# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-june-july-2015-afr/ccbd4360-11b3-495b-b2e3-72955c7d104d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-june-july-2015-afr/ccbd4360-11b3-495b-b2e3-72955c7d104d)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                         2015

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     2                                  DBE/2015
                                         SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, ingeslote die formules, waar van toepassing en rond
         die antwoorde tot TWEE desimale plekke af.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          3                                     DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Die produkfunksie wat deur die diagram hieronder voorgestel word,
                      is ...

                                                     Dikmelk
                           Melk                      Jogurt
                                                     Kaas

                      A   vervoer.
                      B   standaardisering.
                      C   prosessering.
                      D   gradering.

         1.1.2        Dit is NIE 'n manier om die landboubedryfsketting te vereenvoudig
                      en te verbeter NIE:

                      A Verbeter paaie om bemarking te fasiliteer
                      B Verskaf selfone en Internet vir maklike toegang tot bemarking
                      C Verhoog vervoerkoste deur die vars produkte na nabygeleë
                        markte te versprei
                      D Gebruik verkoelingsfasiliteite om oorverskaffing aan die markte
                        te voorkom

         1.1.3        Die volgende stelling is van toepassing op eko-etikettering:

                      A Dit bevorder produketikettering as omgewingsvriendelik.
                      B Die onvolhoubare etikettering is op die verbruiker gemik.
                      C Dit het komponente wat 'n negatiewe impak op die omgewing
                        het.
                      D Dit neem nie omgewingskwelpunte in ag nie.

         1.1.4        Die volgende stelling is NIE deel van 'n SSGB('SWOT')-analise NIE:

                      A Identifiseer sterk en swak punte van 'n onderneming
                      B Instrument vir strategiese beplanning om 'n onderneming te
                        evalueer
                      C Identifiseer geleenthede en die voordelige benutting daarvan
                      D Strategie-instrument om werkers te straf

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         4                                    DBE/2015
                                             SSE

         1.1.5        Krediet wat oor 'n tydperk van minder as twee jaar bekom en
                      terugbetaal word, word ...-termynkapitaal genoem.

                      A   lang
                      B   kort
                      C   medium
                      D   kort- tot medium

         1.1.6        Enige menslike onderneming/strewe, fisies of verstandelik, wat in
                      afwagting van vergoeding uitgevoer word, is ...

                      A   kapitaal.
                      B   arbeid.
                      C   verlof.
                      D   salaris.

         1.1.7        'n Toename in die inset in grond lei nie tot 'n eweredige toename in
                      opbrengs nie. Hierdie stelling word met die volgende ekonomiese
                      kenmerk van grond geassosieer:

                      A Grond is duursaam.
                      B Grond is beperk.
                      C Grond is onderhewig           aan    die   wet    van    dalende
                        meeropbrengste.
                      D Grond is onvernietigbaar.

         1.1.8        Die kleinste eenheid wat die vermoë het om genetiese inligting te
                      dra wat van 'n ouer na die nageslag oorgedra word:

                      A   DNS ('DNA')
                      B   RNS ('RNA')
                      C   GGO ('GMO')
                      D   Chromosoom

         1.1.9        Die struktuur wat deur die proses van genetiese modifikasie
                      verander word:

                      A   Sel
                      B   Gene
                      C   Nukleus
                      D   Antigeen

         1.1.10       Die herverskyning van 'n eienskap na 'n lang afwesigheid in 'n
                      dierebevolking:

                      A   Erfdwang
                      B   Epistase
                      C   Onvolledige dominansie
                      D   Atavisme                                               (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        5                                      DBE/2015
                                            SSE

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 J.

                  KOLOM A                                     KOLOM B
         1.2.1 Verskansing                 A      tydelike arbeid

         1.2.2 Waterkanaal                 B      'n voorbeeld van roerende kapitaal

         1.2.3 Bates                       C      die produksie van 'n identiese kopie
                                                  van biologiese materiaal
         1.2.4 Bioballistiek
                                           D      kontrak om 'n veilige mark en prys vir
         1.2.5 Kloning                            vars produkte te verseker

                                           E      fisiese items met ekonomiese waarde

                                           F      'n voorbeeld van vaste kapitaal

                                           G      meer as twee ondernemings op
                                                  dieselfde plaas

                                           H      tegniek van genetiese modifikasie
                                                                                  (5 x 2)          (10)

1.3      Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Kommoditeit wat 'n produsent teen enige gegewe prys te koop
                      aanbied

         1.3.2        Die verskil tussen die waarde van die bates en die waarde van die
                      laste

         1.3.3        Geld wat in die boer se bankrekening inkom en uitgaan

         1.3.4        Die verskille in die fenotipes van plante of diere van dieselfde
                      spesie as gevolg van gene en omgewing

         1.3.5        Die tipe seleksie waar 'n individu op grond van rekords van die
                      voorgeslagte gekies word                                 (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                                    DBE/2015
                                             SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Koöperatiewe bemarking is 'n bemarkingstrategie waar die
                      regering die prys van 'n kommoditeit vasstel en aankondig.

         1.4.2        Beplanning is 'n bestuursvaardigheid wat aan werkers leiding gee
                      en hulle beïnvloed om hulle doelwitte te bereik.

         1.4.3        Mark-strategie dui 'n toestand aan waar die hoeveelheid van 'n
                      produk wat verbruikers vereis, presies gelyk is aan die hoeveelheid
                      wat 'n produsent wil verkoop.

         1.4.4        Manipulasie is 'n situasie waar te veel kapitaal in verhouding tot
                      ander produksiefaktore bestee word.

         1.4.5        Rose met pienk blomme (R) en rose met wit blomme (r) sal 'n
                      F 1 -generasie met rooi blomme voortbring.          (5 x 1)                 (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        7                                       DBE/2015
                                            SSE

AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1      Die illustrasie hieronder stel 'n spesifieke tipe bemarking voor.

         2.1.1 Identifiseer die tipe bemarking wat hierbo geïllustreer word.                        (1)
         2.1.2 Verduidelik waarom die produsent in hierdie tipe bemarking die
               volgende moet doen:
                 (a)    Inisiatief en gedrewenheid toon                                             (2)
                 (b)    Produkte van hoë gehalte verskaf                                            (2)

         2.1.3 Noem DRIE riglyne vir boere om die bemarkingsketting van vars
               produkte te vereenvoudig en te verbeter.                                             (3)

         2.1.4 Noem TWEE benaderings in die bemarking van landbouprodukte.                          (2)

 2.2      'n Suiwelboer sukkel met 'n suiwelonderneming en is onder geweldige
          finansiële druk as gevolg van die lae prys van melk. Daar is 'n gebied op die
          plaas waar swartwattelbome baie goed groei. Die boer is ingelig dat die
          regering 'n wet afgekondig het dat alle indringerbome op plase en
          eiendomme verwyder moet word. Die boer het nou 'n sakeonderneming
          begin wat 'n diens aan ander boere en eienaars van eiendomme in die
          omgewing lewer deur indringerbome af te kap.

         2.2.1   Gee 'n gepaste sakebestuursterm vir elk van die volgende:

                 (a)    Hierdie boer se boomkappery-onderneming                                     (1)

                 (b)    Die meeste bome word in kleiner stukke gekap en as
                        vuurmaakhout verkoop. Sommige word gebruik om houtskool te
                        vervaardig.                                                                 (1)

                 (c)    'n Klein aantal kliënte vra vir hout wat op 'n spesifieke manier
                        gekap is.                                                                   (1)

                 (d)    Faktore en bedreigings wat die onderneming kan benadeel                     (1)

                 (e)    Die boer tref voorsorgmaatreëls om werkers teen gevaar en
                        beserings te beskerm.                                                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      8                                    DBE/2015
                                          SSE

         2.2.2   Noem DRIE voordele wat hierdie boomkappery-onderneming vir die
                 boer sal inhou.                                                               (3)

2.3      Landboukoöperasies is betrokke by die produksie, prosessering en bemarking
         van landbouprodukte. Verder verskaf koöperasies ook insette en dienste aan
         hulle lede.

         2.3.1 Gee DRIE voorbeelde van landboukoöperasies.                                     (3)

         2.3.2 Noem DRIE voordele van landboukoöperasies.                                      (3)

         2.3.3 Maak 'n lys van DRIE beginsels van landboukoöperasies.                          (3)

2.4      Die data hieronder stel die vraag en aanbod van tamaties voor.

              PRYS PER KG             HOEVEELHEID              HOEVEELHEID
                (RAND)               GEVRA (BOKSE)           AANGEBIED (BOKSE)
                   14                     35                        10
                   17                     30                        15
                   20                     25                        20
                   23                     20                        25
                   27                     15                        30
                   30                     10                        35

         2.4.1 Teken 'n lyngrafiek om die vraag en aanbod van tamaties op EEN
               grafiek aan te dui.                                                             (6)

         2.4.2 Lei die verhouding tussen vraag en aanbod van die grafiek af.                   (2)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        9                                    DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

 3.1     'n Voornemende boer wil 'n onderneming begin en het R25 000 by die bank
         geleen. Hierdie boer het nie dadelik begin nadat die lening toegestaan is nie.
         Teen die tyd dat die onderneming gevestig is, het die totale skuld tot vyf keer
         die oorspronklike bedrag gegroei. Die wins was gemiddeld R12 000 per jaar,
         behalwe vir die eerste jaar toe die wins slegs 18% van die aanvanklike
         hoofskuld was.

         3.1.1 Bepaal die totale skuld van die entrepreneur nadat die onderneming
               uiteindelik gevestig is. Toon AL die berekeninge.                                 (2)

         3.1.2 Bereken die wins vir die eerste bedryfsjaar.                                      (2)

         3.1.3 Bereken die wins (as 'n persentasie) vir die derde jaar.                          (3)

         3.1.4 Noem TWEE ander maniere om kapitaal te bekom, behalwe om dit te
               leen.                                                                             (2)

3.2      Arbeid het 'n groot invloed op die sukses en koste van enige
         boerderyonderneming. Op een spesifieke plaas het 'n boer vier werkers:
         'n trekkerbestuurder, twee algemene werkers en 'n deeltydse skoonmaker.
         Arbeid op hierdie plaas word deur wetgewing gereguleer.

         3.2.1 Identifiseer uit die gedeelte hierbo 'n voorbeeld van elk van die
               volgende:

                 (a)    Tydelike werker                                                          (1)

                 (b)    Bestuurder                                                               (1)

                 (c)    Ongeskoolde werker                                                       (1)

                 (d)    Geskoolde werker                                                         (1)

         3.2.2 Dui die wetgewing aan wat die volgende reguleer:

                 (a)    Verlof, werksure en aftrekkings                                          (1)

                 (b)    Bevordering van ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike
                        geregtigheid                                                             (1)

                 (c)    Gesondheid en veiligheid in die werkplek                                 (1)

         3.2.3 Noem TWEE maatreëls wat hierdie boer kan tref om die produktiwiteit
               van plaaswerkers te verhoog.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         10                               DBE/2015
                                             SSE

3.3      Die prent hieronder stel 'n produksiefaktor voor.

         3.3.1 Identifiseer die produksiefaktor in die prent hierbo.                          (1)

         3.3.2 Maak 'n lys van VIER ekonomiese eienskappe van die produksiefaktor
               wat in VRAAG 3.3.1 genoem is.                                                  (4)

         3.3.3 Gee DRIE funksies wat geassosieer word met die produksiefaktor wat
               in VRAAG 3.3.1 genoem is.                                                      (3)

 3.4     Plaasbestuur vereis beide daaglikse beplanning en langtermyn- strategiese
         beplanning om te verseker dat die onderneming sy doelwitte bereik, soos in
         die vloeikaart hieronder geïllustreer.

                                          Bestuurs-
                                          beginsels

                          A                   B                   C

         3.4.1 Definieer die term bestuur.                                                    (2)

         3.4.2 Noem die DRIE hoofbestuursbeginsels wat deur A, B en C voorgestel
               word.                                                                          (3)

         3.4.3 Maak 'n lys van DRIE doelwitte van strategiese bestuur.                        (3)

         3.4.4 Dui die persoon aan wat vir die algehele bestuur van 'n boerdery-
               onderneming verantwoordelik is.                                                (1)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        11                                    DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1     'n Homosigoties dominante ram met lang, fyn wol word met 'n homosigoties
        resessiewe ooi met kort, growwe wol gekruis.

        4.1.1    Identifiseer die tipe kruising wat deur die stelling hierbo voorgestel
                 word.                                                                            (1)

        4.1.2    Motiveer die antwoord op VRAAG 4.1.1.                                            (2)

        4.1.3    Bepaal die fenotipiese verhouding van die F 2 -generasie.                        (1)

        4.1.4    Noem die VIER moontlike fenotipiese kombinasies soos wat dit in die
                 nageslag van die kruising hierbo kan voorkom.                                    (4)

        4.1.5    Verduidelik die ekonomiese belang van hierdie kruising.                          (2)

4.2     Geneties gemodifiseerde of veranderde gewasse wat as GGO's bekend staan,
        word in die Verenigde Nasies se voedselprogram in Afrika en Asië gebruik. Die
        gewasse wat die meeste gebruik word, is mielies, rys en aartappels.

         4.2.1 Definieer die term genetiese modifikasie.                                          (2)

         4.2.2 Noem DRIE voordele van geneties gemodifiseerde gewasse.                            (3)

         4.2.3 Beskryf TWEE potensiële risiko's van geneties gemodifiseerde
               gewasse.                                                                           (2)

         4.2.4 Verduidelik die rede vir die genetiese modifikasie van mielies, rys en
               aartappels.                                                                        (1)

         4.2.5 Noem TWEE tegnieke wat in die genetiese modifikasie van plante
               gebruik word.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                12                                DBE/2015
                                                    SSE

4.3      Die grafiek hieronder stel 'n normaalverspreidingskurwe voor wat in die
         seleksie van diere vir 'n teelprogram gebruik word deur slegs hul fenotipiese
         eienskappe in ag te neem.

                                                      B

            Getal diere        Lae
                                                                          Verbeterde
                            lewenskrag
                                                                          lewenskrag

                                A                                             C

                                 swak               gemiddeld             goed
                                                   Prestasie

         4.3.1 Lei van die grafiek af watter groep diere (A, B of C) die geskikste sal
               wees om in 'n teelprogram vir die volgende generasie te gebruik.                   (1)

         4.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1.                                       (1)

         4.3.3 Identifiseer die seleksiemetode wat in hierdie teelprogram gebruik
               word.                                                                              (1)

         4.3.4 Onderskei tussen seleksie en variasie.                                             (4)

         4.3.5 Noem die seleksiemetode wat in elk van die volgende situasies in
               diereteling gebruik word:

                          (a)   Seleksie op grond van die gehalte van nabyverwante diere van
                                dieselfde generasie                                               (1)

                          (b)   Seleksie op grond van die gehalte van die nageslag                (1)

4.4     Verskeie teelprogramme/-stelsels word in diereteling gebruik.

         4.4.1 Onderskei tussen inteling en kruisteling.                                          (2)

         4.4.2 Noem TWEE voordele van inteling.                                                   (2)

         4.4.3 Noem TWEE voordele van 'n muil vir die boer.                                       (2)
                                                                                                  [35]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                           GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 June 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-june-2015-memo-eng/ac3c62b6-051b-4a5f-9971-f9a5a8f508d7) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 June 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-june-2015-memo-afr/d67c3ac8-a489-467d-b199-2ab155be3933) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2015-afr/ffca4d4c-6091-4023-9aed-00526d819295) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
