# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2022-afr/d23ba412-52d5-4c89-8a99-7167ba692360
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2022-afr/d23ba412-52d5-4c89-8a99-7167ba692360)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                            

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                               SENIOR CERTIFICATE
                                     GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V1

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                     2                           DBE/November 2022
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              3                        DBE/November 2022
                                                  NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Die kompartement in die maag van pluimvee wat met die ware maag
                     van 'n herkouerplaasdier ooreenstem:

                     A      Ventrikel
                     B      Sekum
                     C      Proventrikel
                     D      Krop

         1.1.2       EEN van die volgende stellings is van toepassing op 'n rantsoen wat
                     10 dele mieliemeel en drie dele vismeel bevat:

                     A      Het 'n hoër persentasie vismeel as mieliemeel
                     B      Het 'n hoër persentasie mieliemeel as vismeel
                     C      Het gelyke persentasies mieliemeel en vismeel
                     D      Het 10% mieliemeel en 70% vismeel

         1.1.3       Die diagram hieronder toon die proses waar elk van die volgende
                     plaasvind:

                     (i)   Die spiere bokant die bolus trek saam om die voedsel af te druk.
                     (ii)  Die spiere onder die bolus ontspan om die voedsel opwaarts te
                           laat beweeg.
                     (iii) Die spiere trek voortdurend saam en ontspan om die voedsel
                           afwaarts deur die slukderm te laat beweeg.
                     (iv) Die spiere onder die bolus ontspan om die voedsel afwaarts te
                           laat beweeg.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                     A      (i), (iii) en (iv)
                     B      (ii), (iii) en (iv)
                     C      (i), (ii) en (iv)
                     D      (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          4                          DBE/November 2022
                                              NSS

         1.1.4       Die volgende is die KORREKTE volgorde van die herkouproses:

                     A   Her-insluk     kou     retroperistalse insluk
                     B   Retroperistalse     inname      insluk  kou
                     C   Inname      retroperistalse    insluk  her-insluk
                     D   Retroperistalse    vermeerder speeksel    herkou      her-insluk

         1.1.5       'n Fasiliteit wat gebruik word om beeste tydens onthoorning onder
                     bedwang te bring:

                     A   Hanteringskraal
                     B   Afrondingskuur
                     C   Drukgang
                     D   Weegbrug

         1.1.6       Die volgende is 'n teken van spanning by beeste:

                     A   Snoetskuurdery
                     B   Kap met die voorpote
                     C   Pensbytery
                     D   Kannibalisme

         1.1.7       Siektes wat deur mineraaltekorte veroorsaak word:

                     A    Besmetlik
                     B    Aansteeklik
                     C    Aanmeldbaar
                     D    Nie-besmetlik

         1.1.8       Parasiete, veral by skape, verantwoordelik vir die irritasie van die
                     sinusse, wat nies en 'n gelerige slymuitskeiding veroorsaak:

                     A    Neuswurms
                     B    Brommers
                     C    Bosluise
                     D    Rondewurms

         1.1.9       Die primêre geslagsorgaan van 'n bul:

                     A   Skrotum
                     B   Testis
                     C   Penis
                     D   Uretra

         1.1.10 … is vroulike geslagshormone verantwoordelik vir die sametrekking
                van die baarmoederspiere.

                     A   FSH en LH
                     B   Oksitosien en FSH
                     C   Oksitosien en estrogeen
                     D   Estrogeen en progesteroon                                (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           5                           DBE/November 2022
                                               NSS

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
         op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6
         Slegs B.

                          KOLOM A                              KOLOM B
          1.2.1 A:        Rektum                Die vergrote eerste deel van die dikderm
                                                by varke waar absorpsie van water
                     B:   Sekum                 plaasvind
          1.2.2 A:        Pearson-vierkant      Metode van rantsoenbalansering om die
                                                verlangde proteïenwaarde in 'n
                     B:   Voervierkant          voermengsel te bepaal
          1.2.3 A:        Grootskaalse          'n Boerderystelsel wat voedsel produseer
                          produksiestelsel      om hoofsaaklik die familie te voed
                     B:   Moderne boerdery-
                          stelsels
          1.2.4 A:        Salwe                 Chemikalieë wat bosluise en myte dood
                B:        Wurmmiddels
          1.2.5 A:        Kunsvagina            Apparatuur wat gebruik word tydens die
                B:        Elektro-ejakulator    proses om semen van 'n bul te versamel
                                                                                   (5 x 2)          (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die absorpsie van vlugtige vetsure deur die rumenwand saam met die
                     konsentrasiegradiënt

         1.3.2       'n Voorkomingsmaatreël waartydens plaasdiere met 'n aansteeklike
                     siekte van gesonde diere weggehou word

         1.3.3       Die hormoon wat melkaflating inhibeer wanneer 'n koei bang is of in 'n
                     ongewone situasie verkeer

         1.3.4       'n Melkerige, taai, romerige en ondeursigtige vloeistof wat tydens
                     ejakulasie deur die penis vrygestel word

         1.3.5       'n Dunwandige elastiese buis wat vanaf die uretra-opening tot by die
                     serviks strek                                                 (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          6                           DBE/November 2022
                                              NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Gepaste proteïen verskaf die verlangde hoeveelheid en verhouding
                     van al die aminosure.

         1.4.2       'n Rekkietang is 'n apparaat wat gebruik word om plaasdiere te
                     kastreer en veroorsaak bloeding.

         1.4.3       Die allantoïs is die buitenste kiemlaag waaruit die eksterne organe,
                     hoofsaaklik die vel, hoewe en hare ontwikkel.

         1.4.4       Kunsmatige inseminasie vind plaas waar die bul toegelaat word om
                     die koei te bespring en te dek.

         1.4.5       Meiose is die verdeling van diploïede spermatogonium om groter te
                     word.                                                     (5 x 1)            (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           7                           DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prente hieronder toon die dele van die maag in 'n plaasdier.

                 A                                   B                           C

         2.1.1       Noem die plaasdier met die maagdele soos in die prente hierbo
                     voorgestel.                                                                    (1)

         2.1.2       Identifiseer die letter van die maagdeel waar ELK van die volgende
                     plaasvind:

                     (a)   Vreemde voorwerpe versamel                                               (1)

                     (b)   Hitte geproduseer word                                                   (1)

         2.1.3       Die plaasdier met maagdele A, B en C hierbo kan op voedsel laag
                     in vetoplosbare vitamiene oorleef. Regverdig hierdie stelling deur die
                     aanpassingskenmerk en die rol daarvan aan te dui.                              (2)

         2.1.4       Gebruik die letters van die dele van die maag om die volgorde aan te
                     dui hoe die voer sal vloei na retroperistalse.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            8                              DBE/November 2022
                                                NSS

2.2       Die volgende is simptome van voedingstoftekorte by plaasdiere:

          A   Misvorming en seervorming van die kornea in die oog
          B   Poreuse bene, veral by ouer diere
          C   Lelike sere op die vel
          D   Bleek slymvliese
          E   Vergrote skildklier

          2.2.1      Identifiseer die mineraal wat ontoereikend in C en D is.                          (2)

          2.2.2      Noem die tekortsimptome wat deur die plaasdiere in B en E getoon
                     word.                                                                             (2)

          2.2.3      Klassifiseer die vitamien wat die tekort in A veroorsaak aan die hand
                     van die groepering daarvan.                                                       (1)

          2.2.4      Noem TWEE metodes om die vitamien wat in A ontoereikend is, aan
                     te vul.                                                                           (2)

2.3       Die tabel hieronder toon die resultate van 'n verteerbaarheidskoëffisiënt-
          proefneming wat uitgevoer is op twee verskillende plaasdiere wat koringstrooi
          gevreet het.

          DIER        DROËMATERIAAL-          DROËMATERIAAL- VERTEERBAARHEIDS-
                        INNAME (kg)           UITSKEIDING (kg) KOËFFISIËNT (%)
      A                     15                      13               13
      B                     15                       5               67

          2.3.1      Identifiseer die tipe plaasdiere wat as A gebruik is.                             (1)

          2.3.2      Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1.                                      (1)

          2.3.3      Stel TWEE faktore voor wat die verteerbaarheid van die voer in die
                     proefneming kon beïnvloed.                                                        (2)

          2.3.4      Noem TWEE metodes om die verteerbaarheid van hierdie voer te
                     verbeter.                                                                         (2)

2.4       Die inligting hieronder toon die samestelling van 'n voer.

                      SAMESTELLING VAN 'N VOER                      PERSENTASIE
                  Koolhidrate                                           55
                  Verteerbare proteïen (VP)                             15
                  Vette                                                  5
                  Totale verteerbare voedingstowwe (TVV)                 –

          2.4.1      Bereken die voedingsverhouding (VV) van die voer. Toon ALLE
                     berekeninge, die formule ingesluit.                                               (4)

          2.4.2      Dui die geskiktheid van die voer aan,               gebaseer     op    die
                     voedingsverhouding daarvan in VRAAG 2.4.1.                                        (1)

          2.4.3      Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2.                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             9                          DBE/November 2022
                                                 NSS

 2.5       Die Illustrasie hieronder is 'n skematiese voorstelling van energievloei.

                                      ENERGIEVLOEIDIAGRAM

            Bruto energie 1 000 kJ

                                                       Mis (Energieverlies 150 kJ)
                           (A)
       0

                                                       Urine en gasse (Energieverlies 50 kJ)
           Metaboliese energie 800 kJ

                                                       Hitteproduksie (B)
                   (C) 550 KJ

       Funksie (D)               Vir instandhouding

           2.5.1     Noem die energie in C.                                                          (1)

           2.5.2     Gee die funksie deur D voorgestel.                                              (1)

           2.5.3     Bereken die volgende op die skematiese voorstelling hierbo
                     gebaseer:

                     (a)    Energie in A                                                             (2)

                     (b)    Die hoeveelheid energieverlies in B                                      (2)

           2.5.4     Noem TWEE doelwitte van die berekening van die energiewaarde
                     van 'n voer.                                                                    (2)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            10                           DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon verwagte groeitempo's van plaasdiere soos die
         temperatuur verander.

                          GROEITEMPO (kg)                           TEMPERATUUR (°C)
                     KOEIE              VARKE
                      110                 130                                 35
                      100                  90                                 25
                      90                   50                                 15
                      80                   25                                  5
                      70                   5                                   0

         3.1.1       Identifiseer, in die tabel hierbo, die plaasdiere wat in 'n omgewing met
                     behuisingsfasiliteite aangehou moet word.                                          (1)

         3.1.2       Gee 'n rede, deur die inligting in die tabel hierbo te gebruik, om die
                     antwoord op VRAAG 3.1.1 te ondersteun.                                             (2)

         3.1.3       Teken 'n lyngrafiek om die groeitempo van koeie en varke onder
                     verskillende temperature met mekaar te vergelyk.                                   (6)

3.2      Die volgende is 'n lys van toerusting wat in 'n braaikuiken-produksie-eenheid
         gebruik word:

            Opvoubare gordyne
            Elektriese verwarmers
            Waaiers op die dak en teen die mure
            Isolasiemateriaal op die dak

         3.2.1       Dui die toerusting in die lys hierbo aan wat in ELK van die volgende
                     situasies gebruik word:

                     (a)   Hou die temperatuur in die braaikuikeneenheid konstant
                           gedurende die dag en die nag                                                 (1)

                     (b)   Verhoog die temperatuur binne           gedurende       'n   skielike
                           verlaging in omgewingstemperatuur                                            (1)

                     (c)   Verlaag die temperatuur op 'n baie warm dag                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                                11                                     DBE/November 2022
                                                                    NSS

3.3      Die prente hieronder toon verskillende intensiewe hoenderproduksiestelsels.

                                              A                                                         B

         3.3.1 Identifiseer die tipe intensiewe hoenderproduksiestelsel in A en B.                                                  (2)
         3.3.2       Noem TWEE faktore wat tot verhoogde                                                produksie   in   die
                     produksiestelsels hierbo lei, buiten voeding.                                                                  (2)

3.4      Noem die plaasdiere waarop die volgende basiese riglyne van toepassing is
         wanneer hulle hanteer word:
         3.4.1       Dra hulle aan albei bene                                                                                       (1)
         3.4.2       Vang hulle bokant die lit van die agterbene                                                                    (1)
         3.4.3       Gebruik 'n laaghoutplank wanneer hulle verskuif word                                                           (1)

3.5      Die grafiek hieronder dui die seisoenale neigings aan in die voorkoms van
         parasiete wat met betrekking tot seisoen en bestuur wissel.

                                                                       moontlike (swak kuddebestuur)
                        Hoog

                         Parasietinfestasie

                        Laag
                                                                       moontlike (goeie kuddebestuur)

                                                  Winter   Lente    Somer      Herfs

                                                                   Seisoen

         3.5.1       Identifiseer die seisoen met die hoogste parasietinfestasie.                                                   (1)
         3.5.2       Gee EEN moontlike rede vir die verhoging in die parasietinfestasie
                     tydens die seisoen in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             12                              DBE/November 2022
                                                 NSS

         3.5.3       Noem TWEE ekonomiese gevolge van parasiete.                                         (2)

         3.5.4       Noem TWEE goeie kuddebestuurspraktyke                  wat    tot   'n   laer
                     parasietinfestasie in die herfsmaande kon lei.                                      (2)

3.6      Die diagramme hieronder illustreer die lewensiklus van twee verskillende
         parasiete.

                               A                                        B

         3.6.1       Klassifiseer die parasiet in B.                                                     (1)

         3.6.2       Noem die parasiete wat deur A en B voorgestel word.                                 (2)

         3.6.3       Noem TWEE biologiese maatreëls wat gebruik kan word om die
                     parasiet in B te beheer.                                                            (2)

3.7      Die tabel hieronder toon verskillende simptome van siektes wat plaasdiere
         affekteer.

                          DIER 1                                       DIER 2
         Bloei vanuit die mond, neus en anus            Urineer donkerrooi urine, het bleek
                                                        tot geel oë en word later met
                                                        bloedarmoede gediagnoseer

         3.7.1       Noem die siektes wat dier 1 en dier 2 onderskeidelik affekteer.                     (2)

         3.7.2       Identifiseer die dier wat aan 'n dodelike bakteriese siekte ly.                     (1)

         3.7.3       Dui die dier met 'n nie-aansteeklike siekte aan.                                    (1)

         3.7.4       Noem die spesifieke vektor verantwoordelik vir die oordrag van die
                     siekte in dier 2.                                                                   (1)
                                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                   13                         DBE/November 2022
                                                       NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1            Pas die volgende bygeslagskliere by die beskrywings hieronder:

                                   Cowper se kliere;    prostaat;   semensakkies

               4.1.1   Omring die uretra by die nek van die blaas                                         (1)

               4.1.2   Geleë aan die basis van die penis aan beide kante van die uretra en
                       skei 'n alkaliese vloeistof af wat die uretra skoonmaak                            (1)

               4.1.3   Skei 'n taai gelerige vloeistof af wat energie aan die spermselle
                       verskaf                                                                            (1)

4.2            Die prente hieronder illustreer 'n deel van die reproduksiestelsel en 'n gameet.

                                                                          F

                                                                          G
      2

                         1
                                                                                           I
                                                                          H

          EE                                                 A

                             D
                                                             B

                                       A                                              B

               4.2.1   Identifiseer die volgende:
                       (a)       Deel I in prent B                                                        (1)
                       (b)       Deel H in prent B                                                        (1)
                       (c)       Die proses wat in 1 plaasvind                                            (1)
                       (d)       Die proses wat in 2 plaasvind                                            (1)

               4.2.2   Dui die hormoon aan wat verantwoordelik is vir die proses in 1 om
                       plaas te vind.                                                                     (1)

               4.2.3   Noem EEN funksie van struktuur D.                                                  (1)

               4.2.4   Noem EEN funksie van vloeistof B in prent A.                                       (1)

               4.2.5   Beskryf hoe deel F die sel in prent B in staat stel om die ovum te
                       penetreer.                                                                         (2)

               4.2.6   Noem die proses wat tot die formasie van die sel in prent B lei.                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                               14                                        DBE/November 2022
                                                                   NSS

4.3      Kunsmatige inseminasie (KI) verhoog die bevrugtingstempo by koeie. Om die
         verlangde doelwit te bereik, moet die boer die tekens van estrus waarneem
         om bronstigheid vas te stel.

         4.3.1                          Noem die fase van die estrussiklus waartydens kunsmatige
                                        inseminasie uitgevoer kan word.                                                                           (1)

         4.3.2                          Noem TWEE metodes wat melkboere kan gebruik om bronstigheid by
                                        koeie waar te neem.                                                                                       (2)

         4.3.3                          Noem TWEE eienskappe van goeie gehalte semen.                                                             (2)

         4.3.4                          Noem TWEE nadele van kunsmatige inseminasie.                                                              (2)

4.4      Die grafiek hieronder toon die verskillende reproduktiewe prosesse wat by
         melkkoeie voorkom.

                                                                                                                           Gewig van fetus (kg)

           Melkproduksie (kg per dag)
                                                                                                  Gewig van
                                                                                     Koei         die fetus
                                                                                     droog
                                                                                     op

                                        Begin van   Suksesvolle
                                        melk-       paring
                                                                                                    Fetus groei baie
                                        produksie                            Stadige groei van      vinnig
                                                                             fetus

                                                                                                                                                        (kg)
                                                                   Maande

         4.4.1                          Identifiseer kurwe A.                                                                                     (1)

         4.4.2                          Lei die volgende uit die grafiek hierbo af:

                                        (a)   Die reproduksieproses vanaf maand 3 tot 12                                                          (1)

                                        (b)   Die stadium van die proses in VRAAG 4.4.2(a) tussen maand 9
                                              en 12                                                                                               (1)

         4.4.3                          Identifiseer die maand wanneer                die        reproduksieproses                         in
                                        VRAAG 4.4.2(a) normaalweg eindig.                                                                         (1)

         4.4.4                          Noem TWEE oorsake van aborsie.                                                                            (2)

         4.4.5                          Gee 'n rede waarom dit nodig is dat dragtige lakterende koeie voor
                                        die volgende laktasie opdroog.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          15                         DBE/November 2022
                                              NSS

4.5      Die tabel hieronder verteenwoordig drie verskillende tegnieke wat in
         dierereproduksie gebruik word.

                     1                            2                          3
             Koeie word met              Soveel embrio's as        Die kern van 'n sel
          hormone behandel om             moontlik word na        word verwyder en in 'n
          op ongeveer dieselfde            bevrugting van          ander voorbereide
           tyd op hitte te kom.         geselekteerde vroulike       eiersel geplaas.
                                           diere geneem.

         4.5.1       Noem die reproduksietegnieke genommer 1, 2 en 3.                         (3)

         4.5.2       Noem TWEE hormone wat in tegniek 1 gebruik word om die
                     verlangde resultate te verkry.                                           (2)

         4.5.3       Noem TWEE vroulike diere betrokke by tegniek 2.                          (2)

         4.5.4       Noem die doelwit van tegniek 3.                                          (1)
                                                                                              [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                     GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2015-afr/4d763c37-e6fa-4e46-b822-e566ad48c62a) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
