# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2020-afr/c7bb2adb-2e78-47c3-9aa0-71e3180d0ccf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2020-afr/c7bb2adb-2e78-47c3-9aa0-71e3180d0ccf)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                       AGRS.1

                           LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                        DBE/November 2020
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                  3                  DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 B.

         1.1.1        'n Kostedoeltreffende proteïenaanvulling vir 'n herkouer is …

                      A       vismeel.
                      B       katoensaad-oliekoekmeel.
                      C       ureum.
                      D       karkasmeel.

         1.1.2        Keratomalasie word deur 'n tekort aan … in plaasdiere veroorsaak.

                      A       tiamien
                      B       vitamien A
                      C       kalsium
                      D       vitamien C

         1.1.3        Die dunderm is vir doeltreffende absorpsie van voedingstowwe
                      aangepas omdat:

                      (i)  Dit baie voue het om die oppervlakarea te vergroot.
                      (ii) Die lengte daarvan die oppervlakarea vir absorpsie verklein.
                      (iii)Dit spiere het wat saamtrek en ontspan om voedingstowwe
                           te beweeg.
                      (iv) Dit klein vingeragtige uitsteeksels het.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iv)
                      D       (i), (ii) en (iii)

         1.1.4        Die deel van die herkouer se spysverteringskanaal wat vir
                      chemiese vertering verantwoordelik is:

                      A       Rumen
                      B       Retikulum
                      C       Omasum
                      D       Abomasum

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                  4                      DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

         1.1.5        Beskerming teen … is NIE 'n voordeel van skuilings by
                      veeproduksie NIE.

                      A       optimale temperature
                      B       predatore
                      C       koue temperature
                      D       reën

         1.1.6        Die volgende verwys na 'n ekstensiewe produksiestelsel:

                      (i)     Diere teen 'n lae digtheid aangehou
                      (ii)    Geen omgewingsbeheer en -bestuur nie
                      (iii)   Meer arbeid en versorging vir die diere nodig
                      (iv)    Daar is laer insette

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iv)
                      D       (i), (ii) en (iii)

         1.1.7        … is 'n protosoïese siekte by pluimvee wat 'n dun waterige diarree
                      met slym tot gevolg het.

                      A       Voëlgriep
                      B       Koksidiose
                      C       Newcastle-siekte
                      D       H1N1

         1.1.8        Die uitwerking van eksterne parasiete kan verminder word deur …

                      A       gereeld minder gekonsentreerde insekdoders toe te dien.
                      B       diere dikwels met kleiner dosisse te doseer.
                      C       diere aan die parasiet bloot te stel om weerstand op te bou.
                      D       die sterkte van die insekdoder te verlaag om geld te spaar.

         1.1.9        Meerlinge gevorm uit die vrystelling van meer as een ovum is …

                     A        identies.
                     B        monosigoties.
                     C        kwene ('freemartins').
                     D        nie-identies.

         1.1.10      Die hormoon wat regressie van die corpus luteum veroorsaak, as 'n
                     aanduiding dat die koei nie dragtig is nie:

                     A        Estrogeen
                     B        Prostaglandien
                     C        Relaksien
                     D        Progesteroon                                           (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          5                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
         die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Slegs B.
                       KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       A: Hawerstrooi
                                             Hoë ruveselinhoud
                     B: Tefhooi
         1.2.2       A: Lipase
                                             Ensiem verantwoordelik vir proteïenvertering
                     B: Amilase
         1.2.3       A: Jongkrat
                                             Fasiliteit wat 'n sog van klein varkies skei
                     B: Varkhok
         1.2.4       A: Bosluise             Mikroskopiese parasiete met monddele wat
                     B: Myte                 vir bloed suig gebruik word en irritasie vir die
                                             gasheer veroorsaak
         1.2.5       A: Ken-en-bal-merker    Metode wat melkboere kan instel om te help
                     B: Pedometer            met die identifiseer van koeie wat op hitte is
                                                                                      (5 x 2)       (10)
1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1         Die mate van verteerbaarheid van 'n voer as 'n persentasie van die
                       droëmaterie-inname uitgedruk
         1.3.2         Mondelikse inname van geneesmiddels en medisyne om siektes te
                       beheer
         1.3.3         Die proses om semen in die serviks van 'n vroulike dier te
                       deponeer sonder dat paring plaasvind
         1.3.4         'n Toestand waar suksesvolle paring voorkom maar geen
                       bevrugting as gevolg van aangebore defekte plaasvind nie
         1.3.5         Die hormoon wat die baarmoeder vir die ontvangs van die bevrugte
                       ovum voorberei                                            (5 x 2)            (10)
1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         1.4.1         Die parotiedklier is onder die tong van die vark geleë vir die
                       afskeiding van speeksel.
         1.4.2         In 'n agterplaas-produksiestelsel word diere toegelaat om vrylik
                       rond te beweeg.
         1.4.3         Kriptorkidisme verwys na onderontwikkelde testes.
         1.4.4         Die Cowper-klier skei 'n melkerige, effens alkaliese mukus af wat
                       semen 'n kenmerkende reuk gee.
         1.4.5         Embriosplitsing is die verwydering van bevrugte ovums uit
                       meerderwaardige koeie om dit in minderwaardige koeie oor te
                       plant.                                               (5 x 1)                 (5)
                                                                  TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              6                     DBE/November 2020
                                                SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagramme hieronder stel die spysverteringskanale van plaasdiere voor.

                            B                                                G
                                       C

              A

                                   D                                             F
                                                         E
                       DIAGRAM 1                                 DIAGRAM 2

         2.1.1        Noem die plaasdiere waarvan die spysverteringkanale                in
                      DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2 voorgestel word.                                     (2)

         2.1.2        Identifiseer die deel in DIAGRAM 1 waar ELK van die volgende
                      plaasvind. Skryf slegs die letter (A–D) neer.

                      (a)       Verteringsappe word afgeskei                                      (1)

                      (b)       Meganiese vertering vind plaas                                    (1)

                      (c)       Voedsel word bevogtig en saggemaak                                (1)

         2.1.3       Noem TWEE aanpassings van deel G in DIAGRAM 2 wat die dier
                     in staat stel om veselryke voer te verteer.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

2.2      Die vloeidiagram hieronder toon die komponente van voer.

                                                    Voer

             Anorganies                                                         Organies

                     A          Vitamiene         Koolhidrate         Lipiede                 B

         2.2.1           Identifiseer komponente A en B.                                             (2)

         2.2.2           Noem TWEE maniere waarop komponent A by plaasdiere
                         aangevul kan word.                                                          (2)

         2.2.3           Dui die hoofkomponent aan wat vir ELK van die volgende funksies
                         nodig is:

                         (a) Produksie van eiers en melk                                             (1)

                         (b) Vetmesting van plaasdiere                                               (1)

2.3      'n Dier het tydens 'n verteerbaarheidseksperiment 15 kg voer met 'n
         voginhoud van 10% ingeneem en 3,5 kg droë mis uitgeskei.

         2.3.1           Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer hierbo.
                         Toon ALLE berekeninge.                                                      (5)

         2.3.2           Gee die implikasie van die verteerbaarheid van die voer wat in
                         VRAAG 2.3.1 bereken is.                                                     (1)

         2.3.3           Noem TWEE faktore wat tot die verteerbaarheid van die voer wat
                         in die eksperiment gebruik is, kon bygedra het.                             (2)

2.4      Die waarde van die voer is afhanklik van die energie-inhoud wat oorbly nadat
         al die metaboliese prosesse in die liggaam plaasgevind het.

         2.4.1           Noem die energie wat vir produksie en onderhoud belangrik is.               (1)

         2.4.2           Gee TWEE redes waarom dit vir die boer belangrik is om te weet
                         wat die energiewaarde van die voer is.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          8                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

2.5      'n Boer het 'n voer met die volgende samestelling geformuleer:

         Verteerbare proteïen (VP) = 13%
         Totale verteerbare voedingstowwe (TVV) = 75%
         Ruveselinhoud = 12%

         2.5.1        Gebruik 'n formule om die voedingsverhouding (VV) van hierdie
                      voer te bereken.                                                           (3)

         2.5.2        Dui die ouderdomsgroep van die dier aan wat die meeste by
                      hierdie voer sal baat.                                                     (1)

         2.5.3        Gee TWEE redes vir die gebruik van hierdie voer om die diere in
                      VRAAG 2.5.2 aangedui, te voer.                                             (2)

2.6      Beplanning en bestuur van voer is die mees kritieke bestuursfunksie op
         'n plaas. Veeboere moet seker maak dat genoeg voer beskikbaar is om
         regdeur die jaar aan al die voedingsbehoeftes van diere te voldoen sodat
         hulle op 'n volhoubare basis kan produseer.

         2.6.1        Gee 'n geskikte term vir die scenario hierbo.                              (1)

         2.6.2        Gee TWEE redes vir die beplanning van voerproduksie.                       (2)

         2.6.3        Noem TWEE aspekte wat die boer in ag moet neem wanneer
                      voerproduksie beplan word.                                                 (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          9                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1      Die tabel hieronder toon die temperatuurvereistes van braaikuikens op
         verskillende ouderdomme.

                 OUDERDOM IN WEKE               TEMPERATUURVEREISTES (°C)
                        1                                 35
                        2                                 30
                        3                                 25
                        4                                 22
                        5                                 20
                        6                                 20
                        7                                 20

         3.1.1        Teken 'n staafgrafiek wat die temperatuurvereistes               van
                      braaikuikens op verskillende ouderdomme toon.                              (6)
         3.1.2        Lei die tendens in temperatuurvereistes van braaikuikens af.               (2)
         3.1.3        Noem die toerusting wat gebruik kan word om die temperatuur in
                      'n braaikuikenhuis konstant te hou.                                        (1)
3.2      Dui die plaasdiere aan wat die volgende tipes gedrag tydens hantering toon:
         3.2.1        Kap met die pote wanneer in nood verkeer                                   (1)
         3.2.2        Maklik om te hanteer wanneer hulle saam is                                 (1)
         3.2.3        Hyg na asem wanneer hulle benoud is                                        (1)
         3.2.4        Pik wanneer gevoer word                                                    (1)
3.3      Die prente hieronder toon boerderystelsels.

                          PRENT A                                  PRENT B
         3.3.1        Identifiseer die boerderystelsels wat in PRENT A en PRENT B
                      getoon word.                                                               (2)
         3.3.2        Vergelyk die boerderystelsels wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is
                      ten opsigte van hul impak op die omgewing.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          10                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

3.4      Varkgriep, antraks, bek-en-klouseer, tuberkulose en hondsdolheid is almal
         hoogs aansteeklike en pandemiese siektes. Sommige is soönoties terwyl
         ander ensoöties is. Die meeste van hierdie siektes is aanmeldbare siektes.
         Die siektes word deur verskillende patogene veroorsaak wat deur óf direkte
         kontak óf die inaseming van besmette lug oorgedra word. Party kan vir weke
         of selfs maande aansteeklik bly. Mense kan ook besmet word deur
         diereprodukte van geaffekteerde diere te eet.

         3.4.1         Klassifiseer die siektes in die scenario hierbo volgens die patogene
                       wat dit veroorsaak.                                                        (2)

         3.4.2         Verduidelik die betekenis van soönotiese siektes.                          (2)

         3.4.3         Waarom word varkgriep as ensoöties beskou?                                 (1)

         3.4.4         Gee TWEE rolle van die regering in die beheer van alle
                       aanmeldbare siektes soos antraks, varkgriep en tuberkulose (TB).           (2)

3.5      Inwendige parasiete is 'n probleem vir skaapboere. Dit kan tot ernstige
         verliese lei indien dit nie beheer word nie.

                          PARASIET A                        PARASIET B

         3.5.1       Identifiseer PARASIET A en PARASIET B.                                       (2)

         3.5.2       Noem TWEE sigbare simptome by skape van 'n ernstige besmetting
                     met PARASIET A.                                                              (2)

         3.5.3       Noem TWEE bestuurspraktyke wat toegepas kan word om die
                     besmetting van 'n kudde deur inwendige parasiete te voorkom.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             11                       DBE/November 2020
                                                SS/NSS

3.6      Die prent hieronder is 'n voorbeeld van 'n plant wat diere kan vergiftig en selfs
         met voortdurende blootstelling daaraan die dood kan veroorsaak.

         3.6.1       Identifiseer die giftige plant in die prent hierbo.                          (1)

         3.6.2       Noem TWEE maatreëls wat getref kan word om te voorkom dat
                     gestoorde voer deur die plant wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is,
                     gekontamineer word.                                                          (2)

         3.6.3       Dui TWEE maatreëls aan wat getref kan word wanneer die
                     teenwoordigheid van die gif wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is, in
                     voere waargeneem word.                                                       (2)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prent hieronder toon die reproduksiestelsel van 'n bul.

                            D

                            C

                            B

                                   A

         4.1.1        Identifiseer A, B en C.                                                      (3)

         4.1.2        Noem EEN funksie van A.                                                      (1)

         4.1.3        Dui die rol van klier D aan.                                                 (1)

4.2      Bulle kan gesond en normaal voorkom, maar kan 'n gebrek aan belangstelling
         hê om koeie te dek.

         4.2.1        Gee 'n term vir die toestand wat in die stelling hierbo beskryf word.        (1)

         4.2.2        Noem DRIE oorsake van die toestand wat in VRAAG 4.2.1 gegee
                      is.                                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                          13                      DBE/November 2020
                                                             SS/NSS

4.3      Die illustrasie hieronder toon 'n proses wat by vroulike diere plaasvind.

           Dragtigheidskoers (%)
                                                                                            Ovulasie

                                                 Optimale tyd vir KI

                                                Estrus

                                                 Ure na die aanvang van estrus

         4.3.1                       Identifiseer die ure na estrus wanneer die hoogste dragtigheids-
                                     persentasiekoers behaal kan word.                                           (1)

         4.3.2                       Gee 'n rede waarom 'n inseminator in staat sal wees om die koei
                                     tussen die eerste uur en 12 ure na die aanvang van estrus te
                                     insemineer.                                                                 (1)

         4.3.3                       Noem TWEE sigbare tekens wat aandui dat die koei in estrus is.              (2)

         4.3.4                       Gee EEN rede hoekom 'n koei ure voor ovulasie geïnsemineer
                                     word.                                                                       (1)

         4.3.5                       Dui EEN vereiste van 'n suksesvolle inseminasie aan.                        (1)

4.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n proses wat by vroulike diere
         plaasvind.

                                                         C
                            A

                                            B

         4.4.1                     Benoem A, B en C.                                                             (3)

         4.4.2                     Noem die reproduksieproses wat in die diagram hierbo voorgestel
                                   word.                                                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           14                          DBE/November 2020
                                              SS/NSS

4.5      Hormone veroorsaak reproduksieveranderinge wat tussen een hitteperiode
         en die volgende een plaasvind. Hieronder is 'n illustrasie van die veranderinge
         in die reproduksiesiklus van 'n koei.

                                      B                                         C
                 Die corpus luteum bereik                   Lae estrogeenvlakke en
                 sy piek en die FSH-vlak is                 hoë progesteroonvlakke
                 vir ongeveer 280 dae laag                        vir 280 dae

              Estrogeen bereik sy hoogste                     Voortdurende hoë
                  vlak en stimuleer die                    progesteroonvlakke vir 'n
                     afskeiding van                            aantal maande
                luteïniserende hormoon
                                          A                                      D
         4.5.1        Identifiseer die proses in die reproduksiesiklus van volwasse koeie
                      wat hierbo geïllustreer word.                                             (1)
         4.5.2        Noem die DRIE stadia van die proses wat in VRAAG 4.5.1
                      geïdentifiseer is.                                                        (3)
         4.5.3        Dui die normale posisie van die kalf in die pelvis tydens geboorte
                      aan.                                                                      (1)
4.6      Probleme word gewoonlik deur verse wat vir die eerste keer kalf, ondervind.
         4.6.1        Noem die toestand waarna in die stelling hierbo verwys word.              (1)
         4.6.2        Gee TWEE tekens van 'n dier wat geboorteprobleme ondervind.               (2)
         4.6.3        Noem EEN oorsaak van geboorteprobleme by verse.                           (1)
         4.6.4        Noem die hormoon wat melklating inisieer.                                 (1)
         4.6.5        Noem die melk wat gedurende die eerste drie dae na kalwing
                      geproduseer word.                                                         (1)

4.7      Meerderwaardige skenkerkoeie word met 'n intravaginale middel behandel
         om te voorkom dat die koeie in estrus kom. FSH word elke oggend en aand
         ingespuit. Later word prostaglandien ingespuit. Na die herhaalde inspuitings
         met geformuleerde hormone word die meerderwaardige koeie geïnsemineer.
         Die bevrugte ovums word na sewe dae verwyder om in ontvangerkoeie
         oorgeplant te word.

         4.7.1        Noem die proses wat in die scenario hierbo verduidelik word.              (1)

         4.7.2        Wat is die belangrikheid van die proses genoem in VRAAG 4.7.1?            (2)

         4.7.3        Verduidelik wat 'n skenkerkoei is.                                        (2)
                                                                                                [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                      GROOTTOTAAL:              150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-english/ecc125f9-b956-45f0-b947-431bae97cf54) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
