# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2017-afr/cbc8ce54-bed6-4980-9ae9-407472efd8b7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2017-afr/cbc8ce54-bed6-4980-9ae9-407472efd8b7)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                        2017

                                                                   TOTAAL: 150

                                                                   TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                  DBE/2017
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                          3                                  DBE/2017
                                              SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.11          A          B          C          D

         1.1.1        Die proses waarvolgens produkte vanaf die plaas na die verbruiker
                      beweeg:

                      A       Gradering
                      B       Prosessering
                      C       Koop/Aankope
                      D       Bemarking

         1.1.2        EEN van die volgende faktore sal beide die vraag en die aanbod
                      van 'n produk beïnvloed:

                      A       Verhoging in die aanbod van 'n produk
                      B       Reeks beskikbare produkte
                      C       Prys van 'n produk
                      D       Gesindheid en waardes van verbruikers

         1.1.3        'n Swak punt wat 'n entrepreneur in gedagte moet hou wanneer 'n
                      boerdery-onderneming met 'n SWOT-ontleding geëvalueer word:

                      A       Sterk finansiële posisie
                      B       Gebruik ouderwetse masjinerie met hoë onderhoudkoste
                      C       Nuwe markte geskep om die produkte te verkoop
                      D       Gebruik 'n opgeleide werksmag

         1.1.4        EEN van die volgende is NIE 'n entrepreneurs-suksesfaktor NIE:

                      A       Innovasie
                      B       Toewyding
                      C       Uithouvermoë
                      D       Inkonsekwent

         1.1.5        Die ekonomiese eienskap van grond waarna as 'n vaste
                      produksiefaktor verwys word:

                      A       Aangetref op 'n spesifieke plek
                      B       Onbeperk indien dit reg gebruik word
                      C       Moet met ander faktore gekombineer word vir produksie
                      D       Verskaf grondstowwe

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                              4                                  DBE/2017
                                                  SSE

         1.1.6       Rekords van die plaas se bates word in die … aangeteken.

                     A      onderneming se Begroting
                     B      Balansstaat
                     C      Inventaris
                     D      Kontantvloeibegroting

         1.1.7       Die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) handel
                     oor die volgende aspekte in die landboubedryf:

                     (i)   Regstellende aksie in die werksplek
                     (ii)  Slegs manlike werkers behoort as trekkerbestuurders aangestel
                           te word
                     (iii) Mans en vrouens moet gelyke verteenwoordiging hê
                     (iv) Gelyke behandeling van alle werkers ongeag geslag, ras of
                           ekonomiese agtergrond

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A      (i), (iii) en (iv)
                     B      (ii), (iii) en (iv)
                     C      (i), (ii) en (iii)
                     D      (i), (ii) en (iv)

         1.1.8       'n Interne krag wat die boerdery-onderneming beïnvloed:

                     A      Politieke deelname van die boer
                     B      Wetgewing wat arbeidspraktyke reguleer
                     C      Verbruikerbehoeftes
                     D      Finansiële posisie van die boer

         1.1.9       Die gedeelte van die waarneembare verskille tussen individue wat
                     deur gene veroorsaak word:

                     A      Atavisme
                     B      Poligene
                     C      Mutasie
                     D      Oorerflikheid

        1.1.10       DNA gewysig deur die invoeging van 'n geen vanaf 'n ander
                     organisme:

                     A      Mutante DNA
                     B      Nuutgekruisde DNA
                     C      Geneties gemodifiseerde DNA
                     D      Geneties veranderde DNA                                  (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                         5                                     DBE/2017
                                             SSE

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
           1.2.1 'n Toestand in 'n mark waarvolgens A           bederfbaarheid
                 die hoeveelheid aangebied minder
                 as die hoeveelheid aangevra is     B           seleksie

           1.2.2 Landbouprodukte het 'n             groot C     oorkapitalisering
                 volume per eenheidsmassa
                                                           D    seisoenswerker
           1.2.3 Koop nog trekkers wat nie produktief
                 aangewend word nie                   E         tekort

           1.2.4 Werker word in diens geneem slegs F            onderkapitalisering
                 om vrugte te oes
                                                    G           oorskot
           1.2.5 Kies 'n dier met voortreflike
                 eienskappe om 'n nageslag te lewer H           intelingsagteruitgang

                                                           I    los werker

                                                           J    lywigheid
                                                                                      (5 x 2)     (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1       Die toestand waar die prys van 'n produk dieselfde gehou word
                     ongeag die produksiekoste

         1.3.2       'n Produksiefaktor wat die effektiewe kombinasie en koördinasie van
                     alle hulpbronne insluit om wins te maksimaliseer

         1.3.3       Tipe mutasie waar 'n stukkie van 'n chromosoom omkeer voordat dit
                     weer met die res van die chromosome verenig

         1.3.4       Tipe oorerflikheid waar twee of meer gene 'n invloed op die fenotipe
                     van 'n organisme het

         1.3.5       Kruising van 'n lyngeteelde plaasdier met 'n ander dier van 'n
                     onverwante ras                                          (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                         6                                   DBE/2017
                                             SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        'n Bemarkingsketting is die proses waar die mark in kleiner groepe
                      kopers met gemeenskaplike eienskappe en behoeftes verdeel
                      word.

         1.4.2        Uitgawes verwys na die hoeveelheid kontant wat aan die einde van
                      elke maand beskikbaar is wat uit die beginsaldo plus die wins
                      bestaan.

         1.4.3        Die tipe variasie waar 'n volledige reeks eienskappe van een
                      uiterste tot 'n volgende voorkom, word nie-kontinue variasie
                      genoem.

         1.4.4        Erfdwang is die gebruik van statistiek om die genetiese data van
                      'n individu te analiseer om teelwaarde te bepaal.

         1.4.5        Oorerflikheid veroorsaak 'n groot toename in die groei en
                      produktiwiteit van die nageslag wat voortgebring word deur die
                      kruising van geneties verskillende ouers.               (5 x 1)           (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                        7                                   DBE/2017
                                            SSE

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prentjie hieronder toon die funksies van bemarking.

                         A

                                                                                       D

                                                    C
                                      B

         2.1.1 Identifiseer ELK van die funksies in die prentjie hierbo. Skryf slegs die
               letter (A–D) langs die vraagnommer ((a)–(d)) neer.

                 (a)    Produkte word in houers verpak en in 'n pakhuis gestoor                (1)
                 (b)    Produkte word gepreserveer vir 'n langer rakleeftyd                    (1)
                 (c)    Produkte word van hulle rou stadium na 'n stadium verander wat
                        makliker is om te gebruik                                              (1)
                 (d)    Produkte word na die mark gestuur                                      (1)

         2.1.2 Noem DRIE voordele van die prosessering van landbouprodukte.                    (3)

2.2      Pas die bemarkingskanale hieronder by EEN term in die lys hieronder. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.5) neer.

                         Internetbemarking;   varsproduktemark;  veeveiling;
                            bemarking deur kontrakte;  plaashekbemarking

         2.2.1   'n Boer verkoop kool direk vanaf die plaas                                    (1)

         2.2.2   Bokke, skape en beeste word op 'n vendusie aan die hoogste bieër
                 verkoop                                                                       (1)

         2.2.3   'n Ooreenkoms deur die boer om direk aan groothandelaars te
                 verkoop                                                                       (1)

         2.2.4   Mango's en appels word gegradeer en geweeg. Alles word verkoop
                 en onmiddellik aan die markte gelewer.                                        (1)

         2.2.5 Goedere word elektronies geadverteer en verkoop                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                       8                                    DBE/2017
                                           SSE

2.3      Die grafiek hieronder toon die ewewigsprys vir 'n spesifieke landbouproduk.

                 Prys
                             Kurwe A                               Kurwe B

                                              E
                     P

                         B                                     A

                                                                   Hoeveelheid
                                             Q

         2.3.1 Identifiseer kromme A en B.                                                    (2)

         2.3.2 Noem DRIE faktore wat kromme A beïnvloed.                                      (3)

         2.3.3 Definieer die term wat deur E verteenwoordig word.                             (2)

         2.3.4 Verduidelik die verwantskap tussen die prys en die hoeveelheid
               aangevra.                                                                      (2)

2.4      Die tabel hieronder toon die getal sakkies met aartappels wat per week teen
         verskillende pryse by 'n plaaslike winkel gekoop is.

              PRYS (RAND PER SAKKIE)                      GETAL SAKKIES
                        10                                     400
                        20                                     300
                        30                                     250
                        40                                     200
                        50                                     150
                        60                                     100
                        70                                      50

         2.4.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n lyngrafiek om die getal
               sakkies met aartappels wat teen verskillende pryse gekoop is, te toon.         (6)

         2.4.2 Verwys na die lyngrafiek en identifiseer die prys waarteen die meeste
               sakkies met aartappels gekoop is.                                              (1)

         2.4.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2.                                   (1)

2.5      Noem enige DRIE probleme wat ondervind kan word tydens die opstel van
         'n besigheidsplan.                                                                   (3)

2.6      Noem enige DRIE elemente van die SWOT-ontleding.                                     (3)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                       9                                    DBE/2017
                                           SSE

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon die begroting van 'n opkomende boer vir 'n jaar.

             ITEM           KOSTE (R)                ITEM                 INKOMSTE (R)
        Elektrisiteit          R12 000      Verkope aan plaaslike mark         R200 000
        Water                    R500       Verkope aan koshuise               R120 000
        Arbeid                 R20 000
        Saailinge               R5 000
        Lening (Trekker)      R205 000
        Plaagdoders en         R10 000
        kunsmis
            Totale koste                              Totale inkomste

         3.1.1 Identifiseer EEN koste-item wat oor 'n tydperk van vyf jaar terugbetaal
               kan word.                                                                       (1)

         3.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1.                                    (1)

         3.1.3 Verwys na die data hierbo en bereken die hoogste inkomste wat
               gegenereer is.                                                                  (2)

         3.1.4 Dui TWEE probleme in die begroting hierbo aan wat met hierdie
               mediumtermynbate geassosieer kan word.                                          (2)

         3.1.5 Gebruik 'n formule om die wins van hierdie onderneming te bereken.
               Toon ALLE berekeninge.                                                          (3)

3.2      Identifiseer die wetgewing wat ELK van die volgende reguleer:

         3.2.1 Werksomstandighede van plaaswerkers                                             (1)

         3.2.2 Opleiding van werkers                                                           (1)

         3.2.3 Hantering van gevaarlike chemikalieë en toerusting                              (1)

3.3      'n Boer het vier permanente arbeiders vir die daaglikse take in diens.
         Gedurende die oestyd word tien ekstra arbeiders vir 'n tydperk van 'n maand
         in diens geneem.

         3.3.1 Watter tipe tydelike arbeiders is vir 'n tydperk van 'n maand in diens
               geneem?                                                                         (1)

         3.3.2 Onderskei tussen die tipe arbeiders in VRAAG 3.3.1 genoem en 'n
               permanente werker ten opsigte van die indiensnemingstydperk.                    (2)

3.4      Noem DRIE uitdagings wat met arbeid as 'n produksiefaktor geassosieer
         word.                                                                                 (3)

3.5      Bereken die loon van 'n arbeider vir werk op een openbare vakansiedag
         indien hy/sy R150 per dag verdien.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                       10                                  DBE/2017
                                           SSE

3.6      Die skematiese voorstelling hieronder stel die hoofbestuursbeginsels voor.

                    A                                                  B
          Vergelyk prestasie met                                  Organiseer en
           verwagte resultate,                                      koördineer
          evalueer en verfyn die                                 plaasaktiwiteite
                   plan

                                                                       C
                                                               Ontwikkel lang- en
                                                               korttermynplanne
                                                                gebaseer op die
                                                             beskikbare hulpbronne

         3.6.1 Watter bestuursbeginsels word deur A, B en C verteenwoordig?                   (3)

         3.6.2 Noem DRIE besigheidsbestuursvaardighede wat die plaasbestuurder
               in staat sal stel om die take by C te verrig.                                  (3)

3.7      Identifiseer die metode om grondproduktiwiteit te verhoog wat deur ELK van
         die stellings hieronder voorgestel word:

         3.7.1 Om een landery te hê wat groot genoeg is om met 'n trekker te bewerk
               eerder as om 'n aantal klein landerytjies te hê wat met die hand
               bewerk moet word                                                               (1)

         3.7.2 Kombineer graan- en peulgewasse                                                (1)

         3.7.3 Bou kontoerwalle om verdere erosie te voorkom                                  (1)

         3.7.4 Verminder die spoed en beweging van water deur 'n opvangsgebied
               te bou.                                                                        (1)

3.8      Verduidelik, met behulp van 'n voorbeeld, die wet van afnemende
         meeropbrengste.                                                                      (3)

3.9      Noem TWEE funksies van grond as 'n produksiefaktor.                                  (2)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/P2                                11                                     DBE/2017
                                                    SSE

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1      'n Plant met geel blomme (Y) word met 'n plant met wit blomme (y) gekruis.
         Die kruising van die F 1 - en F 2 -generasies word hieronder getoon.

         P1                              ♂                              ♀
                                  Geel blom (YY)           x       Wit blom (yy)

         Gamete:                       Y        Y                       y      y
         F 1 -generasie:
         Fenotipe:         100% geel blomme
         Genotipe:         (a) …
         F2                                                 ♂                          ♀
                                   Fenotipe:        (b) … blomme        x      geel blomme
                                   Genotipe:              Yy                   (c) …

         F 2 -generasie:
         Fenotipiese verhouding:           (d) …
         Genotipiese verhouding:           (e) …

         4.1.1       Identifiseer (a), (b), (c), (d) en (e).                                              (5)
         4.1.2       Dui die tipe dominansie in die kruising hierbo aan.                                  (1)
         4.1.3       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.2.                                         (1)
4.2      Die tabel hieronder toon inligting van twee verskillende kruisings in die
         F 1 -generasie.

                                           EERSTE KRUISING             TWEEDE KRUISING
          Genotipe van ouers                      (a) …                     BB x bb
          Fenotipe van ouers                (B) Swart (b) wit           (B) Swart (b) wit
          % genotipe van die                    50% Bb
          nageslag                              50% bb                             (b) …

         4.2.1       Dui aan of die kruisings in die tabel hierbo monohibried of dihibried is.            (1)
         4.2.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.2.1.                                         (1)
         4.2.3       Voorspel die genotipe van die ouers in die eerste kruising (a).                      (2)
         4.2.4       Gebruik die Punnet-vierkantmetode om die genotipiese persentasie
                     van die nageslag in die tweede kruising te bepaal.                                   (4)
         4.2.5       Bereken die fenotipiese persentasie van die nageslag in die tweede
                     kruising (b).                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            12                                    DBE/2017
                                                SSE

4.3      'n Katoenboer besef dat produksie jaarliks afneem as gevolg van bolwurm-
         besmetting. Die gewas word ten minste ses keer 'n seisoen vir bolwurm
         bespuit. Die boer word aangeraai om geneties gemodifiseerde (GM) saad as
         alternatief te gebruik. Gevolglik neem die bespuiting van bolwurm af tot een
         bespuiting per seisoen en die opbrengs verdubbel met die eerste oes.

         4.3.1       Verwys na die scenario hierbo en identifiseer die voordeel van die
                     gebruik van geneties gemodifiseerde (GM) saad bo die gebruik van
                     tradisionele saad.                                                           (1)

         4.3.2       Noem TWEE moontlike tegnieke wat gebruik word om die katoensaad
                     te modifiseer.                                                               (2)

         4.3.3       Noem TWEE ekonomiese voordele van die gebruik van geneties
                     gemodifiseerde (GM) katoensaad in die scenario hierbo.                       (2)

         4.3.4       Noem TWEE gevolge van die gebruik van geneties gemodifiseerde
                     katoensaad met betrekking tot ELK van die volgende:

                     (a)   Invloed op die omgewing                                                (2)

                     (b)   Negatiewe ekonomiese invloed vir boere                                 (2)

4.4      Dui die teelstelsel aan wat op ELK van die situasies hieronder van
         toepassing is:

         4.4.1       Dit lei tot 'n groot verbetering van die prestasie van die nageslag          (1)

         4.4.2       Lei tot 'n geleidelike verswakking van die prestasie van die nageslag
                     van generasie tot generasie                                                  (1)

         4.4.3       Nuwe ras word geleidelik in 'n nuwe omgewing ingebring met minder
                     aanpassingsprobleme                                                          (1)

         4.4.4       Lewer 'n onvrugbare nageslag op                                              (1)

4.5     'n Bul het 'n teelwaarde (TW) van +16 vir speenmassa; 'n koei het 'n TW
        van + 6. Hierdie ouers sal elk die helfte van hul eienskappe aan die nageslag
        oordra.

         4.5.1       Bereken die speenmassa           van    die   nageslag    in   kilogram.
                     Toon ALLE berekeninge.                                                       (3)

         4.5.2       Interpreteer die syfer in VRAAG 4.5.1 met verwysing tot die
                     gemiddeld van die kudde.                                                     (2)
                                                                                                  [35]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:            105
                                                                        GROOTTOTAAL :             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2017-memo-afr/583168f6-26d9-4ad4-a1fd-cdcd69b20035) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7ab4b716-4de0-4433-bf09-762cbf175b7e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-afr/6635808b-3d01-48ca-a122-3cffc5188602) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
