# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                           DBE/November 2013
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

3.       Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.       Toon AL jou berekenings, insluitend 'n formule, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           3                        DBE/November 2013
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Die maag van die vark stel maagsappe vry wat soutsuur bevat, wat
                      verantwoordelik is vir die verandering van ...

                      A       vette na vetsure en gliserol.
                      B       pepsien in pepsinogeen.
                      C       oplosbare kaseïnogeen in kaseïen.
                      D       sukrose na glukose en fruktose.

         1.1.2        Die deel van die spysverteringstelsel van die hoender wat daarvoor
                      verantwoordelik is om voer met die hulp van klein klippies te maal,
                      word deur die volgende letter voorgestel:

                                                                  A

                          B
                          C
                          D

                      A       A
                      B       D
                      C       C
                      D       B

         1.1.3        In herkouerdiere word die vereiste proteïenwaarde vir 'n rantsoen
                      aangevul deur ... by te voeg om die voermengsel meer koste-
                      effektief te maak.

                      A       karkasmeel
                      B       bloedmeel
                      C       vismeel
                      D       ureum

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 4                          DBE/November 2013
                                                     NSS

         1.1.4        Watter van die volgende stowwe word vrygestel wanneer ruvoere
                      deur mikro-organismes in die rumen verteer word?

                      (i)      Vetsure
                      (ii)     Metaan
                      (iii)    Suurstof
                      (iv)     Sellulose

                      Kies die korrekte kombinasie.

                      A        (ii) en (iv)
                      B        (i) en (iii)
                      C        (i) en (ii)
                      D        (i), (ii) en (iii)

         1.1.5        Deur kennis wat deur ouer generasies oorgedra is te gebruik,
                      maal 'n veeboer die as van 'n giftige plant en meng dit met
                      'n voerrantsoen om te voorkom dat diere vergiftig word. Hierdie
                      praktyk is gebaseer op die ... metode.

                      A       konvensionele
                      B       biologiese
                      C       inheemse
                      D       wetenskaplike

         1.1.6        Wanneer diere in 'n vragmotor vervoer word, is die volgende aspek
                      belangrik om kneusing te voorkom:

                      A       Die getal diere en die grootte van die laaiarea
                      B       Die sterkte van die kante van die vragmotor
                      C       Beeste en skape word gemeng
                      D       Enjinkapasiteit en die sterkte van die vragmotor

         1.1.7        Watter van die volgende is deel van 'n intensiewe diereproduksie-
                      eenheid?

                      (i)      Groot bedrae geld word belê
                      (ii)     'n Groot grondoppervlakte met 'n lae produksie-uitset
                      (iii)    Omgewingsbeheer en -bestuur
                      (iv)     Meganisasie

                      Kies die korrekte kombinasie.

                      A        (i), (iii) en (iv)
                      B        (ii), (iii) en (iv)
                      C        (i) en (iv)
                      D        (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        5                            DBE/November 2013
                                            NSS

         1.1.8        EEN van die volgende word gebruik om 'n groot os stil te hou vir
                      individuele behandeling:

                      A   Porstok ('Prodder')
                      B   Nekklamp
                      C   Halter
                      D   Oorplaatjies

         1.1.9        Die kop is die enigste deel van die spermsel (spermatosoön) wat
                      die eiersel vir bevrugting moet binnedring, want ...

                      A   dit is die eerste deel van die spermatosoön.
                      B   dit bevat mitochondria.
                      C   dit bevat genetiese materiaal.
                      D   dit dring met gemak in.

         1.1.10       Die fasiliteit in die illustrasie hieronder wat gebruik word om
                      bosluise te beheer, kan die beste beskryf word as 'n ...

                      A   spuitdip.
                      B   dompeldip.
                      C   voetdip.
                      D   opgietdip.                                               (10 x 2)       (20)

1.2      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM B op SLEGS A, SLEGS B,
         BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A van toepassing is.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
                     A     Mieliemeel
         1.2.1                                      Proteïenryke kragvoer
                     B     Karkasmeel
                     A     Kommersiële boerdery     'n Boerderyeenheid wat hoofsaaklik
         1.2.2                                      gebruik word om voedsel vir die
                     B     Bestaansboerdery         gesin te lewer
                     A     Di-estrus                Die fase van rus in die
         1.2.3
                     B     Pro-estrus               bronstigheidskringloop
                     A     Prostaatklier            Manlike byklier vir die afskeiding van
         1.2.4                                      hormone wat vir geslagsaktiwiteit
                     B     Seminale klier           nodig is
                     A     Virussiektes             Het die grootste ekonomiese impak
         1.2.5
                     B     Swamsiektes              op veeboerdery
                                                                                     (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        6                           DBE/November 2013
                                            NSS

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die  woord/term  langs   die  vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in       die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die deel van die spysverteringstelsel van 'n vark waar die meeste
                      absorpsie van verteerde voedingstowwe plaasvind

         1.3.2        Die komponent van 'n voer wat as die belangrikste bron van hitte
                      en energie vir 'n dier dien

         1.3.3        'n Tradisionele Afrikagebruik waar 'n man die vader van die
                      toekomstige bruid met beeste betaal

         1.3.4        Die proses waardeur 'n Graafse follikel van 'n eierstok bars om die
                      ovum vry te stel

         1.3.5        Die diens wat deur die Staat gelewer word waar diere vir 'n
                      bepaalde tydperk in isolasie gehou word terwyl hulle vir siektes
                      getoets word                                              (5 x 2)           (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Proteïen word tydens vertering na glukose afgebreek.

         1.4.2        Ektotermiese diere handhaaf 'n konstante liggaamstemperatuur,
                      selfs al varieer die omgewingstemperatuur.

         1.4.3        Die Drakensberger is beter aangepas vir plaaslike omgewings-
                      toestande omdat dit 'n eksotiese ras is.

         1.4.4        Die intensiewe boerderybedryf waar beeste op 'n klein area
                      aangehou en gevoer word vir maksimum produksie-uitset, word 'n
                      skropstelsel genoem.

         1.4.5        Muggies vorm maaiers en veroorsaak ernstige wonde op die nat
                      vel rondom die stert van 'n wolskaap.                 (5 x 1)               (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                         DBE/November 2013
                                                NSS

AFDELING B

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: DIEREVOEDING

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van 'n plaasdier.

                                                                  H
                            A        B      C             G

                                                                                   F

                                                              D                E

         2.1.1        Kies 'n letter (A–H) wat 'n deel van die spysverteringstelsel in die
                      diagram hierbo voorstel wat ooreenstem met elk van die volgende
                      beskrywings:

                      (a)       Afskeiding van soutsuur                                             (1)

                      (b)       Die meeste vlugtige vetsure word geabsorbeer                        (1)

                      (c)       Pankreassap word afgeskei                                           (1)

         2.1.2        Beskryf DRIE aanpassings van deel C vir maksimum absorpsie
                      van verteerde voedsel.                                                        (3)

         2.1.3        Beskryf kortliks die absorpsie van vetmolekule in deel C.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           8                          DBE/November 2013
                                               NSS

2.2      Die volgende inligting is gebruik tydens 'n verteerbaarheidsproef wat op 'n
         groep herkouerplaasdiere uitgevoer is:

         Droëmateriaalinhoud van die voer        = 88%
         Droëmateriaalinhoud van die mis         = 77%
         Mis uitgeskei                           = 3,5 kg
         Gemiddelde voerinname                   = 10 kg

         2.2.1        Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie voer.                    (5)

         2.2.2        Verduidelik die implikasie van die waarde wat in VRAAG 2.2.1
                      bereken is.                                                                  (2)

2.3      Mielies en sonneblom-oliekoekmeel is gebruik om 'n gebalanseerde rantsoen
         vir plaasdiere voor te berei. Hierdie diere benodig 18% verteerbare proteïen in
         hulle rantsoen. Mielies het 'n verteerbare proteïeninhoud van 9% en
         sonneblom-oliekoekmeel het 38%.

         2.3.1        Gebruik die Pearson-vierkant om die verhouding van mielies tot
                      sonneblom-oliekoekmeel te bereken wat in hierdie voermengsel
                      benodig word.                                                                (4)

         2.3.2        Bereken die       persentasie   mielies   wat   by hierdie   mengsel
                      ingesluit is.                                                                (3)

2.4      Noem die voedingselementtekort wat met elk van die volgende toestande wat
         in vee waargeneem word, verband hou.

         2.4.1        Weidiere kou droë bene en lek die grond                                      (1)

         2.4.2        Bleek slymvlies                                                              (1)

         2.4.3        'n Vergrote skildklier                                                       (1)

2.5      Die tabel hieronder toon die samestelling van twee voere (A en B).

               KOMPONENT                         VOER A                    VOER B
         Verteerbare proteïen (VP)                 8%                       12%
         Koolhidrate                              50%                       40%
         Vette                                    22%                        5%
         TVV                                        –                       67%
         VV                                         –                       1:5

         2.5.1        Bereken die voedingsverhouding (VV) van voer A.                              (4)

         2.5.2        Identifiseer die voer (A of B) wat die geskikste is vir vetmesting van
                      diere. Regverdig jou antwoord.                                               (3)

         2.5.3        Dui die voer (A of B) aan wat die geskikste is vir jong, groeiende
                      diere. Motiveer jou antwoord.                                                (3)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         9                           DBE/November 2013
                                             NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE

3.1      Kies 'n verduideliking uit die lys hieronder wat by elk van die volgende
         beskrywings van waargenome dieregedrag pas. Skryf slegs die letter (A–E)
         langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         A       Skaduwees in die pad of gesigsveld van diere
         B       Normale moedergedrag
         C       Dier is gesond
         D       Dier kan 'n siekte opdoen
         E       Normale voortplantingsgedrag

         3.1.1        Vroulike diere in die kudde spring op ander vroulike diere en laat
                      toe dat ander vroulike diere op hulle spring                               (1)

         3.1.2        'n Kudde diere wei op natuurlike weiding                                   (1)

         3.1.3        'n Dier het sy aptyt verloor                                               (1)

         3.1.4        Diere wil nie deur 'n hek in 'n gang inbeweeg nie                          (1)

         3.1.5        Dier is aggressief nadat sy geboorte geskenk het                           (1)

3.2      Die tabel hieronder gee data oor temperatuuraanwysers en hitteproduksie vir
         drie verskillende plaasdiere.

             PLAASDIER           LAER KRITIEKE         OPTIMALE              HITTE-
                                 TEMPERATUUR         TEMPERATUUR-          PRODUKSIE
                                      (oC)             REEKS (oC)            (kJ/h)
         Melkkoei                       2                15–23               2 500
         Vark (sog)                    10                12–18                800
         Kuikens (2 weke)              21                28–32                  6

         3.2.1        Identifiseer die dier met die hoogste hitteproduksie per uur. Gee 'n
                      rede vir jou antwoord deur na die data in die tabel te verwys.             (2)

         3.2.2        Gee TWEE moontlike redes waarom kuikens die intensiefste
                      omgewingsbeheermaatreëls benodig.                                          (2)

         3.2.3        Definieer die optimale temperatuurreeks vir produksie-uitset.              (2)

         3.2.4        Verduidelik waarom varke in die winter in 'n beskutte omgewing
                      aangehou word, deur na die data hierbo te verwys.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        10                         DBE/November 2013
                                            NSS

3.3      Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Suid-Afrika het 'n verskeidenheid inheemse plaasdierrasse. Die Mbuzi-bok is
         een van die inheemse rasse wat deur 'n verskeidenheid kleure gekenmerk
         word. Die bokke raak gewild onder telers as gevolg van hulle
         aanpassingsvermoëns. Hulle kan baie goed op steiler terreine oorleef omdat
         hulle lang, sterk, dun bene het, wat hulle ook in staat stel om die meeste
         voedsame struike en bome te vreet. Hulle is nie vatbaar vir wurms nie en het
         goeie moederinstinkte. Hulle verdedig hulself en hul kleintjies teen indringers
         met hul skerp, sterk horings.

         3.3.1        Verwys na die inligting hierbo en beskryf die aanpassing van
                      Mbuzi-bokke onder die volgende opskrifte:

                      (a)   Omgewingstoestande                                                  (2)

                      (b)   Plaag- en siektebestuur                                             (2)

         3.3.2        Mbuzi-bokke word die meeste van die tyd onder ekstensiewe
                      toestande    aangehou.  Hulle   word  slegs  vir  normale
                      bestuurspraktyke   bymekaargebring.  Noem   DRIE     sulke
                      bestuurspraktyke.                                                         (3)

3.4      'n Dier (A) uit 'n klein produksie-eenheid word met 'n dier (B) uit 'n groot
         produksie-eenheid vergelyk. Daar word bereken dat beide diere ongeveer
         6 kg van hulle daaglikse voerinname vir onderhoud gebruik. Die produksie-
         uitset en voerinname van die twee diere word in die tabel hieronder aangedui.

                    INDIKATOR                          DIER A             DIER B
         Produksie-uitset: melkproduksie              12 liter/dag       43 liter/dag
         Voer ingeneem per dag                          48 kg              56 kg

         3.4.1        Bereken die hoeveelheid voer wat elke dier vir produksie gebruik
                      het.                                                                      (2)

         3.4.2        Identifiseer die dier (A of B) wat sy rantsoen die doeltreffendste
                      gebruik het. Motiveer jou antwoord.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        11                         DBE/November 2013
                                            NSS

3.5      Die foto hieronder toon 'n braaikuikenproduksie-eenheid.

         Hierdie braaikuiken-eenheid is toegerus met die volgende gespesialiseerde
         toerusting vir omgewingsbeheer:

         •   Voetbaddens by al die ingange
         •   Opvoubare kantmure
         •   Elektriese verwarmers
         •   Waaiers in die dak en mure
         •   Isoleringsmateriaal op die dak

         3.5.1        Kies die toerusting uit die lys hierbo wat in elk van die volgende
                      gevalle gebruik sal word. Elke tipe toerusting kan slegs een keer
                      genoem word. Skryf slegs die toerusting langs die letter (a–d) in
                      die ANTWOORDEBOEK neer.

                      (a)   Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid dag en nag
                            konstant te hou                                                     (1)

                      (b)   Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid tydens 'n
                            skielike daling in die omgewingstemperatuur te verhoog              (1)

                      (c)   Om die temperatuur in die braaikuiken-eenheid op 'n baie
                            warm dag te verlaag                                                 (1)

                      (d)   Om die moontlikheid dat patogene in die braaikuiken-eenheid
                            ingebring word, te verlaag                                          (1)

         3.5.2        Noem VIER moontlike kenmerke van 'n intensiewe diereproduksie-
                      eenheid gebaseer op die braaikuiken-eenheid hierbo.                       (4)

         3.5.3        Wat is die grootste gesondheidsrisiko vir so 'n braaikuiken-
                      eenheid? Gee 'n rede om jou antwoord te ondersteun.                       (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                               DBE/November 2013
                                              NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

4.1      Die diagram hieronder illustreer dragtigheidsbepaling in 'n koei. Die hand
         word in die rektum ingesteek.

                                                     rektum

                                                                                          vagina

                                                                                          C

                                                                                   B

                                                                                  fetus
                                                    A

         4.1.1        Identifiseer deel A, B en C.                                                     (3)

         4.1.2        Noem TWEE voordele van die vroeë bepaling van dragtigheid.                       (2)

         4.1.3        Verduidelik die rol van die slymprop wat in deel C gevind word.                  (2)

         4.1.4        Noem die toestand wat in elk van die volgende situasies sal
                      plaasvind:

                      (a)   Die fetus sterf, ontbind en bly binne-in die koei                          (1)

                      (b)   Die vloeistof rondom die fetus word geherabsorbeer en 'n
                            harde skelet bly oor                                                       (1)

         4.1.5        Dragtigheid kan voor natuurlike geboorte beëindig word met die
                      uitwerping van 'n sigbare fetus. Identifiseer hierdie situasie en gee
                      TWEE moontlike oorsake daarvan.                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         13                         DBE/November 2013
                                             NSS

4.2      Die diagram hieronder toon 'n struktuur in die vroulike voortplantingstelsel van
         'n plaasdier.

                                                                 brein

                                                          hormoon

         4.2.1        Benoem struktuur A, B en E.                                                (3)

         4.2.2        Noem die hormoon wat met elk van die volgende funksies
                      geassosieer word:

                      (a)   Stimuleer die ontwikkeling van struktuur B                           (1)

                      (b)   Stimuleer proses D                                                   (1)

                      (c)   Karakteriseer die sigbare tekens van bronstigheid                    (1)

                      (d)   Afgeskei deur struktuur F                                            (1)

         4.2.3        Beskryf hoe struktuur E aangepas is om die ovum suksesvol te
                      vang.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      14                          DBE/November 2013
                                          NSS

4.3      Die tabel hieronder toon sekere inheemse metodes wat gebruik word om
         siektes en plae onder vee te beheer.

                                                 FREKWENSIE          PERSENTASIE
             INHEEMSE BEHEERMETODE
                                                 VAN GEBRUIK             (%)
         Galsmering                                   72                 93,5
         Kruie                                        67                 87,0
         Selfdiagnose                                 70                 90,1
         Brand van bosse                              37                 48,1
         Kudde-isolering                              17                 22,0
         Plaaslike konkoksies/mengsels                27                 35,0
                                                      [Aangepas uit 'n veldopname – 1995]

         4.3.1        Identifiseer 'n inheemse beheermetode wat met die chemiese
                      beheer van siektes vergelyk kan word.                                 (1)

         4.3.2        Noem die TWEE metodes wat die algemeenste gebruik word om
                      plae en siektes te beheer deur na die tabel hierbo te verwys.         (2)

         4.3.3        Noem TWEE maniere waarop die brand van bosse besmetting met
                      bosluise sal beheer.                                                  (2)

         4.3.4        Teken 'n kolomgrafiek om die frekwensie van die gebruik van
                      inheemse beheermetodes aan te toon.                                   (6)

         4.3.5        Noem DRIE konvensionele beheermaatreëls wat 'n boer moet
                      gebruik om aansteeklike siektes te beperk.                            (3)
                                                                                            [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 AGRS P1 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p1-qp-eng/1108d6fa-9b11-4ada-96f6-431b5648e3ca) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Gr12 AGRS P1 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p1-qp-afr/aab905af-5176-4a03-89f4-185afab0a3b8) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGRS P1 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-memo-afr/bc3eb23c-e523-448d-bcc0-275b3ab4c02e) — Agricultural Sciences · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
