# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2015-afr/ffca4d4c-6091-4023-9aed-00526d819295
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2015-afr/ffca4d4c-6091-4023-9aed-00526d819295)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                            LANDBOUWETENSKAPPE V2

                               FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekenings, insluitend formules, waar toepaslik.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             3                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Die volgende skematiese voorstelling toon 'n …-ketting van
                      produkte:

                      Verspreiders                 Groothandelaars           Kopers

                      A    aanbod
                      B    entrepreneurs
                      C    produksie
                      D    beplannings

         1.1.2        Prysonelastisiteit van aanvraag beteken:

                     (i)   As die prys van brood met R2,00 styg, en daar geen ander
                           alternatief is nie, sal verbruikers steeds die brood koop.
                     (ii) As die prys van 'n blok bruin sjokolade styg, sal verbruikers wit
                           sjokolade koop.
                     (iii) As die prys van diesel met 50% styg, sal boere nie onmiddellik
                           voertuie wat petrol gebruik, aankoop nie.
                     (iv) As die prys van mielies styg, sal verbruikers steeds mielies
                           aankoop aangesien dit hulle stapelvoedsel is.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A    (i), (ii) en (iii)
                      B    (i), (iii) en (iv)
                      C    (ii), (iii) en (iv)
                      D    (i), (ii) en (iv)

         1.1.3        Die volgende is faktore van suksesvolle entrepreneurskap,
                      BEHALWE …

                      A    selfvertroue.
                      B    dinamiek.
                      C    kreatiwiteit.
                      D    burokratiese analise.

         1.1.4        'n Strategiese beplanningsinstrument wat kan help om 'n
                      onderneming te evalueer, staan as 'n … bekend.

                      A    besigheidsplan
                      B    strategiese bestuursplan
                      C    SSGB-ontleding ('SWOT analysis')
                      D    toekomsplan

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

         1.1.5        Geld wat in 'n boer se bankrekening inbetaal word en dan onttrek
                      word, staan as die … van die boerderybesigheid bekend.

                      A   begroting
                      B   kontantvloei
                      C   bates
                      D   oortrokke fasiliteit

         1.1.6        Die ekonomiese eienskap van grond wat verduidelik dat 'n
                      verhoging van 'n produksie-inseteenheid nie 'n proporsionele
                      toename in opbrengs tot gevolg sal hê nie:

                      A   Onvernietigbaarheid
                      B   Grond is beperk
                      C   Grondwaardering
                      D   Wet van afnemende meeropbrengste

         1.1.7        Om effektief met mense te kan omgaan en jou visie aan ander
                      belangegroepe bekend te maak, is 'n … vaardigheid van 'n
                      bestuurder.

                      A   probleemoplossings-
                      B   finansiëlebestuurs-
                      C   interpersoonlike-en-kommunikasie-
                      D   besluitnemings-

         1.1.8        Die illustrasie hieronder dui … in geenmutasie aan.

                          A     D                  A   D
                          B     E                  E   B
                          C     F                  F   C

                          X     G                  X   G
                          Y     H                  Y   H
                                I                  Z   I
                          Z

                      A   translokasie
                      B   segmentuitwissing
                      C   duplikasie
                      D   inversie

         1.1.9        'n Beskrywing wat na atavisme verwys:

                      A   Verskyning van 'n rooi kalf uit die kruising van swart manlike en
                          vroulike diere na generasies van 'n swart kudde
                      B   Verskyning van 'n swart-en-wit kalf nadat swart-en-wit ouers
                          gekruis is
                      C   Verskyning van 'n rooi kalf nadat homosigotiese rooi ouers
                          gekruis is
                      D   Verskyning van 'n rooi kalf nadat gevlekte en wit ouers gekruis
                          is

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           5                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

         1.1.10       Genetiese modifikasie gebruik die volgende tegnieke:

                     (i)      Geengeweer en die gebruik van microbacterium anthraksis
                     (ii)     Elektroforese en omgewingstoestande
                     (iii)    Mikro-inspuiting en elektroporasie
                     (iv)     Biolistiek en agrobakterium tumefaciens

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i) en (ii)
                      B      (i) en (iii)
                      C      (ii) en (iv)
                      D      (iii) en (iv)                                           (10 x 2)       (20)

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1        Eenvormigheid van 'n groep         A    evaluasie
                      produkte
                                                         B    'n probleemoplossings-
         1.2.2        Waarborg vir 'n lening                  vaardigheid

         1.2.3        Analise en verfyning van die       C    alleel
                      plan
                                                         D    waarborg
         1.2.4        Een geen wat 'n ander geen
                      beheer                             E    standaardisering

         1.2.5        Alternatiewe vorm van dieselfde F       gradering
                      paar gene
                                                      G       epistase

                                                         H    oorerflikheid
                                                                                      (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.3      Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Mense met die vermoë om 'n unieke besigheidsgeleentheid raak te
                      sien en wat bereid is om die risiko te neem om hul eie besighede te
                      begin

         1.3.2        'n Aanduider van die hoeveelheid werk wat verrig word relatief tot
                      die bedrag geld wat aan lone en salarisse gespandeer word

         1.3.3        'n Strategie waardeur die boer die risiko kan versprei deur in
                      verskeie ondernemings te belê

         1.3.4        Die kruising waardeur twee oorerflikheidsfaktore         op    twee
                      verskillende chromosome by kruisteling betrokke is

         1.3.5        Die verandering van die DNA wat 'n verandering in die volgorde
                      van die gene tot gevolg het                             (5 x 2)            (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Die metode wat gebruik word om die mark vir landbouprodukte in
                      kleiner groepe kopers te verdeel, word markkonsolidasie genoem.

         1.4.2        Alle besigheidsaktiwiteite wat die vloei van goedere en dienste van
                      die produksiepunt totdat dit die verbruiker bereik insluit, staan
                      as aanbod bekend.

         1.4.3        Seisoenale fluktuasie is 'n probleem wat verband hou met die
                      bemarking van landbouprodukte aangesien dit aan bederf en
                      verrotting blootgestel word.

         1.4.4        Valuasie is wanneer die waarde van 'n bate met tyd afneem.

         1.4.5        Atavisme is die vermoë van ouers om genetiese eienskappe na
                      hulle nageslag oor te dra.                            (5 x 1)              (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING B

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

2.1      Die prentjies hieronder illustreer bemarkingsafsetpunte vir landbouprodukte.

                             A                                       B

         2.1.1        Identifiseer die bemarkingsafsetpunte in A en B hierbo.                    (2)

         2.1.2        Skryf die letter (A of B) neer van die bemarkingsafsetpunt waarna
                      elk van die volgende stellings verwys:

                     (a) Produkte word teen 'n laer prys verkoop en kopers ding nie om
                         'n prys mee nie                                                         (1)

                     (b) Kleinskaalse boere het maklik toegang daartoe                           (1)

                     (c) Prys kan hoër as verwag wees aangesien kopers om die prys
                         meeding                                                                 (1)

                     (d) Bemarkingskoste word verlaag aangesien geen kommissie
                         betaal word nie                                                         (1)

         2.1.3        Noem die bemarkingstelsel wat in prent A en prent B geïllustreer
                      word. Gee EEN rede uit prent A en B om jou antwoord te
                      ondersteun.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.2      'n Boer het besef dat daar baie werklose jongmense in die omliggende
         gemeenskap was asook 'n goeie voorraad perskes en voldoende
         infrastruktuur om 'n verwerkingsaanleg te ondersteun. Die boer het die
         jongmense georganiseer en 'n R300 000-skenking gekry om 'n konfyt-
         prosesseringsfabriek te vestig. Aan die begin het hulle 100 bottels konfyt per
         dag geproduseer en tans produseer hulle 1 500 bottels per dag. Hulle het
         kontrakte met plaaslike groothandelaars gesluit.

         2.2.1        Lei TWEE entrepreneursvaardighede af wat die boer getoon het.              (2)

         2.2.2        Regverdig die antwoord op VRAAG 2.2.1 deur na die data in die
                      scenario te verwys.                                                        (2)

         2.2.3        Noem TWEE moontlike voordele van kontrakte wat met plaaslike
                      groothandelaars gesluit word.                                              (2)

         2.2.4        Dui die bron van elk van die volgende aan soos dit deur die boer in
                      die scenario hierbo geïdentifiseer is:

                     (a) Grondstowwe                                                             (1)

                     (b) Arbeid                                                                  (1)

                     (c) Geboue                                                                  (1)

         2.2.5        Gee die stelling in die scenario wat aandui dat die onderneming
                      suksesvol was.                                                             (1)

2.3      Die tabel hieronder toon die vraag en aanbod van appels teen verskillende
         pryse aan.

             PRYS/2 kg (RAND)         AANBOD PER WEEK           VRAAG PER WEEK
                    20                     1 000                      500
                    18                      950                       580
                    16                      800                       620
                    14                      750                       750
                    12                      500                       800
                    10                      400                       900
                     8                      300                      1 000

         2.3.1        Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken 'n lyngrafiek van
                      beide die vraag en aanbod op dieselfde assestelsel.                        (6)

         2.3.2        Bepaal die ewewigsprys van appels uit die tabel hierbo.                    (1)

         2.3.3        Lei af wat met die beskikbaarheid en prys van appels teen die prys
                      van R18,00 sal gebeur indien die vraag verdubbel en die aanbod
                      met 20% styg. Toon ALLE berekeninge om jou gevolgtrekking te
                      ondersteun.                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         9                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.4      'n Groep skaapboere in jou omgewing wou graag hul wins verhoog en oor 'n
         volhoubare mark beskik. Hulle het die volgende moontlike markte vir hul
         produkte geïdentifiseer:

         •       Klein slaghuise
         •       Groot supermarkkettingwinkels
         •       Plaaslike mense wat direk by die plaas aankoop
         •       Veilings

         2.4.1        Dui die mees volhoubare mark vir skaapvleis in die lys hierbo aan.          (1)

         2.4.2        Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te
                      ondersteun.                                                                 (2)

         2.4.3        Identifiseer 'n mark in die lys hierbo wat             die   grootste
                      sekuriteitsrisiko vir 'n skaapvleisprodusent inhou.                         (1)

         2.4.4        Regverdig jou antwoord op VRAAG 2.4.3.                                      (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1      Jy is die bestuurder van 'n stoetskaapplaas met 300 merino-ooie en
         15 ramme. Jy is verantwoordelik vir behoorlike arbeidsbestuur om
         produktiwiteit te verhoog. Die tabel hieronder toon die take wat op die plaas
         uitgevoer word en die verwagte tyd wat dit moet neem om elke taak te voltooi.

                       TAKE VERRIG                      TYDSDUUR VAN DIE TAAK
         1.      Inspeksie van waterpunte           Een keer per week
         2.      Voeding van stoetramme             Twee keer per dag, 1 uur per voeding
         3.      Dosering van skape                 Voortdurend, soos nodig
         4.      Tel van skape en rekordhouding     Tel elke kamp een keer per maand
         5.      Skeer van skape                    Sewe dae per jaar
         6.      Opgradering van damme en           Tien dae per jaar
                 waterkrippe

         3.1.1        Identifiseer TWEE take in die tabel hierbo wat deur elk van die
                      volgende arbeiders uitgevoer moet word:
                     (a) Permanente arbeiders                                                   (2)

                     (b) Tydelike arbeiders                                                     (2)
         3.1.2        Noem EEN taak in die tabel hierbo wat rekenaarvaardighede
                      vereis.                                                                   (1)
         3.1.3        Identifiseer die mees nie-herhalende taak wat deur die arbeiders
                      uitgevoer moet word.                                                      (1)
3.2      Wanneer 'n boer 'n nuwe werker in diens neem, moet 'n kontrak opgestel
         word. Die bepalings en voorwaardes van die kontrak moet aan
         arbeidswetgewing voldoen. Van die items wat in die kontrak ingesluit moet
         word, is die volgende:
         •        Werksure
         •        Vergoeding vir beserings aan diens
         •        Lone/Salarisse
         •        Voorwaardes vir diensbeëindiging
         •        Affiliasie by vakbonde en die reg om te staak
         •        Voorsiening van beskermende klere
         •        Bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
         3.2.1        Kies EEN stelling uit die lys hierbo wat deur die volgende
                      aangeraak word:
                     (a) Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                         1993)                                                                  (1)
                     (b) Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)                (1)
                     (c) Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)                      (1)
         3.2.2        Noem TWEE voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds vir
                      plaaswerkers.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.3      'n Styging in die menslike bevolking die afgelope tyd het gelei tot die gebruik
         van goeie landbougrond vir nie-landboukundige doeleindes soos in die
         diagram hieronder getoon.

             Gereserveer vir
             mensevestiging

         3.3.1        Identifiseer die ekonomiese eienskap van grond wat in die diagram
                      hierbo getoon word. Gee 'n rede vir jou antwoord.                          (2)

         3.3.2        Stel TWEE maniere voor waarop die ekonomiese eienskap hierbo
                      'n invloed op die produktiwiteit van die grond kan hê.                     (2)

         3.3.3        Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter
                      kan word.                                                                  (2)

3.4      'n Boer kry 'n lening van R2 miljoen by 'n bank. Hierdie lening is gebruik om 'n
         dam te bou en 'n besproeiingstelsel vir 'n 50 ha-mielieland te installeer. Die
         boer het ook drie bakkies, ter waarde van R165 000 elk, en 50 vleisbeeste
         gekoop met geld wat hy by sy ouers geërf het.

         3.4.1        Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor. Gebruik
                      die uittreksel hierbo as verwysing en skryf die antwoorde op (a) tot
                      (f) neer.

             TIPES KAPITAAL              VOORBEELD            BRON VAN KAPITAAL
                   (a)                      (b)                      (c)
                   (d)                      (e)                      (f)                         (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

         3.4.2        Die boer het later kapitaalprobleme ondervind. Bestudeer elk van
                      die stellings hieronder en dui aan watter tipe kapitaalprobleem die
                      boer as gevolg van sy optrede (in die uittreksel) ondervind het:

                     (a) Die aankoop van drie bakkies in plaas van slegs een bakkie
                         wat al die nodige take kon verrig                                       (1)

                     (b) Bekom 'n lening by 'n bank in plaas daarvan om sy erfgeld te
                         gebruik                                                                 (1)

                     (c) Investeer baie geld in produksie-insette wat geen winste
                         opgelewer het nie en selfs tot verliese gelei het as gevolg van
                         natuurrampe soos droogtes                                               (1)

3.5      Die skematiese voorstelling hieronder toon die strategiese bestuur van 'n
         voedselsekerheidsprogram in 'n provinsiale departement van landbou. Die
         stappe in so 'n strategiese bestuurproses behels die missie, mikpunte,
         doelwitte en visie. Hierdie stappe is nie in volgorde gerangskik nie.

                             A                                   B
                     Verbeter welsyn en                       Verbeterde
                     lewensbestaan van                   voedselsekerheid en
                         landelike                      beter lewenstandaarde
                       gemeenskappe

                 Elke huishouding sal teen
                 2016 'n halwe ton groente
                 produseer en die oorskot               Voorsien boerdery- en
                 aan skole gee as deel van                   besigheids-
                  hulle voedingsprogram                    vaardighede aan
                                                          landelike gesinne

                            D                                     C

         3.5.1        Pas stelling A, B, C en D by die toepaslike strategiese
                      bestuurstappe.                                                             (4)

         3.5.2        Noem DRIE voordele wat hierdie program vir die landelike
                      gemeenskap kan inhou.                                                      (3)

         3.5.3        Noem EEN vaardigheid wat die plaasbestuurder in staat sal stel
                      om uitdagings te verwag en te hanteer.                                     (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      'n Homosigotiese rooi bul (r) paar met 'n homosigotiese swart koei (R).

         4.1.1        Gebruik die inligting hierbo om die genotipe van die nageslag van
                      hierdie kruising te toon.                                                  (4)

         4.1.2        Bereken die persentasie swart nageslag.                                    (3)

         4.1.3        Dui die getal van die nageslag met 'n homosigotiese genepaar
                      aan.                                                                       (1)

         4.1.4        Neem aan dat die moontlikheid om 'n rooi kalf te hê, 0% is. Dui die
                      genotipe van die bulkalf aan.                                              (1)

4.2      'n Boer kan oorerflikheid en verwagte teelwaarde gebruik om die vordering
         van 'n teelprogram te voorspel. Hoe hoër die oorerflikheid van 'n eienskap,
         hoe groter die kans om produksie deur seleksie en teling te verbeter. Die
         gemiddelde slagmassa van die kudde is 47,5 kg. Die ouer weeg 52,5 kg. Die
         tabel hieronder toon die oorerflikheidseienskappe van skape aan.

           OORERFLIK-         GEBOORTE-       NASPEEN-      SAGTHEID       SLAGGEWIG
             HEID VAN           GEWIG         TOENAME          VAN
           EIENSKAPPE                                         VLEIS
         Oorerflikheid-%           49              50            60               85

         4.2.1        Gebruik die oorerflikheidswaarde om die slaggewig (genetiese
                      vordering) te bereken. Toon ALLE berekeninge, insluitend die
                      formule.                                                                   (4)

         4.2.2        Verduidelik die implikasie van die waarde in VRAAG 4.2.1.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          14                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.3      Die illustrasie hieronder toon die proses betrokke by plantverbetering.

             DNA                               A          B

                            Geen        Geen na               Geen na
          Geen vir                      ontvanger-            ontvanger-
          verlangde         geïsoleer
                                        sel                   DNA
          eienskap

                                                                              C

         4.3.1        Identifiseer die proses wat hierbo geïllustreer word.                            (1)

         4.3.2        Noem die TWEE belangrikste potensiële risiko's van die proses
                      wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is.                                            (2)

         4.3.3        Benoem organisme C.                                                              (1)

         4.3.4        Organisme C toon sekere eienskappe wat nuttig                       is   in
                      gewasproduksie. Noem DRIE van hierdie eienskappe.                                (3)

4.4      Variasie is 'n verskynsel wat verwys na verskille in die eienskappe van
         individue en veroorsaak dat individue in die nageslag effens van hul ouers
         verskil. Hierdie verskynsel is 'n natuurlike gebeurtenis en is baie belangrik vir
         boere aangesien dit die basis vorm van seleksie- en teelprogramme.

         4.4.1        Verduidelik die belangrikheid van variasie in 'n teelprogram.                    (2)

         4.4.2        Noem TWEE genetiese prosesse wat variasie veroorsaak.                            (2)

         4.4.3        Onderskei tussen aaneenlopende variasie en nie-aaneenlopende
                      variasie.                                                                        (2)

         4.4.4        Definieer die konsep van seleksie soos dit in teling gebruik word.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         15                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

4.5      Die illustrasie hieronder toon 'n diereteelprogram met beeste van twee boere
         (A en B). Boer A het 'n kommersiële Hereford-kudde terwyl Boer B 'n Sussex-
         stoetteler is.

                       Bul verskaf                          Koei uit kudde
                       deur Boer A                          van Boer B
                           MM                              mm

                                                Nageslag

         4.5.1        Identifiseer die teelmetode wat hierbo uitgebeeld word.                  (1)

         4.5.2        Noem DRIE voordele van hierdie teelmetode vir Boer B.                    (3)

         4.5.3        Lei 'n moontlike voordeel af wat hierdie teelproses vir Boer A kan
                      inhou.                                                                   (1)
                                                                                               [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                     GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-afr/b60fd853-0e19-4159-b790-13647b415a99) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-eng/1724b701-1e5b-4836-8fbd-0e695a045aab) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7ab4b716-4de0-4433-bf09-762cbf175b7e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2015-memo-afr/5c85e254-a144-4d46-bdc7-1a0a059d6db2) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2015 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2015-memo-eng/405a318d-66c5-49e3-a5a7-116f64c66145) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2015 MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2015-memo-afr/3ef93746-90a9-4f7e-83f2-96b383c8e37d) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
