# Agricultural Sciences Grade 10 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-grade-10-2017-afrikaans/5e537047-6b1d-46d1-aace-cecc78e7302e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-grade-10-2017-afrikaans/5e537047-6b1d-46d1-aace-cecc78e7302e)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2017-afrikaans/92765419-6241-4801-a6b0-96e6862991ba) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                       NOVEMBER 2017

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
        AFDELING B.

 2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word.

 4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringsisteem wat gebruik word in
        hierdie vraestel.

 5.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

 6.     Wys ALLE bewerkings, insluitend formules, waar van toepassing.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                             3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die
     vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Vertikale lae grond wat in ŉ grondprofiel beskikbaar is, word ...
                genoem.

                A     grondkors
                B     grondkomponente
                C     grondhorisonne
                D     grondvormingsprosesse

       1.1.2    Watter EEN van die volgende vrugte is ŉ voorbeeld van ŉ tropiese
                vrug?

                A     Piesang
                B     Lemoen
                C     Appel
                D     Druiwe

       1.1.3    ... is ŉ beheermaatreël vir waterversadiging.

                A     Bewerk vleilande
                B     Gebruik swaar masjinerie
                C     Installeer dreineringstelsels
                D     Oorbesproeiing

       1.1.4    … is groepe selle met soortgelyke strukture en funksies.

                A     Weefsels
                B     Organe
                C     Stelsels
                D     Voedingstowwe

       1.1.5    Vermikuliet kan as ŉ … geklassifiseer word.

                A     sekondêre mineraal
                B     primêre mineraal
                C     tersiêre mineraal
                D     edelsteen

       1.1.6    Watter van die volgende beskryf nie die eienskappe van mielies nie?

                A     Kom oorspronklik van Mexiko in Suid-Amerika
                B     Somergewas wat somerreënval van tussen 450 mm en
                      900 mm per jaar benodig
                C     Stapelvoedsel vir die meeste Afrika-mense
                D     Staan ook bekend as guineamielies

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2017)

      1.1.7    Identifiseer die tipe besoedeling wat in die diagram voorkom.

                A       Grondbesoedeling
                B       Lugbesoedeling
                C       Waterbesoedeling
                D       Landbesoedeling

      1.1.8     Bioturbasie kan gedefinieer word as …

                A       die uitwas van oplosbare stowwe uit die grond uit.
                B       die styging van die watertafel.
                C       die afwaartse beweging van opgeloste materiaal in die grond.
                D       meng van grond deur organismes.

      1.1.9     ŉ Wintergraan wat verbou word om koekmeel te maak is ...

                A       koring.
                B       gars.
                C       hawer.
                D       rog.

      1.1.10    Sedimentêre gesteentes het die volgende eienskappe:

                (i)     Kan grof of glad wees
                (ii)    Is deursigtig
                (iii)   Het ŉ gelaagde struktuur
                (iv)    Is die sagste groep rots

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (ii) en (iii)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iv)
                D       (i), (iii) en (iv)
                                                                               (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   5

 1.2 Kies ŉ woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste pas by die
     verduideliking in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
     vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.2.6 K

                KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    Teeldiere            A     Voergewas wat volume, energie en ru-
                                           voer verskaf

       1.2.2    Lusern               B     Gewasse wat gewoonlik as stapelvoedsel
                                           gebruik word

       1.2.3    Grond                C     Gebruik om gewasse te snoei, plant en
                                           oes

       1.2.4    Graangewasse         D     Voorsien water vir plante wat deur die
                                           wortels opgeneem word

       1.2.5    Mitose               E     Diere wat gekies word vir hul gunstige
                                           eienskappe

                                     F     Chromosoomgetal bly dieselfde

                                     G     Peulgewas wat as weidingsgewas dien
                                           met ŉ hoë proteïeninhoud

                                     H     Chromosoomgetal word gehalveer

                                     I     Word in substrata gevind

                                     J     Bladwisselende gewas
                                                                                 (5 x 2)   (10)

 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.

       1.3.1    ŉ Dubbele membraan wat die nukleus omsluit

       1.3.2    Vrystel van minerale gedurende die ontbindingsproses by bakterieë
                en fungi

       1.3.3    Plante wat vanaf ander lande ingebring is

       1.3.4    Vrystel van skadelike stowwe in die omgewing

       1.3.5    Mediumgrootte organismes wat in die grond woon, soos nematodes
                en myte
                                                                           (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
       stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
       vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.4.1    Die proses waardeur rotse in kleiner deeltjies opgebreek word om
                grond te vorm staan bekend as neerslag.

       1.4.2    Somatiese selle het ŉ haploïede chromosoomgetal.

       1.4.3    Hoek is die rigting waarin ŉ helling wys.

       1.4.4    Groente, vrugte, blomme en struike word geklassifiseer as woud
                gewasse.

       1.4.5    Fynbos soos rooibos en heuningbos, is klein bosse wat gekweek
                word vir die maak van tee en medisyne.
                                                                           (5 x 1)         (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                               7

 AFDELING B

 VRAAG 2: GRONDWETENSKAPPE

 Begin hierdie vraag op ŉ nuwe bladsy.

 2.1 ŉ Graad 10-leerder het ŉ proefbuis halfvol gemaak met ŉ luggedroogde
     grondmonster. Die leerder het die proefbuis toe oor ŉ oop vlam gehou, soos
     getoon in die diagram hieronder. Na ŉ sekere tyd het daar water teen die
     boonste gedeelte van die proefbuis begin kondenseer.

       2.1.1    Lei af watter tipe grondwater teen die proefbuis as druppels in
                bostaande diagram gekondenseer het.                                    (1)

       2.1.2    Motiveer jou antwoord vir VRAAG 2.1.1 hierbo.                          (2)

       2.1.3    Lei af of die grondwater wat gewys word in die diagram hierbo,
                beskikbaar is vir plante of nie. Verduidelik jou antwoord.             (2)

       2.1.4    Identifiseer ŉ veiligheidsmaatreël wat deur die leerder geneem is en
                sigbaar is in die diagram.                                             (1)

       2.1.5    Noem die ander TWEE tipes grondwater wat nie in die diagram
                getoon word nie.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                              (EC/NOVEMBER 2017)

 2.2 Die volgende is van die belangrikste eienskappe wat gebruik word om
     minerale te identifiseer.

      kristalstruktuur; splyting; suiwerheid; glans; digtheid; taaiheid

      2.2.1    Kies en pas die identifiseringseienskappe van minerale hierbo met
               die volgende:

               A      Die definitiewe parallelle lyne waarlangs ŉ mineraal breek              (1)
               B      Hoe blink ŉ mineraal in die lig vertoon                                 (1)
               C      Verwys daarna of ŉ mineraal slegs uit een sekere tipe stof
                      bestaan                                                                 (1)
                      Sterkte en hoe moeilik die mineraal uitmekaar val of buig of
               D      gesny kan word                                                          (1)
               E      ŉ Voorwerp se massa in verhouding tot sy volume                         (1)

      2.2.2    Gee enige DRIE eienskappe van primêre minerale.                                (3)

 2.3 Indien gesteentes afbreek, stel dit voedingstowwe vry wat deur plante
     benodig word vir groei. Dit kan voorkom as stollings-, sedimentêre of
     metamorfiese gesteentes. Die geskiktheid van ŉ grondsoort vir die verbouing
     van ŉ gewas hang dus af van die gesteente waaruit dit gevorm is.

      2.3.1    Identifiseer ŉ grondvormingsfaktor wat in die leesstuk hierbo genoem
               word.                                                                          (1)

      2.3.2    Klassifiseer die volgende rotse in Stollings-, sedimentêre en
               metamorfiese gesteentes:

               A      Sandsteen                                                               (1)
               B      Marmer                                                                  (1)
               C      Dolomiet                                                                (1)

      2.3.3    Gee enige DRIE verbouingseienskappe van grond wat uit
               sedimentêre gesteentes gevorm word.                                            (3)

 2.4 Stollingsgesteentes word verdeel in ekstrusiewe, intrusiewe en plutoniese
     gesteentes.

      2.4.1    Onderskei tussen ekstrusiewe en intrusiewe gesteentes.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                               9

 2.5 Die diagram hieronder toon verskeie eienskappe van ŉ grondvormingsfaktor.

       A.122 m bo seevlak
                                      B. Noordaansig

                                                    C. Steil

       45 m bo seevlak

                                                               D. Geleidelik

       2.5.1    Identifiseer die grondvormingsfakor wat in die diagram hierbo getoon
                word.                                                                   (1)

       2.5.2    Stel voor of die grond dieper sal wees by punt C of D.                  (1)

       2.5.3    Verduidelik kortliks waarom daar ŉ verskil in gronddiepte sal wees
                tussen punt C en D.                                                     (2)

       2.5.4    Gee die name van elk van die eienskappe A, B en C as
                grondvormingsfaktor soos in die diagram hierbo getoon.                  (3)

       2.5.5    Noem enige DRIE menslike aktiwiteite wat ŉ direkte impak op
                grondvorming het.                                                       (3)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         LANDBOUWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: PLANTSTUDIES

 Begin hierdie vraag op ŉ nuwe bladsy.

 3.1 Hieronder is ŉ lys van die verskillende kategorieë van gewasse.

      graangewasse; oliesaadgewasse; industriële gewasse; voergewasse;
      woudgewasse

      3.1.1    Pas die kategorie van gewasse hierbo by ELK van die volgende
               beskrywings:

               A      Gewasse wat verwerk word voordat dit op die mark verkoop
                      word                                                                 (1)
               B      Plante wat weiding vir vee voorsien en hooi produseer                (1)
               C      Sonneblom, canola en grondboontjies                                  (1)
               D      Hoofsaaklik gebruik om hout en papier te maak                        (1)

      3.1.2    Gewasse speel ŉ belangrike rol in die ekonomie van Suid-Afrika.
               Bewys die geldigheid van hierdie stelling deur DRIE redes te gee.           (3)

 3.2 Die tabel hieronder toon die volumes veldgewasse wat in Suid-Afrika tussen
     2005 en 2010 verbou is.

                                         Volume gewas produksie (t)
      Gewas                   2005/6      2006/7   2007/8   2008/9            2009/10
      Mielies                  6 000       7 000   12 000   12 050             13 043
      Koring                    500        1 000    1 200    2 950              3 637
      Sorghum                   900        3 000    5 000    6 760              7 220
      Sonneblomsaad            2 010       1 200    8 325     801                516
      Sojabone                 5 200      22 700    4 000     516                560
      Lusern                  25 000     525 000    3 250    2 260             21 780
      Katoen                  51 200     419 800   32 060     420                360

      3.2.1    Gebruik die tabel hierbo om ŉ staafgrafiek te teken om die volumes
               koring verbou tussen 2005 en 2010 voor te stel.                             (6)

      3.2.2    Lei af wat die tendens is van koringproduksie vanaf 2005 tot 2010.          (2)

      3.2.3    Bereken die totale volume graan wat in die 2005/6 seisoen verbou is.        (2)

      3.2.4    Verwys na die tabel hierbo en identifiseer EEN weidings-peulgewas
               wat ryk is aan proteïene.                                                   (1)

      3.2.5    Verduidelik kortliks waarom peulgewasse ryk is aan proteïene.               (2)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                11

 3.3                                     LEMOENE

       Lemoene is vrugte wat al vir baie jare as voedsel en medisyne gebruik word.
       Hierdie vrugte kan op ŉ volhoubare basis gebruik word om inkomste vir beide
       landelike gemeenskappe en kommersiële boere te genereer.

       Die vrugtepulp van lemoene is ŉ uitstekende bron van vitamiene C wat die
       liggaam help om griepinfeksies te bestry. Die blare van lemoenbome het
       medisinale waarde en kan gebruik word om naarheid te behandel.

       Soos die meeste sitrusvrugte, groei lemoene goed by gemiddelde
       temperature tussen 15,5 - 29 ⁰C en benodig aansienlike hoeveelhede sonlig
       en water. Hulle is sensitief vir ryp en daarom groei hulle goed in Limpopo,
       Mpumalanga en die Noord-Kaap, provinsies van Suid-Afrika. Lemoene kan in
       die rou vorm of verwerk as vrugtesap bemark word.

       3.3.1    Noem die vitamiene wat in lemoene gevind word.                            (1)

       3.3.2    Beskryf enige TWEE gesondheidsvoordele van lemoene uit die
                leesstuk hierbo.                                                          (2)

       3.3.3    Gee enige DRIE voordele om lemoene te verwerk na vrugtesap.               (3)

 3.4 Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne van 1983 verdeel
     indringerspesies in drie kategorieë, naamlik: Kategorie 1, Kategorie 2 en
     Kategorie 3.

       3.4.1    Identifiseer die indringerkategorie vanuit die leesstuk hierbo wat van
                toepassing is op elk van die volgende beskrywings:

                A     Indringers wat geskik is as skaduwee- en ornamentele bome in
                      stedelike areas                                                     (1)

                B     Wattelbome kan in sekere afgebakende areas geplant word met
                      toestemming van die regering                                        (1)

                C     Toon ŉ baie hoë risiko en mag nie aangeplant of enige plek in
                      die land verkoop word nie                                           (1)

       3.4.2    Regverdig die uitroei van indringerspesies deur TWEE redes te gee.        (2)

       3.4.3    Onderskei met EEN voorbeeld van elk, tussen hardehout en
                sagtehout bome.                                                           (4)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LANDBOUWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN NATUURLIKE HULPBRONNE EN
          BIOLOGIESE KONSEPTE

 Begin hierdie vraag op ŉ nuwe bladsy.

 4.1 Die diagramme hieronder is voorbeelde van hulpbronne wat deur boere in
     landbouproduksie aangewend word.

              A                                B

              C

      4.1.1    Identifiseer EEN voorbeeld van ŉ nie-hernubare hulpbron vanuit die
               prente hierbo.                                                               (1)

      4.1.2    Verduidelik kortliks waarom die hulpbron genoem in VRAAG 4.1.1 as
               nie-hernubaar beskou word.                                                   (2)

      4.1.3    Kies tussen A en B, die grondbewerkingsmetode wat die mees
               omgewingsvriendelik is.                                                      (1)

      4.1.4    Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.1.3 met DRIE redes.                        (3)

 4.2 Suid-Afrika ontvang ŉ gemiddelde reënval van 500 mm per jaar. Die beperkte
     watervoorraad maak dit ŉ waterskaars land. Die bruikbaarheid van die
     beskikbare water vir gebruik deur mense, diere en waterorganismes hang
     van die kwaliteit af. Soutkonsentrasie, gifstofkonsentrasie, troebelheid en die
     voorkoms van patogene is van die faktore wat waterkwaliteit beïnvloed.

      4.2.1    Identifiseer EEN fisiese eienskap van water vanuit die leesstuk
               hierbo.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                               13

       4.2.2    Definieer die fisiese eienskap van water soos genoem in VRAAG
                4.2.1.                                                                 (1)

       4.2.3    Noem enige DRIE kwessies wat die beskikbaarheid en kwaliteit van
                water in Suid-Afrika beïnvloed.                                        (3)

       4.2.4    Gee EEN gepubliseerde wet wat die gebruik, beskerming en
                bewaring van waterbronne in Suid-Afrika reguleer.                      (1)

       4.2.5    Verskaf enige DRIE gevolge van grondbesoedeling op natuurlike
                hulpbronne.                                                            (3)

       4.2.6    Noem enige TWEE metodes wat deur boere gebruik kan word om
                ontslae te raak van nie-bioafbreekbare afval.                          (2)

 4.3 Hieronder is ŉ diagram van ŉ plantsel. Beantwoord die vrae wat daaroor
     handel.

                                                                A
                                                                B

                                                                 C

                                                                 D

                                                                 E

                                                                 F
                                                                G

       4.3.1    Identifiseer die name van die dele genommer A, B, D en E.              (4)

       4.3.2    Gee enige TWEE funksies van deel E.                                    (2)

 4.4 Tabuleer die verskille tussen plant- en dierselle onder die volgende opskrifte:

       4.4.1    Buitenste beskermende laag                                             (2)

       4.4.2    Vakuool                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        LANDBOUWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2017)

 4.5 Analiseer die fases van mitose in die diagram hieronder en beantwoord die
     vrae wat volg.

                                        A                               B

                                        C                              D

      4.5.1      Identifiseer die fases van mitose wat voorgestel word deur A, B, C
                 en D.                                                                      (4)

      4.5.2      Gee enige DRIE funksies van mitotiese seldeling in lewende
                 organismes.                                                               (3)
                                                                                          [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/b3b13864-5357-4a16-852d-8dd81b0e6ddf) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2017-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/953d3a3d-66ca-4fef-86e5-4b0048ba4f9b) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/ce5c1034-4dce-4caa-b868-3d33b7d0028d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-qp-nov2017/b56987ee-04cf-4977-8333-2c623d76b31c) — Agricultural Sciences · QP · 2017
- [AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr10-memo-afrikaans/9f8a6dac-d002-4d46-b17f-56176718e3ca) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2017-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/e9c200ed-85aa-4a78-b7cf-e6350814af1d) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
