1.1.11 B.
         1.1.1       Die kompartement in die herkouermaag wat voue het wat die totale
                     buite-oppervlakte vir die absorpsie van water vergroot:
                     A     Rektum
                     B     Omasum
                     C     Retikulum
                     D     Abomasum

         1.1.2       … is 'n voorbeeld van 'n vetoplosbare vitamien wat vir normale
                     reproduksie noodsaaklik is.
                     A     Vitamien A
                     B     Vitamien B1
                     C     Vitamien B6
                     D     Vitamien B12

         1.1.3       Elk van die volgende is 'n vereiste vir 'n voervloeiprogram:
                     (i)   Pas die voerproduksievermoë van die plaas by die
                           voervereistes van diere
                     (ii) Verseker 'n negatiewe marge bo voerkoste
                     (iii) Stel regdeur die hele produksieperiode voer aan diere
                           beskikbaar
                     (iv) Verseker volhoubare gebruik van hulpbronne
                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                     A     (i), (ii) en (iv)
                     B     (ii), (iii) en (iv)
                     C     (i), (iii) en (iv)
                     D     (i), (ii) en (iii)
         1.1.4       Voere met proteïen met 'n hoë biologiese waarde word vir …
                     gebruik.
                     A     onderhoud en groei
                     B     groei en vetmesting
                     C     groei en reproduksie
                     D     produksie en onderhoud
         1.1.5       'n Teken van aggressiewe gedrag by beeste:
                     A     Kop en ore wat hang
                     B     Stadige beweging
                     C     Bly lê en wil nie opstaan nie
                     D     Kap met die pote

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 4                                 DBE/2023
                                                   SS/NSS

         1.1.6       Die stellings hieronder beskryf 'n ekstensiewe produksiestelsel:

                     (i)      'n Klein aantal diere op 'n groot stuk grond
                     (ii)     Min menslike betrokkenheid en tegnologiese insette
                     (iii)    Hoë produksie-uitset
                     (iv)     Diere moet self voedsel vind

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (iii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.7       'n Instrument wat gebruik word om die vloeibare ontwurmmiddel aan
                     skape toe te dien:

                     A       Burdizzo
                     B       Doseerspuit
                     C       Skalpel
                     D       Ontwurmer

         1.1.8       Metaboliese siektes word deur mineraaltekorte veroorsaak en is …

                     A       besmetlik.
                     B       aansteeklik.
                     C       aanmeldbaar.
                     D       nie-aansteeklik.

         1.1.9       Die membraan wat die fetus omring en vir die verwydering van urine
                     verantwoordelik is:

                     A       Allantoïs
                     B       Plasenta
                     C       Chorion
                     D       Amnion

         1.1.10 EEN van die volgende stellings met betrekking tot die normale
                laktasie van melkkoeie is VERKEERD.

                     A       Hoe hoër die melkopbrengs, hoe laer die bottervetinhoud.
                     B       Hoe hoër die melkopbrengs, hoe hoër die bottervetinhoud.
                     C       Die periode van melkproduksie by koeie is ongeveer 305 dae.
                     D       Melkproduksie daal voordat dit opdroog.                (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            5                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6
         slegs B.

                          KOLOM A                                KOLOM B
          1.2.1 A:        Konsentrate              Verskaf lywigheid aan die rantsoen van
                B:        Ruvoere                  herkouerplaasdiere
          1.2.2 A:        Enkelmaag-               Vertering met die hulp van mikro-
                          fermentasie              organismes in die spysverterings-
                B:        Rumen-fermentasie        kanaal
          1.2.3 A:        Tepeldrinkstelsel        Watervoorsiening aan varke in 'n
                B:        Gerekenariseerde         intensiewe produksiestelsel
                          voerbakke
          1.2.4 A:        Grondsooie               Word in hokke gebruik om vog te
                                                   absorbeer en koue sementvloere te
                     B:   Houtskaafsels
                                                   isoleer
          1.2.5 A:        Antibiotikums            Beskerm semen teen die veranderinge
                B:        Gliserol                 in pH
                                                                                   (5 x 2)         (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die proses waar die gedeeltelik verteerde maaginhoud terugkeer na
                     die mond om verder gekou te word

         1.3.2       'n Voorkomingsmaatreël waar diere met 'n aansteeklike siekte van
                     gesonde diere weggehou word

         1.3.3       'n Gesamentlike kanaal in manlike diere wat vir die uitskeiding van
                     urine en semen gebruik word

         1.3.4       'n Organel in die kop van 'n spermsel wat genetiese materiaal bevat

         1.3.5       'n Toestand waar vroulike diere nie in staat is om na verskeie pogings
                     van kunsmatige inseminasie dragtig te raak nie                  (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           6                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Maagbry is voedsel met 'n balvormige voorkoms wat tydens vertering
                     met speeksel in die bekke van diere gemeng word.

         1.4.2       'n Boerdery waar gewasse en lewende hawe op grootskaal vir wins
                     geproduseer en verkoop word, word 'n intensiewe boerderystelsel
                     genoem.

         1.4.3       Die skede omsluit die primêre manlike reproduksieorgaan.

         1.4.4       Maserasie kom voor wanneer die plasenta saam met die vloeistowwe
                     uitdroog en slegs 'n harde droë fetus in die baarmoeder agterbly.

         1.4.5       Die kragtige sametrekking van die spiere tydens paring wat lei tot die
                     deponering van semen in die vagina van die koei staan as sekresie
                     bekend.                                                       (5 x 1)        (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                                   DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

                               B          C                  D

           A

                                   E

         2.1.1       Noem die plaasdier met 'n spysverteringstelsel soos in die diagram
                     hierbo voorgestel.                                                           (1)

         2.1.2       Gee TWEE redes, wat in die diagram hierbo sigbaar is, om die
                     antwoord op VRAAG 2.1.1 te ondersteun.                                       (2)

         2.1.3       Dui die pH aan van die inhoud van elk van die volgende dele:

                     (a)   B                                                                      (1)

                     (b)   E                                                                      (1)

         2.1.4       Noem TWEE belangrike verteringsfunksies van die stof wat in deel B
                     afgeskei word.                                                               (2)

         2.1.5       Dui die rol aan wat deel C in die vertering van voedsel in die diagram
                     hierbo speel.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            8                                      DBE/2023
                                              SS/NSS

2.2      Varke wat in sogkratte met sementvloere gehuisves word, toon gewoonlik
         'n mineraaltekort.

         2.2.1       Noem die minerale element waaraan hierdie varke 'n tekort het.                (1)

         2.2.2       Dui TWEE tekortsimptome aan van die mineraal wat in VRAAG 2.2.1
                     genoem is, wat varke kan toon.                                                (2)

         2.2.3       Noem EEN metode om die minerale element wat in VRAAG 2.2.1
                     genoem is, aan te vul.                                                        (1)

         2.2.4       Noem die voerkomponent wat aanbeveel word vir optimum groei by
                     varke.                                                                        (1)

2.3      Die diagram hieronder toon 'n plaasdier wat in 'n voedingsproef (eksperiment)
         gebruik word.

                                                   Droë hawerhooi (8 kg)

                               Droë mis (4,5 kg)

         2.3.1       Lei die doel van die voedingsproef hierbo af.                                 (1)

         2.3.2       Klassifiseer die voer wat in hierdie voedingsproef gebruik word.              (1)

         2.3.3       Gebruik 'n formule om die verteerbaarheidskoëffisiënt te bereken van
                     die voer wat in die voedingsproef hierbo gebruik is. (Toon ALLE
                     berekeninge).                                                                 (4)
         2.3.4       Noem die bestanddeel wat by hierdie voer gevoeg kan word om elk
                     van die volgende te verbeter:
                     (a)   Smaaklikheid                                                            (1)
                     (b)   Proteïeninhoud                                                          (1)

2.4      'n Voer het 'n totale verteerbare voedingstofinhoud (TVV) van 80% en 'n
         verteerbare proteïeninhoud (VP) van 8%.

         2.4.1       Bereken elk van die volgende:

                     (a)   Die % nie-stikstof-stowwe in die voer                                   (2)

                     (b)   Voedingsverhouding (VV) van hierdie voer (gebruik 'n formule)           (3)

         2.4.2       Noem TWEE komponente wat deel van die nie-stikstof-inhoud van 'n
                     voer is.                                                                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            9                                      DBE/2023
                                              SS/NSS

2.5      Die tabel hieronder toon 'n voervloeiplan wat deur 'n boer gebruik word.

            MAANDE                HOEVEELHEID VOER                    VOER BENODIG
                                GEPRODUSEER (kg/maand)                  (kg/maand)
                 1                     15 000                             20 000
                 2                     20 000                             20 000
                 3                     30 000                                -
                 4                     40 000                             30 000
                 5                     45 000                             40 000
                 6                     40 000                             42 000

         2.5.1       Indien 'n boer 150 vleisbeeste het wat elkeen 5 kg voer per dag
                     benodig, bereken, in ton, die totale voervereiste gedurende maand 3.
                     (Toon ALLE berekeninge).                                                        (3)

         2.5.2       Dui aan of daar genoeg voer vir die beeste gedurende maand 3 sal
                     wees.                                                                           (1)

         2.5.3       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.2.                                    (1)

         2.5.4       Identifiseer die maand met die kleinste tekort aan voer.                        (1)

         2.5.5       Noem EEN koste-effektiewe strategie om die tekort aan voer
                     gedurende sekere maande in die tabel hierbo aan te pak.                         (1)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           10                                   DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder verteenwoordig produksie-uitset en kosteverspreiding per
         dier in twee voerkrale.

                                                       INSETKOSTE         INSETKOSTE
                                 UITSET PER
           VOERKRAAL                                     PER DIER           PER DIER
                                    DIER
                                                          (VOER)            (ANDER)
                  1                  R1 720                R600               R180
                  2                  R1 680                R750               R60

         3.1.1       Dui die voerkraal aan wat teen die hoogste koste bedryf word.                (1)

         3.1.2       Bepaal die voerkraal wat op die mees koste-effektiewe wyse bedryf
                     word.                                                                        (1)

         3.1.3       Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.1.2 deur na die tabel hierbo te
                     verwys.                                                                      (2)

3.2      Dui aan hoe elk van die strukture hieronder plaasdiere help om in ongunstige
         omgewingstoestande te oorleef:

         (a)     Skuiling                                                                         (1)

         (b)     Isolasiemateriaal                                                                (1)

         (c)     Dakbedekking                                                                     (1)

3.3      Die tabel hieronder toon die temperatuurvereistes van braaikuikens op
         verskillende ouderdomme.

               TEMPERATUURVEREISTES (°C)                  OUDERDOM (WEKE)
                         35                                     1
                         30                                     2
                         25                                     3
                         20                                     4
                         20                                     5
                         20                                     6
                         20                                     7

         3.3.1       Identifiseer, in die tabel hierbo, die temperatuurvereiste van
                     braaikuikens op die ouderdom van drie weke.                                  (1)

         3.3.2       Uit die tabel hierbo, lei die tendens van temperatuurvereistes van
                     braaikuikens oor 'n periode van 7 weke af.                                   (2)

         3.3.3       Gebruik die data in die tabel hierbo om 'n lyngrafiek te teken wat die
                     temperatuurvereistes van braaikuikens op verskillende ouderdomme
                     vir die eerste maand van groei toon.                                         (6)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           11                                     DBE/2023
                                              SS/NSS

3.4        Die illustrasie hieronder verteenwoordig 'n hanteringsfasiliteit vir plaasdiere.

                                                 Drukgang

                                                                        Gaping vir
                                                                        hanteerder

                                        Plaas-
                                        diere

                                                                  Hek

                Hek

           3.4.1     Identifiseer die deel van die hanteringsfasiliteit hierbo waarin daar
                     diere is.                                                                      (1)
           3.4.2     Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om diere in 'n drukgang te
                     bedwing wat aan die fasiliteit hierbo verbind is.                              (2)
           3.4.3     Noem TWEE basiese riglyne om in ag te neem wanneer beeste
                     hanteer word.                                                                  (2)
3.5        Die tabel hieronder toon inligting oor siektes wat plaasdiere affekteer.
      SIEKTE            PATOGENIESE           SLEUTELSIMPTOME                  TIPE DIER
                           AGENT                                             GEAFFEKTEER/
                                                                             GEÏNFEKTEER
Newcastle-siekte                A                Asemnood, nasale               Pluimvee
                                               afskeiding en die dood
        B                   Bakterieë          Geïnfekteerde uier is       Lakterende plaasdiere
                                              geswel, warm en pynlik
Koksidiose                  Protosoa          Diarree, dehidrasie en                   C
                                                   gewigsverlies
Klontwol                     Fungus                      D                           Skape
           3.5.1     Voltooi die tabel hierbo deur die ontbrekende inligting vir A, B, C en D
                     te verskaf.                                                                    (4)
           3.5.2     Noem TWEE voorkomingsmaatreëls om die verspreiding van
                     Newcastle-siekte te verminder.                                                 (2)
           3.5.3     Gee TWEE finansiële implikasies van dieresiektes.                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            12                              DBE/2023
                                               SS/NSS

3.6      Die diagram hieronder dui verskillende stadia in die lewensiklus van 'n
         parasiet in plaasdiere aan.

                                        F

                                                                 A
               E

                                                                   B

                                                                   C

                                        D

         Skryf die letter (A–F) neer wat elk van die volgende stadia in die lewensiklus
         van die parasiet in die diagram hierbo verteenwoordig:

         (a)       Die larwe wat uit die eier broei                                           (1)

         (b)       Die nimf wat op die tweede gasheer sal voed                                (1)

         (c)       Die bosluis wat op die derde gasheer sal voed                              (1)

         (d)       Die eerste gasheer na die larwestadium                                     (1)

3.7      Metaalsoute kan toksies en giftig wees indien plaasdiere dit in oormaat
         inneem. Voorsorgmaatreëls moet dus getref word om die risiko van
         vergiftiging te vermy.

         Gee TWEE simptome van ureumvergiftiging.                                             (2)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           13                            DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagramme hieronder toon die reproduksieorgane van plaasdiere.

                       DIAGRAM 1                            DIAGRAM 2
                                                   C

                                                   D
                                                   E

                                                                                  A
                                    F

                                    G

                                                                                  B

         4.1.1 Skryf die letter (A–G) neer van die deel in die diagramme hierbo wat
               met ELK van die volgende geassosieer word:

                 (a)    Plek van bevrugting                                                (1)

                 (b)    Waar kopulasie plaasvind                                           (1)

                 (c)    Volwassewording van spermselle                                     (1)

         4.1.2 Noem 'n membraan in E wat vir die implantasie van 'n sigoot
               verantwoordelik is.                                                         (1)

         4.1.3 Identifiseer die deel in DIAGRAM 1 wat 'n funksie verrig soortgelyk
               aan die een wat A in DIAGRAM 2 verrig. Skryf slegs die letter (A–G)
               neer.                                                                       (1)

         4.1.4 Gee TWEE aangebore defekte wat steriliteit in DIAGRAM 2 kan
               veroorsaak.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          14                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

 4.2     Die sirkelgrafiek hieronder illustreer die verskillende stadia van die
         estrussiklus by koeie.

         4.2.1       Noem die tydsduur van die siklus hierbo by koeie.                            (1)

         4.2.2       Dui die stadium van die estrussiklus aan wat deur elk van die
                     volgende letters verteenwoordig word:

                     (a)   B                                                                      (1)

                     (b)   D                                                                      (1)

         4.2.3       In die sirkelgrafiek hierbo, identifiseer die deel wat die stadium van
                     hoë FSH-afskeiding verteenwoordig. Skryf slegs die letter (A–D) neer.        (1)

         4.2.4 Noem TWEE praktiese metodes wat deur melkboere gebruik word om
               koeie op hitte te identifiseer.                                                    (2)

         4.2.5 Dui aan wat met die corpus luteum gebeur indien die koei dragtig is.               (1)

4.3      Paringsgedrag by bulle word deur sekere faktore gereguleer.

         4.3.1       Gee TWEE faktore wat paringsgedrag by bulle reguleer.                        (2)

         4.3.2       Noem 'n chemiese bestanddeel wat in die urine van koeie in estrus
                     gevind word wat die libido van bulle stimuleer.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          15                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

4.4      Die tegnieke hieronder word deur boere gebruik om die reproduksietempo
         van plaasdiere te verhoog:

             Kloning
             Kunsmatige inseminasie
             Sinchronisasie van estrus
             Embrio-oordrag

         4.4.1       Identifiseer 'n reproduksietegniek waarop elk van die volgende
                     stellings van toepassing is:

                     (a)   Produksie van nageslag wat geneties identies aan die ouer is        (1)

                     (b)   Benodig hormonale behandeling                                       (1)

         4.4.2       Definieer die term embrio-oordrag.                                        (2)

         4.4.3       Noem TWEE voordele van kunsmatige inseminasie.                            (2)

         4.4.4       Noem 'n reproduksiestadium       wat   onmiddellik   op   suksesvolle
                     inseminasie volg.                                                         (1)

 4.5     Normale ligging (presentering) van die fetus voor geboorte is baie belangrik
         om moeilike geboortes te vermy.

          4.5.1      Gee die gepaste term vir moeilike geboorte.                               (1)

          4.5.2      Gee TWEE oorsake van moeilike geboorte.                                   (2)

          4.5.3      Noem die hormoon wat vir die ontspanning van die koei se spiere
                     voor geboorte verantwoordelik is.                                         (1)

          4.5.4      Gee DRIE sigbare gedragsveranderinge by 'n koei wat op die punt
                     staan om geboorte te skenk.                                               (3)

4.6      Melkproduksie by koeie word deur hormone gestimuleer.

         4.6.1       Noem die hormone verantwoordelik vir elk van die volgende:

                     (a)   Melkproduksie                                                       (1)

                     (b)   Melklating                                                          (1)

         4.6.2       Dui TWEE stimuli aan wat melklating sal verbeter.                         (2)
                                                                                               [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                       GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr12-sept-2023-english/821e9dc9-1bb5-49a3-acb4-db55855c6be7) — Agricultural Sciences · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
