# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-afr/86e5e52c-05c1-4d99-9c8a-35c164e9087b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-afr/86e5e52c-05c1-4d99-9c8a-35c164e9087b)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                        2018

                                                                   PUNTE: 150

                                                                   TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                  DBE/2018
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             3                                  DBE/2018
                                                 SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die proses waar die produk ontwerp en ontwikkel word om aan die
                     behoeftes van verbruikers te voldoen, is …

                     A     verkope.
                     B     handel dryf.
                     C     bemarking.
                     D     handelsmerk.

         1.1.2       'n Maatstaf van hoe die vraag na 'n produk verander indien daar 'n
                     prysverandering is, staan bekend as …

                     A     elastisiteit van vraag.
                     B     onelastisiteit van vraag.
                     C     elastisiteit van aanbod.
                     D     onelastisiteit van produk.

         1.1.3       Die wet van vraag verklaar dat …

                     A     hoe groter die aantal verbruikers, hoe laer die vraag na 'n
                           spesifieke produk.
                     B     wanneer die prys van 'n produk verlaag, sal die vraag daarna
                           verhoog.
                     C     hoe hoër die inkomste, hoe laer die vraag na 'n spesifieke
                           produk.
                     D     wanneer die prys van 'n produk verhoog, sal vraag ook
                           verhoog.

         1.1.4       Die volgende is die redes vir die opstel van 'n agribesigheidsplan:

                     (i)   Om te bepaal of dit moontlik sal wees om die idee suksesvol te
                           implementeer
                     (ii) Om die lening wat by die Landbank gekry is, terug te betaal
                     (iii) Om daaglikse werksaamhede te bestuur
                     (iv) Om die geld benodig deur die onderneming, te bepaal

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A     (i), (ii) en (iv)
                     B     (ii), (iii) en (iv)
                     C     (i), (ii) en (iii)
                     D     (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          4                                   DBE/2018
                                              SSE

         1.1.5       Die arbeidswetgewing wat plaaswerkers se verlof en werksure
                     reguleer:

                     A    Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                          1993)
                     B    Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
                     C    Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
                     D    Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)

         1.1.6       Die netto waarde van 'n boerderyonderneming word omskryf as …

                     A    die eienaarsbelang.
                     B    uitgawes minus inkomste.
                     C    bates plus laste.
                     D    die waarde van bates minus die laste.

         1.1.7       'n Voorbeeld van 'n heelplaasbegroting met meer as een vertakking:

                     A    Verwagte inkomste en uitgawes vir koolsaailinge, kunsmis en
                          insekdoders
                     B    Beraamde inkomste en uitgawes vir die produksie van mielies,
                          vleisbeeste en voer
                     C    Beraamde uitgawes vir die produksie van wolskape
                     D    Verwagte uitgawes vir die produksie en verkoop van lusern

         1.1.8       Die vermoë om proaktief uitdagings te hanteer wat dalk in die
                     toekoms kan plaasvind:

                     A    Geïntegreerde boerderybestuur
                     B    Strategiese boerderybestuur
                     C    Organisatoriese boerderybestuur
                     D    Probleemoplossende boerderybestuur

         1.1.9       'n Groot toename in die groei en produktiwiteit van die nageslag in
                     vergelyking met die ouers:

                     A    Heterose
                     B    Oorerflikheid
                     C    Heterosigoties
                     D    Homosigoties

         1.1.10      Oorerflike verandering in die genetiese materiaal van die nageslag:

                     A    Atavisme
                     B    Erfdwang
                     C    Mutasie
                     D    Variasie                                               (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           5                                      DBE/2018
                                               SSE

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Winsgedrewe                           A    massaseleksie

         1.2.2       Hoeveelheid verskaf oorskry die       B    permanente arbeid
                     hoeveelheid gevra
                                                           C    verkope
         1.2.3       Waardeverlies van beweeglike
                     kapitaal met verloop van tyd          D    individuele seleksie

         1.2.4       Plaaswerkers wat gewone ure werk      E    geskoolde los arbeider
                     en verlofdae het
                                                           F    depresiasie
         1.2.5       Seleksie op individuele prestasie
                     gebaseer                              G    klem op die produk

                                                           H    surplus

                                                           I    appresiasie

                                                           J    vraag
                                                                                       (5 x 2)     (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die proses om verbruikers te lok om 'n produk te koop deur op die
                      radio en televisie te adverteer

         1.3.2        Die items wat finansiële waarde het en deur 'n boer besit word

         1.3.3        Die doelbewuste teel van plante en diere om nuwe variëteite van
                      spesies te bewerkstellig

         1.3.4        Die gebruik van statistiek om die biologiese data van 'n individu te
                      analiseer om die teelwaarde daarvan te bepaal

         1.3.5        Die uitkoms van een geen wat deur 'n ander geen op 'n
                      chromosoom beheer word                          (5 x 2)                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          6                                    DBE/2018
                                              SSE

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Mark word bereken deur 'n sekere persentasie by die produksie-
                     inset te tel om sodoende 'n wins te maak.

         1.4.2       Buigsaamheid is 'n benadering wat 'n bestuurder gebruik om die
                     invloed van veranderinge in 'n mark te verminder deur toekomstige
                     kontrakte te gebruik.

         1.4.3       Dominansie is die sigbare eienskappe wat vanaf individuele
                     genotipes geproduseer word.

         1.4.4       'n Chromosoom is 'n gedeelte van die DNS ('DNA') wat inligting vir 'n
                     spesifieke genetiese eienskap bevat.

         1.4.5       Erfdwang is die herverskyning van 'n voorouerlike eienskap in 'n
                     organisme nadat dit vir baie geslagte afwesig was.       (5 x 1)             (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          7                                     DBE/2018
                                              SSE

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prent hieronder illustreer 'n bemarkingskanaal wat deur boere in 'n vrye
         bemarkingstelsel gebruik word.

         2.1.1       Identifiseer die bemarkingskanaal hierbo geïllustreer.                        (1)

         2.1.2       Noem TWEE voordele van             die   bemarkingskanaal      wat    in
                     VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is.                                                (2)

         2.1.3       Gee TWEE voordele van 'n vrye bemarkingstelsel vir 'n produsent.              (2)

2.2      Produsente sit hul plaasprodukte bymekaar en verkoop dit gesamentlik.
         Dit word gedoen om die probleem van individuele produksie en bemarking
         uit te skakel.

         2.2.1       Noem die bemarkingstelsel hierbo geïllustreer.                                (1)

         2.2.2       Noem die stelsel waarvolgens die plaasprodukte van verskillende
                     boere saamgevoeg en as een massa bemark word.                                 (1)

         2.2.3       Dui DRIE wyses aan waarop produsente uit hierdie stelsel in
                     VRAAG 2.2.2 voordeel kan trek.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                                         DBE/2018
                                             SSE

2.3      Die tabel hieronder toon twee mededingende landbouprodukte en die
         hoeveelhede aangevra teen verskillende pryse.

           HOEVEELHEID AANGEVRA              HOEVEELHEID AANGEVRA                    PRYS
                 PRODUK 1                          PRODUK 2                         (Rand)
                   (kg)                              (kg)
                    90                               150                               10
                    80                               140                               20
                    70                               140                               30
                    60                               130                               40
                    50                               130                               50
                    40                               120                               60
                    30                               110                               70
                    20                               100                               80
                    10                               100                               90

         2.3.1       Dui TWEE faktore aan, behalwe prys, wat 'n invloed op die aanvraag
                     na PRODUK 2 kon gehad het.                                                       (2)
         2.3.2       Dui die tendens van die hoeveelheid van PRODUK 2 aan wat teen
                     verskillende pryse aangevra is.                                                  (2)
         2.3.3       Teken 'n lyngrafiek wat die hoeveelheid van PRODUK 1 toon wat
                     teen verskillende pryse aangevra is.                                             (6)
         2.3.4       Lei die verhouding tussen prys en hoeveelheid aangevra vir
                     PRODUK 1 af.                                                                     (2)
2.4      Die illustrasie hieronder dui 'n agribesigheidsketting aan.

             Melk-
           produsent                  Joghurtfabriek                   Pakhuis
                                                                       {

                                       Kettingwinkel             Groothandelaar

         Identifiseer die komponent wat met ELK van die volgende stellings in die
         agribesigheidsketting hierbo verband hou:
         2.4.1       Joghurt word in groot hoeveelhede aan kleinhandelaars verkoop.                   (1)
         2.4.2       'n Verskeidenheid swaar masjinerie en toerusting word gebruik om
                     joghurt te maak.                                                                 (1)
         2.4.3       Die joghurt word in kleiner en meer verbruikersvriendelike eenhede
                     vertoon.                                                                         (1)
         2.4.4       Die primêre produk word teen die laagste prys verkoop.                           (1)
         2.4.5       Die joghurt word in houers geplaas en op palette gepak.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                          9                                    DBE/2018
                                                              SSE

2.5      Die grafiek hieronder toon die prystendens van twee landbouprodukte vir
         'n tydperk van ses maande.

                                70     Die prysdendens van twee landbouprodukte vir ses maande

                                60

                                50                                                                 Produk
                                                                                                   Product11

           Prys (R (R
                   perper
                       kg)kg)
                                                                                                   Produk
                                                                                                   Product22

             Price
                                40

                                30

                                20

                                10

                                 0
                                         1         2          3         4         5          6
                                                         Months
                                                       Maande   ofdie
                                                              van  thejaar
                                                                       year

         2.5.1                       Identifiseer die produk wat vir seisoenale veranderinge gevoelig is.         (1)

         2.5.2                       Verduidelik die gevolg van seisoenale produksie op die prys van die
                                     produk wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is.                                 (2)

         2.5.3                       Gee EEN produksieverwante rede wat tot die konstante prys van
                                     Produk 1 gelei het.                                                          (1)

2.6      Noem VIER fases van die entrepreneursproses.                                                             (4)
                                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         10                                   DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Grond is die belangrikste produksiefaktor.

         3.1.1       Noem TWEE ekonomiese eienskappe van grond.                                  (2)

         3.1.2       Stel TWEE maatreëls voor om die produktiwiteit van grond te
                     verbeter.                                                                   (2)

         3.1.3       Dui TWEE funksies van grond as 'n produksiefaktor aan.                      (2)

3.2      Die prente hieronder toon aktiwiteite op 'n plaas wat deur wetgewing
         gereguleer word.

              PRENT A: Voorbeeld van                    PRENT B: Voorbeeld van
              masjinerie wat op 'n plaas                 protesaksie op 'n plaas
                    gebruik word

         3.2.1       Noem die arbeidswetgewing wat ELK van die volgende reguleer:

                     (a)   Verseker dat die plaasarbeider wat die masjinerie in PRENT A
                           gebruik, veilig is                                                    (1)

                     (b)   Maak voorsiening vir die protesaksie deur plaasarbeiders in
                           PRENT B                                                               (1)

                     (c)   Beskerm die plaasarbeider wat die masjinerie in PRENT B
                           gebruik indien hy/sy beseer word terwyl hy/sy aan diens is            (1)

                     (d)   Die plaasarbeider gebruik die masjinerie in PRENT A binne die
                           voorgeskrewe tyd                                                      (1)

         3.2.2       Identifiseer die tipe plaasarbeider wat die masjinerie in PRENT A al
                     vir 20 jaar hanteer.                                                        (1)

         3.2.3       Stel TWEE arbeidskwessies voor wat tot die protesaksie deur die
                     plaasarbeiders in PRENT B aanleiding kon gegee het.                         (2)

         3.2.4       Dui TWEE maatreëls aan wat die boer kan toepas om die
                     arbeidskwessies in VRAAG 3.2.3 aan te pak.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          11                                    DBE/2018
                                              SSE

3.3      'n Gesin het 'n pensioenpakket van R1 189 000 ontvang wat in 'n stuk grond
         van 15 ha belê is. Aangesien hulle geen kapitaal gehad het nie, het hulle vir 'n
         lening van R280 000 by die bank aansoek gedoen en dit ontvang. Hul het
         R50 000 vir 'n boorgat, R158 000 vir 'n trekker en R15 000 vir insekdoders,
         saad en kunsmis gebruik.

         3.3.1       Identifiseer 'n voorbeeld van 'n kapitaalitem in die scenario hierbo
                     wat soos volg gekategoriseer word:

                     (a)   Beweeglike/loskapitaal                                                  (1)

                     (b)   Bedryfs-/Vlottende kapitaal                                             (1)

                     (c)   Vaste kapitaal                                                          (1)

         3.3.2       Noem TWEE bronne van kapitaal wat deur die gesin in die scenario
                     hierbo gebruik is.                                                            (2)

         3.3.3       Bereken die totale       waarde     van    die   bates   van    hierdie
                     boerderyonderneming.                                                          (2)

         3.3.4       In die scenario hierbo, lei TWEE probleme af wat met kapitaal as 'n
                     produksiefaktor geassosieer word.                                             (2)

3.4      Die stappe hieronder vorm deel van die besluitnemingsproses.

         A.   Evalueer alternatiewe.
         B.   Identifiseer die probleem ten opsigte van die belangrikheid daarvan.
         C.   Kies en pas die beste oplossing toe.
         D.   Analiseer moontlike alternatiewe.

         3.4.1       Herrangskik die stappe hierbo in die KORREKTE volgorde. Skryf
                     slegs die letters (A–D) langs die vraagnommer (3.4.1) neer.                   (4)

         3.4.2       Gee TWEE faktore wat die                  doeltreffendheid   van    die
                     besluitnemingsproses beïnvloed.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          12                                   DBE/2018
                                              SSE

3.5      Die prent hieronder toon 'n plaas met verskillende ondernemings wat
         suksesvol bestuur word.

         3.5.1       Identifiseer die risikobestuurstrategie wat in die prent hierbo getoon
                     word.                                                                        (1)

         3.5.2       Regverdig die antwoord op VRAAG 3.5.1.                                       (1)

         3.5.3       Noem die bestuursvaardigheid wat die bestuurder in staat gestel het
                     om vooruit op die strategie in VRAAG 3.5.1 te besluit.                       (1)

         3.5.4       Gee TWEE voorbeelde van produksierisiko's wat die bedrywighede
                     van die boerderyonderneming hierbo direk kan beïnvloed.                      (2)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          13                                      DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      'n Boer het vier varke as geskenk van 'n buurman ontvang.

         • Een wit vroulike dier
         • Een rooi vroulike dier
         • Twee rooi manlike diere

         Die boer het besluit om hul in twee teelgroepe in te deel as ouers van
         die F 1 -generasie:

                        TEELGROEP 1                                TEELGROEP 2
            Wit vroulike dier en rooi manlike dier      Rooi vroulike dier en rooi manlike
                                                        dier
            F 2 -nageslag: 3 rooi varkies en 1 wit      F 1 -nageslag: 1 wit varkie en 3 rooi
            varkie                                      varkies

            Die letters D (rooi) en d (wit) is gebruik om die allele vir die kleur van die
            varkies te verteenwoordig.

         4.1.1       Bereken die persentasie van die rooi nageslag in die F 2 -generasie
                     van TEELGROEP 1.                                                                (2)

         4.1.2       Gebruik die Punnet-vierkant om die genotipe van die F 1 -generasie
                     in TEELGROEP 2 te bepaal.                                                       (3)

         4.1.3       Bepaal die fenotipiese          verhouding   van    die   nageslag      in
                     VRAAG 4.1.2.                                                                    (1)

         4.1.4       Dui die teelgroep (TEELGROEP 1 of TEELGROEP 2) aan wat ouers
                     met dominante allele het.                                                       (1)

         4.1.5       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.4.                                    (1)

4.2      Twee kultivars, KULTIVAR A en KULTIVAR B, word gekruis. KULTIVAR A
         het kort stamme en vlesige vrugte wat vinnig ryp word. KULTIVAR B het lang
         stamme en die vrugte neem lank om ryp te word met minder sap.

         4.2.1       'n Baie groot en drastiese verbetering in opbrengs is verkry met die
                     kruising van KULTIVAR A en KULTIVAR B. Gee die genetiese term
                     wat na die verhoogte opbrengs verwys.                                           (1)

         4.2.2       Verduidelik waarom die twee kultivars hierbo in hierdie teelprogram
                     gebruik word.                                                                   (2)

         4.2.3       Noem TWEE faktore wat die variasie in die kultivars hierbo
                     beïnvloed.                                                                      (2)

         4.2.4       Gee TWEE redes waarom variasie in plantteling belangrik is.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           14                                        DBE/2018
                                               SSE

4.3      'n Boer het waargeneem dat swak sôe aan dwergagtige varkies (aa) geboorte
         skenk. Hierdie boer het toe besluit om bere (AA) van onverwante
         varkboerderye te gebruik, wat skynbaar vry van dwerggroei is, vir herhaalde
         paring met swak sôe.

         4.3.1       Identifiseer die tipe teelstelsel wat deur die boer toegepas word.              (1)
         4.3.2       Noem EEN nadeel van die teelstelsel wat in VRAAG 4.3.1
                     geïdentifiseer is.                                                              (1)
         4.3.3       Dui die belangrikste faktor aan wat die sukses van die teelstelsel
                     aan die hand van die inligting hierbo sal bepaal.                               (1)
         4.3.4       Verduidelik waarom die boer bere, en nie sôe nie, vir die teelselsel
                     geselekteer het.                                                                (2)
         4.3.5       Gee 'n term wat gebruik word om 'n dier te beskryf wat vir 'n
                     resessiewe genetiese eienskap, soos dwerggroei, verantwoordelik
                     is.                                                                             (1)
         4.3.6       Dui die genotipe van 'n dwergvarkie aan.                                        (1)

4.4      Verskillende teelstelsels wat deur boere gebruik word om die prestasie van
         hulle teelmateriaal te verbeter, word hieronder aangedui.

                 inteling;   kruisteling;   spesiekruising;    uitkruising;   lynteling

         4.4.1       Pas die teelstelsels hierbo by ELK van die volgende stellings:

                     (a)   Opreggeteelde Holsteinbul x opreggeteelde Holsteinkoei wat
                           nie van dieselfde lyn is nie                                              (1)

                     (b)   Produseer nageslag wat steriel is                                         (1)

                     (c)   Die nageslag produseer beter as die ouers                                 (1)

                     (d)   Ongewenste eienskappe kan by die nageslag ingeteel word                   (1)
         4.4.2       Noem TWEE hooftipes mutageniese agense wat die teelstelsel
                     hierbo kan beïnvloed.                                                           (2)

4.5      Die opbrengs wat boere in 'n tipiese mielieproduksiegebied met
         konvensionele bastersaad verkry, is laer as die jongste beskikbare geneties
         gemodifiseerde tegnologie wat geneties gemodifiseerde saad gebruik.

         4.5.1       Noem TWEE tegnieke wat gebruik                   word     om     geneties
                     gemodifiseerde plante te ontwikkel.                                             (2)
         4.5.2       Onderskei tussen konvensionele             bastersaad      en    geneties
                     gemodifiseerde saad.                                                            (2)
         4.5.3       Noem DRIE voordele van genetiese manipulasie/ingryping.                         (3)
                                                                                                     [35]
                                                                    TOTAAL AFDELING B:               105
                                                                        GROOTTOTAAL:                 150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-memo-eng/1959cc5a-43c1-44df-9a3e-ae04a03655f8) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2018-afr/26c3a865-eeca-4f00-b5f0-8b1b0da50cde) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-eng-d/7ef3197c-6be9-4c5d-b95a-becce815ab56) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-qp-sept2018-english/4b1f5182-48f3-415e-98d7-c1c95a574c5d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2018-eng/347a4344-eadd-4c26-ba20-1ab48ee0faec) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-afr/b60fd853-0e19-4159-b790-13647b415a99) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
