# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-afr/db8301ef-fe42-4f7c-81e8-39f6452e01c5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-afr/db8301ef-fe42-4f7c-81e8-39f6452e01c5)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                          2021

                                                                        PUNTE: 150

                                                                       TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                  DBE/2021
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                       3                          DBE/2021
                                                         SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       'n Bemarkingsbenadering wat op 'n klein teikensegment van die mark
                     fokus:

                     A    Prys
                     B    Massa
                     C    Multisegment
                     D    Nis

         1.1.2       … in 'n mark verdeel groot hoeveelhede produkte om dit in kleiner
                     eenhede te verkoop.

                     A    Makelaars
                     B    Groothandelaars
                     C    Uitvoerders
                     D    Invoerders

         1.1.3       Die volgende is NIE 'n manier om 'n agribedryfsketting vaartbelyn te
                     maak en te verbeter NIE:

                     A    Verbeterde toegang tot markte
                     B    Die voorsiening van opbergingsfasiliteite
                     C    Gebrek aan kapitaal
                     D    Die verbetering van padinfrastruktuur

         1.1.4       Die reguitlyn Y in die grafiek hieronder stel die … 'n produk voor.

                                              Y         X

                           Prys in rand   X
                                                            Y

                                  0 Hoeveelheid produk per tydseenheid

                     A    markewewig van
                     B    tekort aan
                     C    vraag na
                     D    aanbod van

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                 4                               DBE/2021
                                                   SS/NSS

        1.1.5        'n Metode om arbeidsproduktiwiteit te verhoog:

                     A       Lang werksure
                     B       Gebrek aan onderwys
                     C       Werk sonder toesig
                     D       Beter werksomstandighede

        1.1.6        Die produksiefaktor wat 'n finansiële waarde het en 'n primêre
                     natuurlike landbouhulpbron is:

                     A       Arbeid
                     B       Kapitaal
                     C       Grond
                     D       Bestuur

        1.1.7        EEN van die volgende is NIE 'n probleem wat met kapitaal
                     geassosieer word NIE:

                     A       Toediening van kunsmisstowwe
                     B       Hoë risikofaktor
                     C       Onderkapitalisering
                     D       Hoë rentekoers

        1.1.8        Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) handel oor
                     die volgende kwessies:

                     (i)     Prosedures om arbeidsdispute op te los
                     (ii)    Voorkoming van onregverdige arbeidspraktyke
                     (iii)   Gesondheid en veiligheid van werkers
                     (iv)    Sosiale geregtigheid en billike werksomstandighede

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (iii) en (iv)

        1.1.9        'n Voorbeeld van die fenotipe by beeste is die ...

                     A       totale produk van omgewingsvariasie.
                     B       som van die omgewings- en genetiese variasie.
                     C       totale produk van die genetiese variasie.
                     D       kleur van die hare en die aanwesigheid van horings.

        1.1.10       'n Manlike dier wat 98 chromosome het, sal die volgende hê:

                     A       49 pare outosome en 'n XY-chromosoom
                     B       48 pare outosome en 'n XY-chromosoom
                     C       49 pare outosome en 'n XX-chromosoom
                     D       48 pare outosome en 'n XX-chromosoom                    (10 x 2)       (20)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            5                                   DBE/2021
                                              SS/NSS

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 J.

                            KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Die pad wat 'n produk volg          A   vaste koste
                     vanaf die boer tot by die
                     verbruiker                          B   genetiese modifikasie

         1.2.2       Die koste wat afhang van die        C   permanent
                     produksie van 'n vertakking in 'n
                     boerderyonderneming                 D   bemarkingsketting

         1.2.3       'n Vorm van risikobestuur waar      E   deeltyds
                     'n kontrak gewaarborgde
                     kompensasie vir verliese            F   veranderlike koste
                     verseker
                                                      G      bemarkingsaanbod
         1.2.4       Die tipe plaaswerker wat regdeur
                     die jaar werk                    H      versekering

         1.2.5       'n Voorbeeld van biotegnologie
                                                                                     (5 x 2)     (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die hoeveelheid produkte gevra, oorskry die hoeveelhede aangebied

         1.3.2       'n Dokument tussen die boer en die plaaswerker wat wetlik bindend is
                     en wat met aanvang van diens onderteken moet word

         1.3.3       'n Fenotipiese uitkoms waar een alleel die uitwerking van 'n ander
                     alleel verbloem

         1.3.4       'n Patroon van oorerwing waarin die uitkoms van een geen deur 'n
                     ander geen beheer word

         1.3.5       Die oordrag van eienskappe van ouers na die nageslag            (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           6                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       'n Bemarkingsbenadering wat op toenemende kommer oor die
                     omgewing reageer, is advertering.

         1.4.2       Daar word na die voorsiening van aansporings en die erkenning van
                     werk met belonings om arbeidsproduktiwiteit te verhoog, as innovasie
                     verwys.

         1.4.3       Massa-seleksie word op die gehalte van die dier se voorgeslagte
                     gebaseer.

         1.4.4       Kleurblindheid is 'n geslagsgekoppelde eienskap wat gekenmerk
                     word deur die onvermoë van bloed om te stol.

         1.4.5       Atavisme is die verskynsel waar 'n eienskap deur verskillende pare
                     gene bepaal word.                                           (5 x 1)         (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          7                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1     'n Boer moet verstaan hoe die mark werk en hoe om die produk die beste te
        plaas.

        2.1.1    Definieer die konsep bemarking.                                                   (2)

        2.1.2    Dui aan vir ELK van die beskrywings hieronder, (a) tot (c), of dit na
                 bemarking of verkope verwys. Skryf slegs die vraagnommer en die
                 antwoord neer, bv. (d) verkope.

                 (a)     Markopname onder 300 verbruikers gedoen om hul behoeftes te
                         bepaal                                                                    (1)

                 (b)     Fokus op hoe geld bekom kan word om 'n vraghouer te koop om
                         die produkte in daardie seisoen te verkoop                                (1)

                 (c)     Fokus op die aantal sakkies aartappels wat op 'n tydstip verkoop
                         word                                                                      (1)

2.2     Die diagram hieronder toon die vraag na mieliemeel teen verskillende pryse
        binne 'n tydperk van twee maande.

                        Vraag A                                 Vraag B
                       Mieliemeel                              Mieliemeel
                        12,5 kg                                  12,5 kg

         Prys R55 en 100 sakkies gevra               Prys R85 en 95 sakkies gevra

        2.2.1    Identifiseer die bemarkingskonsep wat deur vraag A en B hierbo
                 geïllustreer word.                                                                (1)

        2.2.2    Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1.                                      (1)

        2.2.3    Verduidelik die rede waarom verbruikers op so 'n manier op die
                 verandering in prys gereageer het.                                                (2)

        2.2.4    Identifiseer die faktor wat gelei het tot die verskil in die aantal sakkies
                 gevra.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                8                                               DBE/2021
                                                  SS/NSS

2.3     Avokadopeerboere het hulself gegroepeer om produkte saam te produseer en
        te verkoop.

        2.3.1    Identifiseer 'n landboubemarkingstelsel wat deur die boere gebruik word.                        (1)

        2.3.2    Dui die rol van die bemarkingstelsel in VRAAG 2.3.1 aan.                                        (1)

        2.3.3    Noem TWEE voordele van die bemarkingstelsel in VRAAG 2.3.1 vir
                 die boere.                                                                                      (2)

        2.3.4    Noem TWEE faktore wat die bemarking van avokadopere kan
                 belemmer.                                                                                       (2)

2.4     Die prente hieronder toon die bemarking van druiwe met gebruik van spesiaal
        ontwerpte kartonhouers met gate in die kante en wat na gebruik herwin word.

                                                                                DRUIWE

        2.4.1    Identifiseer die bemarkingsfunksie wat hierbo geïllustreer word.                                (1)

        2.4.2    Noem DRIE eienskappe van die kartonhouers wat dit vir die bemarking
                 van druiwe geskik maak.                                                                         (3)

        2.4.3    Gee EEN rede vir die gebruik van kartonhouers met gate in.                                      (1)

2.5     Die volgende illustreer 'n inhoudsopgawe van 'n besigheidsplan:

                                           Besigheidsplan
                                           Inhoudsopgawe

                Titelblad ------------------------------------------------------------------ bl. 1

                Opsomming van die onderneming se besonderhede -------- bl. 2

                Oorsig van die onderneming ---------------------------------------- bl. 4

                Menslikehulpbron-plan ----------------------------------------------- bl. 8

        2.5.1    Gee EEN aspek wat by ELK van die volgende komponente van 'n
                 besigheidsplan ingesluit moet word:

                 (a)     Titelblad                                                                               (1)

                 (b)     Menslikehulpbron-plan                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         9                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

        2.5.2    Noem 'n elektroniese hulpbron wat as 'n instrument by die opstel van
                 'n besigheidsplan gebruik word.                                               (1)

        2.5.3    Gee TWEE redes vir die opstel van 'n besigheidsplan.                          (2)

        2.5.4    Noem EEN probleem wat by die opstel van 'n besigheidsplan
                 ondervind kan word.                                                           (1)

2.6     Beantwoord die vrae hieronder oor entrepreneurskap.

        2.6.1    Die stellings hieronder dui die fases van die entrepreneursproses aan.

                 Herrangskik die fases van die entrepreneursproses hieronder in die
                 KORREKTE volgorde deur slegs die letters (A tot D) neer te skryf.

                 A.    Bepaal die beskikbare arbeid, masjinerie en toerusting.
                 B.    Produksie en aanbod van goedere.
                 C.    Beplan die onderneming om befondsing te bekom.
                 D.    Besef van die afwesigheid van geskikte produkte en dienste.             (4)

        2.6.2    SWOT-ontleding word in 'n boerderyonderneming gebruik.

                 Dui TWEE aspekte van die SWOT-ontleding aan wat beskou word as:

                 (a)    Interne aspekte                                                        (2)

                 (b)    Eksterne aspekte                                                       (2)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         10                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1     Pas die volgende ekonomiese eienskappe van grond by die stellings hieronder.
        Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer, bv. 3.1.4 duursaamheid.

                 spesifieke omgewing; duursaamheid; onvernietigbaarheid;
                                beskikbaarheid; beperktheid

        3.1.1    Die lewensduur van grond is onbeperk indien dit reg gebruik word.                 (1)

        3.1.2    Slegs 12% van Suid-Afrika se grond is bewerkbaar.                                 (1)

        3.1.3    Grond kan beskadig word, maar dit kan nie vernietig word nie.                     (1)

3.2     Noem TWEE ekonomiese funksies van grond.                                                   (2)

3.3     Die regering het 'n 5%-verhoging in die minimum loon van plaaswerkers
        voorgestel. Sommige plaaswerkers werk 10 uur en meer per dag vir ses dae
        per week. Navorsers het ook die hoogste aantal nuwe MIV/Vigs-infeksies op
        plase aangemeld.

        3.3.1    Noem die arbeidswetgewing wat gebruik word om die loonkwessie in
                 die scenario hierbo te hanteer.                                                   (1)

        3.3.2    Identifiseer TWEE probleme wat deur plaaswerkers in die scenario
                 hierbo ondervind word.                                                            (2)

        3.3.3    Noem TWEE maniere waarop die impak van MIV/Vigs-infeksies op
                 plase hanteer kan word.                                                           (2)

        3.3.4    Noem TWEE tipes tydelike            plaaswerkers    gebaseer      op    die
                 indiensnemingsvoorwaardes.                                                        (2)

3.4     Die tabel hieronder illustreer 'n rekord van inkomste en uitgawes van 'n plaas
        met drie verskillende boerderyvertakkings.

                                         UITGAWES (RAND)
      DATUM            ITEM GEKOOP        BEESTE   TAMATIES         MIELIES      ALGEMEEN
      06/01          Mineraallek           3 510
      08/02          Medikasie             4 190
      10/03          Brandstof                                                       6 250
      11/04          Vragmotorlisensie                                                720
      20/06          Kunsmis                         14 500          2 500
      25/07          Saad                             2 800            800
      30/09          Plaagdoders            5 341    10 000          1 930
                          TOTAAL           13 041    27 300          5 230          6 970
                                         INKOMSTE (RAND)
       DATUM          ITEM VERKOOP        BEESTE   TAMATIES         MIELIES      ALGEMEEN
      10/01          Mielies                                        45 000
      30/08          Tamaties                         160 000
      20/12          Beeste              455 000
                           TOTAAL         455 000     160 000       45 000
                       WINS/VERLIES          -        132 700       39 770
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         11                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

        3.4.1    Bereken die wins of verlies van die beesvertakking uit die rekord van
                 inkomste en uitgawes hierbo. Toon AL die berekeninge, die formule
                 ingesluit.                                                                         (3)

        3.4.2    Vergelyk die tamatie- en mielievertakkings ten opsigte van hulle wins.             (2)

        3.4.3    Identifiseer TWEE oorhoofse              (bokoste)   koste-items    in   die
                 inkomstestaat hierbo.                                                              (2)

3.5     'n Boer erf 'n 20 ha-plaas met masjinerie, voertuie, lewende hawe en
        kontantbeleggings, alles ter waarde van R20 300 000, asook krediet van
        R420 000 vir 'n vragmotor.

        3.5.1    Identifiseer TWEE tipes kapitaal in die scenario hierbo.                           (2)

        3.5.2    Gee die totale waarde van die bates in die scenario hierbo.                        (1)

        3.5.3    Lei die tipe krediet wat die boer verkry het, uit die scenario hierbo af.          (1)

        3.5.4    Regverdig die antwoord op VRAAG 3.5.3.                                             (1)

        3.5.5    Noem die kapitaalitem wat as 'n las beskou word in die scenario
                 hierbo.                                                                            (1)

3.6     Die tabel hieronder toon landbouprodukte en die pryse in 2010 en 2020.

                  PRODUK                          2010                       2020
        Geelmielies (R/ton)                       1 000                      2 900
        Hoender (c/kg)                              820                      2 400
        Koring (R/ton)                            2 200                      5 400
        Bees (c/kg)                               1 100                      6 200
        Sojabone (R/ton)                          2 500                      5 700
        Lam (c/kg)                                1 700                      9 200
        Vark (c/kg)                                 950                      2 600
        Witmielies (R/ton)                        1 100                      3 100

        Teken 'n staafgrafiek om die pryse van die diereprodukte in 2010 met dié in
        2020 te vergelyk.                                                                           (6)

3.7     Onderskei tussen interne en eksterne kragte wat 'n boerderybesigheid
        beïnvloed.                                                                                  (2)

3.8     Definieer risiko-deling as 'n bestuurstrategie.                                             (2)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           12                                   DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1     'n Melkboer verdeel die koeie in drie groepe volgens die verskillende voere wat
        aan hulle gegee word. Die koeie is geneties identies en word onder dieselfde
        toestande aangehou. Die boer meet die melkopbrengs. Die tabel hieronder
        toon die melkopbrengs.

          GROEP              MELKOPBRENGS PER KOEI                    TOTALE GETAL
                                PER JAAR (LITER)                         KOEIE
                                       0–1 999                             1
                1                  2 000–3 999                             5
                                   4 000–5 999                             8
                                   5 000–6 999                             2
                2                  7 000–8 999                             5
                                   9 000–10 999                            6
                                   4 789–5 999                             3
                3                  6 000–7 999                             1

        4.1.1       Identifiseer in die tabel hierbo die getal koeie wat die grootste
                    hoeveelheid melk geproduseer het.                                              (1)

        4.1.2       Identifiseer die faktor wat tot die verskille in melkopbrengs kon gelei
                    het, in die inligting hierbo verskaf.                                          (1)

        4.1.3       Dui aan of die oorsaak van die verskille in melkproduksie in
                    VRAAG 4.1.2 geneties of as gevolg van die omgewing is.                         (1)

        4.1.4       Noem TWEE genetiese oorsake van variasie.                                      (2)

4.2     Die diagram hieronder toon 'n kruising van 'n wit roosplant met 'n rooi
        roosplant, wat 'n F1-nageslag met pienk blomme voortgebring het.

                              Ouers:       RR           X      WW
                                            Red
                                           Rooi                 Wit

                                  F1:                   RW
                                                       Pienk

         4.2.1       Bepaal die tipe dominansie in die diagram hierbo.                             (1)

         4.2.2       Gebruik 'n Punnett-vierkant om die genotipes van die F2-generasie te
                     bepaal indien die F1-nageslag gekruis word.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           13                                      DBE/2021
                                              SS/NSS

         4.2.3       Veronderstel dat die F2-generasie in VRAAG 4.2.2, 700 nakomelinge
                     geproduseer het.

                     Bepaal die volgende:

                     (a)   Fenotipiese verhouding van die F2-generasie                                (1)

                     (b)   Aantal pienk nakomelinge (Toon die berekeninge.)                           (2)

                     (c)   Persentasie rooi nakomelinge                                               (1)

4.3      'n Boer paar Hereford-bulle met tradisionele Nguni-tipe koeie. Die nageslag
         neig om 'n hoër groeitempo te hê en is meer bestand teen parasiete en
         siektes.

         4.3.1       Identifiseer die diereteelstelsel wat in die scenario hierbo toegepas
                     word.                                                                            (1)

         4.3.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1.                                     (1)

         4.3.3       Lei TWEE eienskappe van die nageslag in die scenario hierbo af, wat
                     hulle beter as die ouers maak.                                                   (2)

         4.3.4       Noem TWEE voordele van inteling.                                                 (2)

4.4      Hieronder is 'n stamboomdiagram wat die oorerwing van weerstand teen
         siektes in 'n familie bokke toon. R verteenwoordig 'n hoë weerstand teen
         siektes en r verteenwoordig 'n lae weerstand teen siektes.

          P1
                       1              2

         F1      3             4          5                           6

                                                       7

      SLEUTEL:                     Manlike dier met lae weerstand teen siektes

                                   Manlike dier met hoë weerstand teen siektes

                                   Vroulike dier met hoë weerstand teen siektes

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           14                                        DBE/2021
                                              SS/NSS

         4.4.1       Bepaal of die volgende individue homosigoties of heterosigoties is:

                     (a)    4                                                                        (1)

                     (b)    5                                                                        (1)

         4.4.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.4.1(b).                                 (1)

         4.4.3       Dui die genotipes van die individue hieronder aan deur na die
                     stamboomdiagram hierbo te verwys:

                     (a)    2                                                                        (1)

                     (b)    7                                                                        (1)

4.5      Mutasies kan daartoe lei dat selle anders lyk en funksioneer as normale selle
         en dit word somtyds deur mutageniese middels veroorsaak.

         4.5.1       Definieer die term mutasie.                                                     (2)

         4.5.2       Noem TWEE tipes mutageniese middels.                                            (2)

4.6      Die diagram hieronder stel 'n genetiese modifikasietegniek by plante voor.

                           Verlangde gene

                                  A             B               C               D
             tumefaciens DNS/'DNA'

         4.6.1       Identifiseer die genetiese modifikasietegniek hierbo geïllustreer.              (1)

         4.6.2       Benoem A en D.                                                                  (2)

         4.6.3       Definieer die struktuur wat deur D voorgestel word.                             (2)

         4.6.4       Noem EEN voordeel van genetiese modifikasie bo tradisionele
                     metodes.                                                                        (1)
                                                                                                     [35]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               105
                                                                        GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-may-june-2021-afr/bc12d75d-34d2-4551-918e-fc3845baced8) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-english/f30335db-a851-400d-8c62-8701e64da0d3) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 Sesotho D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-sesotho-d/9ce3c8a0-105f-4039-ad6b-fe245ab49538) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Sesotho
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
