# Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2024-afr/c13f3083-05d1-4557-b051-e0dd3897b42d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2024-afr/c13f3083-05d1-4557-b051-e0dd3897b42d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                        LANDBOUWETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landbouwetenskappe/V1                      2                         DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Lees die vrae aandagtig deur.

4.       Antwoord SLEGS wat gevra word.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Landbouwetenskappe/V1                               3                    DBE/November 2024
                                               NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.      Nov

         1.1.1       EEN van die volgende vorm NIE deel van die dikderm NIE:

                     A   Rektum
                     B   Kolon
                     C   Sekum
                     D   Ileum

         1.1.2       'n Voer met totale verteerbare voedingstowwe (TVV) van 72% en
                     verteerbare proteïen (VP) van 8% sal verteerbare nie-stikstof-
                     bestanddele (VNSB) van … hê.

                     A   1:9
                     B   8%
                     C   64%
                     D   1:8

         1.1.3       EEN van die volgende voere het die hoogste biologiese waarde:

                     A   Lynsaadmeel
                     B   Vismeel
                     C   Grondboontjie-oliekoekmeel
                     D   Lusern

         1.1.4       By plaasdiere is die slukderm 'n verlenging van die farinks aan die
                     agterkant van die mondholte en:

                     (i) Dit verbind die mond met die maag
                     (ii) Dit is 'n deurgang vir bolus vanaf die mond na die maag
                     (iii) Dit is waar die absorpsieproses begin
                     (iv) Dit reguleer die slukproses

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A   (i), (ii) en (iii)
                     B   (i), (iii) en (iv)
                     C   (ii), (iii) en (iv)
                     D   (i), (ii) en (iv)

         1.1.5       'n Permanente intensiewe pluimveebehuisingstelsel waar die vloer
                     met strooi en houtskaafsels bedek is:

                     A   Diepskrop
                     B   Vryloop
                     C   Batteryhok
                     D   Geslote stelsel

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Landbouwetenskappe/V1                               4                   DBE/November 2024
                                               NSS Vertroulik

         1.1.6       Die volgende metode om plaasdiere te hanteer, is spesifiek op
                     skape van toepassing:

                     A   Werk met diere deur 'n nekklamp te gebruik
                     B   Gebruik enige honde om hulle te bestuur
                     C   Vang diere so hoog as moontlik aan hulle agterbene
                     D   Gebruik 'n porstok (skokstok) of 'n sweep

         1.1.7       'n Draerorganisme wat vir die oordrag           van    die   siekte-
                     veroorsakende agent verantwoordelik is:

                     A   Vektor
                     B   Patogeen
                     C   Toksien
                     D   Virus

         1.1.8       Die volgende is maatreëls om die absorpsie van gif wat reeds
                     ingeneem is, te voorkom:

                     (i) Diere moet van drinkwater weggehou word
                     (ii) Toedien van sterk tee of geaktiveerde houtskool
                     (iii) Voorsien voer met baie bymiddels
                     (iv) Doseer diere met suiker of glukose

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A   (i), (ii) en (iii)
                     B   (i), (iii) en (iv)
                     C   (ii), (iii) en (iv)
                     D   (i), (ii) en (iv)

         1.1.9       Die volgende is 'n pad wat melk volg vanaf die punt van produksie
                     in die uier totdat dit vrygestel word:

                     A   Speenkanaal       klierholte      speenholte       alveolus
                     B   Alveolus     speenkanaal        klierholte      speenholte
                     C   Alveolus    klierholte       speenholte        speenkanaal
                     D   Klierholte     speenholte        alveolus       speenkanaal

         1.1.10      EEN van die volgende oor meiotiese selverdeling tydens
                     spermatogenese is NIE korrek NIE:

                     A   Halveer die chromosoomgetal om reproduktiewe selle te vorm
                     B   Produseer twee identiese diploïede (2n) dogterselle van 'n
                         ouersel
                     C   Ook bekend as reduksieseldeling
                     D   Vorm vier haploïede (n) dogterselle van 'n ouersel  (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Landbouwetenskappe/V1                             5                             DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
         die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
         1.2.6 Slegs B.

                            KOLOM A                                KOLOM B
          1.2.1 A:          Maltase                  Deur die eilandjies van Langerhans
                B:          Insulien                 afgeskei
          1.2.2 A:          Herkoutjie               Opgebringde bolus in die mond
                B:          Chym
          1.2.3 A:          Swak vleiskwaliteit      Gevolg van die regte en gereelde
                B:          Aggressiewe              hantering van diere
                            temperament
          1.2.4 A:          Uitvoerverbod            Diere en hulle produkte word nie
                                                     toegelaat om die land binne te kom of
                     B:     Invoerverbod             te verlaat nie om die verspreiding van
                                                     siektes te beheer
          1.2.5 A:          Kopulasie                Onwillekeurige sametrekkings van die
                                                     pelvisvloer by manlike diere lei tot die
                     B:     Hofmakery
                                                     uitwerping van semen
                                                                                          (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1            Die versamelnaam vir die vingeragtige uitsteeksels in die rumen
                          van plaasdiere

         1.3.2            Die boerderystelsel waar die boer varke grootmaak met die doel
                          om die familie te voed

         1.3.3            Die tipe kloning uitgevoer om embrioniese stamselle te produseer
                          wat in nuwe weefsels en organe ontwikkel

         1.3.4            'n Sestien-sel soliede bal wat na bevrugting vorm

         1.3.5            Die buis wat spermselle vanaf die epididimus na die uretra vervoer
                                                                                       (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Landbouwetenskappe/V1                        6                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Mastikasie behels die vervoer van water en voedingstofmolekule
                     vanaf die dunderm na die bloedstroom.

         1.4.2       Die bloubosluis is 'n driegasheerbosluis wat hartwater in plaasdiere
                     oordra.

         1.4.3       Die allantoïs bring bloed van die moeder en die fetus in noue
                     kontak met mekaar.

         1.4.4       Ovumoordrag vind plaas wanneer die kern van 'n liggaamsel na 'n
                     ontkernde onbevrugte eiersel oorgedra word.

         1.4.5       'n Graafse follikel ontwikkel ná ovulasie in die eierstok in die plek
                     van die gebarste follikel.                                     (5 x 1)        (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Landbouwetenskappe/V1                        7                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram      hieronder   verteenwoordig     die   spysverteringskanaal   van
         'n plaasdier.

                                 A
                                       Gal-
                                       blaas

                             B

              C

         2.1.1       Identifiseer, in die diagram hierbo, die dele gemerk A en B.                 (2)

         2.1.2       Noem TWEE funksies van 'n alkaliese stof wat in A afgeskei word.             (2)

         2.1.3       Noem EEN dundermklier wat in deel C voorkom.                                 (1)

2.2      Daar is 'n verwantskap tussen die mikro-organismes en die vertering van
         ruvoere.

         2.2.1       Noem TWEE vereistes vir die normale funksionering van
                     mikro-organismes in die rumen van beeste.                                    (2)

         2.2.2       Noem EEN funksie van die mikro-organismes in die rumen van
                     beeste.                                                                      (1)

         2.2.3       Noem die tipe mikro-organisme wat ten opsigte van populasie in
                     die rumen van beeste die minste voorkom.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Landbouwetenskappe/V1                         8                                DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.3      Die diagramme hieronder illustreer die prosesse van voedselabsorpsie na die
         bloedstroom van plaasdiere.

                      DIAGRAM A                                     DIAGRAM B

         2.3.1       Identifiseer die tipe voedselabsorpsie geïllustreer in:

                     (a)   DIAGRAM A                                                                  (1)

                     (b)   DIAGRAM B                                                                  (1)

         2.3.2       Identifiseer die diagram (A of B) wat die proses voorstel wat vir die
                     absorpsie van glukose en sekere aminosure verantwoordelik is.                    (1)

         2.3.3       Verduidelik die absorpsieproses in DIAGRAM B.                                    (2)

2.4      Die voedingskomponente van twee verskillende voere word hieronder getoon.

                          VOER A                                   VOER B
                 Verteerbare proteïen (7%)                Verteerbare proteïen (16%)
                     Totale verteerbare                       Totale verteerbare
                  voedingstowwe (58%)                       voedingstowwe (82%)
                   Ruveselinhoud (21%)                       Ruveselinhoud (8%)

         2.4.1       Klassifiseer die volgende:

                     (a)   VOER A                                                                     (1)

                     (b)   VOER B                                                                     (1)

         2.4.2       Regverdig die klassifikasie van VOER B in VRAAG 2.4.1, gebaseer
                     op die data hierbo verskaf.                                                      (1)

         2.4.3       Noem die plaasdier wat nie in staat is om VOER A te verteer nie.                 (1)

         2.4.4       Identifiseer die voer wat vir ELK van die volgende geskik is:

                     (a) Verbeter die funksionering van die spysverteringskanaal in
                         herkouerplaasdiere                                                           (1)

                     (b) Stimuleer die produksie van meer bottervet in melk                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Landbouwetenskappe/V1                         9                               DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.5      Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die voedingsamestelling van
         'n voer vir plaasdiere.

                                                 VOER (30 kg)

                        DROË MATERIAAL (25 kg)

                                  PROTEÏEN                D

                                               VETTE & OLIES

         2.5.1       Benoem voedingskomponent C.                                                       (1)

         2.5.2       Dui die waarde vir komponent A aan.                                               (1)

         2.5.3       Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer deur die data
                     in die skematiese voorstelling hierbo te gebruik. Neem aan die dier
                     het 6 kg droë materiaal uitgeskei. Toon ALLE berekeninge.                         (4)

2.6      Die skematiese voorstelling hieronder dui die energievloei van mieliemeel aan
         wat aan 'n dragtige plaasdier gevoer is.

              Bruto energie
                (37,2 MJ)                A                    C               E

                              Energie          Gasse               Hitte-
                               in mis           en (B)            produksie
                              (9,8 MJ)         energie               (D)
                                               (4 MJ)

         2.6.1       Definieer die energie deur A voorgestel.                                          (2)

         2.6.2       Benoem B.                                                                         (1)

         2.6.3       Noem EEN funksie van die energie deur E voorgestel.                               (1)

         2.6.4       Bereken die waarde van die energie deur C voorgestel. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Landbouwetenskappe/V1                    10                        DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

2.7      'n Boer het 15 dele van VOER A met 5 dele van VOER B gemeng om
         'n rantsoen met 16% verteerbare proteïen te verkry.

         Bereken (in kg) die hoeveelheid van VOER B in 'n 750 kg-rantsoen benodig.
         Toon ALLE berekeninge.                                                            (3)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Landbouwetenskappe/V1                        11                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die prent hieronder toon 'n produksiestelsel.

         3.1.1       Identifiseer die produksiestelsel wat in die prent hierbo getoon
                     word.                                                                        (1)

         3.1.2       Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 3.1.1 deur na die
                     prent hierbo te verwys.                                                      (2)

3.2      Die prente hieronder toon twee fasiliteite wat onder verskillende omgewings-
         toestande gebruik word.

                        PRENT A                                     PRENT B

         3.2.1       Identifiseer die prent van die fasiliteit wat in ELK van die volgende
                     omgewingstoestande gebruik word:

                     (a) Baie koue en winderige toestande                                         (1)

                     (b) Warm somertoestande                                                      (1)

         3.2.2       Gee die term vir die materiaal wat die vloer in PRENT B bedek, wat
                     as 'n insulator sal dien.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Landbouwetenskappe/V1                         12                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

3.3      Hieronder is 'n lys strukture, gereedskap en apparatuur wat vir die hantering
         en bestuur van plaasdiere gebruik word.

         A       Doringdraadheining om 'n area van die plaasgrond af te baken
         B       'n Aparte drukgang
         C       Rooi vlae en waarskuwingstekens
         D       Kraal van takke gemaak
         E       Skuiling van pale en seil gemaak

         Kies uit die lys hierbo die struktuur, gereedskap of apparatuur wat op ELK van
         die stellings hieronder van toepassing is. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
         vraagnommers (3.3.1 tot 3.3.3) neer.

         3.3.1        Vir die implementering van 'n wisselweidingstelsel                           (1)

         3.3.2        Deur bestaansboere gebruik om plaasdiere oornag te huisves                   (1)

         3.3.3        Maak padgebruikers bewus van plaasdiere wat 'n openbare pad
                      oorsteek                                                                     (1)

3.4      Die tabel hieronder toon die liggaamstemperatuur, getal asemhalings en die
         getal hartkloppe per minuut van verskillende plaasdiere.

             PLAASDIER         LIGGAAMS-                GETAL                 GETAL
                             TEMPERATUUR             ASEMHALINGS           HARTKLOPPE
                                  (°C)               (PER MINUUT)          (PER MINUUT)
           Perd                    38                     12                    40
           Bees                    39                     25                    65
           Skaap                   40                     16                    75
           Bok                     41                     16                    75
           Vark                    40                     14                    70

         Teken 'n gekombineerde staafgrafiek wat die liggaamstemperature en die
         getal hartkloppe van die verskillende plaasdiere toon.                                    (6)

3.5      Noem 'n metode wat gebruik word om die tipes medikasie hieronder genoem,
         toe te dien:

         3.5.1        Vloeibare medikasie wat mondeliks aan 'n plaasdier gegee word                (1)

         3.5.2        Toedien van medikasie in die spier van 'n plaasdier                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Landbouwetenskappe/V1                          13                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.6      Voltooi die tabel hieronder deur SLEGS die ontbrekende inligting vir A, B, C,
         D en E in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

           SIEKTE        PATOGEEN                          HOOFSIMPTOME
                         BETROKKE
           Omloop            A             Ronde, skubberige kolle met haarlose vel
                                           Hoë koors, gevlekte letsels, diarree, aborsie,
              B              Virus
                                           nasale afskeiding, hoes, asemnood
           Mastitis        Bakterieë                              C
                                           Akute maagpyn, bloedarmoede en donker tot
          Rooiwater            D
                                           bruin urine
                                           Hoë koors, swel van die liggaam, bloederige
              E            Bakterieë
                                           afskeiding uit die mond, neus en rektum                    (5)

3.7      Die tabel hieronder illustreer die lewenstadia van parasiete.

                          PARASIET A                                PARASIET B
                           Eiers in mis                         Eiers broei in water uit

                        Embrio in derms                             Larwes in slak

                        Skoleks in derms                        Parasiet heg aan gras

                        Volwasse parasiet                          Beeste eet gras

                                                           Parasiet in die lewers van beeste

         3.7.1        Klassifiseer die parasiete wat deur die lewenstadia hierbo
                      geïllustreer word.                                                              (1)

         3.7.2        Benoem parasiet A.                                                              (1)

         3.7.3        Klassifiseer parasiet B, gebaseer op die aantal gashere nodig om
                      die lewensiklus te voltooi.                                                     (1)

         3.7.4        Noem TWEE koste geassosieer met die beheer van die parasiete
                      wat in die tabel hierbo geïllustreer word.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Landbouwetenskappe/V1                       14                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

3.8      Die prente hieronder toon parasiete wat vir plaasdiere nadelig is.

                        PARASIET A                           PARASIET B (Mikroskopies)

         3.8.1       Identifiseer die parasiet (A of B) hierbo wat by die beskrywings
                     hieronder pas:

                     (a) Veroorsaak skurfsiekte en brandsiekte by plaasdiere                       (1)

                     (b) Lê eiers in 'n area wat met urine en mis deurweek is en tas
                         oop wonde by wolskape aan                                                 (1)

         3.8.2       Dui TWEE simptome          van     'n    PARASIET B-besmetting      by
                     plaasdiere aan.                                                               (2)

         3.8.3       Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref kan word om
                     besmetting met PARASIET A te voorkom.                                         (2)

3.9      Dui die tipe parasiet aan wat met gebruik van ELK van die volgende metodes
         behandel word:

         3.9.1       Toedien van wurmmiddels aan plaasdiere                                        (1)

         3.9.2       Aanwending van 'n giftige oplossing op die dier se liggaam                    (1)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Landbouwetenskappe/V1                         15                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder toon die reproduktiewe proses by plaasdiere.

                                                                  Baarmoeder

                                    Oösiet-          Vroeë embrioniese
                                   volwasse-
                                                     ontwikkeling
                                   wording
        Ovarium                                Oviduk

         4.1.1       Identifiseer A en B in die diagram hierbo.                                     (2)

         4.1.2       Noem die proses waardeur B geproduseer word.                                   (1)

         4.1.3       Gee EEN voorbeeld van 'n sekondêre vroulike reproduktiewe
                     orgaan wat in die diagram hierbo sigbaar is.                                   (1)

         4.1.4       Identifiseer die reproduktiewe prosesse wat in 1 en 2 plaasvind.               (2)

         4.1.5       Gee EEN funksie van ELK van die volgende organe:

                     (a) Fallopiusbuis                                                              (1)

                     (b) Baarmoeder                                                                 (1)

4.2      Boere manipuleer gewoonlik die reproduktiewe proses in vroulike plaasdiere
         sodat hulle op dieselfde tyd op hitte kom.

         4.2.1       Noem die reproduktiewe proses hierbo beskryf.                                  (1)

         4.2.2       Dui EEN metode aan wat boere kan gebruik om te verseker dat die
                     proses in VRAAG 4.2.1 genoem, suksesvol is.                                    (1)

         4.2.3       Noem die faktor wat steriliteit en onvrugbaarheid by bulle
                     veroorsaak, wat met elk van die volgende geassosieer word:

                     (a)   Bul het 'n ongebalanseerde rantsoen                                      (1)

                     (b)   Jong bul word in isolasie grootgemaak                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Landbouwetenskappe/V1                           16                                    DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

4.3      Die illustrasie hieronder stel 'n reproduktiewe proses voor wat in 'n vroulike
         plaasdier plaasvind.

                                     Duur 3 dae                                    Duur 12–18 uur
                                   Estrogeen is op                                 Estrogeen styg
                                  die laagste vlakke                               tot hoë vlakke

              Duur 12–15 dae                                 Duur 2–3 dae
              Corpus luteum                                  FSH stimuleer
            bly om hoë vlakke                               die ontwikkeling
            van progesteroon                                  van follikels
               te handhaaf

         4.3.1       Identifiseer die proses hierbo geïllustreer.                                             (1)
         4.3.2       Identifiseer stadiums C en D van die proses in VRAAG 4.3.1.                              (2)
         4.3.3       Noem EEN praktiese metode wat melkboere kan gebruik om koeie
                     wat op hitte is, te identifiseer.                                                        (1)
4.4      Die demonstrasie hieronder toon 'n reproduktiewe tegniek wat boere gebruik
         om diereproduksie te verhoog.

                                               Bul

                                                                Semen word              Vloeibare-
           Beste bul met
                                                                versamel               stikstof-tenk
           verlangde eienskappe

                                                       Strooitjies met semen
                                                                               Ontdooiingstermosfles
                                     Pistolet in die linkerhand
                     Beste koei

         4.4.1       Identifiseer die reproduktiewe tegniek in stadium 7 hierbo.                              (1)
         4.4.2       Noem die versamelingsmetode in stadium 2 van die tegniek wat
                     hierbo gedemonstreer word.                                                               (1)
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Landbouwetenskappe/V1                            17                             DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

         4.4.3        Versamelde semen word met 'n verdunningsmiddel, wat uit
                      eiergeel, melk, gliserol, buffers en antibiotika bestaan, gemeng.

                      Gee die rol van ELK van die volgende bestanddele in 'n
                      verdunningsmiddel:

                      (a)   Antibiotikums                                                               (1)

                      (b)   Buffers                                                                     (1)

                      (c)   Eiergeel                                                                    (1)

4.5      Die diagram hieronder illustreer 'n reproduktiewe tegniek by vroulike
         plaasdiere.

                                                              Vroulike
                                                             Female  1 dier 1

                                                         Embrio'sfrom
                                                        Embryos   van
                                                         Vroulike
                                                        Female 1  dier 1

                    Female
                 Vroulike    22
                          dier                 Female
                                            Vroulike    33
                                                     dier                    Female
                                                                        Vroulike dier 4
                 34
         4.5.1        Definieer die tegniek hierbo geïllustreer.                                        (2)

         4.5.2        Gee die term wat na ELK van die volgende plaasdiere verwys:

                      (a)    Vroulike dier 1                                                            (1)

                      (b)    Vroulike diere 2, 3 en 4                                                   (1)

         4.5.3        Dui die belangrikheid van Vroulike dier 1 in die tegniek hierbo
                      aan.                                                                              (1)

         4.5.4        Noem EEN nadeel van die tegniek wat in VRAAG 4.5.1 gedefinieer
                      is, vir die boer.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Landbouwetenskappe/V1                        18                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

4.6      Stellings wat tydens kalwing van toepassing is, word hieronder gegee.

         A       Die baarmoeder trek saam om die plasenta uit te werp.
         B       Vagina, serviks en baarmoeder vergroot om 'n gesamentlike kanaal te
                 vorm.
         C       Koei gaan lê, kop en voorpote van die fetus kom uit die vulva te
                 voorskyn.
         D       Fetus lê met voorpote wat na die serviks wys en ken wat op die
                 voorpote rus.

         Herrangskik die stellings hierbo in die korrekte volgorde. Skryf slegs die letter
         (A–D) van die stelling langs die vraagnommer (4.6) neer.                             (4)

4.7      Melksintese en melklating by 'n koei word deur die hormone prolaktien en
         oksitosien onderskeidelik beheer. Melklating word deur stimulasie van die
         sentrale senuweestelsel geïnisieer. Melksintese duur 305 dae waarna 'n koei
         opdroog voor die volgende kalwing.

         4.7.1       Noem EEN metode waarvolgens die melker die melklatingsproses
                     kan stimuleer.                                                           (1)

         4.7.2       Dui aan hoe oksitosien die melklatingsproses stimuleer.                  (1)

         4.7.3       Noem die belangrikheid van 'n droë periode vir 'n lakterende koei.       (1)

         4.7.4       Noem die bestanddeel in die kolostrum wat immuniteit teen siektes
                     aan die kalf verskaf.                                                    (1)
                                                                                              [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2024-afr/81782c4d-d347-40f6-ab2c-0a2bb1dc02ef) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Sesotho
- [Gr 12 Agricultural Sciences (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-english-june-2024-question-paper/be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-english/ecc125f9-b956-45f0-b947-431bae97cf54) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
