# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2016-afr/37180795-eb71-45e8-8594-babc0d041dad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2016-afr/37180795-eb71-45e8-8594-babc0d041dad)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                          2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                      DBE/2016
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon alle berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                        3                    DBE/2016
                                                            SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

        1.1.1   Die eerste stap in die ontwikkeling van 'n strategiese bestuursplan:

                A       Die opstel van doelwitte en doelstellings
                B       Ontwikkeling van die visie
                C       Evaluering
                D       Ontwikkeling van die missie

        1.1.2   Die wet van vraag na landbouprodukte bepaal die volgende:

                A       Hoe hoër die prys, hoe minder die produkte wat te koop
                        aangebied word.
                B       Hoe hoër die prys, hoe meer die produkte wat aangekoop word.
                C       Hoe laer die prys, hoe meer die produkte wat aangekoop word.
                D       Hoe laer die prys, hoe minder die produkte wat verkoop word.

        1.1.3   Die reguitlyn (Y) stel die … 'n produk voor.

                                                        Y         X

                                         Prys (R)
                                                    X
                                                                      Y
                                              0 Getal produkte

                A       markewewig van
                B       tekort aan
                C       vraag na
                D       aanbod van

        1.1.4   Nisbemarking fokus op:

                (i)  Verkope aan 'n klein segment
                (ii) Verskaf aartappels aan 'n skool vir voeding
                (iii)Voorsien in die behoeftes wat nie deur die hoofstroommarkte
                     bevredig word nie
                (iv) Bevorder dieselfde produk op 'n ander manier by verbruikers

                Kies die korrekte kombinasie:

                A       (i), (iii) en (iv)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (i), (ii) en (iii)
                D       (i), (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         4                                    DBE/2016
                                             SSE

         1.1.5        Produksiefaktore wat op 'n plaas gereflekteer word waar werkers
                      die land bewerk:

                      A   Grond en arbeid
                      B   Grond en kapitaal
                      C   Slegs arbeid
                      D   Grond, arbeid en kapitaal

         1.1.6        Die waarde van hierdie produksiefaktor neem toe met tyd:

                      A   Toerusting
                      B   Landbougrond
                      C   Masjinerie
                      D   Geld

         1.1.7        Die ekonomiese eienskap van grond wat as 'n veilige belegging
                      beskou word:

                      A   Produksiepotensiaal
                      B   Verweerbaarheid
                      C   Chemiese samestelling
                      D   Vaste ligging/plek

         1.1.8        Die netto waarde van 'n onderneming word as die totale …
                      gedefinieer.

                      A   bates van die onderneming minus die laste
                      B   laste van die onderneming minus die bates
                      C   uitgawes van die onderneming minus die inkomste
                      D   inkomste van die onderneming minus die uitgawes

         1.1.9        Die fenotipe van 'n dier kan as die … beskryf word.

                      A   lengte en diepte van die diereliggaam
                      B   omgewingstoestande
                      C   genetiese variasie
                      D   totale geentelling

         1.1.10       'n Heterosigotiese Brahmaanbul (Bb) word met 'n heterosigotiese
                      koei (Bb) gepaar. Wat sal die verwagte genotipiese verhouding van
                      die F 1 -geslag wees?

                      A   1:3:1
                      B   1:1
                      C   3:1
                      D   1:2:1                                                  (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           5                                    DBE/2016
                                               SSE

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                             KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1       Formulering van 'n visie en           A   dominante eienskap
                     'n missie
                                                           B   aanbod
         1.2.2       Vermoë en begeerte om goedere
                     en dienste aan te koop                C   strategiese beplanning

         1.2.3       AgriSETA dryf die inisiatief om die   D   sakeplan
                     landbouwerksmag te verbeter
                                                           E   resessiewe eienskap
         1.2.4       Dokument wat die verwagte
                     inkomste en uitgawe van 'n plaas      F   vaardigheidsontwikkeling
                     vir 'n gegewe tydperk verskaf
                                                           G   aanvraag
         1.2.5       Eienskap wat 'n ander eienskap
                     oorskadu                              H   kontrak

                                                           I   werksgeleenthede

                                                           J   begroting
                                                                                        (5 x 2)   (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1         Mense wat geleenthede raaksien en bereid is om die risiko te waag
                       om hul eie ondernemings te begin

         1.3.2         'n Regsbindende ooreenkoms tussen die werkgewer en die
                       werknemer

         1.3.3         Die proporsie fisies sigbare verskille wat deur die ouers na die
                       nageslag oorgedra word

         1.3.4         'n Skielike verandering in die genetiese materiaal

         1.3.5         'n Tipe biotegnologie wat hoogs gevorderde wetenskaplike
                       tegnieke behels om deur die proses van genetiese manipulering
                       die verlangde eienskap te verkry                      (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                                    DBE/2016
                                             SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Verkope is verbruikergeoriënteerd.

         1.4.2        Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gee aandag aan kwessies
                      soos minimum lone, werksure, oortyd, verlof, werk op Sondae
                      en Maandae.

         1.4.3        Oorerflikheid is die basis van seleksie ten opsigte van die
                      verlangde eienskappe by plaasdiere.

         1.4.4        Die doelbewuste teelmetode waarvolgens plante en diere
                      geïdentifiseer word om spesifieke eienskappe in die nageslag uit te
                      bring, word epistase genoem.

         1.4.5        Mutante is 'n groep gene en elkeen dra by tot die waarde van
                      sekere fenotipiese eienskappe.                        (1 x 5)              (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           7                                       DBE/2016
                                               SSE

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die tabel hieronder toon die verskille tussen die produsenteprys en die
         verbruikersprys van produkte.

              PRODUK               PRODUSENTE-          VERBRUIKERS-           PRYSVERSKIL
                                     PRYS PER             PRYS PER
                                       kg/ℓ                 kg/ℓ
         Hoender                       R20                  R32                     R12
         Skaapvleis                    R80                  R94                     R14
         Geprosesseerde                R74                  R90                     R16
         vleis
         Mielies                          R4                     R8                  R4
         Koringgraan                      R5                     R9                  R4
         Sonneblom                        R6                     R12                 R6

         2.1.1         Identifiseer die produk met die grootste prysverskil.                         (1)

         2.1.2         Gee EEN rede vir die groter prysverskil in VRAAG 2.1.1.                       (1)

         2.1.3         Gee EEN moontlike rede vir die klein prysverskil by koringgraan.              (1)

         2.1.4         Noem die grootste probleem in die bemarking van plant- of
                       diereprodukte met verwysing na:

                       (a)    Waarde                                                                 (1)

                       (b)    Vervoer                                                                (1)

                       (c)    Bederfbaarheid                                                         (1)

         2.1.5         Stel DRIE faktore voor wat aanleiding kon gee tot die verskil tussen
                       die produsenteprys en die verbruikersprys.                                    (3)

2.2                  begin en bestuur die onderneming; ontwikkel die sakeplan;
                               identifiseer en evalueer die geleenthede;
                                    bepaal die hulpbronne benodig

                 A                       B                   C                      D

         Gebruik die inligting hierbo en voltooi die vloeidiagram (A–D) wat die fases
         van die entrepreneursproses voorstel.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                                    DBE/2016
                                             SSE

2.3      'n Groep beesboere het die volgende moontlike markte vir hul produkte
         geïdentifiseer:

         •       Klein slaghuise
         •       Groot kettingwinkels
         •       Plaaslike inwoners wat direk op die plaas koop
         •       Vendusies/Veeveilings

         2.3.1        Verwys na die lys hierbo en identifiseer die mark wat die grootste
                      veiligheidsrisiko vir die beesboere inhou.                                 (1)

         2.3.2        Toon, uit die lys hierbo, die mark wat die geskikste vir die
                      bemarking van prima beesvleis is. Gee 'n rede om die antwoord te
                      steun.                                                                     (2)

         2.3.3        Definieer die term veevendusies/veeveilings.                               (2)

         2.3.4        Noem DRIE voordele van bemarking aan klein slaghuise.                      (3)

2.4      Melkboere wat tans onder ernstige finansiële druk werk, kyk nou na
         alternatiewe opsies om hul finansiële posisies te verbeter. Swartwattelbome
         wat in oormaat groei en groenweiding bedreig, word nou as 'n alternatiewe
         besigheid beskou. Hierdie melkboere oorweeg dit nou om 'n diens te begin
         deur die bome teen 'n minimale koste af te saag.

        Gee 'n gepaste term vir elk van die volgende beskrywings:

         2.4.1        Die afsaag van swartwattelbome kan as 'n nuwe sakegeleentheid
                      gesien word.

         2.4.2        'n Paar klante verkies dat hout in 'n spesifieke grootte opgesaag
                      word en hulle is bereid om vir hierdie spesifieke grootte te betaal.

         2.4.3        Melkboere het 'n geleentheid gesien om die afvalstukke hout aan
                      die plaaslike munisipaliteit te verkoop om as 'n alternatiewe
                      energiebron te gebruik.

        2.4.4        Die melkery en die houtfabriek is parallelle ondernemings wat
                     mekaar ondersteun.

        2.4.5        Maatstawwe is in plek om te voorkom dat die onderneming geld
                     verloor.                                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        9                                  DBE/2016
                                            SSE

2.5      Die tabel hieronder toon die getal lemoene wat per week teen verskillende
         pryse verkoop word.

               PRYS             GETAL LEMOENE PER WEEK                TOTALE
            (R/SAKKIE)             VERKOOP (SAKKIES)                 INKOMSTE
                                                                         (R)
                 5                          2 500                      12 500
                 10                         1 000                      10 000
                 15                          500                        7 500
                 20                          300                        6 000
                 25                           20                        1 000
                 30                           15                         450

         2.5.1        Teken 'n lyngrafiek om die prys en die getal sakkies lemoene wat
                      per week verkoop word, voor te stel.                                    (6)

         2.5.2        Vergelyk die vraag na lemoene met die aanbod van lemoene, met
                      verwysing na die prys.                                                  (3)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         10                                   DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon 'n begroting vir 'n roosproduksie-onderneming. Dit toon
         beramings vir die 2015/16 finansiële jaar.

                   BERAAMDE KOSTE               BERAAMDE INKOMSTE
                    ITEM        BEDRAG             ITEM        BEDRAG
                               (IN RAND)                      (IN RAND)
          Water                     10 300 Rose na winkels       350 000
          Bemesting                 22 345 Rose na kwekerye      120 000
          Arbeid                    24 500 Kompos                  7 500
          Elektrisiteit             13 308
          Potgrond                   8 800
          Plantmateriaal            45 555
          Chemikalieë               18 756
             TOTALE KOSTE                   TOTALE INKOMSTE

         3.1.1        Noem die bestuursbeginsel wat deur die begroting hierbo hanteer
                      word.                                                                      (1)

         3.1.2        Gebruik 'n formule en bereken die winsgewendheid van hierdie
                      onderneming.                                                               (3)

         3.1.3        Verduidelik waarom die onderneming aanbeveel of nie aanbeveel
                      sal word nie op grond van die berekenings in VRAAG 3.1.2.                  (2)

         3.1.4        Noem EEN maatreël wat die boer kan instel om die onderneming
                      meer omgewingsvriendelik te maak.                                          (1)

3.2      'n Boer besef dat plaaswerkers se sosiale en finansiële probleme 'n uitwerking
         op produktiwiteit het. Die werkers kry lae lone, hulle werk lang ure en die
         meeste van hulle is nie vaardig nie; alles faktore wat tot 'n lae moreel (min
         selfvertroue) bydra. Hy het 'n voltydse verpleegster vir primêre gesondheidsorg
         aangestel, asook 'n welsynswerker om die emosionele laste van die werkers te
         hanteer. Hy het 'n opleidingsentrum gevestig om in die opleidings- en
         opvoedkundige behoeftes van die werkers te voorsien. Hy het ook beter lone
         en voldoende huisvesting verskaf.

         3.2.1        Identifiseer TWEE arbeidsuitdagings in die gevallestudie hierbo.           (2)

         3.2.2        Identifiseer, uit die gevallestudie hierbo, aangeleenthede wat met
                      die volgende wetgewing verband hou:

                      (a)   Wet op Basiese Diensvoorwaardes                                      (1)

                      (b)   Wet op Vaardigheidsontwikkeling                                      (1)

         3.2.3        Verwys, in die gevallestudie hierbo, na DRIE aspekte waaraan die
                      boer aandag geskenk het om sy werkers te motiveer.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                       11                                   DBE/2016
                                           SSE

3.3      Die prente hieronder stel bestuur in 'n boerderyonderneming voor.

                           A                                       B

        3.3.1   Dui die bestuursvaardigheid aan wat in PRENT B voorgestel word.                (1)

        3.3.2   Motiveer die antwoord op VRAAG 3.3.1.                                          (1)

        3.3.3   Identifiseer die risikobestuurstrategie wat in PRENT A voorgestel word.        (1)

        3.3.4   Identifiseer TWEE redes in PRENT A om die antwoord op
                VRAAG 3.3.3 te ondersteun.                                                     (2)

        3.3.5   Noem TWEE beginsels wat die plaasbestuurder in staat sal stel om die
                boerdery-onderneming suksesvol te bestuur.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            12                               DBE/2016
                                                SSE

3.4     Die vloeidiagram hieronder stel die eienskappe van grond as 'n produksiefaktor
        voor.

                         A                                               B

                Kalium- en gipsmyne                           Mielies-, vleis- en wol-
                                                                    produksie

                             D                                           C

                                                              Landerye en weivelde
                Huise, skole en fabrieke                           vir beeste

        3.4.1     Noem VIER funksies van grond soos deur A, B, C en D voorgestel.              (4)

        3.4.2     Noem TWEE maatreëls wat 'n boer kan tref om die produktiwiteit van
                  grond te verbeter.                                                           (2)

3.5     Hieronder is 'n lys plaasaktiwiteite:

        •       Skaapskeerdery
        •       Oprigting van tonnels vir groenteverbouing
        •       Bewerking van landerye met 'n trekker

        Identifiseer die aktiwiteit wat deur elk van die volgende werkers verrig moet
        word:

        3.5.1     Geleentheidswerker                                                           (1)

        3.5.2     Vaste werker                                                                 (1)

        3.5.3     Seisoenswerker                                                               (1)

3.6     Boere kan krediet uit verskeie bronne bekom. Tabuleer TWEE tipes krediet en
        die doel van elke tipe.                                                                (5)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           13                                        DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die skematiese voorstelling hieronder toon 'n kruising tussen 'n
         heterosigotiese swart koei en 'n homosigotiese resessiewe wit bul. Swart (B)
         is die volledig dominante eienskap.

                                                OUERS (P)

                        Fenotipe:           Swart koei       X           Wit bul

                        Genotipe:           Onbekend         X           Onbekend

                                     NAGESLAG (F 1 -GENERASIE)

                        Fenotipe:           50% is swart en 50% is wit

                        Genotipe:           Onbekend

         4.1.1        Identifiseer die genotipe van die:

                      (a)    Swart koei-ouer                                                            (1)

                      (b)    Wit bul-ouer                                                               (1)

         4.1.2        Bepaal die fenotipe van die F 2 -generasie indien die groep wit verse
                      in die F 1 -generasie met die bul-ouer gepaar word.                               (1)

         4.1.3        Gebruik die Punnett-vierkantmetode om die genotipe van die
                      F 1 -generasie te illustreer.                                                     (4)

4.2      Hieronder is 'n skematiese voorstelling van plante met rooi (R) blomme wat
         gekruis word met plante met wit (W) blomme.

                                                           Vroulik                  Manlik
            Ouergenerasie                    Genotipe

         4.2.1        Toon aan, uit die skematiese voorstelling hierbo, die ouer met rooi
                      blomme. Gee 'n rede vir die antwoord.                                             (2)

         4.2.2        Bepaal, uit die skematiese voorstelling hierbo, die fenotipiese
                      persentasies in die F 2 -generasie.                                               (3)

         4.2.3        Identifiseer die tipe dominansie voorgestel in die skematiese
                      voorstelling hierbo.                                                              (1)

         4.2.4        Motiveer die antwoord op VRAAG 4.2.3.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         14                                    DBE/2016
                                             SSE

4.3     Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die kruising tussen ouers met
        verskillende eienskappe. Kleur word verteenwoordig deur swart en wit terwyl
        vorm deur vierkante en sirkels verteenwoordig word.

                        Ouers           O1         x          O2

                      F1        1                  2                     3
                                                       2

        4.3.1   Identifiseer die tipe kruising geïllustreer in die skematiese voorstelling
                hierbo.                                                                           (1)

        4.3.2   Bepaal die eienskappe wat elke nakomeling by ouer 1 ontvang het.                  (3)

        4.3.3   Dui die dominante eienskappe in die nageslag aan.                                 (2)

        4.3.4   Noem die persentasie genetiese materiaal wat nakomeling 2 by elke
                ouer ontvang.                                                                     (1)

4.4     Die tabel hieronder toon die opbrengste wat twee mielieboere in 'n tipiese
        mielieproduksiearea gekry het. Boer A gebruik konvensionele bastersaad en
        Boer B het verander en gebruik die nuutste beskikbare GM saad.

                     JAAR       OPBRENGS (t/ha)            OPBRENGS (t/ha)
                                   (BOER A)                   (BOER B)
                     2010             10                        10,2
                     2011            10,8                       10,6
                     2012             9,6                       12,0
                     2013            11,0                       13,0
                     2014            10,4                       15,0
                     2015            10,8                       16,5

        4.4.1   Verwys na die data in die tabel hierbo en identifiseer die jaar toe
                Boer B na GM saad oorgeskakel het. Gee 'n rede vir die antwoord.                  (2)

        4.4.2   Noem EEN voordeel wat Boer A uit die gebruik van GM mieliesaad
                getrek het, gebaseer op die data in die tabel hierbo.                             (1)

        4.4.3   Ondersteun die antwoord op VRAAG 4.4.2 en noem DRIE belangrike
                eienskappe van GM mieliekultivars wat verantwoordelik kon wees vir
                die voordele wat Boer B getrek het.                                               (3)

        4.4.4    Gee die hoofrede vir die algemene weerstand teen die gebruik van
                 GM kultivars.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                       15                                    DBE/2016
                                           SSE

4.5      Boer A boer met 'n beesras wat swaar kalwers lewer wat vroeg speen. Boer B
         boer met 'n ander ras wat kleiner kalwers lewer wat nie so vinnig soos dié van
         Boer A groei nie, maar wat meer weerstand het teen plaaslike siektes as die
         beeste van Boer A.

         Die ou en onvrugbare koeie word aan gemeenskappe verkoop wat dit vir
         kulturele seremonies slag.

         Boer B koop bulle by Boer A wat hy met sy beste verse paar. Boer B besef na
         vyf jaar dat sy diere nou swaarder en meer vrugbaar as voorheen is.

         4.5.1   Identifiseer die teelstelsel wat Boer B toepas. Motiveer die antwoord.      (2)

         4.5.2   Noem TWEE voordele van uitkruising.                                         (2)

         4.5.3   Gee TWEE redes vir die verkoop van ou en onvrugbare koeie.                  (2)

         4.5.4   Noem die teelstelsel wat van toepassing sal wees sodra Boer B sy eie
                 uitstekende bulle begin gebruik.                                            (1)
                                                                                             [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2016-memo-eng/b885c850-d1ec-4dd7-9913-c5e1e3c1cab5) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-afr/b4a82b78-d842-43dc-91b9-9f649ad70d0f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
