# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                         LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                          DBE/November 2015
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon alle berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               3                   DBE/November 2015
                                                   NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Die enigste kompartement van die herkouerkalf se maag wat
                      funksioneel is terwyl dit nog soog:

                      A      Abomasum
                      B      Omasum
                      C      Rumen
                      D      Retikulum

         1.1.2        'n Voer met 'n hoë verteerbaarheidskoëffisiënt bevat …

                      A      minder vesel en meer verteerbare voedingstowwe.
                      B      meer vesel en meer verteerbare voedingstowwe.
                      C      minder vesel en minder verteerbare voedingstowwe.
                      D      meer vesel en minder verteerbare voedingstowwe.

         1.1.3        Die mikroörganismes in die rumen verteer sellulose om die
                      volgende produkte te produseer:

                     (i)     Koolstofdioksied
                     (ii)    Bottersuur
                     (iii)   Pepsien
                     (iv)    Metaan

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i), (iii) en (iv)
                      B      (ii), (iii) en (iv)
                      C      (i), (ii) en (iv)
                      D      (i), (ii) en (iii)

         1.1.4        Chemiese bestanddele wat by die voer van plaasdiere gevoeg
                      word sodat hul rustiger raak en meer vreet:

                      A      Antibiotika
                      B      Groeihormone
                      C      Skildklierreguleerders
                      D      Kalmeermiddels

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                4                            DBE/November 2015
                                                    NSS

         1.1.5        Die vlugsone van 'n koei verwys na die ruimte …

                      A       nader aan die drukgang.
                      B       tussen twee hekke.
                      C       rondom die sy van die koei.
                      D       voor die koei se kop.

         1.1.6        Die stellings hieronder is korrek ten opsigte van die lewensiklus
                      van 'n eengasheerbosluis.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      (i)     Die eiers broei uit en vorm larwes.
                      (ii)    Die larwes ontwikkel in nimfe.
                      (iii)   Die larwes en nimfe leef op 'n tussengasheer.
                      (iv)    Die nimfe ontwikkel in volwassenes.

                      A       (i), (ii) en (iii)
                      B       (i), (ii) en (iv)
                      C       (ii), (iii) en (iv)
                      D       (i), (iii) en (iv)

         1.1.7        Die bakteriese siekte wat hoofsaaklik die melkkliere van plaasdiere
                      aantas:

                      A       Rooiwater
                      B       Mastitis
                      C       Anaplasmose
                      D       Miltsiekte

         1.1.8        Tweelinge wat uit twee verskillende ova ontwikkel en deur twee
                      verskillende spermselle bevrug word:

                      A       Hermafrodiet
                      B       Monosigoties
                      C       Disigoties
                      D       Maserering

         1.1.9        Kies die KORREKTE volgorde van die ontwikkeling van die sigoot
                      na bevrugting:

                      A       Sigoot          inplantasie        blastosist        morula
                      B       Sigoot          morula        blastosist       inplantasie
                      C       Sigoot          morula        inplantasie        blastosist
                      D       Sigoot          blastosist      morula        inplantasie

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           5                          DBE/November 2015
                                               NSS

         1.1.10       'n Hormoon wat 'n belangrike rol in die stimulasie van laktasie na
                      geboorte/parturisie speel:

                      A    Relaksien
                      B    Luteïniserende hormoon
                      C    Oksitosien
                      D    Prolaktien                                               (10 x 2)       (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.

                        KOLOM A                                    KOLOM B
                     A:   Koper
         1.2.1                                       Duinetering
                     B:   Kobalt
                     A:    80% TVV                   'n Produksierantsoen met vismeel wat
         1.2.2                                       vir hoogproduserende melkkoeie
                     B:    4% VP                     gebruik word
                     A:    Plantvergiftiging
         1.2.3                                       Oormatige speekselafskeiding
                     B:    Ureumvergiftiging
                     A:    Kriptorgadisme      Toestand waar vroulike diere na
         1.2.4                                 verskeie inseminasiepogings nie
                     B:    Herhaalkoeisindroom bevrug raak nie
                     A:    Estrus
         1.2.5                                 Gereguleer deur progesteroon
                     B:    Ovulasie
                                                                                       (5 x 2)     (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1        'n Alkaliese vloeistof wat deur die lewer geproduseer en in die
                      dunderm vrygestel word om met die vertering van vette te help

         1.3.2        'n Tegniek waar gordyne binne 'n braaikuikenhuis gebruik word om
                      te help om temperatuur te reguleer

         1.3.3        Die term gegee aan die organisme wat verantwoordelik is vir die
                      oordra van virussiektes soos slenkdalkoors

         1.3.4        Die toestand waar vroulike diere gedurende die geboorteproses
                      probleme ondervind en die hulp van 'n veearts of die boer benodig

         1.3.5        Die onvermoë van 'n bul om koeie wat in estrus is, te dek, selfs al
                      stel hy belang                                             (5 x 2)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                           DBE/November 2015
                                             NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        'n Aanvullingsprogram is 'n strategiese plan vir veeboere om te
                      verseker dat daar genoeg voer is om die hele jaar in die behoeftes
                      van plaasdiere te voorsien.

         1.4.2        'n Diepskropstelsel is wanneer pluimvee toegelaat word om
                      bedags vrylik rond te beweeg en snags in hokke gehou word.

         1.4.3        Kroniese siektes kom skielik, onverwags en soms sonder enige
                      vorige tekens voor en lei daarom tot 'n vinnige dood.

         1.4.4        Braaikuikens word onder intensiewe toestande in batteryhokke
                      aangehou om eiers te produseer.

         1.4.5        Die endoderm is die middelste laag waaruit die hart, skelet, spiere,
                      urogenitale en vaskulêre stelsels ontwikkel.                 (5 x 1)       (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              7                         DBE/November 2015
                                                  NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van 'n plaasdier.

                           B
                                              C             D         E

                 A

         2.1.1       Identifiseer die tipe plaasdier getoon in die diagram hierbo.                   (1)

         2.1.2       Verwys na ten minste EEN struktuur in die diagram hierbo om die
                     antwoord op VRAAG 2.1.1 te motiveer.                                            (1)

         2.1.3       Identifiseer die gedeelte waar elk van die volgende plaasvind en skryf
                     slegs die letter (A–E) neer:

                     (a)       Uitskeiding                                                           (1)

                     (b)       Absorpsie van aminosure                                               (1)

                     (c)       Hoofabsorpsie van water                                               (1)

         2.1.4       Gee TWEE redes waarom die dier hierbo NIE ruvoere gevoer kan
                     word NIE.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          8                          DBE/November 2015
                                              NSS

2.2      Water, vitamiene en minerale moet altyd as 'n integrale deel van dierevoeding
         ingesluit word.

         2.2.1       Noem DRIE funksies van water in dierevoeding.                               (3)

         2.2.2       Noem 'n vitamien- of mineraaltekort wat tot elk van die volgende kan
                     lei:

                     (a)   Osteomalasie                                                          (1)

                     (b)   Nagblindheid                                                          (1)

                     (c)   Goiter                                                                (1)

                     (d)   Bloedarmoede                                                          (1)

2.3      Die voginhoud van hooi vir beeste in 'n voerkraal is 8%. 'n Kudde
         speenkalwers vreet daagliks gemiddeld 30 kg van die hooi en skei 12 kg droë
         mis uit.

         2.3.1       Verwys     na    die     inligting   hierbo     en   bereken     die
                     verteerbaarheidskoëffisiënt van die hooi. Toon ALLE berekeninge.            (5)

         2.3.2       Stel DRIE prosesse voor wat toegepas kan word om die
                     verteerbaarheid van voer te verhoog.                                        (3)

2.4      Die tabel hieronder toon die voer wat 'n melkboer kan gebruik om 'n rantsoen
         saam te stel.

         VEREISTE VERTEERBARE                       VOER                VERTEERBARE
         PROTEÏENWAARDE (VP) %                                        PROTEÏENWAARDE
                                                                           (VP) %
                                                   Mielies                   9%
                           17%
                                             Grondboontjie-oliekoek         44%

         2.4.1       Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die rantsoen te balanseer.            (3)

         2.4.2       Bereken die persentasie mielies wat by die rantsoen ingesluit moet
                     word.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             9                             DBE/November 2015
                                                 NSS

2.5          Die grafiek hieronder toon die beskikbare voer en aanvullingsbehoeftes in 'n
             skaapproduksie-eenheid.

                                                                   SLEUTEL:
                                         Jan.                      xxx:   Veldvoer
                            Des.
                                   xxx   xxx            Feb.       000:   Hawermoutaanvulling
               Nov.
                                                 xxx               +++:   Mineraallekaanvulling
                      xxx
                                                 000
                      ●●●                                          ●●●:   Kragvoeraanvulling

      Okt.     xxx                                       xxx
               000                                        000    Mrt.
               ●●●

  Sept.       xxx                                         xxx
              000                                         000
                                                                 Apr.

                                                 +++
                     +++                          000
                     000
          Aug.                                    xxx
                               +++       +++               Mei
                               000       000
                            Jul.          Jun.

             2.5.1    Identifiseer die maande waartydens daar voldoende veldvoer was.                     (2)

             2.5.2    Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.1 deur na die grafiek
                      hierbo te verwys.                                                                   (1)

             2.5.3    Gee 'n rede waarom kragvoer in Oktober en November gegee is.                        (2)

             2.5.4    Veronderstel dat die veld, soos hierbo genoem, in Januarie 3,4 ton
                      voer verskaf het.

                      Bereken:

                      (a)     In kg, die hoeveelheid voer wat in Januarie deur die veld
                              verskaf is                                                                  (1)

                      (b)     Die vraag na veld in Januarie as 50 skape elk 2 kg voer per
                              dag vreet. Toon ALLE berekeninge.                                           (2)
                                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            10                          DBE/November 2015
                                                NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die foto's hieronder toon twee tipes produksiestelsels (A en B) wat algemeen
         in Suid-Afrika gebruik word.

                               A                                         B

         3.1.1       Identifiseer produksiestelsel A en B.                                          (2)

         3.1.2       Vergelyk die verskille tussen produksiestelsel A en produksiestelsel B
                     onder die volgende opskrifte:

                     (a)   Omgewingsbeheer                                                          (2)

                     (b)   Produktiwiteit                                                           (2)

                     (c)   Menslike insette                                                         (2)

         3.1.3       Noem EEN belangrike rede waarom beeste aangehou word in die
                     fasiliteit wat deur stelsel B voorgestel word.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         11                         DBE/November 2015
                                             NSS

3.2      Die diagram hieronder verteenwoordig plaasdiere en die maniere waarop
         hulle hitte verloor.

                        A                                       C

                                            B

         3.2.1       Identifiseer DRIE maniere waarop hitte (energie) in dier A, B en C
                     verlore gaan.                                                              (3)

         3.2.2       Dui TWEE maniere aan waarop hitte (energie) verlore gaan, buiten
                     dié wat in die diagram hierbo getoon word.                                 (2)

         3.2.3       Noem TWEE tekens van hittestres by plaasdiere.                             (2)

         3.2.4       Stel TWEE bestuurspraktyke voor om die tipe hitteverlies, wat in
                     dier A voorgestel word, te verminder.                                      (2)

3.3      Die tabel hieronder verteenwoordig die             gemiddelde     polsslag    en
         respirasietempo van verskillende plaasdiere.

           PLAAS-           GEMIDDELDE POLSSLAG               GEMIDDELDE
           DIERE               (HARTKLOP PER                RESPIRASIETEMPO
                                  MINUUT)               (ASEMHALING PER MINUUT)
         Beeste                        65                             20
         Perde                         40                             15
         Skape                         80                             20
         Bokke                         75                             15
         Varke                         60                             10

         Teken 'n lyngrafiek om die gemiddelde polsslag en respirasietempo van die
         verskillende plaasdiere in die tabel op een grafiek voor te stel.                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           12                       DBE/November 2015
                                               NSS

3.4       Die tabel hieronder verteenwoordig die inentingsprogram wat 'n boer gebruik
          om akute dieresiektes op 'n plaas te voorkom.

       SIEKTE         PATOGEEN       HOOFSIMPTOOM VAN           PLAASDIERE       TYD VAN
                      BETROKKE             DIE SIEKTE             INGEËNT       INENTING
                                     Swelling van die nek wat
                                      asemnood veroorsaak,
          A            Bakterieë     en bloederige afskeiding        B           Enige tyd
                                       uit die neus, bek en
                                              rektum
      Rooiwater            C             Donkerrooi urine            D            Jaarliks
      Bek-en-                                                   Beeste, skape
                         Virus                   E                                    F
      klouseer                                                    en bokke
                                     Hoë koors, bloedbevlekte
      Slenkdal-                        nasale afskeiding en     Beeste, skape
                           G                                                      Jaarliks
      koors                           aborsie by aangetaste       en bokke
                                          vroulike diere

          3.4.1      Voltooi die tabel hierbo. Skryf slegs die antwoord langs die letter
                     (A–G) in die ANTWOORDEBOEK neer.                                           (7)

          3.4.2      Noem die vektor vir rooiwater.                                             (1)

3.5       Parasiete kan ernstige ekonomiese verliese veroorsaak, daarom moet boere
          seker maak dat parasiete doeltreffend beheer word.

          Stel die geskikste metode voor wat gebruik word om geneesmiddels aan
          diere toe te dien om elk van die volgende parasiete en toestande te beheer:

          3.5.1      Om rondewurms en platwurms uit te roei                                     (1)

          3.5.2      Om eksterne parasiete soos bosluise en myte mee te behandel                (1)

          3.5.3      Om brommers op oop wonde te behandel                                       (1)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          13                         DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

Prent A en B hieronder verteenwoordig sekere stadiums van geboorte by beeste.

4.1

                             A                                        B

         4.1.1        Noem die stadiums van geboorte in prent A en B.                               (2)

         4.1.2        Identifiseer, in prent A of B, die verkeerde posisionering van die
                      kalf. Gee 'n rede vir die antwoord.                                           (2)

         4.1.3        Watter prent (A of B) stem met die volgende aktiwiteite ooreen?

                      (a)   Oksitosien word vrygestel om sametrekkings te begin.                    (1)

                      (b)   Sametrekkings kom elke twee minute voor.                                (1)

                      (c)   Die naelstring breek en die kalf begin asemhaal.                        (1)

         4.1.4        Daar is sigbare gedragsveranderings by die koei in stadium B.
                      Noem DRIE van hierdie veranderings.                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                       14                  DBE/November 2015
                                                           NSS

4.2      Die grafiek hieronder verteenwoordig die hormoonvlakke van 'n koei tydens
         verskillende fases in die estrussiklus.

                                           Progesteroon
                                           LH
                                           FSH
                                           Estrogeen
                                           Prolaktien

                 Hormoonkonsentrasie

                                       5       10          15            1      5
                                                     Dae van die estrussiklus

         4.2.1 Definieer die term estrussiklus.                                                          (2)

         4.2.2 Identifiseer die dae waartydens die progesteroonvlak die hoogste is.                      (1)

         4.2.3 Gee 'n rede vir die skielike daling in die FSH-vlakke tussen dag 2 en 3.                  (1)

         4.2.4 Gee 'n rede vir die styging in die progesteroonvlak vanaf dag 3 en 4.                     (2)

         4.2.5 Dui die invloed van estrogeen op LH aan.                                                  (1)

         4.2.6 Noem die klier in die dier se liggaam waar prolaktien geproduseer word.                   (1)

4.3      Boere kan verskeie elektroniese en meganiese toestelle gebruik om
         bronstigheid by plaasdiere waar te neem.

         Identifiseer elke toestel wat hieronder beskryf word:

         4.3.1 Word aan 'n koei se onderbeen vasgemaak om beweging te monitor                            (1)

         4.3.2 Merker wat op 'n koggelkoei geplaas word om 'n merk op die rug van
               'n gedekte koei te laat.                                                                  (1)

         4.3.3 Word as 'n merker op koeie geplaas en strek vanaf die heupbeen tot
               waar die stert begin                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            15                        DBE/November 2015
                                                NSS

4.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n voortplantingsproses by skape.

                         A                      Skenkerkern

                                                              Saamgesmelte
                                      Eiersel                     sel

                               Eiersel uit
                               volwasse skaap
                                              B
                               geneem
                     C                                               Embrio

         4.4.1        Identifiseer die tipe voortplantingsproses in die diagram hierbo.            (1)

         4.4.2        Definieer die proses in VRAAG 4.4.1.                                         (2)

         4.4.3        Beskryf die fase voorgestel deur B.                                          (1)

         4.4.4        Stel DRIE doelwitte van die proses in VRAAG 4.4.1 voor.                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          16                              DBE/November 2015
                                              NSS

4.5      Die diagram hieronder toon 'n proses wat in die voortplantingstelsel van koeie
         voorkom.

                                                             Oögonium

                                                            A

                                                                           B

                      Ovum

                                                     Bipolêre selle

         4.5.1        Identifiseer die proses in die diagram hierbo geïllustreer.                  (1)
         4.5.2        Noem die tipe selverdeling wat vir die vorming van sel A
                      verantwoordelik is.                                                          (1)
         4.5.3        Gee 'n rede waarom selle B deur meiose verdeel.                              (1)
         4.5.4        Dui die eindprodukte van verdeling van die volgende prosesse aan:
                      (a)   Oögenese                                                               (1)
                      (b)   Spermatogenese                                                         (1)
         4.5.5        Noem die orgaan waar jy die volgende sal aantref:
                      (a)   Spermatogonium                                                         (1)
                      (b)   Oögonium                                                               (1)
                                                                                                   [35]
                                                                      TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                          GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-memo-afr/c2021dc3-190e-4495-a864-78e96b305ead) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [AGRSC P1 GR12 QP ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p1-gr12-qp-eng-sept2015/46c90136-7b40-434f-b5e3-abfa9137ec2d) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGRSC P1 GR12 MEMO ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p1-gr12-memo-eng-sept2015/cf2bcc8a-0be4-4422-8d8f-228e6501489e) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
