# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-afr/6635808b-3d01-48ca-a122-3cffc5188602
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-afr/6635808b-3d01-48ca-a122-3cffc5188602)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                        2019

                                                                    PUNTE: 150

                                                                   TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                   DBE/2019
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                 3                                     DBE/2019
                                                   SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 A.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende is NIE 'n element van die
                      bemarkingsmengsel (-resep) NIE?
                      A      Produk
                      B      Verpakking
                      C      Plasing
                      D      Prysbepaling

         1.1.2        'n Handelaar wat produkte by 'n produsent aankoop en dit direk
                      aan verbruikers verkoop:
                      A      Kleinhandelaar
                      B      Makelaar
                      C      Agent
                      D      Verwerkingsmaatskappy

         1.1.3        'n Bemarkingsbenadering               wat   op   toenemende    omgewings-
                      kwessies reageer, is …
                      A      massabemarking.
                      B      groenbemarking.
                      C      nisbemarking.
                      D      vrye bemarking.

         1.1.4        … is 'n strategiese beplanningshulpmiddel wat 'n entrepreneur help
                      om die besigheidsidee te evalueer.
                      A      Visie
                      B      Missie
                      C      SSGB ('SWOT')-ontleding
                      D      Doelwitte en doelstellings

         1.1.5        Die volgende aspekte word deur arbeidswetgewing hanteer en
                      bevorder:
                     (i)      Bemagtiging van die werksmag deur onderwys en opleiding
                     (ii)     Voorsiening van goeie werksomstandighede
                     (iii)    Voorsiening van beskermende klere vir werkers
                     (iv)     Volle betaling vir verlof sonder rede
                      Kies die KORREKTE kombinasie:
                      A      (i), (ii) en (iii)
                      B      (ii), (iii) en (iv)
                      C      (i), (ii) en (iv)
                      D      (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               4                               DBE/2019
                                                 SS/NSS

         1.1.6        Die volgende is NIE 'n ekonomiese kenmerk van grond NIE:

                      A    Vernietigbaarheid
                      B    Duursaamheid
                      C    Beperktheid
                      D    Produksiepotensiaal

         1.1.7        Die tipe krediet wat 'n boer sal gebruik om grond aan te koop:

                      A    Kort termyn
                      B    Medium termyn
                      C    Lang termyn
                      D    Intermediêre termyn

         1.1.8        Die bestuursvaardigheid wat 'n plaasbestuurder gebruik om oor
                      veranderinge na te dink en nuwe strategieë te ontwikkel:

                      A    Probleemoplossing
                      B    Konseptueel
                      C    Beplanning
                      D    Analities

         1.1.9        Die stellings hieronder verwys na oorerflikheid:

                     (i)   Hoё oorerflikheid word meer deur genetiese faktore
                           beïnvloed.
                     (ii) Hoё oorerflikheid word meer deur omgewingsfaktore
                           beïnvloed.
                     (iii) Lae oorerflikheid word minder deur genetiese faktore
                           beïnvloed.
                     (iv) Oorerflikheid kan as 'n persentasie uitgedruk word.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A    (i), (ii) en (iii)
                      B    (ii), (iii) en (iv)
                      C    (i), (ii) en (iv)
                      D    (i), (iii) en (iv)

         1.1.10       'n Opreggeteelde swart sog word met 'n opreggeteelde wit beer
                      gekruis. Die F1-nageslag is almal bruin. Indien die F1-nageslag
                      toegelaat word om in te teel en daar word 28 varkies gebore, sal
                      die getal F2-nageslag wat bruin is, … wees.

                      A    28
                      B    7
                      C    21
                      D    14                                                    (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          5                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 B.
                            KOLOM A                                  KOLOM B
           1.2.1 Markte in groot sentrums wat vrugte         A   biometrie
                 en groente verkoop
                                                             B   arbeid
           1.2.2 'n Kombinasie en koördinasie van
                 menslike en fisiese hulpbronne              C oorerflikheid

           1.2.3 Effektiewe meganisasie verbeter             D kapitaal
                 die produktiwiteit van hierdie              E   versekering
                 produksiefaktor
                                                             F   varsproduktemark
           1.2.4 'n Voorbeeld van vaste kapitaal
                                                             G bestuur
           1.2.5 Gebruik statistiek om biologiese data
                 te analiseer                                H boorgat
                                                                                    (5 x 2)       (10)
1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1        Die situasie waar meer produkte geproduseer as aangevra word
         1.3.2        Die verandering van prys wanneer die vraag na of aanbod van
                      landbouprodukte verander
         1.3.3        Die studie van hoe oorerflike eienskappe van ouers na die
                      nageslag oorgedra word
         1.3.4        Die vermoë van diere om hulle volledige stel eienskappe aan hulle
                      nageslag oor te dra
         1.3.5        'n Geen wat nie tot uiting kom in die teenwoordigheid van die
                      kontrasterende geen nie                                (5 x 2)              (10)
1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         1.4.1        Bemarkingsprys neig om rondom een punt te stabiliseer waar daar
                      nie 'n tekort of oorskot is nie.
         1.4.2        Arbeid is 'n produksiefaktor wat ook as vaste kapitaal geklassifiseer
                      kan word.
         1.4.3        Daar word na die uiterlike voorkoms van 'n individu verwys as die
                      genotipe.
         1.4.4        Oorkruising is 'n voorbeeld van 'n eksterne oorsaak van variasie.
         1.4.5        Familieseleksie behels die seleksie van individue gebaseer op die
                      rekords van hul nageslag.                                 (5 x 1)           (5)
                                                                  TOTAAL AFDELING A:              45
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             6                                        DBE/2019
                                               SS/NSS

AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1        Die illustrasie hieronder toon 'n tipe bemarkingstelsel wat in die landbousektor
           gebruik word.

                                KBP Koöperatiewe Vereniging
                                         500 m

           2.1.1      Identifiseer die tipe bemarkingstelsel wat hierbo geïllustreer word.            (1)
           2.1.2      Noem TWEE tipes van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 2.1.1
                      geïdentifiseer is, gebaseer op hulle rolle.                                     (2)
           2.1.3      Onderskei tussen bemarking en verkope.                                          (2)
           2.1.4      Noem TWEE probleme wat                    die    bemarkingsketting     van
                      landbouprodukte kan belemmer.                                                   (2)
2.2        Die grafieke hieronder toon die verandering in die vraag na produkte relatief
           tot die verandering in prys.

                     GRAFIEK A                                                GRAFIEK B

                                                                      P2
          P2
   Prys                                                  Prys
          P1                                                          P1
          P3
                                                                      P3

                        H2 H1             H3

                     Hoeveelheid                                Hoeveelheid   H2 H1 H3

           2.2.1      Identifiseer die grafiek (A of B) wat ELK van die volgende
                      verteenwoordig:
                      (a)   Prysonelastisiteit van vraag                                              (1)
                      (b)   Pryselastisiteit van vraag                                                (1)
           2.2.2      Gee 'n rede vir jou antwoorde op VRAAG 2.2.1(a) en (b).                         (2)
           2.2.3      Noem DRIE ander faktore wat vraagelastisiteit kan veroorsaak.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           7                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

2.3      Die tabel hieronder verteenwoordig die hoeveelheid vrugte wat teen
         verskillende pryse verkoop word.

                            PRYS                         HOEVEELHEID VRUGTE
                             (R)                              (SAKKIES)
                             20                                 3 500
                             25                                 3 000
                             30                                 2 500
                             35                                 2 000
                             40                                 1 500
                             45                                 1 000

         2.3.1       Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n lyngrafiek om die
                     hoeveelheid en die pryse van die sakkies vrugte te vergelyk.                (6)

         2.3.2       Lei die verwantskap tussen die prys en die hoeveelheid vrugte gevra,
                     af.                                                                         (2)

2.4      'n Besigheidsplan is 'n plan van aksie wat 'n entrepreneur vir 'n besigheid
         moet hê.

         2.4.1       Gee TWEE redes waarom 'n besigheidsplan opgestel moet word.                 (2)

         2.4.2       Noem DRIE items wat by die formaat van 'n goeie besigheidsplan
                     ingesluit moet word.                                                        (3)

         2.4.3       Noem TWEE probleme wat by die opstel van 'n besigheidsplan
                     ondervind kan word.                                                         (2)

2.5      'n Entrepreneur is 'n persoon wat 'n besigheidsgeleentheid identifiseer,
         navorsing doen oor wat benodig word en goeie idees met die produksiekragte
         kombineer om te produseer en wins te maak.

         2.5.1       In die scenario hierbo,       identifiseer   DRIE   fases   van   die
                     entrepreneursproses.                                                        (3)

         2.5.2       Noem DRIE persoonlike eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur.           (3)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           8                                    DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die opbrengskapasiteit van 'n stuk grond word hoofsaaklik deur die fisiese
         eienskappe van die grond bepaal. Dit kan tot 'n sekere limiet per eenheid
         verhoog word deur verbeterde tegnologie te gebruik. 'n Punt sal bereik word
         waar produksie nie meer met verhoogde eenheidsinsette sal verhoog nie.

         3.1.1       Noem die ekonomiese eienskap van grond wat in hierdie scenario
                     geïllustreer word.                                                         (1)

         3.1.2       Beskryf die gevolg van die ekonomiese eienskap van grond wat in
                     VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer is.                                             (2)

         3.1.3       Noem TWEE maniere waarop 'n boer die produktiwiteit van grond kan
                     verbeter.                                                                  (2)

         3.1.4       Noem DRIE funksies van grond as 'n produksiefaktor.                        (3)

3.2      Boere neem verskillende tipes plaaswerkers in diens om spesifieke take op
         plase te verrig, maar staan hulle dikwels weer aan ander sektore af.

         3.2.1       Noem TWEE tipes plaaswerkers wat op plase in diens geneem word,
                     gebaseer op die dienstydperk.                                              (2)

         3.2.2       Dui TWEE hoofredes aan waarom boere plaaswerkers aan ander
                     sektore afstaan.                                                           (2)

         3.2.3       Noem TWEE maniere waarop boere hulle plaaswerkers behou.                   (2)

3.3      Dui die arbeidswetgewing aan wat elk van die volgende kwessies hanteer:

         3.3.1       Lei werkers op om hul doeltreffendheid te verbeter                         (1)

         3.3.2       Verseker dat die werksomgewing veilig is                                   (1)

         3.3.3       Werkers kan vergoeding eis indien hulle aan diens beseer word              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            9                                      DBE/2019
                                              SS/NSS

3.4       Die tabel hieronder toon 'n rekord met die verwagte inkomste en uitgawes vir
          'n onderneming vir 'n finansiële jaar.

                     UITGAWES (R)                              INKOMSTE (R)
                    ITEM          BEDRAG                   ITEM          BEDRAG
         Water                        10 300        Rose (blomwinkel)        50 000
         Bemesting                    22 345        Rose (kwekery)           20 000
         Arbeid                       24 500        Kompos                    7 500
         Elektrisiteit                13 308
         Potgrond                       8 800
         Voortplantingsmateriaal      45 555
         Chemikalieë                  18 756
         TOTAAL                   -------------     TOTAAL                           R77 500

         3.4.1       Identifiseer die finansiële rekord wat in die tabel hierbo geïllustreer
                     word.                                                                           (1)

         3.4.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.4.1                                     (1)

         3.4.3       Gebruik 'n formule en bereken die moontlike netto inkomste van
                     hierdie onderneming.                                                            (4)

         3.4.4       Identifiseer die probleem wat hierdie onderneming moontlik kan
                     ondervind.                                                                      (1)

         3.4.5       Noem TWEE moontlike maniere waarop                   hierdie   boer   die
                     onderneming lewensvatbaar kan maak.                                             (2)

3.5      Boerdery-ondernemings in sommige dele van Suid-Afrika ondervind sedert
         2017 'n droogte, terwyl fratsvloede van die begin van 2018 af in ander dele
         voorkom. Die gevolg van die slegte weerstoestande is dat die kwaliteit van
         produksie negatief beïnvloed word en dit het tot 'n verlies aan wins gelei.

         3.5.1       Identifiseer DRIE tipes risiko's in die boerderybedryf.                         (3)

         3.5.2       Noem EEN vaardigheid wat 'n bestuurder nodig het om die risiko's in
                     VRAAG 3.5.1 te kan identifiseer.                                                (1)

         3.5.3       Noem TWEE strategieë wat boere kan gebruik om die impak van die
                     risiko, in die scenario hierbo genoem, te verminder.                            (2)

         3.5.4       Maak 'n lys van DRIE hoofbeginsels vir die suksesvolle bestuur van
                     'n boerdery-onderneming.                                                        (3)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           10                                                     DBE/2019
                                              SS/NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die skematiese voorstelling hieronder toon hoe die genotipes van een
         generasie na die volgende oorgedra word. (R is vir rooi en r is vir swart)

                                                                  Vroulik                              Manlik

                              Ouergenerasie                       R        R                       r        r

                                                                      R                                r

                              F1-generasie                                              R    r

                                                              R       of       r             R     of       r

                               F2-generasie
                                                                                   R               r

                                                          R                        RR                  Rr

                                                          r                        Rr                  rr

         4.1.1       In die skematiese voorstelling hierbo, identifiseer die ouer met 'n rooi
                     fenotipe. Gee 'n rede vir die antwoord.                                                      (2)

         4.1.2       In die skematiese voorstelling hierbo, identifiseer die volgende:
                     (a)   Die fenotipiese verhouding van die F2-generasie                                        (1)
                     (b)   Die genotipiese verhouding van die F2-generasie                                        (1)
                     (c)   Die fenotipe van die F1-generasie                                                      (1)

4.2      'n Ondersoek is gedoen oor hoe sekere eienskappe in diere oorgedra word.
         By beeste is swart haarkleur (B) dominant oor bruin haarkleur (b). Lang hare
         (L) is dominant oor kort hare (l). 'n Bul met kort bruin hare is gekruis met
         'n koei wat homosigoties dominant vir al die eienskappe is.

         4.2.1        Maak 'n lys van die eienskappe wat hierbo ondersoek word.                                   (2)

         4.2.2        Dui die genotipe van die bul aan.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           11                                      DBE/2019
                                              SS/NSS

4.3      Die uitwerking van genotipe en voeding op die groeiprestasie van
         braaikuikens is ondersoek. Twee verskillende tipes braaikuikens is gebruik.
         Voedingsbeperkings het gelei tot 'n laer voeromsettingsverhouding en laer
         gemiddelde massatoename.

         4.3.1       Identifiseer die volgende deur na die scenario hierbo te verwys:
                     (a)    Genetiese faktor van variasie                                            (1)
                     (b)    Omgewingsfaktor van variasie                                             (1)

         4.3.2       Verwys na die scenario hierbo en verduidelik die verwantskap
                     tussen voedingsbeperkings en gemiddelde massatoename.                           (2)

         4.3.3       Formuleer 'n hipotese vir hierdie ondersoek.                                    (2)

4.4      Die kruisings hieronder verteenwoordig verskillende teelstelsels wat by
         beesboerdery toegepas word.

                    A                               B                        C
           Kommersiële Brahmaan-              Sussex-bul            Suiwer Afrikaner-bul
                  koeie                            X                         X
                     X                       Sussex-koei             Minderwaardige
             Drakensberger-bul              (bul se dogter)           Afrikaner-koeie

         4.4.1       Identifiseer die teelstelsels wat deur A en B verteenwoordig word.              (2)

         4.4.2       Skryf die letter (A–C) neer wat die teelstelsel verteenwoordig wat
                     heterose bevorder.                                                              (1)

         4.4.3       Noem TWEE nadele van inteling.                                                  (2)

         4.4.4       Uit die kruisings hierbo, skryf die letter (A–C) neer wat die teelstelsel
                     verteenwoordig wat oor 'n lang tydperk gebruik word om die
                     onderneming van 'n gewone vleisbeeskudde in 'n stoet-
                     vleisbeeskudde te verander.                                                     (1)

4.5      Boere gebruik seleksie en verskillende teelmetodes as hulpmiddels om die
         produksie-uitset van hulle ondernemings te optimaliseer.

         4.5.1       Definieer die konsep seleksie.                                                  (2)

         4.5.2       Noem die tipe seleksie wat in die natuur gebruik word.                          (1)

         4.5.3       Noem DRIE eienskappe waarvoor boere in 'n diereproduksie-
                     onderneming selekteer.                                                          (3)

         4.5.4       Dui aan hoe die boer elk van die volgende deur seleksie kan
                     verbeter:
                     (a)   Die genetiese samestelling van plaasdiere                                 (1)
                     (b)   Omgewingstoestande                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                       12                                 DBE/2019
                                          SS/NSS

4.6      Die DNA van plante, soos mielies en koring, kan deur genetiese modifikasie
         verander word.

         4.6.1       Noem TWEE tegnieke wat in hierdie genetiese modifikasieproses
                     gebruik kan word.                                                    (2)

         4.6.2       Noem TWEE nadele van geneties gemodifiseerde plante.                 (2)

         4.6.3       Noem TWEE voordele van die genetiese modifikasie van plante.         (2)
                                                                                          [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                  GROOTTOTAAL :           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-eng/815c05b8-ff16-4082-96cf-6bbd9052642f) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2019-afr/35990dbe-bde4-4f40-a551-8380090fc33b) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2019 English fnlCT](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2019-english-fnlct/a7eb301a-b826-417b-af09-5a206823aac6) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-afr/568de80f-4ea2-43e0-b560-9a21dcddc184) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
