# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-afr/b14d478d-80b1-49ea-928b-092f3d6623a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-afr/b14d478d-80b1-49ea-928b-092f3d6623a7)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2017

TOTAAL: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                         DBE/November 2017
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               3                             DBE/November 2017
                                                   NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1       EEN van die volgende is 'n funksie van proteïen in plaasdiere:

                     A       Regulering van liggaamstemperatuur
                     B       Produksie van vet
                     C       Produksie van eiers
                     D       Vorming van energie

         1.1.2       Voedingstowwe wat deur              plaasdiere   vir   die   insulasie    van
                     liggaamshitte gebruik word:

                     A       Minerale
                     B       Vitamiene
                     C       Proteïene
                     D       Lipiede

         1.1.3       Hierdie kombinasie is 'n voorbeeld van die belangrikste voere in 'n
                     produksierantsoen:

                     (i)     Mielies, lusernhooi en grondboontjie-oliekoekmeel
                     (ii)    Mieliereste, tefhooi en vismeel
                     (iii)   Lusernhooi, mieliemeel en lupiensaadmeel
                     (iv)    Lusernhooi, vismeel en katoensaad-oliekoekmeel

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.4       Essensiële aminosure kan …

                     A       nie deur herkouers geproduseer word nie.
                     B       deur nieherkouers geproduseer word.
                     C       deur varke geproduseer word.
                     D       nie deur varke en pluimvee geproduseer word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                               4                         DBE/November 2017
                                                   NSS

         1.1.5       Watter EEN van die volgende stellings is NIE korrek ten opsigte van
                     verhoogde produksie in 'n intensiewe eenheid NIE?

                     A       Voorsiening van voer van hoë gehalte
                     B       Insulasie, ventilasie en verhitting
                     C       Voorsiening van voer met 'n lae energie- en biologiese waarde
                     D       Aankoop van goedgekeurde aanpasbare teelmateriaal

         1.1.6       Sommige van die tekens hieronder kan 'n aanduiding van stres by
                     plaasdiere wees.

                     (i)     Hangkop en -ore
                     (ii)    Stadige beweging
                     (iii)   Bly lê en onwillig om op te staan
                     (iv)    Kap die grond met voorpote

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (iii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.7       Watter van die volgende is voorbeelde van aansteeklike bakteriese
                     siektes?

                     A       Rooiwater en mastitis
                     B       Miltsiekte en tuberkulose
                     C       Miltsiekte en voëlgriep
                     D       Newcastle-siekte en tuberkulose

          1.1.8      EEN van die volgende is NIE 'n senuweesimptoom wat deur
                     plantvergiftiging veroorsaak word NIE:

                     A       Sterrekykery
                     B       Rusteloosheid
                     C       Spiersametrekkings
                     D       Neusafskeidings

         1.1.9       Die skrotum omsluit die primêre manlike geslagsorgaan wat …

                     A       die spermatosoë en testosteroon produseer.
                     B       die draervloeistof vir spermatosoë produseer.
                     C       die grootste voortplantingsorgaan is.
                     D       al die voortplantingsvloeistowwe afskei.

        1.1.10       Die sintese van melk vind in die … van die uier plaas.

                     A       speenholte
                     B       melklobbe
                     C       alveoli
                     D       klierholte                                              (10 x 2)        (20)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         5                          DBE/November 2017
                                             NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 slegs B.

                          KOLOM A                               KOLOM B
                     A: Vitamien E                 Die vitamien verantwoordelik vir die
         1.2.1
                     B: Vitamien D                 stolling van bloed in pluimvee
                        Kyk na die laagste koste
                     A:
                        van voeding                Voervloeiprogram vir 'n groep
         1.2.2
                        Gee aandag aan kudde se    plaasdiere
                     B:
                        voedingsbehoefte
                        Minder beskermend
                     A:
                        teenoor hul lammers        Aanvaarbare dieregedrag vir jonger
         1.2.3
                        Meer beskermend teenoor    ooie wat die eerste keer lam
                     B:
                        hul lammers
                     A: Halter                     Die mees gepaste instrument om
         1.2.4
                     B: Laaghoutplank              varke mee te hanteer

                     A: Endoderm                   Die ontwikkeling van die
         1.2.5                                     respiratoriese en verteringstelsel
                     B: Ektoderm                   gedurende die embrioniese stadium
                                                                                   (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1         Die proses waartydens die verteerbaarheid van grane deur middel
                       van droë hitte, wat dit laat uitsit, verbeter word

         1.3.2         Wanneer 'n plaasdier 'n konstante liggaamstemperatuur handhaaf

         1.3.3         Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone
                       behandel word sodat sy baie ova produseer

         1.3.4         Die middel wat gebruik word om die pH in die verdunning van
                       semen te beheer

         1.3.5         Die hormoon wat vir die vertraagde afskeiding van FSH en
                       estrogeen verantwoordelik is                       (5 x 2)               (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                          DBE/November 2017
                                             NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        'n Piloris-sfinkter (maagslotspier) is 'n gladde spierring wat die
                      beweging van voedsel na die maag beheer.

         1.4.2        Die bontbosluis is 'n voorbeeld van 'n eengasheerbosluis wat
                      rooiwater en anaplasmose oordra.

         1.4.3        Die toestand waar die voortplantingsorgaan in 'n vroulike plaasdier
                      onderontwikkel is, staan as himen bekend.

         1.4.4        Water breek tydens geboorte as gevolg van die skeuring van
                      die allantoïsmembraan.

         1.4.5        Die pistolette is 'n klein poliviniel-apparaatjie waarin semen vir
                      latere gebruik gestoor word.                                (5 x 1)        (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        7                         DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die spysverteringskanaal van
         'n plaasdier.

                                           B

                                                            C
                                  A

                                                           D

                                                  E

         2.1.1        Dui aan of die plaasdier in die diagram hierbo 'n herkouer of 'n
                      nieherkouer is.                                                         (1)

         2.1.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.1.1.                            (1)

         2.1.3        Noem TWEE funksies van die verteringsap in A.                           (2)

         2.1.4        Noem 'n ensiem wat vet verteer in die verteringsap wat deur E
                      afgeskei word.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           8                          DBE/November 2017
                                               NSS

2.2      Hieronder is 'n skematiese voorstelling van voersoorte wat in die voeding van
         plaasdiere gebruik word.

                                          VOERSOORTE

                             A                                         B

                C                     D
           Lupiensaad             Geskik vir                                Mieliereste
                                                          Lusernhooi
          Oliekoekmeel            energie en                                en tefhooi
            Beenmeel             hoog in TVV

         2.2.1       Klassifiseer voersoort A en B.                                               (2)

         2.2.2       Identifiseer die onderafdeling van voersoort C.                              (1)

         2.2.3       Gee TWEE voorbeelde van die onderafdeling van voersoort D.                   (2)

         2.2.4       Voersoort B word hoofsaaklik aan herkouers gevoer. Gee TWEE
                     redes om hierdie stelling te regverdig.                                      (2)

2.3      Die tabel hieronder toon die voedingsamestelling van twee voere.

                 KOMPONENT                            VOER A               VOER B
          Verteerbare vet                              32%                  24%
          Verteerbare koolhidrate                      38%                  28%
          Verteerbare proteïen                         10%                  12%
          Voedingsverhouding                           1:7                  1:4

         2.3.1       Identifiseer die voer (A of B) wat die geskikste vir groeiende jong
                     plaasdiere is.                                                               (1)

         2.3.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1.                                 (1)

         2.3.3       Bereken die persentasie (%) verteerbare nie-stikstof-voedingstowwe
                     in voer A.                                                                   (2)

2.4      Hooi is in 'n voedingseksperiment vir plaasdiere gevoer. Na 'n week was die
         resultate van die verteerbaarheidskoëffisiënt 45%.

         2.4.1       Lewer kommentaar, met 'n rede, oor die geskiktheid van hierdie hooi
                     as voer vir melkkoeie wat baie melk produseer.                               (2)

         2.4.2       Stel TWEE maatreëls voor wat die boer kan tref om die
                     verteerbaarheid van hierdie hooi te verhoog.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         9                          DBE/November 2017
                                             NSS

2.5      'n Melkboer hou 100 koeie op weiding aan wat 'n totaal van 450 000 kg droë
         materiaal (DM) in die reënseisoen en 216 000 kg DM in die droë seisoen
         verskaf. Hierdie diere benodig 360 000 kg DM in die nat seisoen, wat tot
         390 000 kg DM in die droë maande styg as gevolg van dragtigheid en
         laktasie. Elke koei verbruik gemiddeld 21 kg DM per dag.

         2.5.1        Verwys na die scenario hierbo en identifiseer TWEE probleme wat
                      die boer in die droë seisoen kan ondervind.                                (2)

         2.5.2        Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat die boer moet tref om die
                      probleem te voorkom.                                                       (1)

         2.5.3        Bereken, in ton, die hoeveelheid voer wat die koeie per maand
                      benodig. Toon ALLE berekeninge.                                            (3)

2.6      Dierevoere bevat verskillende voedingstowwe, soos koolhidrate, proteïene en
         vette, met verskillende energievlakke. Dit is belangrik dat die diere die regte
         hoeveelheid van elke voedingstof kry om in hul voedingsbehoeftes te voorsien.

         2.6.1        Verwys na die gedeelte hierbo en identifiseer die voedingstof wat
                      die meeste energie aan plaasdiere verskaf.                                 (1)

         2.6.2        Dui die eenheid aan waarin die totale energie van 'n dier gemeet
                      word.                                                                      (1)

         2.6.3        Dit is belangrik dat die boer die energiewaarde van die voer
                      bepaal. Gee TWEE redes om hierdie stelling te ondersteun.                  (2)

2.7      Die tabel hieronder toon minerale en vitamiene en hul gebreksimptome.

           MINERAAL/VITAMIEN                        GEBREKSIMPTOOM
                     A                   Growwe, dik vel en haarverlies, veral by varke
          Selenium                               B, tekort by dragtige koeie
          Vitamien E                                C, tekort by lammers

         2.7.1        Verwys na die tabel hierbo en skryf die ontbrekende inligting by A,
                      B en C neer.                                                               (3)

         2.7.2        Identifiseer die aanvullingsmetode vir ELK van die volgende:

                     (a) Vitamien A                                                              (1)

                     (b) Oplosbare minerale                                                      (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          10                        DBE/November 2017
                                              NSS

 VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

 Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 3.1     Die sirkelgrafiek hieronder toon die getal en soort plaasdiere, ingesluit die
         grootte van die gebied waar hulle aangehou word.

                                          Skape
                                          100       Bokke
                                                     30

                               Pluimvee
                                  25

                                              Beeste
                                                10

         3.1.1 Verwys na die sirkelgrafiek hierbo en identifiseer die plaasdiere wat
               onder intensiewe produksietoestande aangehou word.                           (1)

         3.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1.                                 (1)

         3.1.3 Verwys na die sirkelgrafiek hierbo en identifiseer die plaasdiere wat
               ELK van die volgende fasiliteite gebruik:

                 (a)    Lêbattery                                                           (1)

                 (b)    Melkstal                                                            (1)

                 (c)    Skeerhok                                                            (1)

         3.1.4 Bereken die persentasie (%) skape uit die totale getal diere op
               hierdie plaas.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           11                          DBE/November 2017
                                               NSS

 3.2     Die tabel hieronder toon siektes wat plaasdiere aantas en die rol van die staat
         om die verspreiding van siektes te beheer.

              SIEKTE            OORDRAG-               SLEUTEL              METODE VAN
                                 AGENT           IDENTIFISEERBARE           VOORKOMING
                                                     SIMPTOOM
                                                 Bloederige afskeiding
                 A                 Spore        deur die neus, mond en             B
                                                        rektum
                                                                           Beheer die draer/
           Slenkdalkoors             C                     D
                                                                               Inenting
             Rooiwater          Bloubosluis                E                   Inenting

         3.2.1       Verwys na die tabel hierbo en identifiseer A, B, C, D en E.                   (5)

         3.2.2       Verwys na die tabel hierbo en identifiseer die rol van die staat om die
                     verspreiding van siektes te beheer.                                           (1)

         3.2.3       Stel TWEE pligte van veeboere voor om die verspreiding van
                     dodelike siektes, soos die een in A, te voorkom.                              (2)

3.3      Watter maatreëls is deur die staat ingestel om aan ELK van die volgende
         gevalle aandag te gee?

         3.3.1       Om te verseker dat vleis nie tydens die slagproses besmet word nie            (1)

         3.3.2       Om te voorkom dat siektes van ander lande af die land binnekom                (1)

         3.3.3       Om te voorkom dat 'n aanmeldbare siekte uitbreek en verder versprei           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           12                         DBE/November 2017
                                               NSS

3.4      Die grafiek hieronder toon data wat tydens 'n lammerproefneming
         versamel is.

         3.4.1       Lei uit die grafiek die reeks dae af wat dit die lammers geneem het
                     om 1,8 kg gewig aan te sit.                                                  (1)

         3.4.2       Tabuleer die data wat in die grafiek hierbo aangebied word.                  (6)

 3.5     Noem die struktuur, apparaat of toestel wat in ELK van die volgende situasies
         vir die bestuur van plaasdiere gebruik word:

         3.5.1       'n Permanente struktuur langs 'n provinsiale pad om plaasdiere binne
                     te hou                                                                       (1)

         3.5.2       'n Toestel wat gebruik word om die beweging van 'n plaasdier te
                     beperk                                                                       (1)

         3.5.3       Apparaat wat gebruik word om jong ramme te kastreer                          (1)

         3.5.4       Die struktuur wat gebruik word om skape en beeste teen ongunstige
                     weerstoestande te beskerm                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        13                         DBE/November 2017
                                            NSS

 3.6     Die skets hieronder stel die lewensiklus van 'n mikroskopiese uitwendige
         parasiet voor wat hoofsaaklik by skape aangetref word.

                                            eier                         larwe

                              volwassene

                                                                    nimf
                                                                    stadium 1
                             nimf
                             stadium 2

         3.6.1 Identifiseer die uitwendige parasiet in die lewensiklus hierbo.                  (1)

         3.6.2 Gee die term wat gebruik word om die simptoom van 'n ernstige
               besmetting deur hierdie parasiet by skape te beskryf.                            (1)

         3.6.3 Dui 'n sigbare teken van die simptoom in VRAAG 3.6.2 aan.                        (1)

         3.6.4 Noem TWEE ekonomiese gevolge van hierdie parasiet.                               (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           14                             DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prent hieronder stel 'n proses voor wat by koeie plaasvind.

                                                                     Melktoerusting

                            Senuwee-impulse
                                                                             Kalf

                                     Oksitosien

         4.1.1        Identifiseer die proses in die prent hierbo.                                       (1)

         4.1.2        Identifiseer DRIE sigbare prikkels in die prent hierbo wat die proses
                      in VRAAG 4.1.1 aktiveer.                                                           (3)

         4.1.3        Noem die hormoon wat vir die sametrekkings van die klierholte in
                      die proses hierbo verantwoordelik is.                                              (1)

         4.1.4        Noem die reproduktiewe proses wat 282 dae by koeie duur en wat
                      die proses hierbo voorafgaan.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         15                         DBE/November 2017
                                             NSS

4.2      By vroulike diere vind hormonale en reproduktiewe veranderinge van
         een bronstigheidstydperk tot die volgende plaas. Dit vind in duidelik
         onderskeibare stadiums plaas. Hieronder is die eienskappe wat op elke
         stadium van toepassing is:

                       A                                                   B
              Estrogeen bereik sy
          hoogste vlak en stimuleer                             Corpus luteum bereik sy
               die afskeiding van                               piek en FSH-vlak is laag.
           luteïniserende hormoon.

                       D                                                   C
          Dit duur 2–3 dae en die
                                                                 Lae vlak van estrogeen
          corpus luteum verklein.
                                                                        terwyl die
                   Are in die
                                                                 progesteroonvlak begin
             voortplantingskanaal
                                                                           styg.
                   vergroot.

         4.2.1        Pas eienskap A, B, C en D by die stadiums van die estrussiklus.            (4)

         4.2.2        Skryf die letter neer wat die stadiums voorstel waar ELK van die
                      volgende plaasvind:

                     (a) Graafse follikel bars en stel die ovum vry                              (1)

                     (b) Ovum gaan die Fallopiusbuis binne, bevrugting vind plaas en
                         die gebarste follikel vorm 'n corpus luteum                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           16                         DBE/November 2017
                                               NSS

4.3      Die diagram hieronder toon 'n proses wat gewoonlik in die reproduksie van
         plaasdiere gebruik word.

           Somatiese sel
                                     B
                                                     D                     E

                 A                                                                          F

                           C

         4.3.1       Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word.           (1)

         4.3.2       Identifiseer A, B en D in die diagram hierbo.                                  (3)

         4.3.3       Noem die TWEE verskillende tipes prosesse in die diagram hierbo.               (2)

4.4      Die diagramme hieronder toon verskillende apparaat wat in die proses van
         kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word.

                               A                         B                      C

                 water      rubbervoering
                   buitesilinder    glasbuis

         4.4.1       Identifiseer apparaat A, B en C hierbo.                                        (3)

         4.4.2       Noem die hooffunksie van apparaat A, B en C.                                   (3)

         4.4.3       Noem TWEE basiese vereistes vir die verkryging van die semen
                     van bulle.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           17                     DBE/November 2017
                                               NSS

4.5      Die voorstelling hieronder toon 'n proses wat in vroulike plaasdiere gebruik
         word.

         Geskeduleerde proses:

         •       Dag 1–14: melengestrolasetaat (MGA in voer)
         •       Dag 33: spuit in met prostaglandien

         1–2–3–4–5–6–7–8–9–10–11–12–13–14–15–16–17–18–19–20–21–22–
         23–24–25–26–27–28–29–30–31–32–33–34–35–36–37–38–39–40
                                   (dae van die skedule)

         4.5.1       Identifiseer die proses hierbo.                                       (1)

         4.5.2       Noem TWEE nadele van die proses in VRAAG 4.5.1.                       (2)

         4.5.3       Noem TWEE ander tegnieke wat nie in die skedule hierbo genoem
                     word nie wat ook by vroulike plaasdiere gebruik kan word.             (2)

         4.5.4       As daar veronderstel word dat die skedule hierbo noukeurig
                     toegepas word, identifiseer die dag waarop die koeie geïnsemineer
                     sal word.                                                             (1)

4.6      Noem DRIE oorsake van 'n gebrek aan libido by manlike plaasdiere.                 (3)
                                                                                           [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-memo-eng/2b139224-da84-4f08-9960-60fa6b740409) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2017-memo-afr/514609d7-bd88-4197-a5c5-e87b7224f3fd) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2017-afr/0646fbde-1a69-42a2-9a2a-97025d79b2d7) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
