# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2019-afr/cac39f82-297b-46b3-9b38-720fa97665fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2019-afr/cac39f82-297b-46b3-9b38-720fa97665fe)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT
                               SENIOR CERTIFICATE

                                      GRAAD 12

                           LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                   NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                         DBE/November 2019
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           3                               DBE/November 2019
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Die hoeveelheid voer wat geabsorbeer is (in kg) nadat 'n dier 15 kg
                     hooi as droë materiaal gevoer is en 6 kg droë materiaal in die mis
                     uitgeskei het:

                     A    9 kg
                     B    7 kg
                     C    21 kg
                     D    13 kg

         1.1.2       Die onoplosbare komponente van ruvesel:

                     A    Hemisellulose, galaktose en laktose
                     B    Sellulose, hemisellulose en lignien
                     C    Lignien, suikers en stysel
                     D    Sellulose, hemisellulose en stikstofvrye ekstrak

         1.1.3       … is spysverteringsappe wat in die dunderm afgeskei word.

                     A    Gal en soutsuur
                     B    Pankreassap en maagsap
                     C    Succus entericus en pankreassap
                     D    Duodenumsap en pepsiensap

         1.1.4       Die volgende vind tydens absorpsie in die villi plaas:

                     (i) Bloedkapillêre absorbeer aminosure.
                     (ii) Limfvate absorbeer vetsure en gliserol.
                     (iii) Limfvate absorbeer koolhidrate en proteïene.
                     (iv) Mikro-villi vergroot die oppervlakte vir absorpsie.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A   (i), (iii) en (iv)
                     B   (ii), (iii) en (iv)
                     C   (i), (ii) en (iii)
                     D   (i), (ii) en (iv)

         1.1.5       EEN van die volgende is NIE 'n faktor wat produksie by 'n intensiewe
                     produksiestelsel verhoog NIE:

                     A    Gebalanseerde voeding
                     B    Behoorlike omgewing
                     C    Onvoldoende skuiling
                     D    Die teel van bestande diere

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                4                        DBE/November 2019
                                                    NSS

         1.1.6       Die volgende is basiese riglyne wat in gedagte gehou moet word
                     wanneer plaasdiere vervoer word.

                     (i)     Moenie diere te lank voor vertrek laai nie.
                     (ii)    Moenie diere 12 uur voordat hulle gelaai word, voer nie.
                     (iii)   Vervoer beeste, skape en bokke op dieselfde vragmotor.
                     (iv)    Groepeer diere voordat hulle gelaai word sodat sosiale groepe
                             gevorm kan word.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (iii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.7       'n Voorkomende maatreël om die verspreiding van lewerslak in 'n
                     groot trop beeste te beheer:

                     A        Gebruik mediese behandeling met gereelde tussenposes.
                     B        Kamp moerasagtige en nat gebiede van die res van die
                              weiding af.
                     C        Verwyder gereeld besmette mis uit die weidings.
                     D        Verdeel die weiding in kampe.

         1.1.8       Soönotiese siektes ...

                     A        kan van diere na mense oorgedra word.
                     B        word deur voedingstekorte veroorsaak.
                     C        is nie aansteeklik nie.
                     D        kan nie behandel word nadat dit gediagnoseer is nie.

         1.1.9       Die skrotum omsluit die primêre manlike voortplantingsorgaan
                     wat …

                     A        die draervloeistof vir spermatosoë produseer.
                     B        as 'n kopuleerorgaan dien.
                     C        spermatosoë en testosteroon produseer.
                     D        testosteroon en seminale vloeistof afskei.

         1.1.10      'n Voorbeeld van aangebore defekte in koeie:

                     A        Kriptorkidisme
                     B        Sistiese eierstokke
                     C        Impotensie
                     D        Dubbelserviks                                          (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           5                           DBE/November 2019
                                               NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
         op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
         in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
         die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Slegs B.

                  KOLOM A                                      KOLOM B
          1.2.1 A: Keratomalasie
                                              Diere kou aan droë bene
                     B:   Pika
          1.2.2 A:        Aktiewe opname      Die beweging van glukosemolekules en
                                              aminosure oor die membraan teen die
                     B:   Passiewe opname     konsentrasiegradiënt
          1.2.3 A:        Varkpes
                                              Geklassifiseer as 'n aanmeldbare siekte
                     B:   Bek-en-klouseer
          1.2.4 A:        Bestaansboerdery
                                              Boerderystelsel wat gevorderde
                          Inheemse            landboutegnologie gebruik
                     B:
                          boerdery
          1.2.5 A:        Vesikulêre          Klier wat 'n klewerige, gelerige vloeistof
                     B:   Bulbo-uretraal      met 'n hoë proteïenkonsentrasie afskei
                                                                                      (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       'n Plan waar die boer seker maak dat die diere se voedingsbehoeftes
                     deur die hele produksiesiklus nagekom word

         1.3.2       Pluimvee-toerusting in 'n braaikuikenhok wat selfs in die nag
                     maksimum voerverbruik verseker

         1.3.3       Parasiete wat gewoonlik binne-in die spysverteringskanaal van 'n dier
                     leef

         1.3.4       'n Dragtigheidsprobleem wat deur die oormatige versameling van
                     vloeistof in die weefsel of tussen die fetale membrane veroorsaak
                     word

         1.3.5       Die proses om ova by koeie te vorm                              (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           6                          DBE/November 2019
                                               NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Mineraallek is die mineraalaanvullingsmetode waar 'n dier soveel
                     minerale inneem as wat benodig word.

         1.4.2       Beddegoed in 'n intensiewe produksiestelsel verminder die uitwerking
                     van sonbestraling asook hitteverlies in die huis.

         1.4.3       Estrogeen lei tot verhoogde bloedtoevoer na die baarmoeder en berei
                     dit vir implantasie voor.

         1.4.4       Parturisie is die vroeë beëindiging van dragtigheid met 'n sigbare
                     uitwerping van 'n nie-lewensvatbare fetus.

         1.4.5       Die middelstuk van 'n spermsel fasiliteer penetrasie in die ovumwand.
                                                                                      (5 x 1) (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                           DBE/November 2019
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagramme hieronder toon die spysverteringskanale van plaasdiere.

                           DIAGRAM A                              DIAGRAM B

         2.1.1       Klassifiseer die TWEE diere wat deur DIAGRAM A en DIAGRAM B
                     onderskeidelik voorgestel word.                                                (2)

         2.1.2       Noem TWEE aanpassingskenmerke van die dier in DIAGRAM A wat
                     dit in staat stel om hoofsaaklik op hooi te oorleef.                           (2)

         2.1.3       Gee 'n rede waarom die dier in DIAGRAM B nie 'n rantsoen wat hoog
                     in ruvesel is, gevoer kan word nie.                                            (1)

         2.1.4       Verduidelik hoe die dier in DIAGRAM A voordeel trek uit die verbruik
                     van 'n nie-proteïn-stikstofhoudende bestanddeel soos ureum.                    (2)

2.2      Die inligting hieronder toon die samestelling van die rantsoen vir plaasdiere:

         Mieliemeel = 12%
         Sonneblom-oliekoekmeel = 18%
         Lusernhooi = 60%
         Hawerhooi = 10%

         2.2.1       Uit die inligting hierbo, identifiseer die voer wat 'n voorbeeld van ELK
                     van die volgende is:

                     (a)   Koolhidraatryke ruvoer                                                   (1)

                     (b)   Proteïenryke konsentraat                                                 (1)

         2.2.2       Waarom word die rantsoen in VRAAG 2.2 NIE as die enigste
                     voedselbron vir lammers jonger as twee weke aanbeveel NIE?                     (2)

         2.2.3       Noem EEN belangrike punt oor grashooi in volwasse ooie se
                     rantsoen.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          8                          DBE/November 2019
                                              NSS

2.3      TWEE voere (mieliemeel en sonneblom-oliekoekmeel) word gemeng om 'n
         rantsoen met die verlangde proteïeninhoud te verkry.

                      Voer A: 37%                        8 dele

                                              17%

                      Voer B: 9%                         20 dele

         2.3.1 Dui die dele van die rantsoen aan wat die mieliemeel en sonneblom-
               oliekoekmeel verteenwoordig.                                                      (2)

         2.3.2 Bereken die persentasie van voer B in die rantsoen. Toon ALLE
               berekeninge.                                                                      (3)

         2.3.3 Bereken die hoeveelheid mieliemeel (in kg) in 'n 250 kg-mengsel.
               Toon ALLE berekeninge.                                                            (2)

2.4      Die tabel hieronder toon laboratoriumresultate van twee voere.

                         VOER       TVV (%)     VP (%)        VV
                           A          75            15        1: 4
                           B          80             7      ______

         2.4.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) van voer B. Toon ALLE
               berekeninge, die formule ingesluit.                                               (3)

         2.4.2 Regverdig die geskiktheid van voer A en voer B vir groeiende diere
               gebaseer op hulle voedingsverhoudinge (VV).                                       (2)

2.5      Die diagram hieronder toon die energiewaardes van 'n voer.

                   Bruto              Verteerbare             A                 C
                  energie             energie (VE)
                 (BE) 19 J

                                               Energieverlies deur    B
                     Energieverlies deur
                                              urine en fermentasie-
                          mis (7 J)                gasse (4 J)

         2.5.1 Bereken die energiewaarde verteenwoordig deur A. Toon ALLE
               berekeninge.                                                                      (2)

         2.5.2 Identifiseer die energieverlies in B.                                             (1)

         2.5.3 Gee TWEE redes waarom energie in C vir plaasdiere belangrik is.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                                                9                                DBE/November 2019
                                                                                    NSS

2.6      Die tabel hieronder toon die hoeveelheid minerale in drie verskillende
         rantsoene wat vir diere voorberei is.

          RANTSOEN                                               Ca (mg/kg)                     P (mg/kg)                 Mg (mg/kg)
             A                                                       7,0                           4,5                        6,5
                                            B                           0,5                          1,5                      3,0
                                            C                           3,5                          5,0                      2,0

         Teken 'n gekombineerde staafgrafiek van die verskillende hoeveelheid
         minerale in die drie verskillende rantsoene.                                                                                           (6)
                                                                                                                                                [35]

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die grafiek hieronder toon die laagste kritieke temperatuur en hitteproduksie
         deur verskillende plaasdiere.

                                                      Lowest criticalkritieke
                                                          Laagste     temperature    and heat
                                                                              temperatuur   enproduction by deur
                                                                                               hitteproduksiedifferent
                                                                                farm  animals
                                                                            verskillende  plaasdiere

                                            °
                                                 60

            Laagste kritieke temperatuur  ( C)
                                                          Laagste kritieke
                                                         Lowest   criticaltemperatuur
                                                                           temperature     Hitteproduksie
                                                                                          Heat  production
                                                 50

                                        OC)

                 critical temperature
          LowestHitteproduksie        (
                                                 40

                                (MJ)
                                                 30

                                                 20

               Heat production (MJ)
                                                 10

                                                 0
                                                         Melkkoeie
                                                         Dairy cattle           Varkies
                                                                                    Piglets           Dagoudkuikens
                                                                                                       Day old chickens         Lêhenne
                                                                                                                                 Laying hens
                                                                                           Farm  animals
                                                                                             Plaasdiere

         3.1.1                                    Gebaseer op die grafiek hierbo, identifiseer TWEE plaasdiere wat in
                                                  'n intensiewe produksiestelsel aangehou moet word.                                            (2)

         3.1.2                                    Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1.                                                  (1)

         3.1.3                                    Identifiseer 'n plaasdier wat sonder enige beskuttingsgeriewe die
                                                  ekonomieste sal wees om aan te hou.                                                           (1)

         3.1.4                                    Gebaseer op die grafiek hierbo, gee TWEE redes vir die antwoord op
                                                  VRAAG 3.1.3.                                                                                  (2)

         3.1.5                                    Dui die impak van 'n temperatuurverlaging tot onder 25 °C op die
                                                  voerinname van klein varkies aan.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             10                         DBE/November 2019
                                                 NSS

3.2    Die prente hieronder toon verskillende fasiliteite wat in produksiestelsels gebruik
       word.

                           PRENT A                                       PRENT B

                           PRENT C                                       PRENT D

         3.2.1       Identifiseer die produksiestelsel in prent C.                                  (1)

         3.2.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.2.1.                                   (2)

         3.2.3       Skryf die letter van die prent neer wat ELK van die volgende voorstel:

                     (a)    Voerstoor                                                               (1)

                     (b)    Houkraal                                                                (1)

         3.2.4       Onderskei tussen die fasiliteite in prent A en prent D ten opsigte van
                     hulle doel.                                                                    (2)

         3.2.5       Identifiseer die rol van toerusting E in prent D.                              (1)

3.3      Noem TWEE basiese riglyne vir die hantering van groot plaasdiere.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              11                           DBE/November 2019
                                                  NSS

3.4      Die prente hieronder toon parasiete wat plaasdiere beïnvloed.
              PARASIET A                          PARASIET B                    PARASIET C

         3.4.1       Klassifiseer parasiet A volgens sy lewensiklus.                                   (1)
         3.4.2       Noem die protosoönsiekte wat deur die parasiet in VRAAG 3.4.1
                     oorgedra word.                                                                    (1)
         3.4.3       Skryf neer die letter van die parasiet waarop ELK van die stellings
                     hieronder van toepassing is:
                     (a)   Die besmetting kan beheer word deur die slak te vernietig.                  (1)
                     (b)   Dit kan opgeblaaste mae (boepens) by jong diere veroorsaak.                 (1)
         3.4.4       Noem TWEE vereistes van die gebruik van medikasie by plaasdiere.                  (2)
3.5      Die tabel hieronder toon simptome van verskillende siektes by plaasdiere.
                                   DIER 1               DIER 2                DIER 3
                              Bloederige            Veloppervlak en      Aggressie gekoppel
          SIMPTOME            afskeiding by die     wol het rowe of        met oormatige
                              mond en rektum            'n kors          speekselafskeiding

         3.5.1       Identifiseer die siektes wat dier 1, dier 2 en dier 3 aantas.                     (3)
         3.5.2       Identifiseer die dier met 'n dodelike bakteriese siekte.                          (1)
         3.5.3       Noem die patogeen wat die siekte by dier 2 veroorsaak.                            (1)
         3.5.4       Noem EEN voorsorgmaatreël wat 'n boer kan tref om die verspreiding
                     van die siekte by dier 3 te voorkom.                                              (1)
         3.5.5       Noem TWEE rolle van die staat om die verspreiding van die siekte by
                     dier 1 te beheer.                                                                 (2)
3.6      Soute kan vir plaasdiere toksies wees. Voorsorg moet getref word om die
         risiko van soutvergiftiging tot 'n minimum te beperk.
          3.6.1      Gee TWEE simptome van soutvergiftiging by plaasdiere.                             (2)
          3.6.2      Noem TWEE maniere waarop 'n boer 'n dier met soutvergiftiging kan
                     behandel.                                                                         (2)
                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                12                       DBE/November 2019
                                                    NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prent hieronder toon die reproduksiesiklus van beeste.

                                           B
                                                                 Laktasie

                                                     C
                           A               Paring

                                                                   Speen
                                  Estrus

         4.1.1       Identifiseer die hormone wat paring deur dier A en dier B veroorsaak
                     het.                                                                            (2)

         4.1.2       Gee 'n funksie van ELKE hormoon in VRAAG 4.1.1 wat deur dier A
                     en dier B afgeskei word.                                                        (2)

         4.1.3       Identifiseer die volgende reproduktiewe prosesse:

                     (a)   C na die suksesvolle aksie deur dier A en dier B                          (1)

                     (b)   Tussen C en laktasie                                                      (1)

         4.1.4       Noem die hormoon wat melklating veroorsaak.                                     (1)

         4.1.5       Dui aan hoe die hormoon in VRAAG 4.1.4 tydens melklating
                     funksioneer.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            13                       DBE/November 2019
                                                NSS

4.2      Die prente hieronder toon die morfologie van spermselle.

                 SPERMSEL A                  SPERMSEL B              SPERMSEL C

         4.2.1       Noem die proses waartydens die spermselle hierbo gevorm word.               (1)

         4.2.2       Identifiseer 'n hoë-kwaliteit-spermsel.                                     (1)

         4.2.3       Noem die instrument wat gebruik word om die spermselle hierbo
                     tydens 'n semenondersoek te evalueer.                                       (1)

         4.2.4       Verduidelik hoe spermsel B en spermsel C die vermoë van 'n bul om
                     'n koei te bevrug, kan beïnvloed.                                           (2)

4.3      Die regte tegniek moet tydens kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word om
         die risiko van beserings tot 'n minimum te beperk.

         Hieronder is die stappe wat tydens kunsmatige inseminasie gevolg moet
         word:

             Die insemineerder steek sy/haar hand versigtig by die rektum in om te
              voel vir abnormaliteite en of die koei nie reeds dragtig is nie.
             Die pistolette word versigtig deur die vulva, vagina tot in die serviks
              gestuur.
             Die koei word beskut en kalm gehou.
             Oortollige mis word verwyder.

         4.3.1       Herrangskik die stappe hierbo in die regte volgorde sodat die proses
                     suksesvol uitgevoer kan word.                                               (4)

         4.3.2       Noem TWEE nadele van kunsmatige inseminasie vir die boer.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           14                        DBE/November 2019
                                               NSS

4.4      Die diagram hieronder toon die verskillende lae wat die fetus gedurende
         dragtigheid omring.

                                                                      A

                                                                      B

                                                                      C
                                                                      D

         4.4.1       Noem die stadium van dragtigheid in die diagram hierbo.                        (1)

         4.4.2       Skryf die letter van die membraan neer wat vir ELK van die volgende
                     verantwoordelik is:

                     (a)   Heg die fetus aan die baarmoeder                                         (1)

                     (b)   Versamel die urine van die ongebore kalf                                 (1)

                     (c)   Beskerm die ongebore kalfie teen beserings                               (1)

4.5      Probleme kom gewoonlik voor by verse wat vir die eerste keer geboorte
         skenk.

         4.5.1       Noem TWEE gedragstekens van 'n dier wat op die punt staan om
                     geboorte te skenk.                                                             (2)

         4.5.2       Noem TWEE oorsake van probleme by verse tydens geboorte.                       (2)

4.6      Noem die belangrikheid van ELK van die aspekte hieronder by embrio-
         oordrag:

         4.6.1         Superovulasie                                                                (1)

         4.6.2         Embrio-spoeling                                                              (1)

         4.6.3         Skenkerkoei                                                                  (1)

         4.6.4         Ontvangerkoei                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        15                         DBE/November 2019
                                            NSS

4.7      Tydens kernoordrag (kloning) word die kern van 'n somatiese sel van 'n
         meerderwaardige dier na 'n ontkernde eiersel oorgedra.

         4.7.1        Noem die belangrikheid van kernoordrag vir die volgende:

                      (a)   Boer                                                            (1)

                      (b)   Veeartsenykundige dienste                                       (1)

         4.7.2        Noem TWEE nadele van kernoordrag.                                     (2)
                                                                                            [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                   GROOTTOTAAL :            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-afr/568de80f-4ea2-43e0-b560-9a21dcddc184) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2019 ENG R](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2019-eng-r/f22147e3-e7cb-4eb1-9d79-c38cb853eb82) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
