# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                       LANDBOUWETENSKAPPE V1

                              NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landbouwetenskappe/V1                      2                          DBE/November 2014
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.       Toon ALLE berekenings, insluitend die formules, waar toepaslik.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Landbouwetenskappe/V1                             3                       DBE/November 2014
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1       Die soort diere wat hoofsaaklik op ruvoer voed:

                     A       Varke
                     B       Hoenders
                     C       Beeste
                     D       Eende

         1.1.2       Die metaboliese energiewaarde van 'n voer is gelyk aan die bruto
                     energie van die voer minus die energie wat in die … verlore gaan.

                     A       mis, urine en liggaamshitte
                     B       gasse, urine en liggaamshitte
                     C       mis, gasse en liggaamshitte
                     D       mis, urine en gasse

         1.1.3       Diffusie is die proses wat verwys na die beweging van molekules of
                     partikels ...

                     (i)      vanaf 'n hoër na 'n laer konsentrasie.
                     (ii)     vanaf 'n laer na 'n hoër konsentrasie.
                     (iii)    saam met die konsentrasiegradiënt.
                     (iv)     teen die konsentrasiegradiënt.

                     Kies die regte kombinasie:

                     A       (i) en (iv)
                     B       (i) en (iii)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

         1.1.4       Diere kan water uit die volgende waterbronne kry:

                     A       Omgeskakelde water, drinkwater en water uit voere
                     B       Metaboliese water, drinkwater en water uit voere
                     C       Essensiële water, omgeskakelde water en drinkwater
                     D       Geforseerde water, drinkwater en water uit voere

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Landbouwetenskappe/V1                         4                       DBE/November 2014
                                             NSS

         1.1.5       EEN van die volgende kombinasies van siektes kan as bakteriese
                     siektes geklassifiseer word:

                     A   Hondsdolheid en miltsiekte
                     B   Rooiwater en Newcastle-siekte
                     C   Klontwol en slenkdalkoors
                     D   Mastitis en tuberkulose (TB)

         1.1.6       Verkeerde hantering van plaasdiere kan bleek, pap en waterige
                     vleis, swak gradering van karkasse weens kneusing asook … na
                     die slagproses tot gevolg hê.

                     A   geel vet
                     B   versagting van die vleis
                     C   sagter bene
                     D   vertraagde rigor mortis

         1.1.7       Die goedkoopste en volhoubaarste manier om produksielewering
                     in organiese diereproduksie te verhoog, is om … te gebruik.

                     A   geoutomatiseerde omgewingsbeheer in 'n skuiling
                     B   'n doeltreffende teelprogram
                     C   groeistimulante
                     D   chemikalieë om siektes te voorkom

         1.1.8       Die hormoon verantwoordelik vir die ontwikkeling van sekondêre
                     manlike geslagskenmerke word deur deel ... vrygestel.

                                                              1

                                                              2

                                                              3
                                                               4

                     A   1
                     B   2
                     C   3
                     D   4

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Landbouwetenskappe/V1                             5                          DBE/November 2014
                                                 NSS

         1.1.9            … verwys na die heg van die embrio aan die endometrium van
                          'n sog.

                          A   Dragtigheid
                          B   Sinchronisasie
                          C   Implantasie
                          D   Kopulasie

         1.1.10           Die pasgebore kalf of lam word kolostrum gegee om … te verhoog.

                          A   weerstand teen siektes
                          B   melkproduksie
                          C   die sametrekking van willekeurige spiere
                          D   hormonale funksie                                       (10 x 2)      (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Slegs B.

         Voorbeeld: 1.2.6                  KOLOM A                        KOLOM B
                                   A: Mieliemeel                 'n Voer met 'n hoë
                                   B: Karkasmeel                 proteïeninhoud

         Antwoord: 1.2.6 slegs B

                               KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1       A:       Vitamien A                    'n Tekort aan hierdie voedingstof
                     B:       Vitamien D                    kan parakeratose veroorsaak
         1.2.2       A:       Diere word mak                Gevolg van die regte en gereelde
                     B:       Aggressiewe temperament       hantering van diere
         1.2.3       A:       Bek-en-klouseer
                                                            Voorbeeld van 'n virussiekte
                     B:       Slenkdalkoors
         1.2.4       A:       90 dae                        Die droë periode van melkkoeie
                     B:       60 dae                        voor hulle volgende kalwing
         1.2.5       A:       Reproduktiewe kloning
                                                            'n Nuwe organisme word geskep
                     B:       Terapeutiese kloning
                                                                                       (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Landbouwetenskappe/V1                         6                           DBE/November 2014
                                             NSS

1.3      Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Strategiese plan vir veeboere om te verseker dat daar genoeg voer
                     op die plaas is om vir 'n tydperk van een jaar aan al die behoeftes
                     van diere te voldoen

         1.3.2       'n Permanente hanteringsfasiliteit wat gebruik word om 'n bul aan
                     sy kop te bedwing

         1.3.3       'n Paar globulêre kliere wat soos 'n tros druiwe lyk en wat die
                     grootste sekondêre geslagskliere van 'n bul is

         1.3.4       Die proses wat lei tot die vorming van eierselle of ova

         1.3.5       'n Inflammatoriese bakteriese siekte wat akuut of chronies kan
                     wees en wat die uier van 'n koei aantas                  (5 x 2)               (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Die kouproses is 'n chemiese vorm van vertering wat die
                     oppervlakarea van voedsel vir effektiewe ensiemaktiwiteit vergroot.

         1.4.2       'n Voedingsbenadering waar diere onbeperkte toegang tot 'n
                     aanvulling kry en hulle kan vreet wanneer en soveel hulle wil,
                     word hooivoeding genoem.

         1.4.3       Kwarantyn behels die bestuurspraktyk en -strategie wat die
                     ontstaan en verspreiding van siektes deur kontak beheer.

         1.4.4       Die verf van sôe se spene met 'n sinkoplossing verminder die kans
                     van bloedarmoede in klein varkies.

         1.4.5       Oorplanting is 'n tegniek wat op vroulike diere gebruik word om
                     hulle ongeveer op dieselfde tyd te laat bronstig word.   (5 x 1)               (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Landbouwetenskappe/V1                                   7                                DBE/November 2014
                                                       NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die roete van voedsel deur die maag van 'n
         plaasdier.

                                 Slukderm
                                 Slukderm
                     C
                 A

                         A   C
                                       C

                             A
                                   B           B
                                                       B
                                           B

                                                   B         B

                                                                                          Dunderm
                                                                                            Dunderm

         2.1.1           Identifiseer die soort dier wat 'n maag soos in die diagram hierbo
                         het.                                                                                   (1)

         2.1.2           Identifiseer die prosesse               wat   deur   pyltjies   A,   B   en    C
                         verteenwoordig word.                                                                   (3)

         2.1.3           Die proses wat deur pyltjie B voorgestel word, is voordelig vir
                         hierdie plaasdier. Motiveer hierdie stelling deur DRIE voordele
                         te noem.                                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Landbouwetenskappe/V1                          8                             DBE/November 2014
                                              NSS

2.2      Die tabel hieronder dui die gehalte van weivelde en voedingswaardes oor 'n
         tydperk van drie seisoene aan.

          SEISOEN          GEHALTE VAN WEIVELD               VOEDINGSWAARDE
          Somer                   Hoog                     Hoë proteïene en energie
                                                            Lae gehalte proteïene,
          Winter                     Laag
                                                                 droë weiveld
          Lente               Goed (nuwe groei)            Verhoogde proteïeninhoud

         2.2.1       Beskryf kortliks hoe die bevolkingsgrootte van die volgende mikro-
                     organismes in die retikulorumen van diere wat op hierdie weivelde
                     wei met die seisoene sal verskil, met verwysing na:

                     (a)     Amilolitiese bakterieë in die somer                                    (2)

                     (b)     Proteolitiese bakterieë in die winter                                  (2)

         2.2.2       Beskryf die gehalte van 'n aanvullende voer wat in die winter op
                     hierdie weivelde voorsien sal word.                                            (2)

         2.2.3       Noem die vitamien wat waarskynlik gebrekkig is by diere wat op
                     droë weivelde wei.                                                             (1)

2.3      'n Dier vreet 24 kg hooi met 'n voginhoud van 12%. Dit skei 7,3 kg droë
         mis uit.

         2.3.1       Bereken die koëffisiënt van verteerbaarheid van hierdie hooi.                  (5)

         2.3.2       Die hooi wat hierbo genoem word, kan nie vir melkkoeie as die
                     enigste bron van voer aanbeveel word nie. Regverdig hierdie
                     stelling.                                                                      (2)

2.4      Die tabel hieronder dui die samestelling van twee dierevoere aan.

                             VOER A                             VOER B
                             80% TVV                            50% TVV
                              8% VP                              4% VP
                           4 mg kalsium                       2 mg kalsium
                            6% ruvesel                        12% ruvesel

         2.4.1       Identifiseer die voer wat heel waarskynlik aan nie-herkouende
                     diere gevoer sal word.                                                         (1)

         2.4.2       Motiveer die antwoord op VRAAG 2.4.1.                                          (2)

         2.4.3       Bereken die voedingsverhouding van VOER B.                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Landbouwetenskappe/V1                                                 9                             DBE/November 2014
                                                                     NSS

2.5                            Die grafiek hieronder illustreer 'n voervloeiprogram. Beantwoord die vrae
                               wat volg.

                                               Hoeveelheid voer in 'n voervloeiprogram
                                                     in 'n tydperk van een jaar
                               180
                               160

      Hoeveelheid voer (ton)
                               140
                               120
                               100
                                80
                                                                                                     Voer beskikbaar
                                60
                                                                                                     Voer benodig
                                40
                                20
                                 0
                                     Jan. Feb. Mar. Apr. Mei Jun.   Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des.
                                                          Tyd (maande)

                               2.5.1       Vanaf die grafiek hierbo, lei die getal maande af waartydens daar
                                           meer voer beskikbaar sal wees as wat die diere nodig het.                       (1)

                               2.5.2       Dui 'n bepaalde maand aan waartydens die beskikbare voer die
                                           mees onvoldoende vir die diere sal wees.                                        (1)

                               2.5.3       Bereken die voertekort in Oktober in kilogram (kg).                             (3)

                               2.5.4       Stel DRIE kostedoeltreffende maatreëls vir beter voerbenutting
                                           voor wat in Januarie en Februarie toegepas kan word.                            (3)
                                                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Landbouwetenskappe/V1                        10                         DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die produksiestelsel hieronder kom algemeen op klein skaal in plattelandse
         gemeenskappe voor. Hoenders word met oorskietkos uit die huis en graan-
         gewasse van lande af gevoer.

         3.1.1       Identifiseer die tipe pluimveeproduksiestelsel hierbo wat gewoonlik
                     deur landelike gemeenskappe beoefen word.                                  (1)

         3.1.2       Noem DRIE voordele van die stelsel in VRAAG 3.1.1.                         (3)

         3.1.3       Noem DRIE probleme wat met hierdie soort produksiestelsel
                     geassosieer kan word.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Landbouwetenskappe/V1                         11                        DBE/November 2014
                                             NSS

 3.2     Die strukture, apparate en toestelle hieronder word in die hantering en
         bestuur van plaasdiere in 'n diereproduksiestelsel gebruik.

              •      Doringdraadheining om plaasgrond te verdeel
              •      'n Aparte drukgang
              •      Rooi vlae en waarskuwingstekens
              •      Kraal met takke en stokke gemaak
              •      'n Skuiling met houtpale en seil gemaak

         Dui aan watter van die strukture, apparate en toestelle hierbo die geskikste
         sal wees om in elk van die volgende situasies te gebruik:

         3.2.1        Die implementering van 'n wisselweidingstelsel                           (1)

         3.2.2        Bestaansboere gebruik hierdie struktuur om diere snags te huisves        (1)

         3.2.3        Beskerming van jong lammers teen koue en wind                            (1)

         3.2.4        'n Trop beeste wat 'n openbare pad oorsteek                              (1)

3.3      Die boere hieronder is by twee verskillende produksiestelsels betrokke.

                         BOER A                                   BOER B
          Boer in 'n 4 800 ha semi-ariede          Boer in 'n 400 ha nat gebied met
          gebied met 2 werkers. Die plaas het      20 werkers. Die plaas het
          1 plaasstoor, 8 windpompe, 1 bees-       6 plaasstore, 25 voerkraalkampe,
          hanteringsfasiliteit, 1 dipstasie en     3 beeshanteringsfasiliteite,
          400 beeste wat op natuurlike weiding     3 dipstasies en 3 500 beeste.
          aangehou word.

         3.3.1        Identifiseer die boerderystelsel wat deur BOER A beoefen word.           (1)

         3.3.2        Gee TWEE redes uit die tabel wat die antwoord op VRAAG 3.3.1
                      ondersteun.                                                              (2)

         3.3.3        Onderskei kortliks tussen die voedingstrategieë wat deur BOER A
                      en BOER B gevolg word.                                                   (2)

         3.3.4        Noem TWEE maatreëls wat BOER A kan tref om produksie te
                      verhoog.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Landbouwetenskappe/V1                        12                                        DBE/November 2014
                                            NSS

3.4      Liggaamstemperatuur, die getal asemteue per minuut en die hartkloptempo
         van die dier is hoofaanwysers van die gesondheid van 'n dier.

         3.4.1       Noem die liggaamsdeel van 'n koei waar die termometer ingesteek
                     word om die liggaamstemperatuur te meet.                                                 (1)

         3.4.2       'n Dier ly aan 'n akute siekte. Wat sal die status van die volgende
                     gesondheidsaanwysers van hierdie dier wees:

                     (a)   Liggaamstemperatuur                                                                (1)

                     (b)   Asemhalingstempo                                                                   (1)

                     (c)   Hartklop                                                                           (1)

3.5      Die prentjie hieronder is op die beheer van eksterne parasiete gebaseer.

                                  Voorkom dit ...

                                        Vlieë       Myte             Luise

                            met …               With...
                        Delete ALL                              Reg-om-te-gebruik –
           Reg. Nr. G2837 Wet 36/1947                            giet net oor
                                                                Residuele aksie
                                            Renostervoël
                                                Ox-pecker       Niesistemiese aksie
                                                                Deltametrien
                                            verenigbaar
                                                  Compatible     0,50% m/v
                                                                Amitrax 2,0% m/v
                                                                Piperoniel
                                                                 Butoksied 2,0% m/v

         3.5.1       Identifiseer die soort en die naam van die bosluis wat met hierdie
                     medikasie behandel word.                                                                 (2)

         3.5.2       Dui EEN dieresiekte aan wat deur die bosluis in VRAAG 3.5.1
                     oorgedra word.                                                                           (1)

         3.5.3       Die chemiese stof hierbo word as omgewingsvriendelik beskou.
                     Regverdig hierdie stelling deur TWEE redes uit die data in die
                     prentjie te gee.                                                                         (2)

         3.5.4       Stel 'n geskikte metode voor om hierdie chemiese stof toe te dien.                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Landbouwetenskappe/V1                                  13                      DBE/November 2014
                                                      NSS

         3.5.5            Die rol van die staat is om beheer oor medisyne en middels soos
                          die een in die prentjie uit te oefen. Regverdig hierdie stelling deur
                          TWEE aspekte uit die data hierbo te noem.                                   (2)

3.6      Boere moet bewus wees van plante wat 'n gevaar vir vee inhou omdat hulle
         giftig is.

         3.6.1            Noem TWEE plante wat gewoonlik in natuurlike weivelde gevind
                          word en wat vir diere giftig kan wees.                                      (2)

         3.6.2            Dui DRIE maatreëls aan wat die boer kan tref om plantvergiftiging
                          te voorkom.                                                                 (3)
                                                                                                      [35]

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder stel die vroulike voortplantingstelsel voor.

                      A

              B
                                                      G
              C

                                                  F
                  D

                                              E

         4.1.1            Identifiseer deel A, B, C en F.                                             (4)

         4.1.2            Dui die letter (A–G) en die naam van die deel aan wat normaalweg
                          tydens dragtigheid met 'n alkaliese slymprop geseël word.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Landbouwetenskappe/V1                        14                        DBE/November 2014
                                            NSS

4.2      Die data hieronder stel hormoonvlakke tydens die bronstigheidskringloop voor.

              DAE            PROGESTEROONVLAK-              ESTROGEENVLAK-
                             KONSENTRASIE (mg/mℓ)         KONSENTRASIE (mg/mℓ)
                0                    3                            2
                4                      3                               2
                8                      32                              2
               12                      32                              2
               16                      32                              2
               20                      3                               30
               24                      3                               2

         4.2.1 Teken 'n lyngrafiek om die progesteroon- en estrogeenvlakke op
               verskillende dae tydens die bronstigheidskringloop te illustreer.                 (6)

         4.2.2 Stel die rol van progesteroon vanaf dag 8 tot dag 16 voor.                        (1)

         4.2.3 Lei die dag wanneer die follikels ten volle ontwikkel sal wees van die
               data hierbo af.                                                                   (1)

         4.2.4 Motiveer die antwoord op VRAAG 4.2.3 deur na die grafiek te verwys.               (1)

4.3      Die diagram hieronder illustreer 'n spermsel.

                     A   B       C             D                       E

         4.3.1 Identifiseer deel B.                                                              (1)

         4.3.2 Skryf die letter van die deel wat die akrosoom voorstel, neer.                    (1)

         4.3.3 Noem EEN funksie van deel E.                                                      (1)

         4.3.4 Onderskei tussen 'n spermsel en semen.                                            (2)

         4.3.5 Dui TWEE metodes om semen by bulle te versamel, aan.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Landbouwetenskappe/V1                         15                         DBE/November 2014
                                             NSS

4.4      Kunsmatige inseminasie (KI) maak dit vir boere moontlik om die meeste
         vroulike diere op die plaas dragtig te kry. Om die gewenste resultate te verkry,
         moet die boer die bronstigheidskringlope van vroulike diere dophou om
         bronstigheid en gereedheid vir inseminasie vas te stel.

         4.4.1       Definieer kunsmatige inseminasie.                                       (2)

         4.4.2       Noem DRIE hoofvereistes vir suksesvolle kunsmatige inseminasie
                     van plaasdiere.                                                         (3)

4.5      Die stellings hieronder verwys na die hoofstadia van 'n voortplantingstegniek
         wat op koeie uitgevoer word:

         A.   Spoel die embrio's uit die skenkerkoei
         B.   Die skenkerkoei word geïnsemineer
         C.   Superovulasie van die skenkerkoei
         D.   Plaas die embrio in die ontvangerkoei
         E.   Sinchroniseer beide die skenker- en die ontvangerkoei

         4.5.1       Identifiseer die voortplantingstegniek hierbo.                          (1)

         4.5.2       Rangskik die stellings (A–E) hierbo in die korrekte volgorde.           (5)

         4.5.3       Noem TWEE voordele van hierdie voortplantingstegniek.                   (2)
                                                                                             [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRSC P1 GR12 QP ENG SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p1-gr12-qp-eng-sept2014/efb46740-1d9b-4a0c-ae0f-ae59e31ed7ff) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGR SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-memo-sept2020-afrikaans/87738a5d-7089-4dd9-a420-a2b9a5b62859) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
